# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-welding-metalwork-afr/d6ba896b-bdc4-4b71-a3c3-8e7dbb8b8459
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-welding-metalwork-afr/d6ba896b-bdc4-4b71-a3c3-8e7dbb8b8459)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

          MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK

                               NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 1 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk          2                     DBE/November 2020
                                                 SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
          ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.        Lees AL die vrae noukeurig.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.        Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
          desimale plekke af.

7.        Kandidate mag nieprogrammeerbare            wetenskaplike    sakrekenaars        en
          tekeninstrumente gebruik.

8.        Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.

9.        Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

11.       'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.       Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                            TYD
VRAAG                                  INHOUD                             PUNTE
                                                                                         in minute
                                GENERIES
      1                    Meervoudigekeuse-vrae                             6                 6
      2                          Veiligheid                                 10                10
      3                          Materiaal                                  14                14
                                SPESIFIEK
      4                    Meervoudigekeuse-vrae                             14               10
      5                   Terminologie (Maatvorms)                           23               20
      6                   Gereedskap en Toerusting                           18               15
      7                            Kragte                                    45               30
      8             Hegtingsmetodes (Sweislasinspeksie)                      23               20
      9           Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming)                   18               20
     10                       Instandhouding                                  9               10
     11                  Terminologie (Ontwikkeling)                         20               25
                                                        TOTAAL              200              180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         3                     DBE/November 2020
                                                SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.

1.1      Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
         (Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?

         A     Die Wet op veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet verseker dat
               die werkplek veilig is en dat werknemers nie aan die risiko blootgestel
               word om by die werk met MIV besmet te word nie.
         B     Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
               vakbonde op MIV in die werkplek moet reageer.
         C     Werkgewers mag nie werknemers, gebaseer op hulle MIV-status,
               demoveer of bevorder nie.
         D     Werkgewers kan nie net eenvoudig 'n persoon afdank wat met MIV
               besmet is nie.                                                               (1)

1.2      Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerustingitems is
         van toepassing wanneer 'n staanboor gebruik word?

         A     Harde hoed
         B     Voorskoot
         C     Chirurgiese handskoene
         D     Veiligheidsbril                                                              (1)

1.3      Watter stelling beskryf die plasing van die masjiene in 'n produkuitleg?

         A     Die masjiene word in die volgorde waarin werksaamhede uitgevoer
               word, opgestel.
         B     Die masjiene word volgens die werkers se vaardighede opgestel.
         C     Die masjiene word volgens hulle tipes werking gegroepeer.
         D     Die masjiene word volgens die produkte gerangskik.                           (1)

1.4      Watter hittebehandelingsproses word gebruik om aan staal 'n hoë
         weerstand teen slytasie te gee?

         A     Uitgloeiing
         B     Tempering
         C     Verharding
         D     Normalisering                                                                (1)

1.5      Die doel van die tempering van staal is om dit…

         A     te verhard.
         B     taaier te maak.
         C     sag te maak.
         D     af te koel.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        4                    DBE/November 2020
                                               SS/NSS

1.6      Watter toets gebruik 'n induiker om die hardheid van staal te bepaal?

         A       Klanktoets
         B       Rockwell-toets
         C       Buigtoets
         D       Masjineringstoets                                                         (1)
                                                                                            [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Watter veiligheidsreël moet nagekom word nadat werksprosedures op
         'n masjien voltooi is?                                                            (1)

2.2      Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
         horisontale bandsaag aangeskakel is.                                              (2)

2.3      Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word
         wanneer 'n medewerker met oop wonde behandel word.                                (2)

2.4      Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerustingitems ('PPE') wat tydens
         boogsweiswerk gedra moet word.                                                    (2)

2.5      Beskryf die verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van die
         veiligheid en gesondheid van die werknemers by die werkplek.                      (2)

2.6      Wie is verantwoordelik vir die verleen van noodhulp aan 'n beseerde
         persoon by die werkplek?                                                          (1)
                                                                                           [10]

VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)

3.1      Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer om verskillende metale
         te identifiseer:

         3.1.1        Klanktoets                                                           (2)

         3.1.2        Vyltoets                                                             (2)

3.2      Wat is die doel van die hittebehandeling van staal?                               (2)

3.3      Wat is die doel van die dopverharding van staal?                                  (2)

3.4      Beskryf die temperingsproses van staal.                                           (3)

3.5      Noem die DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
         hittebehandeling van staal uitgevoer word.                                        (3)
                                                                                           [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           5                 DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 A.

4.1      Watter EEN van die volgende tipes masjiengereedskap word in die
         maatvormgalery gebruik?

         A     Sweismasjien
         B     Boormasjien
         C     Slypmasjien
         D     Guillotine                                                                 (1)

4.2      Watter sweisposisie word deur die sweissimbool in FIGUUR 4.2 aangedui?

                                             FIGUUR 4.2

         A     Sweis aan beide kante
         B     Sweis aan pylpuntkant
         C     Sweis aan ander kant
         D     Sweis aan bokant                                                           (1)

4.3      Watter EEN van die volgende word gedurende werking deur 'n hidrouliese
         pers gebruik?

         A     Lug
         B     Water
         C     Olie
         D     Ghries                                                                     (1)

4.4      Die doel van trae gas in MIGS/MAGS-sweising is om …

         A     'n werkstuk gedurende sweising aan mekaar te hou.
         B     die vloeimiddelbedekte elektrode te beskerm.
         C     'n gesmelte poel vir elektrodevloei te skep.
         D     die gesmelte poel teen atmosferiese gasse te beskerm.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           6               DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

4.5      Identifiseer die sweisproses wat in FIGUUR 4.5 hieronder getoon word:

                                             FIGUUR 4.5

         A     Boogsweising
         B     Puntsweising
         C     Oksiasetileensweising
         D     Gassweising                                                               (1)

4.6      FIGUUR 4.6 hieronder toon 'n blaaspyp. Komponent X wat op die diagram
         aangedui word, is die …

                                                      X

                                             FIGUUR 4.6

         A     spuitstuk.
         B     suurstofklep.
         C     branderliggaam.
         D     mengkamer.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           7                 DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

4.7      FIGUUR 4.7 hieronder toon die spanning-vormveranderingsgrafiek wat
         tydens 'n trektoets op sagte staal verkry is. Wat word deur P op die
         diagram aangedui?

                                                   P

                               Spanning

                                          Vormverandering

                                             FIGUUR 4.7

         A     Maksimum spanning
         B     Breekspanning
         C     Elastisiteitsgrens
         D     Breekpunt                                                                  (1)

4.8      Oorspronklike lengte word as die … gedefinieer.

         A     verhouding tussen spanning en vormverandering
         B     lengte waarmee 'n voorwerp verkort of verleng word,
         C     lengte van 'n voorwerp voordat 'n eksterne las toegepas word,
         D     lengte van 'n voorwerp nadat 'n eksterne las toegepas word,                (1)

4.9      Identifiseer die tipe masjien wat in FIGUUR 4.9 hieronder getoon word:

                                             FIGUUR 4.9

         A     Hidrouliese pers
         B     Kraggedrewe pers
         C     Boorpers
         D     Skroefpers                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           8               DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

4.10     Watter EEN van die volgende bepaal die effek op krimping wanneer
         boogsweising uitgevoer word?

         A     Hoeveelheid gas
         B     Oppervlakarea
         C     Tipe elektrode
         D     Tipe vonk                                                                (1)

4.11     Ultrasoniese inspeksietegnieke gebruik … om defekte in sweislasse op
         te spoor.

         A     vloeibare kleurstof
         B     klankgolwe
         C     X-strale
         D     ligstrale                                                                (1)

4.12     Die maksimum plaatdikte wat met 'n handguillotine gesny kan word, is …

         A     2 mm.
         B     3 mm.
         C     1,2 mm.
         D     1,3 mm.                                                                  (1)

4.13     FIGUUR 4.13 hieronder toon 'n prosedure wat op 'n slypwiel uitgevoer
         word. Aan watter aspek word met hierdie prosedure aandag gegee?

                                             FIGUUR 4.13

         A     Gaan die slypwiel vir krake na
         B     Ondersoek die sykante van die slypwiel
         C     Bepaal die grofheid van die slypwiel
         D     Gaan die rondheid van die slypwiel na                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk             9           DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

4.14     Bereken die waarde van , soos in FIGUUR 4.14 hieronder aangedui:

                                                     5 cm

                                                         
                                                  4 cm

                                             FIGUUR 4.14

         A       53,12°
         B       38,66°
         C       53,13°
         D       36,87°                                                                 (1)
                                                                                        [14]

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

5.1      Noem TWEE voordele van die gebruik van maatvorms.                              (2)

5.2      Noem EEN gebruik van 'n maatvorm wat van ELK van die volgende tipes
         materiaal gemaak is:

         5.2.1        Dun metaal                                                        (1)

         5.2.2        Hardebord                                                         (1)

5.3      FIGURE 5.3 hieronder toon 'n dakkap. Benoem onderdele A–E.

                                  B
                      A                                                  C

                                              E                    D

                                             FIGUUR 5.3                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           10                DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

5.4      'n Sagtestaalring met 'n buitediameter van 280 mm moet uit 12 x 12 mm
         vierkantstaaf vervaardig word. Bereken die afmetings van die nodige
         materiaal om die staalring te vervaardig.                                        (5)

5.5      Waarvoor staan die afkorting SANS?                                               (2)

5.6      Identifiseer die weerstandsweissimbole in FIGUUR 5.6.1 en 5.6.2
         hieronder.

         5.6.1

                                                 FIGUUR 5.6.1                             (1)

         5.6.2

                                                 FIGUUR 5.6.2                             (1)

5.7      Wat is die betekenis van die afmetings van die sweislas wat in FIGUUR 5.7
         hieronder aangedui word?

                                  5      25-50
                                  -
                                  5
                                  0
                                             FIGUUR 5.7                                   (3)

5.8      Identifiseer die posisies van die sweislasse, soos deur die sweissimbole in
         FIGUUR 5.8.1 en 5.8.2 hieronder aangedui word.

         5.8.1

                                                 FIGUUR 5.8.1                             (1)

         5.8.2

                                                 FIGUUR 5.8.2                             (1)
                                                                                          [23]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk          11         DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

6.1      FIGUUR 6.1 hieronder toon 'n voetstukboormasjien. Benoem onderdele
         A–D.

                                                           C
                               B
                                                           D
                           A

                                             FIGUUR 6.1                            (4)

6.2      Verduidelik die werkbeginsels van die volgende masjiene wat in die
         sweiswerkwinkel gebruik word:

         6.2.1        Horisontale bandsaag                                         (4)

         6.2.2        Pons-en-knipmasjien                                          (3)

6.3      Noem DRIE primêre funksies van terugflitsweerders wat op die
         gassilinders van oksiasetileentoerusting gemonteer is.                    (3)

6.4      Noem VIER gebruike van snytappe en snymoere in die meganiese
         werkwinkel.                                                               (4)
                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk              12                       DBE/November 2020
                                                      SS/NSS

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      FIGUUR 7.1 hieronder toon 'n staalraamwerk. Beantwoord die vrae wat
         volg.

         SKAAL: Ruimtediagram: 1 : 100
                Kragte-/Vektordiagram: 1 mm = 10 kN
                Toleransie: ± 3 mm

                                                 500 kN

                           300 kN       B                     C   200 kN

                                             G            H                D
                       A
                              F                                    I
                     30°                                                   30°
                                                    E
                                                 10 000
            525 kN                                                               475 kN
                                                 FIGUUR 7.1

         7.1.1        Bepaal grafies die kragte-/vektordiagram van FIGUUR 7.1 met
                      gebruik van skaal 1 mm = 10 kN. (Teken die ruimtediagram oor
                      en gebruik skaal 1 : 100.)                                                    (10)

         7.1.2        Bepaal die grootte en aard van die dele, soos in FIGUUR 7.1
                      getoon.                                                                       (18)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           13                  DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvoudige ondersteunde balk met TWEE
         puntlaste.

                                4 kN                        2 kN
                       3m                       4m                      3m

          A                                                 C                        D
                                  B

         RL = 3,4 kN                                                         RR = 2,6 kN

                                             FIGUUR 7.2

         7.2.1        Bereken die buigmomente by punt B, C en D.                               (6)

         7.2.2        Teken 'n skuifkragdiagram.                                               (3)

         7.2.3        Teken 'n buigmomentdiagram.

                      SKAAL:     Ruimtediagram: 1 : 100
                                 Skuifkragdiagram: 5 mm = 1 kN
                                 Buigmomentdiagram: 5 mm = 1 kNm
                                 Toleransie: ± 3 mm                                            (3)

7.3      'n Ronde staalstaaf met 'n deursnee-oppervlakte van 80 mm2 weerstaan
         'n maksimum krag van 8 kN wanneer dit aan 'n trektoets onderwerp word.
         Die veiligheidsfaktor is 4.

         7.3.1        Bereken die maksimum spanning in die staafmateriaal.                     (3)

         7.3.2        Bereken die veilige werkspanning van die staaf.                          (2)
                                                                                               [45]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk          14                 DBE/November 2020
                                                  SS/NSS

VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

8.1      Noem VIER oorsake van spatsels as 'n sweisdefek wat tydens die
         sweisproses voorkom.                                                             (4)

8.2      Beskryf kortliks die effek van ELK van die volgende op die gehalte van
         'n gassny-oppervlak:

         8.2.1        Spuitstuk te ver van die oppervlak af                               (2)

         8.2.2        Spuitstuk te naby aan die oppervlak                                 (2)

8.3      Beskryf TWEE oorsake van ELK van die volgende sweisdefekte:

         8.3.1        Poreusheid                                                          (2)

         8.3.2        Swak penetrasie                                                     (2)

8.4      Noem TWEE oorsake van krake in die hitte-invloedsone (HIS).                      (2)

8.5      Noem DRIE elemente wat nagegaan moet word tydens die visuele
         inspeksie van boogsweislasse.                                                    (3)

8.6      Beskryf die prosedures wat gevolg moet word wanneer 'n ultrasoniese
         toets op 'n sweislas uitgevoer word.                                             (6)
                                                                                          [23]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           15              DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

9.1      Wat is naspanning?                                                             (2)

9.2      Beskryf die uitwerking van warmbewerking op staal.                             (4)

9.3      Bestudeer FIGUUR 9.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   B

          A                                                     C

                                 D

                                                    E

                                             FIGUUR 9.3

         9.3.1        Identifiseer die diagram in FIGUUR 9.3.                           (1)

         9.3.2        Benoem A–E wat op die diagram aangedui word.                      (5)

9.4      Noem TWEE resultate wanneer metaal vinnig afgekoel word.                       (2)

9.5      Noem VIER blusmediums wat vir die hittebehandeling van staal gebruik
         word.                                                                          (4)
                                                                                        [18]

QUESTION 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

10.1     Noem TWEE tipes instandhoudingsprosedures op masjiene in die
         sweiswerkwinkel.                                                               (2)

10.2     Waarom word uitsluiting tydens instandhouding op masjiene toegepas?            (2)

10.3     Noem TWEE reëls wat nagekom moet word voordat 'n masjien
         aangeskakel word.                                                              (2)

10.4     Noem DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer die snyspoed
         van 'n boormasjien gekies word.                                                (3)
                                                                                        [9]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk           16               DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)

FIGUUR 11 hieronder toon 'n vierkant-na-rond-oorgangstuk.

                                           Ø 600

                                                                800

                         C           E       F              D
                                              G
                                             H
                                     I
                                 J

                     L       A
                                                                800
                                             K

                                            800

                                         FIGUUR 11

Bereken:

11.1     Ware lengte CG                                                               (7)

11.2     Ware lengte CI                                                               (10)

11.3     Ware lengte JI                                                               (3)
                                                                                      [20]

                                                                        TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk                                                      DBE/November 2020
                                                       SS/NSS

               FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
                      (SWEIS- EN METAALWERK)
1.     SPANNING EN VORMVERANDERING

                             Krag                          F
           Spanning                     of         σ
                             Area                          A

                                    veranderin g in lengte                                            ΔL
           Vormverand ering                                                     of             ε
                                    oorspronklike lengte                                              L

                                        spanning                                                  σ
           Young se mod ulus                                              of               E
                                     vormverandering                                              ε

                  πd 2
           A as 
                   4

                   π(D 2  d 2 )
           A pyp 
                        4

 2.    STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIEVERHOUDINGS

                     r                                               60°

                                                         1 eenheid
                                    y                                                 2 eenhede

                         x                                           90°                    30°
                                                                                1 eenheid   √

                y
        sin θ 
                r
                x
       cos θ 
                r
                y
        tan θ 
                x
           r  x 2  y2
            2

3.     MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

       Gemiddelde Ø = buite-Ø – plaatdikte             waar Ø = diameter
       Gemiddelde Ø = binne-Ø + plaatdikte
       Gemiddelde omtrek = π x gemiddelde Ø

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MT Nov 2020 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-eng/489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-afr/52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MT Nov 2020 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-afr/be2df9ff-ab68-45f4-9062-30f64c28e670) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-eng/11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Automotive) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-automotive-memo-eng/62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Eng
- [MT Nov 2020 (Fitting Machining) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/mt-nov-2020-fitting-machining-memo-afr/c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c) — Mechanical Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
