# Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 37 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-mg-afr/ceb01b15-8147-48a8-b13b-41bce2d4c1e7
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 37

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-mg-afr/ceb01b15-8147-48a8-b13b-41bce2d4c1e7)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                      MUSIEK V1

                                          2023

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 120

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 37 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   2                                       DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                    (90 minute)

AFDELING A moet op hierdie VRAESTEL beantwoord word.

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 ÓF 2.2
EN VRAAG 3.1 ÓF 3.2
EN VRAAG 4.1 ÓF 4.2.

VRAAG 1                                                                   (25 minute)

1.1   Identifiseer TWEE toonsoorte met die volgende toonsoortteken.

        Antwoord: B majeur, G# mineur                                        2 punte           (2)

1.2   Skryf die toonsoortteken van Db majeur in die gegewe sleutel.

        Antwoord:

                                                                               1 punt          (1)

1.3   Verander die laagste noot om 'n interval van 'n verminderde vierde te vorm.

        Antwoord:

                                                                               1 punt          (1)

1.4   Benoem die omkering van die interval hieronder.

        Antwoord:     Mineur tweede                                            1 punt          (1)

1.5   Skryf 'n verminderde drieklank wat in die gegewe majeur toonsoort voorkom.

        Antwoord:

                                                                               1 punt          (1)

1.6   Skryf 'n majeur drieklank in tweede omkering op die gegewe noot.

        Antwoord:

                                                                               1 punt          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  3                                       DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

1.7   Verbeter die groepering van die volgende TWEE uittreksels.
       Antwoord:
      1.7.1
                                               ÓF

      1.7.2
                                               ÓF

                                                 2 punte
                                                 1.7.2 Verbinde agtstenote = ½ punt              (2)

1.8   Die tydmaatteken in die uittreksel hieronder verander. Voeg die korrekte
      tydmaatteken in by elk van die asteriske (*) in die uittreksel hieronder.

       Antwoord:

                                                                                   2 x1          (2)

1.9   Dui die halftone aan en benoem die volgende modus.

        Antwoord:

                                   ½                      ½

      Modus: Lidiese modus
                                                              2 punte
                                                              Halftone: ½ x 2 = 1 punt
                                                              Lidiese modus = 1 punt             (2)

1.10 Skryf AGT note by (Y) om 'n afgaande chromatiese toonleer te vorm.

        Antwoord:

                             8 ÷ 4 = 2 punte
                             Aanvaar enige korrekte enharmoniese toevallige teken                (2)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   4                                  DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2                                                                 (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2
2.1   Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
      enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
      instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
      artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.

Konsepantwoord: Instrument: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens.
                Tempo: Moderato/Allegretto, ens.

                                          ÓF
2.2   Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie ÓF balknotasie om 'n twaalfmaat-
      melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Noem die stemtipe en verskaf 'n
      geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by.
      Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN notasiestelsel.
Konsepantwoord: Stem: Sopraan/Alt/Tenoor/Bariton
                Tempo: Moderato/Allegretto, ens.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       5                                               DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

      BESKRYWING                                  PUNTETOEKENNING
 Vorm en kadenspunte           1 punt per frase x 3                                              3
 Korrektheid

 Balknotasie:
 Polse per maat, nootstele,
 groepering, spasiëring en
 toevallige tekens             Minus ½ punt per fout tot en met 2 punte                          2
              ÓF

 Solfanotasie:
 Ritmiese- en toonhoogte-
 aanduidings
 Kwaliteit                             Uitstekend
                                       Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
 Instrumentale melodie:                verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend
                               9–10    voortgesit; suksesvolle gebruik van tonaliteit;
 - Kwaliteit van melodie en
                                       melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe
   toepaslikheid vir die
                                       benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme
   gekose instrument
 - Toepaslike tempo-,                  Goed
   artikulasie- en dinamiek-           Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
   aanduidings                  7–8    aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit;
 - Musikaliteit                        melodiese kontoer bevredigend; keuse van
                                       toonhoogtes en ritme akkuraat                             10
              ÓF                       Gemiddeld
                                       Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
 Vokale melodie:                4–6    aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel;
 - Kwaliteit van melodie en            melodiese kontoer onder verdenking; keuse van
   toepaslikheid van omvang            toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
   vir die stem                        Onaanvaarbaar
 - Toepaslike tempo- en                Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
   dinamiek-aanduidings         0–3    aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen
 - Musikaliteit                        melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
                                       onsamehangend
 TOTAAL                                   Nasiener mag ½ punte gebruik                           15         [15]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   6                     DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3                                                    (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1   Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

      Antwoord:

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       7                                    DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

      3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) met Romeinse syfers op die partituur,
               bv. iii6/iiib.

               Antwoord: Sien partituur
                        1 punt per akkoord                               = 8 punte
                       Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of verkeerd is                (8)

       3.1.2   Benoem die toonsoort en kadens wat by (Z) gevorm word.

               Antwoord:
               A majeur
               Volmaakte kadens
                                                                   1 punt elk = 2 punte            (2)

      3.1.3    Wat is ongewoon aan die akkoord by VRAAG 3.1.3?

               Antwoord:
                Die terts word verdubbel in die majeur drieklank
                Die grondnoot of kwint word nie in die majeur drieklank verdubbel
                  nie
                Dit is ongewoon maar aanvaarbaar om die terts te verdubbel
                  wanneer die buitestemme in teenoorgestelde rigting beweeg
                                                                 Enige EEN = 1 punt                (1)

      3.1.4    Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

               Antwoord:     (i)     Terughouding
                             (ii)    Vooruitneming
                             (iii)   Deurgangsnoot
                             (iv)    (Onderste) Wisselnoot
                                                                   1 punt elk = 4 punte            (4)
                                                                                                   [15]

                                              ÓF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    8                                    DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.2   Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

      Antwoord:

      3.2.1    Identifiseer die akkoorde (a) tot (h) en skryf die akkoordsimbole in die
               spasies verskaf bo die notebalk, bv. C/E.

               Antwoord: Sien partituur
                     1 punt per akkoord = 8 punte
                     Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of verkeerd is               (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    9                                      DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

      3.2.2    Benoem die toonsoort en akkoordprogressie (kadens) wat by (Z)
               gevorm word.
               Antwoord:
               D mineur
               A7 – Dm (Volmaakte kadens)
                                                          1 punt elk = 2 punte                    (2)

      3.2.3    Lewer komentaar op die baslyn in maat 1 tot 4.

               Antwoord:
               Dalende (walking) baslyn met 'n variasie in maat 2
                                                                                 1 punt           (1)

      3.2.4    Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

              Antwoord: (i)       Vooruitneming
                        (ii)      Terughouding
                        (iii)     Deurgangsnoot
                        (iv)      (Boonste) Wisselnoot
                                                                    1 punt elk = 4 punte          (4)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  10                                    DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4                                                                  (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1.1   Demonstreer die gebruik van 'n tweede omkering kadensiële akkoord om 'n
        plagale kadens te versier.

        Antwoord:

                       1 punt per akkoord                                 = 3 punte
                       Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord            (3)

4.1.2   Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
        en baspartye by te voeg.

Konsepantwoord:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                                    DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

          BESKRYWING                                    PUNTETOEKENNING
 Korrektheid                             Minus ½ punt per fout maar nie meer as
 Notasie, verdubbeling, spasiëring,                                                    11
                                         1 punt per akkoord nie
 stemvoering
 Akkoordprogressie                       1 punt tussen elke paar akkoorde
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van                                                     9
                                         (behalwe tussen maat 4 en 5)
 kadens
                                         Uitstekend     = 3½–4 punte
 Kwaliteit                               Goed           = 2½–3 punte
 Musikaliteit, non-akkoordnote,                                                         4
                                         Gemiddeld      = 1½–2 punte
 stylbewustheid en kreatiwiteit
                                         Swak           = 0–1 punt
                                         Nota aan nasiener:                            24
                                         Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie     (÷ 2)
 TOTAAL                                                                                12          (12)
                                                                                                   [15]

Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in
hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word
vir die simbole as sodanig toegeken nie.

                                              ÓF

4.2.1    Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde by die bassleutel in
         te vul. Gebruik halfnote.

         Antwoord:

                         1 punt per akkoord                                 = 3 punte
                         Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord              (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     12                                     DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

4.2.2   Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal by te voeg.
        Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2
        gesuggereer word.

Konsepantwoord:

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

            BESKRYWING                              PUNTETOEKENNING
  Korrektheid                           Minus ½ per fout maar nie meer as 1
                                                                                     11
  Notasie, spasiëring, stemvoering      punt per akkoord nie
  Akkoordprogressie                     1 punt tussen elke paar akkoorde
  Akkoordkeuse, korrektheid van                                                       9
                                        (behalwe tussen maat 4 en 5 en 8)
  kadens
                                        Uitstekend         = 3½–4 punte
  Kwaliteit                             Goed               = 2½–3 punte
  Musikaliteit, non-akkoordnote,                                                      4
                                        Gemiddeld          = 1½–2 punte
  stylbewustheid en kreatiwiteit
                                        Swak               = 0–1 punt
                                        Nota aan nasiener:                           24
                                        Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie    (÷ 2)
  TOTAAL                                                                             12            (12)
                                                                                                   [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    13                                      DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                 (90 minute)
AFDELING B, C, D en E moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.
AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)

Nota aan die nasiener: Een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet
gekrediteer word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn gegee
word nie.

VRAAG 5

5.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
        slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer, bv. 5.1.6 E.

        5.1.1   Rolspelers in die musiekbedryf sluit … in.

                Antwoord:
                D   Al die bogenoemde

        5.1.2   'n Voorbeeld van 'n insamelingsagentskap in Suid-Afrika is …

                Antwoord:
                B   CAPASSO.

        5.1.3   SAMRO administreer…

                Antwoord:
                A   Uitvoeringsregte.

        5.1.4   Kopiereg verseker dat 'n komponis betaal word wanneer sy/haar
                komposisie wettiglik…

                Antwoord:
                D   Al die bogenoemde

        5.1.5   Tantièmes is betalings gemaak aan…

                Antwoord:
                C   Opnamekunstenaar wanneer musiek uitgesaai word.
                                                                                    5x1            (5)

5.2     5.2.1   Verduidelik die verskil tussen meganiese- en naaldtydregte.

                Antwoord:
                Meganiese regte
                Tantièmes     betaalbaar   aan  komponiste,    liedjieskrywers   en
                musiekuitgewers wanneer hul musiek op enige vorm van 'n opname- of
                stroomtoestel gekopieer word
                Naaldtydregte
                Tantièmes betaalbaar aan opnamekunstenaars wanneer 'n liedjie in die
                publiek uitgesaai word
                                                                               2x1                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   14                                   DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

        5.2.2   Gee die naam van EEN organisasie in Suid-Afrika wat verantwoordelik
                is vir die administrasie van meganiese regte en EEN vir naaldtydregte.

                Antwoord:
                Meganiese regte: CAPASSO
                Naaldtydregte: SAMPRA
                                                                               2x1             (2)

5.3     Noem EEN digitale musiekplatform.

        Antwoord:
         Spotify
         iTunes
         Tune-In
         Deezer
         Google Play
         Sound Cloud
         Band Camp

                                                                         Enige EEN             (1)

                                                             TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                                  DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Beantwoord AFDELING C (IAM)
ÓF AFDELING D (JAZZ)
ÓF AFDELING E (WKM).
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
 Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag
 die kandidate in volsinne antwoord.
VRAAG 6
6.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
        bv. 6.1.6 E.
        6.1.1   Watter orkes is deur David Masondo en Zenzele Mchunu gestig?

                Antwoord:
                B   Soul Brothers
        6.1.2   Na watter musiekstyl verwys mqgashiyo?
                Antwoord:
                A   Mbaqanga
        6.1.3   Watter EEN van die volgende is die tipiese harmoniese progressie van
                kwêla?
                Antwoord:
                A   I–IV–I64–V
        6.1.4   Watter EEN van die volgende toonlere word tipies in inheemse Afrika-
                musiek gebruik?
                Antwoord:
                C   Pentatoniese toonleer
        6.1.5   Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n idiofoon NIE?
                Antwoord:
                B   Kora
                                                                                  5x1          (5)

6.2     Verduidelik die volgende met verwysing na inheemse Afrika-musiek:

        6.2.1   Meloritme
        6.2.2   Geestelike aspek ('divinity')
        6.2.3   Ikati

        Antwoord:
        6.2.1 Subtiele klankverandering wanneer verskillende dele van die tromvel
              geslaan word                                                                     (1)
        6.2.2 Dit verwys na die rol en perspektiewe van verskeie geestelike praktyke
              in inheemse Afrika-musiektradisies                                               (1)
        6.2.3 Plektrum wat in kitaarspel gebruik word om 'n perkussieklank te
              produseer                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     16                                    DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

6.3     Verduidelik kortliks 'n tipiese harmoniese kenmerk van inheemse Afrika-
        musiek.

        Antwoord:
         Siklies/herhalende akkoordprogressie
         Progressie beweeg trapsgewys afwaarts (IV-iii-ii-I) - parallelisme
         Tipiese patrone is I-IV-I64-V of I-IV-I-V
                                                                           Enige EEN              (1)

6.4     Bespreek tromspel in tradisionele Afrika-musiek. Fokus op die volgende
        kontekste:

        6.4.1   Die rol van die hooftromspeler
        6.4.2   Tromspel as begeleiding vir dans

        Antwoord:

        6.4.1       Hooftromspeler is verantwoordelik vir die leiding van die algehele
                     uitvoering met betrekking tot tempo, aksente en ritme
                    Die hooftromspeler kondig die begin van 'n uitvoering aan met 'n
                     vokale geroep gevolg deur 'n kort ritmiese solo om die stemming en
                     tempo van die musiek te vestig
                    Dui aan wanneer individuele spelers 'n solo moet uitvoer
                    Gee 'n sein aan dansers wanneer enige veranderinge in die
                     struktuur van die uitvoering plaasvind
                    Roep-en-antwoord word tussen die hooftromspeler en die groep
                     geskep

                                                                            Enige DRIE            (3)

        6.4.2       Die ritmes van die verskillende tromspelers veroorsaak poliritme wat
                     'n danser in vervoering bring wat daartoe lei om met die
                     voorgeslagte te kommunikeer
                    Die musiek sal tipies toeneem in spanning wat die danser se
                     uitvoering versterk
                    Tromspel verskaf 'n reëlmatige maatslag

                                                                           Enige TWEE             (2)

6.5     Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
        'onwaar' langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer.

        6.5.1   Afrika-musiek is meestal siklies met veelvuldige intredes
        6.5.2   Afrika-koormusiek word gewoonlik deur die klavier begelei

        Antwoord:
        6.5.1 Waar
        6.5.2 Onwaar                                                               2x1            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     17                                   DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

6.6     Kies TWEE instruments uit KOLOM B wat by TWEE danse in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A tot I) langs die vraagnommers (6.6.1 tot 6.6.9) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.6.10 J.

                        KOLOM A                       KOLOM B
            6.6.1    Tshikona                  A     dithopana
            6.6.2    Borankana                 B     mbila mutondo
            6.6.3    Muchongolo                C     matlawana
            6.6.4    Mohobelo                  D     ingulule
            6.6.5    Isitshikitsha             E     xitende
            6.6.6    S'bhaca                   F     impempe
            6.6.7    Indlamu                   G     lesiba
            6.6.8    Iintlombe                 H     igubhu
            6.6.9    Dinaka                    I     impalampala

        Antwoord:
         6.6.1    B
         6.6.2    C
         6.6.3    E
         6.6.4    G
         6.6.5    I
         6.6.6    F
         6.6.7    D
         6.6.8    H
         6.6.9    A
                                                                         Enige TWEE              (2)

6.7     Wena Wedwa is 'n moderne isicathamiya-liedjie. Noem TWEE eienskappe van
        hierdie liedjie wat NIE kenmerkend van tradisionele isicathamiya is NIE.

        Antwoord:
         'Beat boxing' word in die uitvoering gebruik
         Chromatiese note word as versiering gebruik
         Pop/R&B sangstyl
         Ukubonga word weggelaat
                                                                         Enige TWEE              (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  18                                    DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7
7.1     Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's verander
        het.
        Antwoord:
         Die penniefluitjie was eers as die melodiese hoofinstrument gedurende die
           1950's gebruik en was later met die saksofoon vervang
         Die styl was oorspronklik 'n solo straatmusiekstyl maar solo kunstenaars
           was later deur 'n klein jazz-orkes begelei
         Kwêla was 'n polities gedrewe musiekstyl (anti-apartheid) gedurende die
           1950's maar is later getransformeer tot 'n populêre vermaaklikheidstyl
           (bv. Mango Groove)
                                                                          2 punte              (2)
7.2     Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana Ba
        Rustenburg voorkom.
        Antwoord:
         Jazz-orkes – kitaar, tromstel, bas en saksofoon
         Saksofoon/penniefluitjie as melodiese hoofinstrument
         Kort improvisasies as versierings van die oorspronklike melodie
         Ander kontramelodiese lyne word om die oorspronklike melodie ingeweef
         Matig tot opgewekte tempo
         Skiffle-agtige maatslag
         Jive en swing-ritmes
         Sikliese akkoordstruktuur met gebruik van I – IV- I64 – V
                                                                          3 punte              (3)
                                                                                               [5]
VRAAG 8
Bespreek die rol wat Ladysmith Black Mambazo gespeel het om isicathamiya gewild te
maak.
Antwoord:
 Samewerking met bekende plaaslike en internasionale kunstenaars
   o Paul Simon op sy Graceland album
   o Optrede saam met Michael Jackson
 Opnames met die SABC en Gallo wat internasionaal versprei is
 Verower vele internasionale toekennings (bv. Grammy-toekennings)
 Maak isicathamiya 'n internasionale herkenbare Suid-Afrikaanse styl
 Gebruik Engelse lirieke om toegang te gee aan 'n wyer gehoor
 Vind aanklank by 'n nuwe tipe/gesofistikeerde gehoor deur:
   o Joseph Shabalala se beklemtoonde akkuraatheid van ritme en toonhoogte deur
       sagter en welige harmonieë in kontras met die harder style van die 1950's
   o Gewysigde choreografie reflekteer die sagter klank van op jou tone loop gedurende
       'n uitvoering eerder as die harder gestamp op die grond
   o 'n Afgeronde musiekuitvoering met verbeterde klankkwaliteit
 Stig The Ladysmith Black Mambazo Foundation met die doel om die geskiedenis van
   isicathamiya musiek te bevorder en aan kinders te leer
 As 'n manier om terug te gee aan die gemeenskap hou Ladysmith Black Mambazo
   verskeie werkswinkels oor isicathamiya wat lei tot 'n meer afgeronde toon in
   opkomende groepe
                                                                             Enige VYF         [5]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   19                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 9

Verduidelik hoe die sosiale en politieke omstandighede in die Suid-Afrikaanse radio-
en opnamebedryf die ontwikkeling van mbaqanga gedurende die apartheidsera
beïnvloed het.

Antwoord:
 Mbaqanga-tradisie is bevorder deur beide media en plaaslike opnamemaatskappye
   wat in staatsbesit was
 Die radio word die medium van die bemarking van musiek omdat dit meer
   bekostigbaar is
 Gallo-Africa in samewerking met die SAUK skep en bemark mbaqanga
 Radio Bantu keur enige musiek wat na die realiteit van stedelike lewe of sosiale en
   politieke kwessies verwys en dit word in die lirieke van mbaqanga weergegee
 Vervaardigers en uitvoerende kunstenaars van mbaqanga musiek het hulself
   voorafgekeur of die risiko gewaag om deur die SAUK verwerp te word
 Die keuring van musiek verbreek die inhoud van die lirieke geskryf deur mbaqanga
   musikante wie nie kon skryf waaroor hulle wou nie
 Ten spyte van keuring het mbaqanga se gewildheid groot verkope gegenereer wat
   weer die vestiging van nuwe groepe aangespoor het

                                                                        Enige VYF             [5]

VRAAG 10

Inheemse Afrika-musiek is deel van die daaglikse lewe en 'n refleksie van sosiale
omstandighede.

Skryf 'n opstel waarin jy die sosiale konteks en die tipiese musiekelemente van Suid-
Afrikaanse inheemse musiek beskryf. Verwys na die sosiale konteks, ritmiese
eienskappe, melodie en harmonie.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

 KRITERIA                                           PUNTETOEKENNING
 Sosiale konteks                                            4
 Musiekelemente
  Ritmiese eienskappe                                         4
  Melodie en harmonie                                         4
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                3
 TOTAAL                                                        15

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     20                                   DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Antwoord:

Voorbeeld van 'n inleiding
Musiek reflekteer lewe en groei uit die daaglikse kulturele aktiwiteite.

Sosiale konteks
 Afrika-musiek speel 'n funksionele rol in alle belangrike fases van 'n persoon se
  lewe, bv. geboorte, puberteit, inisiasie, huwelik en dood
 Spontane betrokkenheid met die gemeenskaplike musieklewe word aangemoedig
 Musikale uitvoerings word normaalweg buite gedoen
 Uitvoerende kunstenaars en lede van die gehoor maak gewoonlik saam musiek
 Musiek is meestal 'n gemeenskaplike aktiwiteit in plaas van 'n individuele poging
 Die musiek is etnies eiesoortig
 Die taalgebruik in 'n liedjie verskil soms van die taalgebruik wat in gewone
  gesprekke gebruik word

Tipiese musiekelemente:
Ritmiese eienskappe
 Ritme is afkomstig van gesproke teks
 Gebruik van ostinato-patrone is algemeen
 Meloritme word aansienlik gebruik
 Intersluitende poliritmes word normaalweg gebruik
 Die maatslag (metrum) kan reëlmatig of onreëlmatig wees afhangende van die
  betekenis van die musiek
 Meeste van die materiaal word geïmproviseer
 Klem val op ritme eerder as die melodie
 Herhaling word as 'n georganiseerde beginsel gebruik
 Improvisasie word oor herhalende strukture gedoen

Melodie en harmonie
 Gebaseer op die beginsels van homofoniese parallelisme (in 3des, 4des, 5des en 8stes)
 Onafhanklike stempartye beweeg saam
  o kontramelodie (sekondêre melodie)
  o ostinato variasie (variasies gebaseer op 'n herhalende tema)
 Instrument/stem kan soms gemanipuleer word om gelyktydige klanke (botone) te
  produseer
 Oorvleueling van kooragtige antifonie en responsoriese sang is basiese beginsels
  van Afrika polifonie (roep en antwoord)
 Parallelle intervalle word meestal gebruik
 Akkoorde word gebou vanuit pentatoniese en heksatoniese toonlere

Voorbeeld van 'n slotparagraaf
Musiek is die materiaal van die Afrika-gemeenskap en vorm deel van die gewone
daaglikse gebeure.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     21                                               DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

       KRITERIA                                   PUNTETOEKENNING
Sosiale konteks                                                                                 4
Musiekelemente
 Ritmiese eienskappe                                                                           4
 Melodie en harmonie                                                                           4
                            Uitstekend
                            'n Inleiding, afsluiting em stewige
                                                                           = 3 punte
                            argument in die middeldeel van die
                            opstel teenwoordig
                            Goed
                            'n Inleiding, afsluiting en redelike
                                                                           = 2-2½ punte
                            argument in die middeldeel van die
                            opstel teenwoordig
Logiese aanbieding en       Gemiddeld
struktuur van die opstel    'n Inleiding, afsluiting en vae argument in
                                                                           = 1½ punte
                            die middeldeel van die opstel                                       3
                            teenwoordig
                            Ondergemiddeld
                            'n Inleiding, afsluiting en swak argument
                                                                           = 1 punt
                            in die middeldeel van die opstel
                            teenwoordig
                            Swak
                            'n Enkel paragraaf: swak poging met die        = ½ punt
                            skryf van 'n opstel
                            Nie aanvaarbaar
                                                                           = 0 punte
                            Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL                                                                                         15

                                                                          TOTAAL AFDELING C:                  50
                                                                              GROOTTOTAAL:                   120

                                               ÓF

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       22                               DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING D: JAZZ
 Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag
 die kandidate in volsinne antwoord.
VRAAG 11
11.1    Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E.
        11.1.1       In 'n 12-maat-blues is die …

                     Antwoord:
                     A   Lirieke in AAB vorm.
        11.1.2   Die volgende toonlere bevat GEEN halftone NIE:

                 Antwoord:
                 D Al die bogenoemde
        11.1.3   Die volgende vrouegroep word met beide marabi en mbaqanga
                 geassosieer:
                 Antwoord:
                 A   The Mahotella Queens
        11.1.4   Abdullah Ibrahim word met … geassosieer.
                 Antwoord:
                 D Al die bogenoemde
        11.1.5   Watter van die volgende modusse bevat 'n majeur tonikadrieklank?
                 Antwoord:
                 B Ionies, Lidies en Miksolidies.
                                                                                5x1            (5)

11.2    Verduidelik die volgende
        11.2.1       Poli-akkoord
        11.2.2       Swing
        11.2.3       Ritmeseksie
        Antwoord:
        11.2.1 Twee of meer afsonderlike akkoorde (maj/min/verm/vergr drieklanke)
               wat saam klink, bv. CEG en BbDF                                                 (1)
        11.2.2 'n Ritmiese toestel waarin die eerste van twee gelyke nootwaardes
               effens verleng word om 'n ongelyke onderafdeling van die pols te
               skep, bv.

                                                                                               (1)
        11.2.3       Klavier/kitaar, bas, tromme voorsien die ritmiese en harmoniese
                     onderbou in 'n jazz-orkes                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      23                                      DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

11.3    Noem EEN internasionale kunstenaar wat Abdullah Ibrahim se styl beïnvloed
        het.

        Antwoord:
        Duke Ellington
        Thelonious Monk
        James Johnson
                                                                               Enige EEN             (1)

11.4    Vroeë mbaqanga is 'n samesmelting van marabi en kwêla-invloede. Gee EEN
        eienskap van marabi en EEN van kwêla wat 'n bydrae tot die styl van
        mbaqanga gelewer het .

        Antwoord:
         Marabi
           o Gebruik van Westerse instrumente
           o Musiek word aangedreef deur 'n klawerbord/klavier/elektroniese orrel
           o Dansgevoel

           Kwêla
            o Saksofoon word in vroeë mbaqanga gebruik
            o Skiffelagtige ritme
            o Leierkitaarinleiding
            o Leierkitaar speel 'n prominente begeleidende rol

                                                               Enige EEN marabi-eienskap
                                                               Enige EEN kwêla-eienskap
                                                               2x1                                   (2)

11.5    Dui aan of die volgende stellings oor mbaqanga WAAR of ONWAAR is. Skryf
        slegs 'Waar' of 'Onwaar' langs die vraagnommers (11.5.1 tot 11.5.3) neer.

        11.5.1       Mbaqanga is hoofsaaklik in enkelvoudige tydmaat.
        11.5.2       Slegs mans word toegelaat om in hierdie styl te speel.
        11.5.3       Lofdigte bepaal die toon aan die begin van 'n tipiese mbaqanga.

        Antwoord:
        11.5.1 Waar                                                                                  (1)
        11.5.2 Onwaar                                                                                (1)
        11.5.3 Onwaar                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  24                                    DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

11.6    Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n styl in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
        (A–F) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.4) in die ANTWOORDEBOEK
        neer, bv. 11.6.10 J.

            KOLOM A                         KOLOM B
            11.6.1 Kwêla                    A  A cappella
            11.6.2 Mbaqanga                 B  Spokes Mashiyane
            11.6.3 Cape jazz                C  Manhattan Brothers
            11.6.4 Marabi                   D  Abdullah Ibrahim
                                            E  Miriam Makeba
                                            F  Amerikaanse geestelike liedjies

        Antwoord:
         11.6.1  B
         11.6.2  E
         11.6.3  D
         11.6.4  C
                                                                             4 punte           (4)

11.7    Skryf TWEE kenmerke van Cape jazz neer.

        Antwoord:
         'n Multikulturele styl wat geïnspireer is deur kwêla, marabi, blues, slawe
           volksliedere, kerkorkeste, langarm, Kaapse Maleier en Khoisan liedjies
         Instrumentasie: klavier, bas en tromme met saksofoon, trompet en
           trombone wat opsioneel bygevoeg word
         Afrika-, ghoema- en swing-elemente wat met Amerikaanse jazz-invloede
           vermeng word
         Volksagtige en gesangagtige melodiese konstruksie
         Hoofsaaklik homofonies met elemente van roep-en-antwoord
         Grootskaalse improvisasie vir alle instrumente met vermenging van
           verskeie style
                                                                       Enige TWEE              (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                 25                                   DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 12

Beskryf kortliks hoe die volgende elemente in Mra deur Chris McGregor se groep,
The Brotherhood of Breath, toegepas word.

   Instrumentasie                                                                           (1)
   Melodie                                                                                  (1)
   Ritme                                                                                    (1)
   Stylinvloede                                                                             (2)

Antwoord:
Instrumentasie
 Big Band instrumentasie met komplekse klankvlakke en vernuwende verwerkings
 Word van instrumente verwag om teen 'n hoë vlak van moeilikheidsgraad te speel
 Ritmeseksie (klavier, bas, tromstel) en groot blaasseksie (trombone en saksofone)
Melodie
 Roep-en-antwoord tussen saksofone en trompette wat dikwels oorvleuel
 Interspeelaksie tussen koper- en houtblaasseksies met kort uitbarstings van
   motiewe oor 'n herhalende tromboon-ostinato
Ritme
 Opwindende voortdrywende ritmiese figure wat deur die ritmeseksie en trombone
   gelei word
 Ritmiese verwerking skep opgewondenheid
 Gesinkopeerde gebroke akkoordbegeleidingsfigure in die trombone
Stylinvloede
 Harde-voortstuwende blues-styl
 Die groep eksperimenteer met die elemente van die styl – harmonie, ritme, melodie
   – geïnspireer deur Sun-Ra
 Vermenging van mbaqanga en kwêlastyle

                                                          1 punt per element x 3
                                                          Enige TWEE stylinvloede            [5]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  26                                    DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 13

13.1    Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's verander
        het.

        Antwoord:
         Die penniefluitjie was eers as die melodiese hoofinstrument gedurende die
           1950's gebruik en was later met die saksofoon vervang
         Die styl was oorspronklik 'n solo straatmusiekstyl maar solo kunstenaars
           was later deur 'n klein jazz-orkes begelei
         Kwêla was 'n polities gedrewe musiekstyl (anti-apartheid) gedurende die
           1950's maar was later transformeer tot 'n populêre vermaaklikheidstyl (bv.
           Mango Groove)
                                                                             2 punte           (2)

13.2    Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana Ba
        Rustenburg voorkom.

        Antwoord:
         Jazz-orkes – kitaar, tromstel, bas en saksofoon
         Saksofoon/penniefluitjie as melodiese hoofinstrument
         Kort improvisasies as versiering van die oorspronklike melodie
         Ander kontramelodiese lyne word om die oorspronklike melodie ingeweef
         Matig tot opgewekte tempo
         Skiffle-agtige maatslag
         Jive en swing-ritmes
         Sikliese akkoordstruktuur met gebruik van I – IV- I64 – V
                                                                          3 punte              (3)
                                                                                               [5]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   27                                      DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf waarin jy die historiese betekenis van die Jazz Epistles se bydrae tot
Suid-Afrikaanse jazz ondersoek. Verwys na die liedjie Vary-oo-vum in jou antwoord.

Antwoord:
Historiese betekenis
 Jazz Epistles was Suid-Afrika se eerste swart bebop groep gedurende die 1950's
 Die eerste album was Jazz Epistle, Verse 1, 1959
 Suid-Afrika se eerste belangrike hard bop groep gedurende die 1950's (ontbind in
   1959)
 Groep bestaan uit Suid-Afrikaanse jazz-ikone:
   o Dollar Brand (later Abdullah Ibrahim) op klavier, Kippie Moeketsi op
       altsaksofoon, Jonas Gwangwa op tromboon, Hugh Masekela op trompet,
       Johnny Gertze op bas, Early Mabuza of Makaya Ntshoko op tromme
 Meeste van hierdie musikante verkies ballingskap en ontwikkel hul styl verder deur
   kontak te maak met Europese musikante waarmee hulle met hul terugkeer na Suid-
   Afrika hul nuutgekose kennis en vaardighede terug in die Suid-Afrikaanse konteks
   belê
 Lede komponeer hul eie oorspronklike musiek ('n groot inhoud van werke) wat die
   kultuur en tradisie van die Afrika-erfenis bekragtig
 Hul erfenis stel hard bob voor op die ontwikkelende Afrika jazz kultuur

Verwysing na Vary-oo-vum
 Gekomponeer deur Abdullah Ibrahim (toe bekend as Dollar Brand)
 Bevat 'n 12-maat blues vorm in die improvisasie-seksie
 Hardbop-klank met swing en voortdrywing
 'n Baie vooruitstrewende/Avant Garde komposisie vir 1959

                                                                           Enige VYF              [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   28                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 15
Miriam Makeba was een van die eerste vrouekunstenaars om               Afrika-musiek
internasionaal bekend te maak.
Skryf 'n opstel waarin jy haar loopbaan bespreek. Verwys na haar lewe in ballingskap,
noem die invloede op haar styl en die karaktereienskappe van haar musiek. Verwys na
EEN album/treffer in jou antwoord.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
 KRITERIA                                           PUNTETOEKENNING
 Lewe in ballingskap                                       4
 Invloede (nasionaal en internasionaal)                    4
 Karaktereienskappe van haar musiek                        3
 Album/treffer                                             1
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel            3
 TOTAAL                                                    15
Voorbeeld van 'n inleiding
Miriam Makeba word as een van die vooraanstaande vrouekunstenaars van Afrika-
jazz beskou. Haar musiekloopbaan begin in 1956 met die bekendstelling van Pata
Pata.
Lewe in ballingskap
 Word Mama Africa genoem
 Toer en neem treffers op saam met internasionale kunstenaars soos Harry
  Belafonte, Ella Fitzgerald en Paul Simon
 Haar paspoort word teruggetrek omdat sy teen apartheid voor die United Nations in
  1963 getuig het
 Tree op in internasionale jazz opera King Kong
 Ontvang 'n Grammy-toekenning vir die beste opname vir volksmusiek (saam met
  Harry Belafonte)
 Sy was een van die vermaaklikheidskunstenaars in die Rumble in the Jungle geveg
  tussen Muhammad Ali en George Foreman in Zaïre
 Ontvang internasionale reputasie beide as musikant en kulturele aktivis
 Eerste vrouekunstenaar van Afrika om Afrika-musiek internasionaal bekend te
  maak
                                                                        Enige VIER            (4)

Nasionale invloede
 Wye omvang van Afrika repertorium insluitend marabi, mbaqanga, tradisionele
  Afrika-musiek en Afro soul
 As 'n lid van The Skylarks sing sy 'n mengsel van jazz en tradisionele melodieë van
  Suid-Afrika
 Sluit gereeld tradisionele elemente in haar styl in, bv. manlike agtergrondsangers
  geïnspireer deur mbube kore
 Sing moderne weergawes van inheemse liedjies in haar moedertaal isiXhosa
 Gebruik a cappella-genesingsdreunsang van die amaSangoma

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                29                                    DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

Internasionale invloede
 Vermeng Amerikaanse style insluitend jazz, R&B en kontemporêre volksmusiek
 Europese musiekstyle onder andere Portugese fados
 Buite Amerika en Europa was sy deur Hebreeuse en Jiddisj melodieë beïnvloed
 Gevarieerde wêreldmusiek repertorium insluitend Engelse ballades en Haitiaanse
    dreunsang
 Suid-Amerikaanse invloede insluitend Brasiliaanse bossa novas

                                Enige VIER
                                Sluit BEIDE nasionale en internasionale invloede in          (4)

Karaktereienskappe van haar musiek
 Rokerige rasperstem met intieme warmte
 Haar ryklike, lae vrouestemtoon was gereeld met Ella Fitzgerald vergelyk
 Verpersoonlik 'n kombinasie van R&B, jazz en Afrika-musiek in 'n unieke styl
 Veral bekend vir haar liedjies in haar moedertaal en plof-, klapgeluide
 Klanke en ritmes van die groter kontinent van Afrika word in haar liedjie Aluta
   continua gevind – haar styl strek buite Suid-Afrikaanse klanke

                                                                       Enige DRIE            (3)

Album/Treffer:
 Pata Pata
 Sing me a song
 Lakutshon' ilanga

                                                                       Enige EEN             (1)

Voorbeeld van 'n slotparagraaf
Miriam Makeba was een van die mees veelsydige vrouekunstenaars wat Suid-Afrika
geproduseer het en was beïnvloed deur beide haar tradisionele oorsprong sowel as
internasionale musiekstyle.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    30                                               DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

         KRITERIA                                   PUNTETOEKENNING
 Lewe in ballingskap                                                                             4
 Invloede (nasionaal en
                                                                                                 4
 internasionaal)
 Kenmerke van haar
                                                                                                 3
 musiek
 Album/treffer                                                                                   1
                             Uitstekend
                             'n Inleiding, afsluiting em stewige
                                                                           = 3 punte
                             argument in die middeldeel van die
                             opstel teenwoordig
                             Goed
                             'n Inleiding, afsluiting en redelike
                                                                           = 2-2½ punte
                             argument in die middeldeel van die
                             opstel teenwoordig
                             Gemiddeld
                             'n Inleiding, afsluiting en vae argument in
 Logiese aanbieding en                                                     = 1½ punte
                             die middeldeel van die opstel                                       3
 struktuur van die opstel    teenwoordig
                             Ondergemiddeld
                             'n Inleiding, afsluiting en swak argument
                                                                           = 1 punt
                             in die middeldeel van die opstel
                             teenwoordig
                             Swak
                             'n Enkel paragraaf: swak poging met die       = ½ punt
                             skryf van 'n opstel
                             Nie aanvaarbaar
                                                                           = 0 punte
                             Feite puntsgewys aangebied
 TOTAAL                                                                                         15          [15]

                                                                         TOTAAL AFDELING D:                 50

                                               ÓF

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 31

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   31                                    DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
 Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag
 die kandidate in volsinne antwoord.
VRAAG 16
16.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
        bv. 16.1.6 E.
        16.1.1 'n Italiaanse term vir 'dubbel die tempo' is …

                 Antwoord:
                 B   Doppio movimento.

        16.1.2 Watter instrument is NIE deel van 'n standaard klassieke orkes NIE?

                 Antwoord:
                 B   Saksofoon

        16.1.3 Die Camerata word met die oorsprong van …geassosieer.

                 Antwoord:
                 A   Opera in Florence.

        16.1.4 Watter EEN pas NIE?

                 Antwoord:
                 C   Klavier

        16.1.5 Behalwe vir Die Towerfluit, is … nog 'n opera van Mozart.

                 Antwoord:
                 D Geeneen van die bogenoemde nie
                                                                                 5x1            (5)

16.2    Verduidelik die onderstaande:
        16.2.1 Tutti
        16.2.2 Melisma
        16.2.3 Motief
        Antwoord:                                                                               (1)
        16.2.1 Volle orkes speel tegelyk                                                        (1)
        16.2.2 Die sing van meer as een noot op 'n enkel sillabe van die                        (1)
               teks
        16.2.3 'n Kort ritmies en/of melodiese musikale eenheid

16.3    Noem die instrument wat by die standaard klassieke orkes deur beide
        Beethoven en Mozart bygevoeg is .
        Antwood:      Tromboon                                                 1 punt           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — Music · QP · 2023 · Afr
- [Music P1 May June 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2021-mg-afr/b7f5c0c9-52cd-4bb8-88d2-db893c039c17) — Music · Memo · 2021 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-memo-eng/4b7278fa-8899-4f1d-8e0b-28e4a5d6d076) — Music · Memo · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-memo-afr/f8a11eb3-cb08-4c79-b070-667225196f1d) — Music · Memo · 2019 · Afr
- [Music P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-memo-afr/603989e1-ca09-4e21-bcf9-8562258f7884) — Music · Memo · 2018 · Afr
- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — Music · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-eng/a93b74de-03f7-4627-866d-40f73fc5580d) — QP · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
