# Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mt-feb-march-2016-afr/c6045d95-1e69-45d4-b04b-8316e67a8172
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/mt-feb-march-2016-afr/c6045d95-1e69-45d4-b04b-8316e67a8172)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           MEGANIESE TEGNOLOGIE

                           FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.

2.       Lees AL die vrae deeglik.

3.       Beantwoord AL die vrae.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.       Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
         desimale plekke af.

7.       Kandidate mag nie-programmeerbare           wetenskaplike    sakrekenaars en
         tekeninstrumente gebruik.

8.       Neem die waarde van gravitasiekrag as 10 m/s2.

9.       Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.      'n Formuleblad vir jou gebruik is aan die agterkant van hierdie vraestel
         aangeheg.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

12.      Gebruik die kriteria hieronder om jou te help om jou tyd te bestuur.

                                                                           TYD
        VRAAG                  INHOUD                   PUNTE
                                                                         (minute)
           1           Meervoudigekeuse-vrae               20               15
           2           Veiligheid                          10               10
           3           Gereedskap en Toerusting            12               10
           4           Materiale                           13               10
           5           Terminologie                        30               20
           6           Hegtingsmetodes                     25               25
           7           Kragte                              30               30
           8           Instandhouding                      15               15
           9           Stelsels en Beheer                  25               25
           10          Turbines                            20               20
                                          TOTAAL          200              180

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         3                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.20) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.21 D.

1.1      Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls is op die instandhouding/
         werking van 'n hidrouliese pers van toepassing?

         A     Moenie 'n moersleutel op roterende werk gebruik nie.
         B     Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gepers word.
         C     Drukmeters moet gereeld getoets en verstel of vervang word indien
               enige foutiewe werking plaasvind.
         D     Gebruik die masjientafel as 'n aambeeld.                                      (1)

1.2      Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is op die multimeter van
         toepassing?

         A     Gebruik water om stof om die vonkproparea te verwyder.
         B     Gebruik slegs gelaaide selle van die korrekte grootte.
         C     Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie.
         D     Die meter moet deeglik vasgemaak word totdat geen sisgeluide gehoor
               kan word nie.                                                                 (1)

1.3      Petrus gebruik die Brinell-hardheidstoetser om die hardheid van 'n toetsstuk
         te bepaal. FIGUUR 1.1 toon die toetsstuk gedurende die toets. Identifiseer
         onderdeel X.

                                              F

                                                          X

                                                    D

                                         FIGUUR 1.1

         A     Laer
         B     Diameter van induiking
         C     Toetsstuk
         D     Verharde staalbal                                                             (1)

1.4      Wat is die funksie van 'n dieptemikrometer?

         A     Toets die eienskappe van kompressievere
         B     Bepaal of die enjin se silinders gasse lek
         C     Meet die steekdiameter van 'n skroefdraad
         D     Meet die diepte van 'n gat in 'n werkstuk akkuraat                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                      4                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS

1.5      Watter struktuur van staal word as sag en smeebaar gekenmerk?

         A     Ferriet
         B     Perliet
         C     Sementiet
         D     Ousteniet                                                              (1)

1.6      Watter EEN van die volgende meganiese eienskappe van staal
         verteenwoordig weerstand teen slytasie?

         A     Tempering
         B     Taaiheid
         C     Hardheid
         D     Uitgloeiing                                                            (1)

1.7      Bepaal die wydte van 'n parallelle spy indien die diameter van die as
         20 mm is:

         A     8 mm
         B     10 mm
         C     9 mm
         D     5 mm                                                                   (1)

1.8      Watter freesmetode word in FIGUUR 1.2 getoon?

                                      FIGUUR 1.2

         A     Koppelfreeswerk
         B     Groepfreeswerk
         C     Opfreeswerk
         D     Klimfreeswerk                                                          (1)

1.9      Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van die MIG/MAGS-
         sweisproses?

         A     Dit gebruik 'n laer stroom.
         B     Dit kan in enige rigting sweis.
         C     Maksimum nasweis-skoonmaak word benodig.
         D     Dit gebruik 'n minimum suurstof.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           5                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

1.10     Watter EEN van die volgende is die oorsaak van 'n poreuse sweisplek?

         A     Vinnige afkoeling
         B     Stroom te hoog
         C     Slak van die vorige sweislopie is nie verwyder nie
         D     Vuil of nat sweiselektrode                                                    (1)

1.11     Watter term beskryf 'n eksterne krag wat op 'n stof uitgeoefen word, die
         beste?

         A     Vervorming
         B     Spanning
         C     Young se elastisiteitsmodulus
         D     Las                                                                           (1)

1.12     Die grafiek in FIGUUR 1.3, wat die spanning en die vormverandering
         vergelyk, word verkry wanneer 'n sagtestaaltoetsstuk aan 'n trektoets
         onderwerp word. Wat word deur punt E op die grafiek verteenwoordig?

                                               D
                                      B C
                                  A                      E

                       SPANNING

                                       VORMVERANDERING

                                            FIGUUR 1.3

         A     Eweredigheidsgrens
         B     Elastisiteitsgrens
         C     Breekspanning
         D     Maksimum spanning                                                             (1)

1.13     Wat word onder die term Young se elastisiteitsmodulus verstaan?

         A     Die kragwaarde benodig om 'n area-eenheid in 'n trektoets-toetsstuk
               voort te bring
         B     Die verhouding tussen spanning en vormverandering in 'n metaal, mits
               die elastisiteitsgrens nie oorskry word nie
         C     'n Afmeting van die verlenging of krimping van materiaal as gevolg van
               die las ervaar
         D     'n Verhouding van die vervorming as gevolg van die toepassing van
               'n eksterne krag                                                              (1)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.14     Wat is die funksie van die koppelaar in 'n motorvoertuig se aandrywing?

         A     Om die drywing van die ratkas na die wiele te koppel en te ontkoppel
         B     Om die drywing van die enjin na die ratkas te koppel en te ontkoppel
         C     Om die drywing van die ewenaar na die ratkas te koppel en te ontkoppel
         D     Om die drywing van die enjin na die ewenaar te koppel en te ontkoppel            (1)

1.15     Die definisie van die viskositeit van olie hou verband met die mate van die olie
         se …

         A     weerstand teen vloei.
         B     snelle beweging om te vloei.
         C     snelle vloeibeweging.
         D     vinnige beweging om te vloei.                                                    (1)

1.16     Watter EEN van die volgende stellings definieer pneumatika?

         A     Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van saamgeperste
               vloeistof
         B     Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van nokke
         C     Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van saamgeperste lug
         D     Die oordra en beheer van 'n krag met behulp van kettings                         (1)

1.17     Wat sal die snelheidsverhouding van 'n ratstelsel wees indien die gedrewe rat
         25 tande het en die dryfrat 100?

         A     1:4
         B     4:1
         C     1 : 25
         D     25 : 1                                                                           (1)

1.18     Bepaal die bandspoed van 'n bandaandrywingstelsel met 'n dryfkatrol
         (100 mm diameter) wat teen 10 omwentelinge per sekonde roteer:

         A     3,14 m.s-2
         B     3,14 m.s1
         C     3,14 m.s-1
         D     3,14 m.s2                                                                        (1)

1.19     Watter tipe spuitstuk word in 'n impuls-stoomturbine gebruik?

         A     Uitlaatspuitstuk
         B     Roterende spuitstuk
         C     Beweegbare spuitstuk
         D     Vaste spuitstuk                                                                  (1)

1.20     Watter tipe kompressor word in 'n turbo-aanjaer gebruik?

         A     Rattipe
         B     Sentrifugale tipe
         C     Wiektipe
         D     Dubbelskroeftipe                                                                 (1)
                                                                                                [20]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                 7                   DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                    NSS

VRAAG 2: VEILIGHEID
2.1      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
         senterdraaibank aangeskakel is.                                                       (2)
2.2      Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
         trektoetser gebruik word.                                                             (2)
2.3      Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
         veerkompressor gebruik word om 'n spiraalveer uit 'n motorvoertuig se
         onderstel te verwyder.                                                                (2)
2.4      Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
         silinderlekkasietoets op 'n binnebrandenjin uitgevoer word. Motiveer jou
         antwoord.                                                                             (4)
                                                                                               [10]
VRAAG 3: GEREEDSKAP EN TOERUSTING
3.1      Jack het 'n kompressietoets op 'n viersilinder-petrolenjin uitgevoer. Hy het
         vasgestel dat die enjin lae kompressie het.
         3.1.1         Noem TWEE tipes kompressietoetse wat Jack op sy motor se enjin
                       kan uitvoer.                                                            (2)
         3.1.2         Gee TWEE redes vir lae kompressie in die enjin.                         (2)
3.2      Noem die toerusting wat gebruik word om die oliepomp vir funksionaliteit na
         te gaan.                                                                              (1)
3.3      Verduidelik puntsgewys die prosedure wanneer die verkoelingstelsel-
         druktoetser gebruik word om die druk in die verkoelingstelsel te toets.               (7)
                                                                                               [12]
VRAAG 4: MATERIALE
4.1      Temperatuur beïnvloed die struktuur van staal met betrekking tot yster en
         koolstof. Noem TWEE kenmerke van elk van die volgende:
         4.1.1         Perliet                                                                 (2)
         4.1.2         Sementiet                                                               (2)
4.2      Verduidelik die volgende terme wat in die yster-koolstof-ewewigsdiagram
         gebruik word:
         4.2.1         Laer kritieke punt (AC 1 )                                              (2)
         4.2.2         Hoër kritieke punt (AC 3 )                                              (2)
4.3      Watter ELEMENT bepaal die hardheid van staal met verwysing na die yster-
         koolstof-ewewigsdiagram?                                                              (1)
4.4      Watter STRUKTUUR in staal bepaal die hardheid?                                        (1)
4.5      Watter STRUKTUUR in staal bepaal die rekbaarheid?                                     (1)
4.6      Beskryf die oustenietstruktuur.                                                       (2)
                                                                                               [13]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              8                    DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE

5.1      Toe 'n gebreekte rat gemeet is, is gevind dat dit 'n buitediameter van 112 mm
         het. 'n Vervangingsrat moet vervaardig word om met 'n tandstang met 'n
         reguitlynsteek van 12,567 mm in te kam. (Wenk: sirkelsteek = reguitlynsteek)

         Bereken:

         5.1.1         Die module (rond tot 'n heelgetal af)                                  (3)

         5.1.2         Die steeksirkeldiameter                                                (3)

         5.1.3         Die snydiepte                                                          (2)

         5.1.4         Die addendum                                                           (1)

         5.1.5         Die dedendum                                                           (2)

         5.1.6         Die vryruimte                                                          (2)

         5.1.7         Die getal tande                                                        (3)

5.2      Bereken die indeksering benodig vir die getal tande van die rat in
         VRAAG 5.1.7.                                                                         (4)

5.3      Verduidelik stapsgewys die prosedure om 'n eksterne metrieke V-skroefdraad
         met 'n 2 mm-steek op 'n senterdraaibank te sny deur die saamgesteldeslee-
         metode te gebruik.                                                                   (10)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           9                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 6: HEGTINGSMETODES

6.1      FIGUUR 6.1 toon sweistoerustingkomponente. Beantwoord die vrae wat volg.

                       C                            D

                 B

                 A                                                           E
                                                                              F

                                                                     G

                                             FIGUUR 6.1

         6.1.1         Identifiseer die tipe toerusting wat in FIGUUR 6.1 getoon word.            (1)

         6.1.2         Benoem komponente A–G.                                                     (7)

         6.1.3         Wat is die doel van die gas gedurende die sweisproses?                     (2)

6.2      Noem TWEE oorsake van elk van die volgende sweisdefekte:

         6.2.1         Slakinsluiting                                                             (2)

         6.2.2         Insnyding                                                                  (2)

6.3      Noem TWEE maatreëls om die volgende sweisdefekte te voorkom:

         6.3.1         Gebrekkige smelting                                                        (2)

         6.3.2         Sweiskraters                                                               (2)

6.4      Verduidelik hoe jy 'n kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas sal uitvoer.            (7)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            10                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

VRAAG 7: KRAGTE

7.1      'n Stelsel van kragte word in FIGUUR 7.1 getoon. Bepaal, deur middel van
         berekeninge, die grootte en rigting van die resultant vir die stelsel van kragte
         in FIGUUR 7.1.

                                             2,1 kN

                                    1,5 kN

                                                               4,7 kN
                                               130°

                           3,1 kN

                                             FIGUUR 7.1

         7.1.1         Bereken die resultant van die horisontale komponente.                       (4)

         7.1.2         Bereken die resultant van die vertikale komponente.                         (4)

         7.1.3         Bereken die grootte van die ewewigskrag.                                    (4)

         7.1.4         Bereken die ewewigshoek met verwysing na die horisontale vlak.              (3)

7.2      'n M16-bout word gebruik in die koppeling in FIGUUR 7.2. getoon. 'n Las van
         600 kg hang aan die koppeling. Bereken die spanning in die boutmateriaal.

                                                600 kg
                                             FIGUUR 7.2                                            (6)

7.3      Definieer Pascal as die eenheid vir spanning in 'n materiaal.                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                           11                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

7.4      FIGUUR 7.3 toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale steunpunte,
         A en B ondersteun word. Twee vertikale puntlaste, 1 400 N en 1 600 N, word
         op die balk uitgeoefen, asook 'n eenvormig verspreide krag van 350 N/m oor
         die totale lengte van die balk. Bepaal, deur middel van berekeninge, die
         grootte van die reaksies in stut A en B.

              1 400 N                                                       1 600 N
                                        350 N/m

                     0,7 m                  3,5 m                       2,5 m
                          A                                   B

                                           FIGUUR 7.3                                                (6)
                                                                                                     [30]

VRAAG 8: INSTANDHOUDING

8.1      Noem TWEE gevolge van die versuim van roetine-instandhouding op
         bandaandrywingstelsels.                                                                     (2)

8.2      Gee TWEE redes waarom die viskositeit van 'n snyvloeistof laag moet wees.                   (2)

8.3      Definieer die term flitspunt van 'n smeermiddel.                                            (2)

8.4      Waarvoor staan die afkorting API?                                                           (2)

8.5      Noem TWEE funksies van 'n outomatiese transmissievloeistof.                                 (2)

8.6      Verduidelik die prosedure om 'n band op 'n V-bandaandrywingstelsel van 'n
         staanboor te vervang.                                                                       (5)
                                                                                                     [15]

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER

9.1      'n Dryfrat op die as van 'n elektriese motor het 30 tande en kam in met 'n
         rat op 'n tussenas wat 80 tande het. Daar is 'n dryfrat met 40 tande op die
         tussenas wat inkam met die finale gedrewe rat wat 63 tande het en teen
         2 r.s-1 roteer. Teken 'n diagrammatiese voorstelling van die ratstelsel om jou
         met die berekeninge hieronder te help.

         Bepaal, deur middel van berekeninge:

         9.1.1         Die rotasiefrekwensie van die elektriese motor                                (5)

         9.1.2         Die spoedverhouding van die ratreeks                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

9.2      'n Katrol met 'n diameter van 800 mm is op 'n as van 'n wasmasjien
          gemonteer. Die wasmasjien word aangedryf deur 'n katrol met 'n diameter
          van 600 mm wat teen 'n spoed van 7,2 r.s-1 roteer. Die trekkrag in die stywe
          kant van die band is 300 N. Die verhouding tussen die trekkrag in die stywe
          kant en die trekkrag in die slap kant is 2,5 : 1. (Banddikte kan geïgnoreer
          word.)

         Bepaal, deur middel van berekeninge:

         9.2.1         Die rotasiefrekwensie van die katrol op die wasmasjien                       (3)

         9.2.2         Die drywing wat oorgedra kan word                                            (3)

9.3      Hoe kan die volume van 'n sekere massa gas verander word?                                  (2)

9.4      Definieer Boyle se wet met verwysing na gasse.                                             (3)

9.5      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om afvalmetaal vir herwinning saam te
         pers. Die spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 9.1
         voorgestel.

                                             FIGUUR 9.1

         Bepaal, deur middel van berekeninge:

         9.5.1         Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel wanneer dit in ewewig is        (3)

         9.5.2         Die diameter van suier B                                                     (4)
                                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                         13                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 10: TURBINES

10.1     Wat is die doel van die lemme op die waterturbine?                                  (2)

10.2     Noem TWEE tipes waterturbines wat vir tru-vloei gebruik kan word en ook
         as 'n pomp kan werk om 'n hoogliggende opgaardam gedurende buite-
         spitstyd elektriese ure vol te maak.                                                (2)

10.3     Noem TWEE tipes aanjaers ('superchargers') wat op motorvoertuigenjins
         gebruik word om werkverrigting te verbeter.                                         (2)

10.4     Verduidelik die werking van die turbo-aanjaer.                                      (5)

10.5     Noem TWEE voordele van 'n aanjaer ('supercharger') in vergelyking met 'n
         turbo-aanjaer.                                                                      (2)

10.6     Verduidelik die term turbovertraging/sloering ('turbo lag').                        (3)

10.7     Noem TWEE maniere waarop 'n aanjaer aangedryf kan word.                             (2)

10.8     Noem TWEE nadele van gasturbines.                                                   (2)
                                                                                             [20]

                                                                             TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                              1                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

                                          FORMULEBLAD

1.       BANDAANDRYWING

                                  πDN
         1.1   Bandspoed =                 waar N in r/min is
                                   60

                              π ( D + t )× N
         1.2   Bandspoed =                   (t = banddikte)
                                    60

         1.3   Bandmassa = oppervlakte × lengte × digtheid           (A = dikte × breedte/wydte)

                                        diameter van gedrewe katrol
         1.4   Spoedverhouding =
                                          diameter van dryfkatrol

         1.5   N 1 D1 = N 2 D 2

                                   π( D + d ) ( D − d ) 2
         1.6   Oopbandlengte =               +            + 2c
                                       2          4c

                                          π( D + d )   ( D + d )2
         1.7   Gekruisdebandlengte =                 +            + 2c
                                              2            4c

                                                                T1
         1.8   Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
                                                                T2

                                  (T1 − T2 ) π D N
         1.9   Drywing (P) =                       waar N in r/min is
                                         60
                                                       T1 = krag in die stywe kant
                                                        T2 = krag in die slap kant
                                                        T1 − T2 = effektiewe krag (Te )

        1.10   Drywing (P) = (T1 − T2 ) × V        waar V = bandspoed in m/s

                                  2πNT
        1.11   Drywing ( P ) =                     waar N in r/min is
                                   60

                                             T1
        1.12   Wydte/Breedte =
                                    toelaatbare trekkrag

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                                  2                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                     NSS

2.       SPANNING EN VORMVERANDERING

                                  krag                      F
         2.1    Spanning =                    of     (σ =     )
                               oppervlakte                  A

                                             verandering in lengte ( ΔL )
         2.2    Vormverandering ( ε ) =
                                              oorspronklike lengte ( L )

                                                 spanning                      σ
         2.3    Young se mod ulus ( E ) =                                of   ( )
                                              vormverandering                  ε

                                                                  πd 2
         2.4   Oppervlakte van 'n ronde staaf               A=
                                                                   4

         2.5   Oppervlakte van 'n pyp                       A=
                                                                   (
                                                                  π D2 − d2   )
                                                                      4

3.       HIDROULIKA

                                  krag ( F )
         3.1    Druk ( P ) =
                               oppervlakte ( A )

         3.2   Volume = dwarsdeursnee-oppervlakte × slaglengte

         3.3   Arbeid verrig = krag × afstand

4.       SPYE

                                              diameter van as
         4.1   Wydte/Breedte van spy =
                                                    4

                                  diameter van as
         4.2    Dikte van spy =
                                        6

         4.3   Lengte van spy = 1,5 × diameter van as

         4.4   Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

5.       HEFBOME

                                                   las (W)
         5.1    Meganiese voordeel (MA) =
                                                   mag (F)

                                          insetbeweging
         5.2    Snelheidsverhouding =
                                          uitsetbeweging

         5.3   Insetbeweging (IB) = mag × afstand beweeg deur mag

         5.4   Uitsetbeweging (UB) = las × afstand beweeg deur las
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                             3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

6.       RATAANDRYWING

                                    2πNT
          6.1    Drywing ( P ) =
                                     60

                                    produk van die getal tande op gedrewe ratte
          6.2    Ratverhouding =
                                      produk van die getal tande op dryfratte

                  N inset produk van die getal tande op gedrewe ratte
          6.3              =
                  N uitset   produk van die getal tande op dryfratte

          6.4    Wringkrag = krag × radius

          6.5    Wringkrag oorgedra = ratverhouding × insetwringkrag

                                  steeksirkeldiameter (SSD)
          6.6    Module (m) =
                                        getal tande (T)

          6.7    N 1T1 = N 2 T2

                                               steeksirkel (SS) × getal tande (T)
          6.8    Steeksirkeldiameter (SSD) =
                                                               π

          6.9     Buitediameter (BD) = steeksirkeldiameter (SSD) + 2 module

         6.10    Addendum = module (m)

         6.11    Dedendum = 1,157 m             of     Dedendum = 1,25 m

         6.12    Snydiepte = 2,157 m            of     Snydiepte = 2,25 m

         6.13    Vry ruimte = 0,157 m           of     Vry ruimte = 0,25 m

         6.14    Sirkelsteek (SS) = m × π

7.       SKROEFDRADE

         7.1    Steekdiameter = buitediameter − ½ steek

         7.2    Steekomtrek = π × steekdiameter

         7.3    Styging = steek × getal beginpunte

         7.4    Skroefdraadhoogte = 0,866 × steek

         7.5    Skroefdraaddiepte = 0,613 × steek

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie                            4                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

8.       INDEKSERING

         8.1   Cincinnati-verdeelkoptabel vir freesmasjien

                                                Gatsirkels
           Sy 1        24   25      28    30      34     37      38   39   41     42     43
           Sy 2        46   47      49    51      53     54      57   58   59     62     66

                               40
         8.2   Indeksering =        (waar n = getal indelings)
                               n

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MT Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-feb-march-2016-memo-eng/c09d2c1d-09b6-44aa-bb15-2453e8b68b76) — Mechanical Technology · Memo · 2016 · Eng
- [Gr12 MCHT S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mcht-s16-qp-afr/9c20cbdb-35c9-416e-9d01-387a3ba92333) — Mechanical Technology · QP · 2016 · Afr
- [Mechanical Technology Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-eng/4240af0f-86fd-4c37-bd71-a5c4c769b35e) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Mechanical Technology Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2018-afr/5df7faf2-277f-4e96-b58e-b30ebda77666) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Mechanical Technology Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2015-afr/eff83ebc-dc4e-488a-972e-7fe87b961681) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Afr
- [Mechanical Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-feb-march-2015-eng/8f9df8a8-30fa-4d90-acce-9c3eb5fcf6d5) — Mechanical Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
