# Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    MUSIEK V1

                                        2023

                                                                       PUNTE: 120

                                                                         TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

          Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C ÓF D ÓF E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C ÓF D ÓF E met blou of swart ink
            in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                             DBE/2023
                                    SS/NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE   NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1           15
    (VERPLIGTEND)
                              2           15
                              3           15
                              4           15
                          SUBTOTAAL       60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5           10
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL       10
                                    EN
 C: IAM                       6           20
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10           15
                          SUBTOTAAL       50
                                    ÓF
 D: JAZZ                     11           20
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15           15
                          SUBTOTAAL       50
                                    ÓF
 E: WKM                      16           20
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20           15
                          SUBTOTAAL       50

                        GROOTTOTAAL       120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      4                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                       (90 minute)

Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 ÓF 2.2
EN VRAAG 3.1 ÓF 3.2
EN VRAAG 4.1 ÓF 4.2.

VRAAG 1                                                                      (25 minute)

1.1         Identifiseer TWEE toonsoorte met die volgende toonsoortteken.

                                                                                                   (2)

1.2         Skryf die toonsoortteken van Db majeur in die gegewe sleutel.

                                                                                                   (1)

1.3         Verander die laagste noot om 'n interval van 'n verminderde vierde te vorm.

                                                                                                   (1)

1.4         Benoem die omkering van die interval hieronder.

                                                                                                   (1)

1.5         Skryf 'n verminderde drieklank wat in die gegewe majeur toonsoort voorkom.

                                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      5                                      DBE/2023
                                            SS/NSS

1.6         Skryf 'n majeur drieklank in tweede omkering op die gegewe noot.

                                                                                                    (1)

1.7         Verbeter die groepering in die volgende TWEE uittreksels.

            1.7.1

                                                                                                    (1)

            1.7.2

                                                                                                    (1)

1.8         Die tydmaatteken in die uittreksel hieronder verander. Voeg die korrekte
            tydmaatteken in by elk van die asteriske (*) in die uittreksel hieronder.

                                                                                                    (2)

1.9         Dui die halftone aan en benoem die volgende modus.

            Modus:                                                                                  (2)

1.10        Voeg AGT note by (Y) om 'n afgaande chromatiese toonleer te vorm.

                                                                                                    (2)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       6                                       DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 2                                                                      (25 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
            enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.

Instrument: __________________________

Tempo:          __________________________

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                              BESKRYWING                                   MAKS.      PUNT

Vorm en kadenspunte                                                          3

Korrektheid
                                                                             2
Polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige tekens
Kwaliteit
                                                                            10
Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek, musikaliteit

TOTAAL                                                                      15
                                                                                                      [15]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       7                                       DBE/2023
                                             SS/NSS

2.2         Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n
            twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Noem die stemtipe en
            verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op
            geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN
            notasiestelsel.

Stemtipe:       __________________________

Tempo:          __________________________

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                              BESKRYWING                                       MAKS.   PUNT

Vorm en kadenspunte                                                              3

Korrektheid
Solfanotasie: ritmiese en toonhoogte-aanduidings
                                                                                 2
Balknotasie: polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige
tekens
Kwaliteit
                                                                                10
Toepaslikheid van omvang, tempo, dinamiek, musikaliteit

TOTAAL                                                                          15
                                                                                                      [15]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      8                                DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 3                                                                  (10 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      9                                DBE/2023
                                            SS/NSS

            3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) met Romeinse syfers op die
                     partituur, bv. iii6/iiib.                                                (8)

            3.1.2    Benoem die toonsoort en kadens wat by (Z) gevorm word.

                                                                                              (2)

            3.1.3    Wat is ongewoon aan die akkoord by VRAAG 3.1.3?

                                                                                              (1)

            3.1.4    Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

                     (i)

                     (ii)

                     (iii)

                     (iv)                                                                     (4)
                                                                                              [15]

                                             ÓF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     10                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

            3.2.1     Identifiseer die akkoorde (a) tot (h) en skryf die akkoordsimbole in
                      die spasies verskaf bo die notebalk, bv. C/E.                                (8)

            3.2.2     Benoem die toonsoort en die akkoordprogressie (kadens) wat by
                      (Z) gevorm word.

                                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     11                                DBE/2023
                                            SS/NSS

            3.2.3    Lewer komentaar op die baslyn in maat 1 tot 4.

                                                                                              (1)

            3.2.4    Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

                     (i)

                     (ii)

                     (iii)

                     (iv)                                                                     (4)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       12                                  DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1         4.1.1    Demonstreer die gebruik van 'n tweede omkering kadensiële
                     akkoord om 'n plagale kadens te versier.

                                                                                                  (3)

            4.1.2    Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die
                     alt-, tenoor- en baspartye by te voeg.

Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                             BESKRYWING                               MAKS.       PUNT
Korrektheid
                                                                        11
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
Akkoordprogressie
                                                                         9
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Kwaliteit
                                                                         4
Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit
                                                                      (24 ÷ 2)
TOTAAL
                                                                        = 12                      (12)
                                                                                                  [15]

                                                 OF
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        13                                  DBE/2023
                                               SS/NSS

4.2         4.2.1    Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde by die
                     bassleutel in te vul. Gebruik halfnote.

                                                                                                   (3)

            4.2.2    Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal by
                     te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in
                     maat 1 en 2 gesuggereer word.

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                              BESKRYWING                               MAKS.       PUNT
Korrektheid
                                                                         11
Notasie, spasiëring, stemvoering ('voicing')
Akkoordprogressie
                                                                          9
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
Kwaliteit
                                                                          4
Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit
                                                                       (24 ÷ 2)
TOTAAL
                                                                         = 12                      (12)
                                                                                                   [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                60
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       14                                      DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                      (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer,
            bv. 5.1.6 E.
            5.1.1       Rolspelers in die musiekbedryf sluit … in.
                        A    uitgewersmaatskappye en SAMRO
                        B    opnamemaatskappye en bemarkingsagentskappe
                        C    liriekskrywers en liedjieskrywers
                        D    Al die bogenoemde                                                        (1)
            5.1.2       'n Voorbeeld van 'n insamelingsagentskap in Suid-Afrika is …
                        A    SONY.
                        B    CAPASSO.
                        C    Universal Royalty Association.
                        D    Al die bogenoemde                                                        (1)
            5.1.3       SAMRO administreer …
                        A    uitvoeringsregte.
                        B    meganiese regte.
                        C    naaldtydregte.
                        D    Geeneen van die bogenoemde nie                                           (1)
            5.1.4       Kopiereg verseker dat 'n komponis betaal word wanneer sy/haar
                        komposisie wettiglik …
                        A    verwerk word.
                        B    opgeneem word.
                        C    versprei word.
                        D    Al die bogenoemde                                                        (1)
            5.1.5       Tantièmes is betalings gemaak aan 'n …
                        A    proefleser wanneer musiek gepubliseer word.
                        B    ateljeekunstenaar wanneer musiek vrylik versprei word.
                        C    opnamekunstenaar wanneer musiek uitgesaai word.
                        D    musiekuitgewer wanneer musiek bemark word.                               (1)
5.2     5.2.1       Verduidelik die verskil tussen meganiese en naaldtydregte.                        (2)
        5.2.2       Gee die naam van EEN organisasie in Suid-Afrika wat verantwoordelik
                    is vir die administrasie van meganiese regte en EEN vir naaldtydregte.            (2)
5.3     Noem EEN digitale musiekplatform.                                                             (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    15                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 6

6.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
            bv. 6.1.6 E.

            6.1.1     Watter orkes is deur David Masondo en Zenzele Mchunu gestig?

                      A    Malombo Jazz Men
                      B    Soul Brothers
                      C    Thee Legacy
                      D    Makgonatsohle Band                                                   (1)

            6.1.2     Na watter musiekstyl verwys mqgashiyo?

                      A    Mbaqanga
                      B    Kwêla
                      C    Isicathamiya
                      D    Malombo                                                              (1)

            6.1.3     Watter EEN van die volgende is die tipiese harmoniese progressie
                      van kwêla?

                      A    I–IV–I64–V
                      B    V–IV–I–V
                      C    IV–I64–V–I
                      D    Al die bogenoemde                                                    (1)

            6.1.4     Watter EEN van die volgende toonlere word tipies in inheemse
                      Afrika-musiek gevind?

                      A    Chromatiese toonleer
                      B    Majeur toonleer
                      C    Pentatoniese toonleer
                      D    Blues-toonleer                                                       (1)

            6.1.5     Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n idiofoon NIE?

                      A    Mbira
                      B    Kora
                      C    Xilofoon
                      D    Beesklok                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                           16                                      DBE/2023
                                                  SS/NSS

6.2         Verduidelik die volgende met verwysing na inheemse Afrika-musiek:

            6.2.1     Meloritme                                                                           (1)

            6.2.2     Geestelike aspek ('divinity')                                                       (1)

            6.2.3     Ikati                                                                               (1)

6.3         Beskryf kortliks       'n   tipiese    harmoniese      kenmerk     van     inheemse
            Afrika-musiek.                                                                                (1)

6.4         Bespreek tromspel in tradisionele Afrika-musiek. Fokus op die volgende
            kontekste:

            6.4.1     Die rol van die hooftromspeler                                                      (3)

            6.4.2     Tromspel as begeleiding vir dans                                                    (2)

6.5         Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer.

            6.5.1     Afrika-musiek is meestal siklies met veelvoudige intredes                           (1)

            6.5.2     Afrika-koormusiek word gewoonlik deur die klavier begelei                           (1)

6.6         Kies TWEE instrumente uit KOLOM B wat by TWEE danse in KOLOM A pas.
            Skryf slegs die letter (A tot I) langs die vraagnommers (6.6.1 tot 6.6.9) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.6.10 J.

                         KOLOM A                                       KOLOM B
            6.6.1      Tshikona                            A   dithopana

            6.6.2      Borankana                           B   mbila mutondo

            6.6.3      Muchongolo                          C   matlawana

            6.6.4      Mohobelo                            D   ingulule

            6.6.5      Isitshikitsha                       E   xitende

            6.6.6      S'bhaca                             F   impempe

            6.6.7      Indlamu                             G   lesiba

            6.6.8      Iintlombe                           H   igubhu

            6.6.9      Dinaka                              I   impalampala                                (2)

6.7         Wena Wedwa is 'n moderne isicathamiya-liedjie. Noem TWEE eienskappe
            van hierdie liedjie wat NIE kenmerkend van tradisionele isicathamiya is NIE.                  (2)
                                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   17                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 7

7.1         Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's
            verander het.                                                                      (2)

7.2         Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana
            Ba Rustenburg voorkom.                                                             (3)
                                                                                               [5]

VRAAG 8

Bespreek die rol wat Ladysmith Black Mambazo gespeel het om isicathamiya gewild te
maak.                                                                                          [5]

VRAAG 9

Verduidelik hoe die sosiale en politieke omstandighede in die Suid-Afrikaanse radio-
en opnamebedryf die ontwikkeling van mbaqanga gedurende die apartheidsera
beïnvloed het.                                                                                 [5]

VRAAG 10

Inheemse Afrika-musiek is deel van die daaglikse lewe, 'n refleksie van sosiale
omstandighede.

Skryf 'n opstel waarin jy die sosiale konteks en die tipiese musiekelemente van Suid-
Afrikaanse inheemse musiek beskryf. Verwys na die sosiale konteks, ritmiese
eienskappe, melodie en harmonie.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                      KRITERIA                                 PUNTETOEKENNING
 Sosiale konteks                                                      4
 Musiekelemente
  Ritmiese eienskappe                                               4
  Melodie en harmonie                                               4
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                        [15]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              50

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       18                                   DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E.

            11.1.1    In 'n 12-maat-blues is die …

                      A     lirieke in AAB-vorm.
                      B     melodie in AB-vorm.
                      C     akkoordstruktuur I-vi-ii-V.
                      D     B-seksie uitgebrei.                                                    (1)

            11.1.2    Die volgende toonlere bevat GEEN halftone NIE:

                      A     Mineur pentatonies
                      B     Majeur pentatonies
                      C     Heeltoon-toonleer
                      D     Al die bogenoemde                                                      (1)

            11.1.3    Die volgende vrouegroep word met beide marabi en mbaqanga
                      geassosieer:

                      A     The Mahotella Queens
                      B     The Flying Sisters
                      C     The Soul Sisters
                      D     Geeneen van die bogenoemde nie                                         (1)

            11.1.4    Abdullah Ibrahim word met … geassosieer.

                      A     The Jazz Epistles
                      B     Mannenberg
                      C     hard bop
                      D     Al die bogenoemde                                                      (1)

            11.1.5    Watter van die volgende modusse het 'n majeur tonikadrieklank?

                      A     Ionies, Dories en Lidies
                      B     Ionies, Lidies en Miksolidies
                      C     Eolies, Ionies en Lidies
                      D     Eolies, Ionies en Miksolidies                                          (1)

11.2        Verduidelik die volgende:

            11.2.1    Poli-akkoord                                                                 (1)

            11.2.2    Swing                                                                        (1)

            11.2.3    Ritmeseksie                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                                      DBE/2023
                                            SS/NSS

11.3        Noem EEN internasionale kunstenaar wat Abdullah Ibrahim se styl beïnvloed
            het.                                                                                    (1)

11.4        Vroeë mbaqanga is 'n samesmelting van marabi- en kwela-invloede. Gee
            EEN eienskap van marabi en EEN van kwêla wat 'n bydrae tot die styl van
            mbaqanga gelewer het.                                                                   (2)

11.5        Dui aan of die volgende stellings oor mbaqanga WAAR of ONWAAR is. Skryf
            slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (11.5.1 tot 11.5.3) neer.

            11.5.1    Mbaqanga is hoofsaaklik in enkelvoudige tydmaat.                              (1)

            11.5.2    Slegs mans word toegelaat om in hierdie styl te speel.                        (1)

            11.5.3    Lofdigte bepaal die toon aan die begin van 'n tipiese mbaqanga.               (1)

11.6        Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n styl in KOLOM A pas. Skryf slegs die
            letter (A–F) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.4) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.6.5 G.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
            11.6.1    Kwela                    A     a cappella

            11.6.2    Mbaqanga                 B     Spokes Mashiyane

            11.6.3    Cape jazz                C     Manhattan Brothers

            11.6.4    Marabi                   D     Abdullah Ibrahim

                                               E     Miriam Makeba

                                               F     Amerikaanse geestelike liedjies                (4)

11.7    Skryf TWEE kenmerke van Cape jazz neer.                                                     (2)
                                                                                                    [20]

VRAAG 12

Beskryf kortliks hoe die volgende elemente in Mra deur Chris McGregor se groep,
The Brotherhood of Breath, toegepas word.

   Instrumentasie                                                                                  (1)

   Melodie                                                                                         (1)

   Ritme                                                                                           (1)

   Stylinvloede                                                                                    (2)
                                                                                                    [5]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     20                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 13

13.1        Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's
            verander het.                                                                         (2)

13.2        Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana
            Ba Rustenburg voorkom.                                                                (3)
                                                                                                  [5]

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf waarin jy die historiese betekenis van die Jazz Epistles se bydrae tot
Suid-Afrikaanse jazz ondersoek. Verwys na die liedjie Vary-oo-vum in jou antwoord.                [5]

VRAAG 15

Miriam Makeba was een van die eerste vrouekunstenaars om Afrika-musiek
internasionaal gewild te maak.

Skryf 'n opstel waarin jy haar loopbaan bespreek. Verwys na haar lewe in ballingskap,
noem die invloede op haar styl en die kenmerke van haar musiek. Verwys na EEN
album/treffer in jou antwoord.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                             KRITERIA                            PUNTETOEKENNING
 Lewe in ballingskap                                                    4
 Invloede (nasionaal en internasionaal)                                 4
 Kenmerke van haar musiek                                               3
 Album/Treffer                                                          1
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                         3
 TOTAAL                                                                 15                        [15]

                                                                TOTAAL AFDELING D:                50

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        21                                 DBE/2023
                                               SS/NSS

AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 16

16.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
            bv. 16.1.6 E.

            16.1.1    'n Italiaanse term vir 'dubbel die tempo' is …

                      A       stringendo assai.
                      B       doppio movimento.
                      C       con moto ma non troppo.
                      D       sehr bewegt.                                                        (1)

            16.1.2    Watter instrument is NIE deel van 'n standaard klassieke orkes
                      NIE?

                      A       Altviool
                      B       Saksofoon
                      C       Timpani
                      D       Geeneen van die bogenoemde nie                                      (1)

            16.1.3    Die camerata word met die oorsprong van … geassosieer.

                      A       opera in Florence
                      B       operalokale in Venisië
                      C       Barok-opera in Italië
                      D       die da capo aria in Duitsland                                       (1)

            16.1.4    Watter EEN pas NIE?

                      A       Altsleutel
                      B       Altviool
                      C       Klavier
                      D       C-sleutel                                                           (1)

            16.1.5    Behalwe vir Die Towerfluit, is … nog 'n opera van Mozart.

                      A       Orfeo e Euridici
                      B       Phantom of the Opera
                      C       Rigoletto
                      D       Geeneen van die bogenoemde nie                                      (1)

16.2        Verduidelik die volgende:

            16.2.1    Tutti                                                                       (1)

            16.2.2    Melisma                                                                     (1)

            16.2.3    Motief                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      22                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

16.3        Noem die instrument wat deur beide Beethoven en Mozart by die standaard
            klassieke orkes gevoeg is.                                                             (1)

16.4        Noem EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen 'n simfonie en 'n simfoniese
            toondig.                                                                               (2)

16.5        Kies 'n toonsoort uit KOLOM B wat by 'n komposisie in KOLOM A pas.
            Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (16.5.1 tot 16.5.4) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.5.5 G.

                             KOLOM A                                  KOLOM B
            16.5.1      Beethoven: Simfonie Nr. 6:           A   F majeur
                        Donderstorm
                                                             B   F# mineur
            16.5.2      Beethoven: Simfonie Nr. 6:
                        Herderslied. Opgewekte en            C   F mineur
                        dankbare gevoelens na die storm
                                                             D   B mineur
            16.5.3      Mendelssohn: Hebrides Overture
                                                             E   F# majeur
            16.5.4      Mozart: Der Vogelfänger bin ich ja
                                                             F   G majeur                          (4)

16.6        Skryf die ontbrekende inligting oor die duet Pa-Pa-Pa-Papageno uit
            Die Towerfluit van WA Mozart neer. Skryf die antwoord langs die
            vraagnommers (16.6.1 en 16.6.2) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

                     KARAKTER               STEMTIPE
                      Papageno               (16.6.1)
                       (16.6.2)              Sopraan                                               (2)

16.7        Skryf 'n definisie van die spesifieke werktipe (genre) van Die Towerfluit van
            WA Mozart neer.                                                                        (3)
                                                                                                   [20]

VRAAG 17

Skryf TWEE ooreenkomste en DRIE verskille tussen 'n simfonie van die Mannheim-
skool en die Pastorale Simfonie van Beethoven, neer.                                               [5]

VRAAG 18

Verduidelik die gebruik van toonsoort in die volgende seksies in sonatevorm:

18.1        Eerste tema/onderwerp
18.2        Brug
18.3        Tweede tema/onderwerp
18.4        Ontwikkeling
18.5        Koda                                                                                   [5]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     23                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 19

Der Hölle Rache is een van die sleutelarias in Die Towerfluit deur WA Mozart. Beskryf
hierdie aria in 'n paragraaf met betrekking tot karakter en stemtipe, tempo, stemming
en enige ander spesifieke eienskappe.                                                          [5]

VRAAG 20

Felix Mendelssohn se Hebrides Ouverture is gewortel in Klassieke styltradisies en toon
ook eienskappe van die vroeë Romantiese stylperiode.

Skryf 'n opstel waarin jy verduidelik hoe elk van hierdie twee stylperiodes in die
komposisie manifesteer.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van die feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                         KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
 Klassieke elemente                                                     6
 Romantiese elemente                                                    6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                         3
 TOTAAL                                                                15                      [15]

                                                                TOTAAL AFDELING E:             50
                                                                    GROOTTOTAAL:               120

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          DBE/2023
                                SS/NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — Music · QP · 2023 · Eng
- [Music P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc) — Music · QP · 2019 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-eng/c969e7f9-4077-4bd4-b656-d159ca2ee3b8) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-afr/b1ddc72e-e5b9-44f4-ba22-47c08b53fb6b) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Music · Memo · 2025 · Afr
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Music · Memo · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — QP · 2023 · Eng
- [Music P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-mg-afr/c41229fd-d079-4d2e-9458-58f3b07bf59e) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
