# Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-afr-memo/5c4fd9f6-5061-4ee8-957d-9b023cfdab3d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-afr-memo/5c4fd9f6-5061-4ee8-957d-9b023cfdab3d)

## About this document

Music · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

                         MUSIEK V1
                        MEMORANDUM

PUNTE:   120

                 Hierdie memorandum bestaan uit 30 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    MUSIEK V1                              (EC/SEPTEMBER 2015)

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 1, VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2, VRAAG 3, EN VRAAG 4.1 OF
VRAAG 4.2.

Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

VRAAG 1

Bestudeer die uittreksel uit Viool-sonate, Op. 24 deur L. van Beethoven hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.

                                SONATE OP. 24

                                                                             1.2

                                      1.3.1

                                                        1.3.2

                     1.7                                              1.4

                                       1.5

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      MUSIEK V1                                           3

1.1       Noem die dominante toonsoort van hierdie uittreksel.

          C majeur                                                                                (1)

1.2       Herskryf die vioolparty van maat 3 met die korrekte groepering van note.

                               1 punt          1 punt

                                                                                                  (2)

1.3       Noem die intervalle gemerk 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld majeur 6de.

          1.3.1       Majeur 3de/terts

          1.3.2       Vergrote 11de OF Saamgestelde vergrote 4de.                                 (2)

1.4       Noem die tipe drieklank by 1.4, byvoorbeeld mineur drieklank.

          Verminderd                                                                              (1)

1.5       Transponeer maat 9 van die vioolparty ŉ majeur tweede hoër. Voeg die nuwe
          toonsoortteken by.

          1 punt vir korrekte toonsoortteken (G majeur – F#)
          1 punt vir elke korrekte noot (8 note x 1 punt elk = 8 punte) (9 punte ÷ 3)             (3)

1.6       Skryf die volgende toonlere of modusse volgens die gegewe instruksies.

          1.6.1       D melodiese mineurtoonleer, afgaande, met ŉ toonsoortteken.
                      Gebruik die tenoorsleutel en heelnote.

          1 punt vir korrekte sleutel
          1 punt vir korrekte toonsoortteken
          8 punte vir korrekte note (8 note x 1 punt elk)
          2 punte vir korrekte halftone                                   (12 punte ÷ 3)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2015)

         1.6.2       F Lidiese modus, opgaande, sonder ŉ toonsoortteken. Gebruik die
                     bassleutel en heelnote.

         1 punt vir korrekte sleutel
         8 punte vir korrekte note (8 note x 1 punt elk)                 (9 punte ÷ 3)            (3)

1.7      Herskryf die klavier se regterhandparty van maat 4 en halveer die
         nootwaardes. Voeg die nuwe tydmaatteken by.

         1 punt vir korrekte tydmaatteken
         1 punt vir korrekte nootwaardes                                                          (2)

1.8      Identifiseer en benoem die komposisietegniek wat meesal in die vioolparty
         voorkom. Omkring EEN voorbeeld op die partituur.

         Sekwens (sien partituur vir voorbeelde)                                              (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  MUSIEK V1                                              5

VRAAG 2

BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1    Gebruik die onderstaande openingsmotief om ŉ twaalf-maat melodie in ABA-
       vorm vir die instrument van jou keuse te voltooi. Dui die instrument waarvoor jy
       skryf aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by.

Moontlike antwoord:

Instrument: Fluit of Klarinet of Trompet of Viool of Hobo of Kitaar of Marimba

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                       PUNTE-           KANDIDAAT
                      BESKRYWING
                                                     TOEKENNING          SE PUNT
Instrumentkeuse
                                                            1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte                                         3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                 8
eenheid, kreatiwiteit
Korrekte notasie                                            1
Dinamiek en artikulasie                                     2
TOTAAL                                                     15
                                                                                            [15]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2015)

2.2    Gebruik die onderstaande openingsmotief om ŉ twaalf-maat melodie in ABA-
       vorm vir die instrument van jou keuse te voltooi. Dui die instrument waarvoor jy
       skryf aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by.

Moontlike antwoord:

Instrument: Tjello of Fagot of Tromboon

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                       PUNTE-           KANDIDAAT
                     BESKRYWING
                                                     TOEKENNING          SE PUNT
Instrumentkeuse
                                                            1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte                                         3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                 8
eenheid, kreatiwiteit
Korrekte notasie                                            1
Dinamiek en artikulasie                                     2
TOTAAL                                                     15
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                        MUSIEK V1                                               7

VRAAG 3

Bestudeer die uittreksel uit Mein Herz will ich dir schenken deur J. Hatzfeld hieronder
en beantwoord die vrae wat volg.

                        Mein Herz will ich dir schenken
                                                                                     J. Hatzfeld

                  Voorbeeld:         (a)               (b)
                        Am
                        ___          ___               ___          Kadens (e)

                                            (g)

     a:                 ___
                         i           ___               ___         ___________

                                                   (c) (d)
                                                                        Kadens (f)
                                                  ___ ___
                                                                  (i)

                               (h)

                                                  ___ ___      _______________

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                        MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2015)

3.1      Identifiseer die akkoorde gemerk (a) – (d) en besyfer hulle op die partituur.
         Gebruik besyferingsimbole onder die partituur OF akkoordsimbole bo die
         partituur. Let op die voorbeeld in maat 1.

         (a)         a: VI of F
         (b)         a: i6 of ib of Am/C
         (c)         a: iv6 of ivb of Dm/F
         (d)         a: i64 of ic of Am/E                                                         (4)

3.2      Noem die kadense by (e) en (f). Skryf slegs die naam van die kadens onder
         die notebalk in die gegewe blokkie neer.

         (e)         Onvolmaakte kadens
         (f)         Volmaakte kadens                                                             (2)

3.3      Noem die tipe nie-akkoordnote by (g) tot (i).

         (g)         Terughouding
         (h)         Boonste wisselnoot/hulpnoot
         (i)         Vooruitneming                                                                (3)

3.4      Kies die korrekte antwoord deur ŉ kruisie (X) in die relevante blokkie
         hieronder te maak:

         Die mediant in die finale akkoord was verhoog om dit na ŉ majeur akkoord te
         verander. Hierdie verskynsel staan as … bekend.

                 Modulasie                   Pikardiese terts       Interval omkering         (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                            MUSIEK V1                                                                     9

VRAAG 4

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1        Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
           baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote.

Moontlike antwoord:

      D:      I   Vc    Ib   I       IV   vi     V    V42       Ib   viio6 I         IV        Ic      V7          vi

            IVb Ic     IV V      I        Ib   IV           V    V42 Ib        ii6        Ic        V8 – 7     I

Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                                PUNTE-                         KANDIDAAT SE
                     BESKRYWING
                                                             TOEKENNING                           PUNT
                                                                   14
Akkoordkeuse                                                (Minus ½ punt per
                                                                  fout)
Korrektheid                                                        14
Notasie, verdubbeling, spasiëring,                          (Minus ½ punt per
stemvoering                                                       fout)
Gebruik van nie-akkoordnote                                         2
                                                                   30
                                                                  (÷ 2)
TOTAAL                                                             15                                                        [15]

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2015)

4.2    Voltooi die stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die bassleutel by te voeg.
       Maak seker dat jy binne die styl van Ragtime skryf.

Moontlike antwoord:

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                    PUNTE-           KANDIDAAT SE
               BESKRYWING
                                                TOEKENNING              PUNT
                                                16 (2 per maat)
Akkoordkeuse                                   (Minus ½ punt per
                                                      fout)
Korrektheid:
                                                       8
Notasie, verdubbeling, spasiëring,
                                               (Minus ½ punt per
stemvoering
                                                     fout)
(8 akkoorde)
Algemene indruk                                         6
                                                       30
                                                      (÷ 2)
TOTAAL                                                 15                                   [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING A: 60

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   MUSIEK V1                                            11

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS

Beantwoord AFDELING B (VERPLIGTEND)
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)

Beantwoord hierdie vrae in ŉ ANTWOORDEBOEK.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

QUESTION 5

5.1       Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
          die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.11 E.

          5.1.1       C
          5.1.2       A
          5.1.3       B
          5.1.4       D
          5.1.5       A
          5.1.6       C
          5.1.7       B
          5.1.8       D
          5.1.9       A
          5.1.10      C                                                        (10 x 1)    (10)

5.2       Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

          5.2.1       Onwaar
          5.2.2       Waar
          5.2.3       Onwaar
          5.2.4       Onwaar
          5.2.5       Waar                                                      (5 x 1)     (5)

5.3       Definieer die term meganiese regte.

           Wanneer ŉ opname-maatskappy ŉ lied wil gebruik moet hulle
            toestemming van die liedjieskrywer, uitgewer of agent kry, en betaal vir
            die reg om die lied te gebruik.

                                                OF

           Vergoeding word aan komponiste, outeurs en uitgewers betaal wanneer
             hul musiek op enige manier gekopieer word, byvoorbeeld op ŉ CD of
             wanneer MP3s aanlyn verkoop word.
          (Enige EEN)                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2015)

5.4   Jou vriend is ŉ kunstenaar en wil graag ŉ album met oorspronklike liedjies
      adverteer en versprei, maar weet nie watter prosedure om te volg nie.

      5.4.1    Vertel jou vriend watter maatskappy is verantwoordelik vir die
               advertensie en verspreiding van albums.

               Opname-maatskappy                                                           (1)

      5.4.2    Gee jou vriend TWEE opsies van prosedures om te volg om te
               verseker dat die album op die mark verskyn.

                Jou vriend kan ŉ opname-kontrak direk deur ŉ opname-maatskappy
                 kry wat hom/haar sal voorsien van ŉ opname-ateljee en help om die
                 album te adverteer en te versprei.
                Jou vriend kan ook ŉ opnamekontrak deur ŉ opname-ateljee verkry
                 wat die liedere (album) sal opneem en dan probeer om ŉ opname-
                 maatskappy te kry wat die album sal adverteer en versprei.                (2)

                                                              TOTAAL AFDELING B:           20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                    MUSIEK V1                                            13

Beantwoord AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1     Definieer die term simfonie.

        ŉ Grootskaalse werk vir ŉ simfonie-orkes met drie of vier bewegings
        waarvan die tempo verskil.                                                           (2)

6.2     Wat was die eerste titel wat Mendelssohn aan Fingal se Grot gegee het voordat
        hy dit na Die Hebrides verander het?

        The Lonely Island                                                                    (1)

6.3     Verduidelik die verskil tussen Parlando en Resitatief sang wat in operamusiek
        voorkom.

          Parlandostyl is vinnige dialoog of praatsang om die stem in spraakstyl na te
           boots, terwyl resitatief spraakritmes op ŉ liriese manier naboots.
          Parlandostyl is vinniger as resitatief sodat die lettergrepe van die teks met
           elke noot kan verander.                                                           (2)

6.4     Noem die name van die TWEE karakters wat die duet Bei Männern, welche
        Liebe fühlen (The man who feels sweet love’s emotion), in Mozart se Die
        Zauberflöte, sing.

        Pamina (sopraan) en Papageno (baritoon)                                              (2)

6.5     Noem TWEE redes waarom Beethoven se Simfonie No. 6, Op. 68 uniek is
        wanneer dit met die konvensionele Klassieke Simfonie vergelyk word.

         Simfonie No. 6 het vyf bewegings in plaas van vier bewegings.
         Hierdie simfonie word as programmaties beskou aangesien Beethoven
          beskrywende titels aan elke beweging gegee het en daar is transformasie
          van gevoel veroorsaak deur die instrumente en melodiese variasie.                  (2)

6.6     Wat is die tempo-aanduiding vir die eerste beweging van Beethoven se
        Simfonie No. 6, Op. 68? Kies die korrekte antwoord deur ŉ kruisie (X) in die
        relevante blokkie te maak.

                      Allegro          Andante molto mosso       Allegro ma non troppo       (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 7

Bespreek die impak wat die Vrymesselaars op Die Zauberflöte gehad het. Jou
bespreking moet die volgende insluit:

 Die name van die komponis en librettis wat beide Vrymesselaars was                            (2)
 Kenmerke van Vrymesselaars                                                                    (2)
 Vrymesselaar-elemente wat in Die Zauberflöte gebruik word                                     (4)

Komponis: W.A. Mozart
Librettis: Emanuel Schikaneder                                                2 punte

Kenmerke van Vrymesselaars:
 Vrymesselaars is ŉ antieke geheime orde wat toegewy is aan die morele
  ontwikkeling van ŉ individu wat daaraan behoort.
 Oorsprong: van die Judeo-Christelike tradisie waarvan die simboliek ontstaan van
  die bou, afbreek en herbouing van die Tempel van Jerusalem.
 Vrymesselaars bestaan hoofsaaklik uit mans.                                2 punte

Vrymesselaar-elemente in Die Zauberflöte:
 Die nommer drie (simboliek aan die drie kloppe aan die deur wat toegang tot die
  Vrymesselaars se vergaderings vereis) wat regdeur die werk voorkom:
  Drie dames, drie jong seuns, drie genies, drie tempels, drie verhore, hooftoonsoort
  (Eb-majeur), herhaalde kort-lank-kort idee in die ouverture en in die tweede bedryf,
  drie swaar akkoorde waarmee die ouverture begin en weer herhaal word waar
  Tamino met sy verhore in die tempeltoneel begin.
 Die agtergrond van die opera is in Egipte waar Vrymesselaars blykbaar begin het.
                                                                               4 punte          [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  MUSIEK V1                                          15

VRAAG 8

8.1    Definieer die term Konsert-ouverture.

        ŉ Orkestrale werk soortgelyk aan die ouverture van ŉ opera of musiekblyspel,
         maar word bedoel as ŉ onafhanklike orkeswerk.
        Konsert-ouvertures het dikwels ŉ titel en is programmaties van aard.            (2)

8.2    Beskryf die tweede tema van Mendelssohn se Fingal se Grot Ouverture.

        Beeld die beweging van die deining van die golwe uit.
        Toonsoort: D majeur (verwante toonaard van die hooftoonaard B mineur)
        Tweede tema word eerste deur die tjello’s en fagotte in D-majeur gespeel en
         word ondersteun deur die klarinet waarna dit later deur die viole gespeel
         word
        Die verandering van mineur na majeur help om ŉ sonnige stemming te skep.
        Die tema word deur sagte sestiendenoot strykers begelei.
        ŉ Tremolo-effek word verkry deur die herhaling van sestiendenote om die
         idee van ŉ kalm see weer te gee.
       (Enige VYF feite)                                                                 (5)
                                                                                         [7]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 9

Skryf ŉ opstel oor Beethoven se bydrae tot die ontwikkeling van die Klassieke
Simfoniese genre. Verwys na die volgende aspekte in jou antwoord:

 Stylkenmerke van Beethoven                                                                   (6)
 Hoe hy die instrumente in die vierde beweging van sy Pastorale Simfonie, Op. 68
  gebruik het om programmatiese elemente te skep.                                              (8)

EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word.                                    (1)

Stylkenmerke van Beethoven:
 Bekend as die eerste groot individualistiese komponis
 Kenmerke sluit onder andere in emosie, humor en impulsiwiteit
 Element van verrassing word geskep deur lang tussenposes van verwagting, en
  dan skielike verandering van ritme, toonsoort, dinamiek en groot klimakse gevolg
  deur skielike eenvoudige melodieë
 Meester van tematiese materiaal
 Gebruik ou kontrapuntale idees in sy werke
 Hervorming van vormstrukture (tema en variasie, sonate-vorm, voeg ŉ stadige
  inleiding voor groter werke, gebruik vrye fantasie as eerste beweging)
 Brei die gebruik van harmonie uit deur groter teksture te gebruik en modulasies na
  ander toonaarde as die gewone subdominant en dominanttoonaarde
(Enige SES)                                                                  6 punte

Programmatiese elemente in die vierde beweging:
 Effektiewe gebruik van instrumente om ŉ storm na te boots
 Eerste effek van reëndruppels word verkry deur die viole wanneer hulle pp staccato-
  agstenote speel
 Tromme skep ŉ donderweer-effek saam met die lae kwintoplette gespeel deur die
  tjello’s en die kwartoplette in die bas wat die idee van ŉ gerommel skep
 Piccolo gee sterkte aan die storm
 Twee addisionele trombone word bygevoeg om addisionele sterkte te verskaf
  wanneer die storm ŉ hoogtepunt bereik
 Gevoel van opgewondenheid word verkry deur die ff tremolo-arpeggio’s, gespeel
  deur die hoë strykers
 Storm bereik ŉ hoogtepunt met tremolo’s en tromrolle
 Musiek word geleidelik sagter na die storm wanneer die agstenote van maat 1 deur
  die hobo gespeel word as dolce-halfnote oor ŉ dominant-pedaalpunt
(Enige AGT feite)                                                            8 punte

EEN punt word toegeken vir opstel-formaat                                       1 punt    [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:               40

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  MUSIEK V1                                           17

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 10

10.1    Noem die instrument wat meesal in Kwêla musiek gebruik word.

        Penniefluitjie                                                                         (1)

10.2    Wat was Miriam Makeba se bynaam?

        Mama Africa                                                                            (1)

10.3    Wie het Brotherhood of Breath gestig en watter instrument het hy bespeel?

        Chris McGregor – klavier                                                               (2)

10.4    Noem TWEE verskille tussen Kaapse Jazz en Marabi-musiek.

         Kaapse Jazz is meer improvisatories van aard
         Waar marabi meer van ŉ klavierstyl is, gebruik Kaapse Jazz in die begin
          hoofsaaklik instrumente (alhoewel nie uitsluitlik) wat rondgedra kan word
          gedurende straatparades, soos koperblaasinstrumente, banjo’s, kitare en
          perkussie-instrumente.                                                               (2)

10.5    Gee die betekenis van die woord mbaqanga.

        Gestoomde mieliebrood                                                                  (1)

10.6    Waar en wanneer het marabi ontstaan?

        Johannesburg, tussen 1920 en 1940                                                      (2)

10.7    Noem die leier van The Merry Blackbirds.

        Peter Rezant                                                                       (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 11

Bespreek die stilistiese invloede op die groep, Voice. Jou bespreking moet die aantal
lede sowel as die genre van die groep insluit.

Orkeslede: Vyf lede (kwintet)                                                      1 punt

Genre: Afrika-Jazz                                                                 1 punt

Invloede op die groep:
 Voice was deur vroeë Suid-Afrikaanse jazz-musikante soos Kippe Moeketsi en
   Abdullah Ibrahim beïnvloed,
 deur Marabi- en Kwêla-style van die 50’s en 60’s,
 sowel as be-bop en post-bob jazz,
 Latynse musiek en musiek van die kontinent van Afrika en die Diaspora.
 Die kwintet kry meeste van hul inspirasie vir komposisie vanaf hierdie ryk musikale
   nalatenskap.
(Enige SES invloede)                                                          6 punte           [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   MUSIEK V1                                            19

VRAAG 12

Jy word gevra om ŉ artikel oor The Manhattan Brothers vir jou skooltydskrif te skryf.
Jou artikel moet die volgende inligting insluit:

 Die name van die groeplede                                                                 (2)
 Die groep se bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz-musiek                                        (4)
 Prestasies                                                                                 (1)

Groeplede:
Joe Mogotsi, Ronnie Sehume, Rufus Khoza, Nathan Mdledle, en Miriam Makeba
                                                                        2 punte

Stylkenmerke en bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz:
 Verkry hul inspirasie van Amerikaanse ragtime, jive, swing, doo-wop en ander jazz-
  style,
 sowel as Afrika-koormusiek en Zoeloe-harmonieë.
 Die groep verwerf ook bekendheid met hul bydrae tot burgerlike regte aktivisme wat
  reeds deur hul voorgangers begin was.
 Hulle speel ook ŉ rol in die musikale aspekte van die plaaslike film, Drum, met Taye
  Diggs wat die hoofrol vertolk.                                               4 punte

Prestasies:
Een US Billboard pop chart-treffer, “Lovely Lies”, wat Nr. 45 in Maart 1956 bereik het.
                                                                                  1 punt     [7]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                  MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 13

Mbaqanga is een van die hoofstyle van township jazz wat deur die volgende
kunstenaars of groepe verteenwoordig word:

 Makgonatsohle Band

     OF

 Soul Brothers

     OF

 The Cool Crooners

Kies EEN van die bostaande kunstenaars of groepe en skryf ŉ opstel waarin jy die
volgende aspekte bespreek:

 Definisie van mbaqanga-musiek
                                                                                              (6)
 Stylkenmerke van die gekose kunstenaar of groep                                             (6)
 Verteenwoordigende werke                                                                    (2)

EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word.                                   (1)

Definisie van Mbaqanga:
 Zoeloe woord vir tradisionele gestoomde mieliebrood
 Mengsel van marabi en kwêla-style van township-musiek, Sesotho en Zoeloe-
   liedjies en Amerikaanse jazz-style.
 Het ŉ sterk baslyn wat die musiek vorentoe laat beweeg.
 Gekenmerk deur die Afrika stompdans: mengsel van indlamu (Zoeloe-dans) met
   siklusse van marabi en swing.
 Sangers is van uiters belang gedurende optredes
 Instrumente sluit onder andere elektriese kitare, saksofone, viole, trekklaviere en
   tromme in
 Word gekenmerk deur verskeie segmente deur te begin met ŉ tradisionele vorm van
   musiek, dans en kostuums wat geleidelik na ŉ meer kontemporêre Westerse vorm
   oorgaan
 Bestaan uit brutale (“brutish”) ritmes en sinkretistiese melodiese style wat met
   tradisionele marabi-style gekombineerd word
 (Enige SES)                                                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   MUSIEK V1                                           21

Makgona Tsohle Band:
Stylkenmerke:
 Suid-Afrikaanse instrumentale groep veral bekend as die stigters van mbaqanga
 Instrumentale invloed: pennefluitjie (kwêla-style), saksofoon, kitaar, tromme en
  elektriese baskitaar
 Weens die groot verskeidenheid van instrumente vorm hierdie groep ŉ nuwe styl
  van musiek wat marabi meng met kwêla en die moderne (elektroniese instrumente)
  met die ouer (tradisionele Zoeloe, Sotho en Xhosa) klanke
 Hul nuwe musiek staan as mbaqanga bekend
 Die vermenging van mbaqanga met stemme staan bekend as “mgqashiyo” wat
  beteken om “te bons” weens die “bonserige” ritmes van die style               6 punte

Verteenwoordigende werke:
Sebai Bai (2000)
Bazobuya (2004)
Kazet (2006)
Siyadumisa (Songs of Praise) (2007)
(Enige TWEE)                                                                   2 punte

EEN punt word vir opstelformaat toegeken.                                      1 punt       (9)
                                                                                           [15]

                                          OF

Soul Brothers:
Stylkenmerke:
 Inspireer deur Amerikaanse Soul-musiek (kostuums, choreografie en sommige
  harmonieë)
 Ritmiese-seksie: basspeler Zenzele “Sakes” Mchunu, tromspeler David Masondo en
  kitaarspeler Tuza Mthethwa
 Later word Moses Ngwenya as klawerbordspeler bygevoeg om Soul Brothers te stig
  met David Mosondo wat vanaf tromme na hoofsanger oorskuif
 Die kombinasie van Masondo se trillende sopraanstem en Ngwenya se perkussiewe
  Hammond-orrelspel, verkry Soul Brothers ŉ unieke en onmiddellike kenmerkende
  klank
 Die kern van die ritmiese seksie was deur die byvoeging van ŉ koperblaas-seksie,
  kitare en verskeie vokale harmonieë versterk.                             6 punte

Verteenwoordigende werke:
Amanikiniki
Kuze Kuse
Isithothobala
(Enige TWEE)                                                                  2 punte

EEN punt word vir opstelformaat toegeken.                                     1 punt        (9)
                                                                                           [15]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                  MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2015)

The Cool Crooners:
Stylkenmerke:
 Mengsel van township-jazz met Westerse musiek en Afrika-ritmes en tale –
  Ndebele, Zoeloe en Swahili
 Hul musiek is lig van aard, goed afgerond en outyds
 Hul musiek bestaan hoofsaaklik uit stemme wat harmoniseer, vrolike koperblaas-
  seksie wat die gevoel van ŉ musieksaal skep, gesinchroniseerde bewegings en
  manne in pakke
 Die taal, ritme, vrolike kitaar en “laid back cool” is tipies Afrika
 Hulle sing van tronksel-mure in Suid-Afrika, die verwaarloosdheid van tradisie deur
  die jongmense, die egtheid van migrerende werkers, polisie-strooptogte en politiese
  stryd
 Daar is ook ligter momente in die liedjies waar daar gepraat word oor wat gebeur
  oor ŉ naweek in ŉ township en hoe telefoonkommunikasie verander het
                                                                               6 punte

Verteenwoordigende werke:
Blue Sky
Umkhulu lo Msebenzi
Bulugwe Lami (My Trousers)
Lyokhala Mama
Gubuzela (Mugger)
Kamaro
Zhi (Uprising)
Cell Phone
Itshomi Yami (My Friend)
(Enige TWEE)                                                                  2 punte

EEN punt word vir opstelformaat toegeken.                                      1 punt      (9)
                                                                                          [15]

                                                             TOTAAL AFDELING D:                40

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  MUSIEK V1                                        23

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 14

14.1    Met watter musikale styl word Ladysmith Black Mambazo geassosieer?

        Isicathamiya                                                                        (1)

14.2    Noem die Zoeloe-dans styl wat met siklusse van marabi en swing gemeng
        word om die Afrikastomp dans te skep.

        Indlamu                                                                             (1)

14.3    Noem TWEE genres wat vermeng word om Afro Soul-musiek te skep.

        Afrika-Jazz en Soul                                                                 (2)

14.4    Watter instrument is kenmerkend van Maskandi musiek?

        Kitaar                                                                              (1)

14.5    Noem TWEE Suid-Afrikaanse style wat in die ontwikkeling van mbaqanga
        voorkom.

        Marabi en kwêla                                                                     (2)

14.6    Wat is die verskil tussen umgxushulo-dans en indlamu-dans?

        Umgxushulo-dans is stadiger as indlamu-dans.                                        (1)

14.7    Beskryf die heksatoniese toonleer.

        Ses note met ŉ interval van ŉ vergrote vierde.                                  (2)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                   MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 15

15.1    Definieer malombo-musiek.

         Musiek-genre wat ŉ unieke Suid-Afrikaanse klank en atmosfeer skep,
         van ‘stowwerige townships’, geeste van die voorouers
         en die kontras van die stad se helder neonligte soos dit reflekteer in die
          elektriese Ghetto kitaarklanke van Mamelodi Township Jazz.                           (3)

15.2    Noem die kunstenaar wat ŉ belangrike rol gespeel het in die ontwikkeling van
        malombo-musiek.

        Philip Tabane                                                                          (1)

15.3    Skryf ŉ paragraaf oor die kenmerke van maskanda-musiek.

          Afkomstig van die Afrikaanse woord ‘musikant’
          Word met Zoeloe-volksmusiek geassosieer
          Geassosieer met kitaar
          Gebruik vinnige gesproke seksies wat uit Zoeloe-lofgedigte (izibongo)
           bestaan
         Ook bekend as ‘Zoeloe Blues’, as gevolg van sikliese en herhaalde pluk van
           snare op die kitaar
         ŉ Maskanda-lied begin met ŉ boodskap (izihlabo): “Dit is wat ek gaan speel
           en dit is wie ek is”.
        (Enige VIER kenmerke)                                                                  (4)
                                                                                               [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  MUSIEK V1                                             25

VRAAG 16

Skryf kort aantekeninge oor enige EEN van die volgende Afro Soul-kunstenaars:

 Jabu Khanyile
  OF
 Hugh Masekela
  OF
 Miriam Makeba

Jou aantekeninge moet die volgende insluit:

 Biografie oor die kunstenaar                                                                   (6)
 EEN album/treffer                                                                              (1)

Jabu Khanyile:
Biografie:
 Gebore op 28 Februarie 1957 in Soweto
 Sy pa het op die myne gewerk en het tradisionele a capella-liedjies gesing terwyl sy
   broer, John, in reggae en soul-cover groepe gespeel het
 Jabu verlaat skool op die ouderdom van veertien jaar om ŉ lewe te kan maak en
   sluit by sy eerste groep, The Daffodils aan wat ŉ plaaslike groep was, en in 1974
   speel hy tromme vir John se groep, The Editions, waarvoor hy later gesing het
 In 1977 sluit hy aan as tromspeler by The Movers en in 1984 Bayete, ŉ groep wat
   Afrika-jazz met reggae vermeng.
 Na 1992 besluit Khanyile om te fokus op sy solo-loopbaan en verwerf hy
   internasionale roem toe hy in 1996 by die Royal Gala-aand, ter huldeblyk aan
   Nelson Mandela, opgetree het.
 In 1996 en 2000 wen hy die Kora-toekenning vir beste Suid-Afrikaanse kunstenaar
 Hy was veral bekend vir sy Pan-Africanist benadering tot musiek deur verskillende
   Afrika-style te verenig
 Hy het oor die algemeen opgetree in ŉ Masai-kostuum wat ŉ vlieë-slaner (‘fly-
   whisk’) handelsmerk gehad het, simbolies van Afrika-koninklikes.
 In Julie 2005 tree Khanyile in Johannesburg tydens die Live 8-konsert op
 Hy maak sy laaste publieke verskyning in Julie 2006 tydens die “Africa Calling”
   oorhandiging-seremonie, wat teen die einde van die Wêreldbekertoernooi in Berlyn
   gehou is
 Hy sterf in November 2006 na ŉ lang stryd teen suikersiekte en prostaatkanker
                                                                                 6 punte
Album/hit:
Mmalo-We (1993)
Africa Unite (1996)
The Prince (1999)
Thobekile (2000)
Umbele (2001)
Wankolota (2005)
Hiyo Lento (2005)
(Enige EEN)                                                                       1 punt         [7]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                                  MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2015)

                                         OF

Hugh Masekela:
Biografie:
 Gebore op 4 April 1939 in Witbank
 Begin sing en klavier speel op ŉ vroeë ouderdom, maar toe hy 13 was, het die
   rolprent, Young man with a horn, waarin Kirk Douglas die rol van ŉ Amerikaanse
   jazz-trompetspeler vertolk het, hom inspireer het om trompet te speel
 Die anti-apartheidsaktivis, vader Trevor Huddleston, het vir Masekela ŉ trompet
   gegee en die leier van die Johannesburgse plaaslike munisipale koperblaasorkes,
   Uncle Sauda, gevra om Masekela die basiese tegnieke van die instrument te leer
 Masekela het ŉ lid van die sterbelaaide African Jazz Revue in 1956 geword
 In 1958 speel hy in die orkes vir die musiekblyspele, King Kong, waarin Miriam
   Makeba ook gespeel het en hy later in 1964 getrou het
 Na die Sharpeville-slagting in 1960 het hy die land met behulp van Huddleston
   verlaat
 Miriam Makeba het hom gehelp om toelating tot die Manhattan School of Music in
   New York te kry.
 Harry Belafonte het hom gehelp om as Amerikaanse student sy voete te vind
 Masekela het vir Louis Armstrong toe ontmoet wat ŉ paar jaar vantevore ŉ trompet
   vir die Huddleston Jazz Band gestuur het
 Hy het sy eerste solo-album, Trumpet Africaine, in 1963 uitgereik
 Sy deurbraak het gekom met die opname van sy betowerende, regstreekse
   optrede, The Americanisation of Ooga Booga
 Nadat hy en Makeba in 1966 geskei is, verhuis hy na Los Angeles waar hy sy
   populêre Afrika-musiek saam met opkomende rockgroepe soos The Byrds en Bob
   Marley speel
 Sy grootste treffer, Grazing in the grass, word in 1968 uitgereik en maak van hom ŉ
   groot popster.
 Masekela verhuis terug na Afrika gedurende die 1970’s en is deur Afrobeat pionier
   Fela Kuti aan groepe voorgestel, o.a. Hedzollah Sound van Ghana
 In 1981 maak hy Botswana sy nuwe tuiste en begin hy ŉ musiekskool tot hy in 1985
   die land moes verlaat
 Masekela se 1987-treffer Bring him back home word die lied vir Nelson Mandela se
   wêreldtoer ná sy vrylating in 1992
 Toe hy in Engeland was het hy gehelp om die musiek vir Sarafina! te skryf en het hy
   by Paul Simon vir die Graceland-toer aangesluit
 Nadat apartheid weggeval het is Masekela terug na Suid-Afrika en het hy sy eerste
   toer in Suid-Afrika, Sekunjalo – This is It!, gehou saam met die groepe Sankomota
   en Bayete                                                                   6 punte

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                MUSIEK V1                                           27

Album/treffer:
Trumpet Africaine (1962)
The Emancipation of Hugh Masekela (1966)
Hugh Masekela & Union of South Africa (1971)
Home is Where the Music Is (The African Connection) (1972)
Home (1981)
Hope (2003)
Revival (2005)
We Are One (2011)
Friends (2012)
(Enige EEN)                                                                 1 punt           [7]

                                        OF

Mirriam Makeba:
Biografie:
 Gebore op 4 Maart 1932 in Prospect naby Johannesburg
 Haar eerste solo-optrede was op die ouderdom van 13 toe sy voor koning George
   VI van Engeland gesing het tydens sy besoek aan Suid-Afrika
 Bekend as ‘Mama Africa’
 Haar professionele loopbaan het in 1950 begin met die Manhattan Brothers voordat
   sy haar eie vrouegroep, The Skylarks, begin het
 Sy het die bynaam “The Empress of African Song” gekry en het as gevolg daarvan
   die vroulike hoofrol in die produksie King Kong in 1959 gekry
 Haar groot deurbraak het gekom toe sy die ster in die anti-apartheid dokumentêr
   Come back, Africa gespeel het, maar het probleme met die Suid-Afrikaanse
   regering veroorsaak toe dit by die Venesië-filmfees in 1959 aangebied moes word
   en sy as gevolg daarvan nie wou terugkeer na Suid-Afrika nie
 Sy verhuis na Londen waar sy Harry Belafonte ontmoet wat haar gehelp het om na
   die VSA te emigreer
 In 1963 is haar opnames in Suid-Afrika verbied en is sy verbied om weer na Suid-
   Afrika te reis
 Nadat sy van Hugh Masekela geskei is het sy met die leier van die Black Panthers,
   Stokely Carmichael getrou, maar die omstredenheid wat die huwelik veroorsaak
   het, het haar laat vlug na Nieu-Guinee
 In 1966 het sy ŉ Grammy-toekenning ontvang vir die beste opname van Folk saam
   met Harry Belafonte vir An evening with Belafonte/Makeba
 In 1987 het sy weer onder die aandag van die wêreld gekom toe sy saam met Paul
   Simon op sy Graceland-toer was
 Nelson Mandela het haar oortuig om in 1990 na Suid-Afrika terug te keer
 In 1992 was sy ŉ ster in die filmweergawe van Sarafina! as die hoofkarakter se
   moeder, Angelina
 In 2004 is Makeba verkies die 38ste plek op die 100 grootste Suid-Afrikaners
 In 2005 het sy 14 maande lank deur die wêreld getoer en al die lande besoek waar
   sy vantevore opgetree het om haar sangloopbaan af te sluit.
 In 1986 word sy die Dag Hammerskjöld Peace Prize toegeken omdat sy op die
   Guinese-afvaardiging na die Verenigde Nasies gedien het

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
28                                  MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2015)

 In 2001 is die Otto Hahn-vredesmedalje deur die United Nations Association of
  Germany in Berlyn aan haar toegeken vir uitstaande diens gelewer ter wille van
  vrede
 Sy was die eerste sanger om Afrika-musiek in 1960 op die internasionale mark te
  bring
 Haar outobiografie, Makeba: My Story, is in 1987 gepubliseer en in Duits, Frans,
  Hollands, Italiaans, Spaans en Japannees vertaal
 Haar album Homeland (2000) is vir ‘n Grammy-toekenning in 2001 genomineer
 Haar laaste album Reflections was in 2004 vrygestel                         6 punte

Album/treffer:
The Many Voice of Miriam Makeba (1960)
Miriam Makeba (1960)
The Voice of Africa (1964)
An Evening with Belafonte/Makeba (1965)
Pata Pata (1967)
Country Girl (1978)
Homeland (2000)
Reflecting (2004)
Makeba Forever (2006)
The Click Song (1963)
Give Me a Reason (1989)
(Enige EEN)                                                                   1 punt          [7]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  MUSIEK V1                                            29

VRAAG 17

Skryf ‘n opstel oor die ontwikkeling van vrye kiba-musiek in Suid-Afrika. Verwys na die
volgende aspekte:

 Noem EEN komponis van vrye kiba-musiek
                                                                                                (1)
 Stylkenmerke van vrye kiba-musiek
                                                                                                (4)
 Bydrae gelewer deur hierdie komponis tot die ontwikkeling van kiba-musiek in Suid-
  Afrika.                                                                                       (8)
 EEN album/treffer van hierdie styl                                                            (1)

EEN punt sal vir aanbieding in opstelformaat toegeken word.                                     (1)

Komponis: Sello Galane                                                         1 punt

Stylkenmerke:
 Die woord Kiba is afkomstig van Noord-Sotho wat beteken ‘slaan’ en is ook die
  naam wat gegee word vir die grootste trom wat vir hierdie genre as
  musiekinstrument gebruik word
 Vry Kiba gebruik lirieke in die volgende tale: Sepedi, Setswana, Xitsonga, Venda,
  Kiswahili, Twi, Runyankole, Tumbuka, Shona, Ndebele, Noord-Ndebele, Zoeloe,
  Yoruba en Herero
 Kiba-musiek word hoofsaaklik vanaf oorsprong deur mans as kunsvorm gedomineer
 ŉ Musiekgroep bestaan uit agt tot tien “pypblasers” met een van hulle as leier
  (bekend as malokwane) en drie tromspelers (selde mans)
 Ten minste drie vrouens speel ŉ tromstel wat bestaan uit ŉ groot trom (kiba),
  medium-grootte trom bekend as “moropa wa diatla” en twee klein identiese tromme
  bekend as “ditinti”                                                          4 punte

Bydrae deur die komponis:
 Galane komponeer en verwerk tot-en-met 100 Vry Kiba-liedjies oor ŉ tydperk van
  tien jaar
 Galane verwyder die konsep van Vry Kiba-musiek deur dit aan te pas as ŉ formaat
  van musiek wat op verskeie maniere uitgedruk kan word soos deur die gebruik van
  enige goeie musiekinstrumente, verskeie Afrika-tale en wat deur goeie musikante
  ongeag taaloriëntasie uitgevoer kan word
 Galane behou die klassieke Kiba-poliritme,
 pluro-vokale gebruik van spraak aanduidings en lofsang,
 die aanpassing van temas tot onmiddellike konteks,
 roep-en-antwoord melodiese struktuur,
 melo-ritmes van tromme wat inpas by pluro-vokale antwoorde,
 krepitasies en vokale vrolikheid van die inheemse Kiba-musiekkuns
 Hy wou graag Vry Kiba-musiek ŉ hoofstroom maak om nuwe rigting en teorie aan
  dit te gee
 Hy vermeng ook tradisionele Pedi-musiek met modern ritmes om ŉ nuwe gevoel
  aan hierdie musiekstyl te gee                                              8 punte

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com
30                              MUSIEK V1           (EC/SEPTEMBER 2015)

Album/Treffer:
Dikoktwane
Ba dyondzekile
Sebodu sa Mmashela
Dikgalala
Pula
Tsheka\\Tsheketa
Pulika
Motse\\Mekgolokwane
Baeng
(Enige EEN)                                               1 punt

EEN punt word toegeken vir opstelformaat                  1 punt     [15]

                                            TOTAAL AFDELING E:         40
                                                GROOTTOTAAL:          120

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [MUSIC P1 GR12 SEPT2015 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-eng-memo/a4c47eea-5f29-4ec1-b376-673317a97a18) — Music · Memo · 2015 · Eng
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2015 ENG QP](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-eng-qp/5152ca77-6f18-4345-9883-b2973de8c282) — Music · QP · 2015 · Eng
- [MUSIC P2 MEMO GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-memo-gr12-sept-2015-eng/4d3ab1c8-f79d-4f5c-9253-aca2907c9644) — Music · Memo · 2015 · Eng
- [MUSIC P2 MEMO GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-memo-gr12-sept-2015-afr/597d2987-c6f9-4a78-a0a9-8ab7c6751a78) — Music · Memo · 2015 · Afr
- [Music P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2015-memo-afr/802642b0-8021-4448-b7c2-f82d8047d8f7) — Music · Memo · 2015 · Afr
- [Music P1 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2015-memo-eng/61935290-40ef-464e-850d-ada93f62e9f7) — Music · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-eng/a93b74de-03f7-4627-866d-40f73fc5580d) — QP · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
