# Music Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-afr/40a03f31-c5a7-473b-9403-63a5f0fbeead
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-afr/40a03f31-c5a7-473b-9403-63a5f0fbeead)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                    SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
               NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                              MUSIEK V2

                                           MEI/JUNIE 2025

                                                                                       PUNTE: 30

                                                                                      TYD: 1½ uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

                                        SLEGS VIR AMPTELIKE GEBRUIK
               PUNTE BEHAAL                                        GEMODEREER
   VRAAG
                        NASIENER                 SM/CM              CM/IM                EM
                 MAKS     PUNTE TEKEN        PUNTE   TEKEN      PUNTE    TEKEN   PUNTE        TEKEN

                        10    1             10     1            10    1          10      1

      1           4
      2           4
    3/4/5        14
     6            8

  TOTAAL         30

            Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Musiek/V2                                         2                    DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: Gehoor                                      (8)
       AFDELING B: Herkenning van Musiekkonsepte               (14)
       AFDELING C: Vormanalise                                 (8)

 2.    VRAAG 1, VRAAG 2 en VRAAG 6 is VERPLIGTEND.

 3.    Beantwoord verder ook VRAAG 3: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) OF
       VRAAG 4: JAZZ OF VRAAG 5: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM).

 4.    Skryf AL jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir musieknotasie
       en blou of swart ink vir die ander antwoorde.

 5.    Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl kandidate na 'n CD luister.

 6.    Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die teenwoordigheid
       van die toesighouer afneem.

 7.    Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
       is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

 8.    Kandidate mag vir die duur van die eksamen NIE toegang tot enige
       musiekinstrument hê NIE.

 9.    Kandidate moet let op die puntetoekenning vir elke vraag om genoeg inligting in
       hulle antwoorde te verskaf.

 10.   Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Musiek/V2                                    3                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKTOERUSTING WERK

1.     Laat die kandidate toe om eers elke vraag te lees en speel dan die betrokke snit.

2.     Die nommer van elke snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit gespeel
       word.

3.     Elke musiekuittreksel (snit) moet die aantal kere gespeel word soos dit in elke raampie
       gespesifiseer word.

4.     Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hulle antwoorde
       neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.

5.     Indien 'n skool meer as een stroom (Inheemse Afrika-musiek (IAM), Jazz of Westerse
       Kunsmusiek (WKM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word:
       • Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal aflê.
       • Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
       • Elke lokaal moet sy eie CD met musiekuittreksels hê.
       • 'n Eksamentoesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.

6.     Die snitte moet soos volg gespeel word:
       • IAM-kandidate: Snitte 1 tot 19 en Snit 38
       • JAZZ-kandidate: Snitte 1 tot 9, Snitte 20 tot 28 en Snit 38
       • WKM-kandidate: Snitte 1 tot 9 en Snit 29 tot 38

7.     'n CD-speler wat met batterye werk, moet in geval van 'n kragonderbreking beskikbaar
       wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Musiek/V2                                  4                       DBE/Mei/Junie 2025
                                    SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A: GEHOOR (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

  Speel Snit 1 TWEE keer ná mekaar.

 1.1   Noteer die ritme van die ontbrekende note in maat 3 en 4.

        [Een-maat-inleiding]

                                                                                          (3)

  Speel Snit 1 weer.

  Speel Snit 2 TWEE keer ná mekaar.

 1.2   Noteer die ontbrekende note by (A) en (B).

                        Do is G

                                                                                          (1)

  Speel Snit 2 weer.

                                                                                          [4]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Musiek/V2                                    5                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 2

 2.1   Identifiseer die kadens aan die einde van ELK van die volgende TWEE uittreksels.

  Speel Snit 3 DRIE keer ná mekaar.

        2.1.1   Snit 3:                                                                        (1)

  Speel Snit 4 DRIE keer ná mekaar.

        2.1.2   Snit 4:                                                                        (1)

 2.2   Beantwoord die volgende vrae deur 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie te maak.

  Speel Snit 5 TWEE keer ná mekaar.

        2.2.1   Watter EEN van die volgende beskryf die tydmaatteken die beste?

                                                                                               (1)

  Speel Snit 6 TWEE keer ná mekaar.

        2.2.2   Identifiseer die mees prominente komposisietegniek in die melodie.

                       Sekwens        Omkering            Vergroting      Verkleining          (1)

  Speel Snit 7 TWEE keer ná mekaar.

        2.2.3   Identifiseer die mees prominente tekstuur.

                     Kontrapuntaal   Monofonies           Onbegeleid     Homofonies            (1)

  Speel Snit 8 TWEE keer ná mekaar.

        2.2.4   Identifiseer die korrekte akkoordprogressie.

                       V–vi–I–V       I–vi–IV–V            I–IV–I–vi      I–IV–V–vi            (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Musiek/V2                                       6                     DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 9 TWEE keer ná mekaar.

 2.3    Dui TWEE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 9 verband hou. Maak
        'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.

                                   KOLOM A                           ANTWOORD
            Herhalende perkussie-patroon
            Akoestiese klavier
            'n Progressie van aangehoue akkoorde in die klawerbord
            Poliritme
            Onreëlmatige tydmaat
            Herhalende dalende sopraanmelodie
            Glissando-agtige basfiguur                                                       (2)
                                                                                 (8 ÷ 2)     [4]

                                                                TOTAAL AFDELING A:           8

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Musiek/V2                                  7                         DBE/Mei/Junie 2025
                                    SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE

 Beantwoord VRAAG 3 (IAM)
 OF VRAAG 4 (JAZZ)
 OF VRAAG 5 (WKM).

 VRAAG 3: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

 3.1    Luister na die volgende snitte. Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die
        musiek in Snit 10 en 11 verband hou. Maak vir ELKE snit 'n kruisie (X) in die
        toepaslike blokkies.

  Speel Snit 10 DRIE keer ná mekaar.

        3.1.1    Snit 10                    KOLOM A                    ANTWOORD
                            Gevarieerde teksture
                            Dalende majeur toonleer in die bas
                            Geaksentueerde akkoorde
                            Beenratels
                            Tremolo in die sopraan- en altmarimba
                            Krepitasie
                            Toonlere word deur die tenoormarimbas
                            gespeel
                            Volmaakte kadens                                                (3)

  Speel Snit 11 DRIE keer ná mekaar.

        3.1.2    Snit 11                   KOLOM A                     ANTWOORD
                            Legato-melodie deur die tenore
                            Soepel tempo
                            SATB
                            Dissonante harmonieë
                            Sinkopasie
                            Staccato-melodie deur die sopraan
                            Begeleiding deur die strykers
                            Drieslagmaat                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Musiek/V2                                      8                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 12 DRIE keer ná mekaar.

 3.2    Wat is die rol van die koor in hierdie a cappella-stuk?

                                                                                                  (3)

  Speel Snit 13 TWEE keer.

 3.3    Beantwoord die volgende vrae:

        3.3.1    Identifiseer die kunstenaar wat met hierdie uittreksel geassosieer word.

                                                                                                  (1)

        3.3.2    Met watter DRIE items in KOLOM A assosieer jy hierdie uittreksel? Maak
                 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                                             KOLOM A                        ANTWOORD
                     Siklus van twee majeur akkoorde
                     Roep en antwoord
                     Isihlabo
                     Vrye tydmaat gevolg deur streng tydmaat
                     Blues-toonleer
                     Prominente elektriese-kitaar-solo
                     Triole in die baskitaar
                     Prominente gebruik van umakhwenyane
                     'n Enkele herhalende akkoord dwarsdeur
                     Die eerste vokale frase word identies herhaal                                (3)

        3.3.3    Identifiseer die styl wat met hierdie uittreksel geassosieer word.

                                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Musiek/V2                                      9                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 14 TWEE keer.

 3.4    Beantwoord die volgende vrae:

        3.4.1    Beskryf wat die hoofsanger in hierdie uittreksel doen.

                                                                                                 (1)

        3.4.2    Noem EEN van die instrumente, behalwe tromme, wat in die begeleiding
                 gehoor word.

                                                                                                 (1)

  Speel Snit 15 DRIE keer.

 3.5    Identifiseer die korrekte ritme wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
        blokkie.

                                                                                                 (1)

  Speel Snit 16 DRIE keer.

 3.6    Dui aan of die volgende stellings oor die uittreksel WAAR of ONWAAR is. Skryf
        slegs 'waar' of 'onwaar' vir elke stelling op die volgende bladsy.

        3.6.1    Die stuk gebruik gebalanseerde frases.

        3.6.2    Gesinkopeerde ritmes word in die solo- en begeleidingstemme gebruik.

        3.6.3    Die koortipe is SSA.

        3.6.4    Die uittreksel is in mbaqanga-styl.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Musiek/V2                                    10                         DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

        Antwoord:

        3.6.1                                                                                      (1)

        3.6.2                                                                                      (1)

        3.6.3                                                                                      (1)

        3.6.4                                                                                      (1)

  Speel Snit 17 TWEE keer.

 3.7    Beantwoord die volgende vrae:

        3.7.1    Beskryf die begeleiding.

                                                                                                   (2)

        3.7.2    Skryf die naam van die lied en die kunstenaar wat jy hoor.

                 Lied:                                                                             (1)

                 Kunstenaar:                                                                       (1)

  Speel Snit 18 TWEE keer.

 3.8    Hoekom gebruik die sanger die krepitasie, 'Wa kwa'?

                                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Musiek/V2                                    11                         DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 19 DRIE keer.

 3.9    Beskryf die manlike sanger se rol in hierdie uittreksel.

                                                                                               (2)

                                                                                 (28 ÷ 2)      [14]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          14

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Musiek/V2                                 12                            DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: JAZZ

 4.1    Luister na die volgende snitte. Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die
        musiek in Snit 20 en 21 verband hou.

  Speel Snit 20 DRIE keer ná mekaar.

        4.1.1    Snit 20                   KOLOM A                       ANTWOORD
                           12-maat-blues
                           Matige tempo in vierslagmaat
                           Tenoorstemtipe
                           Ragtime-invloede
                           4-maat- instrumentale inleiding
                           Klarinetsolo in inleiding
                           Invloede van Tin Pan Alley-liedjies en big
                           band-swing-musiek
                           Altstemtipe                                                         (3)

  Speel Snit 21 DRIE keer ná mekaar.

        4.1.2    Snit 21                   KOLOM A                       ANTWOORD
                           Ballade in jazz-styl
                           Matige swing
                           Saksofoon- melodiese improvisasie in
                           inleiding
                           Gesinkopeerde akkoordslae op klavier
                           Nabootsing in horingseksie
                           Vinnige tempo
                           Lopende-bas-inleiding
                           Bastromslae op eerste polsslag                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Musiek/V2                                     13                       DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 22 DRIE keer ná mekaar.

 4.2    Beskryf DRIE kenmerke wat in die begeleiding in hierdie uittreksel gehoor word.

                                                                                               (3)

  Speel Snit 23 DRIE keer ná mekaar.

 4.3    Beantwoord die volgende vrae:

        4.3.1    Identifiseer die komponis van hierdie werk.

                                                                                               (1)

        4.3.2    Met watter DRIE items in KOLOM A assosieer jy hierdie uittreksel? Maak
                 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                                        KOLOM A                         ANTWOORD
                     Klaviermelodie word deur saksofone herhaal
                     Scat-sang
                     Ritme-seksie lei die hooftema in
                     Marabi-akkoordprogressie
                     Improvisasie op die saksofoon
                     Sekwense
                     Openingsmelodie word deur kitaar gespeel
                     Saksofone speel melodie in unisoon
                     Comping deur saksofone
                     Pentatonies                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Musiek/V2                                     14                        DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 24 DRIE keer.

 4.4    Beskryf wat jy in hierdie uittreksel hoor.

                                                                                                (3)

  Speel Snit 25 DRIE keer.

 4.5    Identifiseer die korrekte ritme wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
        blokkie.

                                                                                                (1)

  Speel Snit 26 TWEE keer.

 4.6    Dui aan of die volgende stellings oor die uittreksel WAAR of ONWAAR is. Skryf
        slegs 'waar' of 'onwaar' vir elke stelling op die volgende bladsy.

        4.6.1    Die stuk gebruik gebalanseerde frases.

        4.6.2    Kwêla-skiffelritmes word gebruik.

        4.6.3    Die akkoordprogressie is I–IV–V64–I.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Musiek/V2                                     15                        DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

        Antwoord:

        4.6.1                                                                                  (1)

        4.6.2                                                                                  (1)

        4.6.3                                                                                  (1)

  Speel Snit 27 DRIE keer.

 4.7    Beantwoord die volgende vrae:

        4.7.1    Beskryf die improvisasie in hierdie uittreksel.

                                                                                               (3)

        4.7.2    Skryf die naam van die lied/komposisie en kunstenaar/groep wat jy hoor.

                 Naam:                                                                         (1)

                 Kunstenaar/Groep:                                                             (1)

  Speel Snit 28 TWEE keer.

 4.8    Beskryf die tromstel-begeleiding.

                                                                                               (3)

                                                                                 (28 ÷ 2)      [14]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          14

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Musiek/V2                                   16                            DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 5: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

 5.1    Luister na die volgende snitte. Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die
        musiek in Snit 29 en 30 verband hou.

  Speel Snit 29 DRIE keer ná mekaar.

        5.1.1   Snit 29                    KOLOM A                         ANTWOORD
                          Poco a poco crescendo
                          Tremolo-figuur in hoë strykers en
                          houtblasers
                          Prestissimo assai
                          Lae strykers speel in 'n polifoniese tekstuur
                          Vraag en antwoord tussen lae strykers en
                          harp
                          Saamgestelde drieslagmaat
                          Arpeggio's en toonlere word deur harp
                          gespeel
                          Orkes bestaan uit snaarinstrumente                                     (3)

  Speel Snit 30 DRIE keer ná mekaar.

        5.1.2   Snit 30                     KOLOM A                        ANTWOORD
                          Saamgestelde metrum
                          Dissonante tweestemmige sang
                          SSA
                          Heeltoontoonleer
                          Con moto
                          Soprane sing 'n legato-melodie aan die
                          begin
                          Tranquillo
                          Vergroting in die koorparty                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Musiek/V2                                       17                     DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 31 DRIE keer ná mekaar.

 5.2    Beskryf DRIE kenmerke van die wisselwerking tussen die twee instrumente wat in
        hierdie uittreksel gehoor word.

                                                                                              (3)

  Speel Snit 32 TWEE keer.

 5.3    Beantwoord die volgende vrae:

        5.3.1    Noem die komponis van hierdie werk.

                                                                                              (1)

        5.3.2    Met watter VIER items in KOLOM A assosieer jy hierdie uittreksel? Maak
                 'n kruisie (X) in VIER toepaslike blokkies.

                                         KOLOM A                       ANTWOORD
                     Uiteensetting
                     Pedaalpunt deur die kontrabas op die tonika
                     gespeel
                     Arpeggio's deur die hoë strykers gespeel
                     Lae strykers en klarinette speel openingsmotief
                     Lae strykers en fagotte speel die tema
                     Stadige beweging in 'n simfonie
                     Tema is op 'n arpeggio gebaseer
                     Uitgebreide koda
                     Cantabile
                     Hoë strykers speel 'n non legato-melodie                                 (4)

  Speel Snit 33 TWEE keer.

 5.4    Noem TWEE houtblaasinstrumente wat aan die einde van die uittreksel gehoor
        word.

                                                                                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Musiek/V2                                    18                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 34 DRIE keer.

 5.5    Identifiseer die korrekte ritme wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
        blokkie.

                                                                                                (1)

  Speel Snit 35 TWEE keer.

 5.6    Dui aan of die volgende stellings oor die uittreksel WAAR of ONWAAR is. Skryf
        slegs 'waar' of 'onwaar' vir elke stelling.

        5.6.1    Die melodie bestaan uit een lang frase.

        5.6.2    Die uittreksel eindig met 'n fermata.

        5.6.3    Die stemtipe is tenoorstem.

        5.6.4    Die melodie is beide sillabies en melismaties.

        Antwoord:

        5.6.1                                                                                   (1)

        5.6.2                                                                                   (1)

        5.6.3                                                                                   (1)

        5.6.4                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Musiek/V2                                    19                         DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 36 TWEE keer.

 5.7    Vergelyk die openingsfrase met die antwoordfrase in hierdie uittreksel.

                                                                                                (4)

  Speel Snit 37 TWEE keer.

 5.8    Beskryf hoe hierdie musiekuittreksel DRIE programmatiese kenmerke kan
        suggereer.

                                                                                                (3)

                                                                                  (28 ÷ 2)      [14]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             14

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Musiek/V2                                     20                    DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING C: VORMANALISE (VERPLIGTEND)
 VRAAG 6
 Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.
  Speel Snit 38 EEN keer om 'n algemene oorsig te gee.
 Luister na die stuk hieronder terwyl jy die partituur bestudeer.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Musiek/V2                                      21                         DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

  Speel Snit 38 weer.

 6.1        Gee 'n skematiese uitleg van die vorm. Trek lyne in die tabel hieronder en dui
            elke seksie met die ooreenstemmende maatnommers aan.

                 SEKSIES         MAATNOMMERS

                                                                                               (3)

 6.2        Noem die vorm.

                                                                                               (1)

 6.3     Bespreek die melodie in hierdie stuk.

                                                                                               (2)

 6.4     Noem die toonsoort en kadens in maat 14 tot 161.

         Toonsoort:                                                                            (1)

         Kadens:                                                                               (1)

  Speel Snit 38 vir 'n finale oorsig.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           8
                                                                      GROOTTOTAAL:             30

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Musiek/V2                                DBE/Mei/Junie 2025
                     SS/NSS Vertroulik

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Musiek/V2                                                           DBE/Mei/Junie 2025
                                   SS/NSS Vertroulik

                              SLEGS VIR AMPTELIKE GEBRUIK
                                     PUNTE BEHAAL

                                             HERNASIEN
                                    MAKS      PUNTE         TEKEN

                     VRAAG                  10         1

                       1              4
                       2              4
                      3/4/5          14
                       6              8

                     TOTAAL          30

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Music · Memo · 2025 · Afr
- [MUSIC P2 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-gr12-qp-sept2018-afrikaans/3282a35b-e6c8-471f-84ed-a3c212875a4f) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — Music · QP · 2023 · Eng
- [Music P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2022-eng/4ac9e2aa-5736-4fa9-9bf7-d5bccad2d8fb) — Music · QP · 2022 · Eng
- [Music P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2021-eng/1069be7d-0133-4b18-81b1-0f2ef4201fee) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2019-eng/c698734b-07b1-4c0a-8e90-d034c762303d) — Music · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — QP · 2023 · Eng
- [Music P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-mg-afr/c41229fd-d079-4d2e-9458-58f3b07bf59e) — Memo · 2022 · Afr
- [Music GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/871a1726-314b-4de1-a553-1b0625e6601a) — Guideline · 2021 · Afr
- [Music P1 May June 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2021-mg-afr/b7f5c0c9-52cd-4bb8-88d2-db893c039c17) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
