# Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2020-afr/ec9bdd7b-236a-4771-88cd-7b834197b65d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2020-afr/ec9bdd7b-236a-4771-88cd-7b834197b65d)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   MUSC.1

                                  MUSIEK V1

                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

          Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

                     MIDDAGSESSIE
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                        DBE/November 2020
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).

4.          Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
            die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                    DBE/November 2020
                                    SS/NSS

 NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE   NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1           20
    (VERPLIGTEND)
                              2           15
                              3           10
                              4           15
                          SUBTOTAAL       60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5           20
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL       20
                                    EN
 C: WKM                       6           10
                              7              5
                              8              5
                              9              5
                             10           15
                          SUBTOTAAL       40
                                    OF
 D: JAZZ                     11           10
                             12              5
                             13              5
                             14              5
                             15           15
                          SUBTOTAAL       40
                                    OF
 E: IAM                      16           10
                             17              5
                             18              5
                             19              5
                             20           15
                          SUBTOTAAL       40

                        GROOTTOTAAL       120

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        4                           DBE/November 2020
                                              SS/NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                          (90 minute)

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

VRAAG 1                                                                         (25 minute)

Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

1.1         Hierdie uittreksel begin in D majeur. In watter toonsoort eindig dit?

            _____________________________________________                                            (1)

1.2         Watter verhouding het die tweede toonsoort met die oorspronklike toonsoort?

            _____________________________________________                                            (1)

1.3         Skryf die korrekte tydmaatteken in die ruimte verskaf op die partituur in
            maat 1.                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          5                         DBE/November 2020
                                                SS/NSS

1.4         Benoem die intervalle by (a) tot (d) volgens tipe en afstand.

            (a)   ______________________________________________

            (b)   ______________________________________________

            (c)   ______________________________________________

            (d)   ______________________________________________                                     (4)

1.5         Beskryf die drieklanke by (X) en (Y) volgens tipe en posisie. Neem slegs die
            note in die blokkie in ag.

            (X) ______________________________________________

            (Y) ______________________________________________                                       (2)

1.6         Herskryf die note en toonsoortteken van die bassleutelnotebalk in maat 6 by
            (P) 'n oktaaf hoër. Gebruik die gegewe sleutel.

                                                                                                     (2)

1.7         Die note bokant die vierkanthakie by (Q) word 'n … genoem.

            (Maak 'n kruisie in die toepaslike blokkie.)

                                                                            Pentatoniese
                  Ostinato           Tritonus            Tetrachord
                                                                              toonleer                (1)

1.8         Wat is die betekenis van die tempo-aanduiding?

            _________________________________________________                                         (1)

1.9         Transponeer die passasie by (Z) 'n rein/volmaakte 5de laer. Voeg die nuwe
            toonsoortteken in.

                                                                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     6                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

1.10        Voltooi 'n opgaande pentatoniese toonleer waarin die twee note hieronder
            voorkom.

                                                                                               (2)

1.11        Voeg toevallige tekens/skuiftekens by om die G natuurlike mineurtoonleer te
            vorm. Dui die halftone in jou antwoord aan.

                                                                                               (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                             7                     DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

VRAAG 2                                                                       (25 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.

2.1         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir
            enige melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in.

            Instrument:

            Tempo:

            Die melodie sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                                                                 PUNTE-       KANDIDAAT
                             BESKRYWING
                                                               TOEKENNING      SE PUNT

            Vorm en kadenspunte                                    3
            Korrektheid
            Nootstele, polsslae per maat, toevallige tekens/       2
            skuiftekens, spasiëring, uitleg
            Kwaliteit
            Geskiktheid van instrument; korrekte omvang;
                                                                   10
            musikaliteit; dinamiek-, artikulasie- en tempo-
            aanduidings
            TOTAAL                                                 15
                                                                                                   [15]

                                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                             8                     DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

2.2         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir
            enige melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in.

            Instrument:

            Tempo:

            Die melodie sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                                                                 PUNTE-       KANDIDAAT
                             BESKRYWING
                                                               TOEKENNING      SE PUNT

            Vorm en kadenspunte                                    3
            Korrektheid
            Nootstele, polsslae per maat, toevallige tekens/       2
            skuiftekens, spasiëring, uitleg
            Kwaliteit
            Geskiktheid van instrument; korrekte omvang;
                                                                   10
            musikaliteit; dinamiek-, artikulasie- en tempo-
            aanduidings
            TOTAAL                                                 15
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      9                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 3                                                                    (10 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1         Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

                                                        Toonsoort: __________________

                                                        Kadens:     __________________

            3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (e) met Romeinse syfers op die
                     partituur, bv. iii6/iiib.                                                  (5)

            3.1.2    Noem die nuwe toonsoort by (P).

                     ____________________________________________                               (1)

            3.1.3    Noem die tipe nie-akkoordnote by (X) en (Y).

                     (X)_________________________________________________

                     (Y)_________________________________________________                       (2)

            3.1.4    Identifiseer die toonsoort en kadens in maat 73–8 op die partituur.
                     Besyfer die akkoorde met Romeinse syfers.                                  (2)
                                                                                                [10]

                                                 OF
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     10                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

                                                               Kadens:   ________________

            3.2.1    Identifiseer die akkoorde (a) tot (e) en skryf die akkoordsimbole in
                     die ruimtes wat op die partituur verskaf is, bv. Bb/D.                      (5)

            3.2.2    Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y).

                     (X)_________________________________________________

                     (Y)_________________________________________________                        (2)

            3.2.3    Identifiseer die kadens in maat 15–16 op die partituur. Dui die
                     akkoordsimbole by (f) en (g) aan.                                           (3)
                                                                                                 [10]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                             11                           DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

VRAAG 4                                                                               (30 minute)

Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1         Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en basparty by te voeg.

            Die harmonisering sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                                                                    PUNTE-       KANDIDAAT SE
                           BESKRYWING
                                                                  TOEKENNING        PUNT
             Korrektheid
             Notasie, verdubbeling, spasiëring,                       15
             stemvoering
             Akkoordprogressie
                                                                      13
             Akkoordkeuse, korrekte kadense
             Kwaliteit
             Musikaliteit, nie-akkoordnote,
                                                                       2
             stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. gebruik van
             kadensiële en deurgangsprogressies

             TOTAAL                                               30(÷ 2) = 15
                                                                                                          [15]

                                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                             12                          DBE/November 2020
                                                    SS/NSS

4.2      Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal in die oop
         ruimtes op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe
         materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word.

            Die harmonisering sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                                                               PUNTE-           KANDIDAAT SE
                           BESKRYWING
                                                             TOEKENNING            PUNT

             Korrektheid
                                                                 12
             Notasie, spasiëring, stemvoering
             Akkoordprogressie
                                                                 12
             Akkoordkeuse, korrekte kadense
             Kwaliteit
             Musikaliteit, nie-akkoordnote,
             stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. gebruik van        6
             interessante akkoordkonstruksie en
             progressies

             TOTAAL                                          30(÷ 2) = 15
                                                                                                         [15]

                                                                            TOTAAL AFDELING A:           60

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     13                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                (90 minute)

Antwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).

AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae/stellings
            gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
            bv. 5.1.11 E.

            5.1.1    Ornamentasie is…

                     A    die improvisasie van 'n melodie op die plek.
                     B    baie gewild in koormusiek.
                     C    die gebruik van versiering by die hoofwysie.
                     D    Geeneen van die bogenoemde nie

            5.1.2    Die korrekte betekenis van 'sempre' is …

                     A    met.
                     B    altyd.
                     C    sonder.
                     D    dieselfde.

            5.1.3    Inheemse Afrika-musiek word …

                     A    met 'n kulturele of sosiale gebeurtenis verbind.
                     B    mondelings oorgedra en meestal nie neergeskryf nie.
                     C    dikwels op slaginstrumente begelei.
                     D    Al die bogenoemde

            5.1.4    'n Jazz-styl met 'n gesinkopeerde melodie en 'n bestendige
                     tweeslag-begeleiding kan … wees.

                     A    bebop
                     B    maskanda
                     C    ragtime
                     D    swing

            5.1.5    Improvisasie word in … gevind.

                     A    musiek uit die Baroktydperk
                     B    inheemse Afrika-musiek
                     C    solo-passasies in big band-jazz
                     D    Al die bogenoemde

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      14                        DBE/November 2020
                                             SS/NSS

            5.1.6    'n Klassieke orkes word in … verdeel.

                     A    blaas- en strykinstrumente
                     B    perkussie-, koperblaas- en strykinstrumente
                     C    klawerbord, stryk- en blaasinstrumente
                     D    stryk-, blaas- en perkussie-instrumente

            5.1.7    Eienskappe van Afrika-jazz sluit … in.

                     A    sinkopasie
                     B    geïmproviseerde en verwerkte musiek
                     C    swing en skuifelagtige ritmes
                     D    Al die bogenoemde

            5.1.8    Watter EEN van die volgende is NIE 'n basiese element van musiek
                     NIE?

                     A    Timbre/Toonkleur
                     B    Tegniek
                     C    Ritme
                     D    Vorm

            5.1.9    Die ritmeseksie in 'n jazz-orkes bestaan uit 'n …

                     A    baskitaar, sangstem en tromstel.
                     B    klavier, saksofoon en kontrabas.
                     C    klavier, kontrabas en tromstel.
                     D    Geeneen van die bogenoemde nie

            5.1.10   'n Voorbeeld van 'n chordofoon:

                     A    Baskitaar
                     B    Musiekboog
                     C    Altviool
                     D    Al die bogenoemde                                      (10 x 1)       (10)

5.2         Beskryf kortliks VYF verskillende funksies van SAMRO.                               (5)

5.3         Beskryf kortliks musiekroof in die musiekbedryf.                                    (3)

5.4         Hoe word die volgende tantieme toegeken?

            5.4.1    Uitvoeringsregte                                                           (1)

            5.4.2    Naaldtydregte ('Needletime rights')                                        (1)
                                                                                                [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     15                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).

AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 6

6.1         Noem EEN instrument wat ELK van die volgende komponiste vir dramatiese
            effek by sommige van hulle werke by die standaard- klassieke orkes gevoeg
            het:

            6.1.1    Mozart                                                                          (1)

            6.1.2    Beethoven                                                                       (1)

6.2         Noem EEN transponerende strykinstrument in die orkes.                                    (1)

6.3         Gee die musiekterm vir die teks van 'n opera.                                            (1)

6.4         Definieer die term simfoniese toondig in EEN sin.                                        (2)

6.5         Kies VIER items oor die sonatevorm in KOLOM A en pas ELKEEN by die
            korrekte term in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
            vraagnommers (6.5.1 tot 6.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.5.6 G.

                            KOLOM A                                    KOLOM B
            6.5.1    Eerste en tweede tema/onderwerp        A   brug
                     word weer uiteengesit
                                                            B   kodetta
            6.5.2    Skei die twee temas/onderwerpe
                                                            C   eerste onderwerp
            6.5.3    'n Slotpassasie
                                                            D   heruiteensetting
            6.5.4    Eindig in 'n verwante toonsoort
                                                            E   uiteensetting
            6.5.5    Nuwe toonsoorte ondersoek
                                                            F   ontwikkeling
                                                                                       (4 x 1)       (4)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  16                            DBE/November 2020
                                         SS/NSS

VRAAG 7

Die tabel hieronder is 'n grafiese voorstelling van 'n tipiese Klassieke simfoniese
struktuur. Voltooi die tabel deur die ontbrekende inligting te verskaf. Skryf slegs die
antwoorde langs die vraagnommers (7.1 tot 7.5) in jou ANTWOORDEBOEK,
bv. 7.6 Koda.

        BEWEGING                       VORM                            TEMPO
      Eerste beweging                Sonatevorm                        Allegro
     Tweede beweging                  Drieledig                          7.3
      Derde beweging                     7.1                             7.4
      Vierde beweging                    7.2                             7.5
                                                                                    (5 x 1)       [5]

VRAAG 8

Skryf 'n paragraaf waarin jy beskryf hoe orkestrasie verskillende stemminge in
Mendelssohn se Hebrides Ouverture uitdruk.                                                        [5]

VRAAG 9

Skryf 'n paragraaf waarin jy die vormtipes aandui wat Beethoven in Simfonie Nr. 6
Op. 68 gebruik.                                                                                   [5]

VRAAG 10

Mozart se opera, Die Towerfluit, kan as 'n tydlose drama van goed teenoor kwaad
beskou word.

Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe die opera hierdie tema uitbeeld deur beide die
Koningin van die Nag en Sarastro te bespreek, asook minstens EEN aria wat ELK van
hierdie karakters sing.

Jy sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel krediet
ontvang.

Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                       KRITERIA                             PUNTETOEKENNING
 Twee arias                                                        2
 Argumente oor goed teenoor kwaad (karakter,
                                                                 (5 x 2) (10)
 konteks, stemtipe, musikale eienskappe, ens.)
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                         3
 TOTAAL                                                                 15                        [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:                  40

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     17                            DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Gee 'n kort beskrywing van die instrumentasie, tekstuur en gebruik van
            melodie in 'n tipiese Kaapse jazz-komposisie.                                           (3)

11.2        Noem TWEE musikale invloede wat tot die ontwikkeling van marabi bygedra
            het.                                                                                    (2)

11.3        Noem die jazz-kunstenaar wat 'n tipiese Kaapse jazz-klank ontwikkel het deur
            die Klopse-saksofoonklank na te boots.                                                  (1)

11.4        Kies VIER orkeste in KOLOM A en pas elkeen by die korrekte jazz-styl in
            KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
            (11.4.1 tot 11.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.4.6 G.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
            11.4.1   The Jazz Epistles            A     jazz in ballingskap ('exile')

            11.4.2   The Jazz Maniacs             B     marabi

            11.4.3   Spirits Rejoice              C     mbaqanga

            11.4.4   Makgonatsohle Band           D     Kaapse jazz

            11.4.5   The Brotherhood of Breath    E     jazz by die huis

                                                  F     nuwe jazz
                                                                                        (4 x 1)     (4)
                                                                                                    [10]

VRAAG 12

Skryf 'n paragraaf waarin jy die rol van die kitaar in kwêla verduidelik.                           [5]

VRAAG 13

Skryf 'n paragraaf oor die musiek van Chris McGregor se orkeste, The Blue Notes en
The Brotherhood of Breath.                                                                          [5]

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf oor EEN van die volgende kunstenaars: Todd Matshikiza,
Gideon Nxumalo of Philip Tabane.

Verwys na die kunstenaar se musikale agtergrond asook styleienskappe. Noem EEN
relevante lied/album.                                                                               [5]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    18                           DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 15

Musiek wat op die radio gespeel is, is gesensor om enige verwysing na die realiteit van
stedelike Afrika-lewe in die 1960's uit te sluit; tog het mbaqanga gefloreer.

Skryf 'n opstel waarin jy die historiese agtergrond, 'n werklike uitvoeringsformaat en die
styleienskappe van mbaqanga bespreek.

Jy sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel krediet
ontvang.

Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                        KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Historiese agtergrond                                               3
 Werklike uitvoeringsformaat                                         3
 Styleienskappe                                                      6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                      3
 TOTAAL                                                              15                          [15]

                                                                TOTAAL AFDELING D:               40

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      19                            DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 16

16.1        Beskryf kortliks izihlabo in maskanda.                                                  (2)

16.2        Gee die korrekte term vir die volgende beskrywings:

            16.2.1   'n Trillende klank met 'n hoë toonhoogte wat deur die stembande
                     voortgebring word                                                              (1)

            16.2.2   Vokale tussenwerpsels en uitroepe wat die emosionele inhoud van
                     die lied verhoog                                                               (1)

16.3        Noem TWEE internasionale kunstenaars/style wat die malombo-musiek van
            Philip Tabane beïnvloed het.                                                            (2)

16.4        Kies VIER kunstenaars in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte items
            in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
            (16.4.1 tot 16.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.4.6 G.

                     KOLOM A                                       KOLOM B
             16.4.1 Soul Brothers              A      dinaka

             16.4.2 Phuzekhemisi               B      fluit

             16.4.3 Joseph Shabalala           C      a cappella

             16.4.4 Sello Galane               D      orrel

             16.4.5 Philip Tabane              E      umnqokolo

                                               F      konsertina
                                                                                      (4 x 1)       (4)
                                                                                                    [10]

VRAAG 17

Skryf 'n paragraaf oor die vokale eienskappe van maskanda.                                          [5]

VRAAG 18

Skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek hoe die 'geloof in diere' in isicathamiya realiseer.          [5]

VRAAG 19

Skryf kort aantekeninge oor die instrumentasie in 'n mbaqanga-lied.                                 [5]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                  20                          DBE/November 2020
                                         SS/NSS

VRAAG 20

Skryf 'n opstel waarin jy die rol van musiek in tradisionele genesing bespreek. Verwys
na algemene musikale kenmerke, ritme en die rol van tromspel en dans.

Jy sal vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel krediet
ontvang.

Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word:

                      KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Algemene musikale eienskappe                                      5
 Ritme                                                             2
 Tromspel                                                          2
 Dans                                                              3
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                    3
 TOTAAL                                                            15                      [15]

                                                               TOTAAL ADELING E:           40
                                                                  GROOTTOTAAL:             120

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     DBE/November 2020
                                SS/NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P2 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2020-eng/2898a027-428b-4511-a182-5a9e7db7cb57) — Music · QP · 2020 · Eng
- [Music P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-eng/9516b474-9a42-4e04-859a-93e4d6245ec7) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-eng/c2dd58b5-46d3-453e-9cba-001c07f400d4) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-afr/fee83adc-0be8-4a60-b20a-59c78b3a5707) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-eng/44e7edc8-85db-465c-8c33-44dce5a59204) — Music · QP · 2017 · Eng
- [Music P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-afr/41a9ba84-5d21-481f-9ef9-eaf43762ca64) — Music · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
