# Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-afr/5a89915e-da79-4464-abcc-9952616b2278
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-afr/5a89915e-da79-4464-abcc-9952616b2278)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                   MUSIEK V1

                           FEBRUARIE/MAART 2015

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      2                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is verpligtend.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                            3                   DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS

NASIENROOSTER

     AFDELING             VRAAG      PUNTE    NASIENER   MODERATOR
 A: Musiekteorie            1          20
    (VERPLIGTEND)           2          15
                            3          10
                            4          15
                        SUBTOTAAL      60
                                    EN
 B: ALGEMENE                5          20
    MUSIEKKENNIS
    (VERPLIGTEND)
                        SUBTOTAAL        20
                                    EN
 C: WKM                     6            10
                            7             8
                            8             7
                            9            15
                        SUBTOTAAL        40
                                    OF
 D: JAZZ                    10           10
                            11            8
                            12            7
                            13           15
                        SUBTOTAAL        40
                                    OF
 E: IAM                     14        10
                            15         8
                            16         7
                            17        15
                        SUBTOTAAL     40
                      GROOTTOTAAL     120

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   4                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                      (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

VRAAG 1                                                                     (25 minute)

Bestudeer die uittreksel uit die driestemmige koorstuk Amagqabi Emithi deur
B Tyamzashe hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       B Tyamzashe

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        5                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

1.1         Wat is die tydmaatteken van hierdie stuk?

            __________________________________________________                                  (1)

1.2         Noteer die omkering van die interval by 1.2. Skryf en benoem die
            omgekeerde interval in die spasie wat hieronder voorsien word. Gebruik die
            G-sleutel, heelnote en skryf sonder 'n toonsoortteken.

            __________________                                                                  (2)

1.3         Benoem die interval by 1.3.

            __________________________________________________                                  (1)

1.4         Benoem die tipe drieklank by 1.4.

            __________________________________________________                                  (1)

1.5         Transponeer die basparty van maat 3 'n mineur derde laer. Skryf jou
            antwoord in die altsleutel. Voeg die nuwe toonsoortteken by.

                                                                                                (4)

1.6         Herskryf die altparty van maat 3 in 'n enkelvoudige tydmaat. Voeg die nuwe
            tydmaatteken by.

                                                                                                (2)

1.7         Skryf die opgaande heeltoontoonleer wat op die gegewe note begin. Gebruik
            heelnote.

                                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.8         Skryf die volgende toonleer volgens die instruksies en gebruik die gegewe
            sleutel:

            •   Die toonleer in die verwante mineurtoonsoort van F majeur sonder 'n
                toonsoortteken
            •   Skryf slegs die harmoniese vorm van die afgaande toonleer.
            •   Gebruik heelnote.

                                                                                                (4)

1.9         Noem die toonsoort by 1.9.

            ________________________________________________                                    (1)

1.10        Voltooi die chromatiese toonleer hieronder deur die ontbrekende note in die
            blok te skryf.

                                                                                                (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     7                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 2                                                                    (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Dui die
            instrument waarvoor jy skryf aan. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

Instrument: _____________________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-          KANDIDAAT SE
                   BESKRYWING
                                                     TOEKENNING           PUNT
 Instrumentkeuse
                                                            1
 (Klavier sal nie aanvaar word nie.)
 Vorm en kadenspunte                                        3

 Korrekte notasie                                           1

 Dinamiek en artikulasie                                    2
 Musikaliteit
 Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                8
 eenheid, kreatiwiteit
 TOTAAL                                                    15
                                                                                                 [15]

                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     8                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Dui die
            instrument waarvoor jy skryf aan. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

Instrument: _____________________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-          KANDIDAAT SE
                   BESKRYWING
                                                     TOEKENNING           PUNT
 Instrumentkeuse
                                                            1
 (Klavier sal nie aanvaar word nie.)
 Vorm en kadenspunte                                        3

 Korrekte notasie                                           1

 Dinamiek en artikulasie                                    2
 Musikaliteit
 Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                8
 eenheid, kreatiwiteit
 TOTAAL                                                    15
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   9                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

VRAAG 3                                                                 (10 minute)

Beantwoord AL die vrae in die spasies wat daarvoor OP die partituur voorsien is.

Bestudeer die uittreksel uit Becky's Song deur Martin Speake hieronder en beantwoord
die vrae.

                                     (uittreksel)
                                        (uittreksel)
               Example:
            Voorbeeld:

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

3.1         Identifiseer die akkoorde vanaf (a)–(e) en besyfer dit op die partituur. Gebruik
            besyferingsaanduidings onder die partituur OF akkoordsimbole bokant die
            partituur. Let op die voorbeeld in maat 1.                                               (5)

3.2         Skryf die akkoordprogressie neer en benoem die kadens by (f).

            (f) ________________________________________________                                     (2)

3.3         Noem die tipe nie-akkoordnote by (g) en (h), byvoorbeeld appoggiatura.

            (g)                                      ____ ____________

            (h)                                             ____________                             (2)

3.4         Watter ritmiese komposisietegniek kom dikwels in die bas voor?

            __________________________________________________                                       (1)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote.

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-           KANDIDAAT SE
                  BESKRYWING
                                                     TOEKENNING            PUNT

Akkoordprogressies                                         12
Korrektheid
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering              6

Gebruik van nie-akkoordnote                                 2

                                                           20
                                                        (÷ 4 x 3)

TOTAAL                                                     15

                                                                                                   [15]

                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike genoteerde harmoniese materiaal
            op die oop partituur in te skryf. Voeg 'n geskikte sleutel en toonsoortteken by.

Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-           KANDIDAAT SE
                BESKRYWING
                                                     TOEKENNING            PUNT

Akkoordprogressies                                        17

Korrektheid                                               3

                                                          20
                                                       (÷ 4 x 3)

TOTAAL                                                    15

                                                                                                     [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                60
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     13                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                  (90 minute)

Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Beantwoord enige TIEN van die volgende vrae (5.1.1–5.1.16).

            Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
            die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.17 E.

            5.1.1     Watter EEN van die volgende is NIE 'n Suid-Afrikaanse jazz-styl
                      NIE?

                      A    Kwêla
                      B    Mbaqanga
                      C    Marabi
                      D    Maskanda

            5.1.2     Met watter van die volgende vormstrukture assosieer jy gewoonlik
                      die eerste beweging van 'n simfonie?

                      A    ABA
                      B    Minuet en trio
                      C    Rondo
                      D    Sonatevorm

            5.1.3     Watter EEN van die volgende is kenmerkend van die Klassieke
                      Tydperk?

                      A    Homofoniese tekstuur
                      B    Gebalanseerde frases
                      C    Duidelike struktuur
                      D    Al die bogenoemde

            5.1.4     Die mees prominente instrument wat in kwêlamusiek gebruik word,
                      is die …

                      A    saksofoon.
                      B    penniefluitjie.
                      C    kitaar.
                      D    marimba.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     14                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

            5.1.5     Watter EEN komposisietegniek is NIE prominent in vokale
                      Afrika-musiek NIE?

                      A    Roep en antwoord
                      B    Dansbewegings
                      C    Modulasie kom dikwels voor
                      D    Liggaamsperkussie

            5.1.6     Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van homofoniese
                      tekstuur?

                      A    Gesang
                      B    Jazz-trio met 'n improviserende solis
                      C    Volksliedjiesanger met kitaarbegeleiding
                      D    Al die bogenoemde

            5.1.7     Wat is die rol van die konsertmeester in 'n moderne orkes?

                      A    Voer die meeste solo-vioolpassasies uit
                      B    Is die hoofviolis
                      C    Lei die orkes tydens stemming
                      D    Al die bogenoemde

            5.1.8     Watter EEN van die volgende is korrek? Blues is ...

                      A    beide 'n musiekgenre en 'n musiekvorm.
                      B    'n musiekgenre, maar nie 'n musiekvorm nie.
                      C    'n musiekvorm, maar nie 'n musiekgenre nie.
                      D    nie 'n musiekgenre of 'n musiekvorm nie.

            5.1.9     Watter beskrywing pas die beste by die genre isicathamiya?
                      Isicathamiya is 'n soort ...

                      A    sekulêre a cappella-solosang en a cappella-koorsang.
                      B    gewyde a cappella-koorsang.
                      C    sekulêre a cappella-koorsang.
                      D    gewyde a cappella-solosang en a cappella-koorsang.

            5.1.10    Watter EEN van die volgende is NIE 'n vokale tegniek NIE?

                      A    Falsetto
                      B    Ululasie
                      C    Kantate
                      D    Scatting

            5.1.11    Watter EEN van die volgende             instrumente     is   NIE    'n
                      transponerende instrument NIE?

                      A    Klarinet
                      B    Trompet
                      C    Saksofoon
                      D    Fluit
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

            5.1.12    Hoeveel heeltone kom in die interval van 'n vergrote vierde voor?

                      A    Vyf
                      B    Agt
                      C    Geen
                      D    Drie

            5.1.13    Watter EEN van die volgende is NIE 'n tempo-aanduiding NIE?

                      A    Allegro
                      B    Andante
                      C    Langsam
                      D    Senza

            5.1.14    Watter EEN van die volgende gebruik slegs die bassleutel?

                      A    Klavier
                      B    Kitaar
                      C    Tjello
                      D    Harp

            5.1.15    Watter EEN van die volgende is NIE 'n vrouestemtipe NIE?

                      A    Falsetto
                      B    Sopraan
                      C    Koloratuur
                      D    Mezzo-sopraan

            5.1.16    Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n idiofoon NIE?

                      A    Djembe
                      B    Mbira
                      C    Kora
                      D    Marimba                                                (10 x 1)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    16                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

5.2         Kies enige items uit KOLOM B wat by VYF terme in KOLOM A pas. Skryf
            slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (5.2.1–5.2.10) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.2.11 K.

                       KOLOM A                               KOLOM B
            5.2.1    Blues-toonleer           A    vibrerende tromvel

            5.2.2    Membranofoon             B    twee seksies

            5.2.3    Modulasie                C    toonleer wat uit 12 note bestaan

            5.2.4    Sinkopasie               D    verandering van toonsoort

            5.2.5    Tweeledige vorm          E    melodiese fragment wat op 'n ander
                                                   toonhoogte herhaal word
            5.2.6    Sekwens
                                              F    musiek wat vir 'n ander instrument
            5.2.7    Transposisie                  herskryf word

            5.2.8    Kadens                   G    afstand tussen twee toonhoogtes

            5.2.9    Chromatiese toonleer     H    afsluiting van 'n frase of stuk

            5.2.10   Interval                 I    beklemtoning van swak maatslae

                                              J    mineur pentatoniese toonleer met 'n
                                                   bygevoegde noot
                                                                                (5 x 1)            (5)

5.3         Beantwoord die volgende vrae oor die Suid-Afrikaanse musiekbedryf:

            5.3.1     Noem DRIE funksies van SAMRO.                                                (3)

            5.3.2     Noem TWEE internasionale opname-ateljees wat tans in Suid-
                      Afrika bedryf word.                                                          (2)

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 20

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       17                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Wat het Mendelssohn geïnspireer om sy Hebrides Ouverture Op. 26 te
            komponeer?                                                                                (1)

6.2         Wat is die verskil tussen 'n ouverture en 'n konsert-ouverture?                           (2)

6.3         Watter sopraantipe sing die rol van die Koningin van die Nag in Mozart se
            opera Die Towerfluit?                                                                     (1)

6.4         Watter EEN van die volgende arias demonstreer die Koningin van die Nag se
            vokale register?

            A     O Isis und Osiris
            B     Dies Bildnis ist bezaubernd schön
            C     Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen                                              (1)

6.5         Met watter EEN van die volgende vormstrukture assosieer jy die ouverture
            van Die Towerfluit?

            A     AB
            B     Sonatevorm
            C     Rondo                                                                               (1)

6.6         Noem enige TWEE operas en hul komponiste wat NIE uit die Klassieke
            Tydperk kom NIE.                                                                          (2)

6.7         Wat is die bynaam van Beethoven se Simfonie Nr. 6 Op. 68?                                 (1)

6.8         Wat is die titel van die laaste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6
            Op. 68?                                                                                   (1)
                                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    18                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 7

Vergelyk die eerste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 met Mendelssohn se
Hebrides Ouverture ten opsigte van die volgende:

7.1       Italiaanse tempo-aanduiding
7.2       Vorm
7.3       Tonaliteit
7.4       Program-elemente

Jy mag die volgende tabel in die ANTWOORDEBOEK oorteken en dit voltooi om die
twee werke te vergelyk:

                               Beethoven                        Mendelssohn
                     Simfonie Nr. 6 – Eerste Beweging         Hebrides Ouverture
    Voorbeeld:
                  Simfonie                                Konsert-ouverture
    7.0 Genre
    7.1
    7.2
    7.3
    7.4                                                                                        [8]

VRAAG 8

Die vierde beweging (Die Storm) van Beethoven se Simfonie Nr. 6 Op. 68 kan as
suiwer programmusiek beskou word.

Brei uit op hierdie stelling deur te verwys na Beethoven se gebruik van instrumentasie
en orkeskleur in hierdie beweging.                                                             [7]

VRAAG 9

Skryf 'n opstel oor Mozart se opera, Die Towerfluit.

Bespreek die volgende aspekte in jou antwoord:

•     Tipe opera                                                                               (2)
•     Orkestrale begeleiding (instrumentasie)                                                  (3)
•     Karakters en stemtipes                                                                   (6)
•     Onderwerpe wat in die storielyn van die opera aangeraak word (MOENIE die storie
      vertel NIE.)                                                                             (3)

EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word.                                    (1)
                                                                                               [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:               40

                                            OF
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      19                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 10

10.1        Noem TWEE bydraes tot Suid-Afrikaanse jazz deur elk van die volgende
            kunstenaars:

            •   Zim Nqawana
            •   Robbie Jansen
            •   Winston Mankunku Ngozi                                              (3 x 2)        (6)

10.2        Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die kunstenaar/groep in KOLOM A
            pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (10.2.1–10.2.4) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 10.2.5 E.

                       KOLOM A                                 KOLOM B
            10.2.1   Jazz Epistles              A    het die musiek vir King Kong geskryf

            10.2.2   Hugh Masekela              B    internasionale saksofoonspeler

            10.2.3   John Coltrane              C    trompetspeler wat na sy verbanning
                                                     teruggekeer het
            10.2.4   Todd Matshikiza
                                                D    een van die eerste Suid-Afrikaanse
                                                     bebop-groepe
                                                                                   (4 x 1)         (4)
                                                                                                   [10]

VRAAG 11

11.1        Beskryf kortliks kwêla-musiek van die 1950's met verwysing na die
            penniefluit-jive.                                                                      (5)

11.2        Noem TWEE internasionale musiekstyle wat die Manhattan Brothers
            beïnvloed het.                                                                         (2)
                                                                                                   [7]

VRAAG 12

12.1        Skryf notas oor die orkes The Brotherhood of Breath en hul bydrae tot
            Suid-Afrikaanse jazz.

            Fokus op die volgende aspekte:

            •   Orkeslede                                                                          (3)
            •   Karaktereienskappe van die musiek                                                  (4)

12.2        Noem EEN lied of album van hierdie orkes.                                              (1)
                                                                                                   [8]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     20                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 13

Miriam Makeba was een van die eerste kunstenaars uit Afrika wat Afrika-musiek
gedurende die 1960's aan die res van die wêreld bekendgestel het.

Skryf 'n opstel oor Miriam Makeba se loopbaan waarin jy na die volgende aspekte
verwys:

•   Haar lewe tydens verbanning                                                              (4)
•   Musikale prestasies en albums/treffers                                                   (6)
•   Karaktereienskappe van die musiek                                                        (4)

EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word.                                  (1)
                                                                                             [15]

                                                              TOTAAL AFDELING D:             40

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       21                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 14

14.1        Verduidelik die rol van die godheid ('divinity') in EEN van die volgende
            inheemse Afrika-seremonies:

            •   Inisiasie
            •   Huwelik
            •   Begrafnis                                                                         (3)

14.2        Beskryf kortliks Izihlabo in maskanda.                                                (3)

14.3        Kies die VIER korrekte karaktereienskappe uit KOLOM B wat by die styl
            mbaqanga pas. Skryf slegs die korrekte letters langs die vraagnommer in die
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 14.3 H, J, K, L.

               KOLOM A                                     KOLOM B
                                        2
            Mbaqanga              A      / 4 -tydmaat

                                  B     koorsang

                                  C     simmetriese frases en AB-struktuur

                                  D     beïnvloed deur marabi en township-jazz

                                  E     12-maat-bluesstruktuur

                                  F     lirieke slegs in isiZulu

                                  G     bas- en elektriese kitaar speel 'n prominente rol
                                                                                    (4 x 1)       (4)
                                                                                                  [10]

VRAAG 15

Skryf 'n paragraaf oor malombo.

Sluit die volgende aspekte in:

•   Definisie                                                                                     (1)
•   Karaktereienskappe van die musiek                                                             (4)
•   Internasionale invloede                                                                       (2)
•   EEN kunstenaar/groep                                                                          (1)
                                                                                                  [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      22                   DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 16

Skryf 'n kort artikel vir Drum-tydskrif oor isicathamiya.

Fokus op die volgende aspekte:

•   Oorsprong                                                                            (1)
•   Ontwikkeling                                                                         (2)
•   Karaktereienskappe van die musiek                                                    (3)
•   EEN kunstenaar/groep                                                                 (1)
                                                                                         [7]

VRAAG 17

Skryf 'n opstel oor kiba-musiek en hoe Sello Galane dit gemoderniseer het om vrye
kiba daar te stel.

Gebruik die volgende riglyne:

•   Verduideliking van kiba                                                              (7)
•   Modernisering van kiba                                                               (5)
•   TWEE vrye kiba-liedere/-albums                                                       (2)

EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word.                              (1)
                                                                                         [15]

                                                              TOTAAL AFDELING E:         40
                                                                  GROOTTOTAAL:           120

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Feb March 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-memo-eng/3871b6f7-a031-4d84-a243-85cafd85c597) — Music · Memo · 2015 · Eng
- [Music P1 Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-memo-afr/b7610fc7-fe7c-407f-a554-a9b9f5aa91b9) — Music · Memo · 2015 · Afr
- [Music P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-feb-march-2015-afr/f268e9c3-e2f5-4042-9c5d-a0deb0566d91) — Music · QP · 2015 · Afr
- [Music P2 Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-feb-march-2015-eng/eedd46d9-6a28-4d69-a40a-b8226c3ef5c4) — Music · QP · 2015 · Eng
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2015 ENG QP](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-eng-qp/5152ca77-6f18-4345-9883-b2973de8c282) — Music · QP · 2015 · Eng
- [Music P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2015-eng/77a70d28-53e8-4461-97ac-7193930f4114) — Music · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
