# Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2018-afr/4e6b3c34-84db-42a9-90fe-f05b85855837
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2018-afr/4e6b3c34-84db-42a9-90fe-f05b85855837)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     MUSIEK V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hulle antwoorde te verskaf.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                     DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE    NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1             20
    (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             10
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                    EN
 B: ALGEMEEN
                              5             20
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         20
                                    EN
 C: WKM                       6             10
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
 D: JAZZ                     11             10
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
 E: IAM                      16             10
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20             15
                          SUBTOTAAL         40

                        GROOTTOTAAL         120

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                     (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.

VRAAG 1                                                                    (25 minute)

Bestudeer die uittreksel uit Send in the Clowns deur Stephen Sondheim hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
               Adagio

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       5                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

1.1         Noem die toonsoort van die werk.

            __________________________________________                                          (1)

1.2         Wat is die verwante mineur van die hooftoonsoort?

            __________________________________________
                                                                                                (1)

1.3         Transponeer die eerste vier note van die vioolparty 'n majeur derde hoër op
            die gegewe notebalk hieronder. Gebruik 'n nuwe toonsoortteken.

                                                                                                (2)

1.4         Benoem die intervalle by 1.4.1 en 1.4.2 volgens tipe en afstand.

            1.4.1 _____________________________________

            1.4.2 _____________________________________                                         (2)

1.5         Benoem die drieklanke by A en B volgens tipe en posisie, byvoorbeeld
            Majeur, tweede omkering. (Oorweeg SLEGS die note in die blokkie.)

            A: ______________________________________

            B: ______________________________________                                           (2)

1.6         Herskryf die vioolparty by X deur die nootwaardes te halveer. Voeg die nuwe
            tydmaatteken by.

                                                                                                (2)

1.7         Herskryf die vioolparty by Y in die ooreenstemmende enkelvoudige
            vierslagmaat. Gebruik die altsleutel.

                                                                                                (3)

1.8         Wat is die betekenis van die Italiaanse term adagio?

            ___________________________________________                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

1.9      In watter toonsoort/modus is die melodie hieronder geskryf?

         _________________________________________________                                    (1)

1.10        Skryf die melodiese vorm van die B-mineurtoonleer afgaande en gebruik die
            altsleutel. Skryf sonder 'n toonsoortteken, gebruik heelnote en merk die
            halftone.

                                                                                              (3)

1.11     Voltooi die fragment in maat 2 en 3 deur sekwense van motief (a) te skryf.

                      (a)

                                                                                               (2)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     7                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 2                                                                    (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalf-maatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

Instrument:______________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                     PUNTE-            KANDIDAAT
                 BESKRYWING
                                                   TOEKENNING           SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polsslae per maat, toevallige               2
 tekens, spasiëring
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie,                  10
 tempo-aanduiding, musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                              [15]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     8                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalf-maatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

Instrument:____________________________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                     PUNTE-            KANDIDAAT
                 BESKRYWING
                                                   TOEKENNING           SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polsslae per maat, toevallige               2
 tekens, spasiëring
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie,                  10
 tempo-aanduiding, musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                         9            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                 NSS

                     BLANKO
                     BLADSY

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      10                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 3                                                                      (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     11                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

            3.1.1     Identifiseer die akkoorde vanaf (a)–(f) en besyfer dit op die
                      partituur, bv. iiib/iii6.                                               (6)

            3.1.2     Benoem die tipe non-akkoordnote by (i) en (ii).

                      (i) _______________________________________

                      (ii) _______________________________________                            (2)

            3.1.3     Identifiseer die kadens by X. Skryf die akkoordprogressie neer en
                      benoem die kadens.

                      Akkoordprogressie: _______________________________

                      Kadens:             _______________________________                     (2)
                                                                                              [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      12                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       13                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

            3.2.1     Identifiseer die akkoorde vanaf (a)–(f) en besyfer dit op die partituur,
                      bv. B/F#.                                                                    (6)

            3.2.2     Benoem die tipe non-akkoordnote by (i) en (ii).

                      (i)_______________________________________

                      (ii)_______________________________________                                  (2)

            3.2.3     Identifiseer die kadens by X. Skryf die akkoordsimbole neer en
                      benoem die kadens.

                      Akkoordsimbole: ____________________________________

                      Kadens:       ____________________________________                           (2)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      14                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 4                                                                     (30 minutes)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg.

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                        PUNTE-            KANDIDAAT
                   BESKRYWING
                                                      TOEKENNING           SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                            12
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
                                                            14
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,              4
 kreatiwiteit
                                                          30 ÷ 2

 TOTAAL                                                     15
                                                                                                [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal op die oop
            notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in
            maat 1 gesuggereer word.

Die harmoniese materiaal sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-           KANDIDAAT
                     BESKRYWING
                                                     TOEKENNING          SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                           14
 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering            12
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,            4
 kreatiwiteit
                                                         30 ÷ 2

 TOTAAL                                                    15
                                                                                               [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                    (90 minute)

Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
            (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 D.

            5.1.1    Hoe registreer en bewaar jy die kopiereg van jou nuutste
                     komposisie?

                     A    Registreer die werk by die magistraat se kantoor.
                     B    Pos die werk na 'n musiekuitgewer.
                     C    Pos die werk na jouself.
                     D    Vra jou onderwyser om jou werk te sertifiseer.

            5.1.2    Die term word met die musiekbedryf geassosieer:

                     A    Naaldwerk
                     B    Naaldtyd
                     C    Aandagtyd
                     D    Naaldwerkpunt

            5.1.3    Die funksie van die opname-maatskappy is om …

                     A    CD's te adverteer en te versprei.
                     B    kunstenaars te help om 'n opname-kontrak te kry.
                     C    die kunstenaar se liedjies (album) op te neem.
                     D    Al die bogenoemde

            5.1.4    Die funksie van 'n uitgewersmaatskappy is om …

                     A    partiture vir publikasie voor te berei.
                     B    liedjies by 'n agentskap te registreer.
                     C    geld in te samel en om tantieme aan liedjieskrywers te betaal.
                     D    Al die bogenoemde

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      17                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

            5.1.5    Watter EEN van die volgende is NIE betrokke by die
                     verteenwoordiging van musiekregte in die Suid-Afrikaanse
                     musiekbedryf NIE?

                     A    CAPASSO
                     B    SAMRO
                     C    EMI
                     D    SAFACT

            5.1.6    Die term tritonus …

                     A    kom voor vanaf die 4de tot die 7de trappe van 'n majeurtoonleer.
                     B    word met dissonante musiek geassosieer.
                     C    word ook 'n vergrote 4de interval genoem.
                     D    Al die bogenoemde

            5.1.7    Die term enharmonies beskryf note van dieselfde toonhoogte wat …
                     het.

                     A    dieselfde nootwaarde
                     B    dieselfde toonsoortteken
                     C    verskillende lettername
                     D    Al die bogenoemde

            5.1.8    Timbre is 'n spesifieke …
                     A    klankkwaliteit van 'n instrument of stem.
                     B    vormtipe in musiek.
                     C    dinamiese verandering in 'n stuk, bv. crescendo.
                     D    verandering van tydmaatteken.

            5.1.9    'n Heeltoontoonleer bestaan uit sewe …

                     A    halftone.
                     B    mineur 3des.
                     C    heeltone.
                     D    Geeneen van die bogenoemde nie

            5.1.10   Die term genre verwys na 'n tipe …

                     A    toonleer.
                     B    vorm.
                     C    werk.
                     D    styl.                                                     (10 x 1)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    18                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

5.2         Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf
            slegs die letter (A–R) langs die vraagnommer (5.2.1–5.2.10) in jou
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.2.11 S.

                      KOLOM A                               KOLOM B
             5.2.1   Idiofoon           A     'n instrument wat klank produseer
                                              deur middel van 'n vibrerende snaar
             5.2.2   Ostinato                 wat tussen twee punte gespan is

             5.2.3   Chordofoon         B     manlike stem in die hoë register

                                        C     motief wat aanhoudend in dieselfde
             5.2.4   D.C.
                                              musiekparty herhaal word terwyl die
                                              materiaal daarom verander
             5.2.5   Roep en antwoord
                                        D     ABA
             5.2.6   A cappella
                                        E     da capo al segno
             5.2.7   Improvisasie
                                        F     soms na verwys as kruisritmes
             5.2.8   Drieledige vorm
                                        G     allegro
             5.2.9   Baie vinnig        H     musiek wat op die ingewing van die
                                              oomblik geskep word
             5.2.10 Falsetto
                                        I     word gebruik om die hoofmelodie-
                                              noot te versier

                                        J     kerkkoor

                                        K     koorsang sonder instrumentale
                                              begeleiding

                                        L     hoofsanger en koorgroep wat mekaar
                                              afwissel

                                        M     instrument wat klank produseer deur
                                              te vibreer wanneer dit geslaan of
                                              geskud word

                                        N     herhaal vanaf die begin

                                        O     noot wat herhaal word

                                        P     instrument wat klank produseer deur
                                              middel van 'n vibrerende lugkolom

                                        Q     presto

                                        R     vroulike stem in 'n lae register
                                                                                 (10 x 1)     (10)
                                                              TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 6
6.1         Beskryf die volgende vormtipes. Verwys na toonsoort en toonsoort-
            verandering.
            6.1.1    Minuet en triovorm                                                     (3)
            6.1.2    Rondovorm                                                              (3)
6.2         Definieer opera.                                                                (2)
6.3         Wat is die verskil tussen Opera Buffa en Opera Seria?                           (2)
                                                                                            [10]
VRAAG 7
Noem EEN belangrike aspek van ELK van die volgende elemente ten opsigte van
Mendelssohn se Hebrides Ouverture: vorm, toonsoort, harmonie, dinamiek en
stemming.                                                                                   [5]
VRAAG 8
Definieer die term aria en beskryf hoe die aria, Der Hölle Rache kocht in meinem
Hertzen/Die Helse Vuur Kook In My Hart, 'n bydrae lewer tot die stemming/atmosfeer
in Mozart se opera Die Towerfluit.                                                          [5]

VRAAG 9

9.1     Identifiseer die volgende motiewe wat in werke wat jy bestudeer het, voorkom.
        Noem die werk en waar van toepassing, die beweging waarin ELKEEN
        voorkom.
        Uittreksel A

        Uittreksel B

        Extract C

                                                                                            (3)

9.2         Benoem die strykinstrumente wat die openingsmotief in uittreksel A en B
            speel.                                                                          (2)
                                                                                            [5]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   20                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 10

Skryf 'n opstel waarin jy Beethoven se skepping van 'n programsimfonie beskryf en
hoe hy sy doelwit deur middel van die gebruik van instrumente en toonskildering in sy
Simfonie Nr. 6 bereik het.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                      KRITERIA                                PUNTETOEKENNING
 Programmatiese inhoud                                                6
 Instrumentasie/Toonskildering                                        6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                       3
 TOTAAL                                                              15                    [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           40

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      21                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Beskryf kortliks die melodie en ritme van tipiese Kaapse jazz-musiek.                  (2)

11.2        Identifiseer die stylkenmerke wat Spokes Mashiyane, Lemmy 'Special'
            Mabaso en Elias Lerol se musiek tipies van die kwêlastyl maak.                         (4)

11.3        Watter Suid-Afrikaanse jazz-styl assosieer jy met die volgende?

            11.3.1    Ragtime

            11.3.2    Orrelklank

            11.3.3    Mardi Gras

            11.3.4    Avante-garde                                                                 (4)
                                                                                                   [10]

VRAAG 12
Skryf 'n paragraaf oor die musikale bydrae van EEN van die volgende Suid-Afrikaanse
vroulike jazz-kunstenaars:

•       Dolly Rathebe
•       Thandi Klaasen
•       Miriam Makeba                                                                              [5]

VRAAG 13
Beskryf die eienskappe van die musiek van die groep, The Brotherhood of Breath.                    [5]

VRAAG14

Skryf 'n paragraaf oor die styleienskappe wat jy in 'n mbaqanga-lied sal hoor.                     [5]

VRAAG 15
Skryf 'n opstel waarin jy die tradisionele en internasionale invloede op marabi as 'n
Suid-Afrikaanse jazz-styl bespreek. Verwys na EEN kunstenaar en EEN lied in jou
antwoord.
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                           KRITERIA                             PUNTETOEKENNING
    Tradisionele invloed                                                6
    Internasionale invloed                                              4
    Kunstenaar en lied                                                  2
    Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
    TOTAAL                                                             15                          [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING D:                40
                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     22                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM)
VRAAG 16

16.1        Definieer maskandi-musiek kortliks in TWEE sinne.                                     (2)

16.2        Watter styleienskappe van vrye kiba maak dit 'n tradisionele styl van
            Suid-Afrikaanse musiek?                                                               (4)

16.3        Watter Suid-Afrikaanse inheemse style assosieer jy met die volgende terme?

            16.3.1    A cappella                                                                  (1)

            16.3.2    Ukupika                                                                     (1)

16.4        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf die woorde
            'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer neer, byvoorbeeld 16.4.3 Waar.

            16.4.1    Pryspoësie is altyd deel van malombo-musiek                                 (1)

            16.4.2    Musiek word in elke aspek         van     die   lewe    in   inheemse
                      Afrika-gemeenskappe gebruik.                                                (1)
                                                                                                  [10]

VRAAG 17
Beskryf die musiekeienskappe van malombo-musiek.                                                  [5]

VRAAG 18

Bespreek die belangrikheid van dans (beweging) in inheemse Suid-Afrikaanse musiek.                [5]

VRAAG 19

Skryf 'n paragraaf oor die styleienskappe van mbaqanga-liedjies.                                  [5]

VRAAG 20

Isicathamiya weerspieël die kulturele gewoontes/gebruike van die Zulu-kultuur.
Skryf 'n opstel waarin jy die stelling hierbo bespreek. Dui die verband tussen die
kulturele gewoontes/gebruike en die musikale stylkenmerke aan.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                      KRITERIA                                  PUNTETOEKENNING
 Kulturele gewoontes/gebruike                                          6
 Musikale styleienskappe                                               6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                        3
 TOTAAL                                                                15                         [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING E:               40
                                                                     GROOTTOTAAL:                 120
Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2018-eng/26ba8331-658c-4926-8085-63692d1e30d9) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2018-memo-eng/fe839377-5464-4b4b-a004-cbfaa68980e8) — Music · Memo · 2018 · Eng
- [Music P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-feb-march-2018-afr/f25024e2-ce11-4b49-86ab-e1f1c149a5fe) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-afr/b1ddc72e-e5b9-44f4-ba22-47c08b53fb6b) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-eng/c2dd58b5-46d3-453e-9cba-001c07f400d4) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-afr/fee83adc-0be8-4a60-b20a-59c78b3a5707) — Music · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
