# Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-mg-afr/f56effd3-938e-43bc-ad4c-28cac1ae2dd9
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-mg-afr/f56effd3-938e-43bc-ad4c-28cac1ae2dd9)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                      MUSIEK V2

                                          2023

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 30

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      2                                    DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gehoor                                    (8)
        AFDELING B: Herkenning van Musiekkonsepte             (14)
        AFDELING C: Vormontleding                             (8)

2.      VRAAG 1, VRAAG 2 en VRAAG 6 is VERPLIGTEND.

3.      Beantwoord ook VRAAG 3 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)) ÓF VRAAG 4
        (JAZZ) ÓF VRAAG 5 (Westerse Kunsmusiek (WKM)).

4.      Skryf AL jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir
        musieknotasie en blou of swart ink vir die ander antwoorde.

5.      Hierdie eksamen sal afgelê word terwyl kandidate na 'n CD luister.

6.      Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die
        teenwoordigheid van die toesighouer afneem.

7.      Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
        bedoel is. Die kandidaat mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

8.      Kandidate mag vir die duur van die eksamen NIE toegang tot enige
        musiekinstrument hê NIE.

9.      Kandidate moet let op die puntetoekenning by elke vraag om genoeg inligting
        in hulle antwoorde te verskaf.

10.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                   3                                      DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: GEHOOR

VRAAG 1

1.1   Noteer die ritme van die ontbrekende note in maat 2 en 3 hieronder.

                                        ½   ½      ½       ½   ½    ½

                                                           ½ punt x 6 = 3 soos aangedui          (3)

1.2   Noteer die ontbrekende note van die melodiese lyn by (A) en (B).

                                   Toonhoogte en ritme moet korrek wees: ½ punt x 2              (1)

                                                                                                 [4]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       4                                     DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2
Beantwoord die volgende vrae deur 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie te maak.

2.1   Identifiseer die kadense aan die einde van die volgende TWEE uittreksels.

      2.1.1          Volmaakte        Onderbroke               Plagale     Onvolmaakte

                                                                                    1 punt          (1)

      2.1.2          Volmaakte        Onderbroke               Plagale     Onvolmaakte

                                                                                    1 punt          (1)

2.2   Watter EEN van die volgende beskryf die tydmaatteken?

             Onreëlmatig         Tweeslagmaat        Drieslagmaat         Vierslagmaat

                                                                                    1 punt          (1)

2.3   Identifiseer die verandering in tekstuur.

            Monofonies na        Monofonies na      Homofonies na         Polifonies na
             homofonies            polifonies         polifonies          monofonies

                                                                                    1 punt          (1)

2.4   Watter eienskap in hierdie uitvoering dryf die musiek aan?

             Botoonsang           Solostem        Liggaamsperkussie       Akkoordsiklus

                                                                                    1 punt          (1)

2.5   Watter term beskryf die beweging van die melodie die beste?

              Stygend            Sekwensieel          Trapsgewys           Chromaties

                                                                                    1 punt          (1)

2.6   Identifiseer die tempo van hierdie uittreksel en beskryf hoe dit verander.

      Antwoord:
        Stadige tempo aanvanklik,
        dan skielik 'n vinnige tempo,
        dan 'n klein ritardando by die finale kadens
                                                                                   2 punte          (2)

                                                                                     (8 ÷ 2)        [4]
                                                                     TOTAAL AFDELING A:             8

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                    5                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE

Beantwoord VRAAG 3 (IAM)
ÓF VRAAG 4 (JAZZ)
ÓF VRAAG 5 (WAM).

Nota aan die nasiener: Indien 'n kandidaat meer items aandui as wat verlang word, moet
net die eerste antwoorde nagesien word.

VRAAG 3: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

Luister na die volgende snitte en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 10 verband hou.
      Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                            KOLOM A                               ANTWOORD
       Poliritme                                                     X
       Djembe-en-mbira-ensemble
       Melodiese materiaal bo-oor marimba-begeleiding                X
       Improvisasie op marimba
       Veelvuldige fluite wat verskillende klankvlakke skep          X
       Roep en antwoord                                              X
       Mbaqanga
       Izihlabo

                                                                               3x1            (3)

3.2   Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 11 verband hou.
      Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                            KOLOM A                               ANTWOORD
       Vierslagmaat                                                  X
       Drieslagmaat
       Baskitaar-ostinato                                            X
       Skiffel-ritme
       Baskitaarinleiding
       Chordofone en aërofone
       Chordofone en membranofone                                    X
       Sinkopasie                                                    X

                                                                               3x1            (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                         6                                        DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

3.3      Beskryf die begeleiding en die melodie in hierdie uittreksel.

            Antwoord:
             Begeleiding
               o Sterk isiZulu-dans-tromslag
               o Akkoordsang in falsetto
               o Vokale toonhoogtebuiging word gebruik
               o Elektriese kitaarbegeleiding
               o Sintetiseerder/Instrumentale melodies tussenwerpsels
               o Voortstuwende baslyn wat die akkoordprogressie ondersteun

                                                                               Enige TWEE              (2)

                 Melodie
                  o Word gesing deur die hoofsanger
                  o Herhalende melodiese frases
                  o Vokale improvisasie
                  o In 'n gedeelte van die melodie val die teks weg en die melodie word
                    met 'na-na-na' as teks gesing

                                                                                 Enige EEN             (1)

3.4         Met watter EEN van die volgende inheemse style in KOLOM A assosieer jy
            ELKE snit? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie vir elke snit.

                   KOLOM A              Snit 13             Snit 14            Snit 15
                Malombo                    X
                Kwêla                                                             X
                Isicathamiya                                     X
                Mbaqanga

                                                                                      3 punte         (3)

3.5         Kies die term wat die komposisietegniek wat jy in die vokale party hoor,
            beskryf. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                   Sekwens            Meloritme           Herhaling        Improvisasie

                                                                                       1 punt         (1)

3.6         3.6.1       Noem die instrument wat die melodie in hierdie uittreksel speel.

                        Antwoord: Saksofoon                                            1 punt         (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                        7                                       DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

            3.6.2    Beskryf kortliks die begeleiding wat deur die kontrabas, tromstel en
                     kitaar/banjo verskaf word.

                     Antwoord:
                      Kontrabas
                        o Gepluk
                        o Speel 'n sikliese baslyn van I-IV-V-V
                      Tromstel
                        o Snaartrom gebruik borselklank
                        o Skoffelagtige ritme
                        o Deurlopende ritmiese ondersteuning
                      Kitaar/Banjo
                        o Ritmiese 'strumming'/Skiffle-agtige ritme
                        o Deurlopende teenwoordigheid

                         1 punt per beskrywing van die begeleiding van elke instrument                 (3)

3.7         3.7.1    Identifiseer die orkes in hierdie uittreksel.

                     Antwoord: Thee Legacy                                             1 punt          (1)

            3.7.2    Kies die korrekte tydmaatteken vir hierdie uittreksel.

                      Saamgestelde        Eenvoudige        Eenvoudige        Saamgestelde
                      tweeslagmaat        drieslagmaat      vierslagmaat       vierslagmaat

                                                                                       1 punt          (1)

            3.7.3    Gee 'n kort beskrywing van die stemming wat deur die musiek en
                     liriek geskep word.

                     Antwoord:
                      Romantiese stemming
                      'n Gevoel van algehele genot
                      Opgewekte, vreugdevolle stemming

                                                                                      1 punt           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                         8                                      DBE/2023
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

3.8         Verskaf DRIE redes waarom hierdie uittreksel 'n goeie voorbeeld van
            mbaqanga is. Verwys na instrumentasie, harmonie en melodie.

            Antwoord:
             Instrumentasie
               o Uitgebreide orrelparty wat die musiek 'n besielende stemming gee
               o Harde, voortstuwende tromparty
               o Herhalende kitaarparty
               o Saksofoon verskaf ritmiese tussenwerpsels/herhalende ritmiese
                 motiewe
             Harmonie
               o Eenvoudige sikliese harmonieë
               o Manstemme wat harmoniseer
             Melodie
               o Herhalende melodie
               o Akkoordmatige sang
                                                                       1punt per aspek                (3)

3.9         3.9.1    Identifiseer die inheemse styl in hierdie uittreksel.

                     Antwoord: Maskanda                                                1 punt         (1)

            3.9.2    Met watter DRIE van die onderstaande stellings in KOLOM A
                     assosieer jy hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
                     blokkie.

                                           KOLOM A                           ANTWOORD
                      Xhosa-melodie
                      Kitaarinleiding                                              X
                      Kwêla-invloede
                      Inkunz' emnyama
                      Konsertina                                                   X
                      Manshoofsanger en vroulike agtergrondstemme
                      Kitaar-comping
                      Saamgestelde vierslagmaat                                    X
                      Idiofone                                                     X

                                                                                        3x1           (3)

            3.9.3    Verskaf die term vir die inleiding.

                     Antwoord: Izihlabo                                                1 punt         (1)

                                                                                       (28 ÷ 2)       [14]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      9                                DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

Nota aan die nasiener: Indien 'n kandidaat meer items aandui as wat verlang word, moet
net die eerste antwoorde nagesien word.

VRAAG 4: JAZZ

Luister na die volgende snitte en beantwoord die vrae wat volg.

4.1         Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 21 verband
            hou. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                                KOLOM A                       ANTWOORD
            Akkoordostinaat                                       X
            Polifoniese inleiding
            Klarinetmelodie
            Sinkopasie in die melodie                             X
            Reëlmatige ritme en skiffle-agtige polsslag           X
            Marabi- en mbaqanga-invloede
            Afrika-jazz                                           X
            Twee-akkoord-siklus

                                                                               3x1            (3)

4.2         Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 22 verband
            hou. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                                KOLOM A                       ANTWOORD
            Buitelyn van die akkoorde op die tuba gespeel         X
            Ragtime
            Vioolsolis
            Legato-melodie eers op die trompet gespeel
            Glissandi                                             X
            Comping op die kitaar                                 X
            Kontrabas
            Stygende chromatiese passasies
            Tromboon                                              X

                                                                               3x1            (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       10                                    DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

4.3         Beskryf die begeleiding en die melodie in hierdie uittreksel.

            Antwoord:
            Begeleiding
             Klavier
               o Aanvanklik die enigste instrument
               o Speel akkoorde op elke polsslag
               o Stadige tempo ritmiese agtergrond
             Akkordeon/Konsertina
               o Speel lang, aangehoue note in 'n hoë register
               o Speel later ondersteunende akkoorde
             Kontrabas
               o Kom in na die melodie aangekondig is
               o Aanvanklik 'n enkel lang noot per maat met 'n bietjie versiering

                                  'n Beskrywing van enige TWEE instrumente
                                  Indien slegs die drie instrumente genoem word = 1 punt           (2)

            Melodie
             Melodie gespeel deur die saksofoon
              o Sagte, liriese legato-lyn
              o Versierings word gebruik
              o Spronge met 'n wye omvang in die melodie
              o Omvang van die melodie is 'n 9de

                               Enige EEN
                               Indien slegs die woord 'saksofoon' genoem word = ½ punt             (1)

4.4         Met watter EEN van die volgende musiekstyle in KOLOM A assosieer jy
            ELKE snit? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie vir elke snit.

        Antwoord:
               KOLOM A               Snit 24              Snit 25           Snit 26
            Cape jazz                                           X
            Kwela
            New jazz                    X
            Marabi                                                             X

                                                                                    3 punte        (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       11                                        DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

4.5         Kies die term wat die komposisietegniek wat jy in die vokale party hoor,
            beskryf. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                 Sekwens             Poliritme           Herhaling            Improvisasie

                                                                                        1 punt          (1)

4.6      4.6.1       Noem die instrument wat die melodie in hierdie uittreksel speel.

                     Antwoord: Saksofoon                                                1 punt          (1)

         4.6.2       Beskryf kortliks die begeleiding wat deur die kontrabas, tromstel en
                     kitaar/banjo verskaf word.

                     Antwoord:
                      Kontrabas
                        o Gepluk
                        o Speel 'n sikliese baslyn van I-IV-V-V
                      Tromstel
                        o Snaartrom gebruik borselklank
                        o Skoffelagtige ritme
                        o Deurlopende ritmiese ondersteuning
                      Kitaar/Banjo
                        o Ritmiese 'strumming'/Skiffle-agtige ritme
                        o Deurlopende teenwoordigheid

                          1 punt per beskrywing van die begeleiding van elke instrument                 (3)

4.7      4.7.1       Identifiseer die solokunstenaar in hierdie uittreksel.

                     Antwoord: Zim Ngqawana                                             1 punt          (1)

         4.7.2       Identifiseer die akkoordsiklus wat in hierdie uittreksel gebruik word.

                           Enkel-         Vier-akkoord       Twee-akkoord       Drie-akkoord
                          akkoord            siklus             siklus              siklus

                                                                                        1 punt          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      12                                      DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

         4.7.3       Verduidelik die aanvangslirieke en die stemming van die musiek.

                     Antwoord:
                     Eerste twee lyne van die liriek:
                     Kukude eBhofolo indawo yamageza (x2)
                      'Amageza' is persone met 'n geestessiekte in 'n hospitaal in Fort
                        Beaufort (eBhofolo)
                      Die lirieke lê klem op die verband tussen die 'Geestelike
                        leiersseremonie' en 'eBhofolo', - die geestelike praktyke van die
                        amagqirha ('diviners'/'healers') in hierdie lied
                     Stemming
                      Die oorpeinsende, meditatiewe en intense stemming van die teks
                        word versterk deur die herhalende karakter van die musiek
                        (ostinato, herhalende melodiese frases)

                                                                                 2 punte           (2)

4.8         4.8.1    Watter jazz-styl word deur die musiek in hierdie uittreksel
                     verteenwoordig?

                     Antwoord: Blues/Swing/Vroeë bebop                             1 punt          (1)

         4.8.2       Skryf kort aantekeninge oor die saksofoonimprovisasie.

                     Antwoord:
                      Improvisasie op 'n 12-maat blues-progressie
                      Melodie bestaan uit kort, energieke uitbarstings van klank
                      Sinkopasie in die spel is 'n prominente eienskap
                      Melodie word versier met trillers en vinnige legato-passasies

                                                                                2 punte            (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       13                                     DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

4.9     4.9.1        Identifiseer die inheemse styl in hierdie uittreksel.

                     Antwoord: Marabi                                                1 punt          (1)

        4.9.2        Met watter DRIE van die volgende stellings in KOLOM A assosieer jy
                     hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                                         KOLOM A                             ANTWOORD
                      Hervermengde weergawe van 'n tradisionele
                                                                                 X
                      Xhosa-melodie
                      Saksofooninleiding
                      Mbaqanga-invloede
                      Manhattan Queens
                      Klarinet-kontramelodieë en improvisasie                    X
                      Manshoofsanger en vroulike agtergrondstemme
                      Manstemme                                                  X
                      Vierslagmaat                                               X
                      Orrel-tremolo-akkoorde

                                                                                      3x1            (3)

                                                                                     (28 ÷ 2)       [14]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      14                                DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

Nota aan die nasiener: Indien 'n kandidaat meer items aandui as wat verlang word, moet
net die eerste antwoorde nagesien word.

VRAAG 5: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

Luister na die volgende snitte en beantwoord die vrae wat volg.

5.1      Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 32 verband
         hou. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                              KOLOM A                          ANTWOORD
            Langsam
            Simfonie-orkes                                        X
            Barokstyl
            Sinkopasie in die koperblaasseksie                    X
            Smorzando
            Concerto
            Perkussiewe voorstuwing                               X
            Komplekse harmonie en melodiese fragmente             X

                                                                                3x1            (3)

5.2      Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 32 verband
         hou. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                                  KOLOM A                      ANTWOORD
            Rubato                                                    X
            Impressionistiese Periode
            Franse-horing-solis
            Liriese melodie op die trompet gespeel
            Chromatiese materiaal in melodielyn                       X
            Acciaccatura
            Saksofoon en klavier
            Stygende en dalende toonleerpassasies                     X
            Accelerando                                               X

                                                                                3x1            (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                    15                                      DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

5.3     Beskryf kortliks die rol van die orrel, kontrabas en strykorkes as begeleiding by
        die melodie.

        Antwoord:
         Orrel
           o Aaneenlopende gebroke-akkoordfiguur
           o Hoë sopraanregister
         Kontrabas
           o Speel pizzicato (gepluk)
         Volle strykorkes
           o Speel lang gedrae note
           o Harp kom by met 'n gebroke-akkoordfiguur

                        1 punt per beskrywing van die begeleiding van elke instrument             (3)

5.4      Met watter EEN van die volgende karakters in KOLOM A assosieer jy ELKE
         snit. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie vir elke snit.

               KOLOM A            Snit 35              Snit 36            Snit 37
            Papageno                 X
            Pamina
            Sarastro                                                         X
            Tamino                                           X

                                                                                 3 punte          (3)

5.5      Identifiseer die kombinasie van vokale deelnemers wat jy in hierdie uittreksel
         hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

               Bariton en        Tenoor en             Bas en           Bariton en
                 koor             kwartet               koor             kwartet

                                                                                 1 punt           (1)

5.6      Kies 'n term wat die komposisietegniek in die vokale party beskryf. Maak 'n
         kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                              Stygende melodiese
              Nabootsing                                 Melisma      Vokale versiering
                                    kontoer

                                                                                 1 punt           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                    16                                     DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

5.7         5.7.1    Kies TWEE terme in KOLOM A wat die stemming van hierdie
                     uittreksel die beste beskryf. Maak 'n kruisie (X) in TWEE
                     toepaslike blokkies.

                         KOLOM A          ANTWOORD
                      Agitato                   X
                      Giocoso
                      Parlando
                      Con fuoco                 X
                      Piacevole
                      Con anima
                                                                               2 punte            (2)

            5.7.2    Waarom is hierdie uittreksel 'n goeie voorbeeld van die aria as 'n
                     genre?

                     Antwoord:
                      'n Werk vir solostem met orkesbegeleiding in 'n opera
                      'n Geleentheid vir die solo's om virtuositeit ten toon te stel
                      'n Duidelike melodiese lyn teenwoordig
                      Bevat uitdrukkingsvolle en emosionele inhoud wat verband hou
                        met die konteks
                      Orkesbegeleiding is volledig en aaneenlopend

                                                                           Enige EEN              (1)

5.8         5.8.1    Noem die instrument wat die melodie in hierdie uittreksel speel.

                     Antwoord: Klarinet                                           1 punt          (1)

            5.8.2    Beskryf die rol van die fagot, strykerseksie en volle orkes in die
                     begeleiding.

                     Antwoord:
                      Fagot
                        o Non-legato
                        o Aaneenlopend by die begin van die uittreksel
                        o Gebroke-akkoordfiguur
                      Strykerseksie
                        o Blokakkoordbegeleiding
                        o Speel V – I kadens
                        o Aanvanklik forte
                        o Decrescendo aan die einde van die uittreksel
                      Orkes
                        o Orkestrale dolksteke by verskillend punte
                        o Melodie in triole terwyl begeleiding uit twee-agstenoot motief
                          bestaan
                                                                       1 punt per aspek           (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      17                                   DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

5.9         5.9.1    Identifiseer uit watter beweging(s) van Beethoven se Simfonie
                     Nr. 6 hierdie uittreksel geneem is.

                     Antwoord:
                      Die einde van die vierde beweging (Die Storm) en die begin van
                        die vyfde beweging (Herderslied)

                                                                                 1 punt          (1)

            5.9.2    Beskryf die komponis se bedoeling met hierdie uittreksel.

                     Antwoord:
                      Sy intensie is om die 4de en 5de bewegings sonder onderbreking
                        aanmekaar te verbind
                      Dit is om aan te dui dat die storm eindig en dat die rus en vrede
                        van die pastorale omstandighede herstel is

                                                                            Enige EEN            (1)

5.10        5.10.1   Identifiseer die genre van die werk waaruit hierdie uittreksel
                     geneem is.
                     Antwoord: Konsertouverture                                  1 punt          (1)

            5.10.2   Met watter VIER van die volgende stellings in KOLOM A assosieer
                     jy hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in VIER toepaslike
                     blokkies.
                     Antwoord:
                                         KOLOM A                       ANTWOORD
                      Tematiese materiaal van die hele werk                  X
                      Kodetta
                      Pedaalpunt en verkleining
                      Omgekeerde pedaalpunt en sekwense                      X
                      Allegro assai
                      Herhaling en vergroting
                      Openingsmotief                                         X
                      Ouverture
                      Vierslagmaat                                           X
                      Melodie aanvanklik deur die tjello's en
                                                                             X
                      fagotte gespeel
                      Melodie gespeel deur die klarinette en
                      hobo's
                                                                                   4x1           (4)

                                                                                 (28 ÷ 2)        [14]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               14

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                 18                     DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: VORMANALISE
VRAAG 6
Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai asseblief om

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       19                                  DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

6.1         Gee 'n skematiese uitleg van die vorm. Trek lyne in die tabel hieronder en dui
            elke seksie met die ooreenstemmende maatnommers aan.
            Antwoord:
                  SEKSIES                    MAATNOMMERS
                                            03b – 163a (½ + ½)
                         A ½                         OF
                                               1 – 16 (½ + ½)
                                            163b – 323a (½ + ½)
                         B ½                         OF
                                              17 – 32 (½ + ½)
                                      OF
                        SEKSIES              MAATNOMMERS
                                            0 – 83a
                                            3b

                                           83b – 163a  ½
                    A
                                  ½            OF      +
                    A
                                              1–8      ½
                                             9 – 16
                                           163b – 243a
                                           243b – 323a ½
                    B
                                  ½            OF      +
                    B
                                            17 – 24    ½
                                            25 – 32
                                                                                3 punte        (3)

6.2         Noem die algehele vormtipe van hierdie stuk.

            Antwoord: AB/Tweeledigevorm                                         1 punt         (1)

6.3   Noem die komposisietegniek in die gespesifiseerde mate:

            6.3.1       Mate 43 tot 61 (in die boonste stemparty)

                        Antwoord: Sekwens (gevarieerd)                          1 punt         (1)

            6.3.2       Mate 21 tot 22 (in die onderste stemparty)

                        Antwoord: Pedaalnoot/pedaalpunt                         1 punt         (1)

6.4         Noem die toonsoort en kadens in mate 73 tot 8

            Antwoord:
             Toonsoort: C Majeur
             Kadens: Volmaakte kadens
                                                                                 2 punte       (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING C:        8
                                                                         GROOTTOTAAL:          30

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — Music · QP · 2023 · Eng
- [Music P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2018-memo-eng/7d7c1c1f-ca34-4f87-b536-28865f633ca8) — Music · Memo · 2018 · Eng
- [Music P2 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2018-memo-afr/c0dd45ed-dcb0-4278-bf80-b92cc2060a84) — Music · Memo · 2018 · Afr
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — Music · QP · 2023 · Afr
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — Music · QP · 2023 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — Music · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-eng/a93b74de-03f7-4627-866d-40f73fc5580d) — QP · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
