# Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-memo/4d4b54b4-810a-4704-8eba-438e9dcc9569
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-memo/4d4b54b4-810a-4704-8eba-438e9dcc9569)

## About this document

Music · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2016

                         MUSIEK V1
                        MEMORANDUM

PUNTE:   120

                  Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELINGS A, B, C, D en
       E.

 2.    Beantwoord AFDELING A slegs in potlood in die gegewe spasies voorsien op
       hierdie vraestel.

 3.    Beantwoord AFDELING B en C óf D óf E in blou of swart ink in die
       ANTWOORDEBOEK voorsien.

 4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 5.    Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
       bedoel is. Jy mag hierdie bladsy verwyder.

 6.    Jy mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
       musiekinstrument hê NIE.

 7.    Gebruik die tabel op die volgende bladsy as riglyn vir punte en tydsindeling
       wanneer elke vraag beantwoord word.

 8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   MUSIEK V1                              3

 NASIENROOSTER

      AFDELING              VRAAG      PUNTE      NASIENER   MODERATOR
 A: Musiekteorie              1          20
    (VERPLIGTEND)             2          15
                              3          10
                              4          15
                          SUBTOTAAL      60
                                       EN
 B: (VERPLIGTEND)             5          20
                          SUBTOTAAL      20
                                       EN
 C: WKM                       6          10
                              7          10
                              8          10
                              9          10
                          SUBTOTAAL      40
                                       OF
 D: JAZZ                      10         10
                              11          7
                              12          8
                              13         15
                          SUBTOTAAL      40
                                       OF
 E: IAM                       14         10
                              15          8
                              16          7
                              17         15
                          SUBTOTAAL      40
                        GROOTTOTAAL     120

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

 AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)

 Beantwoord VRAAG 1, VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2, VRAAG 3, EN VRAAG 4.1 OF
 VRAAG 4.2.

 Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

 VRAAG 1

 Bestudeer die uittreksel uit die Hobosonate, opus 166 van C.Saint-Saëns en
 beantwoord dan die die daaropvolgende vrae.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                         MUSIEK V1                                      5

 1.1     Noem die toonsoort van die uittreksel.

         D majeur                                                                               (1)

 1.2     Noem die tipe drieklank by 1.2, byvoorbeeld verminderde drieklank.

         Majeur drieklank OF B Majeur                                                           (1)

 1.3     Noem die intervalle gemerk 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld majeur tweede.

         1.3.1        Mineur sewende

         1.3.2        Mineur tiende OF saamgestelde mineur terts.                               (2)

 1.4     Transponeer die hoboparty in maat 16 en 17 vir klarinet in B-mol. Voeg die
         nuwe toonsoortteken in.

         Minus ½ punte per fout                                                  (8 x ½)        (4)

 1.5     Herskryf maat 7 van die klavierparty in helfte die nootwaardes. Voeg die nuwe
         tydmaatteken in.

         Minus ½ punt per fout
         ½ punt vir die toonsoortteken
         ½ punt vir die tydmaatteken
         ½ punt vir die boonste party
         ½ punt vir die onderste party                                           (4 x ½)        (2)

 1.6     Verbeter die groepering in maat 10 en 11 van die hoboparty.

         Minus ½ punt per fout                                                   (4 x ½)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     MUSIEK V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.7     Waarom word geen rustekens gebruik op die tweede en derde polsslag in
         maat 10 se basbalk nie?

         Die linkerhand se note/party is genoteer op die diskantbalk.                     (1)

 1.8     Skryf die volgende toonlere of modusse na aanleiding van die gegewe
         instruksies:

         1.8.1   B Doriese modus, dalend sonder toonsoortteken. Gebruik die
                 bassleutel en halfnote.

                 Minus ½ punt per fout                                      (6 x ½)       (3)

         1.8.2   C melodiese mineur, opgaande met toonsoortteken. Gebruik die
                 altsleutel en halfnote.

                 Minus ½ punt per fout                                     (12 ÷ 3)       (4)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                         7

 VRAAG 2

 BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

 2.1    Gebruik die openingsmotief hieronder en voltooi dit tot ŉ 12maat-melodie in ABA-
        vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse. Dui die instrument
        waarvoor jy komponeer aan en voeg dinamiek- en artikulasie-tekens, asook ŉ
        tempo-aanduiding by.

 Instrument:

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                        PUNTE-          KANDIDAAT SE
                      BESKRYWING
                                                      TOEKENNING           PUNT
 Instrumentkeuse
                                                             1
 (Klavier sal nie aanvaar word nie)
 Vorm en kadenspunte                                         3
 Musikaliteit
 Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                 8
 eenheid en kreatiwiteit
 Korrekte notasie                                            1
 Dinamiek en artikulasie                                     2
 TOTAAL                                                     15
                                                                                                [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                     MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

2.2   Gebruik die openingsmotief hieronder en voltooi dit tot ŉ 12maat-melodie in ABA-
      vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse. Dui die instrument
      waarvoor jy komponeer aan en voeg dinamiek- en artikulasie-tekens, asook ŉ
      tempo-aanduiding by.

Instrument:

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                      PUNTE-          KANDIDAAT SE
                 BESKRYWING
                                                    TOEKENNING           PUNT
Instrumentkeuse
                                                           1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte                                        3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                8
eenheid en kreatiwiteit
Korrekte notasie                                          1
Dinamiek en artikulasie                                   2
TOTAAL                                                    15
                                                                                           [15]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                        9

VRAAG 3

Bestudeer die uittreksel uit O Ewigkeit, du Donnerwort deur J.S. Bach hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

 3.1    Besyfer die akkoorde gemerk (a) tot (d) op die partituur. Gebruik ÒF Romeinse
        akkoordsimbole, ÒF akkoordsimbole soos aangedui bokant ŉ partituur. Let op
        die voorbeeld-antwoord in maat 1.

        (a)   F: vi OR F: d mineur
        (b)   F: vii° OR F: E verminderd
        (c)   F: ii OR F: G mineur
        (d)   F: VI OR F: Bb majeur                                               (4 x 1)       (4)

 3.2    Noem die kadense by (e) en (f). Skryf slegs die naam van die kadens in die
        blok wat voorsien word onder die notasie.

        (e)   Onvolmaakte kadens
        (f)   Volmaakte kadens                                                    (2 x 1)       (2)

 3.3    Noem die tipe nie-akkoordnote by (g) tot (i).

        (g)   Onder-wisselnoot of onder-hulpnoot

        (h)   Terughouding

        (i)   Onbeklemtoonde deurgangsnoot                                        (3 x 1)       (3)

 3.4    Noem die verwante toonsoort (majeur of mineur) van hierdie uittreksel.

        D mineur                                                                                 (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                         11

 VRAAG 4

 Beantwoord OF VRAAG 4.1 (WKM) OF VRAAG 4.2 (JAZZ).

 4.1    Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
        baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote.

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                    PUNTE-            KANDIDAAT SE
                 BESKRYWING
                                                 TOEKENNING              PUNT
                                                       14
 Akkoordkeuse                                   (Minus ½ punt per
                                                      fout)
 Korrektheid                                           14
 Notasie, spasiëring, stemvoering en            (Minus ½ punt per
 verdubbeling                                         fout)
 Gebruik van nie-akkoordnote                            2
                                                     30 (÷ 2)
 TOTAAL                                                15                                   [15]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

 4.2    Voltooi die stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die bassleutel by te voeg.
        Maak seker dat jy binne die styl van Ragtime skryf.

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                      PUNTE-          KANDIDAAT SE
                BESKRYWING
                                                   TOEKENNING            PUNT
                                                   16 (2 per maat)
 Akkoordkeuse                                     (Minus ½ punt per
                                                        fout)
                                                          8
 Korrektheid:
                                                  (Minus ½ punt per
 Notasie, spasiëring en stemvoering
                                                        fout)
 Algemene indruk                                          6
                                                       30 (÷ 2)
 TOTAAL                                                   15                                     [15]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                60

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                           MUSIEK V1                                          13

 AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS

 Beantwoord AFDELING B (VERPLIGTEND)
 EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
 OF AFDELING D (Jazz)
 OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)

 Beantwoord hierdie vrae in ŉ ANTWOORDBOEK.

 AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5

 5.1     Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
         die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die
         ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 5.11 E.

         5.1.1        C
         5.1.2        B
         5.1.3        C
         5.1.4        D
         5.1.5        D
         5.1.6        D
         5.1.7        C
         5.1.8        C
         5.1.9        D
         5.1.10       B                                                              (10 x 1)     (10)

 5.2     5.2.1        Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie                                         (1)

         5.2.2        Beskerm musici se regte en kollekteer geld vir liedjieskrywers in Suid-
                      Afrika en oorsee.                                                               (1)

         5.2.3        2059 (Kopiereg duur vir 50 jaar na die musikant se afsterwe)                    (1)

 5.3            Registreer die werk by ŉ kollekteeragent.
                Pos die werk aan jouself.
                Vra ŉ Kommissaris van Ede om jou werk te sertifiseer.                 (3 x 1)        (3)

 5.4     5.4.1        Waar

         5.4.2        Vals

         5.4.3        Waar

         5.4.4        Vals                                                            (4 x 1)         (4)

                                                                       TOTAL SECTION B:               20

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2016)

Beantwoord AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6
6.1 Beethoven het NEGE simfonieë gekomponeer.                                                   (1)

6.2 Beide is ouvertures.                                                                        (1)
6.3 ŉ Simfonie is ŉ grootskaalse orkeswerk in vier of meer bewegings. ŉ Simfoniese
    gedig of toondig is ŉ eenbeweging-werk vir orkes waarvan die musiek deur ŉ
    “program” geïnspireer word.                                                                 (2)
6.4 Vrymesselary                                                                                (1)

6.5 Die Bruilofsmars OF Midsomersnagdroom-teatermusiek OF die Kersfeeslied “Hoor
    die blye engellied” se melodie.                                                             (2)

6.6 Klavier-/vioolsonates, Oratorium, Simfonie, Kamermusiek                   (Enige 2 x 1)     (2)

6.7 Opera seria verwys na Italiaanse ernstige opera waarvan die tema/storielyn dikwels
    tragies is. Opéra comique is uitsluitlik ŉ Franse soort opera (soos Carmen) met
    musieknommers/arias wat deur gesproke (Franse) dialoog geskei word.                          (2)
                                                                                                [10]

VRAAG 7

7.1 7.1.1    Die naam Mannheimskool verwys na ŉ belangrike groep Duitse komponiste en
             voordraers in die middel van die 18de eeu verbonde aan die keurvors Karl
             Theodor by Mannheim, waar van die beste voordraers en komponiste
             byeengebring is.                                                                   (2)

     7.1.2      Melodiese prominensie word aan die viole bo ander instrumente gegee
                Die klarinet word by die orkes gevoeg.
                Daar word weggedoen met die klavesimbel-continuo
                Byvoeging van orkestrale effekte bv. die tremolo en gebroke akkoord in
                 vinnige note.
                Continuo deel vervang deur geskrewe dele vir alle instrumente
                Kontrapuntale skryfwyse word met homofoniese tekstuur vervang
                Effektiewe gebruik van die crescendo en diminuendo.
                Die vier bewegings van die simfonie word vasgelê asook die seksies van
                 die sonatevorm.
                Die Menuet en Trio word as derde beweging bygevoeg.          (Enige 5 x 1)     (5)

7.2 7.2.1    B
    7.2.2    C
    7.2.3    A                                                                       (3 x 1)     (3)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                           MUSIEK V1                                           15

VRAAG 8

8.1 Gebruik die volgende lys van elemente om ŉ verduidelikende paragraaf te skryf oor
    die Romantiese tydperk se stylkenmerke.

             Melodie

          -    Ekspressiewe melodiese lyne wat soms op ŉ reeks kort frases gebou word
          -    Groot spronge bv. 6des en 7des kom voor.
          -    Verminderde of vergrote intervalle word vir uitdrukking gebruik.
          -    Frases is nie so reëlmatig en gebalanseerd soos in die Klassieke periode nie.
          -    Melodie met begeleiding word dikwels gebruik.                                           (1)

             Harmonie

         - Akkoorde word gebruik vir uitdrukking van kleur
         - Die oplossing van dissonante akkoorde word uitgestel om ‘n effek van
           verwagting te skep.
         - Chromatiese harmonieë word ontwikkel.
         - Vryer gebruik van nie-hamoniese tone en chromatiese stemleiding kom voor.
         - 9de-, 11de- en 13de akkoorde word dikwels gebruik.                                          (1)

             Tonaliteit

         - Skielike toonsoortveranderinge kom dikwels voor.
         - Tonaliteitverandering van majeur na mineur en andersom kom dikwels voor.
         - Modulasies na verwyderde toonsoorte en die tendens om direkte kadense te
           vermy, kom voor.                                                                            (1)

             Tekstuur

         - Maak gebruik van ŉ wye toonhoogte-omvang, dinamiek en toonkleur.
         - Digte teksture is dikwels gebruik.
         - Teksture verander binne ŉ stuk of werk.                                                     (1)

             Ritme

         - Vryheid en buigsaamheid van ritme
         - Ritmes word minder kragtig en meer klem word geplaas op liriese, gevoelvolle
           melodieë.
         - Somtyds word een hele beweging gebaseer op een ononderbroke ritmiese
           patroon asook kruisritmes.                                                                  (1)

     Enige EEN stylkenmerk per element.

8.2 Die Hebrides Ouverture opus 26 is in b mineur en gekomponeer in sonatevorm.
    Die instrumentasie bestaan uit strykers (viole, altviole, tjello’s, kontrabasse), 2 fluite,
    2 hobo’s, 2 klarinette, 2 fagotte, 2 horings, 2 trompette en timpani.                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                      MUSIEK V1                              (EC/SEPTEMBER 2016)

8.3 Die musiek was geïnspireer deur Mendelssohn se bootrit na die Fingalgrotte aan die
    kus van Skotland. Hierdie grotte staan bekend vir die eienaardige eggo’s wat in die
    grotte weerklink.                                                                                 (1)
                                                                                                     [10]
VRAAG 9
Eerste beweging – Ontwaking van opgewekte of vrolike gevoelens by die aankoms
op die platteland of in die vrye natuur

-    Tydmaatteken: 2/4
-    Toonsoort: F majeur
-    Vorm: sonatevorm

Enige DRIE van die volgende:

-    ŉ Ontspanne beweging waar die stroompie omtrent deurgaans uitgebeeld word in
     agste- of sestiende note.
-    Die sangerige eerste tema bestaan uit vyf figure (maat 1 tot 11) wat deur die hele
     beweging aangewend word.
-    Die instrumentasie sluit in: fluite, hobo’s, klarinette, fagotte, horings en strykers.
-    Die tweede tema in C majeur het ŉ huppelende ritme.

Vierde beweging – Donderweer of storm

-    Tydmaatteken: 4/4
-    Toonsoort: F mineur
-    Vorm: Programmusiek
Enige DRIE van die volgende:
-    Die vierde beweging beeld ŉ hewige donderstorm met presiese realisme uit.
-    Die beweging is struktureel op ŉ aantal figure gebaseer wat in ŉ donderstorm
     ontwikkel.
-    Dit begin met die idee van ŉ paar druppels reën wat opbou tot ŉ klimaks van ŉ
     gerommel van donderweer, weerligstrale, sterk fluitende winde en swaar reën.
-    Die storm gaan verby met ŉ enkele donderweer-geroggel in die agtergrond.
-    Daar is ŉ ononderbroke oorgang vanaf die vierde beweging na die vyfde beweging.
-    Die pianissimo staccato-agstenote (wat in maat 3 deur die viole gespeel word) gee
     die effek van die eerste reëndruppels.
-    Die tromme speel vir die eerste keer in maat 21 en skep ŉ donderweer-effek.
-    Twee addisionele trombone wat vir die eerste keer in maat 106 intree, verskaf
     addisionele sterkte met hulle verskeurende skuiftrompetklanke wanneer die storm
     teen die slot ŉ hoogtepunt bereik.
-    Die storm bereik ŉ hoogtepunt met tremolo’s en tromrolle.
-    Beethoven het op ŉ meesterlike wyse met slegs suiwer musikale klanke die
     natuurstorm oortuigend programmaties uitgebeeld.

2 Punte vir taalgebruik en skryfstyl.

                                                                                     (16 ÷1.6)       [10]
                                                                      TOTAAL AFDELING C:              40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                         17

                                          OF

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 10

10.1   New Orleans                                                                              (1)

10.2   Die Jazz Epistles                                                                        (1)

10.3   Dolly Rathebe, Thandi Klaasen                                                            (2)

10.4   Kwêla is ŉ tipe (dans)musiek oorspronklik van stedelike swartmense in Suid-
       Afrika.                                                                                  (1)

10.5   Fusion                                                                                   (1)

10.6   klavier                                                                                  (1)

10.7   The Blue Notes                                                                           (1)

10.8   10.8.1    Pata Pata                                                                      (1)

       10.8.2    1989                                                                            (1)
                                                                                                [10]

VRAAG 11

   Johannes “Spokes” Mashiyane (gebore 1933 in Vlakfontein/Mamelodi en oorlede in
    1972) word beskou as een van die bekendste en beste kwêlafluitblasers of
    penniefluitjiespelers van alle tye in Suid-Afrika.
   Mashiyane het as jeugdige begin penniefluitjie speel.
   Mashiyane het gesê dat die penniefluitjie se eenvoud hom toegelaat het tot groter
    vryheid in die verbuiging en vermenging van note.
   Komponeer en voer uit in Kwêla styl: Kwêla is kwêlafluit gebaseerde straatmusiek.
    Die kwêlafluit-“jive” was van 1950 tot 1960 in Suid-Afrika gewild en het vermeng met
    die musiek van die Malawiese immigrante. Eenvoudige akkoordprogressies
    bestaande hoofsaaklik uit primêre akkoorde (I, IV en V) word gebruik.
   Spokes beweer dat sy liedjies geïnspireer is deur sy drome.
   Albums sluit in King Kwela, Ace Blues, Kwela Spokes, Chobolo, Sono Sam. (Noem
    slegs EEN album)                                                                            [7]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                      MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 12

12.1       Voice is ŉ jazz kwintet bestaande uit van Suid-Afrika se mees
            toonaangewende jazz musici. Die groep bestaan uit musici soos Andile
            Yenana (klavier), Sydney Mnisi (Saksofoon), Marcus Wyatt (Trompet),
            Herbie Tsoaeli (Bas), Morabo Morojele (tromme).
           Voice is geïnspireer deur vroeëre jazz musici soos Abdullah Ibrahim. Hulle
            komposisies is in Marabi and Kwêla styl. Hulle word ook beïnvloed deur
            bebop en Latynse Jazz.                                                             (4)

12.2   12.2.1    Waar

       12.2.2    Waar

       12.2.3    Vals

       12.2.4    Vals                                                              (4 x 1)    (4)
                                                                                              [8]

VRAAG 13

    The Jazz Epistles het uit ses lede bestaan. Hulle lede sluit die volgende persone in:
     Dollar Brand, later bekend as Abdullah Ibrahim (Klavier), Kippie Moeketsi (Alt
     Saksofoon), Jonas Gwangwa (Tromboon), Hugh Masekela (Trompet), Johnny
     Gertze (Bas) en Early Mabuza OF Makaya Ntshoko (Tromme).

    Die groep het eers bekend geword nadat hulle in die Odin Teater in Sophiatown
     saam gespeel het.

    Hulle was ook deel van die welbekende Suid-Afrikaanse musiekblyspel King Kong.

    Hulle was die eerste en belangrikste Bebop-orkes in Suid-Afrika.

    The Jazz Epistles was hoofsaaklik deur John Mehagan, ŉ welbekende pianis van
     die VSA, beïnvloed. John Mehagan het saam met ŉ paar Suid-Afrikaanse
     kunstenaars musiek opgeneem.

    Na John Mehagan se terugkeer na die VSA, het Dollar Brand oorgeneem as pianis
     en so het die naam, The Jazz Epistles, ontstaan.

    Bebop is ŉ jazz-styl waarin melodiese improvisasie, ŉ vinnige tempo en
     instrumentale virtuositeit beklemtoon word.

    Die styl het tydens die middel-1940’s begin in die VSA en was gemik daarop om
     die gewilde swing-styl van die tyd te vervang met ŉ nuwe nie-dansagtige
     musiekstyl.

    Die musiek bevat gevorderde harmonieë, komplekse sinkopasie en die rol van die
     ritme-seksie was uitgebrei. Die tromme voeg asimmetriese aksente by.
     Simbaalpatrone en “stappende” baslyne dui die maatslag aan.

    Tipiese bebop sluit cool jazz, hard bop en soul jazz in.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                        MUSIEK V1                                         19

   Tydens die Apartheidsjare het jazzmusiek ŉ medium verskaf waarbinne musici kon
    protes aanteken teen die politieke sisteem van die tyd. Die Suid-Afrikaanse regering
    het menige pogings aangewend om die musiek te onderdruk bv. die verbanning op
    radio-uitsendings en klopjaguitvoering op jazzklubs.

   The Jazz Epistles het slegs een album opgeneem in 1959 nl. Jazz Epistle, Verse 1.         [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING D:            40

                                           OF

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 14

14.1    kordofoon                                                                                  (1)

14.2    ŉ Sanger, storieverteller, lofsanger wat ŉ reeks belangrike gebeurtenisse deur
        middel van lofsang of vertelling aanbied.                                                  (2)

14.3    Ululasie is die produksie van reëlmatige vokale klanke op ŉ hoë toonhoogte; lang
        golfagtige hoë vokale klank met ŉ trillende kwaliteit gemaak deur die vinnige
        beweging van die tong.                                                                 (1)

14.4    Mbaqanga                                                                               (1)

14.5    Die gemengde strukturele vorm is die kombinasie van vraag-en-antwoord,
        vraag-en-refrein, en vraag-en-koorrefrein. ’n Afsluitingsin of -frase word nie
        gebruik om ŉ roep te beantwoord nie.                                                   (2)

14.6    Beatboxing                                                                             (1)

14.7        Kibamusiek is een van die oudste inheemse Suid-Afrikaanse musiekstyle en
             is ŉ kulturele styl van die baPedi-volk wat sang, dans en digkuns kombineer.
            Kiba bestaan uit agt tot tien manlike “Afrika-fluitspelers”. Musiekvoordrag
             word begelei deur drie vroulike tromspelers.
            Die drie tromme wat gebruik word, is die kiba (bastrom), moropa wa diatla
             (middelmatige grootte trom) en die ditinti (klein trom).
            Maak dikwels gebruik van poliritmes.
            Melodiese struktuur is meestal vraag-en-antwoord.
            Voordrag altyd vergesel van ŉ spesifieke dansbeweging.
            Kiba maak gebruik van ululasie en krepitasie.
            Die lirieke is in baie verskillende tale insluitende isiZulu, Shona en
             Noordelike Ndebele en Sepedi.                                   (Enige 2 x 1)     (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
    20                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 15

Definisie van die woord

    “Isicathamiya” ontstaan van die Zoeloe-woord “cothoza” wat “stap liggies op jou tone”
     beteken.
    Dit was oorspronklik gesing by kompetisies gehou in die vroeë Natal-provinsie waar die
     werkers gebly het.
    Is ŉ Zoeloe-styl wat net so gewild soos maskandi-musiek is.
    Isicathamiya was deur die Suid-Afrikaanse groep, Ladysmith Black Mambazo gewild
     gemaak.
    Die woord “Isicathamiya” is afkomstig vanaf die woord cathama wat beteken “om te
     kruip soos ŉ kat” of “om liggies op jou tone te loop”, aangesien die werkers verplig was
     om saggies in die aande hul danspassies te oefen.                                            (2)

Stylkenmerke

   Vierstemmige harmoniese a capella koorsangstyl. Dit is ŉ styl waar mans a capella-
    musiek (onbegeleid) sing.
   Roep-en-antwoord tussen die leier en die groep
   Gebruik van stemtegniek, bv. ululasie en krepitasie
   Lirieke meestal in Zoeloe
   Gestileerde choreografie ontleen aan tradisionele isiZulu-danse                               (4)

EEN belangrike album en komponis

    Ladysmith Black Mambazo (Shaka Zulu/Long walk to Freedom/Journey of
     Dreams/Gift of the Tortoise/Songs from Zulu-Farm)

Enige 1 album                                                                                     (2)
                                                                                                  [8]

VRAAG 16

Styleienskappe

    Afro Soul is die term wat gegee word aan die musiekgenre wat soul-musiek (ŉ
     musiekstyl bestaande uit elemente van gospel, rhythm and blues en jazz) en
     Afrikamusiek vermeng.                                                                        (3)

Instrumentasie

    ŉ Uitstaande kenmerk van Afro-Soul is die sterk invloed van vokale musiek.
     Die instrumente bestaan hoofsaaklik uit tromme, basinstrument, kitaar en vokale stem
     asook agtergrondstemme.                                                       (4 ÷ 2)        (2)

TWEE kunstenaars

    Kunstenaars soos Hugh Masekela en Mirriam Makeba het in ŉ Afro Soul-styl
     gekomponeer.                                                                                 (2)
                                                                                                  [7]

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2016)                       MUSIEK V1                                        21

VRAAG 17

Kulturele oorsprong (enige TWEE)

      Beteken ŉ virtuose instrumentalis wat tradisionele musiek op Westerse instrumente
       speel.
      Tradisionele Maskandi-musiek bestaan uit ŉ lied wat handel oor die lewenservaring
       van die sanger, gewoonlik ŉ man, wat sing oor sy lewenservaringe, daaglikse plesier,
       hartseer, ens.
      Is afkomstig van die Afrikaanse woord ‘musikant’ en word met Zoeloe-volksmusiek
       geassosieer.
      Maskandi is ŉ tipe Zoeloe-volksmusiek wat in Suid-Afrika ontwikkel het, spesifiek in
       Kwazulu-Natal.                                                                                (2)

Tipiese instrumentasie

     Konsertina, akoestiese kitaar, baskitaar, klawerborde,/tromme, agtergrondsangers.
      Maskandi word normaalweg met kitaar geassosieer.                                               (5)

Musiekeienskappe van maskandi

     ŉ Tradisionele maskandi-lied begin met ŉ boodskap bekend as “izihlabo” – “Dit is wat
      ek gaan speel, en dit is wie ek is”. Dit is ŉ instrumentale versiersel aan die begin van
      die lied wat die atmosfeer bekendstel.
     Die kitaar word nie dieselfde getoonset soos die tradisionele toonset nie. Die liriese
      inhoud sluit lofsang, storievertelling en migrasie kultuur in.
     Die mense dans, speel tromme, klap op verskillende maniere en die danse wat
      voorgedra word, beeld die distrik of area waar die maskandi vandaan kom, uit.
     Die voorsanger se natuurlike persoonlikheid is ŉ essensiële element van Maskandi-
      musiek.
     Die musiek word in isiZulu gesing.
     Die maskandi-musiek se oorsprong is die Zoeloe-kultuur.
     Gebruik vinnige gesproke seksies wat bestaan uit Zoeloe-lofgedigte, genoem
      “izibongo”. Dit is lofprysingspoësie, maar behels nie altyd selflofprysing nie.
     Maskandi is ook bekend as “Zoeloe Blues” as gevolg van die sikliese en herhaalde
      pluk van snare op die kitaar.                                                                  (5)

DRIE kunstenaars wat Maskandi aan die internasionale mark bekendgestel het.

     Kunstenaars soos Johnston Zibokwakhe Mnyandu, Bhodloza Nzimande, Amatshitshi
      Amhlophe, Amashayina Amahle, Siyani Ngcobo, Imithente, Inkunzi Emdaka en
      Izingane ZoMa het almal bygedra om Maskandi op die internasionale musiekmark
      bekend te stel.                                                                                (3)
                                                                                                     [15]

                                                                     TOTAAL AFDELING E:               40
                                                                         GROOTTOTAAL:                120

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [MUSIC P1 GR12 SEPT2016 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-eng-memo/1663f014-6e87-418f-aac8-7124e9e7887e) — Music · Memo · 2016 · Eng
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2016 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-qp/15b29c54-28ec-4f32-99c4-d4dd73a9bfbd) — Music · QP · 2016 · Afr
- [Gr12 MUSC P2 S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-musc-p2-s16-memo-afr/09580c69-6363-4726-9269-7214e4ab164d) — Music · Memo · 2016 · Afr
- [Gr12 MUSC P2 S16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-musc-p2-s16-memo-eng/c1a52c0b-107e-4997-9ffa-59583f13f27e) — Music · Memo · 2016 · Eng
- [Music P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2016-memo-eng/a6caab8b-dd62-4dec-96d5-8b526e1a28a1) — Music · Memo · 2016 · Eng
- [Music P1 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2016-memo-eng/aebed626-76d4-44ca-a1e3-df3188f0e09a) — Music · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-eng/a93b74de-03f7-4627-866d-40f73fc5580d) — QP · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
