# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-automotive-afr/379bb08c-fb75-455c-960a-6d4d4abf0d3b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-automotive-afr/379bb08c-fb75-455c-960a-6d4d4abf0d3b)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                               NOVEMBER 2019

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                           DBE/November 2019
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op die ANTWOORDEBOEK.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars        en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s-2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                              TYD
     VRAAG                              INHOUD                           PUNTE
                                                                                           in minute
                                      GENERIES
       1                        Meervoudigekeuse-vrae                           6                 6
       2                               Veiligheid                              10                10
       3                               Materiaal                               14                14
                                      SPESIFIEK
       4                        Meervoudigekeuse-vrae                          14                10
       5                       Gereedskap en Toerusting                        23                20
       6                                 Enjins                                28                25
       7                                 Kragte                                32                25
       8                            Instandhouding                             23                20
       9               Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)                 18                20
                     Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                                       32                30
                                      Elektronika)
                                                          TOTAAL           200                 180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            3                         DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Die werkplek word volgens sekere nasionale beleide en prosedures ten
         opsigte van MIV/Vigs georganiseer. Wat is die doel van hierdie praktykskode?

         A      Die wet op veiligheid bepaal dat alle werknemers moet seker maak dat
                die werkplek veilig is en dat werkgewers nie die risiko loop om by die
                werk siek of beseer te word nie.
         B      Die wet algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
                vakbonde op MIV/Vigs in die werkplek moet reageer.
         C      Werkgewers mag nie werknemers op grond van hulle MIV/Vigs-status
                demoveer of bevorder nie.
         D      Werkgewers mag 'n persoon wat met MIV/Vigs geïnfekteer is, afdank.            (1)

1.2      Gedurende watter EEN van die volgende werkprosesse moet jy 'n helm dra
         om ultravioletbestraling te voorkom?

         A      Draaibankwerk
         B      Hoekslypwerk
         C      MIG/MAGS-sweiswerk
         D      Boorwerk                                                                      (1)

1.3      Watter EEN van die volgende beskryf 'n werkwinkeluitleg?

         A      Prosesuitleg
         B      Booruitleg
         C      Inspeksie-uitleg
         D      Ontvangsuitleg                                                                (1)

1.4      Watter hittebehandelingsproses word gebruik om die oppervlakhardheid van
         'n staal-as te verhoog?

         A      Uitgloeiing
         B      Tempering
         C      Dopverharding
         D      Normalisering                                                                 (1)

1.5      Die doel vir die verharding van staal is om …

         A      die weerstand teen induiking te verhoog.
         B      die taaiheid te verhoog.
         C      dit sag te maak.
         D      die sweisresultate te verbeter.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            4                        DBE/November 2019
                                           NSS

1.6      Watter EEN van die volgende toetse kan as 'n nie-vernietigende toets
         geklassifiseer word?

         A       Buig
         B       Masjineerbaarheid
         C       X-straal
         D       Kernbreek                                                                   (1)
                                                                                             [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem EEN belangrike veiligheidsmaatreël wat nagekom moet word voordat
         enige masjien in die meganiese werkwinkel aangeskakel word.                         (1)

2.2      Gee EEN rede waarom jy 'n klein werkstuk moet vasklem voordat enige
         boorwerk uitgevoer word.                                                            (1)

2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom voordat 'n hidrouliese
         pers gebruik word.                                                                  (2)

2.4      Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word wanneer
         'n medewerker met oop wonde behandel word.                                          (2)

2.5      Noem TWEE veiligheidvoorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word
         vir die veilige hantering van draagbare elektriese toerusting.                      (2)

2.6      Noem EEN verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van veiligheid
         by die werkplek.                                                                    (1)

2.7      Noem EEN verantwoordelikheid van 'n werknemer ten opsigte van veiligheid
         by die werkplek.                                                                    (1)
                                                                                             [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Verduidelik hoe jy skade aan 'n vyl sal voorkom wanneer 'n vyltoets op 'n
         harde metaal uitgevoer word.                                                        (2)

3.2      Wat is die doel van die hittebehandeling van staal?                                 (2)

3.3      Gee TWEE redes vir die tempering van verharde staal.                                (4)

3.4      Beskryf hoe die volgende hittebehandelingsprosesse op staal uitgevoer word:

         3.4.1        Uitgloeiing                                                            (3)

         3.4.2        Verharding                                                             (3)
                                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde           5                           DBE/November 2019
                                          NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Die doel van 'n kompressietoets vir 'n binnebrandenjin is om die druk in
         die ... te toets.

         A     silinder
         B     oliepomp
         C     brandstofpomp
         D     verkoeler                                                                  (1)

4.2      Watter EEN van die volgende toerusting word gebruik om die uitlaatgasse
         van 'n binnebrandenjin te toets?

         A     Wringtoetser
         B     Drukanaliseerder
         C     Gasanaliseerder
         D     Ontbrandingsanaliseerder                                                   (1)

4.3      Die funksie van die krukas in 'n binnebrandenjin is om die wederkerige
         beweging van die suier na 'n ... beweging om te skakel.

         A     liniêre
         B     horisontale
         C     vertikale
         D     roterende                                                                  (1)

4.4      Watter EEN van die volgende ontstekingsordes is op 'n V6-binnebrandenjin
         van toepassing?

         A     1-5-3-6-2-4
         B     1-4-2-5-3-6
         C     1-4-2-6-3-5
         D     1-5-6-3-4-2                                                                (1)

4.5      'n Belangrike faktor wat die termiese doeltreffendheid van 'n enjin bepaal,
         is die …

         A     grootte van die vergasserventuri.
         B     ontwerp van die inlaatspruit.
         C     ontbrandingskamer se ontwerphoek.
         D     klepopening.                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              6                    DBE/November 2019
                                             NSS

4.6      Die totale volume wat die suier verplaas wanneer die suier opwaarts
         beweeg, word na verwys as die ...

         A     kompressievolume.
         B     vry volume.
         C     suiervolume.
         D     slagvolume.                                                            (1)

4.7      Wat sal die meganiese rendement (doeltreffendheid) van 'n enjin wees,
         indien die remdrywing van die enjin 65 kW en die aangeduide drywing
         80 kW is?

         A     81,25%
         B     1,25%
         C     1,25 °C
         D     81,25 °C                                                               (1)

4.8      Watter EEN van die volgende veiligheidsmaatreëls moet in ag geneem
         word wanneer 'n silinderlekkasietoetser op 'n binnebrandenjin gebruik
         word?

         A     Gebruik water om stof om die vonkproparea te verwyder.
         B     Moenie die voorgeskrewe druk in die silinder oorskry nie.
         C     Maak seker dat die hoogspanningkabels na die vonkproppe
               gekoppel is.
         D     Oorskry die voorgeskrewe druk in die silinder.                         (1)

4.9      Watter EEN van die volgende is die oorsaak van lae oliedruk in 'n
         binnebrandenjin?

         A     Kompressiekamervolume
         B     Te veel olie in die oliebak
         C     Geslyte oliepomponderdele
         D     Te groot enjinkapasiteit                                               (1)

4.10      Watter EEN van die volgende stellings definieer die naspoorhoek op 'n
          motorvoertuig se vering?

          A    Die afstand tussen die voor- en agterkante van die wiele
          B    Die hoek wat gevorm word tussen die loodlyn en die middellyn van
               die krinkspil soos van die kant af gesien
          C    Die hoek wat gevorm word tussen die loodlyn en die middellyn van
               die wiel soos van voor af gesien
          D    Die hoek wat gevorm word tussen die loodlyn en die middellyn van
               die krinkspil soos van voor af gesien                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              7                             DBE/November 2019
                                             NSS

4.11     Watter EEN van die volgende terme beskryf die toestand wanneer die
         stuwer van 'n wringkragomsetter teen maksimum spoed roteer en die
         turbine feitlik staties (stilstaande) is?

         A     Wringkragspoed
         B     Enjinspoed
         C     Stolspoed
         D     Versnellingspoed                                                                 (1)

4.12     Watter rat is die buitenste rat in 'n episikliese- (planeet-) ratreeks?

         A     Planeetkleinrat
         B     Kransrat
         C     Sonrat
         D     Planeetratraam                                                                   (1)

4.13     Waarvoor staan die afkorting SAD met verwysing na die luginduksiesensor
         as deel van die enjinbeheerstelsel?

         A     Statiese absolute druk
         B     Spruitstuk- absolute druk
         C     Sensor- absolute druk
         D     Stelsel- absolute druk                                                          (1)

4.14      Watter EEN van die volgende is die doel van die rembande in 'n drie-
          spoed- outomatiese ratkas?

          A    Om die sonrat vanaf die planeetratraam aan te dryf
          B    Om die sekondêre sonrat en die planeetratraam onderskeidelik te
               hou
          C    Om die gladde oordrag van drywing te aktiveer
          D    Om die plate van beide koppelaars aan te dryf om saam met die
               turbine te roteer                                                                (1)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                8                          DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n silinderlekkasietoetser. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                             FIGUUR 5.1

         5.1.1       Benoem A–D.                                                                 (4)

         5.1.2       Wat is die doel van die silinderlekkasietoetser?                            (2)

         5.1.3       Gee, in die korrekte volgorde, die opstellingsprosedure van die
                     silinderlekkasietoetser op 'n binnebrandenjin.                              (6)

5.2      Met verwysing na die enjinsilinderkompressietoetser:

         5.2.1         Wat is die doel daarvan om 'n enjinsilinderkompressietoets uit
                       te voer?                                                                  (2)

         5.2.2         Noem    EEN doel          van    die    drukontlasklep     in    die
                       kompressietoetser.                                                        (2)

5.3      Noem TWEE gasse wat die uitlaatgasontleder ontleed/analiseer.                           (2)

5.4      Wat is die doel van die draaiskywe met verwysing na die wielsporing-
         toerusting?                                                                             (2)

5.5      Noem DRIE uitkomste van dinamiese wielbalansering.                                      (3)
                                                                                                 [23]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             9                           DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      Noem TWEE hoofoorsake van krukastrilling in 'n binnebrandenjin.                    (2)

6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n komponent wat aan die voorkant van die
         krukas in 'n binnebrandenjin monteer word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                          FIGUUR 6.2

         6.2.1        Identifiseer die komponent in FIGUUR 6.2 getoon.                      (1)

         6.2.2        Benoem A–F van die komponent hierbo.                                  (6)

         6.2.3        Wat is die funksie van die komponent hierbo?                          (2)

6.3      Noem TWEE faktore wat die ontstekingsorde van 'n binnebrandenjin
         bepaal.                                                                            (2)

6.4      Teen watter hoek is die krukpenne van 'n V8-silinder-enjin geleë?                  (1)

6.5      Waarom is 'n tussenverkoeler op 'n turboaangejaagde dieselenjin
         gemonteer?                                                                         (1)

6.6      Wat is die doel van 'n superaanjaer op 'n binnebrandenjin?                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              10                            DBE/November 2019
                                             NSS

6.7      FIGUUR 6.7 hieronder toon 'n tipe drukaanjaer/blaser. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                                                                        C
                     B

                                                                         D
                                   A                                     E

                                          FIGUUR 6.7

         6.7.1        Identifiseer die tipe drukaanjaer/blaser in FIGUUR 6.7 hierbo.           (1)

         6.7.2        Benoem A–E van die drukaanjaer/blaser hierbo.                            (5)

         6.7.3        Verduidelik die werking van die drukaanjaer/blaser hierbo.               (5)
                                                                                               [28]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              11                          DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer slagvolume in 'n binnebrandenjin.                                            (2)

7.2      Noem DRIE metodes wat gebruik kan word om die kompressieverhouding
         van 'n binnebrandenjin te verhoog.                                                     (3)

7.3      Die boor- en slaglengte van 'n binnebrandenjin is onderskeidelik 90 mm en
         100 mm. Die kompressieverhouding is 10,5 : 1.

         Bereken:

         7.3.1        Die slagvolume van 'n enkelsilinder in cm3                                (3)

         7.3.2        Die oorspronklike vry volume van 'n enkelsilinder in cm3                  (3)

         7.3.3        Die kompressieverhouding word na 11 : 1 verhoog. Wat sal die
                      nuwe boordiameter wees indien die vry volume onveranderd
                      bly? Antwoord in mm.                                                      (6)

7.4      Die volgende data verwys na 'n vierslag-, viersilinder-petrolenjin:

                Enjinspoed gedurende die toets: 4 500 r/min
                Gemiddelde effektiewe druk:     1 300 kPa
                Boordiameter:                   120 mm
                Slaglengte:                     160 mm
                Wringkrag:                      610 Nm @ 4 500 r/min
                Aantal silinders:               4

         Bereken:

         7.4.1       Aangeduide drywing in kW                                                   (5)

         7.4.2       Remdrywing in kW                                                           (4)

         7.4.3       Meganiese doeltreffendheid van die enjin                                   (2)

7.5      Definieer meganiese rendement (doeltreffendheid) van 'n binnebrandenjin.               (2)

7.6      Definieer remdrywing van 'n binnebrandenjin.                                           (2)
                                                                                                [32]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde           12                          DBE/November 2019
                                          NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      Verduidelik die prosedure wat gebruik word om die verkoelerdop met
         behulp van 'n verkoelingstelsel-druktoetser te toets.                            (5)

8.2       Noem TWEE moontlike oorsake en TWEE korrektiewe maatreëls vir
          drukverlies op die toetser wat op die verkoeler of uitsittenk van die
          verkoelingstelsel op 'n binnebrandenjin gebruik word.                           (4)

8.3      Noem TWEE vervaardigerspesifikasies wat gebruik kan word om 'n
         verkoelingstelseldruktoets uit te voer.                                          (2)

8.4      Noem VIER veiligheidmaatreëls tydens die opstelling van 'n kompressie-
         toetser op 'n binnebrandenjin.                                                   (4)

8.5      TABEL 8.5 hieronder toon inligting oor die resultate van die gasanalisering
         van 'n binnebrandenjin.

         Voltooi TABEL 8.5 deur EEN oorsaak en EEN geskikte korrektiewe
         maatreël vir ELKE fout te gee.

         Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (8.5.1 tot 8.5.6) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

             FOUTE (DEFEKTE)              MOONTLIKE            KORREKTIEWE
                                           OORSAKE              MAATREËLS
          Hoë koolstof-
                                              8.5.1                  8.5.2
          monoksied(CO)-lesing
          Lae koolstofdioksied-
                                              8.5.3                  8.5.4
          (CO2)-lesing
          Hoë hidro-
          koolstofdioksied(HC)-               8.5.5                  8.5.6
          lesing                                                                          (6)
                                        TABEL 8.5

8.6      Noem TWEE vervaardigerspesifikasies wat gebruik kan word om 'n
         brandstofdruktoets op 'n motorvoertuig se brandstofstelsel uit te voer.          (2)
                                                                                          [23]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             13                         DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      Noem EEN doel van 'n outomatiese ratkas in 'n motorvoertuig.                      (2)

9.2      Noem TWEE voordele van 'n voertuig wat met 'n outomatiese ratkas
         toegerus is.                                                                      (2)

9.3      Noem TWEE nadele van 'n voertuig wat met 'n outomatiese ratkas
         toegerus is.                                                                      (2)

9.4      FIGUUR 9.4 hieronder toon die werking van 'n koppelomsitter. Beantwoord
         die vrae wat volg.

                                                  B   C                    D

                                                                                    E
             A

                                        H                 G       F

                                        FIGUUR 9.4

         9.4.1       Benoem onderdele A–H van die koppelomsitter hierbo.                   (8)

         9.4.2       Noem TWEE voordele van die koppelomsitter.                            (2)

         9.4.3       Wat gebeur met die wringkragverhoging wanneer spoed in die
                     koppelomsitter toeneem?                                               (2)
                                                                                           [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                14                         DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER                      (ASSE,   STUURGEOMETRIE          EN
               ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)
10.1     Noem EEN oorsaak van die volgende bandslytasie:
         10.1.1      Vinvorming                                                              (1)
         10.1.2      Een kant van loopvlak uitermatig geslyt                                 (1)
10.2     Noem TWEE vereistes van 'n goed ontwerpte stuurmeganisme.                           (2)
10.3     FIGUUR 10.3 hieronder toon die krinkspilhelling op die onderstel van 'n
         motorvoertuig. Beantwoord die vrae wat volg.

                                           FIGUUR 10.3
         10.3.1      Benoem A–E.                                                             (5)
         10.3.2      Definieer die krinkspilhelling.                                         (2)
10.4     Gebruik 'n benoemde skets om die Ackermann-hoekuitleg te toon.                      (6)
10.5     Wat is die doel van uitsporing op draaie?                                           (2)
10.6     Noem TWEE kontroles op 'n wiel VOORDAT dit gebalanseer word.                        (2)
10.7     Wat is die doel van die katalisateeromsetter wat op die uitlaatstelsel van 'n
         motorvoertuig monteer is?                                                           (2)
10.8     Noem DRIE hoofdoelstellings van die aanpasbare spoedbeheerstelsel.                  (3)
10.9     Wat is die funksie van die sleepring- en borselsamestelling op 'n
         alternator?                                                                         (2)
10.10    Teken die simbool vir 'n diode wat die stroomvloeirigting toon.                     (2)
10.11    Noem TWEE voordele van 'n elektriese                   brandstofpomp    op   die
         brandstofstelsel van 'n binnebrandenjin.                                            (2)
                                                                                              [32]

                                                                                TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             1                      DBE/November 2019
                                            NSS

FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)

Krag  m  a

Waar : m  massa
       a  versnellin g

Arbeid  Krag  Verplasing

            Krag  Afstand
Drywing 
                 Tyd

Wringkrag  Krag  Radius

AD  P  L  A  N  n

Waar AD  Aangeduide drywing
      P  Gemiddelde effektiewe druk
      L  Slaglengte
      A  Area van suierkroon
      N  Aantal kragslae per sekonde
      n  Aantal silinders

                                                   2π NT
RD  2 π N T                    of            RD 
                                                     60
Waar RD  Remdrywing                         Waar RD  Remdrywing
      N  Omwentelinge per sekonde                 N  Omwentelinge per minuut
      T  Wringkrag                                 T  Wringkrag

Remdrywing met Pronyrem  F  2 π R  N
Waar RD  Remdrywing
      F  Krag
      R  Remarmleng te
      N  Omwentelinge per sekonde

                               RD
Meganiese Doeltreffendheid        100 %
                               AD

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde    2         DBE/November 2019
                                   NSS

       SV  VV
KV 
         VV

Waar KV  Kompressieverhouding
     SV  Slagv olume
           πD 2
       SV       L
             4
  Waar L  Slaglengte
       D  Boordiameter

       VV  Vry volume
            πD 2
       VV       L
             4
        D  Boordiamet er
        L  Vry ruimte in mm

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MT Nov 2019 (Welding) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-welding-afr/389a297c-9357-4f8f-aad8-960f9b3358ef) — Mechanical Technology · QP · 2019 · Afr
- [MT Nov 2019 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-fitting-machining-afr/18371572-a505-424a-8298-7d51e96d3e6f) — Mechanical Technology · QP · 2019 · Afr
- [MT Nov 2019 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-automotive-eng/02574af6-ba73-44a1-acf1-e845077291dd) — Mechanical Technology · QP · 2019 · Eng
- [MT Nov 2019 (Welding) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-welding-memo-eng/5d6b5e2a-2e34-47b1-b41f-207fe9bd9f6f) — Mechanical Technology · Memo · 2019 · Eng
- [MT Nov 2019 (Fitting Machining) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-fitting-machining-memo-afr/fd884e7d-9618-413d-8ed8-a319dd9a2d3b) — Mechanical Technology · Memo · 2019 · Afr
- [MT Nov 2019 (Welding) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2019-welding-memo-afr/5487c889-6ea3-4ad3-9fe6-53ca94ea1c0d) — Mechanical Technology · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
