# Music Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-afr/41a9ba84-5d21-481f-9ef9-eaf43762ca64
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-afr/41a9ba84-5d21-481f-9ef9-eaf43762ca64)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                                NOVEMBER 2017

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                        DBE/November 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hulle antwoorde te verskaf.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                    DBE/November 2017
                                      NSS

NASIENROOSTER

       AFDELING             VRAAG        PUNTE   NASIENER   MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE               1             20
   (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             10
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                    EN
B: ALGEMENE
   MUSIEKKENNIS               5             20
   (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         20
                                    EN
C: WKM                        6             10
                              7             5
                              8             5
                              9             5
                             10             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
D: JAZZ                      11             10
                             12             5
                             13             5
                             14             5
                             15             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
E: IAM                       16             10
                             17             5
                             18             5
                             19             5
                             20             15
                          SUBTOTAAL         40

                        GROOTTOTAAL       120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    4                           DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                     (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.

VRAAG 1                                                                    (25 minute)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      5                           DBE/November 2017
                                              NSS

1.1         Is hierdie stuk in tweeslagmaat of vierslagmaat?

            __________________________________                                                      (1)

1.2         Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand.

            1.2.1    ______________________________

            1.2.2    ______________________________                                                 (2)

1.3         Omkring die enharmoniese ekwivalent van Bb op die partituur.                            (1)

1.4         Benoem die drieklanke by A en B volgens tipe en posisie, bv. majeur, tweede
            omkering. (Oorweeg SLEGS die note in die blokkie.)

            A: ______________________________

            B: ______________________________                                                       (2)

1.5         Transponeer die soloparty by X 'n majeur tweede hoër. Onthou om die nuwe
            toonsoortteken by te voeg.

                                                                                                    (2)

1.6         Herskryf die vokale party by Y TWEE oktawe laer vir die tjello. Gebruik die
            korrekte sleutel en toonsoortteken.

                                                                                                    (3)

1.7         Wat is die betekenis van die Italiaanse term andante?

            _______________________________________                                                 (1)

1.8         Voltooi die chromatiese toonleer hieronder. Gebruik toepaslike ritmiese
            materiaal.

                                                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      6                           DBE/November 2017
                                              NSS

1.9         Skryf die melodiese vorm van die Bb-mineurtoonleer opgaande. Gebruik die
            altsleutel, 'n toonsoortteken, heelnote. Dui die halftone aan.

                                                                                                  (3)

1.10        Die uittreksel hieronder het veranderinge in die tydmaatteken. Vul die korrekte
            tydmaattekens in waar daar 'n asterisk (*) is.

                *                       *                    *

                                                                                                  (3)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     7                         DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 2                                                                    (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

            Instrument: ____________________________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                     PUNTE-            KANDIDAAT
                 BESKRYWING
                                                   TOEKENNING           SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polsslae per maat,                          2
 toevallige tekens, spasiëring
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie,                  10
 tempo-aanduiding, musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                               [15]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     8                         DBE/November 2017
                                             NSS

2.2         Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige
            vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem
            die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en
            artikulasietekens by.

            Instrument: ____________________________________________________

Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                     PUNTE-            KANDIDAAT
                 BESKRYWING
                                                   TOEKENNING           SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                    3
 Korrektheid
 Nootstele, polsslae per maat,                          2
 toevallige tekens, spasiëring
 Kwaliteit
 Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie,                  10
 tempo-aanduiding, musikaliteit
 TOTAAL                                                 15
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      9                        DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 3                                                                    (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die aangepaste uittreksel uit die Klaviersonate in D, Op. 28 deur
            Beethoven hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            3.1.1     Die stuk moduleer vanaf maat 10–12. Dui die nuwe toonsoort in die
                      spasie op die partituur aan.                                             (1)

            3.1.2     Besyfer akkoorde (a)–(g) in die spasies op die partituur. Dui die
                      toonsoort, akkoord en posisie in elke geval aan, byvoorbeeld
                      C: iiib/iii6                                                             (7)

            3.1.3     Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).

                      (i) _______________________________________

                      (ii) _______________________________________                             (2)
                                                                                               [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      10                       DBE/November 2017
                                              NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel uit Second Hand Rose deur James F Hanley
            hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            3.2.1     Benoem die hooftoonsoort van hierdie stuk.

                      _______________________________________                                  (1)

            3.2.2     Identifiseer akkoorde (a)–(g) en skryf die akkoordsimbole in die
                      spasies bokant die notebalk op die partituur, bv. D/A.                   (7)

            3.2.3     Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii).

                      (i) _______________________________________

                      (ii) _______________________________________                             (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                         DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 4                                                                      (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en basparty by te voeg.

Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                        PUNTE-            KANDIDAAT
                   BESKRYWING
                                                      TOEKENNING           SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                            12
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
                                                            14
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,              4
 kreatiwiteit
                                                          30 ÷ 2

 TOTAAL                                                     15
                                                                                                  [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     12                         DBE/November 2017
                                             NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal op die leë
            notebalke by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in
            maat 1 voorgestel word.

Die harmoniese materiaal sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                       PUNTE-           KANDIDAAT
                     BESKRYWING
                                                     TOEKENNING          SE PUNTE
 Akkoordprogressie
                                                           14
 Akkoordkeuse; korrekte gebruik van kadens
 Korrektheid
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering            12
 Kwaliteit
 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,             4
 kreatiwiteit
                                                         30 ÷ 2

 TOTAAL                                                    15
                                                                                                 [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             60

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       13                       DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                  (90 minute)

Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
            (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 D.

            5.1.1    Die term bariton beskryf 'n tipe …

                     A    vroulike stem met 'n hoë omvang.
                     B    manlike stem in die middel-omvang.
                     C    vroulike stem in die middel-omvang.
                     D    manlike stem met 'n hoë omvang.

            5.1.2    Daar word na onbegeleide vokale musiek as … verwys.

                     A    mbaqanga
                     B    scat-sang
                     C    a cappella
                     D    Geeneen van die bogenoemde nie

            5.1.3    Watter eienskap(pe) word algemeen in jazz aangetref?

                     A    Improvisasie word selde toegepas.
                     B    Sonatevorm word uitvoerig gebruik.
                     C    Gesinkopeerde ritmes en die swing-gevoel word gebruik.
                     D    Al die bogenoemde

            5.1.4    Beskryf 'n noot wat met 'n artikulasietipe tussen staccato en legato
                     uitgevoer word:

                     A    Agitato
                     B    Portato
                     C    Tenuto
                     D    Martellato

            5.1.5    Die term krepitasie verwys na 'n ...

                     A    instrumentale tegniek tipies van Inheemse Afrika-musiek.
                     B    speeltegniek op die viool tipies van Westerse Kunsmusiek.
                     C    klaptegniek op die baskitaar tipies van jazz-musiek.
                     D    vokale tegniek tipies van Inheemse Afrika-musiek.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       14                     DBE/November 2017
                                               NSS

            5.1.6    Die dwarsfluit is beide 'n …

                     A     houtblaasinstrument en 'n aërofoon.
                     B     houtblaasinstrument en 'n chordofoon.
                     C     koperblaasinstrument en 'n aërofoon.
                     D     houtblaasinstrument en 'n idiofoon.

            5.1.7    'n Ostinato is 'n ...

                     A     motief wat 'n melodiese patroon 'n oktaaf hoër herhaal.
                     B     motief wat herhaal terwyl materiaal daarrondom verander.
                     C     motief wat gedurig in die loop van die stuk verander.
                     D     seksie musiek wat deur 'n volgehoue of herhaalde noot
                           gekenmerk word.

            5.1.8    Die djembe word gewoonlik … gespeel.

                     A     in die slaginstrumentseksie van 'n big band
                     B     saam met marsorkesmusiek as deel van die begeleiding
                     C     in die slaginstrumentseksie van 'n simfonieorkes
                     D     saam met koormusiek as deel van die begeleiding

            5.1.9    Vers en refreinvorm word algemeen in … gebruik.

                     A     Barok-musiek
                     B     12-maat-blues
                     C     populêre liedjies
                     D     orkesmusiek

            5.1.10   'n Koda word aan die einde van ... gevind.

                     A     elke musiekfrase
                     B     'n musiekstuk
                     C     die brugpassasie
                     D     die eerste seksie in drieledige vorm               (10 x 1)        (10)

5.2         Beskryf die funksie van 'n musiekuitgewersmaatskappy.                             (3)

5.3         Wat is 'n uitvoeringsregte-lisensie?                                              (1)

5.4         Vir hoe lank is kopiereg geldig?                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    15                        DBE/November 2017
                                            NSS

5.5         Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
            slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (5.5.1–5.5.5) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.5.6 G.

                        KOLOM A                               KOLOM B
            5.5.1    Toonsoort                    A   roep en antwoord

            5.5.2    Instrument                   B   tonaliteit

            5.5.3    Ululasie                     C   polsslag

            5.5.4    Melodiese interaksie         D   vokale tegniek

            5.5.5    Metrum                       E   toonkleur

                                                  F   tekstuur
                                                                                (5 x 1)       (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           20

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      16                          DBE/November 2017
                                              NSS

Antwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Noem TWEE transponerende instrumente wat in die standaard- Klassieke
            orkes gebruik word.                                                                   (2)

6.2         Noem die vormtipe van die volgende:

            6.2.1     Mendelssohn: Fingal se Grot Ouverture ('Fingal's                Cave
                      Overture')/Hebrides Ouverture ('Hebrides Overture')                         (1)

            6.2.2     Beethoven: Pastorale Simfonie – vierde beweging                             (1)

            6.2.3     Mozart: Die Towerfluit – ouverture                                          (1)

6.3         Gee EEN musikale term in opera vir elk van die volgende beskrywings.
            Skryf slegs die term langs die vraagnommer (6.3.1–6.3.5) in die
            ANTWOORDEBOEK neer.

            6.3.1     Musiekinleiding wat deur 'n orkes gespeel word en dikwels uit
                      uittreksels uit die opera bestaan

            6.3.2     Teks van 'n opera

            6.3.3     Solo vir stem met orkesbegeleiding

            6.3.4     Stuk wat deur 'n groot groep mense op 'n verhoog gesing word

            6.3.5     Italiaanse komiese opera                                                    (5)
                                                                                                  [10]

VRAAG 7

7.1         Noem DRIE verskille tussen 'n uiteensetting en 'n heruiteensetting, soos dit in
            sonatevorm voorkom.                                                                   (3)

7.2         Identifiseer 'n musiekstruktuur wat in saamgestelde drieledige vorm is.
            Gee 'n skematiese voorstelling, byvoorbeeld AB.                                       (2)
                                                                                                  [5]

VRAAG 8

Die vierde beweging (Die Storm) van Beethoven se Simfonie Nr. 6 is 'n vroeë
voorbeeld van programmusiek. Beskryf hoe die programmatiese inhoud in die musiek
voorgestel word.                                                                                  [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      17                         DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 9

9.1         Watter tipe orkes gebruik Mendelssohn in sy Hebrides Ouverture?                         (1)

9.2         Al VIER seksies van 'n orkes word in hierdie werk verteenwoordig. Noem die
            instrumente wat in die partituur verskyn. Skryf slegs die instrument langs die
            vraagnommer (9.2.1–9.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
            9.2.6 harp, kitaar.

            9.2.1     Strykers                                                                      (1)

            9.2.2     Houtblasers                                                                   (1)

            9.2.3     Koperblasers                                                                  (1)

            9.2.4     Slaginstrumente                                                               (1)
                                                                                                    [5]

VRAAG 10

Bespreek in 'n opstel hoe die karakters van Tamino en Papageno deur musiek
uitgebeeld word.

Verwys na die volgende arias:

•     Dies Bildnis ist bezaubernd schön (Hierdie beeltenis is betowerend mooi)
•     Der Vogelfänger bin ich ja (Ja, ek is die voëlvanger)

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van
jou opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                             KRITERIA                           PUNTETOEKENNING
    Tamino: Enige drie karaktereienskappe wat by drie
                                                                           6
    uitbeeldings in die aria pas
    Papageno: Enige drie karaktereienskappe wat by drie
                                                                           6
    uitbeeldings in die aria pas
    Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                        3
    TOTAAL                                                                15                        [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:                 40

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      18                      DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Definieer marabi in TWEE sinne.                                                   (2)

11.2        Motiveer waarom jy Abdullah Ibrahim se musiek as Cape jazz beskou.                (4)

11.3        Noem die musiekinstrument wat deur ELK van die volgende kunstenaars
            bespeel word:

            11.3.1    Mahlathini

            11.3.2    Spokes Mashiyane

            11.3.3    Chris McGregor

            11.3.4    Feya Faku                                                               (4)
                                                                                              [10]

VRAAG 12

Skryf 'n paragraaf oor die sosiale en musikale oorsprong van mbaqanga.                        [5]

VRAAG 13

Bespreek die stylkenmerke van EEN van die kunstenaars/groepe van jazz by die huis
('jazz at home'). Noem ten minste EEN treffer/album:

•   Zim Nqawana
•   Sakhile
•   Spirits Rejoice                                                                           [5]

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf oor die musiek van die vroeë Suid-Afrikaanse vroulike groepe.              [5]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   19                      DBE/November 2017
                                           NSS

VRAAG 15

Skryf 'n opstel waarin jy kwêla as 'n jazz-genre bespreek. Verwys na die musikale
oorsprong van die musiek, sosiale/maatskaplike waarde en musiekkenmerke. Sluit
EEN kunstenaar en EEN treffer/album in.

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van
jou opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                        KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Musikale oorsprong                                                  3
 Sosiale/Maatskaplike waarde                                         2
 Musiekkenmerke                                                      5
 Kunstenaar en treffer/album                                         2
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                    [15]

                                                              TOTAAL AFDELING D:           40

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    20                        DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 16

16.1        Definieer mbaqanga in TWEE sinne.                                              (2)

16.2        Watter musiekkenmerke van malombo is tipies van Afrika?                        (4)

16.3        Noem die moderne style (konstrukte) van inheemse Afrika-musiek wat met
            die terme hieronder geassosieer word. Skryf slegs die musiekstyl langs die
            vraagnommer (16.3.1–16.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
            16.3.5 Malombo-jazz.

            16.3.1    Konsertina

            16.3.2    TTBB

            16.3.3    Orrel

            16.3.4    Moropa                                                               (4)
                                                                                           [10]

VRAAG 17

Bespreek hoe izibongo in maskandi gebruik word.                                            [5]

VRAAG 18

Bespreek watter kenmerke vrye kiba anders as tradisionele kiba maak.                       [5]

VRAAG 19

Skryf 'n paragraaf oor die eienskappe van isicathamiya.                                    [5]

VRAAG 20

Skryf 'n opstel waarin jy die sosiale konteks en tipiese musiekelemente van
Suid-Afrikaanse Inheemse Musiek beskryf.

Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van
jou opstel.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                         KRITERIA                             PUNTETOEKENNING
 Sosiale konteks                                                     5
 Tipiese musiekelemente                                              7
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                    [15]

                                                               TOTAAL AFDELING E:          40
                                                                   GROOTTOTAAL:            120
Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     DBE/November 2017
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-eng/44e7edc8-85db-465c-8c33-44dce5a59204) — Music · QP · 2017 · Eng
- [Music P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-memo-eng/fe43edfa-7033-4f1b-b8a9-474f7af96383) — Music · Memo · 2017 · Eng
- [Music P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2017-eng/fa609daf-d41b-4e7c-8025-46c1d444ce31) — Music · QP · 2017 · Eng
- [Music P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2017-afr/48289e40-9664-45c2-a37b-5099172c30f6) — Music · QP · 2017 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-english/098c79db-0f02-47dd-862c-c5cb8ce21c72) — Music · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
