# Music Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-afr/1cba30c6-c355-4ae6-b2dc-585ddb7160f2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-afr/1cba30c6-c355-4ae6-b2dc-585ddb7160f2)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    MUSIEK V1

                                        2022

                                                                       PUNTE: 120

                                                                         TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

          Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).

4.          Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
            in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                             DBE/2022
                                    SS/NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE   NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1           15
    (VERPLIGTEND)
                              2           15
                              3           15
                              4           15
                          SUBTOTAAL       60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5           10
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL       10
                                    EN
 C: IAM                       6           15
                              7              7
                              8              5
                              9              8
                             10           15
                          SUBTOTAAL       50
                                    OF
 D: JAZZ                     11           15
                             12              7
                             13              5
                             14              8
                             15           15
                          SUBTOTAAL       50
                                    OF
 E: WKM                      16           15
                             17              7
                             18              5
                             19              8
                             20           15
                          SUBTOTAAL       50

                        GROOTTOTAAL       120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    4                                 DBE/2022
                                          SS/NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                  (90 minute)

Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 ÓF 2.2 ÓF 2.3
EN VRAAG 3.1 ÓF 3.2
EN VRAAG 4.1 ÓF 4.2.

VRAAG 1                                                                 (25 minute)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Benoem die toonsoort waarheen hierdie uittreksel moduleer.

                                                                                             (1)

1.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.1.

                                                                                             (1)

1.3     Skryf die korrekte tydmaatteken op beide notebalke in die blokkie wat op die
        partituur verskaf is.                                                                (1)

1.4     Benoem die interval by (a) volgens tipe en afstand.

                                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    5                                      DBE/2022
                                          SS/NSS

1.5     Benoem die omkering van die interval by (b) volgens tipe en afstand.

                                                                                                  (1)

1.6     Beskryf die drieklank by (M) volgens tipe en posisie.

                                                                                                  (1)

1.7     Herskryf die drieklank by (N) in die altsleutel en behou dieselfde toonhoogte.

                                                                                                  (1)

1.8     Herskryf (X) deur 'n ooreenstemmende saamgestelde tydmaatteken te gebruik.
        Maak seker dat die musiek dieselfde klink. Voeg die nuwe tydmaatteken by.

                                                                                                  (2)

1.9     Transponeer (Y) 'n majeur sekunde (2de) laer. Dui die nuwe toonsoortteken
        aan.

                                                                                                  (2)

1.10    Gee 'n Italiaanse term vir die haarnaaldteken in maat 5.

                                                                                                  (1)

1.11    Watter TWEE note sal in maat 5 (G-sleutel) weggelaat moet word om 'n majeur
        pentatoniese toonleer te vorm wat op E-mol begin? Omkring hierdie TWEE
        note op die partituur.                                                                    (1)

1.12    Verander die gegewe toonleer van maat 4 hieronder na 'n opgaande melodiese
        mineurtoonleer wat op E-mol begin.

                                                                                                  (1)

1.13    Omkring EEN melodiese omkering van die motief (Z) in maat 6 tot 7 in die
        boonste stemparty.                                                                        (1)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       6                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 2                                                                      (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2 ÓF VRAAG 2.3.

2.1         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
            enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.

Instrument: __________________________

Tempo:          __________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                             BESKRYWING                               MAKS.        PUNT
  Vorm en kadenspunte                                                    3

  Korrektheid:
                                                                         2
  Nootstele, polse per maat, skuiftekens, spasiëring, groepering
  Kwaliteit:
  Geskiktheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en           10
  musikaliteit
  TOTAAL                                                                15
                                                                                                   [15]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       7                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

2.2         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
            enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.

Instrument:      __________________________

Tempo:          __________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                             BESKRYWING                              MAKS.        PUNT
  Vorm en kadenspunte                                                   3

  Korrektheid:
                                                                        2
  Nootstele, polse per maat, skuiftekens, spasiëring, groepering
  Kwaliteit:
  Geskiktheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en          10
  musikaliteit
  TOTAAL                                                               15
                                                                                                  [15]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      8                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

2.3         Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie om 'n twaalfmaat-melodie in
            drieledige vorm vir 'n stem te skep. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte
            tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet
            NIE lirieke byvoeg NIE.

Stemtipe:       __________________________

Tempo:          __________________________

      Do is F

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                             BESKRYWING                               MAKS.        PUNT
  Vorm en kadenspunte                                                    3

  Korrektheid:
                                                                         2
  Solfanotasie, dubbelpunte, kommapunte en aandagstrepe
  Kwaliteit:
                                                                        10
  Geskiktheid van omvang, tempo, dinamiek en musikaliteit
  TOTAAL                                                                15
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      9                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3                                                                    (10 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

            3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) op die partituur deur Romeinse
                     syfers te gebruik, bv. viio6/viiob.                                        (8)

            3.1.2    Benoem die kadens by maat 7 tot 8.
                                                                                                (1)
            3.1.3    Lewer kommentaar op die baslyn in maat 1 tot 32.

                                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          10                                 DBE/2022
                                                 SS/NSS

            3.1.4    Identifiseer die foutiewe stemvoering wat deur die hakies in
                     maat 73 tot 81 aangedui word. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
                     blokkie.

                                  Stemvoering                            Antwoord
                      Skuinsbeweging
                      Parallelle kwinte (5des)
                      Beweging in teenoorgestelde rigting
                      Parallelle oktawe                                                             (1)

            3.1.5    Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

                     (i)

                     (ii)

                     (iii)

                     (iv)                                                                           (4)
                                                                                                    [15]

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

            3.2.1    Identifiseer die akkoorde by (a) tot (h) en skryf akkoordsimbole in die
                     spasies verskaf bokant die balke, bv. Bb/D.                                     (8)

            3.2.2    Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word.

                                                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     12                                 DBE/2022
                                            SS/NSS

            3.2.3    Lewer kommentaar op die harmoniese funksie van die B-noot in die
                     G-sleutel by maat 12.

                                                                                               (1)

            3.2.4    Wat is ongewoon aan die subdominant-akkoord in maat 10?

                                                                                               (1)

            3.2.5    Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

                     (i)

                     (ii)

                     (iii)

                     (iv)                                                                      (4)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        13                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 4                                                                         (30 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1         4.1.1    Demonstreer 'n kadensiële tweede-omkering-akkoordprogressie met
                     'n onderbroke kadens.

                                                                                                     (3)

            4.1.2    Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die
                     alt-, tenoor- en baspartye by te voeg.

Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                           BESKRYWING                                MAKS.        PUNT
 Korrektheid:
                                                                       10
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Akkoordprogressie:
                                                                        9
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Kwaliteit:
                                                                        5
 Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit
                                                                     (24 ÷ 2)
 TOTAAL
                                                                       = 12                          (12)
                                                                                                     [15]
                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        14                                   DBE/2022
                                               SS/NSS

4.2         4.2.1    Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde by die
                     bassleutel in te vul. Gebruik heelnote.

                                                                                                    (3)

            4.2.2    Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal by te
                     voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat
                     1 en 2 gesuggereer word.

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                            BESKRYWING                              MAKS.        PUNT
 Korrektheid:
                                                                      10
 Notasie, spasiëring, stemvoering
 Akkoordprogressie:
                                                                       8
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Kwaliteit:
                                                                       6
 Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit
                                                                    (24 ÷ 2)
 TOTAAL
                                                                      = 12                          (12)
                                                                                                    [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 60

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      15                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                    (90 minute)

AFDELING B, C, D en E moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer,
            bv. 5.1.6 E.

            5.1.1    Die funksie van 'n musiekregte-maatskappy is om …
                     A     digitale lisensies uit te reik.
                     B     opdrag vir nuwe komposisies te gee.
                     C     kopiereg van musiek te beheer.
                     D     Al die bogenoemde                                                         (1)
            5.1.2    Die eienaarskap wat 'n liedjieskrywer oor sy/haar musiek het, word …
                     genoem.
                     A     tantième
                     B     'n handelsmerk
                     C     kopiereg
                     D     Geeneen van die bogenoemde nie                                            (1)
            5.1.3    Intellektuele eiendom (IE) is …
                     A     die persoonlike of groepeienaarskap van 'n idee of konsep.
                     B     'n moontlike bron van inkomste vir kunstenaars.
                     C     geregistreer en deur kopiereginsamelingsmaatskappye beskerm.
                     D     Al die bogenoemde                                                         (1)
            5.1.4    Geroofde opnames …
                     A     word slegs vanaf aanlyn platforms afgelaai.
                     B     is onwettige kopieë van wettige opnames.
                     C     is opnames in die publieke domein.
                     D     Geeneen van die bogenoemde nie                                            (1)

            5.1.5    Uitvoerregtetantièmes word …
                     A     aan die liedjieskrywer betaal elke keer wanneer die lied op
                           enige soort opnametoestel gereproduseer of gekopieer word.
                     B     aan die liedjieskrywer betaal wanneer sy/haar lied vanaf 'n
                           aanlyn platform afgelaai word.
                     C     betaal elke keer wanneer 'n lied in die openbaar gespeel word.
                     D     deur SAMPRA geadministreer.                                               (1)

5.2         Verduidelik die proses, die rolspelers ingesluit, in die musiekbedryf vanaf die
            oorsprong van 'n musikale idee tot die publikasie van die bladmusiek en die
            uitvoer van die werk by 'n lewende konsert.                                              (5)
                                                                   TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      16                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 6

6.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
            bv. 6.1.6 E.

            6.1.1    Die skiffle-agtige maatslag word algemeen in ... gebruik.

                     A    malombo
                     B    mbaqanga
                     C    kwêla
                     D    maskanda                                                                    (1)

            6.1.2    Thee Legacy…

                     A    is 'n moderne isicathamiya-groep.
                     B    gebruik 'beat boxing' in hulle uitvoerings.
                     C    word deur Ladysmith Black Mambazo beïnvloed.
                     D    Al die bogenoemde                                                           (1)

            6.1.3    Die kitaar is in maskanda ingevoer omdat …

                     A    die klank die naaste aan die umakhweyane se klank was.
                     B    dit maklik in die stede beskikbaar was.
                     C    'n maskandi homself kon begelei terwyl hy sing.
                     D    Al die bogenoemde                                                           (1)

            6.1.4    'n Term wat na afwisselende sang tussen 'n solis en 'n groep
                     verwys, word … genoem.

                     A    krepitasie
                     B    roep en antwoord
                     C    isihlabo
                     D    izibongo                                                                    (1)

            6.1.5    'n Tipiese kenmerk van Soul Brothers se musiek is …

                     A    'n prominente orrelklank.
                     B    a cappella-sang.
                     C    die gebruik van amafahlakwane.
                     D    'n harmoniese progressie ontleen aan twaalfmaat-blues.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      17                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

6.2         Beskryf die gebruik van harmonie in marabi.                                            (1)

6.3         Noem TWEE instrumente wat algemeen in malombo gebruik word.                            (2)

6.4         Dui aan of die volgende stellings met betrekking tot isicathamiya WAAR of
            ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers
            (6.4.1 tot 6.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

            6.4.1     Isicathamiya is in die Verenigde State            van Amerika deur
                      Paul Williams gewild gemaak.

            6.4.2     Isicathamiya-groepe sing in vierstemmige harmonie met 'n solis.

            6.4.3     Isicathamiya het uit imbube ontwikkel.                                       (3)

6.5         Noem TWEE invloede (internasionaal of plaaslik) op Philip Tabane se
            musiek.                                                                                (2)

6.6         Verduidelik die term poliritme in inheemse Afrika-musiek.                              (2)
                                                                                                   [15]

VRAAG 7

Skryf 'n paragraaf waarin jy die ooreenkomste (4 punte) en verskille (3 punte) tussen
die volgende liedjies bespreek:

     Melodi Yalla (Mahlathini and the Mahotella Queens)
     Wamuhle (Soul Brothers)                                                                      [7]

VRAAG 8

Beskryf die rol van musiek in tradisionele Afrika-inisiasie-rituele.                               [5]

VRAAG 9

9.1         Noem die lied en kunstenaar vir die uittreksel hieronder.                              (2)
            Do is C

9.2         Bespreek die vokale (3 punte) en instrumentale (3 punte) stylkenmerke van
            maskanda in die lied waarna in VRAAG 9.1 verwys word.                                  (6)
                                                                                                   [8]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     18                               DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 10

Skryf 'n opstel oor die kenmerkende elemente van kwêla (harmonie, melodie en ritme)
en hoe dit deur die jare populêre opgang gemaak het. Verwys in jou bespreking na
EEN kunstenaar en EEN trefferliedjie/album.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                      KRITERIA                         PUNTETOEKENNING
 Elemente                                                     6
 Populêre opgang                                              4
 Kunstenaar en trefferliedjie/album                           2
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel               3
 TOTAAL                                                       15                             [15]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            50

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
            bv. 11.1.6 E.

            11.1.1   Tremolo's en toontrosse is algemene klavierkenmerke in …

                     A    kwêla.
                     B    malombo.
                     C    Cape jazz.
                     D    ragtime.                                                                 (1)

            11.1.2   The Blue Notes …

                     A    was 'n avant-garde jazz-orkes.
                     B    het in die 1960's bekendheid verwerf.
                     C    was 'n veelrassige jazz-orkes wat plaaslik opgetree het.
                     D    Al die bogenoemde                                                        (1)

            11.1.3   Feya Faku het musikaal met … saamgewerk.

                     A    Chris McGregor
                     B    Abdullah Ibrahim
                     C    Dave Brubeck
                     D    Al die bogenoemde                                                        (1)

            11.1.4   'n 32-maat-liedvorm word as … voorgestel.

                     A    ABA-koda
                     B    AABA
                     C    ABBA
                     D    AB                                                                       (1)

            11.1.5   'n Tipiese stylkenmerk van Zim Ngqawana se musiek is …

                     A    'n mengsel van bop, funk, vokale dreunsang, Indiese, Xhosa-
                          en Westerse klassieke musiekelemente.
                     B    die gebruik van 'n mbaqanga-kitaarstyl.
                     C    'n gekommersialiseerde Afro-pop-klank.
                     D    'n mengsel van blues, township-jazz, ghoema, kerkorkeste,
                          langarm, Afrika- en Westerse musiekelemente.                             (1)

11.2        Gee 'n kort beskrywing van die gebruik van harmonie in marabi.                         (1)

11.3        Noem TWEE instrumente, behalwe die tromstel en kitaar, wat algemeen in
            marabi gebruik word.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     20                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

11.4        Dui aan of die volgende stellings met betrekking tot Kaapse jazz WAAR of
            ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers
            (11.4.1 tot 11.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

            11.4.1   Melodieë kombineer invloede van die Khoi-Khoi- en San-melodieë
                     met Polinesiese sillabiese style.

            11.4.2   Dit word gekenmerk deur draagbare instrumente vir straatfeeste, bv.
                     koperblaasinstrumente, banjo's, kitare en perkussie.

            11.4.3   Baie liedjies het 'n sterk onderliggende ghoema-maatslag.     (3 x 1)        (3)

11.5        Noem TWEE internasionale invloede op Miriam Makeba se musiek.                         (2)

11.6        Beskryf kortliks Chris McGregor se bydrae tot die ontwikkeling van big band-
            jazz.                                                                                 (2)
                                                                                                  [15]

VRAAG 12

Beskryf die algemene stylkenmerke van mbaqanga wat in die liedjie Ujomela deur
Makgona Tsohle Band gevind word.                                                                  [7]

VRAAG 13

Skryf 'n paragraaf oor Kaapse jazz soos dit in die liedjie Mannenberg deur
Abdullah Ibrahim (Dollar Brand) voorkom. Verwys na die musiekelemente: ritme,
harmonie en tekstuur.                                                                             [5]

VRAAG 14

14.1        Noem enige TWEE kunstenaars wat met die Jazz Epistles geassosieer word.               (2)

14.2        Bespreek hoe die Jazz Epistles Suid-Afrikaanse jazz bevorder het en
            internasionale erkenning verseker het.                                                (6)
                                                                                                  [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     21                                 DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 15

Skryf 'n opstel oor die kenmerkende elemente van kwêla (harmonie, melodie en ritme)
en hoe dit oor die jare populêre opgang gemaak het. Verwys in jou bespreking na EEN
kunstenaar en EEN trefferliedjie/album.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                         KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Elemente                                                              6
 Populêre opgang                                                       4
 Kunstenaar en trefferliedjie/album                                    2
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                        3
 TOTAAL                                                               15                      [15]

                                                                TOTAAL AFDELING D:            50

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      22                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 16

16.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
            bv. 16.1.6 E.

            16.1.1     Die korrekte betekenis van 'senza' is …

                      A     met.
                      B     sonder.
                      C     dieselfde.
                      D     toneel.                                                                (1)

            16.1.2    'n Piccolo is 'n ...

                      A     transponerende koperblaasinstrument.
                      B     enkelriet-houtblaasinstrument.
                      C     transponerende houtblaasinstrument.
                      D     nie-transponerende sopraansleutelinstrument.                           (1)

            16.1.3    'n Episode in musiek kan na … verwys.

                      A     'n verbindingspassasie
                      B     'n seksie in rondovorm
                      C     die kontrasterende seksie vir 'n refrein
                      D     Al die bogenoemde                                                      (1)

            16.1.4    Die toonsoort van die tweede tema/onderwerp in 'n uiteensetting in
                      Sonate in G Majeur sal in … wees.

                      A     G majeur
                      B     D majeur
                      C     C majeur
                      D     Geeneen van die bogenoemde nie                                         (1)

            16.1.5    'n Melisma …

                      A     kom slegs in vokale musiek voor.
                      B     is 'n groep note wat op een sillabe van teks gesing word.
                      C     is deel van 'n melodiese lyn.
                      D     Al die bogenoemde                                                      (1)

16.2        Definieer die term simfonie.                                                           (2)

16.3        Gee die toonsoort en vorm van die vyfde beweging van Beethoven se
            Pastorale Simfonie.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    23                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

16.4        Dui aan of die volgende stellings met betrekking tot Beethoven se Pastorale
            Simfonie WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die
            vraagnommers (16.4.1 tot 16.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

            16.4.1    Beethoven het twee trombone by die vierde en vyfde bewegings
                      gevoeg.

            16.4.2    Die tweede, derde en vierde bewegings word gespeel sonder 'n
                      breuk tussenin.

            16.4.3    Die vyfde beweging eindig pianissimo gevolg deur drie fortissimo-
                      akkoorde.                                                                 (3)

16.5        Wat het Mendelssohn geïnspireer om die Hebrides Ouverture te komponeer?             (1)

16.6        Noem die tipe orkes wat Mendelssohn in die Hebrides Ouverture gebruik.              (1)

16.7        Lewer kommentaar op Mendelssohn se gebruik van harmonie in die Hebrides
            Ouverture.                                                                          (1)
                                                                                                [15]

VRAAG 17

Verduidelik wat Menuet en Trio-vorm is. Verwys na vormtipe (2 punte), karakter
(3 punte) en gebruik van toonsoorte (2 punte).                                                  [7]

VRAAG 18

Lewer kommentaar op die programmatiese eienskappe van die vierde beweging van
Beethoven se Pastorale Simfonie Nr. 6 Op. 68.                                                   [5]

VRAAG 19

Bespreek die ontwikkeling van die orkes in die Klassieke periode.

Verwys na die volgende:

   Agtergrond (2 punte)
   Instrumentasie (4 punte)
   Uitvoeringstegnieke/Komposisietegnieke/Mannheim-orkes (2 punte)                             [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      24                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 20

In Die Towerfluit is Pa Pa Pa 'n onskuldige en amusante musiek-item in die opera.

Skryf 'n opstel waarin jy die konteks van hierdie lied bespreek en hoe die karakters deur
die musiek uitgebeeld word. Verwys in jou antwoord na musiekkenmerke.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                         KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
Karakters                                                              4
Konteks                                                                2
Musiekkenmerke                                                         6
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                         3
TOTAAL                                                                15                       [15]

                                                               TOTAAL AFDELING E:              50
                                                                   GROOTTOTAAL:                120

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          DBE/2022
                                SS/NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-mg-afr/c41229fd-d079-4d2e-9458-58f3b07bf59e) — Music · Memo · 2022 · Afr
- [Music P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2022-eng/4ac9e2aa-5736-4fa9-9bf7-d5bccad2d8fb) — Music · QP · 2022 · Eng
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — Music · QP · 2023 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc) — Music · QP · 2019 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-eng/c969e7f9-4077-4bd4-b656-d159ca2ee3b8) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-afr/b1ddc72e-e5b9-44f4-ba22-47c08b53fb6b) — Music · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
