# Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2016-afr/6ef406ea-3f29-425c-bce9-ec90aaa54ae8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2016-afr/6ef406ea-3f29-425c-bce9-ec90aaa54ae8)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                           FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      2                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is verpligtend.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat voorsien is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS

NASIENROOSTER

       AFDELING             VRAAG        PUNTE   NASIENER   MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE               1             20
   (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             10
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                    EN
B: ALGEMENE
   MUSIEKKENNIS               5             20
   (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         20
                                    EN
C: WKM                        6             10
                              7             5
                              8             5
                              9             5
                             10             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
D: JAZZ                      11             10
                             12             5
                             13             5
                             14             5
                             15             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
E: IAM                       16             10
                             17             5
                             18             5
                             19             5
                             20             15
                          SUBTOTAAL         40

                        GROOTTOTAAL       120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   4                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                      (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

VRAAG 1                                                                     (25 minute)

Bestudeer die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                               1.3.1

1.1     Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.

        ___________________________________________                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      5                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

1.2         Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand.

            1.2.1 ___________________________________

            1.2.2 ___________________________________                                                (2)

1.3         Benoem die tipe drieklank by 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld mineur drieklank.
            (Oorweeg slegs die note in die blokkie op die partituur.)

            1.3.1 ___________________________________

            1.3.2 ___________________________________                                                (2)

1.4         Omkring 'n akkoord wat 'n dominant sewende akkoord in grondposisie op
            hierdie partituur vorm.                                                                  (1)

1.5         Transponeer maat 3 van die soloparty 'n mineur derde laer vir die E-mol
            altsaksofoon. Voeg 'n nuwe toonsoortteken by.

                                                                                                     (3)

1.6         Transkribeer maat 5 van die klavierparty (regterhand) vir altviool op dieselfde
            toonhoogte. Gebruik die korrekte sleutel.

                                                                                                     (3)

1.7         Herskryf maat 1 van die klavierparty (regterhand), maar halveer die
            nootwaardes. Voeg 'n nuwe tydmaatteken by.

                                                                                                     (3)

1.8         Voltooi die volgende om 'n pentatoniese toonleer te vorm:

                                                                                                     (2)

1.9         Skryf 'n opgaande sekwens van die gegewe melodiese fragment.

                                                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.10        Vergelyk die musiekvoorbeeld hieronder met die klavierparty in maat 5.
            Watter komposisietegniek word in die voorbeeld hieronder gebruik?

            ______________________________________
                                                                                               (1)

1.11        Voeg 'n voordragaanduiding(s) by die uittreksel hieronder om die voordraer
            die opdrag te gee om legato te speel.

            ______________________________________                                             (1)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    7                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 2                                                                   (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

            Instrument: ____________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                    PUNTE-            KANDIDAAT
                  BESKRYWING
                                                  TOEKENNING           SE PUNT

 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polse per maat, toevallige tekens,          2
 spasiëring, uitleg
 Kwaliteit
 - Kwaliteit van melodie en toepaslikheid vir
   gekose instrument
                                                        10
 - Toepaslike dinamiek- en artikulasie-
   aanduidings
 - Musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                               [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    8                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

            Instrument: ____________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                    PUNTE-            KANDIDAAT
                  BESKRYWING
                                                  TOEKENNING           SE PUNT

 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polse per maat, toevallige tekens,          2
 spasiëring, uitleg
 Kwaliteit
 - Kwaliteit van melodie en toepaslikheid vir
   gekose instrument
                                                        10
 - Toepaslike dinamiek- en artikulasie-
   aanduidings
 - Musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                         9                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

VRAAG 3                                                                     (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Voorbeeld:

                                           (i)

                                                                            (ii)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      10                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

            3.1.1     Hierdie werk moduleer in maat 11–133. Noem die nuwe toonsoort.

                      __________________________________________                               (1)

            3.1.2     'n Tweede modulasie kom in maat 14–16 voor. Hoe is die nuwe
                      toonsoort in hierdie mate aan F majeur verwant?

                      __________________________________________                               (1)

            3.1.3     Identifiseer die akkoorde van (a)–(e) en besyfer hulle op die
                      partituur. Gebruik besyferingsimbole onderaan die partituur OF
                      akkoordsimbole boaan die partituur. (Let op die voorbeeld in
                      maat 1.)                                                                 (5)

            3.1.4     Benoem die kadens by (f).

                      __________________________________________                               (1)

            3.1.5     Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).

                      (i) ________________________________________

                      (ii) ________________________________________                            (2)
                                                                                               [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

3.2         Bestudeer die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             Voorbeeld:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

            3.2.1     Hierdie werk moduleer in maat 122–162. Benoem die nuwe
                      toonsoort.

                      __________________________________________                                (1)

            3.2.2     Identifiseer die akkoorde van (a)–(e) en skryf akkoordsimbole
                      boaan die partituur. (Let op die voorbeeld in maat 1.)                    (5)

            3.2.3     Skryf die akkoordprogressie neer en benoem die kadens by (f).

                      __________________________________________                                (2)

            3.2.4     Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (g).

                      __________________________________________                                (1)

            3.2.5     Noem die stilistiese kenmerk wat in die bassleutel van maat 9–24
                      gebruik word.

                      __________________________________________                                (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      13                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote.

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                        PUNTE-            KANDIDAAT
                   BESKRYWING
                                                      TOEKENNING           SE PUNT
 Akkoordprogressie
                                                            12
 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
                                                            12
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Kwaliteit
 Baslyn, musikaliteit,
                                                            16
 nie-akkoordnote, stylbewustheid, innovering,
 kreatiwiteit
                                                            40
                                                         (÷ 8 x 3)

 TOTAAL                                                     15
                                                                                                   [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     14                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in
            die onvoltooide mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe
            materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word, en voeg die akoordsimbole boaan
            die melodielyn by.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   15                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                    PUNTE-           KANDIDAAT
                 BESKRYWING
                                                  TOEKENNING          SE PUNT
 Akkoordprogressie
                                                       11
 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
 Notasie, spasiëring, stemvoering                      11
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,        18
 innovering, kreatiwiteit
                                                       40
                                                    (÷ 8 x 3)

 TOTAAL                                                15
                                                                                              [15]

                                                                TOTAAL AFDELING A:            60

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        16                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                     (90 minute)

Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
            Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
            (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 E.

            5.1.1     'n Chromatiese noot is ...

                      A    'n noot wat aan die huidige toonsoort behoort.
                      B    die tegniese naam vir die sewende trap van 'n toonleer.
                      C    'n noot wat nie aan die huidige toonsoort behoort nie.
                      D    'n noot wat aan die diatoniese toonsoort behoort.

            5.1.2     A capella verwys na ...

                      A    'n stem wat deur 'n orrel begelei word.
                      B    koormusiek sonder instrumentale begeleiding.
                      C    ensemble-sang met begeleiding.
                      D    'n instrumentale ensemble wat in 'n kapel speel.

            5.1.3     'n Aërofoon se klank word deur ... voortgebring.

                      A    'n vibrerende lugkolom
                      B    'n vibrerende snaar
                      C    'n vibrerende tromvel
                      D    die instrument se eie materiaal

            5.1.4     Sinkopasie is ...

                      A    'n melodienoot op die eerste pols van die maat.
                      B    'n ritmiese harmoniese middel.
                      C    'n beklemtoonde noot op 'n swak pols.
                      D    Al die bogenoemde

            5.1.5     Wat is transkripsie?

                      A    Die byvoeging van dinamiektekens by 'n partituur
                      B    Musiek wat in 'n ander sleutel met verandering van
                           toonhoogte geskryf is
                      C    Musiek wat op dieselfde toonhoogte vir 'n ander instrument
                           geskryf is
                      D    Transponering van die hooftema van 'n komposisie

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      17                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

            5.1.6     'n Motief is ...

                      A     'n kort melodiese of ritmiese fragment.
                      B     'n liriese vokale passasie in musiek.
                      C     die toonsetting van verskeie note vir een lettergreep.
                      D     'n herhaalde noot met verandering van harmonie.

            5.1.7     Om 'n nuwe komposisie te registreer moet jy ...

                      A     die werk by 'n invorderingsagentskap registreer.
                      B     die werk aan jouself pos om die skeppingsdatum te bevestig.
                      C     'n kommissaris van ede kry om jou werk te sertifiseer.
                      D     Al die bogenoemde

            5.1.8     Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van
                      musiekrowery NIE?

                      A     Fotokopiëring van bladmusiek vir 'n orkesvoordrag
                      B     Onwettige opnames van radio, TV of lewendige konserte
                      C     Verkoop van nagemaakte opnames as oorspronklike
                            opnames
                      D     Transkribering van 'n solo met die toestemming van die
                            voordraer

            5.1.9     Pizzicato is ...

                      A     'n instruksie aan strykers om die snare te pluk.
                      B     die teenoorgestelde van arco.
                      C     'n Italiaanse musiekterm wat in 'n strykkwartet gebruik word.
                      D     Al die bogenoemde

            5.1.10    Die term scherzando beteken ...

                      A     'n stadige tempo.
                      B     'n skerts of 'n grap.
                      C     'n neutrale stemming
                      D     om staccato te speel.                                    (10 x 1)       (10)

5.2         Beskryf enige TWEE van die terme hieronder. Skryf die antwoorde langs jou
            keuses (5.2.1–5.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

            5.2.1     Rubato
            5.2.2     Libretto
            5.2.3     Scatting
            5.2.4     Plaasvervangende akkoord
            5.2.5     Meloritme
            5.2.6     Ukuvamba                                                        (2 x 2)       (4)

5.3         'n Onafhanklike komponis het sekere regte met betrekking tot sy/haar
            komposisies. Noem SES van hierdie regte.                                                (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        18                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WAM)

VRAAG 6

6.1         Voltooi die tabel hieronder wat die skematiese uiteensetting van die drie
            bewegings van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F Op. 68 voorstel deur die
            ontbrekende woorde neer te skryf.

            Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (6.1.1–6.1.6) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.1.7 Cadenza.

                                                                             TEMPO-
             BEWEGINGS                 TITEL                 VORM
                                                                           AANDUIDING
                                  Ontwaking van
             Eerste
                              opgewekte gevoelens by          6.1.1            6.1.2
             beweging
                               aankoms op platteland
             Vierde
                                        6.1.3               Vrye vorm          6.1.4
             beweging
             Vyfde
                                        6.1.5                 6.1.6          Allegretto
             beweging                                                                               (6)

6.2         Noem die houtblaasinstrument wat Beethoven in die vierde beweging van sy
            Simfonie Nr. 6 bygevoeg het.                                                            (1)

6.3         Beethoven se Simfonie Nr. 6 het vyf bewegings. Wanneer jy na die werk
            luister, mag dit klink asof daar slegs drie bewegings is. Gee kortliks die rede
            hiervoor.                                                                               (1)

6.4         Bestudeer die temas hieronder uit Simfonie Nr. 6 en identifiseer die beweging
            waarin elkeen voorkom.

            6.4.1

            6.4.2

                                                                                                    (2)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 7

7.1         In watter voorgeskrewe werk kom die volgende tema voor?

                                                                                                 (1)

7.2         Wat is die vormstruktuur van hierdie werk?                                           (1)

7.3         Verduidelik wat die komponis geïnspireer het om hierdie werk te komponeer.           (3)
                                                                                                 [5]

VRAAG 8

Skryf 'n paragraaf waarin jy die verskille EN ooreenkomste tussen 'n ouverture en 'n
konsertouverture verduidelik.                                                                    [5]

VRAAG 9

Skryf 'n paragraaf oor die rol wat die Mannheim-skool in die ontwikkeling van die
simfonie-orkes gespeel het.                                                                      [5]

VRAAG 10

'Mozart se opera Die Towerfluit kan as beide komies en ernstig beskou word.'

Skryf 'n opstel waarin jy die stelling hierbo bespreek deur na Mozart se gebruik van
karakters, stemtipes en musiekelemente in die volgende TWEE arias te verwys:

•     Der Vogelfänger bin ich ja (Ja, ek is die voëlvanger)
•     Die Hölle Rache kocht in meinem Herzen (Die hel se wraak kook in my hart)

DRIE punte sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel
toegeken word.                                                                                   [15]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                40

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     20                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Kies 'n instrument uit KOLOM B wat by enige VIER kunstenaars in KOLOM A
            pas. Skryf slegs die letter van jou keuse (A–F) langs die vraagnommer
            (11.1.1–11.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 11.1.6 G.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
            11.1.1   Todd Matshikiza               A    klavier

            11.1.2   Elias Lerole                  B    saksofoon

            11.1.3   Winston Ngozi                 C    kitaar

            11.1.4   Philip Tabane                 D    stem

            11.1.5   David Masondo                 E    penniefluitjie

                                                   F    tromstel
                                                                                   (4 x 1)        (4)

11.2        Noem die leier van TWEE van die Suid-Afrikaanse jazz-'bands' (-orkeste) of
            -groepe. Skryf die antwoorde langs jou keuses (11.2.1–11.2.3) in die
            ANTWOORDEBOEK neer.

            11.2.1   The Blue Notes
            11.2.2   Manhattan Brothers
            11.2.3   Sakhile                                                                      (2)

11.3        Gee VIER redes waarom die penniefluitjie gedurende die 1930's so 'n gewilde
            instrument was.                                                                       (4)
                                                                                                  [10]

VRAAG 12

Skryf 'n paragraaf oor Cape jazz deur na die volgende kenmerke te verwys:

•   Melodie                                                                                       (2)
•   Ritme                                                                                         (1)
•   Instrumentasie                                                                                (2)
                                                                                                  [5]

VRAAG 13

Skryf 'n paragraaf oor die musiekstyl wat EEN van die volgende 'bands' (orkeste)
verteenwoordig. Noem die styl in jou antwoord en brei uit oor die musiekeienskappe
van hierdie styl.

•   Makgonatsohle Band
•   Soul Brothers                                                                                 [5]
•   The Cool Crooners

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                 21                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS

VRAAG 14

Marabi het gedurende die 1920's en 1930's in die townships om die groot
Suid-Afrikaanse stede ontwikkel. Skryf aantekeninge oor die sosiale en musikale
oorsprong van hierdie styl.                                                                 [5]

VRAAG 15

Kies EEN van die volgende kunstenaars/groepe:

•   Zim Nqawana
•   Sakhile
•   Spirits Rejoice

Skryf 'n opstel waarin jy die geskiedenis van die kunstenaar/groep asook die
musiekstyleienskappe van jou gekose kunstenaar/groep in breë trekke verduidelik.
Noem ten minste TWEE treffers/albums.

DRIE punte sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel
toegeken word.                                                                              [15]

                                                           TOTAAL AFDELING D:               40

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   22                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 16

16.1        Kies die kultuurgroepe uit KOLOM B wat by enige VIER danse in KOLOM A
            pas. Skryf slegs die letter van jou keuse (A–I) langs die vraagnommer
            (16.1.1–16.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 16.1.10 J.

                        KOLOM A                                KOLOM B
            16.1.1   Domba                       A    baPedi

            16.1.2   Xincayincayi                B    amaSwati

            16.1.3   Umtyityimbo                 C    amaZulu

            16.1.4   Mokorotlo                   D    amaXhonga

            16.1.5   Sekgapa                     E    amaXhosa

            16.1.6   Borankana                   F    amaNdebele

            16.1.7   Itshikiza                   G    baTswana

            16.1.8   Umtsimba                    H    baSotho

            16.1.9   Inkwahla                    I    vhaVenda
                                                                                  (4 x 1)        (4)

16.2        Noem TWEE funksies van krepitasie gedurende 'n musiekvoordrag.                       (2)

16.3        Noem VIER maniere waarop musikale ontwikkeling van kinders in hulle
            tradisionele Suid-Afrikaanse gemeenskappe plaasvind.                                 (4)
                                                                                                 [10]

VRAAG 17

Skryf 'n paragraaf oor die musiekstyl wat EEN van die volgende 'bands' (orkeste)
verteenwoordig. Noem die styl in jou antwoord en brei uit oor die musiekeienskappe
van hierdie styl.

•   Makgonatsohle Band
•   Soul Brothers
•   The Cool Crooners                                                                            [5]

VRAAG 18

Skryf 'n paragraaf waarin jy maskandi kortliks beskryf. Verwys na die kitaarspeltegniek,
stemming (van die kitaar) en musiekeienskappe.                                                   [5]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   23                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VRAAG 19

19.1        Beskryf malombo kortliks.                                                           (4)

19.2        Noem EEN verteenwoordigende malombo-kunstenaar/-'band' (orkes).                     (1)
                                                                                                [5]

VRAAG 20

'Inheemse Afrikamusiek is 'n kulturele uitdrukking van die ubuntu-gees.'

Skryf 'n opstel waarin jy die stelling hierbo bespreek. Gee voorbeelde oor hoe ubuntu
in musiek en dans uitgebeeld word.

DRIE punte sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel
toegeken word.                                                                                  [15]

                                                               TOTAAL AFDELING E:               40
                                                                   GROOTTOTAAL:                 120

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2016-memo-eng/aebed626-76d4-44ca-a1e3-df3188f0e09a) — Music · Memo · 2016 · Eng
- [Music P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-feb-march-2016-afr/bccda666-34df-48d5-9fbc-863be259b6ca) — Music · QP · 2016 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2016 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-qp/15b29c54-28ec-4f32-99c4-d4dd73a9bfbd) — Music · QP · 2016 · Afr
- [Music P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2018-eng/26ba8331-658c-4926-8085-63692d1e30d9) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2018-afr/4e6b3c34-84db-42a9-90fe-f05b85855837) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2017-afr/386695d3-7ce5-4839-bcae-fb14c8934b7a) — Music · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
