# Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-qp/15b29c54-28ec-4f32-99c4-d4dd73a9bfbd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-qp/15b29c54-28ec-4f32-99c4-d4dd73a9bfbd)

## About this document

Music · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2016

                                MUSIEK V1

NAAM:

PUNTE:    120

TYD:      3 uur

                                    *MUSCA*

   Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye, insluitende ŉ 1 bladsy manuskrippapier.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELINGS A, B, C, D en
      E.

2.    Beantwoord AFDELING A slegs in potlood in die gegewe spasies voorsien op
      hierdie vraestel.

3.    Beantwoord AFDELING B en C óf D óf E in blou of swart ink in die
      ANTWOORDEBOEK voorsien.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
      bedoel is. Jy mag hierdie bladsy verwyder.

6.    Jy mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
      musiekinstrument hê NIE.

7.    Gebruik die tabel op die volgende bladsy as riglyn vir punte en tydsindeling
      wanneer elke vraag beantwoord word.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  MUSIEK V1                               3

NASIENROOSTER

     AFDELING              VRAAG     PUNTE       NASIENER   MODERATOR
A: Musiekteorie              1         20
   (VERPLIGTEND)             2         15
                             3         10
                             4         15
                         SUBTOTAAL     60
                                     EN
B: (VERPLIGTEND)             5         20
                         SUBTOTAAL     20
                                     EN
C: WKM                       6         10
                             7         10
                             8         10
                             9         10
                         SUBTOTAAL     40
                                     OF
D: JAZZ                      10        10
                             11         7
                             12         8
                             13        15
                         SUBTOTAAL     40
                                     OF
E: IAM                       14        10
                             15         8
                             16         7
                             17        15
                         SUBTOTAAL     40
                       GROOTTOTAAL    120

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 1, VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2, VRAAG 3, EN VRAAG 4.1 OF
VRAAG 4.2.

Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

VRAAG 1

Bestudeer die uittreksel uit die Hobosonate, opus 166 van C.Saint-Saëns en
beantwoord dan die daaropvolgende vrae.

Copyright reserved                                                             Please turn over

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                         5

1.1     Benoem die toonsoort van die uittreksel.

                                                                                                (1)

1.2     Benoem die tipe drieklank by 1.2, byvoorbeeld verminderde drieklank.

                                                                                                (1)

1.3     Benoem die intervalle by 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld majeur tweede/sekunde.

        1.3.1

        1.3.2                                                                               (2)

1.4     Transponeer die hoboparty in maat 16 en 17 vir klarinet in B-mol. Voeg die
        nuwe toonsoortteken in.

                                                                                            (1)

1.5     Herskryf maat 7 van die klavierparty in helfte die nootwaardes. Voeg die nuwe
        tydmaatteken in.

                                                                                                (2)

1.6     Verbeter die groepering in maat 10 en 11 van die hoboparty.

1.7     Waarom word geen rustekens gebruik op die tweede en derde polsslag in maat
        10 se basbalk nie?

                                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

1.8       Skryf die volgende toonlere of modusse na aanleiding van die gegewe
          instruksies:

          1.8.1      B Doriese modus, dalend sonder toonsoortteken. Gebruik die
                     bassleutel en halfnote.

                                                                                          (3)

          1.8.2      C melodiese mineur, opgaande met toonsoortteken. Gebruik die
                     altsleutel en halfnote.

                                                                                          (4)
                                                                                         [20]

Copyright reserved                                                            Please turn over

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                       MUSIEK V1                                         7

VRAAG 2

BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1    Gebruik die openingsmotief hieronder en voltooi dit tot ‘n 12 maat-melodie in ABA-
       vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse. Dui die instrument
       waarvoor jy komponeer aan en voeg dinamiek- en artikulasie-tekens , asook ‘n
       tempo-aanduiding by.

Instrument:

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                        PUNTE-          KANDIDAAT SE
                      BESKRYWING
                                                      TOEKENNING           PUNT
Instrumentkeuse
                                                            1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte                                         3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                 8
eenheid en kreatiwiteit
Korrekte notasie                                             1
Dinamiek en artikulasie                                      2
TOTAAL                                                      15
                                                                                                [15]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                     MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

2.2   Gebruik die openingsmotief hieronder en voltooi dit tot ŉ 12 maat-melodie in ABA-
      vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse. Dui die instrument
      waarvoor jy komponeer aan en voeg dinamiek- en artikulasie-tekens, asook ŉ
      tempo-aanduiding by.

Instrument:

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                      PUNTE-          KANDIDAAT SE
                 BESKRYWING
                                                    TOEKENNING           PUNT
Instrumentkeuse
                                                           1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte                                        3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale                8
eenheid en kreatiwiteit
Korrekte notasie                                          1
Dinamiek en artikulasie                                   2
TOTAAL                                                    15
                                                                                           [15]

  Copyright reserved                                                          Please turn over

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                         9

VRAAG 3

Bestudeer die uittreksel uit “O Ewigkeit, du Donnerwort” deur J.S. Bach hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.

3.1       Besyfer die akkoorde gemerk (a) tot (d) op die partituur. Gebruik ÒF Romeinse
          akkoordsimbole, ÒF akkoordsimbole soos aangedui bokant ŉ partituur. Let op
          die voorbeeld-antwoord in maat 1.                                                     (4)

3.2       Benoem die kadense by (e) en (f). Skryf slegs die naam van die kadens in die
          blok wat onder die notasie voorsien word.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

3.3       Benoem die tipe nie-akkoordnote by (g) tot (i).

          (g)

          (h)

          (i)                                                                            (3)

3.4       Benoem die verwante toonsoort (majeur of mineur) van hierdie uittreksel.

                                                                                          (1)
                                                                                         [10]

Copyright reserved                                                           Please turn over

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                        11

VRAAG 4

Beantwoord OF VRAAG 4.1 (WKM) OF VRAAG 4.2 (JAZZ).

4.1    Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
       baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoord/akkoordvreemde
       note.

Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                   PUNTE-            KANDIDAAT SE
                BESKRYWING
                                                TOEKENNING              PUNT
                                                      14
Akkoordkeuse                                   (Minus ½ punt per
                                                     fout)
Korrektheid                                           14
Notasie, spasiëring, stemvoering en            (Minus ½ punt per
verdubbeling                                         fout)
Gebruik van nie-akkoordnote                            2
                                                    30 (÷ 2)
TOTAAL                                                15                                   [15]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    MUSIEK V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

4.2    Voltooi die stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die bassleutel by te voeg.
       Maak seker dat jy binne die styl van Ragtime skryf.

Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                   PUNTE-            KANDIDAAT SE
                BESKRYWING
                                                TOEKENNING              PUNT
                                                16 (2 per maat)
Akkoordkeuse                                   (Minus ½ punt per
                                                     fout)
                                                       8
Korrektheid:
                                               (Minus ½ punt per
Notasie, spasiëring en stemvoering
                                                     fout)
Algemene indruk                                        6
                                                    30 (÷ 2)
TOTAAL                                                 15                                   [15]

                                                               TOTAAL AFDELING A:                60

Copyright reserved                                                            Please turn over

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                        MUSIEK V1                                     13

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS

Beantwoord AFDELING B (VERPLIGTEND)
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)

Beantwoord hierdie vrae in ŉ ANTWOORDEBOEK.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1     Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
        die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.11 E.

        5.1.1    Die drie tipes mineurtoonlere is:

                 A     Harmonies, Pentatonies, Chromaties
                 B     Natuurlik, Blues, Majeur
                 C     Harmonies, Melodies, Natuurlik
                 D     Heeltoon, Natuurlik, Chromaties                                         (1)

        5.1.2    Watter noot word verhoog in ŉ Tierce de Picardie?

                 A     1
                 B     3
                 C     7
                 D     5                                                                       (1)

        5.1.3    Die Cor anglais behoort tot watter instrument-familie?

                 A     Koperblasers
                 B     Perkussie
                 C     Houtblasers
                 D     Strykers                                                                (1)

        5.1.4    Met watter beweging van ŉ sonate/simfonie word die Rondo
                 geassosieer?

                 A     1ste
                 B     2de
                 C     3de
                 D     4de                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    MUSIEK V1                           (EC/SEPTEMBER 2016)

       5.1.5     Hoeveel sestiende note pas in ŉ gepunteerde heelnoot?

                 A    8
                 B    14
                 C    12
                 D    24                                                                        (1)

       5.1.6     Watter DRIE elemente definieer musikale vorm?

                 A    Variasie, Maatlyne, Melodie
                 B    Toonkleur, Herhaling, Artikulasie
                 C    Kontras, Dinamiek, Toonkleur
                 D    Herhaling, Variasie, Vorm                                                 (1)

       5.1.7     Watter EEN van die volgende is nie ŉ artikulasie-aanduiding nie?

                 A    Staccato
                 B    Tenuto
                 C    Fermata
                 D    Legato                                                                    (1)

       5.1.8     A cappella verwys na ŉ …..

                 A    skielike toename in tempo.
                 B    concerto-solis.
                 C    werk wat sonder begeleiding uitgevoer word.
                 D    tromboon-demper.                                                          (1)

       5.1.9     ŉ Chromatiese interval verwys na ŉ interval waar …

                 A    twee tone tegelyk saamklink.
                 B    beide intervalle in die gegewe toonsoort voorkom .
                 C    een of beide note is omgekeer.
                 D    een of beide note kom nie in die gegewe toonsoort voor nie .              (1)

       5.1.10    ŉ Coda word gewoonlik aangetref …

                 A    na ŉ toonsoort-verandering.
                 B    aan die einde van ŉ stuk.
                 C    tydens die ontwikkeling.
                 D    voor die uiteensetting.                                                   (1)

Copyright reserved                                                           Please turn over

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                        MUSIEK V1                                          15

5.2     Beantwoord die volgende vrae in verband met die musiekindustrie.

        5.2.1    Waarvoor staan die akroniem SAMRO?                                             (1)

        5.2.2    Wat is die funksie van SAMRO?                                                  (1)

        5.2.3    Michael Jackson is oorlede in 2009. In watter jaar sal die kopiereg op
                 sy komposisies verval?                                                         (1)

5.3     Noem DRIE wyses waarop ŉ nuwe komposisie geregistreer kan word.                         (3)

5.4     Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is..

        5.4.1    Roof-opnames is egte opnames wat onwettig gekopieer word.

        5.4.2    Musiekroof (musiek ‘piracy’) het nie ŉ negatiewe effek op die
                 musiekindustrie nie.

        5.4.3    Kopiereg gee komponiste die reg om hulle musiekwerke te
                 herproduseer en om hulle musiekkopieë te versprei.

        5.4.4    Aanlyn-roof verwys slegs na die onwettige aflaai van films.
                                                                                    (4 x 1)     (4)

                                                                TOTAAL AFDELING B:                  20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                      MUSIEK V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

Beantwoord AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1      Hoeveel simfonieë het Beethoven gekomponeer?                                      (1)

6.2      Wat is die ooreenkoms tussen Fingal se Grot Op.26 en die opening van Die
         Towerfluit?                                                                       (1)

6.3      Wat is die verskil tussen ŉ simfonie en ŉ simfoniese gedig/toondig?               (2)

6.4      Na watter antieke geheime orde word in Die Towerfluit verwys?                     (1)

6.5      Noem EEN bekende werk deur Mendelssohn (Fingal se Grot uitgesluit).               (2)

6.6      Behalwe opera, noem nog TWEE genres waarin Mozart gekomponeer het.                (2)

6.7      Wat is die verskil tussen opera seria en opera comique?                           (2)
                                                                                          [10]

VRAAG 7

7.1     Die Mannheimskool het ŉ belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die
        orkes en simfonie.

        7.1.1    Wie en wat was die Mannheimskool?                                         (2)

        7.1.2    Gee VYF stilistiese ontwikkelings wat die Mannheimskool ingestel
                 het.                                                                      (5)

7.2     Kombineer die stemtipe in KOLOM B met die korrekte karakter in KOLOM A.
        Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (7.2.1–7.2.3) in die
        ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 7.2.4 E.

                      KOLOM A                                KOLOM B
        7.2.1    Sarastro                       A      Koloratuursopraan

        7.2.2    Papageno                       B      Bas

        7.2.3    Koningin van die Nag           C      Bariton
                                                                                (3 x 1)    (3)
                                                                                          [10]

Copyright reserved                                                             Please turn over

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                       MUSIEK V1                                         17

VRAAG 8

8.1      Gebruik die volgende lys van elemente om ‘n paragraaf te skryf oor die
         stylkenmerke van die Romantiese periode.

            Melodie                                                                  (1)
            Harmonie                                                                 (1)
            Tonaliteit                                                               (1)
            Tekstuur                                                                 (1)
            Ritme                                                                    (1)

8.2      Beskryf die Hebrides Ouverture Op. 26 van Mendelssohn deur te verwys
         na die toonsoort, vorm en basiese instrumentasie van die werk.               (4)

8.3      Waar het Mendelssohn sy inspirasie gevind vir die Hebrides Ouverture?        (1)
                                                                                     [10]

VRAAG 9

Skryf ŉ artikel vir die Gramophone-tydskrif se lesers waarin jy die EERSTE en
VIERDE beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6, opus 68 breedvoerig
verduidelik. Verwys na die volgende riglyne:

     Titels van bewegings                                                           (2)
     Tydmaattekens                                                                  (2)
     Toonsoorte                                                                     (2)
     Vorms                                                                          (2)
     Enige DRIE kenmerke van die bewegings                                          (6)
     Styl en taalgebruik                                                            (2)
                                                                        (16 ÷1.6)    [10]

                                                          TOTAAL AFDELING C:           40

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
    18                                       MUSIEK V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 10

10.1       In watter stad het jazzmusiek volgens bewering ontstaan?                                   (1)

10.2       Watter jazzgroep het “vary-oo-vum” gekomponeer?                                            (1)

10.3       Behalwe Miriam Makeba, gee nog TWEE voorbeelde van vroeë jazz-sangers.                     (2)

10.4       Waar het Kwêla ontstaan?                                                                   (1)

10.5       Watter jazzstyl maak van beide rock en funk gebruik?                                       (1)

10.6       Watter instrument bespeel Abdullah Ibrahim?                                                (1)

10.7       Watter Suid-Afrikaanse groep het die album “Township Bop” vrygestel?                       (1)

10.8       10.8.1   Wat is die naam van Miriam Makeba se internasionale treffer?                      (1)

           10.8.2   In watter jaar is hierdie liedjie vrygestel?                                   (1)
                                                                                                  [10]

VRAAG 11

Jy word gevra om ŉ persverklaring te skryf vir ŉ opkomende huldeblyk aan Johannes
“Spokes” Mashiyane. Jou artikel moet die volgende inligting bevat:

        Sy hoofinstrument                                                                            (1)
        Musiekstyl en kenmerke van die styl                                                          (4)
        Musikale inspirasie                                                                          (1)
        EEN album                                                                                    (1)
                                                                                                      [7]

VRAAG 12

12.1       Skryf kort aantekeninge oor die jazzgroep Voice. Jou aantekeninge moet die
           volgende insluit:

              TWEE orkeslede
              Styl en invloed van die groep                                                          (4)

12.2       Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is.

           12.2.1   Bebop maak gebruik van vinnige toonlere en arpeggio’s.

           12.2.2   Marabi-styl is diep gewortel in ragtime en blues.

           12.2.3   Kwêla bestaan uit SEWE verskillende akkoordveranderings.

           12.2.4   Mbaqanga is ŉ Suid-Afrikaanse musiekstyl van Xhosa-afkoms.         (4 x 1)        (4)
                                                                                                      [8]

    Copyright reserved                                                             Please turn over

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                       MUSIEK V1                                        19

VRAAG 13

Die Jazz Epistles was die eerste belangrike orkes van sy soort in Suid-Afrika.

Skryf ‘n opstel oor die orkes se loopbaan met verwysing na die volgende punte:

     Orkeslede                                                             (6 ÷ 2)      (3)
     Instrumente                                                           (6 ÷ 2)      (3)
     Karaktereienskappe van die musiek                                                  (5)
     Die karakterisering van Jazz tydens die Apartheidsjare                             (2)
     EEN album                                                                          (1)
     Styl en taalgebruik                                                                (1)
                                                                                        [15]

                                                           TOTAAL AFDELING D:           40

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                       MUSIEK V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 14

14.1      Tot watter instrumentegroep behoort die uhadi?                                 (1)

14.2      Wat is ŉ Chronicler?                                                           (2)

14.3      Definieer die term Ululasie.                                                   (1)

14.4      Watter styl assosieer jy met Dolly Rathebe?                                    (1)

14.5      Wat word bedoel met ‘die gemengde strukturele vorm’?                           (2)

14.6      Gee ŉ moderne Engelse woord vir ‘mondtromspel’.                                (1)

14.7      Gee TWEE styleienskappe van vrye kiba musiek.                                  (2)
                                                                                        [10]

VRAAG 15

Jy word versoek om ŉ kort persverklaring te skryf vir ŉ Isicathamiya-koorkompetisie.
Jou artikel moet die volgende inligting bevat:

    Definisie van die woord                                                             (2)
    Stylkenmerke van die musiek                                                         (4)
    EEN belangrike album en die komponis(te)                                            (2)
                                                                                         [8]

VRAAG 16

Skryf ŉ insetsel vir Wikipedia oor Afro Soul, waarin jy die stylkenmerke asook die
tipiese instrumentasie van dié musiekstyl beskryf. Gee ook TWEE voorbeelde van
Suid-Afrikaanse Afro Soul-kunstenaars.

    Stylkenmerke                                                                        (3)
    Instrumentasie                                                        (4 ÷ 2)       (2)
    TWEE kunstenaars                                                                    (2)
                                                                                         [7]

Copyright reserved                                                           Please turn over

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      MUSIEK V1                                       21

VRAAG 17

Skryf ‘n opstel oor Maskandi-musiek. Bespreek die volgende aspekte in jou opstel:

   Kulturele oorsprong                                                                 (2)
   Tipiese instrumentasie                                                              (5)
   Stylkenmerke van die musiek                                                         (5)
   DRIE kunstenaars wat ŉ invloed gehad het op die internasionale blootstelling
    van Maskandi                                                                        (3)
                                                                                       [15]

                                                           TOTAAL AFDELING E:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            120

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
22                            MUSIEK V1            (EC/SEPTEMBER 2016)

Copyright reserved                                    Please turn over

## Related documents

- [MUSIC P1 GR12 SEPT2016 AFR MEMO](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-memo/4d4b54b4-810a-4704-8eba-438e9dcc9569) — Music · Memo · 2016 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2016 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-eng-memo/1663f014-6e87-418f-aac8-7124e9e7887e) — Music · Memo · 2016 · Eng
- [Gr12 MUSC P2 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-musc-p2-s16-qp-afr/d8ed50ad-0572-45a6-acf0-381a7dfc88d5) — Music · QP · 2016 · Afr
- [Music P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2016-afr/6ef406ea-3f29-425c-bce9-ec90aaa54ae8) — Music · QP · 2016 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-english/098c79db-0f02-47dd-862c-c5cb8ce21c72) — Music · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
