# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-afr/be2df9ff-ab68-45f4-9062-30f64c28e670
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-afr/be2df9ff-ab68-45f4-9062-30f64c28e670)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                               NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars        en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                              TYD
     VRAAG                              INHOUD                           PUNTE
                                                                                           in minute
                                      GENERIES
       1                        Meervoudigekeuse-vrae                           6                 6
       2                               Veiligheid                              10                10
       3                               Materiaal                               14                14
                                      SPESIFIEK
       4                        Meervoudigekeuse-vrae                          14                10
       5                       Gereedskap en Toerusting                        23                20
       6                                 Enjins                                28                25
       7                                 Kragte                                32                25
       8                            Instandhouding                             23                20
       9               Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)                 18                20
                     Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                                       32                30
                                      Elektronika)
                                                          TOTAAL           200                 180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             3                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.

1.1      Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
         (Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?

         A     Die Wet op veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet verseker dat
               die werkplek veilig is en dat werknemers nie aan die risiko blootgestel
               word om by die werk met MIV besmet te word nie.
         B     Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
               vakbonde op MIV in die werkplek moet reageer.
         C     Werkgewers mag nie werknemers, gebaseer op sy/haar MIV-status,
               demoveer of bevorder nie.
         D     Werkgewers kan nie net eenvoudig 'n persoon afdank wat met MIV
               besmet is nie.                                                               (1)

1.2      Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerustingitems is
         van toepassing wanneer 'n staanboor gebruik word?

         A     Harde hoed
         B     Voorskoot
         C     Chirurgiese handskoene
         D     Veiligheidsbril                                                              (1)

1.3      Watter stelling beskryf die plasing van die masjiene in 'n produkuitleg?

         A     Die masjiene word in die volgorde waarin werksaamhede uitgevoer
               word, opgestel.
         B     Die masjiene word volgens die werkers se vaardighede opgestel.
         C     Die masjiene word volgens hulle tipes werking gegroepeer.
         D     Die masjiene word volgens die produkte gerangskik.                           (1)

1.4      Watter hittebehandelingsproses word gebruik om aan staal 'n hoë
         weerstand teen slytasie te gee?

         A     Uitgloeiing
         B     Tempering
         C     Verharding
         D     Normalisering                                                                (1)

1.5      Die doel van die tempering van staal is om dit…

         A     te verhard.
         B     taaier te maak.
         C     sag te maak.
         D     af te koel.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             4                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

1.6      Watter toets gebruik 'n induiker om die hardheid van staal te bepaal?

         A       Klanktoets
         B       Rockwell-toets
         C       Buigtoets
         D       Masjineringstoets                                                         (1)
                                                                                            [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Watter veiligheidsreël moet nagekom word nadat werksprosedures op
         'n masjien voltooi is?                                                            (1)

2.2      Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
         horisontale bandsaag aangeskakel is.                                              (2)

2.3      Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word
         wanneer 'n medewerker met oop wonde behandel word.                                (2)

2.4      Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerustingitems ('PPE') wat tydens
         boogsweiswerk gedra moet word.                                                    (2)

2.5      Beskryf die verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van die
         veiligheid en gesondheid van die werknemers by die werkplek.                      (2)

2.6      Wie is verantwoordelik vir die verleen van noodhulp aan 'n beseerde
         persoon by die werkplek?                                                          (1)
                                                                                           [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer om verskillende metale
         te identifiseer:

         3.1.1        Klanktoets                                                           (2)

         3.1.2        Vyltoets                                                             (2)

3.2      Wat is die doel van die hittebehandeling van staal?                               (2)

3.3      Wat is die doel van die dopverharding van staal?                                  (2)

3.4      Beskryf die temperingsproses van staal.                                           (3)

3.5      Noem die DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
         hittebehandeling van staal uitgevoer word.                                        (3)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             5                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 A.

4.1      Wat is die funksie van die gerekenariseerde diagnostiese skandeerder wat
         op 'n motorvoertuig gebruik word?

         A     Om te skandeer of die enjin gedurende die inlaatslag gasse uit die
               silinder lek
         B     Om te skandeer of die enjin gedurende die kragslag gasse uit die
               silinder lek
         C     Om alle stelsels op die voertuig te skandeer en om verskillende
               sensors te verstel
         D     Om die enjin van die voertuig te skandeer en om alle
               enjinkomponente te verstel                                                   (1)

4.2      Watter EEN van die volgende toerustingitems word gebruik om die
         krukkasgasse te toets?

         A     Wringtoetser
         B     Gasanalisator
         C     Trektoetser
         D     Ontbrandingstoetser                                                          (1)

4.3      Wat is die volumetriese doeltreffendheid van 'n sentrifugale blaser?

         A     Die vermoë om die silinder met lug bokant die barometriese druk
               te vul
         B     Die vermoë om die silinder met lug onder die barometriese druk
               te vul
         C     Die vermoë om die silinder met lug onder die atmosferiese druk te vul
         D     Die vermoë om die silinder met lug bokant die atmosferiese druk
               te vul                                                                       (1)

4.4      Watter EEN van die volgende is die oorsaak van krukasvibrasie?

         A     Tapsheid van krukastap
         B     Ovaalvormigheid van die krukastap
         C     Die wederkerige massa is nie gebalanseerd nie
         D     Die wederkerige massa is gebalanseerd                                        (1)

4.5      Watter EEN van die volgende is 'n belangrike metode wat gebruik word
         om die kompressieverhouding van 'n enjin te verhoog?

         A     Pas 'n dunner pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop.
         B     Pas geskikte laer krone op die suiers.
         C     Pas 'n dikker pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop.
         D     Pas 'n korter slag op 'n krukas.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              6                     DBE/November 2020
                                           SS/NSS

4.6      Wat dui die simbool X in FIGUUR 4.6 aan?

                                            BDP

                                             X

                                            ODP

                                          FIGUUR 4.6

         A     Kompressielengte
         B     Slaglengte
         C     Suierlengte
         D     Silinderlengte                                                           (1)

4.7      Wat sal die remdrywing van die enjin wees indien die enjin 'n meganiese
         doeltreffendheid van 83,34% met 'n aangeduide drywing van 60 kW lewer?

         A     50 W
         B     1,5 N.m
         C     1,2 N.m
         D     50 kW                                                                    (1)

4.8      Watter tipe toets word met die toerusting wat in FIGUUR 4.8 getoon word,
         uitgevoer?

                                                           Pomphandvatsel
                      Drukmeter

                      Passtuk

             Verkoelerdop

                                              FIGUUR 4.8

         A     Toets vir waterlekke
         B     Toets die verkoeler
         C     Toets vir brandstoflekke
         D     Toets die verkoelerdop                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              7                    DBE/November 2020
                                           SS/NSS

4.9      Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van 'n elektriese
         brandstofpomp in 'n motorvoertuig?

         A     Hoë werksgeraas
         B     Lae versnelling
         C     Lae werksgeraas
         D     Groot enjinkapasiteit                                                  (1)

4.10      Watter tipe bandslytasie word in FIGUUR 4.10 getoon?

                                         FIGUUR 4.10

          A    Vinrandslytasie
          B    Wielvlugrandslytasie
          C    Nasporingrandslytasie
          D    Krinkspilrandslytasie                                                  (1)

4.11     Watter tipe drywing sal die uitkoms van 'n dubbel episikliese rat wees
         wanneer die planeetrathouer gesluit is?

         A     Eerste of lae rat
         B     Tweede of tussenrat
         C     Derde of hoogste rat
         D     Trurat                                                                 (1)

4.12     Watter ratstelsel word in FIGUUR 4.12 getoon?

                                         FIGUUR 4.12

         A     Outomatiese ratstelsel
         B     Enkel episikliese ratstelsel
         C     Dubbel episikliese ratstelsel
         D     Snelrat-ratstelsel                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde             8                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

4.13     Wat sal die spoed van 'n gedrewe rat wees indien die ratverhouding van
         'n ratreeks as 5 : 1 gegee word en die dryfrat teen 500 r/min roteer?

         A     2 500 r/min
         B     500 r/min
         C     100 r/min
         D     1 500 r/min                                                               (1)

4.14      Watter EEN van die volgende is die funksie van die rotorsamestelling in 'n
          alternatorlaaistelsel?

          A    Verskaf die kern wat die negatiewe lyne konsentreer
          B    Verskaf die kern waarin spanning geïnduseer word
          C    Verskaf 'n roterende elektromagneet
          D    Verskaf 'n bewegende kontak om stroom deur te laat                         (1)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               9                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n periskoop- optiese sporingsmeter.
         Beantwoord die vrae wat volg.

               B
                                                                    C

           A

                                                                          D
                                                                               E

                                       G
                                                           F
                                           FIGUUR 5.1

         5.1.1        Benoem A–G van die meter wat in FIGUUR 5.1 getoon word.              (7)

         5.1.2        Wat is die funksie van die optiese sporingsmeter wat in
                      FIGUUR 5.1 getoon word?                                              (1)

         5.1.3        Gee die opstelprosedure, in die korrekte volgorde, van hoe om
                      die optiese sporingsmeter te kalibreer.                              (5)

5.2      Verduidelik hoe om statiese wanbalans van 'n wiel- en bandsamestelling
         reg te stel.                                                                      (2)

5.3      Noem DRIE enjinparameters wat gemonitor kan word wanneer die
         gerekenariseerde diagnostiese skandeerder gebruik word.                           (3)

5.4      Wat sal die gevolg wees indien daar 'n lekkasie in die uitlaatspruitstuk of
         vakuumstelsel van 'n motorvoertuig is wanneer 'n gasanalisator gebruik
         word?                                                                             (2)

5.5      Noem DRIE toestande wat deur 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin
         onthul kan word.                                                                  (3)
                                                                                           [23]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde              10                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      FIGUUR 6.1 hieronder toon die krukas van 'n viersilinder-inlynenjin.
         Beantwoord die vrae wat volg.

                                                     D                           E
                                       C

                                                                             F
           B

          A
                                                              G

                                           FIGUUR 6.1

         6.1.1        Wat is die hooffunksie van die krukas wat in FIGUUR 6.1 getoon
                      word?                                                                (2)

         6.1.2        Benoem A–G, die onderdele van die krukas, soos in
                      FIGUUR 6.1 getoon.                                                   (7)

         6.1.3        Noem TWEE ontstekingsordes van 'n viersilinder-inlynenjin.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               11                             DBE/November 2020
                                             SS/NSS

6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n komponent wat op 'n binnebrandenjin
         gemonteer word om die kraglewering te verbeter. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                          B

                                                          C

                                                                  D

                                                                      E

                              A

                                            FIGUUR 6.2

         6.2.1        Identifiseer die komponent wat in FIGUUR 6.2 getoon word.                  (1)

         6.2.2        Benoem A–E, die onderdele van die komponent in FIGUUR 6.2.                 (5)

         6.2.3        Noem die hooffunksie van die komponent in FIGUUR 6.2.                      (1)

6.3      Identifiseer die verskillende tipes enjinuitlegte, soos in FIGUUR 6.3 getoon.

                 A                      B                                 C

                                            FIGUUR 6.3                                           (3)

6.4      Noem DRIE voordele van 'n voertuig wat met beide 'n superaanjaer en
         'n turbo-aanjaer op sy enjin toegerus is.                                               (3)

6.5      Noem TWEE nadele van 'n voertuig wat met beide 'n superaanjaer en
         'n turboaanjaer op sy enjin toegerus is.                                                (2)

6.6      Waarom word die suierstange en suiers so lig as moontlik vervaardig?                    (2)
                                                                                                 [28]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde                12                        DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer die term aangeduide drywing van 'n binnebrandenjin.                         (2)

7.2      Noem TWEE metodes               om     die    kompressieverhouding      van    'n
         binnebrandenjin te verlaag.                                                           (2)

7.3      Noem TWEE tipes dinamometers wat gebruik word om die kraglewering
         van 'n motorvoertuig te meet.                                                         (2)

7.4      Die boor en slag van 'n binnebrandenjin is onderskeidelik 70 mm en
         90 mm. Die kompressieverhouding is 7,5 : 1.

         Bepaal, deur middel van berekeninge:

         7.4.1        Die slagvolume van 'n enkelsilinder in cm3                               (3)

         7.4.2        Die oorspronklike vry volume van 'n enkelsilinder in cm3                 (3)

         7.4.3        Die kompressieverhouding word na 9,5 : 1 verhoog. Wat sal die
                      nuwe diameter van die boor wees indien die vry volume
                      onveranderd bly? Die antwoord moet in millimeter (mm) wees.              (6)

7.5      Die data hieronder is aangeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
         viersilinderenjin uitgevoer is:

         Remarmlengte:                        1m
         Skaallesing:                         50 kg
         Slaglengte:                          140 mm
         Krukas-omwentelinge:                 4 500 r/min
         Gemiddelde effektiewe druk:          1 450 kPa
         Boordiameter:                        110 mm
         Aantal silinders:                    4

         Bepaal, deur middel van berekeninge, die:

         7.5.1       Wringkrag                                                                 (2)

         7.5.2       Remdrywing in kW                                                          (4)

         7.5.3       Aangeduide drywing in kW                                                  (6)

         7.5.4       Meganiese doeltreffendheid                                                (2)
                                                                                               [32]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            13                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      Noem VIER veiligheidsvereistes waaraan voldoen moet word tydens die
         opstel van die gasanalisator op 'n binnebrandenjin.                                (4)

8.2      Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer die
         brandstofdruktoetser op 'n binnebrandenjin opgestel word.                          (3)

8.3      Verduidelik die verskil tussen 'n kompressietoets en 'n silinderlekkasietoets
         wat op 'n binnebrandenjin uitgevoer word.                                          (4)

8.4      Noem VIER veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
         kompressietoetser op 'n enjin opgestel word.                                       (4)

8.5      TABEL 8.5 hieronder toon inligting oor die oliedruktoets wat op 'n
         binnebrandenjin uitgevoer word.

         Voltooi TABEL 8.5 deur nog TWEE moontlike oorsake en nog TWEE
         korrektiewe maatreëls by elke fout te voeg.

         Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (8.5.1 tot 8.5.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                                      MOONTLIKE                KORREKTIEWE
           FOUTE (DEFEKTE)
                                       OORSAKE                  MAATREËLS
                                                              Vervang met nuwe
                                    Geslyte oliepomp
                                                                  oliepomp
             Oliedruk te laag
                                            8.5.1                    8.5.3
                                            8.5.2                    8.5.4
                                   Vuil of besmette olie       Vervang die olie
             Oliedruk te hoog               8.5.5                    8.5.7
                                            8.5.6                    8.5.8
                                         TABEL 8.5                                          (8)
                                                                                            [23]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            14                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      Noem TWEE funksies van 'n outomatiese ratkas in 'n motorvoertuig.                  (2)

9.2      Noem die funksie van die rembande in die outomatiese ratkas.                       (1)

9.3      Noem TWEE nadele van 'n outomatiese ratkas in 'n motorvoertuig.                    (2)

9.4      Noem TWEE voordele van transmissiebeheereenheid in 'n outomatiese
         transmissiestelsel.                                                                (2)

9.5      Noem TWEE komponente in 'n episikliese ratreeks van 'n outomatiese
         ratkas wat die verskillende komponente inskakel en uitskakel om
         verskillende ratverhoudings te verkry.                                             (2)

9.6      Verduidelik hoe die sluitvolgorde van die episikliese ratreeks bereik word.        (2)

9.7      Wat is die hoofdoel van die beheerklephuis in 'n outomatiese ratkas?               (2)

9.8      Verduidelik die werking van die koppelomsitter in 'n outomatiese
         transmissie.                                                                       (5)
                                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde            15                             DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 10:         STELSELS EN BEHEER (ASSE,                 STUURGEOMETRIE           EN
                  ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1     Definieer statiese balans van 'n wiel- en bandsamestelling.                       (2)

10.2     Noem DRIE faktore wat nagegaan                 moet   word        voordat   die
         wielbalanseringsproses uitgevoer kan word.                                        (3)

10.3     FIGUUR 10.3 hieronder toon 'n wielsporingshoek. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                            D

                              C                        E

                                                                       F

                              B

                                                       G

                                       A
                                        FIGUUR 10.3

         10.3.1      Identifiseer die wielsporingshoek in FIGUUR 10.3.                     (2)

         10.3.2      Benoem onderdele A–G in FIGUUR 10.3.                                  (7)

         10.3.3      Definieer die positiewe naspoorhoek.                                  (2)

10.4     Verduidelik die funksie van die Ackermann-beginsel.                               (2)

10.5     Beskryf die doel van die katalitiese omsetter op die uitlaatstelsel van
         'n motorvoertuig.                                                                 (1)

10.6     Noem TWEE vereistes waaraan voldoen moet word vir 'n katalitiese
         omsetter om effektief te funksioneer.                                             (2)

10.7     Verduidelik hoe die lambda-suurstofsensor werk.                                   (5)

10.8     Noem VIER voorsorgmaatreëls wat geneem moet word wanneer op
         'n alternatorlaaistelsel gewerk word.                                             (4)

10.9     Noem TWEE tipes elektriese brandstofpompe.                                        (2)
                                                                                           [32]
                                                                              TOTAAL:      200
Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               1                      DBE/November 2020
                                            SS/NSS

         FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)

         Krag  m  a

         Waar : m  massa
                a  versnellin g

       Arbeid  Krag  Verplasing

                     Krag  Afstand
       Drywing 
                          Tyd

       Wringkrag  Krag  Radius

       AD  P  L  A  N  n

       Waar AD  Aangeduide drywing
             P  Gemiddelde effektiewe druk
             L  Slaglengte
             A  Area van suierkroon
             N  Aantal kragslae per sekonde
             n  Aantal silinders

                                                           2π NT
       RD  2 π N T                    of            RD 
                                                             60
       Waar RD  Remdrywing                          Waar RD  Remdrywing
             N  Omwentelinge per sekonde                  N  Omwentelinge per minuut
             T  Wringkrag                                  T  Wringkrag

       Remdrywing met Pronyrem  F  2 π R  N
       Waar RD  Remdrywing
             F  Krag
             R  Remarmleng te
             N  Omwentelinge per sekonde

                                      RD
       Meganiese Doeltreffendheid        100 %
                                      AD

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2     DBE/November 2020
                                            SS/NSS

              SV  VV
       KV 
                VV

Waar KV  Kompressieverhouding
     SV  Slagv olume
           πD 2
      SV        L
             4
  Waar L  Slaglengte
       D  Boordiameter

      VV  Vry volume
           πD 2
      VV       L
            4
       D  Boordiamet er
       L  Vry ruimte in mm

               SV
       VV 
              KV - 1

       Waar VV  Vryvolume
            SV  Slagvolume
            KV  Kompressieverhouding

                                Dryfrat
       Ratverhouding (RV) =
                              Gedrewe rat

                                      SV
       Kompressie verhouding (KV) =      +1
                                      VV

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MT Nov 2020 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-eng/489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-afr/52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-eng/11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Automotive) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-memo-eng/62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-memo-afr/c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MT Nov 2020 (Automotive) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-memo-afr/3f9a8d78-97b6-4d96-a459-e2cd2e0f4240) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
