# Music Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    MUSIEK V1

                                        2019

                                                                       PUNTE: 120

                                                                         TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                                 DBE/2019
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C óf D óf E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C óf D óf E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                          DBE/2019
                                    SS/NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE   NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1           20
    (VERPLIGTEND)
                              2           15
                              3           10
                              4           15
                          SUBTOTAAL       60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5           20
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL       20
                                    EN
 C: WKM                       6           10
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10           15
                          SUBTOTAAL       40
                                    OF
 D: JAZZ                     11           10
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15           15
                          SUBTOTAAL       40
                                    OF
 E: IAM                      16           10
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20           15
                          SUBTOTAAL       40

                        GROOTTOTAAL       120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      4                                       DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                        (90 minute)
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.
VRAAG 1                                                                       (25 minute)
1.1         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            1.1.1     Noem die verwante dominante toonsoort van hierdie werk.
                      ____________________________________________________                          (1)

            1.1.2     Noem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand.
                      (a) __________________________________________________

                      (b) __________________________________________________                        (2)

            1.1.3     Transponeer die regterhandparty van mate 7–8 by (e) 'n majeur
                      tweede hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by.

                                                                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      5                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

            1.1.4     Herskryf die melodie in mate 7–8 by (e) in saamgestelde
                      drieslagmaat. Voeg die nuwe tydmaatteken by.

                                                                                                (3)

            1.1.5     Noem die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie.

                      _____________________________________________________                     (2)

1.2      Skryf 'n sekwens vir Motief A in die spasie wat voorsien word.

                                                                                                (2)

1.3     Skryf 'n melodiese omkering vir Motief B soos aangedui.

                                                                                                (1)

1.4     Bestudeer die musiekvoorbeeld en volg die instruksies.

            1.4.1     Omkring VIER opeenvolgende note wat deel van 'n chromatiese
                      toonleer vorm.                                                            (1)

            1.4.2     Omkring EEN noot wat die subdominantnoot van die nuwe
                      toonsoort is.                                                             (1)

            1.4.3     Herskryf die akkoord in die basparty in maat 2 in die altsleutel
                      sonder toonsoortteken.

                                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     6                                        DBE/2019
                                           SS/NSS

1.5     Identifiseer die toonleer wat in elke uittreksel hieronder gebruik word.

        1.5.1

                _______________________________________________________________                         (1)

        1.5.2

                ______________________________________________________________                          (1)

1.6     Skryf die lettername neer van enige TWEE note wat enharmoniese
        ekwivalente van mekaar is.

        ______________________________________________________________                                  (1)
                                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      7                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 2                                                                      (25 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.
2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem
            die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in.

            Instrument: __________________________________

            Tempo: _____________________________________

            Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                         PUNTE-            KANDIDAAT
                         BESKRYWING
                                                       TOEKENNING           SE PUNT

            Vorm en kadenspunte                              3
            Korrektheid
            Nootstele, polse per maat, toevallige            2
            tekens, spasiëring, uitleg
            Kwaliteit
            Toepaslikheid van instrument, tempo,
                                                             10
            artikulasie, dinamiek,
            musikaliteit
            TOTAAL                                           15
                                                                                               [15]

                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      8                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem
            die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in.

            Instrument: __________________________________

            Tempo: _____________________________________

            Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                          PUNTE-           KANDIDAAT
                         BESKRYWING
                                                        TOEKENNING          SE PUNT

            Vorm en kadenspunte                                3
            Korrektheid
            Nootstele, polse per maat, toevallige              2
            tekens, spasiëring, uitleg
            Kwaliteit
            Toepaslikheid van instrument, tempo,
                                                              10
            artikulasie, dinamiek,
            musikaliteit
            TOTAAL                                            15
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  9                                   DBE/2019
                                        SS/NSS

VRAAG 3                                                                   (10 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      10                                    DBE/2019
                                             SS/NSS

            3.1.1     Noem die toonsoort waarheen die uittreksel in mate 5–8 moduleer.

                      ___________________________________________________                         (1)

            3.1.2     Identifiseer akkoorde (a)–(f) en besyfer dit op die partituur. Gebruik
                      slegs Romeinse syfers vir die besyfering, bv. IV.                           (6)

            3.1.3     Noem die kadens gevorm by X. Gebruik die spasie wat voorsien
                      word.                                                                       (1)

            3.1.4     Noem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).

                     (i)   _________________________________________________

                     (ii) _________________________________________________                       (2)
                                                                                                  [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     11                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      Kadens: _______________________

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     12                                DBE/2019
                                            SS/NSS

            3.2.1     Moduleer hierdie uittreksel? ______________________________
                                                                                             (1)

            3.2.2     Identifiseer akkoorde (a)–(f) en besyfer hulle op die partituur.
                      Gebruik akkoordsimbole bokant die akkoorde, bv. Bb/D.                  (6)

            3.2.3     Noem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).

                     (i)   _________________________________________________

                     (ii) _________________________________________________                  (2)

            3.2.4     Noem die kadens in die spasie wat by X in maat 7 en 8 voorsien
                      word.                                                                  (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     13                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en basparty by te voeg.

            Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-         KANDIDAAT SE
                       BESKRYWING
                                                     TOEKENNING          PUNT
             Akkoordprogressie
             Akkoordkeuse, korrekte gebruik van           12
             kadens
             Korrektheid
             Notasie, verdubbeling, spasiëring,           14
             stemvoering
             Kwaliteit
             Musikaliteit, nie-akkoordnote,
             stylbewustheid, kreatiwiteit, bv.            4
             gebruik van kadensiële 6/4 en
             deurgangs 6/4 progressies
             TOTAAL                                  30(÷ 2) = 15
                                                                                                  [15]
                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     14                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in
            die oop spasies op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur
            die gegewe materiaal in maat 1 voorgestel word.

            Die harmonisasie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-         KANDIDAAT SE
                        BESKRYWING
                                                     TOEKENNING          PUNT
             Akkoordprogressie
             Akkoordkeuse, korrekte gebruik van           13
             kadens
             Korrektheid
             Notasie, verdubbeling spasiëring,            13
             stemleiding
             Kwaliteit
             Musikaliteit, nie-akkoordnote,                4
             stylbewustheid, kreatiwiteit

                                                     (30 ÷ 2) = 15                               [15]
             TOTAAL

                                                                TOTAAL AFDELING A:               60

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                  (90 minute)

Antwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek).

Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae/stellings
            gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
            bv. 5.1.11 D.

            5.1.1     Die musiekbedryf bestaan uit maatskappye en individue wat geld
                      verdien deur …

                      A   nuwe liedere en werke te skep.
                      B   komposisies en bladmusiek te bevorder.
                      C   klank- en video-opnames te verkoop.
                      D   Al die bogenoemde

            5.1.2     Kopieregbeskerming duur oor die algemeen vir …

                      A   70 jaar.
                      B   die outeur se lewe plus 30 jaar.
                      C   die outeur se lewe plus 50 jaar.
                      D   100 jaar.

            5.1.3     Om 'n CD vir verspreiding te produseer, word ... benodig.

                      A   naaldtydregte ('needletime rights')
                      B   meganiese regte
                      C   geleende regte
                      D   kopiereg

            5.1.4     Tantieme vir uitvoeringsregte word aan 'n liedjieskrywer betaal
                      wanneer een van sy/haar liedjies …

                      A   lewendig uitgevoer word.
                      B   oor die radio uitgesaai word.
                      C   in die skoolsaal gespeel word.
                      D   Al die bogenoemde

            5.1.5     Die beste manier om jou komposisie se kopiereg te beskerm, is
                      om dit …

                      A   by SAMRO te registreer.
                      B   op die internet te adverteer.
                      C   so dikwels as moontlik uit te voer.
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       16                                     DBE/2019
                                              SS/NSS

            5.1.6     EEN van die verantwoordelikehede van 'n musiekregte-organisasie
                      is om …

                      A   'n pensioenfonds namens hulle lede te administreer.
                      B   die inkomstebelasting van die kunstenaar te administreer.
                      C   die redigering van kunstenaars se werke te administreer.
                      D   Al die bogenoemde

            5.1.7     Musiekrowery is ...

                      A   die aflaai van musiek van die internet sonder om daarvoor te
                          betaal.
                      B   die duplisering van CD's vir gratis verspreiding.
                      C   die verkoop van opnames wat kopieë van oorspronklike
                          opnames is.
                      D   Al die bogenoemde

            5.1.8     'n Sterk geaksentueerde noot word met … aangedui.

                      A   sp
                      B   sf
                      C   ff
                      D   fp

            5.1.9     Tremolo is 'n musikale effek wat geskep word deur …

                      A   vinnig te speel met 'n demper.
                      B   die snare intens te pluk.
                      C   'n enkel noot vinnig te herhaal.
                      D   'n enkele ritmiese motief vinnig te herhaal.

            5.1.10    Vivace beteken 'n ...

                      A   verandering in tempo.
                      B   vrolike stemming.
                      C   lewendige tempo.
                      D   Al die bogenoemde                                                         (10)

5.2         Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
            neer.

            5.2.1     Struktuur in musiek verwys na die algehele vorm van 'n stuk.

            5.2.2     Struktuur in musiek verwys na die getal partye in 'n stuk.

            5.2.3     Die A-seksie van tweeledige vorm eindig meesal in die tonika-
                      toonsoort.

            5.2.4     Daar word na die drieledige vorm as ABA-vorm verwys.

            5.2.5     Menuet en trio-vorm word met saamgestelde drieledige vorm
                      geassosieer.                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  17                                      DBE/2019
                                         SS/NSS

5.3         Kies enige VYF instrumente in KOLOM A en pas elke instrument by die
            korrekte inligting in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–I) langs die
            vraagnommers (5.3.1 tot 5.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 5.3.8 J.

                      KOLOM A                             KOLOM B
            5.3.1 Klarinet                 A      membranofoon

            5.3.2 Tuba                     B      E is die laagste toonhoogte op hierdie
                                                  instrument
            5.3.3 Fagot
                                           C      enkelrietinstrument
            5.3.4 Viool
                                           D      skudkoker
            5.3.5 Mbira
                                           E      laagste dubbelriet-instrument
            5.3.6 Kontrabas
                                           F      G is die laagste toonhoogte op hierdie
            5.3.7 Moropa                          instrument

                                           G      geplukte idiofoon

                                           H      mondboog

                                           I      gebruik 'n ventielstelsel om klank te
                                                  produseer
                                                                                   (5 x 1)      (5)

                                                                TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     18                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Verduidelik DRIE     voordragtegnieke    wat   deur    die   Mannheim-skool
            bekendgestel is.                                                                   (3)

6.2         Vergelyk die simfonie met die simfoniese toondig.                                  (2)

6.3         Gee die tempo-aanduiding van die eerste en vyfde bewegings van Beethoven
            se Simfonie Nr. 6.                                                                 (2)

6.4         Verduidelik hoe die struktuur van Beethoven se Simfonie Nr. 6 van die tipiese
            Klassieke simfoniese model verskil.                                                (2)

6.5         Watter houtblaasinstrument is by Beethoven se Simfonie Nr. 6 gevoeg?               (1)
                                                                                               [10]

VRAAG 7

Beskryf die eerste tema van die Hebrides Ouverture deur Mendelssohn.                           [5]

VRAAG 8

Motiveer waarom Beethoven se Simfonie Nr. 6 en Mendelssohn se Hebrides
Ouverture programmatiese elemente bevat.                                                       [5]

VRAAG 9

Beskryf rondovorm OF menuet en trio-vorm.                                                      [5]

VRAAG 10

Skryf 'n opstel waarin jy Mozart se opera, Die Towerfluit, as 'n uitstekende voorbeeld
van 'n Singspiel bespreek. Fokus op die elemente van die genre en verwys na
voorbeelde uit hierdie opera om jou antwoord te motiveer. MOENIE slegs die storie
vertel NIE.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                     KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
 Styleienskappe van Singspiel                                      6
 Voorbeelde uit Die Towerfluit                                     6
 Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel                 3
 TOTAL                                                             15                          [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Beskryf kortliks die musiek van Feya Faku.                                        (3)

11.2        Noem EEN internasionale styl of kunstenaar wat Sakhile en Sipho Gumede
            se musiek beïnvloed het.                                                          (1)

11.3        Vergelyk die stemtipe en klankgehalte van TWEE van die volgende jazz-
            sangers: Miriam Makeba, Dolly Rathebe, Thandi Klaasen                             (2)

11.4        Noem EEN kunstenaar in die groep Voice en noem die instrument wat hy/sy
            speel.                                                                            (2)

11.5        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar'
            of 'onwaar' langs die vraagnommers (11.5.1 tot 11.5.2) in die
            ANTWOORDEBOEK neer.

            11.5.1    Mbaqanga is 'n Suid-Afrikaanse musiekstyl wat sy oorsprong in die
                      Xhosa-kultuur het.

            11.5.2    Marabi-styl is diep in ragtime en blues gegrond.                        (2)
                                                                                              [10]

VRAAG 12

Beskryf die styleienskappe van die musiek waarvoor Spokes Mashiyane, Lemmy
Mabaso of Elias Lerole baie bekend is.                                                        [5]

VRAAG 13

Watter plaaslike en inheemse elemente het 'n invloed op Cape jazz gehad?                      [5]

VRAAG 14

Bespreek die musiekstyleienskappe van The Brotherhood of Breath en noem 'n
verteenwoordiger van die orkes.                                                               [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      20                              DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 15

Kies EEN van die volgende kunstenaars/orkeste:

     The Jazz Epistles
     Gideon Nxumalo
     Todd Matshikiza
     Phillip Tabane

Skryf 'n opstel waarin jy die agtergrond en styleienskappe van jou gekose kunstenaar/
orkes bespreek. Noem TWEE verteenwoordigende albums/treffers.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                       KRITERIA                           PUNTETOEKENNING
    Agtergrond                                                   2
    Styleienskappe                                               8
    Albums/Trefferliedjies                                       2
    Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel            3
    TOTAAL                                                       15                         [15]

                                                              TOTAAL AFDELING D:            40

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          21                                DBE/2019
                                                 SS/NSS

AFDELING E: IAM

VRAAG 16

16.1        Watter VIER van die stellings hieronder is kenmerke van mbaqanga?
            Skryf slegs die vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.

            16.1.1    2/4-tyd

            16.1.2    Koorsang

            16.1.3    Simmetriese frases en AB-struktuur

            16.1.4    Beïnvloed deur marabi en township-jazz

            16.1.5    12 maat-blues-struktuur

            16.1.6    Lirieke slegs in isiZulu

            16.1.7    Bas- en elektriese kitaar speel 'n prominente rol                          (4)

16.2        Hoe leer inheemse Suid-Afrikaanse volke van verskillende kulture hulle
            kinders tradisionele liedere en danse?                                               (3)

16.3        Noem die eerste internasionale kunstenaar wat saam met Ladysmith Black
            Mambazo gewerk het en hulle musiek internasionaal gewild maak het.                   (1)

16.4        Watter EEN van die instrumente hieronder word NIE in die gegewe style
            gebruik NIE? Skryf jou antwoord langs die vraagnommer in jou
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.4.3 trekklavier.

            16.4.1    VRYE KIBA:
                        Moropa wa diatla              Malombo             konsertina             (1)

            16.4.2    MBAQANGA:

                            kontrabas                     orrel             kitaar               (1)
                                                                                                 [10]

VRAAG 17

Beskryf die stemming van snare en speeltegnieke van die kitaar in maskanda.                      [5]

VRAAG 18

Verduidelik die rol van musiek in Afrika tradisionele rituele. Gee toepaslike rituele uit
jou gemeenskap.                                                                                  [5]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   22                                 DBE/2019
                                          SS/NSS

VRAAG 19

Beskryf isicathamiya ten opsigte van oorsprong en kenmerke.                               [5]

VRAAG 20

Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe Phillip Tabane malombo tot 'n gewilde
musiekstyl ontwikkel het. Verwys ook na sy vokale en kitaarspeeltegnieke.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                     KRITERIA                             PUNTETOEKENNING
 Ontwikkeling van malombo-musiek                                 4
 Vokale tegniek                                                  4
 Kitaarspel-tegniek                                              4
 Logiese uiteensetting en struktuur van die opstel               3
 TOTAAL                                                          15                       [15]

                                                              TOTAAL AFDELING E:          40
                                                                  GROOTTOTAAL:            120

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          DBE/2019
                                SS/NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-eng/c969e7f9-4077-4bd4-b656-d159ca2ee3b8) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-memo-eng/4b7278fa-8899-4f1d-8e0b-28e4a5d6d076) — Music · Memo · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-memo-afr/f8a11eb3-cb08-4c79-b070-667225196f1d) — Music · Memo · 2019 · Afr
- [Music P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2019-eng/c698734b-07b1-4c0a-8e90-d034c762303d) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — Music · QP · 2023 · Afr
- [Music P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-afr/b1ddc72e-e5b9-44f4-ba22-47c08b53fb6b) — Music · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
