# Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2017-afr/386695d3-7ce5-4839-bcae-fb14c8934b7a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2017-afr/386695d3-7ce5-4839-bcae-fb14c8934b7a)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                           FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hulle antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING           VRAAG        PUNTE     NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1             20
    (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             10
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                   EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5             20
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         20
                                   EN
 C: WKM                       6             10
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10             15
                          SUBTOTAAL         40
                                   OF
 D: JAZZ                     11             10
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15             15
                          SUBTOTAAL         40
                                   OF
 E: IAM                      16             10
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20             15
                          SUBTOTAAL         40

                        GROOTTOTAAL         120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    4                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                     (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.

VRAAG 1                                                                    (25 minute)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                                                           Schubert

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      5                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.1         Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk.

            _________________________________________________________                               (1)

1.2         Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand.

            1.2.1     _____________________________________________

            1.2.2     ______________________________________________                                (2)

1.3         Skryf en benoem die omkering van die interval by 1.3.

                _______________________                                                             (1)

1.4         Noem die drieklanke by 1.4.1 en 1.4.2 volgens tipe en posisie/omkering.

            1.4.1     ______________________________________________

            1.4.2     ______________________________________________                                (2)

1.5         Herskryf maat 1 van die vioolparty vir altviool met behoud van dieselfde
            toonhoogte.

                                                                                                    (2)

1.6         Transponeer die basparty vanaf maat 7–10 'n volmaakte vierde hoër.
            Moet NIE 'n toonsoortteken gebruik NIE.

                                                                                                    (2)

1.7         Herskryf maat 1 van die regterhandparty van die klavier in saamgestelde
            tydmaat/maatslag. Voeg die nuwe tydmaatteken by.

                                                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.8         Skryf die toonlere hieronder soos aangedui. Gebruik heelnote.

            1.8.1     Skryf F# melodiese mineur, stygend en dalend, met toonsoortteken.
                      Dui die halftone aan.

                                                                                                     (3)

            1.8.2     Skryf die Eoliese modus op E, dalend in die altsleutel.
                      Moet NIE 'n toonsoortteken gebruik NIE.

                                                                                                     (2)

            1.8.3     Skryf 'n chromatiese toonleer op Bb, slegs stygend.

                                                                                                      (3)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    7                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 2                                                                   (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep.
            Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek-
            en artikulasietekens by.

            Instrument: _________________________

            Tempo:    _________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                  BESKRYWING                        PUNTE-            KANDIDAAT
                                                  TOEKENNING           SE PUNTE
                                                      3
 Vorm en kadenspunte
 Korrektheid
 Nootstele, polse per maat, toevallige tekens,          2
 spasiëring, uitleg
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, tempo-           10
 aanduiding, musikaliteit
                                                        15
 TOTAAL
                                                                                              [15]

                                            OF
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    8                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep.
            Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek-
            en artikulasietekens by.

            Instrument: _________________________

            Tempo:    _________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                  BESKRYWING                        PUNTE-            KANDIDAAT
                                                  TOEKENNING           SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte
                                                        3
 Korrektheid
 Nootstele, polse per maat, toevallige tekens,          2
 spasiëring, uitleg
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, tempo-           10
 aanduiding, musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                         9            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS

      BLANKO BLADSY

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    10                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 3                                                                   (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel deur Mendelssohn hieronder en beantwoord die vrae
            wat volg.

                                                         Kadens 3.1.5

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

            3.1.1     Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.

                      ___________________________________________________                         (1)

            3.1.2     Identifiseer akkoord (a)–(e) en besyfer hulle op die partituur.
                      Gebruik      ÓF    standaardbesyfering onder    die  partituur,
                                       6
                      byvoorbeeld V , ÓF akkoordsimbole bo die partituur,
                      byvoorbeeld C/E.                                                            (5)

            3.1.3     Benoem die tipes nie-akkoordnote by (i) en (ii).

                     (i)    _______________________________________________

                     (ii) _______________________________________________                         (2)

            3.1.4     Watter EEN van die volgende assosieer jy met die noot by Z?
                      Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                           Vooruitneming   Terughouding   Appoggiatura   Akkoordnoot              (1)

            3.1.5     Benoem die kadens waarmee hierdie uittreksel eindig.

                      _________________________________________________                           (1)
                                                                                                  [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                 12                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel uit Till deur Charles Danvers hieronder en
            beantwoord die vrae wat volg.

                                                          3.2.4

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      13                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

            3.2.1     Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.

                      __________________________________________________                          (1)

            3.2.2     Identifiseer die akkoorde van (a) tot (e) en besyfer hulle op
                      die partituur. Gebruik akkoordsimbole bo die partituur,
                      byvoorbeeld Bb/D.                                                           (5)

            3.2.3     Benoem die tipes nie-akkoordnote by (i)–(iii).

                      (i)    ________________________________________________

                      (ii)   ________________________________________________

                      (iii) ________________________________________________                      (3)

            3.2.4     Benoem die kadens waarmee hierdie uittreksel eindig.

                      ____________________________________________________                        (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      14                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg.

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                   BESKRYWING                           PUNTE-            KANDIDAAT
                                                      TOEKENNING           SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                            14
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
                                                            16
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,             10
 kreatiwiteit
                                                            40
                                                         (÷ 8 x 3)
 TOTAAL                                                     15
                                                                                                  [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal by
            die onvoltooide mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe
            materiaal in maat 1–4 voorgestel word.

  Melodie

Akkoorde

      Bas

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    16                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                 BESKRYWING                         PUNTE-           KANDIDAAT
                                                  TOEKENNING         SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                       15
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
 Notasie, verdubbeling, spasiëring,                    15
 stemvoering
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,        10
 kreatiwiteit
                                                       40
                                                    (÷ 8 x 3)
 TOTAAL                                                15
                                                                                             [15]

                                                                TOTAAL AFDELING A:           60

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                         17                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                        (90 minute)

Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
            kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

            VOORBEELD:

             5.1.11       A             B           C            D

            5.1.1     Outeursgeld/Tantième wat aan komponiste betaal word wanneer
                      hulle musiek in die openbaar uitgevoer word, word … genoem.

                      A       kopiereg
                      B       uitvoerregte
                      C       naaldtydregte
                      D       meganiese regte

            5.1.2     Outeursgeld/Tantième wat aan liedjieskrywers en uitvoerders/
                      kunstenaars vir CD-verkope of digitale aflaai betaal word, word …
                      genoem.

                      A       kopiereg
                      B       uitvoersregte
                      C       naaldtydregte
                      D       meganiese regte

            5.1.3     SAMRO is die afkorting vir die …

                      A       Suid-Afrikaanse Musiekrelevansie-organisasie.
                      B       Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie.
                      C       Suid-Afrikaanse Musiekrekordering-organisasie.
                      D       Suid-Afrikaanse Musiekrestriksie-organisasie.

            5.1.4     'n Persoon wat die woorde van 'n liedjie skryf, is 'n …

                      A       verwerker.
                      B       redigeerder.
                      C       liriekskrywer.
                      D       uitvoerder/voordraer/kunstenaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      18                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

            5.1.5    'n Musikale werk kry kopiereg …

                     A    onmiddellik nadat dit gekomponeer is.
                     B    vir 80 jaar nadat die werk gekomponeer is.
                     C    tot die jaar van die komponis se dood.
                     D    slegs twee weke nadat dit gekomponeer is.

            5.1.6    Die simbool bokant die gegewe noot             word 'n … genoem.

                     A    (onder)mordent
                     B    appoggiatura
                     C    (bo)mordent
                     D    draaisneller

            5.1.7    Halftone kom in die Doriese modus tussen die … voor.

                     A    3de en 4de note en die 6de en 7de note
                     B    2de en 3de note en die 7de en 8ste note
                     C    3de en 4de note en die 7de en 8ste note
                     D    2de en 3de note en die 6de en 7de note

            5.1.8    Watter EEN van die volgende beteken om geleidelik sagter te word?

                     A    Accelerando
                     B    Morendo
                     C    Crescendo
                     D    Rallentando

            5.1.9    Die musiekterm vir     is …

                     A    lungo.
                     B    portato.
                     C    fermata.
                     D    staccato.

            5.1.10    Die blues-toonleer kan gekonstrueer word deur die 3de, 5de en
                      7de trappe van die …

                      A   majeurtoonleer te verlaag.
                      B   majeurtoonleer te verhoog.
                      C   mineurtoonleer te verlaag.
                      D   mineurtoonleer te verhoog.                             (10 x 1)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       19                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

5.2         Gee die korrekte term vir enige VYF van die volgende beskrywings. Skryf
            slegs  die term langs die vraagnommer (5.2.1–5.2.8) in die
            ANTWOORDEBOEK neer.

            5.2.1     'n Musikale tekstuur wat uit 'n enkelmelodielyn bestaan

            5.2.2     'n Musikale tekstuur wat uit 'n melodielyn met begeleiding bestaan

            5.2.3     'n Musikale tekstuur wat uit verskeie onafhanklike melodielyne
                      bestaan

            5.2.4     'n Ritmiese patroon wat herhaal word terwyl ander musiekmateriaal
                      rondom dit verander

            5.2.5     Antieke toonlere met Griekse name wat in verskeie musiekstyle
                      gebruik word

            5.2.6     Die kwaliteit of kleur van 'n stem of 'n instrument

            5.2.7     Vokale musiek sonder instrumentale begeleiding

            5.2.8     Die tegniese naam vir die derde trap van 'n toonleer                         (5)

5.3         Skryf 'n paragraaf waarin jy tweeledige vorm beskryf.                                  (5)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:             20

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       20                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF ADELING E (IAM).

ADELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Watter karakters word met die volgende stemtipes in die Towerfluit deur
            Mozart geassosieer?

            6.1.1     Sopraan

            6.1.2     Tenoor

            6.1.3     Bariton

            6.1.4     Bas

            6.1.5     Koloratuur                                                                    (5)

6.2         Die Towerfluit word as 'n Singspiel beskou.

            Skryf aantekeninge om hierdie stelling te motiveer en gebruik voorbeelde uit
            hierdie opera.                                                                          (5)
                                                                                                    [10]

VRAAG 7

Bestudeer die tabel hieronder wat sonatevorm voorstel en beantwoord die vrae wat
volg.

                                                                    REKAPITULASIE
              UITEENSETTING              ONTWIKKELING
                                                                 (HERUITEENSETTING)

7.1         In watter seksie sou jy verwag om 'n episode te vind?                                   (1)

7.2         Wat is die funksie van die brug in die uiteensetting van hierdie vorm?                  (1)

7.3         Beskryf kortliks wat in die ontwikkelingseksie gebeur.                                  (2)

7.4         Hoe verskil die rekapitulasie (heruiteensetting) van die uiteensetting?                 (1)
                                                                                                    [5]

VRAAG 8

Skryf 'n paragraaf oor die finale (vyfde) beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6
waarin jy die titel van hierdie beweging aan die programmatiese inhoud koppel.                      [5]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     21                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 9

Definieer die Klassieke simfonie en verduidelik hoe Beethoven se Pastorale Simfonie
van die Klassieke simfoniemodel verskil.                                                   [5]

VRAAG 10

Mendelssohn vertoon beide Klassieke en Romantiese kenmerke in sy Hebrides
Ouverture.

Skryf 'n opstel waarin jy hierdie stelling bespreek.

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van
jou opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                          KRITERIA                            PUNTETOEKENNING
 Klassieke kenmerke                                                   6
 Romantiese kenmerke                                                  6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                       3
 TOTAAL                                                              15                    [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           40

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        22                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Beskryf prominente musiekeienskappe van kwêla.                                        (3)

11.2        Noem die instrumente wat in 'n tipiese mbaqanga-orkes gebruik word.                   (3)

11.3        Skryf die titel van 'n lied neer wat met ELK              van die volgende
            kunstenaars/groepe geassosieer word:

            11.3.1     Dolly Rathebe

            11.3.2     Miriam Makeba

            11.3.3     Sakhile

            11.3.4     Philip Tabane                                                              (4)
                                                                                                  [10]

VRAAG 12

Dui aan of die volgende stellings oor Cape jazz WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (12.1–12.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.

12.1        Dit is deur blues en volksliedjies geïnspireer, wat deur die afstammelinge van
            die voormalige slawegemeenskappe wat in Wes-Kaap woon, gesing word.

12.2        Dit is deur die straatkarnavalparade en instrumentasie van die Mardi Gras
            geïnspireer.

12.3        Dit is 'n mengsel van Xhosa- en Zoeloeliedjies, sowel as Latyns-Amerikaanse
            style.

12.4        Dit was oorspronklik hoofsaaklik 'n klavier-jazzstyl.

12.5        Robbie Jansen is 'n bekende saksofoonspeler wat aan die ontwikkeling van
            Cape jazz gekoppel word.                                                              [5]

VRAAG 13

Bespreek TWEE internasionale invloede en TWEE plaaslike invloede op Miriam
Makeba se musiekstyl. Lewer kommentaar op haar unieke sangstyl.                                   [5]

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf waarin jy die belangrikheid van die Jazz Epistles in die ontwikkeling
van Suid-Afrikaanse jazz bespreek.                                                                [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    23                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 15

Marabi is 'n ware voorbeeld van 'n vroeë Suid-Afrikaanse jazz-styl.

Skryf 'n opstel waarin jy op die stelling hierbo uitbrei deur na die oorsprong, kenmerke
en musiekvoorbeelde van marabi te verwys.

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                       KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
 Oorsprong                                                           5
 Kenmerke                                                            5
 Musiekvoorbeelde                                                    2
 Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel                   3
 TOTAAL                                                              15                         [15]

                                                               TOTAAL AFDELING D:               40

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     24                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 16

16.1        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommer (16.1.1–16.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
            neer. Indien die stelling ONWAAR is, skryf die korrekte inlgting neer.

            16.1.1    Isicathamiya is deur Ladysmith Black Mambazo se samewerking
                      met Simon en Garfunkel internasionaal gewild gemaak.

            16.1.2   Julian Bahula het vir Sello Galane tromme gespeel.

            16.1.3    Mahotella Queens is 'n groep wat vrye kiba sing.

            16.1.4    Die Manhattan Brothers was 'n kwêla-groep.                               (4)

16.2        Definieer malombo.                                                                 (2)

16.3        Definieer die volgende terme wat met maskandi geassosieer word:

            16.3.1    Ikati

            16.3.2    Ukupika                                                                  (4)
                                                                                               [10]

VRAAG 17

Skryf 'n paragraaf waarin jy vrye kiba definieer en beskryf. Verwys na die tradisionele
tromme wat in hierdie musiekstyl gebruik word.                                                 [5]

VRAAG 18

Bespreek kortliks EEN van die volgende seremonies. Verwys na die funksie,
seremoniële kenmerke en die rol van dans, musiek en instrumente daarin.

•   AmaZulu: Amahubo
•   AmaSwati: Incwala
•   AmaXhosa: Intonjane
•   AmaNdebele: Luma
•   Basotho: Lebollo
•   Bapedi: Byale
•   Batswana: Bojale
•   Vhavenda: Domba
•   Batsonga: Mancomane                                                                        [5]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   25                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 19

Bespreek die kenmerke van vereringspoësie soos in Afrika-musiek gebruik.                   [5]

VRAAG 20

Isicathamiya het een van die Suid-Afrikaanse musiekgenres van die laat 20ste en vroeë
21ste eeu geword wat die maklikste herken word.

Skryf 'n opstel waarin jy hierdie stelling bespreek met spesifieke verwysing na
Ladysmith Black Mambazo.

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                       KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
 Oorsprong                                                            3
 Stylkenmerke                                                         5
 Bydrae van Ladysmith Black Mambazo                                   4
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                       3
 TOTAAL                                                              15                    [15]

                                                               TOTAAL AFDELING D:          40
                                                                   GROOTTOTAAL:            120

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2017-memo-afr/2cce21ba-7267-4624-bdec-d35817c48434) — Music · Memo · 2017 · Afr
- [Music P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-feb-march-2017-eng/2c78344c-e06c-4924-bbf6-5027b1b1fc91) — Music · QP · 2017 · Eng
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-english/098c79db-0f02-47dd-862c-c5cb8ce21c72) — Music · QP · 2017 · Eng
- [Music P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-eng/44e7edc8-85db-465c-8c33-44dce5a59204) — Music · QP · 2017 · Eng
- [Music P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-afr/41a9ba84-5d21-481f-9ef9-eaf43762ca64) — Music · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
