# Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper (Afrikaans)

> IEB Grade 12 Music Paper 1 question paper from the 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-2018-afr/b7698e72-25e8-4a87-9d51-9d15851b8845
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Paper: 1
- Publisher: IEB
- Curriculum: IEB
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-2018-afr/b7698e72-25e8-4a87-9d51-9d15851b8845)

## About this document

Music · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018

MUSIEK: VRAESTEL I

EKSAMENNOMMER

Tyd: 3 uur

100 punte

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1.
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 22 klanksnitte en 'n Hulpbronboekie van
6 bladsye (i–vi). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Maak die
Hulpbronboekie in die middel van jou vraestel los. Die Hulpbronboekie sluit 'n
bladsy gemerk vir rofwerk in.
2.
Elke kandidaat moet 'n CD- of MP3-speler ontvang en moet vir die hele duur van
die eksamen toegang hê tot luistertoerusting met kopfone. Let asseblief op die
stemetiket vir elke snit wat die korrekte nommering van die snit bevestig.
3.
Die benaderde lengte van elke snit word in die vraag genoem. Indien jou snit nie
die korrekte lengte is nie, vra asseblief die opsiener om bystand met jou
klanktoestel.
4.
Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word. Moenie enige vrae in 'n
antwoordboekie beantwoord nie.
5.
Die musieknotasie moet met 'n skerp potlood geskryf word. Die res van die vraestel
moet met 'n pen beantwoord word.
6.
Laat jou asseblief deur die puntetoekenning lei wanneer jy jou antwoorde beplan;
die aantal reëls wat nodig is, sal van individuele handskrif afhang. Vermy dit om
inligting in jou antwoorde te herhaal.
7.
Oor die algemeen sal een punt vir elke wesenlike feit toegeken word BEHALWE vir
die vergelyking in die OPSTEL, waar een punt toegeken sal word per vergelyking
(twee feite, een met betrekking tot elke werk).
8.
Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. Moenie
Tippex gebruik nie.

VRAAG
MOONTLIKE PUNTE
PUNT
1
15

2
17

3
5

4
9

5
20

6
18

7
16

100

Downloaded from hlayiso.com

### Page 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 2 van 15
IEB Copyright © 2018
VRAAG 1

Luister na Snit 1 (00:43).

1.1
Identifiseer die herhalende komposisietegniek wat in die uittreksel gehoor
word.

(1)

1.2
Maak 'n regmerkie langs die ritme van die komposisietegniek wat jy hierbo
genoem het.

(1)

1.3
Luister na Snit 1a (00:12). Dit is die hoofmelodie uit Snit 1.

1.3.1 Maak 'n regmerkie langs die frase wat pas by wat jy hoor.
(1)

1.3.2 Voeg bindboë by waar nodig om te pas by die ritme wat jy hoor.

(1)

Downloaded from hlayiso.com

### Page 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 3 van 15
IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM
Luister na Snit 2 (01:38).

1.4
Maak vier (4) regmerkies om eienskappe te identifiseer wat NIE in die
musiek aanwesig is nie.

Saamgestelde tydmaat

Vierslagmaat

Dissonante harmonie

Snaartrom en simbaal

Mineurtonaliteit

Monofoniese tekstuur

Majeurtonaliteit

Pizzicato

Ritardando – a tempo

Polifoniese en
homofoniese tekstuur

(4)

Luister na Snit 3 (00:11).

1.5
Die agt mate uit Snit 3 is hieronder in lukraak volgorde gedruk. Herskryf
hulle op die notebalk wat hieronder voorsien word in die korrekte volgorde
om die 8-maatmelodie te vorm wat in Snit 3 gehoor word. Sluit die
tydmaatteken in.

(2)

1.6
Luister weer na Snit 3 en identifiseer die kadens in maat 8.

(1)

Luister na Snit 4 (00:33). Dit is die hele stuk van Snit 3.

1.7
Maak 'n regmerkie by die strukturele patroon wat jy hoor.

a  b

a  b  b  a

a  a  b  a

(1)

Downloaded from hlayiso.com

### Page 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 4 van 15
IEB Copyright © 2018
Terwyl jy na ClassicFM™ luister, hoor jy hierdie aankondiging, gevolg deur die
stuk musiek van Snit 5 (01:07):

Aankondiger:
"En vervolgens hoor ons The Sorrow of the Daughter deur die klassieke
komponis, Mozart. Die solis is Susan Mitchell op tjello."

1.8
Lewer met verwysing na Snit 5 kommentaar oor die akkuraatheid van die
inligting wat deur die aankondiger verskaf word. Motiveer jou antwoord met
verwysing na drie verskillende eienskappe van die musiek.

(3)

[15]

Downloaded from hlayiso.com

### Page 5

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 5 van 15
IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM
VRAAG 2

Luister na Snit 6 (00:49), Snit 7 (00:43) en Snit 8 (00:21).

2.1
Voltooi die tabel hieronder. Let op die puntetoekenning vir elke opskrif.

Snit 6
Snit 7
Snit 8

Noem die
karakter.

[1 punt per snit ×
3 = 3 punte]

Noem twee feite
oor die manier
waarop die
karakter in die
musiek
uitgebeeld word.

[2 punte per snit ×
3 = 6 punte]

Noem een feit
oor die werk wat
die stilistiese
tydperk waarin
dit geskryf is,
aandui.

[1 punt per snit ×
3 = 3 punte]

(12)

Luister na Snit 9 (01:18).

2.2
Identifiseer die tekstuur van die uittreksel en beskryf hoe dit deur die soliste
geskep word.

(2)

Downloaded from hlayiso.com

### Page 6

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 6 van 15
IEB Copyright © 2018
2.3
Wat gebeur op hierdie tydstip in die opera en hoe dra die komponis die
handeling in die musiek oor?

(3)

[17]

VRAAG 3

Luister na Snit 10 (00:51).

3.1
Identifiseer die seksie van die werk waaruit hierdie uittreksel geneem is.

(1)

3.2
Lewer kommentaar oor Mozart se gebruik van toonsoorte in hierdie seksie.

(2)

Luister na Snit 11 (00:34).

3.3
Noem die tema wat in Snit 11 gehoor word en dui die doel daarvan in die
uiteensetting aan.

(2)

[5]

Downloaded from hlayiso.com

### Page 7

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 7 van 15
IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM
VRAAG 4

Luister na Snit 12 (00:53). Die partituur en die lirieke, met 'n Afrikaanse vertaling,
word as BYLAAG A in die Hulpbronboekie gedruk.

4.1
Identifiseer die toonsoort van die stuk.

(1)

4.2
Wat is die vorm (struktuur) van hierdie lied?

(1)

4.3
Evalueer die musikale toonsetting van hierdie lied in vergelyking met jou
voorgeskrewe werk, Der Erlkönig. Beskryf die woordskildering en
programmatiese elemente, tekstuur en harmonie. Gee jou mening oor watter
lied meer effektief is en gee 'n rede vir jou keuse.

(7)

[9]

Downloaded from hlayiso.com

### Page 8

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 8 van 15
IEB Copyright © 2018
VRAAG 5

Luister na Snit 13 (07:48), wat 'n verwerking is van een van jou voorgeskrewe
werke. Snit 14 (01:57) is die oorspronklike weergawe van dieselfde werk.

Skryf 'n opstel waarin jy Snit 13 met die oorspronklike werk wat in Snit 14 gehoor
word, vergelyk.

Sluit benewens die vergelyking die volgende inligting in jou bespreking in:

• Die naam van die werk en die komponis
• 'n Definisie van en kort agtergrond vir die genre
• Lewer kommentaar oor die jazzinvloede/style in die verwerking wat in Snit 13
gehoor word

Bied jou eie mening aan oor watter snit jy verkies en regverdig dit met verwysing
na die gebruik van minstens twee musiekelemente. Maak seker dat die
vergelyking die hoofdeel van die opstel vorm en dat jy beide ooreenkomste en
verskille bespreek.

Jou opstel sal nagesien word deur die volgende rubriek te gebruik:

RUBRIEK VIR OPSTEL
20–16
Toon duidelik 'n begrip van die vraag, lewer feitelike bewys, voltooi al die vereistes
en verskaf 'n insiggewende vergelyking van die werke met verwysing na beide die
algemene kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die twee
snitte. Eie mening van die werke word met insig en spesifieke verwysing na die
gebruik van die musiekelemente aangebied.
15,5–10,5
Toon 'n begrip van die vraag, voltooi al die vereistes, lewer feitelike bewys en
verskaf 'n vergelyking van die werke met verwysing na beide die algemene
kenmerke van die genres en die spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening
van die werke word aangebied met beperkte insig en veralgemening in terme van
die gebruik van die musiekelemente.
10–5,5
Voldoen aan al die vereistes, maar toon slegs 'n gedeeltelike begrip van die vraag
en beperkte feitelike bewys. Vergelyking van die werke is beperk met slegs
gedeeltelike verwysing na óf die algemene kenmerke van die genres óf die
spesifieke eienskappe van die snitte. Eie mening is beperk met min of geen
verwysing na die gebruik van die musiekelemente nie. Daar is 'n wanbalans tussen
die afdelings van die opstel.
5–0,5
Toon minimale begrip van die vraag, voltooi nie al die vereistes nie en verskaf slegs
'n vae verwysing na die feite of geen gebruik van feite nie. Geen vergelyking of
mening word aangebied nie. Daar is geen balans in die opstel nie.

Downloaded from hlayiso.com

### Page 9

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 9 van 15
IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM

Downloaded from hlayiso.com

### Page 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 10 van 15
IEB Copyright © 2018

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 11 van 15
IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM

[20]
Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 12 van 15
IEB Copyright © 2018
VRAAG 6

Luister na Snit 15 (01:12) en Snit 16 (01:21).

6.1
Maak drie regmerkies in Kolom A om unieke eienskappe van Snit 15 te
identifiseer en maak drie regmerkies in Kolom B om unieke eienskappe van
Snit 16 te identifiseer. Maak twee regmerkies in Kolom C om eienskappe
gemeenskaplik aan die snitte te identifiseer.

Maak regmerkies vir gemeenskaplike eienskappe slegs in Kolom C –
moenie regmerkies maak in al drie kolomme nie.

KOLOM A
Unieke
eienskappe
van Snit 15
3 regmerkies
KOLOM B
Unieke
eienskappe
van Snit 16
3 regmerkies
KOLOM C
Gemeenskaplike
eienskappe van
Snit 15 & Snit 16
2 regmerkies
(4)
Roep en antwoord

Akoestiese kitaar

A capella

Siklies

4-maatinleiding

Walking bass

iib-Ic-V

Meerstemmige
manstemme

I, IV & V

8-maatinleiding

6.2
Identifiseer die musiekstyl wat deur elke snit verteenwoordig word en noem
een ander musikale styl wat elke styl beïnvloed het.

Snit 15:

Snit 16:

(3)
Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 13 van 15
IEB Copyright © 2018

BLAAI ASSEBLIEF OM
6.3
Verduidelik die rol wat die media in die ontwikkeling en verspreiding van
Suid-Afrikaanse stadsmusiek in die 1950's onder die apartheidsregering
gespeel het.

(3)

Luister na Snit 17 (02:00).

6.4
Noem die komponis van hierdie werk en die kwessie van protes in die lied.

(2)

6.5
Skryf op die notebalk hieronder die basiese akkoordprogressie uit waarop
hierdie lied gebou is. Noem die toonsoort en besyfer die akkoorde.

(2)

Luister na Snit 18 (00:48).

6.6
Lewer, met verwysing na die fout in die verklaring wat aan die begin van die
snit deur die sanger gemaak word, kommentaar oor die lirieke van hierdie
lied en dui aan hoe dit deur die owerhede geïnterpreteer is.

(4)

[18]
Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 14 van 15
IEB Copyright © 2018
VRAAG 7

Luister na Snit 19 (00:55). Dit is 'n uittreksel uit een van jou voorgeskrewe werke.

7.1
Identifiseer die werk.

(1)

7.2
Waarom word die opname van hierdie stuk as so belangrik in die geskiedenis
van jazz beskou?

(2)

7.3
Lig of onderstreep drie kenmerke uit die lys hieronder uit wat uniek is aan
hierdie jazzstyl.

7.3.1 Gesamentlike improvisasie
7.3.6 Swingstyle agstenote

7.3.2 Walking bass
7.3.7 Bastrom-"bomme"

7.3.3 Ongewone tydmaattekens
7.3.8 Voorkantinstrumente:
saksofoon, trompet, tromboon

7.3.4 Motiwiese melodieë

7.3.9 Uiters virtuose, baie vinnige
improvisasie
(3)
7.3.5 Sinkopasie

Luister na Snit 20 (05:13) en Snit 21 (05:32).

7.4
Skryf die bluestoonleer uit waarop die melodie van hierdie werk gebaseer
is.

(1)

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: MUSIEK: VRAESTEL I
Bladsy 15 van 15
IEB Copyright © 2018

7.5
Gebruik die opskrifte in die tabel hieronder om die inleiding en die
improvisasies van Snit 20 en Snit 21 te beskryf en te vergelyk. Moenie na
die verskil in tempo tussen die twee weergawes verwys nie.

Snit 20
Snit 21
(Voorgeskrewe werk)

Inleiding (2)

Improvisasie 1 en
begeleiding (2)

Improvisasie 2 en
begeleiding (2)

(6)

Verwys na BYLAAG B wat die musiek partituur van Cry me a River is en beantwoord
die vrae wat volg:

7.6
Identifiseer met verwysing na BYLAAG B elke seksie van die vorm deur 'n
letter (bv. A) gevolg deur die maatnommers van die seksie te gebruik.

A: maat 1 tot maat _________

___: maat ____ tot maat _____

___: maat ____ tot maat _____

A: maat ______ tot maat 32
(2)

7.7
Noem die komposisietegniek in maat 23 en 24.

(1)

[16]

Totaal: 100 punte

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Music P1 Memo 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-memo-2018-afr/e55d5159-06b7-4ca1-b879-e4a5b26d27fb) — Music · Memo · 2018 · Afr
- [Music P1 Resource Booklet 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-resource-booklet-2018-afr/2c0de191-cd2e-4056-993b-9a2d79b44414) — Music · Addendum · 2018 · Afr
- [Music P2 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-2018-afr/de2dbb34-c9e8-41c7-9ae0-d7991e461c22) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-2017-afr/206e20cc-f819-4cf9-995f-f3f83b09407e) — Music · QP · 2017 · Afr
- [P1 Appendix Afr](https://www.hlayiso.com/library/p1-appendix-afr/831c0ee3-69fb-43e9-bbac-ab7d24e60b3e) — Music · QP · 2017 · Afr
- [Music P2 Memo 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-memo-2018-afr/d920c17d-f154-49b8-95b4-9b2c5eeaa29a) — Music · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 Memo 2019](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-memo-2019/09f8940b-b868-4e3c-991f-8b7995b398da) — Memo · 2019
- [Music P1 Memo 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-memo-2019-afr/b4f8b40f-0f74-4212-9ceb-1989781d074c) — Memo · 2019 · Afr
- [Music P1 Resource Booklet 2019](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-resource-booklet-2019/66ab0a3b-0d1c-4f5e-99dd-09d6cc62a411) — Addendum · 2019
- [Music P1 Resource Booklet 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-resource-booklet-2019-afr/91a79867-20ab-45bb-8992-c970e87c7f5b) — Addendum · 2019 · Afr
- [Music P2 Memo 2019](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-memo-2019/43a06ef9-800e-44cf-9b24-623f9c593303) — Memo · 2019
- [Music P2 Memo 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-memo-2019-afr/c5f51c9f-c98d-46b1-8d4a-69a77b5e33c8) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 12 IEB past papers](https://www.hlayiso.com/ieb/grade-12/music)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
