# Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732)

## About this document

Music · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                                 NOVEMBER 2024

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

          Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Musiek/V1                 2           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

            HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 3

Musiek/V1                                     3                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
            D en E.  Nov

 2.         AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

 3.         AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM), AFDELING D: JAZZ en
            AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) is keusevrae. Beantwoord
            slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).

 4.         Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

 5.         Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
            in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

 6.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 7.         Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
            is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

 8.         Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

 9.         Kandidate moet let op die puntetoekenning vir elke vraag om genoeg inligting
            in hulle antwoorde te gee.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Musiek/V1                                 4                         DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

 AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                    (90 minute)

 AFDELING A moet op die VRAESTEL beantwoord word.

 Beantwoord VRAAG 1
 EN VRAAG 2.1 OF 2.2
 EN VRAAG 3.1 OF 3.2
 EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

 VRAAG 1                                                                   (25 minute)

 1.1    Dui die korrekte tydmaatteken-verandering op die notebalk onder elke
        asterisk (*) aan.

                                                                                            (2)

 1.2    Skryf die enharmoniese ekwivalent van die gegewe toonsoortteken.

            Antwoord:

                                                                                            (1)

 1.3    Skryf EEN majeurdrieklank wat in die G blues-toonleer voorkom. Skryf die
        drieklank in grondposisie.

                                                                                            (1)

 1.4    Skryf die verminderde drieklank wat diatonies in die toonsoort van E majeur
        voorkom. Skryf die drieklank in eerste omkering.

                                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Musiek/V1                                   5                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 1.5    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

        1.5.1    Noteer die omkering van die interval by (M) sonder toonsoortteken.

                                                                                                 (1)

        1.5.2    Verander die onderste noot by (N) om 'n interval van 'n verminderde 5de
                 te vorm. Noteer die interval hieronder.

                                                                                                 (1)

        1.5.3    Gee die tegniese naam vir die tweede noot in maat 3.

                                                                                                 (1)

        1.5.4    Verduidelik hoe hierdie uittreksel in terme van tempo uitgevoer sal word.

                                                                                                 (1)

 1.6    Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.

        1.6.1    Voeg SES note onder die asteriske (*) by om 'n afgaande Doriese modus
                 te vorm.

                                                                                                 (2)

        1.6.2    Die opgaande verwante melodiese mineurtoonleer van G majeur

                                                                                                 (2)

        1.6.3    'n Opgaande heeltoontoonleer wat op die gegewe noot begin

                                                                                                  (2)
                                                                                                 [15]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Musiek/V1                                   6                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 2                                                                    (25 minute)

 Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

 2.1        Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
            skep. Skryf in solfanotasie OF in balknotasie.

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                             BESKRYWING                                  MAKS      PUNT
  Vorm en kadenspunte                                                     3
  Notasie
  Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings                           2
  Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering en skuiftekens
  Kwaliteit
                                                                          10
  Musikaliteit (omvang, kontoer, geïmpliseerde harmonie)
  TOTAAL                                                                  15                    [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Musiek/V1                                     7                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 2.2        Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm in solfanotasie OF
            in balknotasie. Skryf vir enige enkellyn melodiese instrument OF stemtipe van
            jou keuse. Noem die instrument OF stemtipe.
            Gebruik die volgende elemente om 'n sinvolle melodie te skep:
             Plagale kadens aan die einde
             Ritmiese motief:
            Solfanotasie:
             La is G
            Balknotasie:
             Diskantsleutel OF bassleutel OF altsleutel
             Toonsoort: G mineur

 Instrument/Stemtipe:         __________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
                              BESKRYWING                                  MAKS.       PUNT
 Vorm en kadenspunte                                                        3
 Notasie
 Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings
                                                                             2
 Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering en
 skuiftekens, aanduiding van sleutel en toonsoortteken
 Kwaliteit
 Toepaslikheid vir instrument of stem (omvang), gebruik van gegewe
                                                                             10
 ritmiese motief en musikaliteit (omvang, kontoer, geïmpliseerde
 harmonie)
 TOTAAL                                                                      15                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Musiek/V1                                    8                 DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3                                                          (10 minute)

 Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

 3.1        Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Musiek/V1                                    9                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

            3.1.1    Die hooftoonsoort van hierdie uittreksel is G majeur. 'n Modulasie
                     vind binne die eerste agt mate plaas. Noem hierdie nuwe toonsoort.

                                                                                                 (1)

            3.1.2    Besyfer die akkoorde by (Z) op die partituur en benoem die kadens.

                                                                                                 (3)

            3.1.3    Besyfer die akkoorde by (a) tot (f) op die partituur deur Romeinse
                     syfers te gebruik, bv.iii6/iiib.                                            (6)

            3.1.4    Lewer kommentaar op die gebruik van die E in maat 181.

                                                                                                 (1)

            3.1.5    Noteer die volgende nie-harmonienote by (i) en (ii) op die partituur.
                     Gebruik 'n kwartnoot-waarde vir jou antwoord.

                     (i)     Vooruitneming

                     (ii)    Deurgangsnoot                                                       (2)

            3.1.6    Benoem die tipe nie-harmonienote by (iii) en (iv).

                     (iii)

                     (iv)                                                                        (2)
                                                                                                 [15]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Musiek/V1                                    10                DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 3.2        Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Musiek/V1                                    11                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

            3.2.1    Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in
                     die spasies wat daarvoor verskaf is, bokant die notebalke, bv. G/B.         (7)

            3.2.2    Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens.

                                                                                                 (3)

            3.2.3    Lewer kommentaar op die baslyn in maat 11 tot 122.

                                                                                                 (1)

            3.2.4    Noteer die volgende nie-harmonienote by (i) en (ii) op die partituur.
                     Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord.

                     (i)     Deurgangsnoot

                     (ii)    Bo-wisselnoot                                                       (2)

            3.2.5    Benoem die tipe nie-harmonienote by (iii) en (iv).

                     (iii)

                     (iv)                                                                        (2)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Musiek/V1                                    12                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 4                                                                     (30 minute)

 Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

 4.1        Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisering in:

               Kadensiële tweede-omkering-( )-progressie
               Deurgangs-tweede-omkering-( )-progressie
               Dominantsewende akkoord

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

           BESKRYWING                  MAKS.             PUNT
  Akkoordkeuse                            15
  Notasie en stemvoering                  8
  Kwaliteit                               7
                                       (30 ÷ 2)
  TOTAAL
                                         = 15                                                    [15]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Musiek/V1                                   13                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 4.2        Voltooi die agtmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in
            halfnote by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die openingsakkoord in
            maat 1 gesuggereer word en gee aandag aan stemvoering. Sluit die volgende
            in:

               Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
               ii – V – I-progressie in C
               'n 13de akkoord by die asterisk (*)

 Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

        BESKRYWING                  MAKS.          PUNT
 Akkoordkeuse                          15
 Notasie en stemvoering                8
 Kwaliteit                             7
                                    (30 ÷ 2)
 TOTAAL
                                      = 15                                                     [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           60

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Musiek/V1                                   14                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                 (90 minute)

 Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.

 AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5

 5.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer,
            bv. 5.1.5 E.

            5.1.1     Intellektuele eiendom (IE) …

                      A   is die individuele of groepseienaarskap van 'n idee of konsep.
                      B   is 'n moontlike bron van inkomste vir kunstenaars.
                      C   word geregistreer by en beskerm deur kopieregkollekteer-
                          agentskappe.
                      D   Al die bogenoemde                                                     (1)

            5.1.2     Inkomste van liedjieskrywers en musiekuitgewers vir CD-verkope of
                      die digitale aflaai van musiek kom hulle toe omdat … ter sprake is.

                      A   publiseringsregte
                      B   meganiese regte
                      C   uitvoerregte
                      D   sinchronisasieregte                                                   (1)

            5.1.3     Watter EEN van die volgende groepe baat by naaldtydregte?

                      A   'n Klankingenieur, voordraer en liriekskrywer
                      B   Agtergrondsangers, 'n musiekverspreider en SAMRO
                      C   'n Opnamekunstenaar, sessiemusikant en opnamemaatskappy
                      D   CAPASSO, 'n musiekverwerker en 'n platejoggie (DJ)                    (1)

            5.1.4     Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van musiekroof
                      NIE?

                      A   Kopiëring van bladmusiek vir 'n orkesuitvoering
                      B   Ongemagtigde kopiëring van opgeneemde materiaal van
                          lewende konserte
                      C   Verkoop van roof-opnames as oorspronklike opnames
                      D   Transkribering van 'n soloparty met toestemming van die
                          kopiereg-eienaar                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Musiek/V1                                      15                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 5.2        Voltooi die volgende sinne:

            5.2.1     Die tipe maatskappy wat verantwoordelik is vir die bevordering van
                      musiekkomposisies namens liedjieskrywers word 'n … genoem.                (1)

            5.2.2     Betalings deur die gebruiker aan die eienaar van 'n werk wat deur
                      kopiereg beskerm word, word … genoem.                                     (1)

            5.2.3     'n Werk wat nie meer deur kopiereg beskerm word nie, sal in die ...
                      geplaas word.                                                             (1)

 5.3        Waarvoor staan die akroniem SAMRO?                                                  (1)

 5.4        Beskryf wat met die waardeketting in die musiekbedryf bedoel word.                  (2)

                                                                TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Musiek/V1                                     16                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 Beantwoord AFDELING C (IAM)
 OF AFDELING D (JAZZ)
 OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

 AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

 VRAAG 6

 6.1        Noem die kunstenaar/groep van DRIE van die volgende werke. Skryf die
            kunstenaar/groep langs die nommer van jou keuse, bv. 6.1.5 Mahlatini.

            6.1.1     Phamba Madiba

            6.1.2     Kuke Kwagijim' Iveni

            6.1.3     Wena Wedwa

            6.1.4     See You Later                                                   (3 x 1)      (3)

 6.2        6.2.1     Vergelyk die lofdigte wat in malombo- en maskandamusiek gevind
                      word ten opsigte van tempo en taalgebruik.                                   (4)

            6.2.2     Noem TWEE oorspronge van maskandamusiek.                                     (2)

 6.3        Definieer die volgende terme:

            6.3.1     Krepitasie                                                                   (1)

            6.3.2     Isihlabo                                                                     (1)

            6.3.3     Umgqashiyo                                                                   (1)

 6.4        Watter houtblaasinstrument word gewoonlik in 'n malombogroep aangetref?                (1)

 6.5        Beskryf kortliks die funksie van perkussie in tradisionele genesing.                   (3)

 6.6        Noem VIER prominente kenmerke wat jy in die musiek van Lemmy Mabaso sal
            hoor.                                                                                  (4)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Musiek/V1                                      17                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 7

 Bespreek die rol van perkussie in die musiek van Philip Tabane.                                [5]

 VRAAG 8

 8.1        Identifiseer die lied waaruit die volgende uittreksel kom.

                                                                                                (1)

 8.2        Beskryf hoe Westerse instrumente die tradisionele instrumente in mbaqanga
            vervang het.                                                                        (4)
                                                                                                [5]

 VRAAG 9

 9.1        Definieer die term meloritme.                                                       (1)

 9.2        Kies TWEE danse hieronder en noem die relevante kultuur en EEN
            begeleidingsinstrument vir elk. Skryf die antwoorde langs die vraagnommers
            (9.2.1 tot 9.2.8) van jou keuse neer.

            9.2.1      Tshikona
            9.2.2      Borankana
            9.2.3      Muchongolo
            9.2.4      Mohobelo
            9.2.5      Isitshikitsha
            9.2.6      Indlamu
            9.2.7      Dinaka
            9.2.8      Sibhaca                                                     (2 x 2)      (4)
                                                                                                [5]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Musiek/V1                                    18                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 10

 Maskanda-kitaarspelers is bekend vir hulle tegniese vaardigheid asook vir die feit dat
 hulle baie kompeterend is, selfs al is hulle selde formeel as musici of kitaarspelers
 opgelei.

 Bespreek maskanda kortliks in 'n opstel en verwys na die kitaartegnieke en
 stemmingstelsels wat met hierdie styl van musiek geassosieer word. Noem EEN
 maskandalied en die kunstenaar wat daarmee geassosieer word.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                      KRITERIA                                    PUNTETOEKENNING
 Beskrywing van maskanda                                                 2
 Kitaartegnieke                                                          5
 Stemmingstelsels                                                        3
 Lied en kunstenaar                                                      2
 Logiese aanbieding van feite en struktuur van die opstel                3
 TOTAAL                                                                  15                        [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              50

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Musiek/V1                                    19                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING D: JAZZ

 VRAAG 11

 11.1       Noem die instrument wat deur DRIE van die Suid-Afrikaanse jazz-kunstenaars
            hieronder bespeel word. Skryf die instrument langs die nommer van jou keuse,
            bv. 11.1.5 tromstel.

            11.1.1    Chris McGregor
            11.1.2    Feya Faku
            11.1.3    Kippie Moeketsi
            11.1.4    Jonas Gwangwa                                               (3 x 1)      (3)

 11.2       11.2.1    Vergelyk die inleidings van Jikelela Emaweni en Umjomela. Verwys
                      na instrumentasie en tempo.                                              (4)

            11.2.2    Watter titel wat in VRAAG 11.2.1 genoem word, is 'n instrumentale
                      werk?                                                                    (1)

 11.3       Definieer die volgende terme:

            11.3.1    Plaasvervanging                                                          (1)

            11.3.2    Comping                                                                  (1)

            11.3.3    Improvisasie                                                             (1)

            11.3.4    Scat-sang                                                                (1)

 11.4       11.4.1    Noem EEN plaaslike invloed op Miriam Makeba se musiekstyl.               (1)

            11.4.2    Noem EEN Europese styl wat Mirian Makeba se musiek beïnvloed
                      het.                                                                     (1)

 11.5       Maak 'n lys van DRIE verskille tussen AABA-vorm en 'n 12-maat blues-vorm.          (3)

 11.6       Noem DRIE prominente melodiese en/of harmoniese kenmerke van die musiek
            van Spokes Mashiyane.                                                              (3)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Musiek/V1                                    20                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 12

 Bespreek die Afrika-invloede wat Abdullah Ibrahim aangewend het om 'n kenmerkende
 klavierstyl te vorm.                                                                            [5]

 VRAAG 13

 Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by 'n aspek van Vary-oo-Vum in KOLOM A pas.
 Skryf slegs die letter (A–K) langs die vraagnommers (13.1 tot 13.5) neer,
 bv. 13.6 L.

                   KOLOM A                                  KOLOM B
 13.1       Styl                          A      Swing
                                          B      Bebop/Hard bop/Blues
 13.2       Harmonie                      C      Diatoniese harmonie in inleiding
                                          D      Chromatiese harmonie in inleiding
 13.3       Inleiding                     E      Gesinkroniseerde ritmiese patrone
                                          F      Poliritmiese eienskappe
 13.4       Blaasinstrumente              G      Tromboon, trompet en saksofoon
                                          H      Tuba, horing en saksofoon
 13.5       Ritmeseksie                   J      Klavier en blaasinstrumente
                                          K      Klavier, baskitaar en tromstel
                                                                                   (5 x 1)       [5]

 VRAAG 14

 14.1       Noem die kunstenaar/groep wat jy met die uittreksel hieronder assosieer.

                                                                                                 (1)

 14.2       In watter dekade het die styl/genre in VRAAG 14.1 ontstaan?                          (1)

 14.3       Noem DRIE invloede wat hierdie musiekstyl help vorm het.                             (3)
                                                                                                 [5]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Musiek/V1                                    21                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 15

 Zim Ngqawana het van sy Zimphonic Suites geskryf dat dit oor die 'harmonie tussen die
 antikwiteit (antieke) en moderniteit' gegaan het.

 Beskryf die persoonlike styl van Zim Ngqawana se musiek in 'n opstel. Verwys na
 algemene stylinvloede op sy musiek en sy werk, eBhofolo.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                       KRITERIA                                   PUNTETOEKENNING
 Algemene styl-invloede                                                  6
 eBhofolo                                                                6
 Logiese aanbieding van feite en struktuur van die opstel                3
 TOTAAL                                                                  15                        [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING D:              50

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Musiek/V1                                    22                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

 VRAAG 16

 16.1       Noem die vorm van DRIE van die werke wat jy bestudeer het. Skryf die
            vormtipe langs die nommer van jou keuse, bv. 16.1.5 fuga.

            16.1.1    Die Hebrides
            16.1.2    Laaste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur
                      Op. 68
            16.1.3    Ouverture tot Die Towerfluit
            16.1.4    Der Vogelfänger bin ich ja                           (3 x 1)                 (3)

 16.2       Beskryf TWEE verskille tussen opera buffa en opera seria.                              (4)

 16.3       Noem EEN ander operatipe behalwe dié wat in VRAAG 16.2 genoem is.                      (1)

 16.4       Verduidelik die volgende terme wat in opera aangetref word:

            16.4.1    Aria                                                                         (1)

            16.4.2    Melisma                                                                      (1)

            16.4.3    Libretto                                                                     (1)

 16.5       Skryf EEN woord of term vir die volgende beskrywings:

            16.5.1    Die klawerbordinstrument wat deel was van die Barok-orkes, maar
                      nie van die Klassieke orkes nie                                              (1)

            16.5.2    'n Nie-transponerende instrument in die koperblaasseksie van 'n
                      standaard Klassieke orkes                                                    (1)

            16.5.3    'n Dubbelrietinstrument wat die tenoorsleutel gebruik                        (1)

 16.6       Maak 'n lys van DRIE verskille tussen 'n kodetta en 'n koda.                           (3)

 16.7       Noem DRIE komposisietegnieke wat jy in die musiek van die Mannheim-skool
            sal hoor.                                                                              (3)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Musiek/V1                                    23                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 17

 17.1       Skryf 'n paragraaf waarin jy die virtuose elemente in die aria waaruit die
            uittreksel hieronder geneem is, beskryf. Verduidelik hoe hierdie elemente by
            die verhaal van die opera inpas.

                                                                                                  (4)

 17.2       Noem die karakter wat die aria genoem in VRAAG 17.1 sing.                             (1)
                                                                                                  [5]

 VRAAG 18

 18.1       Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas ten opsigte
            van struktuur in Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 68. Skryf slegs
            die letter (A–G) langs die vraagnommers (18.1.1 tot 18.1.4), bv. 18.1.5 H.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
            18.1.1   Eerste beweging        A     Menuet en trio, F mineur

            18.1.2   Tweede beweging        B     F majeur, sonatevorm

            18.1.3   Vierde beweging        C     Vinnig en lewendig, F mineur

            18.1.4   Vyfde beweging         D     Allegretto, tonika-toonsoort

                                            E     F mineur, sonatevorm

                                            F     Allegro ma non troppo, F mineur

                                            G     Verwante toonsoort, stadige beweging
                                                                                  (4 x 1)         (4)

 18.2       Hoeveel bewegings het 'n standaard Klassieke simfonie?                                (1)
                                                                                                  [5]

 VRAAG 19

 Skryf 'n paragraaf waarin jy die ooreenkomste en verskille tussen die konsert-ouverture
 en die simfoniese toondig bespreek.                                                              [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Musiek/V1                                    24                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 20

 Beethoven gebruik 'n standaard Klassieke orkes in sy Simfonie Nr. 6 in F majeur
 Op. 68.

 Skryf 'n opstel waarin jy die vierde en vyfde bewegings van hierdie simfonie beskryf, met
 spesifieke verwysing na instrumentasie en orkestrasie.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                       KRITERIA                                   PUNTETOEKENNING
 Standaard Klassieke-orkes-instrumentasie                                 4
 Vierde beweging                                                          4
 Vyfde beweging                                                           4
 Logiese aanbieding van feite en struktuur van die opstel                 3
 TOTAAL                                                                  15                     [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING E:           50
                                                                       GROOTTOTAAL:             120

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Musiek/V1                             DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Music · Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Music · Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — Music · QP · 2023 · Afr
- [Music P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-eng/9516b474-9a42-4e04-859a-93e4d6245ec7) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2020-afr/ec9bdd7b-236a-4771-88cd-7b834197b65d) — Music · QP · 2020 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc) — Music · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — QP · 2023 · Eng
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — QP · 2023 · Eng
- [Music P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-mg-afr/c41229fd-d079-4d2e-9458-58f3b07bf59e) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
