# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-afr/52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-afr/52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

          MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING

                                 NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 4 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering         2                     DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars       en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.         Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.

                                                                                            TYD
     VRAAG                              INHOUD                           PUNTE
                                                                                         in minute
                                     GENERIES
       1                      Meervoudigekeuse-vrae                          6                6
       2                              Veiligheid                            10               10
       3                              Materiaal                             14               14
                                     SPESIFIEK
       4                      Meervoudigekeuse-vrae                         14               10
       5             Terminologie (Draaibank en Freesmasjien)               18               20
       6                     Terminologie (Indeksering)                     28               25
       7                     Gereedskap en Toerusting                       13               10
       8                                Kragte                              33               33
       9                           Instandhouding                           18               12
      10                          Hegtingsmetodes                           18               12
      11              Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels)               28               28
                                                         TOTAAL            200              180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering       3                     DBE/November 2020
                                                SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.

1.1      Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
         (Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?

         A     Die Wet op veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet verseker dat
               die werkplek veilig is en dat werknemers nie aan die risiko blootgestel
               word om by die werk met MIV besmet te word nie.
         B     Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
               vakbonde op MIV in die werkplek moet reageer.
         C     Werkgewers mag nie werknemers, gebaseer op hulle MIV-status,
               demoveer of bevorder nie.
         D     Werkgewers kan nie net eenvoudig 'n persoon afdank wat met MIV
               besmet is nie.                                                               (1)

1.2      Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerustingitems is
         van toepassing wanneer 'n staanboor gebruik word?

         A     Harde hoed
         B     Voorskoot
         C     Chirurgiese handskoene
         D     Veiligheidsbril                                                              (1)

1.3      Watter stelling beskryf die plasing van die masjiene in 'n produkuitleg?

         A     Die masjiene word in die volgorde waarin werksaamhede uitgevoer
               word, opgestel.
         B     Die masjiene word volgens die werkers se vaardighede opgestel.
         C     Die masjiene word volgens hulle tipes werking gegroepeer.
         D     Die masjiene word volgens die produkte gerangskik.                           (1)

1.4      Watter hittebehandelingsproses word gebruik om aan staal 'n hoë
         weerstand teen slytasie te gee?

         A     Uitgloeiing
         B     Tempering
         C     Verharding
         D     Normalisering                                                                (1)

1.5      Die doel van die tempering van staal is om dit…

         A     te verhard.
         B     taaier te maak.
         C     sag te maak.
         D     af te koel.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      4                    DBE/November 2020
                                               SS/NSS

1.6      Watter toets gebruik 'n induiker om die hardheid van staal te bepaal?

         A       Klanktoets
         B       Rockwell-toets
         C       Buigtoets
         D       Masjineringstoets                                                         (1)
                                                                                            [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Watter veiligheidsreël moet nagekom word nadat werksprosedures op
         'n masjien voltooi is?                                                            (1)

2.2      Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
         horisontale bandsaag aangeskakel is.                                              (2)

2.3      Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word
         wanneer 'n medewerker met oop wonde behandel word.                                (2)

2.4      Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerustingitems ('PPE') wat tydens
         boogsweiswerk gedra moet word.                                                    (2)

2.5      Beskryf die verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van die
         veiligheid en gesondheid van die werknemers by die werkplek.                      (2)

2.6      Wie is verantwoordelik vir die verleen van noodhulp aan 'n beseerde
         persoon by die werkplek?                                                          (1)
                                                                                           [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer om verskillende metale
         te identifiseer:

         3.1.1        Klanktoets                                                           (2)

         3.1.2        Vyltoets                                                             (2)

3.2      Wat is die doel van die hittebehandeling van staal?                               (2)

3.3      Wat is die doel van die dopverharding van staal?                                  (2)

3.4      Beskryf die temperingsproses van staal.                                           (3)

3.5      Noem die DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
         hittebehandeling van staal uitgevoer word.                                        (3)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering           5              DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Watter EEN van die volgende stellings is 'n voordeel van die
         saamgesteldebeitelslee-metode bo die tapsdraaihegstukmetode vir
         tapsdraaiwerk op 'n senterdraaibank?

         A     Lang tapse kan gesny word.
         B     Slegs interne tapse kan gesny word.
         C     Tapse met groot hoeke kan gesny word.
         D     Goeie afwerking word verkry.                                              (1)

4.2      Identifiseer die freesproses wat in FIGUUR 4.2 hieronder getoon word:

                                               FIGUUR 4.2

         A     Groepfreeswerk
         B     Opfreeswerk
         C     Klimfreeswerk
         D     Koppelfreeswerk                                                           (1)

4.3      Watter indekseringsproses sal die maklikste wees om 'n seskantige
         boutkop te sny as die universele verdeelkop gebruik word?

         A     Snelindeksering
         B     Eenvoudige indeksering
         C     Hoekige indeksering
         D     Differensiaalindeksering                                                  (1)

4.4      Watter hardheidtoetser gebruik 'n staalbal om die hardheid van staal
         te bepaal?

         A     Rockwell-hardheidtoetser
         B     Brinell-hardheidtoetser
         C     Vickers-hardheidtoetser
         D     Pascal-hardheidtoetser                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      6                 DBE/November 2020
                                               SS/NSS

4.5      Wat word met die term absolute programmering op 'n drie-as- digitale
         uitleesstelsel bedoel?

         Die verwysingspunt word vanaf ... geneem.

         A     die vorige punt
         B     die laaste punt
         C     'n gemeenskaplike punt
         D     enige punt                                                              (1)

4.6      Watter toerusting word op die draaibank gebruik om die skroefdraad-
         snygereedskap op senterhoogte, haaks met die as van die werkstuk
         te stel?

         A     Draadsteekmaat
         B     Sentermaat
         C     Gegradueerde kraag
         D     Draadsnywyserplaat                                                      (1)

4.7      Wat is die meeteenheid vir vervorming?

         A     Newton
         B     Pascal
         C     Geen eenheid nie
         D     Newton per meter                                                        (1)

4.8      Watter EEN van die volgende terme word beskryf as die dravermoë van 'n
         stelsel bo en behalwe die verwagte of werklike laste?

         A     Spanning
         B     Breekspanning
         C     Veiligheidsfaktor
         D     Vervorming                                                              (1)

4.9      Watter EEN van die volgende materiale kan herverhit en vervorm word?

         A     Bakeliet
         B     Veselglas
         C     Koolstofvesel
         D     Nylon                                                                   (1)

4.10     Wat kan gedoen word om die wrywingskrag tussen twee horisontale
         oppervlakke, wat kontak maak, te verhoog?

         A     Vergroot die gewig van die voorwerp.
         B     Voeg smering tussen die oppervlakke by.
         C     Verander die deursnee-oppervlak wat kontak maak.
         D     Verminder die loodregte las op die oppervlak.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering           7                    DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

4.11     Watter EEN van die volgende skroefdraadterme word deur die woorde,
         'die aksiale afstand wat 'n moer deur een omwenteling sal beweeg',
         gedefinieer?

         A     Kruin
         B     Steek
         C     Styging
         D     Wortel                                                                          (1)

4.12     Watter EEN van            die   volgende     definieer   die   helikshoek   van
         'n skroefdraad?

         A     Die hoek wat die kruindiameter met 'n loodregte (90°) lyn met die as
               van die skroefdraad vorm
         B     Die hoek wat die draad met 'n loodregte (90°) lyn met die as van die
               skroefdraad vorm
         C     Die hoek wat die senterlyn met 'n loodregte (90°) lyn met die as van
               die skroefdraad vorm
         D     Die hoek wat die draad met 'n loodregte (90°) lyn met die steek van
               die skroefdraad vorm                                                            (1)

4.13      Watter EEN van die volgende stellings is                'n voordeel van       'n
          kettingaandrywing bo 'n rataandrywing?

          A     Smering is nodig.
          B     Aandrywing kan oor 'n langer afstand plaasvind.
          C     Meer drywing kan oorgedra word.
          D     Oordrag van drywing sonder glip is moontlik.                                   (1)

4.14     Watter EEN van die volgende hidrouliese simbole word gebruik om 'n
         elektriese motor in 'n hidrouliese vloeidiagram aan te dui?

         A

         B

         C           M

         D           M                                                                         (1)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering           8                 DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

5.1      'n Tapsstuk met 'n lengte van 60 mm en 'n grootdiameter van 40 mm en
         'n kleindiameter van 31,6 mm moet met behulp van die saamgestelde-
         beitelslee-metode op die senterdraaibank gesny word.

         5.1.1        Teken 'n netjiese skets van die tapsstuk en benoem dit.               (3)

         5.1.2        Bereken die ingeslote hoek.                                           (4)

         5.1.3        Teen watter graad moet jy die saamgestelde beitelslee stel om
                      hierdie taps te sny?                                                  (1)

5.2      Bereken die wydte en lengte van 'n parallelle spy wat vir 'n 30 mm diameter
         as geskik is.                                                                      (4)

5.3      'n 15 mm wye spygleuf moet op 'n werkstuk met 'n diameter van 60 mm
         gesny word. Die liniaal-en-winkelhaakmetode word gebruik om die snyer te
         sentreer. Bereken die afstand X wat in FIGUUR 5.3 getoon word.

                                                       Freessnyer

                                                X

         Staalliniaal
                                                                      Winkelhaak

              Werkstuk

                                               FIGUUR 5.3                                   (3)

5.4      Gebruik 'n netjiese, benoemde skets om koppelfreeswerk te verduidelik.             (3)
                                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering             9                 DBE/November 2020
                                                      SS/NSS

VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)

6.1      'n Reguittandrat het 51 tande en 'n module van 3.

         Bereken die volgende:

         6.1.1        Die buitediameter van die rat                                             (2)

         6.1.2        Die snydiepte van die rat                                                 (2)

         6.1.3        Die verlangde eenvoudige indeksering om hierdie rat te sny                (3)

6.2      'n Rat met 83 tande moet op 'n verdeelkop met 'n 40 : 1-verhouding
         gefrees word.

         Bereken die volgende ten opsigte van hierdie indekseringsproses:

         6.2.1        Die differensiaalindeksering (Kies 80 indelings)                          (4)

         6.2.2        Die wisselratte wat vir hierdie proses nodig is                           (5)

         6.2.3        Die draairigting van die indeksplaat met betrekking tot die
                      indeksslinger                                                             (1)

6.3      FIGUUR 6.3 hieronder toon 'n swaelstertonderdeel. Bereken afstand X oor
         die rollers, soos in FIGUUR 6.3 getoon.

                                                X
                                                160
                                                          D       E

                                                         32        B
                       30°                                               Ø25
                                                Y        A        C

                                               FIGUUR 6.3                                       (9)

6.4      Gee TWEE redes vir die balansering van 'n werkstuk op 'n draaibank.                    (2)
                                                                                                [28]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering             10             DBE/November 2020
                                                       SS/NSS

VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
7.1      Onderskei tussen die Brinell- en Rockwell-hardheidstoetsers wat gebruik
         word om die hardheid van 'n metaal te bepaal. Gebruik netjiese, benoemde
         sketse om die verskille te toon.                                                  (4)
7.2      Beskryf die funksie van 'n trektoetser.                                           (2)
7.3      'n Noniuspasser word gebruik om presisiemeting van 'n buitediameter,
         'n binnediameter en die diepte van 'n gat te doen. Noem DRIE ander
         presisiemeetinstrumente wat vir die presisiemeting van hierdie afmetings
         gebruik kan word.                                                                 (3)
7.4      Noem DRIE eienskappe van 'n metaal wat bepaal kan word deur 'n
         trektoetser te gebruik om 'n trektoets op 'n metaal uit te voer.                  (3)
7.5      Watter meetinstrument word gebruik om die worteldiameter van 'n
         skroefdraad te meet?                                                              (1)
                                                                                           [13]
VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)
8.1      FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van kragte met drie saamvlakkige
         kragte wat op dieselfde punt inwerk. Gebruik berekeninge en bepaal die
         grootte en rigting van die resultante krag van hierdie stelsel van kragte.
         (Teken en voltooi die diagram in die ANTWOORDEBOEK. Toon AL die
         horisontale en vertikale komponente.)

                                       120 N
                                                          90 N

                                               45°
                                                 30°

                                                                110 N
                                               FIGUUR 8.1                                  (13)
8.2      Die diagram in FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n balk met twee vertikale
         puntbelaste van 3 000 N en 500 N wat daarop inwerk. Die balk word by
         punt O ondersteun. Bereken afstand X vanaf O om die 500 N-las te plaas
         om seker te maak dat die balk in ewewig is.

           3 000 N                                                           500 N
                                                            X

                                O
                     1,5 m
                                               FIGUUR 8.2                                  (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering         11                   DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

8.3      'n Drukkrag van 50 kN word op 'n reghoekige sagtestaalstaaf toegepas.
         Die lengte van die staaf is 80 mm en die sylengtes is onderskeidelik 30 mm
         en 16 mm. Beantwoord die vrae wat volg.
         8.3.1       Noem die tipe spanning wat in die materiaal geïnduseer is.                (1)
         8.3.2       Bereken die spanning in die materiaal in megagrootheid.                   (6)
         8.3.3       Bereken die verandering in lengte wat deur die krag veroorsaak is
                     indien Young se modulus vir hierdie materiaal 90 GPa is.                  (6)
         8.3.4       Bereken die veilige werkspanning indien die breekspanning
                     600 MPa is en 'n veiligheidsfaktor van 4 gebruik word.                    (3)
                                                                                               [33]

VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
9.1      Noem DRIE aspekte wat tydens die voorkomende instandhouding van
         'n bandaandrywingstelsel nagegaan moet word.                                           (3)
9.2      Noem DRIE gevolge van 'n gebrek aan voorkomende instandhouding op
         'n rataandrywingstelsel.                                                               (3)
9.3      Noem TWEE prosedures om slytasie op 'n kettingaandrywingstelsel
         te verminder.                                                                          (2)
9.4      Beskryf die prosedure om 'n band op 'n bandaandrywingstelsel te vervang.               (5)
9.5      Noem TWEE eienskappe van bakeliet.                                                     (2)
9.6      Noem DRIE hoofeienskappe van vesconite wat dit 'n uitstekende
         laermateriaal maak.                                                                    (3)
                                                                                                [18]

VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)
10.1      'n Driegang- vierkantige skroefdraad met 'n 6 mm-steek moet op 'n
         draaibank gesny word. Die kruindiameter van die draad is 58 mm en die
         vryloophoek is 3°.
         Bereken die volgende:
         10.1.1        Die styging van die draad                                                (2)

         10.1.2        Die helikshoek van die draad                                             (5)
         10.1.3        Die ingryphoek van die beitel                                            (2)
         10.1.4        Die sleephoek van die beitel                                             (2)
10.2      Die afmetings van 'n skroefdraad word as M20 x 2,5 gegee. Bereken die
         verlangde boorgrootte om die inwendige skroefdraad te tap.                             (3)
10.3     Verduidelik wat met die steek van 'n skroefdraad bedoel word?                          (4)
                                                                                                [18]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering         12                        DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)

11.1     Noem TWEE voordele van 'n bandaandrywingstelsel bo 'n rataandrywing-
         stelsel.                                                                                 (2)

11.2     'n Platbandkatrol met 'n diameter van 0,24 m word gemonteer op die as
         van 'n elektriese motor wat 'n waterpomp aandryf. Die motor roteer teen
         1 100 r/min. 'n Katrol met 'n diameter van 0,36 m word op die pomp
         gemonteer. Die trekkrag, T1, in die stywe kant van die band is 200 N en die
         krag, T2, in die slap kant is 90 N.

         Bepaal, met behulp van berekeninge:

         11.2.1       Die rotasiefrekwensie van die gedrewe katrol in r/s                         (4)

         11.2.2       Die drywing oorgedra in kW                                                  (4)

         11.2.3       Die bandspoed van die stelsel in m.s-1                                      (3)

11.3     Die hidrouliese stelsel in FIGUUR 11.3 hieronder word gebruik om
         masjienonderdele in posisie te druk. Die krag wat op die ram uitgeoefen
         moet word, is 320 N. Die maksimum krag wat op die
         40 mm-plunjer toegepas kan word, is 80 N.

                Ø 40 mm
                                                                     Ø ? mm
                      80 N

                                                                     320 N

                  Suier A

                                                                     Suier B

                                           FIGUUR 11.3

         Bepaal, met behulp van berekeninge:

         11.3.1       Die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel                                (4)

         11.3.2       Die diameter van suier B in millimeter (mm)                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering      13                    DBE/November 2020
                                                SS/NSS

11.4     FIGUUR 11.4 hieronder toon 'n rataandrywingstelsel. Dryfrat A op die as
         van 'n elektriese motor, wat teen 1 440 r/min roteer, het 20 tande en kam
         met rat B, met 36 tande, op 'n tussenas in. Daar is nog 'n dryfrat C, met
         18 tande, op hierdie tussenas wat met 'n rat D, met 46 tande, op 'n tweede
         tussenas inkam. Die tweede tussenas het 'n dryfrat E, met 42 tande, wat
         rat F, met 80 tande, op die leweringsas aandryf.

         Bereken die rotasiefrekwensie van die leweringsas in rewolusies
         per sekonde.

          Elektriese                           D
                                                                    E
          motor      A
                                                     Tussenas

         1 440 r/min 20                                            42
                                               46
                        B                                           F
                                               C
                                Tussenas                                  Lewe-
                                                                          ringsas
                                               18
                        36
                                                                         ? r/s

                                                                   80

                                           FIGUUR 11.4                                  (4)
                                                                                        [28]

                                                                          TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering                 1                 DBE/November 2020
                                                          SS/NSS

                       FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                             (PASWERK EN MASJINERING)

1.     BANDAANDRYWINGS

                        πDN                                       πDN
       Bandspoed                                 of      v
                         60                                        60

                                diameter v an gedrewe katrol
       Spoedverhouding 
                                   diameter v an dryfkatrol

       N 1 D1  N 2 D 2

                                                        T1
       Verhouding van stywekant tot slap kant 
                                                        T2

       Drywing P  
                          T1 - T2 πDN
                           60
       waar T1  krag in stywe kant
             T2  krag in slap kant
             T1  T2  effektiewe trekkrag (Te )

2.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                       Krag                 F
       Spanning                of   (σ      )
                       Area                 A

                                     veranderin g in lengte ( ΔL )
       Vormverand ering ( ε ) 
                                      oorspronklike lengte ( L )

                                         spanning                        σ
       Young se mod ulus ( E )                              of   (E      )
                                      vormverandering                    ε

                π d2
       A as 
                 4

               π (D 2  d 2 )
       A pyp 
                     4

                                    breekspanning
       Veiligheid sfaktor 
                                veilige werkspanning

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering             2                      DBE/November 2020
                                                      SS/NSS

3.     HIDROULIKA

                      krag ( F )
       Druk ( P ) 
                      area ( A )

       Volume  area  slaglengte

4.     SPYE EN SPYGLEUWE

                             diameter van as
       Wydte van spy 
                                    4

                            diameter van as
       Dikte van spy 
                                   6

       Lengte van spy = 1,5  diameter van as

       Standaard taps van tapse spy : 1 in 100 of 1 : 100

5.     RATAANDRYWINGS

                         2π NT
       Drywing (P) 
                           60

       N1T1  N 2 T2

                            produk van die aantal tande van die gedrewe ratte
       Ratverhouding 
                              produk van die aantal tande van die dryfratte

        N
         inset  produk van die aantal tande van die gedrewe ratte
       N           produk van die aantal tande van die dryfratte
         uitset

       Wringkrag  krag  radius

       Wringkrag oorgedra  ratverhouding  insetwringkrag

                         steeksirkeldiameter (SSD)
       M odule (m) 
                              aantal tande (T)

       Steeksirke ldiameter SSD   module m   aantal tande T 

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering                  3                DBE/November 2020
                                                           SS/NSS

                                   sirkelsteek ( CP )  aantal tande ( T )
Steeksirke ldiameter ( SSD ) 
                                                     π

Buitediame ter ( OD )  SSD  2 module

Addendum ( a )  module ( m )

Dedendum ( b )  1,157 m                   of       Dedendum ( b )  1,25 m

Snydiepte ( h )  2,157 m                  of       Snydiepte ( h )  2,25 m

Vryruimte ( c )  0,157 m                  of       Vryruimte ( c )  0,25 m

Sirkelstee k ( CP )  m  π

               Tm        90 
Add c  m        1 cos            koordaddendum 
                2         T 

               90                            90
t c  Tm sin             of    t c  SSDsin           koordtanddikte
                T                              T

6.     TAPSDRAAIWERK

                                       LD - d 
        Oorstelling van loskop 
                                         2l

        waar          L  Afstand tussen senters
                     l  Tapslengte
                     D  Grootdiameter
                     d  Kleindiame ter

                                                  θ Dd
        (Saamgeste lde sleehoek)              tan    
                                                  2      2l
                                                waar :
                                                  D  grootdiame ter
                                                  d  kleindiame ter
                                                   l  tapslengte
                                                  θ  ingeslote hoek

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering                          4                       DBE/November 2020
                                                                   SS/NSS

7.     SKROEFDRADE

       Steekdiame ter  buitediame ter  ½ steek

       Steekomtrek  π  steekdiameter

       Styging  steek  aantal beginpunte

       Hoogte van skroefdraad  0,866  p                    waar p  steek van die skroefdraad

       Diepte van die skroefdraad  0,613  p                   waar p  steek van die skroefdraad

                          lengte
       Aantal draaie 
                         styging

                                  styging
       Helikshoek tan θ 
                               steekomtrek

       Ingrypbeitelhoek  90  helikshoek  vryloophoek 

       Sleepbeite lhoek  90  helikshoek  vryloophoek 

8.     CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR DIE FREESMASJIEN

                                                        Gatsirkels
      Kant 1     24       25       28         30         34        37        38    39    41      42   43
      Kant 2     46       47       49         51         53        54        57    58    59      62   66

                                                        Wisselratte
      24 x 2      28       32           40         44         48        56        64    72     86     100

                                         40
       Eenvoudige indekserin g                ( waar n  aantal verdelings )
                                         n

       Hoekige indekserin g 
                                   n
                                             waar n  gegewe hoek 
                                   9

                     Dr              40                          Dr ( A  n ) 40
       Wisselratte:      (A  n )                     of                     
                    Gd               A                           Gd       A       1
       waar A  gekose verdelings                            waar n  werklike verdelings 

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MT Nov 2020 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-eng/489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-afr/be2df9ff-ab68-45f4-9062-30f64c28e670) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-eng/11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Automotive) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-memo-eng/62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-memo-afr/c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [MT Nov 2020 (Automotive) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-memo-afr/3f9a8d78-97b6-4d96-a459-e2cd2e0f4240) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-english/2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
