# Music Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-afr/1ed40273-518d-42bc-a332-475667ba8e09
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-afr/1ed40273-518d-42bc-a332-475667ba8e09)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

          Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                    2                         DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).

4.          Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
            in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hul antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                              3                     DBE/November 2021
                                      NSS

NASIENROOSTER

        AFDELING            VRAAG        PUNTE    NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE              1             15
    (VERPLIGTEND)
                              2             15
                              3             15
                              4             15
                          SUBTOTAAL         60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS              5             10
    (VERPLIGTEND)
                          SUBTOTAAL         10
                                    EN
 C: IAM                       6             15
                              7              5
                              8              8
                              9              7
                             10             15
                          SUBTOTAAL         50
                                    OF
 D: JAZZ                     11             15
                             12              5
                             13              8
                             14              7
                             15             15
                          SUBTOTAAL         50
                                    OF
 E: WKM                      16             15
                             17              5
                             18              8
                             19              7
                             20             15
                          SUBTOTAAL         50

                        GROOTTOTAAL         120

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                   4                         DBE/November 2021
                                           NSS

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                 (90 minute)
Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2 OF 2.3
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

VRAAG 1                                                                (25 minute)
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       5                           DBE/November 2021
                                               NSS

1.1         Hoe vinnig moet hierdie uittreksel gespeel word? Maak 'n kruisie (X) in die
            toepaslike blokkie.

                 Matig vinnig en          Baie lewendig en         So vinnig as menslik
                  met passie                met energie              moontlik en met
                                                                         geesdrif                (1)

1.2         Watter tipe toonleer word deur die note in die boonste party van maat 1 tot 3
            gevorm?

                                                                                                 (1)

1.3         Benoem die interval by (a) volgens tipe en afstand.

                                                                                                 (1)

1.4         Noteer die omkering van die interval by (b).

                                                                                                 (1)

1.5         Benoem die drieklank by (c) volgens tipe en posisie.

                                                                                                 (1)

1.6         Skryf die drieklank by (c) in die altsleutel in eerste omkering in noue ligging.
            Gebruik halfnote.

                                                                                                 (1)

1.7         Lewer kommentaar op die toonsoort(e) van hierdie stuk.

                                                                                                 (1)

1.8         Vergelyk die teksture in maat 6 tot 8 met dié in maat 9 tot 10 en lewer
            kommentaar.

                                                                                                 (1)

1.9         Identifiseer die ritmiese kenmerk wat by (V) gebruik word.

                                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       6                           DBE/November 2021
                                               NSS

1.10        Herskryf (W) in die ooreenstemmende saamgestelde tyd. Voeg die nuwe
            tydmaatteken by. Maak seker dat die musiek dieselfde klink.

                                                                                                 (2)

1.11        Voeg die korrekte tydmaatteken op die partituur by in die ruimte wat by (X)
            verskaf word.                                                                        (1)

1.12        Skryf 'n variasie van die motief by (Y). Moet NIE 'n sekwens skryf NIE.

                                                                                                 (2)

1.13        Herskryf (Z) met 'n alternatiewe ritmiese groepering.
            Moet NIE die klank van die musiek verander NIE.

                                                                                                 (1)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       7                              DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 2                                                                         (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2 ÓF VRAAG 2.3.

2.1         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
            enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.

 Instrument: __________________________

 Tempo:          __________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                            BESKRYWING                                   MAKS.       PUNT

  Vorm en kadenspunte                                                      3

  Korrektheid:
                                                                           2
  Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, spasiëring, groepering
  Kwaliteit:
  Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en           10
  musikaliteit
  TOTAAL                                                                  15
                                                                                                       [15]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       8                              DBE/November 2021
                                               NSS

2.2         Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir
            enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die
            instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en
            artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by.

Instrument:      __________________________

Tempo:          __________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                            BESKRYWING                                   MAKS.       PUNT

  Vorm en kadenspunte                                                      3

  Korrektheid:
                                                                           2
  Nootstele, polse per maat, toevallige tekens, spasiëring, groepering
  Kwaliteit:
  Toepaslikheid van instrument, tempo, artikulasie, dinamiek en           10
  musikaliteit
  TOTAAL                                                                  15
                                                                                                       [15]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     9                              DBE/November 2021
                                             NSS

2.3         Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie om 'n twaalfmaat-melodie in
            drieledige vorm vir 'n stem te skep. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte
            tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet
            NIE lirieke byvoeg NIE.

Stemtipe:       __________________________

Tempo:          __________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                            BESKRYWING                                MAKS.        PUNT

  Vorm en kadenspunte                                                    3

  Korrektheid:
                                                                         2
  Solfanotasie, dubbelpunte, kommapunte en aandagstrepe

  Kwaliteit:
                                                                        10
  Toepaslikheid van omvang, tempo, dinamiek en musikaliteit

  TOTAAL                                                                15
                                                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      10                         DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 3                                                                    (10 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

            3.1.1     Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) op die partituur deur Romeinse
                      syfers te gebruik, bv. E: viio6/viiob.                                  (8)
            3.1.2     Noem die finale kadens en besyfer die laaste akkoord by (j) op die
                      partituur.
                                                                                              (2)
            3.1.3     Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).
                      (i)

                      (ii)

                      (iii)

                      (iv)                                                                    (4)
            3.1.4     Verduidelik die G# in maat 3.

                                                                                              (1)
                                                                                              [15]
                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      11                         DBE/November 2021
                                              NSS

3.2         Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

            3.2.1     Identifiseer die akkoorde by (a) tot (h) en skryf akkoordsimbole in
                      die spasies verskaf bokant die akkoorde, bv. Bb/D.                       (8)
            3.2.2     Benoem die kadens wat by (Z) gevorm word en skryf die
                      akkoordsimbool by (j) op die partituur in.
                                                                                               (2)
            3.2.3     Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv).

                      (i)

                      (ii)

                      (iii)

                      (iv)                                                                     (4)
        3.2.4         Lewer kommentaar op die tenoorparty in maat 8 by (X).

                                                                                               (1)
                                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        12                         DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 4                                                                       (30 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.

4.1         4.1.1     Voltooi die harmoniese progressie hieronder vierstemmig deur 'n
                      deurgangs tweede omkeringspatroon by te voeg.

                                                                                                (3)
            4.1.2     Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die
                      alt-, tenoor- en baspartye by te voeg.

Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
                            BESKRYWING                                MAKS.     PUNT
 Korrektheid:
                                                                       11
 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering
 Akkoordprogressie:
                                                                        9
 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
 Kwaliteit:
 Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit,           4
 bv. gebruik van kadensiële 6/4-progressie en/of 'n sekwens
                                                                  (24 ÷ 2)
 TOTAAL
                                                                    = 12                        (12)
                                                                                                [15]
                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       13                         DBE/November 2021
                                               NSS

4.2         4.2.1     Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde in die
                      bassleutel in te vul. Gebruik halfnote.

                                                                                               (5)

            4.2.2     Voltooi die stuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal by
                      te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in
                      maat 1 tot 4 gesuggereer word.

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                             BESKRYWING                             MAKS.        PUNT
  Akkoordprogressie:
                                                                       7
  Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens
  Korrektheid:
                                                                       9
  Notasie, spasiëring, stemvoering
  Kwaliteit:
  Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit,         4
  bv. gebruik van toevallige tekens
                                                                    (20 ÷ 2)
  TOTAAL
                                                                      = 10                      (10)
                                                                                                [15]
                                                                 TOTAAL AFDELING A:             60

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                       14                           DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                   (90 minute)
AFDELING B, C, D en E moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1         Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommer (5.1.1 tot 5.1.4) neer, bv. 5.1.5 E.
            5.1.1     By watter maatskappy registreer kunstenaars vir naaldtydregte?
                      A    SAMRO
                      B    CAPASSO
                      C    SAMPRA
                      D    SONY                                                                   (1)
            5.1.2     Die funksie van 'n uitgewersmaatskappy is om …
                      A    musiekpartiture te redigeer.
                      B    partiture vir kopieregdoeleindes in te dien.
                      C    opdrag te gee vir die verwerking van 'n musiekpartituur.
                      D    Al die bogenoemde                                                     (1)
            5.1.3     Watter stelling is ONWAAR?
                      Die komponis vind finansieel baat by 'n werk wat deur kopiereg
                      beskerm word …
                      A    wanneer die werk geregistreer is en lewendig uitgevoer word.
                      B    wanneer plagiaat op die werk gepleeg word.
                      C    wanneer die werk geregistreer is en oor die radio gespeel
                           word.
                      D    vir 50 jaar na haar/sy dood.                                          (1)
            5.1.4     Watter stelling is WAAR?
                      Die musiekbedryf …
                      A    laat produksie van vervalste opnames toe.
                      B    gebruik naaldtydregte om komponiste te penaliseer.
                      C    skep geleenthede vir kunstenaars om 'n bestaan uit hul
                           musiek te maak.
                      D    Al die bogenoemde                                                     (1)
5.2         Waarna verwys intellektuele eiendom in die musiekbedryf?                              (1)
5.3         Beskryf die rol wat musiekregteorganisasies tans in die musiekbedryf speel.          (2)
5.4         Definieer die term meganiese regte.                                                  (1)
5.5         Watter prosedures sal jy volg indien jy 'n uittreksel uit 'n kontemporêre lied,
            wat deur kopiereg beskerm word, in jou eie komposisie wil gebruik?                   (2)
                                                                  TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                          15                        DBE/November 2021
                                                  NSS

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 6

6.1         Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommer (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E.

            6.1.1     A cappella beteken ...

                      A     sang deur 'n groep wat slegs uit mans bestaan, met
                            begeleiding.
                      B     musiek vir stem en klavier.
                      C     kooruitvoering met beweging.
                      D     sang sonder begeleiding.                                             (1)

            6.1.2     Die lirieke van Wena Wedwa deur Thee Legacy handel oor ...

                      A     liefde en egskeiding.
                      B     aanlyn liefde.
                      C     liefde teenoor haat.
                      D     liefde en lojaliteit.                                                (1)

            6.1.3     Krepitasie verwys na …

                      A     sagte handeklap.
                      B     vokalisering met 'n hoë toonhoogte.
                      C     ploffende stem-effekte.
                      D     energieke liggaamsbeweging.                                          (1)

            6.1.4     Roep en antwoord verwys na …

                      A     vokale musiek met liggaamsbeweging.
                      B     afwisselende sang tussen 'n solis en 'n groep.
                      C     solo- vokale uitvoering.
                      D     Al die bogenoemde                                                    (1)

            6.1.5     Isihlabo is 'n inleiding vir ...

                      A     maskanda.
                      B     isicathamiya.
                      C     malombo.
                      D     Al die bogenoemde                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     16                          DBE/November 2021
                                             NSS

6.2         Kies 'n album/treffer uit KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (6.2.1 tot 6.2.4) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.2.5 E.

                         KOLOM A                                KOLOM B
            6.2.1 Philip Tabane                    A   Melodi Yalla

            6.2.2 Mfaz' Omnyama                    B   uNomathemba

            6.2.3 Joseph Shabalala                 C   Phamba Madiba

            6.2.4 Mahlathini and the Mahotella     D   Kuke Kwagijim' Iveni
                  Queens
                                                                                  (4 x 1)     (4)

6.3         Bespreek die optredepraktykeienskappe van EEN van die volgende
            sang-/dansstyle:

            6.3.1     Tshikona

            6.3.2     Borankana

            6.3.3     Muchongolo

            6.3.4     Mohobelo

            6.3.5     Isitshikiza

            6.3.6     Indlamu                                                                  (3)

6.4         Maak 'n lys van DRIE stylkenmerke van mbaqanga.                                    (3)
                                                                                               [15]

VRAAG 7

Isicathamiya het ontstaan uit die koorkompetisies wat heelnag gedurende naweke in
Johannesburg en Durban gehou is.

Brei op hierdie stelling uit deur na die kleredragkode (1 punt) en verhooguitvoering
(4 punte) van isicathamiya-groepe te verwys.                                                   [5]

VRAAG 8

Skryf 'n paragraaf waarin jy die rol van musiek in Afrika-kultuur bespreek.                    [8]

VRAAG 9

Verduidelik hoe izibongo/direto in 'n Afrika-musiekuitvoering gebruik word.                    [7]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      17                           DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 10

Maskanda het 'n landelike oorsprong en het in 'n gewilde stedelike styl ontwikkel.

Skryf 'n opstel waarin jy na die ontwikkeling van maskanda as 'n manlike voordragstyl,
sowel as die invloed van umakhweyane/ugubhu(kalbasboog)-musiek verwys. Noem
verteenwoordigende kunstenaars en liedjies/albums in jou antwoord

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                                                                   PUNTE-
                            KRITERIA
                                                                 TOEKENNING
 Maskanda as 'n manlike voordragstyl                                    4
 Die invloed van umakhweyane/ugubhu(kalbasboog)-musiek                  5
 Kunstenaars en liedjies/albums                                         3
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                         3
 TOTAAL                                                                15                       [15]

                                                               TOTAAL AFDELING C:               50

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      18                          DBE/November 2021
                                              NSS

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1        Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommer (11.1.1 tot 11.1.5) neer, bv. 11.1.6 E.

            11.1.1    Watter EEN van die volgende ritmiese patrone is die 'skiffle-agtige'
                      maatslag wat in kwêla gebruik word?
                      A                     ens.
                      B                     ens.
                      C                     ens.
                      D                     ens.                                               (1)

            11.1.2    Die lirieke van Jikela Emaweni deur die Manhattan Brothers
                      handel oor …
                      A    mans wat in die myne werk.
                      B    'n gospel-boodskap.
                      C    verlange huis toe.
                      D    protesterende vroue.                                                (1)

            11.1.3    Watter EEN van die volgende verteenwoordig die E mineur
                      sewende akkoord?
                      A    Eo7
                      B    EM7
                      C    Em7
                      D    E+7                                                                 (1)

            11.1.4    Watter EEN van die volgende is NIE 'n transponerende instrument
                      NIE?
                      A    Basklarinet
                      B    Trompet in Bb
                      C    Altsaksofoon
                      D    Fluit                                                               (1)

            11.1.5    'Comping' in jazz-musiek word die beste as … beskryf.
                      A    die beklemtoning van swak maatslae in 'n maat
                      B    ritmiese akkoordbegeleiding op die klavier
                      C    die sing van onsinnige lettergrepe in plaas van woorde
                      D    improvisasie deur 'n solo-instrumentalis                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                         19                               DBE/November 2021
                                                 NSS

11.2        Vul die korrekte inligting by (a) en (b) in.

                                                KWELA                       MBAQANGA
             Tonaliteit                           (a)                     Majeur/pentatonies
             Leier-instrument                  Penniefluit                        (b)                  (2)

11.3        Kies 'n werk uit KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas. Skryf
            slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (11.3.1 tot 11.3.4) in die
            ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.3.5 E.

                        KOLOM A                                        KOLOM B
            11.3.1 The Jazz Epistles                       A   The Colours They Bring

            11.3.2 Feya Faku                               B   Lakutshon' iLanga

            11.3.3 Zim Nqawana                             C   Vary-oo-vum

            11.3.4 Miriam Makeba                           D   eBhofolo
                                                                                          (4 x 1)      (4)

11.4        Maak 'n lys van VIER stylkenmerke van mbaqanga.                                            (4)
                                                                                                       [15]

VRAAG 12

Skryf kort aantekeninge oor die styleienskappe van The Brotherhood of Breath.                          [5]

VRAAG 13

Verduidelik hoe Abdullah Ibrahim se klavierstyl beide plaaslike (4 punte) en
internasionale invloede (3 punte) weerspieël. In jou bespreking, verwys na 'n
spesifieke voorbeeld uit sy werke (1 punt).                                                            [8]

VRAAG 14

Skryf 'n paragraaf waarin jy die musikale eienskappe van kwêla bespreek.                               [7]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      20                     DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 15

Skryf 'n opstel oor marabi-musiek en dui aan waarom dit as 'n oorspronklike
Suid-Afrikaanse jazz-styl van die 1930's beskou word.

Verwys na die oorsprong van instrumente, instrumentasie en styleienskappe. Noem 'n
verteenwoordigende kunstenaar/orkes en 'n bypassende musiekvoorbeeld.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                     KRITERIA                          PUNTETOEKENNIG
 Oorsprong van instrumente                                    2
 Instrumentasie                                               3
 Styleienskappe                                               5
 Kunstenaar/groep en musiekvoorbeeld                          2
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel               3
 TOTAAL                                                      15                            [15]

                                                               TOTAAL AFDELING D:          50

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                     21                          DBE/November 2021
                                             NSS

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 16

16.1        Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
            vraagnommer (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E.

            16.1.1    'n Pedaalpunt …

                      A    is 'n hefboom wat deur die voet getrap word om note aan te
                           hou wanneer die klavier gespeel word.
                      B    word slegs in moderne musiekstyle gevind.
                      C    is 'n noot in die laagste party/stem wat aangehou word teen
                           veranderende harmonieë.
                      D    word slegs in die laagste party/stem van 'n orrelwerk gevind.      (1)

            16.1.2    Watter EEN van die volgende musiekterme beteken 'dringende
                      versnelling'?

                      A    Movimento
                      B    Rubato
                      C    Smorzando
                      D    Stringendo                                                         (1)

            16.1.3    Watter EEN van die volgende beskryf die libretto van 'n opera die
                      beste?

                      A    Dialoog, lirieke en verhoogsaanwysings
                      B    Gesproke woorde en wat gesing word
                      C    Wat gesing word en verhoogaanwysings
                      D    Dialoog, lirieke, verhoogaanwysings en volgorde van tonele         (1)

            16.1.4    Die nuwe instrument wat by Mozart se orkes in Die Towerfluit
                      gevoeg is, is die …

                      A    piccolo.
                      B    buisklokke.
                      C    tromboon.
                      D    tuba.                                                              (1)

            16.1.5    Watter EEN van die volgende is NIE 'n transponerende instrument
                      NIE?

                      A    Basklarinet
                      B    Trompet in Bb
                      C    Altsaksofoon
                      D    Fluit                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                        22                       DBE/November 2021
                                                NSS

16.2        Skryf kort aantekeninge oor die konsert-ouverture.                                 (3)

16.3        Noem TWEE wyses waarop die toondig van die konsert-ouverture as genre
            verskil.                                                                           (2)

16.4        Verduidelik die funksie van die aria in 'n opera.                                  (2)

16.5        Wat is die algemeenste gebruikstaal in opera?                                      (1)

16.6        Behalwe vir Mozart se operas, noem EEN ander opera en die komponis
            daarvan.                                                                           (2)
                                                                                               [15]

VRAAG 17

Mendelssohn het Klassieke elemente by sy Hebrides Ouverture ingesluit.

Brei op hierdie stelling uit deur na die struktuur, orkestipe, harmonie, melodie en tekstuur
van hierdie werk te verwys.                                                                  [5]

VRAAG 18

Bespreek die eienskappe van die Singspiel. Verwys na algemene eienskappe
(3 punte), storielynvereistes (3 punte) en musikale eienskappe (2 punte).                      [8]

VRAAG 19

19.1        Noem EEN genre waarin jy sonatevorm sal vind.                                      (1)

19.2        Verduidelik die verskil tussen die uiteensetting en die heruiteensetting in
            standaard-sonatevorm. Jy mag 'n tabelformaat gebruik.                              (6)
                                                                                               [7]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                         23                    DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 20

Beethoven se innoverings in sy Simfonie Nr. 6 Op. 68 het die bestaande Klassieke
simfoniese model verander.

Skryf 'n opstel waarin jy Beethoven se gebruik van struktuur en vorm,
instrumentasie/orkestrasie en dinamiek bespreek. Haal spesifieke voorbeelde uit die
vierde en vyfde bewegings aan.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:

                        KRITERIA                               PUNTETOEKENNIG
Struktuur en vorm                                                     6
Instrumentasie/orkestrasie                                            3
Dinamiek                                                              3
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                        3
TOTAAL                                                               15                     [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING E:         50
                                                                     GROOTTOTAAL:           120

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1                                      DBE/November 2021
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-eng/9516b474-9a42-4e04-859a-93e4d6245ec7) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2021-eng/5d4d9b8a-5dab-47b2-999e-39c59e41ebda) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2021-afr/b0a98483-cd4f-447d-975e-960f7ca6aa09) — Music · QP · 2021 · Afr
- [Music P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2020-afr/ec9bdd7b-236a-4771-88cd-7b834197b65d) — Music · QP · 2020 · Afr
- [Music P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-eng/c2dd58b5-46d3-453e-9cba-001c07f400d4) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-afr/fee83adc-0be8-4a60-b20a-59c78b3a5707) — Music · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
