# Music Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2016-afr/1740764c-db1e-4f3f-9e9d-4ebbcbb90eb1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2016-afr/1740764c-db1e-4f3f-9e9d-4ebbcbb90eb1)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                                NOVEMBER 2016

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                         DBE/November 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                     DBE/November 2016
                                      NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE    NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1             20
    (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             10
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5             20
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         20
                                    EN
 C: WKM                       6             10
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
 D: JAZZ                     11             10
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
 E: IAM                      16             10
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20             15
                          SUBTOTAAL         40

                        GROOTTOTAAL         120

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    4                           DBE/November 2016
                                            NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                     (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.

VRAAG 1                                                                    (25 minute)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                          ens.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      5                          DBE/November 2016
                                              NSS

1.1         Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk.

            _______________________________________________                                     (1)

1.2         Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand.

            1.2.1 ______________________________________

            1.2.2 ______________________________________                                        (2)

1.3         Benoem die drieklanke by 1.3.1 en 1.3.2 volgens tipe en posisie/omkering.

            1.3.1 ______________________________________

            1.3.2 ______________________________________                                        (2)

1.4      Herskryf die tjelloparty van maat 7 in 'n saamgestelde tydmaat. Voeg die nuwe
         tydmaatteken by.

                                                                                                    (3)

1.5      Transponeer die tjelloparty van maat 43–62 'n heeltoon (majeur tweede) hoër.
         Voeg die nuwe toonsoortteken by.

                                                                                                (3)

1.6      Herskryf die basparty van die klavier in maat 8 TWEE oktawe hoër in die
         altsleutel.

                                                                                                    (1)

1.7      Voltooi die melodiese fragment hieronder deur TWEE stygende sekwense by
         te voeg.

                                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   6                         DBE/November 2016
                                           NSS

1.8   Skryf die toonlere hieronder soos aangedui.

      1.8.1   Voltooi die stygende chromatiese toonleer wat op die gegewe noot begin.

                                                                                                 (2)

      1.8.2   Voltooi die stygende Doriese modus wat op E begin.

                                                                                                 (2)

      1.8.3   Skryf Bb melodiese mineur stygend en dalend met toonsoortteken. Dui die
              halftone aan.

                                                                                                 (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    7                         DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 2                                                                   (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

            Instrument: _________________________

            Tempo:    _________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                    PUNTE-            KANDIDAAT
                  BESKRYWING
                                                  TOEKENNING           SE PUNTE

 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polse per maat, toevallige tekens,          2
 spasiëring, uitleg
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie,                  10
 musikaliteit, tempo
 TOTAAL                                                 15
                                                                                             [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    8                         DBE/November 2016
                                            NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

            Instrument: _________________________

            Tempo:    _________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                    PUNTE-            KANDIDAAT
                  BESKRYWING
                                                  TOEKENNING           SE PUNTE

 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polse per maat, toevallige tekens,          2
 spasiëring, uitleg
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie,                  10
 musikaliteit, tempo
 TOTAAL                                                 15
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                         9           DBE/November 2016
                                 NSS

      BLANKO BLADSY

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     10                        DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 3                                                                    (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel uit Mozart se Sonate K.283 hieronder en beantwoord
            die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     11                         DBE/November 2016
                                             NSS

            3.1.1     Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.

                      __________________________________________
                                                                                               (1)

            3.1.2     Identifiseer akkoord (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur.
                      Gebruik standaardbesyfering onder die partituur, byvoorbeeld V6,
                      OF akkoordsimbole, byvoorbeeld B/D# bo die partituur.                    (5)

            3.1.3     Benoem die kadens in maat 3–4.

                      ___________________________________________                              (1)

            3.1.4     Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (i).

                      ____________________________________________                             (1)

            3.1.5     Omkring AL die deurgangsnote op die partituur wat in maat 8 op
                      maatslag 1 en 2 voorkom.                                                 (2)
                                                                                               [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                12                      DBE/November 2016
                                        NSS

3.2 Bestudeer die uittreksel uit Solitaire van Neil Sedaka en Philip Cody hieronder en
    beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      13                         DBE/November 2016
                                              NSS

            3.2.1     Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel.

                      ________________________________________________                         (1)

            3.2.2     Identifiseer akkoord (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur.
                      Gebruik akkoordsimbole bo die partituur, byvoorbeeld Bb/D.               (5)

            3.2.3     Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) tot (iii).

                      (i)   _________________________________________________

                      (ii) _________________________________________________

                      (iii) _________________________________________________                  (3)

            3.2.4     Benoem die kadens in maat 6–7.

                      ________________________________________________                         (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      14                         DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg.

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                        PUNTE-            KANDIDAAT
                   BESKRYWING
                                                      TOEKENNING           SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                            14
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
                                                            16
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,             10
 kreatiwiteit
                                                            40
                                                         (÷ 8 x 3)

 TOTAAL                                                     15
                                                                                                [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                         DBE/November 2016
                                             NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in
            die onvoltooide balke in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe
            materiaal in maat 1–3 voorgestel word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   16                        DBE/November 2016
                                           NSS

Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                    PUNTE-           KANDIDAAT
                 BESKRYWING
                                                  TOEKENNING          SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                       15
 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadense
 Korrektheid
 Notasie, verdubbeling, spasiëring,                    15
 stemvoering
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,        10
 kreatiwiteit
                                                       40
                                                    (÷ 8 x 3)

 TOTAAL                                                15
                                                                                           [15]

                                                                TOTAAL AFDELING A:         60

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                         17                        DBE/November 2016
                                                 NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                        (90 minute)

Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
            kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

            VOORBEELD:

            5.1.11       A               B        C           D

            5.1.1    Presto is die ...

                     A       Duitse woord vir vinnig.
                     B       Italiaanse woord vir vinnig.
                     C       Italiaanse woord vir lewendig.
                     D       Duitse woord vir lewendig.

            5.1.2    Die term falsetto verwys na 'n ...

                     A       vroulike stem wat vinnige lopies en melismas sing.
                     B       houtblaasinstrument wat hoë note speel.
                     C       manlike stem wat in die vrouestemomvang sing.
                     D       houtblaasinstrument wat vals speel.

            5.1.3    'n Chordofoon is enige instrument ...

                     A       wat klank met behulp van 'n gespande snaar voortbring.
                     B       waar die klank met behulp van sy eie materiaal voortgebring
                             word.
                     C       waarvan die klank deur 'n membraan voortgebring word.
                     D       waarop akkoorde gespeel kan word.

            5.1.4    Watter term hieronder beskryf die herhaling van 'n melodie of
                     musikale idee op 'n ander toonhoogte?

                     A       Vergroting
                     B       Verkleining
                     C       Omkering
                     D       Sekwens

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        18                          DBE/November 2016
                                                NSS

            5.1.5    Watter EEN van die volgende terme is NIE 'n tekstuurtipe NIE?

                     A    Monofonies
                     B    Polifonies
                     C    Stereofonies
                     D    Homofonies

            5.1.6    Na watter EEN van die volgende verwys tweeledige vorm?

                     A    AB
                     B    ABACA
                     C    ABA
                     D    ABCBA

            5.1.7    Watter EEN van die stellings hieronder is KORREK ten opsigte van
                     transponerende instrumente?

                     A    'n Fluit klink 'n oktaaf hoër as die geskrewe party.
                     B    'n Kontrabas klink 'n oktaaf laer as die geskrewe party.
                     C    'n Kitaar klink 'n oktaaf hoër as die geskrewe party.
                     D    'n Trompet klink 'n majeur derde laer as die geskrewe party.

            5.1.8    Watter EEN van die volgende is 'n houtblaasinstrument?

                     A    Eufonium
                     B    Cor anglais (Engelse horing)
                     C    Trompet
                     D    Franse horing

            5.1.9    Tempo giusto beteken ...

                     A    'n vry tempo.
                     B    'n lewendige tempo.
                     C    versnel die tempo oombliklik.
                     D    streng tempo.

            5.1.10
                                  Die klein nootjie moet ... gespeel word.

                     A    met ekstra krag
                     B    soos die speler dit verkies,
                     C    so vinnig as moontlik
                     D    met die helfte van die waarde van die daaropvolgende noot
                                                                               (10 x 1)           (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                       DBE/November 2016
                                             NSS

5.2      Beskryf die funksies van SAMRO kortliks.                                            (4)

5.3         Kopiereg gee aan die kopiereghouer die uitsluitlike reg op die gebruik van
            sy/haar musiek.

            Brei uit op hierdie stelling.                                                    (4)

5.4         Definieer die volgende terme:

            5.4.1 Tantième op naaldtydregte ('needletime rights')                            (1)

            5.4.2 Tantième op meganiese regte                                                (1)

                                                                TOTAAL AFDELING B:           20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       20                    DBE/November 2016
                                               NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Beskryf die volgende terme met verwysing na vorm:

            6.1.1      Menuet en trio                                                        (2)

            6.1.2      Rondo                                                                 (2)

            6.1.3      Ontwikkeling                                                          (2)

            6.1.4      Eerste onderwerp/tema                                                 (2)

6.2         'n Simfoniese toondig word op programmatiese inhoud gebaseer.

            Verduidelik die betekenis van hierdie stelling.                                  (2)
                                                                                             [10]

VRAAG 7

Bespreek die belangrikheid van die Mannheim-orkes.                                           [5]

VRAAG 8

Skryf 'n paragraaf waarin jy die genre van Mendelssohn se Hebrides Ouverture
definieer. Beskryf kortliks die vorm van die werk en bespreek die belangrikheid van
die titel.                                                                                   [5]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   21                        DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 9

Bestudeer die uittreksel hieronder uit die Pastorale Simfonie van Beethoven. Skryf
'n paragraaf oor die beweging waarin die uittreksel voorkom.

                                                                                           [5]

VRAAG 10

Mozart het die aria as genre in sy opera Die Towerfluit vervolmaak.

Brei uit op hierdie stelling. Definieer die aria as 'n genre en bespreek TWEE arias wat
deur verskillende karakters in Die Towerfluit gesing word.

Jy sal punte vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                        KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Definisie van 'n aria                                               2
 Aria 1                                                              5
 Aria 2                                                              5
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                    [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:               40

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      22                         DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Kies die jazz-klassifikasie uit KOLOM B wat by die kunstenaar/groep in
            KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer
            (11.1.1–11.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 11.1.7 G.

                         KOLOM A                               KOLOM B
            11.1.1   The Flying Jazz Queens         A     moderne jazz

            11.1.2   Lemmy Mabaso                   B     mbaqanga

            11.1.3   Makgonatsohle Band             C     kwêla

            11.1.4   Voice                          D     Cape jazz

            11.1.5   Dollar Brand                   E     marabi

            11.1.6   Union of South Africa          F     jazz in ballingskap ('jazz in
                                                          exile')
                                                                                  (6 x 1)        (6)

11.2        Noem EEN belangrike bydrae wat ELK van die volgende kunstenaars tot
            Suid-Afrikaanse jazz gelewer het:

            11.2.1    Zim Nqawana                                                                (1)

            11.2.2    The Jazz Epistles                                                          (1)

            11.2.3    Miriam Makeba                                                              (1)

            11.2.4    Chris MacGregor                                                            (1)
                                                                                                 [10]

VRAAG 12

Skryf 'n paragraaf waarin jy kwêla beskryf. Verduidelik ook kortliks die rol wat dit in die
ontwikkeling van Suid-Afrikaanse jazz gespeel het.                                               [5]

VRAAG 13

Beskryf die mbaqanga-styl wat in die musiek van groepe soos Makgonatsohle Band,
The Cool Crooners of Soul Brothers voorkom.                                                      [5]

VRAAG 14

Bespreek die oorsprong en styleienskappe van marabi-musiek. Verwys na ten minste
EEN kunstenaar of groep.                                                                         [5]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     23                    DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 15

Skryf 'n opstel oor die musiek van EEN van die volgende Cape jazz-kunstenaars:

•     Abdullah Ibrahim
•     Robbie Jansen
•     Winston Mankunku Ngozi

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                          KRITERIA                            PUNTETOEKENNING
    Musiekeienskappe                                                 5
    Oorsprong en invloede                                            5
    Albums/Liedere                                                   2
    Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                   3
    TOTAAL                                                           15                   [15]

                                                              TOTAAL AFDELING D:          40

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       24                          DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 16

16.1        Gee 'n term om ELK van die volgende te beskryf:

            16.1.1 'n Musiekstyl wat danspassies wat liggies op die tone uitgevoer
                   word, insluit                                                                     (1)

            16.1.2 Die vinnige instrumentale inleiding tot 'n maskandi-lied                          (1)

16.2        Kies die item uit KOLOM B wat by die kunstenaar/groep in KOLOM A pas.
            Skryf slegs die letter (A–E) van jou keuse langs die vraagnommer
            (16.2.1–16.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 16.2.6 F.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
            16.2.1   Abbey Cindi                     A      mbaqanga

            16.2.2   Phuzekhemisi                    B      fluit

            16.2.3   Soul Brothers                   C      SATB/TTBB

            16.2.4   Sello Galane                    D      maskandi

            16.2.5   Isicathamiya                    E      moropa wa diatla
                                                                                        (5 x 1)      (5)

16.3        Beskryf kortliks die rol van musiek in tradisionele Afrika-godsdiens.                    (3)
                                                                                                     [10]

VRAAG 17

Bespreek plaaslike en internasionale invloede in malombo-musiek. Verwys na ten
minste EEN kunstenaar of groep.                                                                      [5]

VRAAG 18

Beskryf die mbaqanga-styl wat in die musiek van groepe soos Makgonatsohle Band,
The Cool Crooners of Soul Brothers voorkom.                                                          [5]

VRAAG 19

Beskryf isicathamiya-musiek met verwysing na die eienskappe daarvan en hoe hierdie
styl internasionale status verwerf het.                                                              [5]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   25                          DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 20

Maskandi is tradisioneel 'n Zoeloe-musiekstyl wat prominent in vandag se populêre
musiek voorkom.

Skryf 'n opstel waarin jy op hierdie stelling uitbrei deur die oorsprong en eienskappe
van die styl te bespreek.

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                        KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Oorsprong                                                           4
 Styleienskappe                                                      6
 Kunstenaar en lied                                                  2
 Logiese aanbeiding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                     [15]

                                                              TOTAAL AFDELING E:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:              120

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/November 2016
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2016-memo-eng/a6caab8b-dd62-4dec-96d5-8b526e1a28a1) — Music · Memo · 2016 · Eng
- [Music P2 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2016-eng/4febbfe1-d2ba-422e-90e7-54477d48e034) — Music · QP · 2016 · Eng
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2016 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2016-afr-qp/15b29c54-28ec-4f32-99c4-d4dd73a9bfbd) — Music · QP · 2016 · Afr
- [Music P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2016-afr/6ef406ea-3f29-425c-bce9-ec90aaa54ae8) — Music · QP · 2016 · Afr
- [Music P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-eng/9516b474-9a42-4e04-859a-93e4d6245ec7) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2020-afr/ec9bdd7b-236a-4771-88cd-7b834197b65d) — Music · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
