# Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 34 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 34

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 34 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                     MUSIEK V1

                                   MEI/JUNIE 2025

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                      PUNTE: 120

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 34 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Musiek/V1                                   2                            DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                    (90 minute)

AFDELING A moet op hierdie VRAESTEL beantwoord word.

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

VRAAG 1                                                                   (25 minute)

1.1    Voeg maatlyne op die toepaslike plekke in die musiekuittreksel hieronder by.

       Antwoord:                                           

                                                                                1+1             (2)

1.2    Skryf die toonsoortteken van die mineur toonsoort waarin die gegewe leitoon
       voorkom.

       Antwoord:
                                                                             1 punt
                                                                       Geen ½ punte             (1)

1.3    Skryf die drieklank op die leitoon van G harmoniese mineur. Skryf die drieklank
       in eerste omkering.

       Antwoord:
                                                                                1 punt
                                                           ½ punt vir foutiewe posisie
                                                    Enige nootwaarde is aanvaarbaar             (1)

1.4    Voeg 'n skuifteken by om 'n vergrote drieklank te vorm.

       Antwoord:

                                                                             1 punt
                                                                       Geen ½ punte             (1)

1.5    Skryf 'n dominantsewende akkoord op die gegewe grondnoot, in noue ligging.

       Antwoord:

                                                                             1 punt
                                                                       Geen ½ punte             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Musiek/V1                                    3                              DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

1.6    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       1.6.1    Benoem die interval by (P).

                                                                             1 punt
                Antwoord: Mineur 10de/Saamgestelde mineur 3de          Geen ½ punte              (1)

       1.6.2    Skryf die omkering van die interval by (Q) in die gegewe sleutel
                hieronder.

                Antwoord:

                                                                               1 punt
                                                                        Geen ½ punte
                                                      Enige nootwaarde is aanvaarbaar            (1)

       1.6.3    Gee die Italiaanse term wat dieselfde as Lebhaft beteken.

                Antwoord: Allegro/Vivace                                          1 punt         (1)

1.7    Skryf die toonlere hieronder sonder toonsoortteken, volgens die gegewe
       instruksies.

       1.7.1    Skryf 'n opgaande Lidiese modus wat op D begin.

                Antwoord:

                                   Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
                                           Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie            (2)

       1.7.2    Voeg skuiftekens by om die F natuurlike mineur toonleer te vorm.

                Antwoord:

                                   Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
                                           Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Musiek/V1                                   4                         DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

       1.7.3    Verskaf EEN noot onder elke asterisk (*) om die opgaande chromatiese
                toonleer te voltooi.

                Antwoord:

                                                  OF

                                                  OF

                                  Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
                                           Enige enharmoniese noot is aanvaarbaar          (2)
                                                                                           [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Musiek/V1                                  5                          DBE/Mei/Junie 2025
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2                                                                (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1    Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
       skep. Skryf in balknotasie OF in solfanotasie.

Konsepantwoord:

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Musiek/V1                                       6                                    DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

     BESKRYWING                                      PUNTETOEKENNING
 Vorm en kadenspunte          1 punt per frase x 3                                                3
 Notasie
 Balknotasie:
 polse per maat, nootstele,
 groepering en skuiftekens    Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte                   2
 Solfanotasie:
 ritme- en toonhoogte-
 aanduidings
                                       Uitstekend
                                       Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
                                       verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
                              9–10     suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer
                                       meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse
                                       van toonhoogtes en ritme
                                       Goed
                                       Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
 Kwaliteit                     7–8     aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele toonsoort;
 Musikaliteit:                         melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
 omvang, kontoer,                      en ritme akkuraat                                         10
 geïmpliseerde harmonie                Gemiddeld
                                       Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
                               4–6     aanvangsmotief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel;
                                       melodiese kontoer onder verdenking; keuse van
                                       toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
                                       Onaanvaarbaar
                                       Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
                               0–3     aanvangsmotief geïgnoreer; geen toonsoort-sin; geen
                                       melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak
 TOTAAL                                  Nasieners mag ½ punte gebruik                           15        [15]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Musiek/V1                                   7                           DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

2.2    Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm. Gebruik
       balknotasie OF solfanotasie. Skryf vir enige enkellyn- melodiese instrument OF
       stemtipe van jou keuse. Noem die instrument OF stemtipe.

       Gebruik die volgende om 'n samehangende melodie in E mineur te skep:
       • Ritmiese motief:
       Balknotasie:
       • Gebruik die korrekte sleutel vir jou gekose instrument of stemtipe.
       • Voeg die toonsoortteken by.
       Solfanotasie:
       • La is E.

Konsepantwoord:
Instrument/Stemtipe:
• Diskantsleutel: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool/Sopraan/Alt/Tenoor/, ens.
• Bassleutel: Tjello/Fagot/Tromboon/Eufonium/Bariton/Bas, ens.
• Altsleutel: Altviool

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Musiek/V1                                        8                                    DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

      BESKRYWING                                    PUNTETOEKENNING
 Vorm en kadenspunte            1 punt per frase x 3                                              3
 Notasie
 Balknotasie:
 polse per maat, nootstele,
 groepering, skuiftekens,
 aanduiding van sleutel en      Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte                 2
 toonsoortteken
 Solfanotasie:
 ritme- en toonhoogte-
 aanduidings
                                          Uitstekend
                                          Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
                                          verbeeldingryk; gegewe ritmiese motief innoverend
                                 9–10     voortgesit; suksesvolle gebruik van toonsoort;
                                          melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe
                                          benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme
                                          Goed
 Kwaliteit                                Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
 Toepaslikheid vir instrument    7–8      gegewe ritmiese motief sinvol voortgesit; stabiele
 of stem (omvang), gebruik                toonsoort; melodiese kontoer bevredigend; keuse
 van gegewe ritmiese motief,              van toonhoogtes en ritme akkuraat                       10
 musikaliteit (omvang,                    Gemiddeld
 kontoer, geïmpliseerde                   Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
 harmonie)                       4–6      gegewe ritmiese motief nie goed gebruik; toonsoort
                                          onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking;
                                          keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
                                          Onaanvaarbaar
                                          Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
                                 0–3      gegewe ritmiese motief geïgnoreer; geen toonsoort-
                                          sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
                                          lukraak
 TOTAAL                                    Nasieners mag ½ punte gebruik                          15       [15]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Musiek/V1                                   9              DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3                                                     (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1    Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

       Antwoord:

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Musiek/V1                                   10                            DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

       3.1.1   Wat is die verwantskap tussen maat 1–2 en maat 5–6?

               Antwoord:
               • Maat 5–6 is 'n gevarieerde herhaling van maat 1–2.
                                                                           EEN punt            (1)

       3.1.2   Lewer kommentaar op die gebruik van toonsoort in maat 1–4.

               Antwoord:
               • Die eerste twee mate is in A mineur en maat 3–4 is in C majeur.
                                                                         EEN punt              (1)

       3.1.3   Besyfer die akkoorde by (a) tot (f) op die partituur deur Romeinse syfers
               te gebruik, bv. III+6/III+b.

               Antwoord:     Sien partituur

                                                       1 punt per akkoord = 6 punte
                               Minus ½ punt as omkering of 7de weggelaat of foutief is         (6)

       3.1.4   Besyfer die akkoorde by (Z) op die partituur en benoem die kadens.

               Antwoord: Sien partituur
               Akkoorde: iv – i                                   Akkoorde = 2 punte
               Kadens: Plagale kadens                              Kadens = 1 punt             (3)

       3.1.5   Benoem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).

               Antwoord:
               (i)  (Bo-) Hulpnoot/Wisselnoot
               (ii) Vooruitneming                                                2x1           (2)

       3.1.6   Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
               Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord.

               Antwoord: Sien partituur
               (iii) Deurgangsnoot
               (iv) Terughouding                                                 2x1           (2)
                                                                                               [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Musiek/V1                                  11                            DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

3.2    Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

       Antwoord:

       3.2.1    Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf akkoordsimbole in die
                spasies bokant die notebalk, bv. G/B.

                Antwoord: Sien partituur

                                                       1 punt per akkoord = 7 punte
                       Minus ½ punt as omkering of uitbreiding weggelaat of foutief is        (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Musiek/V1                                   12                            DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

       3.2.2    Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens by (X).

                Antwoord:                             Akkoorde              = 2 punte
                Akkoorde: E7 – Am                     Kadens                = 1 punt
                Kadens: Volmaakte kadens              Minus ½ punt as 7de weggelaat is         (3)

       3.2.3    Lewer kommentaar op die bassleutelparty in maat 1–3.

                Antwoord:
                • Die eerste maat word twee keer herhaal met 'n klein variasie in
                   maat 3
                • Daar is 'n ostinato-patroon in die eerste drie mate
                • Daar is twee stempartye: bas en tenoor
                • Die baslyn vorm 'n pedaalpunt terwyl die hoë stem verander en in
                   kwartnote beweeg
                • Die hoë stem (tenoor) beweeg in halftone
                                                                      Enige EEN                (1)

       3.2.4    Benoem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).

                Antwoord:
                (i) (Onder-) Hulpnoot/Wisselnoot
                (ii) Deurgangsnoot                                               2x1           (2)

       3.2.5    Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
                Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord.

                Antwoord: Sien partituur
                (iii) Vooruitneming
                (iv) Terughouding                                                2x1           (2)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Musiek/V1                                    13                         DBE/Mei/Junie 2025
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4                                                                  (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1    Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
       baspartye by te voeg. Sluit die volgende in:

       •    Deurgangs-tweede-omkering-( )progressie
       •    'n Onderbroke kadens
       •    'n Geskikte progressie vir die stygende leitoon by (X)

Konsep-antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Musiek/V1                                     14                                      DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

  BESKRYWING                                   PUNTETOEKENNING
 Akkoordkeuse        Insluitend die gelyste akkoorde                                            14
 Notasie en
                     8 – (aantal foute ÷ 4)                                                      8
 stemvoering
                              Uitstekend
                              Uitstaande sin vir koraalstyl; gevorderde akkoordkeuse;
                              gebruik van omkerings bewerkstellig uitstekende progressie;
                     6½–8     kreatiewe melodiese baslyn; alt en tenoor beweeg meestal
                              trapsgewys; verbeeldingryke gebruik van nie-harmonienote;
                              gladde, akkurate of verbeeldingryke stemvoering
                              Goed
                              Redelike sin vir koraalstyl; akkoordkeuse sluit sekondêre
                              akkoorde en omkerings in; baslyn bevat goeie balans tussen
                     5½–6     trapsgewyse beweging en aanvaarbare spronge; alt en
                              tenoor speel 'n bindende rol binne 'n kompakte omvang;
                              meestal gladde en korrekte stemvoering
 Kwaliteit                                                                                       8
                              Gemiddeld
                              'n Beperkte sin vir koraalstyl; akkoordkeuse meestal
                     3½–5     grondposisie van primêre akkoorde; baslyn onsamehangend
                              en nie duidelik beplan nie; alt en tenoor toon lukrake
                              beweging; stemvoering lukraak met tipiese foute
                              Swak
                              Geen sin vir koraalstyl; onsamehangende akkoorde; stemme
                              is slegs 'ingevul', geen onderskeibare stemvoering tussen
                      0–3     akkoorde; onsamehangende of geen baslyn; geen sin vir
                              progressie; substansiële aantal foute; feitlik geen poging om
                              die vraag te beantwoord nie; akkoorde losweg of slegs note
                              neergeskryf
 Nota aan nasiener: Punt uit 30 mag nie ½ punte bevat nie                                     (30 ÷ 2)
 TOTAAL                                                                                         15             [15]

Kandidate moet krediet ontvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat
nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Geen punte word vir simbole as sodanig
toegeken nie.

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Musiek/V1                                     15                            DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in halfnote by
            te voeg. Gaan voort in die styl voorgestel deur die openingsmaat en gee
            aandag aan stemvoering en spasiëring/uitleg. Sluit die volgende in:

            •   Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
            •   ii – V – I-progressie in D
            •   'n Dominantnegende akkoord by die asterisk (*)

Konsep-antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Musiek/V1                                     16                                       DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

  BESKRYWING                                    PUNTETOEKENNING
 Akkoordkeuse        Insluitend die gelyste akkoorde                                              14
 Notasie en
                     8 – (aantal foute ÷ 4)                                                        8
 stemvoering
                              Uitstekend
                              Uitmuntende begrip vir die voorgestelde jazz-styl; gevorderde
                              akkoordkeuse; gebruik van uitgebreide akkoorde en
                      6–7     stemvoering ('voicing') bewerkstellig uitstekende vloei;
                              verbeeldingryke realisering van stemvoering in verhouding tot
                              die melodie
                              Goed
                              Redelike sin vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse sluit
                              uitgebreide akkoorde, sekondêre akkoorde en omkerings in;
                     5–5½     die gebruik van uitgebreide akkoorde en stemvoering
                              bewerkstellig goeie vloei; aanvaarbare realisering van
                              stemvoering in verhouding tot die melodie
 Kwaliteit                                                                                         8
                              Gemiddeld
                              'n Beperkte sin vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse
                              meestal grondposisie van primêre drieklanke; gebruik van
                     3–4½     akkoorde en stemvoering bewerkstellig aanvaarbare vloei;
                              baie basiese realisering van stemvoering in verhouding tot die
                              melodie
                              Swak
                              Geen sin vir die voorgestelde jazz-styl; onsamehangende
                              akkoorde; geen ware progressie en stemvoering; lukrake
                     0–2½     akkoorde; 'n substansiële aantal foute; feitlik geen poging om
                              die vraag te beantwoord nie; akkoorde en note losweg
                              neergeskryf
 Nota aan nasiener: Punt uit 30 mag nie ½ punte bevat nie                                       (30 ÷ 2)
 TOTAAL                                                                                           15        [15]

Kandidate moet krediet ontvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie
in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Geen punte word vir simbole as sodanig toegeken
nie.

                                                                         TOTAAL AFDELING A:                     60

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Musiek/V1                                     17                             DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                    (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
Nota aan nasiener: een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer
word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn gegee word nie.

AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer,
            bv. 5.1.6 E.
       5.1.1     Die bestuur van musiekgebruikers             se   lisensiefooie     is    die
                 verantwoordelikheid van …
                 Antwoord: C 'n kollekteeragentskap.                                 1 punt         (1)
       5.1.2     SAMRO …
                 Antwoord: D Al die bogenoemde                                       1 punt         (1)
       5.1.3     Die korrekte volgorde van stappe voordat 'n nuwe lied bemark word,
                 is …
                 Antwoord:    D Al die bogenoemde                                    1 punt         (1)
       5.1.4     Meganiese regte word deur … geadministreer.
                 Antwoord: B CAPASSO.                                                1 punt         (1)
       5.1.5     Om tantième te ontvang, moet 'n komponis …
                 Antwoord: D by 'n kollekteeragentskap registreer.                   1 punt         (1)
                                                                                   5x1=5
5.2    Beantwoord die volgende vrae:
       5.2.1     Verduidelik naaldtydregte.
                 Antwoord:
                 Dit is die reg van kunstenaars en komponiste om 'n fooi te ontvang
                 wanneer hul musiek uitgesaai of gestroom word.
                                                                Wie      = ½ punt
                                                                Waar = ½ punt
                                                                Uitsaai = 1 punt                    (2)
       5.2.2     Skryf die naam neer van 'n kollekteeragentskap wat naaldtydregte
                 hanteer.
                 Antwoord: RISA/SAMPRA                                               1 punt         (1)
5.3    Noem TWEE opnamemaatskappye.
       Antwoord: EMI/Gallo/Universal/Sony                                  Enige TWEE               (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               10
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Musiek/V1                                    18                             DBE/Mei/Junie 2025
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 6

6.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
            bv. 6.1.6 E.

       6.1.1     In isishameni word die maskanda-kitaar op … gestem.

                 Antwoord:     D   DADABD                                           1 punt         (1)

       6.1.2     Watter EEN van die volgende instrumente sal waarskynlik NIE in
                 maskanda gebruik word NIE?

                 Antwoord:     A   Djembetromme                                     1 punt         (1)

       6.1.3     Ukuvamba is 'n kitaartegniek waar …

                 Antwoord:     C   die kitaar perkussief getokkel word.             1 punt         (1)

       6.1.4     Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van isihlabo?

                 Antwoord:     B   Isihlabo stel aan die begin van die stuk die
                                   toon vas.                                        1 punt         (1)

       6.1.5     Umakhweyane is …

                 Antwoord:     C   'n booginstrument wat botone produseer.          1 punt         (1)

                                                                                  5x1=5

6.2    Verduidelik melodie in inheemse Afrika-musiek.

       Antwoord:
       • Melodie word in roep en antwoord gebruik.
       • Melodie word meestal gesing (eerder as om op instrumente gespeel te word).
       • Melodiese kontoer word deur die tooninfleksie van die taal beïnvloed.
       • Melodielyn is dikwels gefragmenteer/gebroke eerder as lank.
       • Melodiese fragmente word herhaal.
                                                                        Enige TWEE                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Musiek/V1                                      19                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

6.3    Verduidelik DRIE wyses waarop die woord kwêla in die verlede gebruik is.

       Antwoord:
       • Dit is dikwels gedurende 'n voordrag uitgeroep om mense aan te moedig om
          op te staan en te begin dans.
       • Die opdrag 'kwêla!' is onder musikante gebruik om iemand aan te moedig
          om 'n solo te doen.
       • Die term is deur die polisie gebruik om iemand te beveel om in 'n polisie-
          vangwa te klim.
       • Die woord 'Kwêla-Kwêla' het na die berugte polisievangwaens gedurende
          die apartheidsjare verwys.
                                                                      Enige DRIE                 (3)

6.4         Kies die item in KOLOM A wat by die kunstenaar/groep in KOLOM B pas.
            Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (6.4.1 tot 6.4.5) neer,
            bv. 6.4.6 G.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
         6.4.1       Umama                           A   Soul Brothers

         6.4.2       TTBB                            B   Lemmy Mabaso

         6.4.3       Umgqashiyo                      C   Thee Legacy

         6.4.4       Penniefluitjie                  D   Philip Tabane

         6.4.5       Koedoehoring                    E   Inkunz' Emdaka

                                                     F   Mahlathini

        Antwoord:
         6.4.1    E
         6.4.2    C
         6.4.3    F
         6.4.4    B
         6.4.5    D
                                                                                    5x1          (5)

6.5    Beskryf die rol van abavumayo in maskanda.
       Antwoord:
       • Abavumayo (agtergrondsangers) skep en stel die atmosfeer en algehele
          stemming van die lied vas.
       • Hulle sing die antwoord op die voorsanger se roep.
       • Hulle is kundig oor die verwerkings van die maskanda-liedjies wat hulle
          uitvoer.
       • Hulle skep 'n ritmiese en harmoniese vokale begeleiding.
       • Hulle skep/choreografeer en voer die dansbewegings tydens 'n voordrag uit.
                                                                            Enige DRIE           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Musiek/V1                                     20                            DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

6.6      Verduidelik hoe izibongo in die lied Kuke Kwagijim' Iveni gebruik word.
         Antwoord:
         • Izibongo (lofdig) kom reeds vroeg in die liedjie voor.
         • Die sanger gebruik 'n natuurlike spraakinfleksie eerder as die gebruiklike
            falsetto.
         • Dit word teen 'n vinnige pas opgesê.
         • Krepitasies word gebruik om opwinding op te wek, bv. gefluitery of
            plofgeluide.
         • Die sanger groet en stel homself voor (self-lofdig), sê waar hy vandaan kom,
            vertel hoe sleg dit gegaan het en hoedat dit, deur die genade van God, nou
            beter gaan.
                                                                          Enige TWEE             (2)
                                                                                                 [20]
VRAAG 7
Beskryf die sangstyl van Philip Tabane.
Antwoord:
• Falsetto-sang roep 'n melankoliese en nostalgiese gevoel op.
• 'n Vokale wieg-effek kom voor.
• Fonestetika, bv. 'ilili, lalala, welele', word algemeen gebruik as deel van die
   melodiese vloei.
• Onomatopeïese en scat-sang word gebruik om malombo-geeste gedurende
   uitvoerings op te roep.
• Hy boots die melodie wat hy op die kitaar speel na.
• Hy wissel harmoniesang en unisoonsang met die kitaarmelodie af.
• Glysang ('scooping') is 'n algemene kenmerk.
                                                                      Enige VYF                  [5]
VRAAG 8
Bespreek die gebruik van ritme in kwêla.

Antwoord:
• Die ritme van die begeleiding kan beskryf word as 'n wiegende skiffel.
•

•     Die basiese ritme word deur die kitaar eerder as die tromstel verskaf.
•     Die perkussieparty versterk die kitaarparty.
•     Kwêla word in 'n swing-styl gespeel.
•     Die tromstel gebruik dikwels die 'kick' of 'fill' om die einde van 'n viermaat-
      siklus/vers aan te dui.
•     Die ritmiese basis stam af van die soliede vier-vier maatslag en swing-gevoel van
      die Count Basie-tipe big band.
•     In sommige liedere word 'n subtiele twee-teen-drie kruisritme tussen die
      instrumente gehoor.
•     Die nousluitende (of 'hocket') tegniek kan duidelik gehoor word in komposisies wat
      uitroepe en gefluitery op die agstenote tussen maatslae bevat.
                                                                             Enige VYF           [5]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Musiek/V1                                   21                           DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 9
Bespreek die tradisionele isicathamiya-sangstyl.

Antwoord:
• Isicathamiya is 'n a cappella-koor-sangstyl.
• Dit word afgelei van die tradisionele roep en antwoord musiek wat gekombineer
  word met 'n gesang-agtige klank.
• Dit is 'n kombinasie van Christelike koorsang en swart Amerikaanse
  troebadoersang.
• Dit word uitgevoer deur mansensembles wat in grootte wissel van ongeveer 4 tot 20
  sangers.
• Ensembles sing in vierstemmige harmonie en word gewoonlik deur 'n tenoor-solis
  gelei.
• isiZulu is die hooftaal van die uitvoerings, alhoewel heelwat liedere ook Engels mag
  bevat.
                                                                           Enige VYF             [5]

VRAAG 10
Skryf 'n opstel en bespreek kortliks die ooreenkomste en verskille tussen Mahlathini en
die Mahotella Queens, en Soul Brothers. Verwys na Melodi Yalla en Wamuhle.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                         KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Ooreenkomste                                                          4
 Verskille                                                             8
 Logiese aanbieding van feite; struktuur van die opstel                3
 TOTAAL                                                               15                      [15]

Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding
Mahlathini en die Mahotella Queens, en Soul Brothers se musiek toon baie styl-
ooreenkomste, maar ook -verskille.
Ooreenkomste
• Beide sing en speel in 'n mbaqanga-styl.
• Die begeleidingsgroep vir albei bestaan uit tromstel, ritme- en baskitaar, en
  klawerbord.
• Mbaqanga gebruik 'n sikliese harmoniese progressie wat uit drie akkoorde bestaan:
  I – IV – V.
• Beide gebruik roep en antwoord.
• Herhalende melodieë word meer gereeld aangetref as melodiese ontwikkeling.
                                                                      Enige VIER

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Musiek/V1                                     22                                  DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Verskille
  Mahlathini en die Mahotella Queens -                            Soul Brothers -
                 Melodi Yalla                                         Wamuhle
 • Hulle gebruik tradisionele Zulu-musiek            •   Hulle gebruik tradisionele Zulu
    wat deur swart Amerikaanse funk en                   musiek wat deur Amerikaanse soul
    rock beïnvloed is.                                   beïnvloed is.
 • Die kitaar is die hoof begeleidings-              •   Die orrel is die hoof begeleidings-
    instrument.                                          instrument.
 • Die musiek is energiek en vinnig.                 •   Die musiek is sagter en ligter.
 • amaZulu indlamu dansbewegings word                •   Ukucothoza dansbewegings en
    in 'n voordrag gebruik.                              moderne dans word in 'n voordrag
                                                         gebruik.
 •   Melodi Yalla het 'n mansvoorsanger en •             Wamuhle word deur 'n mansgroep
     vroue-agtergrondsangers.                            uitgevoer.
 •   Improvisasie is dikwels op saksofoon en •           Improvisasie is dikwels op orrel.
     kitaar.

                                                  Enige VIER korrelerende verskille x 2 = 8

Voorbeeld van 'n slot
Alhoewel Mahlathini en die Mahotella Queens, en Soul Brothers heelwat in gemeen
het wat styl betref, is elkeen kreatiewe kunstenaars in eie reg en is daar heelwat
verskille tussen die twee groepe.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

    KRITERIA                                   PUNTETOEKENNING
 Ooreenkomste                                                                                   4
 Verskille                                                                                      8
                     Uitstekend
                     Inleiding, afsluiting en stewige argument in die       = 3 punte
                     middeldeel van die opstel
                     Goed
                     Inleiding, afsluiting en redelike argument in die      = 2-2½ punte
                     middeldeel van die opstel
 Logiese             Gemiddeld
                     Inleiding, afsluiting en vae argument in die           = 1½ punte
 aanbieding van      middeldeel van die opstel                                                  3
 feite; struktuur    Ondergemiddeld
 van die opstel      Geen duidelike inleiding of afsluiting en swak         = 1 punt
                     argument in die middeldeel van die opstel
                     Swak
                     Enkele paragraaf, swak poging met die skryf van die    = ½ punt
                     opstel
                     Onaanvaarbaar
                                                                            = 0 punte
                     Slegs enkele puntsgewyse feite
 TOTAAL                                                                                        15        [15]

                                                                         TOTAAL AFDELING C:              50
                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Musiek/V1                                     23                           DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
            bv. 11.1.6 E.
       11.1.1 'n Suid-Afrikaanse styl wat die ontwikkeling van mbaqanga beïnvloed het,
              is …
                 Antwoord: D kwêla.                                              1 punt         (1)

       11.1.2 'n Chordofoon word …

                 Antwoord: A gepluk.                                             1 punt         (1)
       11.1.3 Watter EEN van die volgende is NIE gewoonlik deel van 'n big band
              NIE?

                 Antwoord: C Basklarinet                                         1 punt         (1)
       11.1.4 In watter EEN van die volgende musiekelemente sou 'n sikliese patroon
              meer algemeen voorkom?

                 Antwoord: B Harmonie                                            1 punt         (1)

       11.1.5 Watter EEN van die volgende verwys na comping?

                 Antwoord: C Ritmiese en akkoordbegeleiding                     1 punt          (1)
                                                                               5x1=5
11.2   Beskryf die oorsprong van marabi.
       Antwoord:
       • Marabi ontstaan in die 1920’s in Johannesburg.
       • Die musiek is gebruik vir sosiale geleenthede.
       • Die styl is beïnvloed deur:
          o Kaapse volksdanse/tiekiedraai.
          o Xhosa volksliedere.
          o vroeë Amerikaanse populêre musiek en jazz.
          o ragtime en blues.
                                                                            Enige DRIE             (3)
11.3   Verduidelik DRIE maniere waarop die woord kwêla in die verlede gebruik is.
       Antwoord:
       • Dit is dikwels gedurende 'n voordrag uitgeroep om mense aan te moedig om
          op te staan en te begin dans.
       • Die opdrag 'kwêla!' is onder musikante gebruik om iemand aan te moedig
          om 'n solo te doen.
       • Die term is deur die polisie gebruik om iemand te beveel om in 'n polisie-
          vangwa te klim.
       • Die woord 'Kwêla-Kwêla' het na die berugte polisievangwaens gedurende
          die apartheidsjare verwys.
                                                                      Enige DRIE                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Musiek/V1                                     24                           DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

11.4        Kies die item in KOLOM A wat by die kunstenaar/groep in KOLOM B pas.
            Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (11.4.1 tot 11.4.5) neer,
            bv. 11.4.6 H.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
         11.4.1      Mra                            A   Zim Ngqawana
         11.4.2      Ghoema                         B   Spokes Mashiyane
         11.4.3      Langa More                     C   Abdullah Ibrahim
         11.4.4      Skiffel-agtige maatslag        D   Philip Tabane
         11.4.5      Fluit                          E   Brotherhood of Breath
                                                    F   The Flying Jazz Queens
                                                    G Feya Faku

       Antwoord:
        11.4.1   E
        11.4.2   C
        11.4.3   F
        11.4.4   B
        11.4.5   D                                                                  5x1          (5)

11.5   Beskryf TWEE belangrike bydraes van Zim Ngqawana.

       Antwoord:
       • Sy musiek demonstreer 'n progressiewe/avant-garde benadering tot
          moderne jazz deur 'n samesmelting van talle eksterne invloede sonder om
          sy oorspronklike ryk erfenis en inheemse Afrika-klank te versaak.
       • Hy ontwikkel 'n plaaslike saksofoonstyl deur sy eie vokale nuanses na te
          boots.
                                                                            2 punte                  (2)

11.6   Beskryf melodie in Cape jazz kortliks.

       Antwoord:
       • Cape jazz-melodie is improvisatories in karakter.
       • Dit is gesang-agtig, met soepel en vloeiende lyne.
       • Dit is gebaseer op blues en volksliedere.
       • Dit is gebaseer op Kaapse Maleier, Khoi en San vokale tradisies.
                                                                       Enige TWEE                  (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

Musiek/V1                                  25                           DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 12

Beskryf die styl van Brotherhood of Breath.

Antwoord:
• Die styl is beïnvloed deur:
   o die ritmiese voortstuwing van gedrewe blues.
   o die eksperimentalisme wat in die musiek van Thelonious Monk en Charles
       Mingus gevind word.
   o die herhalende patrone van populêre en tradisionele Suid-Afrikaanse
       musiekstyle soos marabi, kwêla en boogmusiek.
• 'n Big band-klank was die basis, beïnvloed deur 'n wisselende ensemble van
   instrumentaliste.
• Instrumentaliste is artistieke vryheid gegee in die groep se vroeë styl.
• Die groep se latere styl het meer nougesette verwerkings met minder improvisasie
   ingesluit.
                                                                           Enige VYF         [5]

VRAAG 13

Bespreek die gebruik van ritme in kwêla.

Antwoord:
• Die ritme van die begeleiding kan beskryf word as 'n wiegende skoffel.
•

•   Die basiese ritme word deur die kitaar eerder as die tromstel verskaf.
•   Die perkussieparty versterk die kitaarparty.
•   Kwêla word in 'n swing-styl gespeel.
•   Die tromstel gebruik dikwels die 'kick' of 'fill' om die einde van 'n viermaat-
    siklus/vers aan te dui.
•   Die ritmiese basis stam af van die soliede vier-vier maatslag en swing-gevoel van
    die Count Basie-tipe big band.
•   In sommige liedere word 'n subtiele twee-teen-drie kruisritme tussen die
    instrumente gehoor.
•   Die nousluitende (of 'hocket') tegniek kan duidelik gehoor word in komposisies wat
    uitroepe en gefluitery op die agstenote tussen maatslae bevat.
                                                                           Enige VYF         [5]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 26

Musiek/V1                                     26                       DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 14
Skryf 'n paragraaf waarin jy die wêreldmusiekstyle wat Miriam Makeba beïnvloed het,
bespreek.
Antwoord:
• Miriam Makeba is beïnvloed deur marabi, mbaqanga, tradisionele Afrika-musiek en
   Afro-soul.
• Sy vermeng tradisionele en internasionale style.
• Invloede van kultuur-gebaseerde liedere, bv. Engelse ballades, Portugese fados,
   Brasiliaanse bossa novas, Hebreeuse en Jiddisje melodieë en Haïtiese dreunsange
   word in haar musiek gehoor.
• Daar is invloede van haar erfenis van die tradisionele liedere van die amaXhosa-
   en amaZulu-kulture.
• Sy gebruik unieke klanke van haar moedertaal, isiXhosa, bv. klik-klanke.
• Sommige liedere gebruik helings-dreunsange van die amasangoma (tradisionele
   helers).
• Jazz-invloede sowel as R&B en popmusiek is ook deel van haar styl.
• Sy het dikwels mansagtergrondsangers wat deur mbube kore geïnspireer is by
   haar opvoerings ingesluit.
                                                                        Enige VYF           [5]

VRAAG 15
Skryf 'n opstel waarin jy die lied Ujomela deur die Makgonatsohle Band beskryf. Sluit
die oorsprong en styleienskappe van mbaqanga in.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
                          KRITERIA                             PUNTETOEKENNING
 Ujomela                                                               8
 Oorsprong en styleienskappe van mbaqanga                              4
 Logiese aanbieding van feite; struktuur van die opstel                3
 TOTAAL                                                               15                    [15]
Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding
Ujomela is 'n tipiese voorbeeld van mbaqanga-styl.

Ujomela
• Ujomela is 'n instrumentale stuk.
• Ujomela gebruik baskitaar, elektriese kitaar, saksofoon en tromstel.
• Die stuk begin met 'n kort geïmproviseerde inleiding op kitaar.
• Die inleiding word gekenmerk deur 'n ritmies dubbelslagtige solo-kitaarlyn.
• Die tromme en baskitaar stel 'n viermaat-akkoordprogressie vas.
• Die hoof melodiese instrument is die saksofoon.
• Die baslyn verskaf die harmoniese raamwerk met 'n duidelike I – IV – V – I
   akkoordprogressie.
• Die baslyn het ook 'n kragtige voorwaarts-gedrewe klank en polsslag met
   herhalende ritmiese idees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 27

Musiek/V1                                       27                                  DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

•     Roep en antwoord tussen die kitaar en baskitaar kom dikwels voor.
•     Daar is ook roep en antwoord tussen die saksofoon en baskitaar.
•     Die lied het 'n danskarakter.
                                                                             Enige AG
Oorsprong en styleienskappe van mbaqanga
• Die kitaarinleiding, tipies van hierdie styl, is deur die Afrika kalbasboog beïnvloed.
• Mbaqanga het as 'n instrumentale genre ontstaan (soos in Ujomela) maar het later
  meer gewild geword toe die Mahotella Queens 'n vokale weergawe gesing het.
• Die hoof melodiese instrument was die saksofoon (wat die penniefluitjie wat in
  kwêla-musiek gebruik is, vervang het).
• Die styl toon 'n vermenging van kulture - toe mense van die platteland na die stede
  gemigreer het, is hulle beïnvloed deur die vroëere style van marabi en kwȇla.
• Migrasie na die stede het mense ook aan die herhalende struktuur van marabi
  blootgestel.
• 'n Vermenging van Amerikaanse jazz, mbube, kwȇla en marabi het in die stede
  plaasgevind.
• Mbaqanga sluit tradisionele dansstyle, bv. die amaZulu indlamu in.
• Tradisionele amaZulu-musiek is gekombineer met township-musiek.
• Mbaqanga behou die danskarakter, maar word met 'n meer kragtige klank en
  gedrewe polsslag as kwȇla en ander dansgenres gespeel.
• Die gebruik van Westerse instrumente het daartoe bygedra dat mbaqanga
  ontwikkel het in 'n Suid-Afrikaanse weergawe van jazz.
                                                                            Enige VIER
Voorbeeld van 'n slot
Ujomela reflekteer die ware oorsprong en styleienskappe van mbaqanga.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
          KRITERIA                                 PUNTETOEKENNING
    Ujomela                                                                                        8
    Oorsprong en
    styleienskappe van                                                                             4
    mbaqanga
                           Uitstekend
                           Inleiding, afsluiting en stewige argument in die    = 3 punte
                           middeldeel van die opstel
                           Goed
                           Inleiding, afsluiting en redelike argument in die   = 2-2½ punte
                           middeldeel van die opstel
                           Gemiddeld
    Logiese aanbieding     Inleiding, afsluiting en vae argument in die        = 1½ punte
    van feite; struktuur   middeldeel van die opstel                                               3
    van die opstel         Ondergemiddeld
                           Geen duidelike inleiding of afsluiting en swak      = 1 punt
                           argument in die middeldeel van die opstel
                           Swak
                           Enkele paragraaf, swak poging met die skryf van     = ½ punt
                           die opstel
                           Onaanvaarbaar
                                                                               = 0 punte
                           Slegs enkele puntsgewyse feite
    TOTAAL                                                                                        15        [15]
                                                                            TOTAAL AFDELING D:              50
                                                  OF
Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 28

Musiek/V1                                      28                      DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 16

16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
     bv. 16.1.6 E.

       16.1.1 Die korrekte kombinasie van Italiaanse terme wat 'n rustige looppas
              aandui, is …

               Antwoord: D andante tranquillo.                              1 punt          (1)

       16.1.2 Basso continuo is tipies van die …

               Antwoord: A Barok-stylperiode.                               1 punt          (1)

       16.1.3 'n Standaard Klassieke orkes sluit NIE ... in NIE.

               Antwoord: C tubas                                            1 punt          (1)

       16.1.4 'n Menuet en trio ...

               Antwoord: B is in saamgestelde drieledige vorm.              1 punt          (1)

       16.1.5 'n Voorbeeld van 'n dubbelriet-blaasinstrument is 'n …

               Antwoord: C fagot.                                           1 punt          (1)

                                                                          5x1=5

16.2   Verduidelik kortliks enkelvoudige drieledige vorm. Verwys na struktuur en
       toonsoort in jou antwoord.

       Antwoord:
       • Drieledige vorm het drie seksies: A-B-A.
       • Die tweede A-seksie dupliseer die materiaal van die eerste A-seksie terwyl
          die B-seksie kontrasterende materiaal bevat.
       • Die twee A-seksies is in die tonikatoonsoort terwyl die B-seksie in 'n
          kontrasterende toonsoort is, bv. dominant, verwante mineur/majeur, ens.

                                                                           3 punte          (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 29

Musiek/V1                                      29                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

16.3        Kies die korrekte beweging van 'n tipiese Klassieke simfonie in KOLOM B wat
            by die vormtipe in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommers (16.3.1 tot 16.3.3) neer, bv. 16.3.4 E.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
         16.3.1      Sonatevorm                      A   eerste beweging

         16.3.2      Menuet en trio                  B   tweede beweging

         16.3.3      Tema en variasies               C   derde beweging

                                                     D   vierde beweging

       Antwoord:

        16.3.1       A
        16.3.2       C
        16.3.3       B
                                                                                    3x1             (3)

16.4   Watter van die volgende word met toonhoogte geassosieer?

       • Register
       • Metrum
       • Ritme
       • Melodie
       • Omvang
       • Dinamiek
       Antwoord:
       • Register
       • Melodie
       • Omvang
                                                                                   3x1              (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 30

Musiek/V1                                   30                                DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

16.5   Beskryf TWEE verskille tussen resitatief en aria met betrekking tot begeleiding
       en storielyn.

       Antwoord:
                                   Resitatief                            Aria
                       •   Dit word gewoonlik op die        •   Dit word deur orkes
                           klawesimbel en tjello                begelei.
                           begelei.
        Begeleiding •      Die yl aard van die              •   Die orkestrasie
                           akkoordbegeleiding                   ondersteun die emotiewe
                           ondersteun die verhalende            inhoud van die aria.
                           aard van die libretto.
                       •   Die libretto het 'n vinnige      •   Die libretto se pas wissel.
                           pas.                             •   Die aksie kom tot
                       •   Die libretto beskryf die             stilstand.
        Storielyn          aksie.                           •   Die aria beskryf die
                       •   Die resitatief gee 'n                karakter se emosie of
                           monoloog of dialoog weer.            reaksie op iets wat in die
                                                                verhaal gebeur het.

                                                Enige TWEE korrelerende feite x 2 = 4                 (4)

16.6   Gee EEN woord of term vir ELK van die volgende beskrywings:

       16.6.1 'n Aangehoue toon in een stem met veranderende harmoniese
              materiaal in die oorblywende stemme

                Antwoord:
                Pedaalpunt/dreunbas                                                 1 punt         (1)

       16.6.2 'n Instrumentale ensemble van drie instrumente waarvan een 'n klavier
              is

                Antwoord:
                Klaviertrio                                                         1 punt         (1)

                                                                                2x1=2
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Music P1 May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-memo-eng/4b7278fa-8899-4f1d-8e0b-28e4a5d6d076) — Music · Memo · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-memo-afr/f8a11eb3-cb08-4c79-b070-667225196f1d) — Music · Memo · 2019 · Afr
- [Music P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-memo-afr/603989e1-ca09-4e21-bcf9-8562258f7884) — Music · Memo · 2018 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr
- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — Music · QP · 2025 · Afr
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — Music · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — QP · 2023 · Eng
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
