# Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2013-memo-afr/12c51e35-403e-4471-8d55-b2de3adb443d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2013-memo-afr/12c51e35-403e-4471-8d55-b2de3adb443d)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     MUSIEK V1

                                  NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 125

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        2                              DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
            AFDELING B.

2.          Beantwoord AFDELING A op hierdie vraestel, slegs met potlood, in die
            spasies wat voorsien word.

3.          Beantwoord AFDELING B, slegs in                 blou   of   swart    ink,   in   die
            ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.

4.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

5.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Jy mag dit verwyder.

6.          Jy mag vir die duur van die eksamen nie toegang tot enige musiekinstrument
            hê nie.

7.          Skryf netjies en leesbaar.

NASIENROOSTER

       VRAAG             TOTALE      NASIENER      MODERATOR
                          PUNT
     AFDELING A
          1                 18
          2                 17
      3.1 of 3.2            10
        4 of 5              15
     SUBTOTAAL              60

     AFDELING B
         6                  10
         7                  10
         8                   5
         9                   5
         10                 10
         11                  8
         12                  6
         13                  6
         14                  5
     SUBTOTAAL              65

GROOTTOTAAL                125

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      3                     DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A: MUSIEKTEORIE                                                90 MINUTE

Beantwoord VRAAG 1, 2, 3 (3.1 of 3.2) en ÓF VRAAG 4 ÓF VRAAG 5.

VRAAG 1 (Aanbevole tydsduur: 20 minute)

Bestudeer die uittreksel uit Lascia Ch'io Pianga deur GF Handel en beantwoord die
vrae wat volg.

                                 Lascia Ch'io Pianga
                                          (Uittreksel)
                                                                      GF Handel

                                                         VRAAG 1.5

1.1         Noem die toonsoort van hierdie lied.
            Antwoord:
            Eb majeur                                                                       (1)
             1 punt
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        4                               DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

1.2         Verduidelik die A-herstel in maat 10–13.
            Antwoord:
            Dui die modulasie na Bb majeur OF die leitoon van Bb majeur aan                             (2)
             1 punt vir woord 'modulasie' of verandering van toonsoort (of
             Leitoon)bevestig deur die kadens in maat 13-14
             1 punt vir toonsoort Bb majeur = 2 punt
1.3      Verduidelik die A-mol in maat 14.
         Antwoord:
         Dui die modulasie terug na Eb majeur/tonika toonsoort/oorspronklike         (1)
                     7                 b
         toonsoort/V /dominant van E majeur
1.4   Besyfer die akkoorde gemerk (a)–(g). Noem in elke geval die toonsoort, akkoord
      en posisie, byvoorbeeld A: Ib of A: I6 of A: I36 of A: A/C #.
      Antwoord:
       (a) Eb: iib          of Eb: ii6 of       of Eb: Fm/Ab
                                    6
                                  ii 3
       (b) Eb: Ib           of Eb: I6 of I6 3 of Eb: Eb/G
       (c) Bb: iii                              of Bb: Dm
       (d) Bb: IV                               of Bb: Eb
       (e) Bb: 1c           of Bb: I 6 4        of Bb: Bb /F
                    7
       (f) Bb: V                                of Bb:F7                               (7)
                      b:  7                                        b b
       (g) B : I/E V( )
              b                                 of B : B / of E : B
                                                        b   b

        ½ punt per toonsoort, ½ punt per akkoord X 7 = 7 punte
        Geen ½-punt vir slegs toonsoort
        Ken 1 punt toe vir die korrekte akkoord as die toonsoortveandering aangedui word.
        Indien die toonsoortverandering nie aangedui word nie, word slegs halfpunte toegeken
1.5         Noem die kadens in maat 133–141.
            Antwoord: Volmaakte kadens                                                                  (1)
             1 punt vir naam van kadens
1.6         Identifiseer die nie-akkoordnote (x), (y) en (z) op die partituur.
            Antwoord:
            (x) Deurgangsnoot
            (y) Onderhulpnoot OF Hulpnoot of wisselnoot
            (z) Vooruitneming                                                                           (3)
             1 punt elk = 3 punte
1.7         Omkring EEN noot op die partituur in die vokale party wat 'n terughouding
            vorm.
            Antwoord:
            Ab in maat 4 van vokale party
             1 punt vir noot wat korrek op partituur omkring is.                                        (1)
1.8         Identifiseer die musiekmiddel (komposisietegniek) wat in die vokale party in
            maat 91–122 gebruik word.
            Antwoord: (Patroon) en Sekwens/Herhaling op ‘n hoër toonhoogte                              (2)
             2 punte
                                                                                                        [18]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       5                          DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 2 (Aanbevole tydsduur: 15 minute)

Beantwoord die volgende vrae wat oor musiekteorie handel.

2.1         Transkribeer die melodie hieronder in die altsleutel op dieselfde toonhoogte.

Antwoord:                       ½ ½     ½      ½           ½      ½

                        ½ punt elk vir sleutel en toonsoort = 1 punt
                        1 punt per maat vir 2 mate = 2 punte
                        Minus ½-punt vir elke fout                                                (3)

2.2         Transponeer die melodie hieronder vir Bb-klarinet ('n majeur 2de hoër). Voeg
            die nuwe toonsoortteken by.

Antwoord:

                             1 punt vir toonsoortteken = 1 punt
                             1 punt per maat = 2 punte
                                                                                                  (3)
                             Minus ½-punt vir elke fout

2.3         Herskryf die melodie hieronder in 'n enkelvoudige tydmaatteken sodat die
            passasie dieselfde klink. Voeg die nuwe tydmaatteken by.

 Antwoord:

                          1 punt vir tydmaatteken = 1 punt
                          1 punt per maat = 2 punte
                          Minus ½-punt vir elke fout                                              (3)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       6                           DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

2.4         Voltooi die ontbrekende note om 'n blues-toonleer op G te vorm. Gebruik
            heeltone.
            Antwoord:       ½      ½      ½        ½

            ½ punt per regmerkie (√) = 2 punte
            Enharmoniese ekwivalente is aanvaarbaar                                                 (2)
            2 punte toegeken slegs vir Afrikaanse antwoorde as gevolg van die
            tegniese vertaling van heeltoon in plaas van heelnoot
2.5         Beantwoord die volgende vrae oor intervalle:
            2.5.1       Identifiseer die interval hieronder.

                        (Saamgestelde) Mineur 3de
                           of Mineur 10de
                         Korrekte antwoord = 1 punt
                         Geen punt as interval nie volledig geïdentifiseer is nie                   (1)
            2.5.2       Skryf 'n interval van 'n vergrote vierde wat diatonies in Bb majeur
                        voorkom. Skryf sonder die toonsoortteken.

                         Geen punt as interval nie in die korrekte toonsoort is nie
                         Geen ½-punte                                                               (1)
2.6         Skryf TWEE verminderde drieklanke wat in D mineur voorkom. Skryf beide
            drieklanke in eerste omkering, sonder 'n toonsoortteken.

                      1 punt elk = 2 punte/½ punt indien note korrek is, maar in die
                      verkeerde posisie//½ punt vir korrekte besyfering
                      Al die note moet korrek wees vir 1 punt                                       (2)
                      Elke drieklank moet in die diskantsleutel of bassleutel voorkom
2.7         Voeg die korrekte tydmaatteken vir die volgende uittreksels by.
            Antwoord:

                           1 punt elk = 2 punte                                                     (2)
                                                                                                    [17]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    7                          DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

VRAAG 3 (Aanbevole tydsduur: 25 minute)

3.1         Gebruik die openingsmotief wat hieronder gegee word om 'n twaalfmaat-
            melodie in ABA-vorm te voltooi. Voeg dinamiek- en artikulasietekens by.

Riglyn vir die nasiener:

                                                            Volmaakte/Onvolmaakte kadens in D
                           Sekwens

Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word:

                BESKRYWING                          PUNTE-              KANDIDAAT
                                                  TOEKENNING             SE PUNT
Vorm en kadenspunte                                     3

Musikaliteit: melodiese kontoer en klimaks              4

Dinamiek en artikulasie                                 1
Korrekte notasie: nootstele, polsslae per
                                                        2
maat, skuiftekens, spasiëring
                                     TOTAAL             10

Nasieners mag ½-punte gebruik.                                                                 [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    8                      DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

3.2         Gebruik die openingsmotief wat hieronder gegee word om 'n twaalfmaat-
            melodie in ABA-vorm te voltooi. Voeg dinamiek- en artikulasietekens by.

Riglyn vir die nasiener:

Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word:

                BESKRYWING                        PUNTE-            KANDIDAAT
                                                TOEKENNING           SE PUNT
Vorm en kadenspunte                                     3

Musikaliteit: melodiese kontoer en klimaks              4

Dinamiek en artikulasie                                 1
Korrekte notasie: nootstele, polsslae per
                                                        2
maat, skuiftekens, spasiëring
                                   TOTAAL               10

Nasieners mag ½-punte gebruik.                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                 9                       DBE/November 2013
                                  NSS – Memorandum

Beantwoord ÓF VRAAG 4 ÓF VRAAG 5.

VRAAG 4 (Aanbevole tydsduur: 30 minute)

Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en
baspartye by te voeg. Jy sal punte ontvang vir die kreatiewe gebruik van
nie-akkoordnote.
Moontlike antwoord 1:

Moontlike antwoord 2:

Moontlike antwoord 3:

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  10                         DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

Die harmonisering sal volgens die volgende riglyne nagesien word:

                BESKRYWING                          PUNTE-            KANDIDAAT
                                                  TOEKENNING           SE PUNT
Korrektheid: verdubbeling, spasiëring,
                                                        14
stemleiding, parallelle beweging, ens.
Keuse van akkoorde: progressie, kadense                 12
Algemene indruk: kreatiwiteit, nie-akkoordnote          4
                                     TOTAAL        30 ÷ 2 = 15

Korrektheid:           Assesseer die 14 akkoorde vertikaal vir 1 punt elk = 14 punte
                       minus ½ vir elke fout, maar nie meer as minus 1 per akkoord
Keuse van              Assesseer die 12 progressies vir 1 punt elk = 12 punte
akkoorde:              minus ½ vir elke fout, maar nie meer as minus 1 per progressie
                       nie
Algemene indruk:       4   =100%
                       3½ =88%
                       3   =75%
                       2½ =63%
                       2   =50%
                       1½ =38%
                       1   =25%
                       ½ =13%

Nasieners mag ½-punte gebruik.                                                                [15]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     11                            DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 5 (Aanbevole tydsduur: 30 minute)
Voltooi die klavierstuk Where am I? in die styl van die materiaal wat hieronder gegee
word, deur gepaste akkoorde in die basparty by te voeg.
Moontlike antwoord:

Die stuk sal volgens die volgende riglyne nagesien word:

               BESKRYWING                             PUNTE-                KANDIDAAT
                                                    TOEKENNING               SE PUNT
Keuse van gepaste akkoorde, skuiftekens                    12
Korrektheid: ritme, nootstele,
                                                           12
akkoordstemleiding
Algemene indruk: kreatiwiteit, artikulasie                 6
                                     TOTAAL           30 ÷ 2 = 15

Keuse van             2 punte per maat = 12 punte minus ½ vir elke fout, tot 'n maksimum van 2
akkoorde:             per maat
Korrektheid:          Minus ½ vir elke fout tot 'n maksimum van 1 punt per maat
Algemene indruk:      6     =100%
                      5½ =92%
                      5     =83%
                      4½ =75%
                      4     =67%
                      3½ =58%
                      3     =50%
                      2½ =42%
                      2     =33%
                      1½ =25%
                      1     =17%
                       ½    =8%
Nasieners mag ½-punte gebruik.                                                                      [15]
                                                                    TOTAAL AFDELING A:              60
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       12                             DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                                 90 MINUTE

Beantwoord die vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
EEN punt sal toegeken word vir elke korrekte feit. Kandidate moet punte ontvang vir
enige korrekte antwoord wat nie in die memorandum verskyn nie.
VRAAG 6
Vorm/Struktuur
   • Brahms ignoreer al die vorme wat gewoonlik vir laaste bewegings gebruik word
     en skryf variasies op 'n grondbas (Passacaglia).
   • Tema-en-variasie-vorm
   • Bestaan uit 30 variasies.
   • Variasies is in drie dele (ABA) georganiseer
           A
   • (Tema and variasies 1–11)

             B
   •   (Variasies 12–15)

             A
   •   (Variasies 16–30)
   •   Die werk eindig met 'n lang en uitgebreide Koda

Stemming
   • Karakteraanduiding: Allegro energico e passionato
   • Verskillende stemmings word gebruik (plegtig, opgewonde, grasieus, intensief,
     ens.)
   • Gebruik klank (pp) van die trombone in variasie 14 en 15 om 'n plegtige
     stemming uit te beeld
   • Deel A
     Die stemming is meestal kragtig en intens
   • Deel B
     Die stemming is meer liries, ontspanne en kalm
   • Deel A
                                                                                                      [10]
     Die stemming is energiek
   • Koda
     Die stemming word meer intens met die geroffel van die pouke, 'n versnellende,
     stygende tema en 'n vinniger tempo
        Punte sal soos volg toegeken word:
        Vorm: 5 punte
        Stemming: 4 punte
        Opstelformaat: 1 punt

                                   ste
Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 uitgawe, 2004. McGraw-Hill, p 351 - 358
OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p 86 - 87
Ralph, H: The Symphony, geredigeer deur Penguin Books, p 241- 243
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        13                               DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 7

7.1              Elemente                      Swing                              Bebop
         Melodie                    • Afwisseling van                • Deuntjies versier met die
                                      koperblaser- en                  gebruik van nie-akkoordnote
                                      saksofoonriffs word gebruik    • Melodieë het dikwels
                                      om spanning en opwinding         passasies met kort note met
                                      te skep                          aksente op die tussenslae
                                    • Gebruik populêre deuntjies     • Melodiese frases verskil
                                    • Genoteerde melodieë              dikwels en het onreëlmatige
                                    • Eenvoudige melodieë              lengtes
                                      (Enige 1)                      • Melodieë word dikwels gebou
                                                                       op akkoorde wat uit ses of
                                                                       sewe note bestaan
                                                                     • Gekompliseerde melodieë
                                                                       (Enige 1)
         Ritme en Tempo             • Ontspanne gevoel geskep        • Vinnige tempo's
                                      deur die swing-triool          • Ligte en komplekse ritmiese
                                      ('swung triplet')                kontrapunt in frases met
                                    • Kenmerkende gepunteerde          onreëlmatige lengtes
                                      agtstenoot-sestiendenoot-        gerangskik
                                      ritmiese eenhede               • Ritmes vrylik geïnterpreteer
                                    • Duidelik geartikuleerde vier     sonder die beperkinge van
                                      slae per maat                    notasie
                                    • Opgeruimde ritme               • Gesinkopeerde ritmes
                                    • Ritmes gespeel soos in         • Gevarieerd en onvoorspelbaar
                                      geskrewe verwerkings             (Enige 1)
                                    • Gesinkopeerde ritmes
                                      (Enige 1)
         Instrumentasie             • Blaas-seksie: trompet,         • Solo: Saksofoon (alt of tenoor),
                                      tromboon, saksofoon              trompet, soms trombone
                                    • Ritmeseksie: klavier,          • Ritmeseksie: klavier, basviool,
                                      kitaar, basviool, tromme         tromme, ook vibrafoon,
                                      (Albei seksies moet              elektriese kitaar
                                    • Big Band                       • Klein ensemble
                                      genoem word)                     Albei seksies moet genoem
                                                                       word)
         Form                       • 12-maat-blues                  • 12-maat-blues
                                    • 32-maat populêre lied          • 32-maat populêre lied
                                    • (AABA, ABAC)                   • (AABA, ABAC)
                                      (Enige 1)                      • Oorspronklike melodieë oor
                                                                       standaardvorms geskryf
                                                                       (Enige 1)

             1 punt per feit vir elke element (maksimum 4 punte)                                          (8)
             1 punt vir vergelyking (maksimum 4 punte )
7.2         Swing: Duke Ellington, Louis Armstrong, Count Basie
            Bebop: Dizzy Gillespie, Charlie Parker, Miles Davis

              1 punt per kunstenaar per jazz-styl                                                         (2)
                                                                                                          [10]
                                              ste
            Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 uitgawe, 2004. McGraw-Hill, p 531- 536
            OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p 215- 217
            Hurry, P en Phillips, M: Heinemann, Advanced Music, p 147 - 150

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  14                          DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 8

8.1
(a)            Polonaise in Ab-majeur, Op.53, Chopin of
(b)            Erlkönig, Schubert of
(c)            La Bohème, Puccini of
(d)            Vioolkonsert in E-mineur, eerste beweging, Mendelssohn of
(e)            Die Moldau, Smetana
                Naam van werk = ½ punt
                Komponis = ½ punt                                                             (1)

8.2
(a)      Polonaise
          •   Karakterstuk wat 'n spesifieke stemming of beeld skep
          •   'n Komposisie in drieslagmaat
          •   Het 'n statige karakter
          •   Dikwels vir klavier
          •   Oorspronklik 'n Poolse hofdans wat die antieke glans van die Pole
              vasvang.
          •   Matige tempo
              1 punt per feit tot maksimum van 4 punte                                        (4)
         OF
(b)      Kunslied/Lied
          •   'n Lied vir solostem en klavier
          •   Toonsetting van 'n gedig
          •   Omskep die gedig se stemming en beelde in musiek
          •   Begeleiding net so belangrik as die stem met die interpretasie van die
              lied
              1 punt per feit tot maksimum van 4 punte                                        (4)
         OF
(c)      Opera
          •   Drama wat gesing word
          •   Orkesbegeleiding word gebruik
          •   Vokale solo's, kore, kostuums en stel vorm deel van die opera
          •   Gesamentlike poging deur komponis en librettiste
             1 punt per feit tot maksimum van 4 punte                                         (4)
         OF
(d)      Concerto
          •   'n Werk vir solo-instrument(e) en orkes
          •   Gewoonlik in drie bewegings
          •   Kombineer die solis se virtuositeit en interpretasievermoë met die orkes
              se breë omvang van klankkleur en dinamiek
          •   Die eerste beweging is gewoonlik in sonatevorm
          •   Cadenza kom in die werk voor
          1 punt per feit tot maksimum van 4 punte OF                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    15                          DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

(e)     Simfoniese toondig
         •   Programkomposisie vir orkes
         •   Hou verband met 'n sekere storie, emosie of beeld
         •   Enkelbewegingswerk
         •   Kan 'n tradisionele vorm of 'n oorspronklike, onreëlmatige vorm hê
         •   Musiek word gebruik om verskillende tonele en episodes wat in die teks
             beskryf word, na te boots, voor te stel of te suggereer.
             1 punt per feit tot maksimum van 4 punte                                           (4)

            Indien 8.1 verkeerd beantwoord word, of weggelaat word, maar die
            kandidaat dui die genre aan en beskryf die genre in 8.2 korrek, word 1 punt
            per feit toegeken

        Kamien, R: Music: An Appreciation, 8de uitgawe, 2004. McGraw-Hill, p 286 -
        377
        OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p 60 – 106                                          [5]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      16                      DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 9

Debussy: Voiles, uit Preludes Boek 1
Stemming:
Mistige atmosfeer
Deurgans rustig, behalwe vir kort klimaks
Tonaliteit:
Heeltoon- en pentatoniese toonlere word gebruik, skep vae tonaliteit
Ritme:
Vry en nie streng nie
Polsslag dikwels onderverdeel
Melodie:
Melodie versier met verdubbeling in oktawe en vergrote intervalle
Dinamiek:
Sag – meestal sag tot baie sag

1 feit per element = 5 punte
                                                                                              [5]

                                                  OF
Stravinsky: The Rite of Spring
Stemming:
Hipnoties, rustig, ontspanne, peinsend aan die begin
Later klink dit kras en primitief
Tonaliteit:
Politonaliteit, atonaal, uitgebreide tonaliteit
Ritme:
Onverwagte, onreëlmatige aksente
Ritme amper onafhanklik van melodie
Poliritme
Melodie:
Melodiese fragmente het 'n nou omvang
Volksmelodieë
Dinamiek:
Wye omvang van dinamiek

1 feit per element = 5 punte
                                                                                              [5]

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  17                           DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

Lerner & Loewe: My Fair Lady: The Rain in Spain; Leonard Bernstein: West Side
Story: Maria; A Lloyd Webber: Phantom of the Opera: All I ask of You

Stemming:
The Rain in Spain: Vreugdevol, uitbundig
Maria: Somber, gewyd
All I ask of You: Romanties, passievol

Tonaliteit:
The Rain in Spain: Majeur
Maria: Majeur
All I ask of You: Majeur

Ritme:
The Rain in Spain: Habanera-ritme, baie gepunteerde note, soms sinkopasie
Maria: Stadige tango-ritme, baie sinkopasies
All I ask of You: Stadige ritmiese beweging, soms sinkopasie

Melodie:
The Rain in Spain: Singbare melodie met gesproke dialoog
Maria: Ekspressiewe melodiese intervalle (Vergrote 4de), wye omvang
All I ask of You: Ekspressiewe melodiese intervalle (dalende 6de), wye omvang

Dinamiek:
The Rain in Spain: Meestal hard
Maria: Wissel tussen baie sag en matig hard
All I ask of You: Meestal matig hard
1 punt per feit vir 5 elemente wat verband hou met enige van die drie liedere = 5 punte        [5]

VRAAG 10

10.1

 A IsiXhosa

 B Afrikaans

 C Sesotho

 D Engels                                                                                      (4)

10.2
Enige twee korrekte antwoorde = 1 punt elk (maksimum 2 punte)

 A E Sontonga

 D M L de Villiers                                                                             (2)

 C E Sontonga

 D M L de Villiers
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      18                      DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

10.3        C J Langenhoven: Afrikaans
            J Zaidel-Rudolph: Engels
            E. Sontonga: isiXhosa / isiZulu/ seSotho
             2 punte vir persone betrokke by die teks
             2 punte vir die korrekte taalaanduiding                                           (4)
            OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p 161–166
                                                                                               [10]

VRAAG 11
11.1         Niel van der Watt          c, e      4, 6 of
             Mzilikazi Khumalo          b, f      1, 5 of
             S J Khoza                  a, d      2, 3                                         (4)

            2 punte vir slegs een komposisie

11.2         Mandoza                    g, i, l    9, 12
                                                   of
             Lucky Dube                 g, k       7, 11                                       (4)
                                                   of
             Steve Hofmeyr            g,h, j       8, 10
            2 punte vir slegs een komposisie                                                   [8]

VRAAG 12
Metallica: Styl: Heavy Metal (1 punt)
               Kenmerke van die styl (4 punte)
               • Gekenmerk deur klank wat deur kitaar en trom gedomineer word
               • Instrumente wat algemeen gebruik word is 'n tromstel, baskitaar,
                  ritmekitaar, hoofkitaar en 'n sanger – wat 'n instrument speel of nie
               • Klawerborde was gewild onder vroeë metal-'bands'- veral die orrel en
                  soms die mellotron
               • Die kitaarsolo is prominent
               • Komplekse verwerkings kom algemeen voor
               • Hoogs versterkte, verwronge kitaarklanke
               • Oor die algemeen hard
               • Interaksie tussen baskitaar en kitaar is van groot belang
                  (Enige 4)
               Treeferliedjie/Album (1 punt)
                 • Kill them all
                 • Load
                 • Master of Puppets
                    (Enige ander relevante liedjie/album)                                      (6)
                                                   OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                    DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

Michael Styl: R&B (Populêre musiek/Popmusiek) (1 punt)
Jackson
        Kenmerke van die styl (4 punte)
          • Kombineer elemente van hip hop, soul en funk
          • Inkorporeer Motown se dans en ballades, funk-ritmes en hard rock-
               kitaar
          • Ballades is sag en gevoelvol
          • Kenmerkende falsettostem
          • Ritmes gegenereer deur trommasjiene
          • Gladde, ryk styl in vokale partye
              (Enige 4)

            Trefferliedjie/Album (1 punt)
              • Billie Jean
              • Thriller
              • Beat it
                  (Enige ander relevante liedjie/album)                                    (6)
                                           OF

David       Styl: Glam rock (1 punt)
Bowie
            Kenmerke van die styl (4 punter)
             • Gebruik dikwels oktaafskuiwing vir verskillende repetisies van
                 dieselfde melodie, soos in sy liedjies Space Iddity en Heroes
             • Alle stilistiese elemente van rock en heavy metal word gebruik, maar
                 met 'n ligter toon
             • Wissel van eenvoudige rock 'n' roll tot komplekse art rock
             • Begeleiding heavy rock-klank
             • Teateragtige lirieke gebaseer op tienerrevolusie
                (Enige 4)

            Trefferliedjie/Album (1 punt)
              • Space Oddity
              • Heroes
              • Low
                  (Enige ander relevante liedjie/album)
                                                                                           (6)

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     20                        DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

Oasis       Styl: Brit Pop (1 punt)

            Eienskappe van die styl (4 punte)
            • Solosanger en begeleidingsgroep
            • Sterk beïnvloed deur die Britse kitaarmusiek van die 1960's en 1970's.
            • Die styl toon 'n gevoel van ontsag/respek vir die musiek van die verlede
            • Gebruik interessante vassteekwysies en riffs met lirieke wat vir jong
               Britte aktueel is
            • Rock-ritmes word dikwels gebruik
            • Lirieke in Britse streeksaksente gesing
            • Elektriese kitaar word as hoofinstrument gebruik
            • Subgenre van alternatiewe rock
               (Enige 4)

            Trefferliedjie/Album (1 punt)
            • Definitely Maybe
            • Blur
            • Morning Glory
               (Enige ander relevante liedjie/album)                                            (6)
                                              OF
Spice       Styl: Girl band (1 punt)
Girls
             Kenmerke van die styl (4 punt)
             • Lewendige, energieke musiek
             • Musiek het ondertone van feminisme
             • Musiek en beeld op tieners gemik
             • Meisies wat saam harmoniseer
             • Lirieke handel oor liefde, seks en die uitdrukking van sterk bande tussen
                vriendinne
            (Enige 4)

             Trefferliedjie/Album (1 punt)
             • Spice up your life
             • Wannabe
             • Say you’ll be there
            (Enige ander relevante liedjie)                                                     (6)
                                              OF
Westlife Styl: Boy band (1 punt)

            Kenmerke van die styl (4 punte)
            • Eenvoudige, herhalende melodieë
            • In die vroeë jare is tiener-popliedjies met stadige, matige en vinnige
               tempo's gesing
            • Soos wat hulle meer volwasse geword het, het hulle na volwasse
               kontemporêre musiekstyle geneig
            • Die meeste van hulle albums is 'n mengsel van genres: R&B, akoesties,
               club/elektronies, dansmusiek, jazz en country

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          21                         DBE/November 2013
                                            NSS – Memorandum

             •       Musiek handel meestal oor liefde en motivering, veral in die vroeë
                     tydperk
             •       Oorwegend ensemblesang
                     (Enige 4)

             Trefferliedjie/Album (1 punt)
             • When I’m with you
             • You raise me up
             • If I let you go
                (Enige ander relevante liedjie/album)                                                (6)
                                                                                                     [6]
OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p190 – 204
www.Wikipedia.org

VRAAG 13

Monna e Motenya
13.1       • Die stuk is 'n musikale grappie oor verskeie oorgewig familielede wat
              almal op fietse ry
           • Die skrywer spot in ligte luim met die familie                                          (2)

13.2                 •    Herhaling van melodiese en ritmiese motiewe
                     •    Parallelle beweging tussen stemme
                     •    Vraag-en-antwoordsang
                     •    Tonale harmonie
                          (Enige 3)                                                                  (3)

13.3        Tweeledige vorm (herhalend) of AB-vorm                                                   (1)
                                                                                                     [6]

                                                   OF

Plea from Africa
13.1       • A Versugting (gebed) tot God vir verlossing
           • 'n Pleidooi vir ewige redding                                                           (2)

13.2             •       Gesangagtige melodie in die soloversseksie
                 •       Kort vraag-en-antwoordsang in die refreingedeelte tussen die solo en
                         koor
                 •       Homofoniese koraalstyl in die refrein van die SATB-gedeelte
                 •       Tonale harmonie met twee chromatiese veranderinge
                 •       Solo en refrein
                 •       Hoofsaaklik primêre drieklanke                                              (3)
                         (Enige 3)

13.3        Vers-en-refreinvorm (2 verse) of tweeledige vorm (herhalend) of AB-vorm                  (1)
                                                                                                     [6]

                                                   OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      22                           DBE/November 2013
                                   NSS – Memorandum

Gabi Gabi
13.1      •        'n Lofprysingslied wat die trots om 'n Christen te wees, uitbeeld
          •        Handel oor die skep van 'n Christengemeenskap                                (2)
13.2           •   Herhaling van melodiese en ritmiese motiewe
               •   Paralelle beweging in stemme
               •   Uitgebreide vraag-en-antwoordsang
               •   Tonale harmonie met klein chromatiese veranderinge
                   (Enige 3)                                                                    (3)

13.3        Tweeledige vorm (herhalend) OF AB-vorm                                              (1)

            OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p148 – 160                                      [6]

VRAAG 14
Kwaito
               •   Lirieke gewoonlik in Suid-Afrikaanse stedelike tale
               •   Oorsprong in house-musiek en het in die 1990's ontwikkel
               •   Sang dikwels geskree of in dreunsang eerder as gesing
               •   Gebruik diep baslyne
               •   Word met 'backtracks' gebruik
               •   Herhaling van melodie, ritme en lirieke kom dikwels voor
                   1 punt per feit tot 'n maksimum van 5 punte                                  (5)

Musiek vir sosiale geleenthede
            • Ritmes het hul oorsprong in daaglike aktiwiteite
            • Melodieë word deur sangers gedreunsing
            • Kort melodieë word gebruik
            • Tydens opvoerings kan enige persoon begin improviseer terwyl die
               ander aanhou speel of sing
            • Dansbewegings is 'n fundamentele deel van die musiek se struktuur
               1 punt per feit tot 'n maksimum van 5 punte                                      (5)
Moppies en Ghoemaliedjies
            • Samesmelting van Westerse en Oosterse style uit die Maleise
               lewenswyse
            • Tradisionele begeleiding bestaan uit 'n kitaar, banjo en tromme
            • Ander kulture soos die Khoi-Khoi en Madagarskarse kultuur is ook in
               die liedjies te bespeur.
            • Liedjies word deur 'n ghoemaritme (ritme wat uit twee sestiendenote
               en 'n agtstenoot bestaan) begelei.
            • Verdeel in vier kategorieë: tradisionele trouliedjies, Nedelandse
               volksliedjies, grappige liedjies en piekniekliedjies
            • Liedjies word dikwels deur dansbewegings vergesel
            • Inhoud van die liedjies is meestal lig en snaaks
            • Liedjies met sosiale inhoud
            • Interessante historiese feite oor die Kaap word dikwels deur die liedjies
               oorgedra
                                                                                                (5)
               1 punt per feit tot 'n maksimum van 5 punte
OBE/UGO PLUS: Music Learner’s Book, p 222 - 224                                                 [5]
                                                                     TOTAAL AFDELING:           65
                                                                        GROOTTOTAAL:            125
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2013-afr/fe2b7f22-0fbe-4942-813c-01035ccfb62b) — Music · QP · 2013 · Afr
- [Music P1 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2013-eng/10ab259e-fea8-45e0-a471-d62b7dd77022) — Music · QP · 2013 · Eng
- [MUSIC P1 EA MEMO GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-ea-memo-gr12-sept2013/59cfc730-ac83-4a92-889e-e76ec8db5ef9) — Music · Memo · 2013
- [Music P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-memo-eng/d690c522-e0fe-4fdf-b630-a36ff389966e) — Music · Memo · 2019 · Eng
- [Music P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-memo-afr/6032f3b8-8f53-4474-b4fa-647f0029bbb9) — Music · Memo · 2019 · Afr
- [Music P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-final-memo-afr/dc78da88-f718-4288-96ae-eff8f272b86b) — Music · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-eng/a93b74de-03f7-4627-866d-40f73fc5580d) — QP · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
