# Music Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-afr/20888579-433c-416b-8071-3b51aa34337b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-afr/20888579-433c-416b-8071-3b51aa34337b)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                                NOVEMBER 2019

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                        DBE/November 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                     DBE/November 2019
                                      NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE    NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1             20
    (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             10
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5             20
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         20
                                    EN
 C: WKM                       6             10
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
 D: JAZZ                     11             10
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15             15
                          SUBTOTAAL         40
                                    OF
 E: IAM                      16             10
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20             15
                          SUBTOTAAL         40

                        GROOTTOTAAL         120

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   4               DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                        (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

VRAAG 1                                                       (25 minute)

Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       5                           DBE/November 2019
                                               NSS

1.1         Noem die toonsoort van hierdie stuk.

            _____________________________________________                                          (1)

1.2         Gee 'n gepaste Italiaanse term vir die tempo-aanduiding bokant maat 1.

            _____________________________________________                                          (1)

1.3         Wat is die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i)?

            _____________________________________________                                          (1)

1.4         Benoem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand.

            (a) ___________________________________________

            (b) ___________________________________________                                        (2)

1.5      Halveer die nootwaardes en herskryf die note by (X). Voeg die nuwe
         tydmaatteken by.

                                                                                                   (3)

1.6         Herskryf die vioolparty by (Y) op dieselfde toonhoogte in die gegewe sleutel.

                                                                                                   (3)

1.7         Beskryf die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie.

            (c) _________________________________________________

            (d) _____________________________________________                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      6                         DBE/November 2019
                                              NSS

1.8         Beantwoord die vrae oor die uittreksel hieronder.

            1.8.1     Voltooi die melodie hierbo deur 'n stygende sekwens te skryf.              (1)

            1.8.2     Gee TWEE verskillende name vir die modus/toonleer wat by (S)
                      gevorm word.

                      _________________________________________________

                      _________________________________________________                          (2)

1.9     Voltooi 'n blues-toonleer deur VIER note tussen die gegewe note in te voeg.

                                                                                                 (2)

1.10   Voltooi die volgende om 'n harmoniese mineurtoonleer te vorm. Voeg die
       nodige skuiftekens by en merk die halftone.

                                                                                                 (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Musiek/V1                                           7                      DBE/November 2019
                                                    NSS

VRAAG 2                                                                      (25 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.

2.1   Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige
      melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en
      verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en artikulasie-aanduidings
      op geskikte plekke in.

      Instrument:

      Tempo:

             Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                                 PUNTE-     KANDIDAAT
                             BESKRYWING
                                                               TOEKENNING    SE PUNT

             Vorm en kadenspunte                                   3

             Korrektheid
             Nootstele, polsslae per maat, skuiftekens,            2
             spasiëring, uitleg
             Kwaliteit
             Toepaslikheid van instrument; korrekte omvang;
                                                                   10
             musikaliteit; dinamiese, artikulasie- en tempo-
             aanduidings

             TOTAAL                                                15
                                                                                                   [15]

                                                    OF
 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Musiek/V1                                           8                      DBE/November 2019
                                                    NSS

2.2   Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige
      melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en
      verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en artikulasie-aanduidings
      op geskikte plekke in.

      Instrument:

      Tempo:

             Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                                 PUNTE-     KANDIDAAT
                             BESKRYWING
                                                               TOEKENNING    SE PUNT

             Vorm en kadenspunte                                   3

             Korrektheid
             Nootstele, polsslae per maat, skuiftekens,            2
             spasiëring, uitleg
             Kwaliteit
             Toepaslikheid van instrument; korrekte omvang;
                                                                   10
             musikaliteit; dinamiese, artikulasie- en tempo-
             aanduidings

             TOTAAL                                                15
                                                                                                   [15]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      9                  DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 3                                                             (10 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

                               Cadence/Kadens: ______________________

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     10                      DBE/November 2019
                                             NSS

3.1.1       Noem die toonsoort van hierdie stuk.

            ____________________________________________________________                     (1)

3.1.2       Besyfer die akkoorde by (a)–(e) met Romeinse syfers op die partituur,
            bv. iii6/iiib.                                                                   (5)

3.1.3       Identifiseer die kadens by (f) in maat 74–8 op die partituur. Besyfer die
            akkoorde met Romeinse syfers.                                                    (2)

3.1.4       Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y).

            (X) _________________________________________________________

            (Y) _________________________________________________________                    (2)
                                                                                             [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  11                 DBE/November 2019
                                          NSS

3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

                      Cadence/Kadens: ______________________________
Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     12                        DBE/November 2019
                                             NSS

3.2.1       Identifiseer die akkoorde (a)–(f) en skryf die akkoordsimbole in die spasies
            wat daarvoor op die partituur verskaf is, bv. Bb/D.                                 (6)

3.2.2       Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y).

            (X) _________________________________________________

            (Y) _________________________________________________                               (2)

3.2.3       Noem die kadens wat in maat 14–16 op die partituur gevorm word. Dui die
            akkoordsimbole by (g) en (h) aan.                                                   (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                              13                     DBE/November 2019
                                                      NSS

VRAAG 4                                                                          (30 minute)

Antwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1     Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor-
        en baspartye by te voeg.

            Die harmonisasie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                               PUNTE-       KANDIDAAT SE
                           BESKRYWING
                                                             TOEKENNING        PUNT
             Korrektheid
             Notasie, verdubbeling, spasiëring,                  12
             stemvoering
             Akkoordprogressie
                                                                 14
             Akkoordkeuse, korrekte kadense
             Kwaliteit
             Musikaliteit, nie-akkoordnote,
                                                                  4
             stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. gebruik van
                         6                 6
             kadensiële 4 en deurgangs 4 progressies

             TOTAAL                                          30(÷ 2) = 15
                                                                                                     [15]
                                                      OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                             14                    DBE/November 2019
                                                     NSS

4.2         Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmonisasiemateriaal in die oop
            ruimtes op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die
            gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word.

      Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                                                               PUNTE-       KANDIDAAT SE
                         BESKRYWING
                                                             TOEKENNING        PUNT

       Korrektheid
                                                                 12
       Notasie, spasiëring, stemvoering

       Akkoordprogressie
                                                                 14
       Akkoordkeuse, korrekte kadense
       Kwaliteit
       Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid,
                                                                  4
       kreatiwiteit, bv. gebruik van interessante akkoord-
       konstruksies en progressies
       TOTAAL                                                30(÷ 2) = 15                          [15]

                                                                      TOTAAL AFDELING A:           60

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      15                       DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                   (90 minute)

Antwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek).

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae/stellings
            gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
            bv. 5.1.11 D.

            5.1.1 Timbre is 'n ander term vir …

                  A    tonaliteit.
                  B    die kwaliteit en klanksterkte van die toon.
                  C    die kleur en karakter van die toon.
                  D    die duur en die klanksterkte van die toon.

            5.1.2 'n Fagot is 'n …

                  A    transponerende koperblaasinstrument.
                  B    nie-transponerende houtblaasinstrument.
                  C    transponerende dubbelrietinstrument.
                  D    nie-transponerende enkelrietinstrument.

            5.1.3 Lofsang/Pryssang ('Praise singing') (ukubonga) kan beskryf word
                  as …

                  A    'n uitvoering/voordrag van musiek en poësie.
                  B    'n uitvoering/voordrag by alledaagse gebeurtenisse.
                  C    'n uitvoering/voordrag van musiek en dans.
                  D    Al die bogenoemde

            5.1.4 'n Twaalfmaat harmoniese patroon kom meestal by ... voor.

                  A    bebop
                  B    ragtime
                  C    avant-garde-musiek
                  D    blues

            5.1.5 Kontrapuntale tekstuur kan as … beskryf word.

                  A    homofonie
                  B    polifonie
                  C    monofonie
                  D    Al die bogenoemde

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          16                       DBE/November 2019
                                                  NSS

            5.1.6 Watter EEN van die volgende instrumente pas NIE?
                    A     Tromboon
                    B     Trompet
                    C     Saksofoon
                    D     Flugelhorn
            5.1.7 Watter EEN van die volgende instrumente is 'n membranofoon?
                    A     Mbira
                    B     Marimba
                    C     Tabla
                    D     Koedoehoring
            5.1.8 'n Aantal note of akkoorde wat 'n tydelike of permanente einde van 'n
                  musikale frase aandui:
                    A     Kadens
                    B     Akkoordprogressie
                    C     Fermata
                    D     Opslag

            5.1.9 Die vers in 'n popliedjie is 'n gedeelte wat …
                     A    dieselfde as die brugpassasie klink.
                     B    met die refrein kontrasteer.
                     C    die koda van die liedjie vorm.
                     D    dieselfde lirieke as die refrein het.
            5.1.10 Poliritme beteken ...
                     A    'n aksent in musiek wat veroorsaak word deur die swak polsslag
                          te beklemtoon.
                     B    die gelyktydige gebruik van twee of meer melodieë of stemme.
                     C    die gelyktydige gebruik van twee of meer kontrasterende ritmes.
                     D    die gebruik van 'n komplekse ritmiese patroon in 'n melodie.
                                                                                    (10 x 1)       (10)
5.2      Verduidelik VIER regte van 'n komponis met verwysing na haar/sy komposisie,
         afgesien van uitvoeringsregte.                                                            (4)
5.3      Verduidelik hoe tantieme werk.                                                            (2)

5.4                        CAPASSO;        EMI;     SONY MUSIC;      SAMRO

         Uit die lys maatskappye hierbo, kies 'n:
            5.4.1        Opnamemaatskappy                                                          (1)
            5.4.2        Musiekregte-organisasie                                                   (1)
5.5      Beskryf TWEE funksies van 'n musiekuitgewersmaatskappy.                                   (2)
                                                                                                   [20]
                                                                   TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        17                             DBE/November 2019
                                                NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Watter stemtipes word met die volgende karakters in Die Towerfluit van
            WA Mozart geassosieer?

            6.1.1        Tamino

            6.1.2        Koningin van die Nag

            6.1.3        Monostatos                                                                       (3)

6.2         Watter veranderinge het die Mannheim-skool aan die bestaande orkesopset
            aangebring?                                                                                   (2)

6.3         Noem EEN orkes-speeltegniek wat die Mannheim-skool ontwikkel het.                             (1)

6.4         Kies VIER genres of werktipes in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte
            stelling in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
            (6.4.1 tot 6.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.4.6 H.

                    KOLOM A                                     KOLOM B
            6.4.1 Ouverture                     A     solowerk met orkesbegeleiding

            6.4.2 Simfonie                      B     werk in vier dele

            6.4.3 Toondig                       C     musiekdrama

            6.4.4 Aria                          D     inleiding tot 'n groter werk

            6.4.5 Opera seria                   E     komiese musiekdrama

                                                F     onafhanklike enkelwerk met
                                                      programmatiese inhoud

                                                G     'n werk in drie dele met 'n solo-
                                                      instrument
                                                                                            (4 x 1)       (4)
                                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      18                       DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 7

7.1         Skryf 'n paragraaf waarin jy rondovorm verduidelik.                                 (4)

7.2         Wat is die tempo van 'n tipiese rondobeweging?                                      (1)
                                                                                                [5]

VRAAG 8

Skryf 'n paragraaf waarin jy die genre (2 punte) van die werk definieer en beskryf hoe
Mendelssohn sonatevorm (3 punte) in die Hebrides Ouverture aanwend.                             [5]

VRAAG 9

Skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek waarom die opera, Die Towerfluit, as 'n goeie
voorbeeld van 'n Singspiel beskou kan word.                                                     [5]

VRAAG 10

Skryf 'n opstel oor Beethoven se Pastorale Simfonie Nr. 6 Op. 68 waarin jy bespreek
hoe die gebruik van instrumente die pastorale idee uitbeeld. Verwys na ten minste
DRIE van die bewegings.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                     KRITERIA                                 PUNTETOEKENNING
 Programmatiese titels van minstens drie bewegings                   3
 Verband tussen instrumente en pastorale idees in                    9
 minstens drie bewegings
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                       3
 TOTAAL                                                               15                        [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            40

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     19                           DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Skryf kort aantekeninge oor die speelstyl van Feya Faku.                              (2)

11.2        Noem TWEE prominente ritmiese eienskappe van kwêla.                                   (2)

11.3        Verduidelik waarom die woonbuurt, Sophiatown, belangrik was in die
            ontwikkeling van Afrika-jazz.                                                         (2)

11.4        Kies VIER kunstenaars in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte
            instrument in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
            (11.4.1 tot 11.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.4.6 H.

                    KOLOM A                                      KOLOM B
            11.4.1 Moses Molelekwa           A     tromstel

            11.4.2 Philip Tabane             B     saksofoon

            11.4.3 Robbie Jansen             C     kitaar

            11.4.4 Louis Moholo              D     penniefluit

            11.4.5 Lemmy Mabaso              E     klavier

                                             F     trompet

                                             G     tromboon
                                                                                    (4 x 1)       (4)
                                                                                                  [10]

VRAAG 12

Skryf 'n paragraaf oor die musieknalatenskap van die Jazz Epistles.                               [5]

VRAAG 13

Skryf 'n paragraaf waarin jy die bydrae van Miriam Makeba OF Dolly Rathebe OF
Thandi Klaasen tot Suid-Afrikaanse jazz bespreek.                                                 [5]

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf waarin jy die eienskappe van Kaapse jazz verduidelik deur na EEN
van die volgende kunstenaars te verwys: Abdullah Ibrahim OF Robbie Jansen OF
Winston Mankunku Ngozi. Verwys na die elemente van musiek.                                        [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   20                        DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 15

Skryf 'n opstel waarin jy die historiese agtergrond, musikale oorsprong en
styleienskappe van marabi bespreek.

Noem EEN kunstenaar en 'n trefferliedjie/album.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                       KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
 Historiese agtergrond                                               2
 Musikale oorsprong                                                  3
 Styleienskappe                                                      5
 Verteenwoordigende kunstenaar en trefferliedjie/album               2
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                       [15]

                                                                TOTAAL ADELING D:             40

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        21                   DBE/November 2019
                                                NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM)

VRAAG 16

16.1        Wat is die rol van musiek in tradisionele genesing?                              (2)

16.2        Beskryf TWEE maniere waarop 'n kitaar in maskanda gestem kan word.               (2)

16.3        Verduidelik TWEE maniere waarop Sello Galane kiba in die moderne
            weergawe daarvan, vrye kiba, ontwikkel het.                                      (2)

16.4        Kies VIER kunstenaars in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte
            musiekinvloed in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs
            die vraagnommers (16.4.1 tot 16.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
            bv. 16.4.6 H.

                     KOLOM A                               KOLOM B
             16.4.1 Soul Brothers           A    amakhweyane

             16.4.2 Sello Galane            B    umnqokolo

             16.4.3 Phuzekhemisi            C    Amerikaanse soul

             16.4.4 Mahlathini              D    mbube

             16.4.5 Joseph Shabalala        E    malombo

                                            F    moppies en ghoema

                                            G kwaito
                                                                               (4 x 1)       (4)
                                                                                             [10]

VRAAG 17

Skryf 'n paragraaf waarin jy die oorsprong van isicathamiya en hoe die styl
internasionale status verwerf het, beskryf.                                                  [5]

VRAAG 18

Skryf 'n paragraaf waarin jy Philip Tabane se sangstyl in malombo bespreek.                  [5]

VRAAG 19

Skryf 'n paragraaf oor die ontwikkeling van kinders se musiekvaardighede in
tradisionele Afrika-gemeenskappe.                                                            [5]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   22                        DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 20

Skryf 'n opstel waarin jy redeneer waarom mbaqanga as 'n vermenging van Afrika- en
Westerse eienskappe beskou kan word.

Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel
ontvang.

Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word:

                       KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
 Afrika-styleienskappe                                               6
 Westerse styleienskappe                                             6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                   [15]

                                                                TOTAAL ADELING E:         40
                                                                   GROOTTOTAAL:           120

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/November 2019
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-memo-eng/d690c522-e0fe-4fdf-b630-a36ff389966e) — Music · Memo · 2019 · Eng
- [Music P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-memo-afr/6032f3b8-8f53-4474-b4fa-647f0029bbb9) — Music · Memo · 2019 · Afr
- [Music P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2019-eng/fc424d1c-1c53-4ac2-b957-75c371d8cbf4) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc) — Music · QP · 2019 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-eng/c969e7f9-4077-4bd4-b656-d159ca2ee3b8) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-eng/9516b474-9a42-4e04-859a-93e4d6245ec7) — Music · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
