# Music Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2014-afr/ae3175f2-443a-4a81-9f5f-ac05adbf01b1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2014-afr/ae3175f2-443a-4a81-9f5f-ac05adbf01b1)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                    MUSIEK V2

                                NOVEMBER 2014

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

PUNTE: 30

TYD: 1½ uur

        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                   2                             DBE/November 2014
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A (Gehoor)               (10)
      AFDELING B (Herkenning)           (12)
      AFDELING C (Vorm)                 (8)

2.    VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is verpligtend.

3.    Beantwoord VRAAG 4 (Westerse Kunsmusiek (WKM)) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF
      VRAAG 6 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)).

4.    Skryf al jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir musieknotasie
      en blou of swart ink vir die ander antwoorde.

5.    Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl die kandidate na 'n CD luister.

6.    Die musiekonderwyser van die sentrum             moet   die   eksamen     in   die
      teenwoordigheid van die toesighouer afneem.

7.    Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
      is. Die kandidaat mag hierdie bladsy verwyder.

8.    Kandidate mag vir die duur van die eksamen nie toegang tot enige
      musiekinstrument hê nie.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                    3                           DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKAPPARAAT WERK

1.    Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies.

2.    Elke musiekuittreksel (snit) moet die vereiste getal kere wat in die vraestel
      gespesifiseer is, gespeel word.

3.    Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hul
      antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.

4.    Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit
      gespeel word.

5.    Indien 'n skool meer as een stroom (Westerse Kunsmusiek (WKM), JAZZ,
      Inheemse Afrika-musiek (IAM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word:

      •     Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal skryf.
      •     Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
      •     Elke lokaal moet moet sy eie CD met musiekuittreksels ontvang.
      •     'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.
      •     Die snitte moet soos volg gespeel word:
             - WKM-kandidate: Snit 1–24 en Snit 38–42
             - JAZZ-kandidate: Snit 1–13, Snit 25–30 en Snit 38–42
             - IAM-kandidate: Snit 1–13 en Snit 31–42
6.    'n CD-speler wat met batterye werk, moet beskikbaar wees in geval van 'n
      kragonderbreking.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                        4                  DBE/November 2014
                                NSS

NASIENROOSTER

 AFDELING A: GEHOOR            TOTAAL   NASIENER   MODERATOR

 VRAAG 1 (VERPLIGTEND)           4

 VRAAG 2 (VERPLIGTEND)           6

 SUBTOTAAL                       10

 AFDELING B: HERKENNING        TOTAAL   NASIENER   MODERATOR

 VRAAG 3 (VERPLIGTEND)           4

 EN

 VRAAG 4 (WKM)                   8

 OF

 VRAAG 5 (JAZZ)                  8

 OF

 VRAAG 6 (IAM)                   8

 SUBTOTAAL                       12

 AFDELING C: VORM              TOTAAL   NASIENER   MODERATOR

 VRAAG 7 (VERPLIGTEND)           8

 SUBTOTAAL                       8

 GROOTTOTAAL                     30

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       5                            DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING A: GEHOOR

VRAAG 1

 Speel Snit 1 VIER keer. Wag 30 sekondes na elke herhaling.

1.1     Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die
        ontbrekende note in maat 2–4 hieronder.

                                                                                                        (3)

 Speel Snit 1 nog EEN keer.

 Speel Snit 2 TWEE keer. Wag 30 sekondes tussenin.

1.2         Luister na die kitaarmotief wat saam met die klavierparty in hierdie uittreksel
            gespeel word.

            Kies die ritmiese patroon uit die opsies hieronder wat die kitaarparty die beste
            voorstel. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                                                                                                  (1)
                                                                                                  [4]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                  6                           DBE/November 2014
                                          NSS

VRAAG 2

 Speel Snit 3 EEN keer om 'n algemene oorsig te gee.

Luister na die uittreksel uit Every Breath You Take terwyl jy die vokale partituur volg.
Beantwoord die vrae wat volg.

                     Inleiding

                            -

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     7                            DBE/November 2014
                                             NSS

 Speel Snit 4 TWEE keer.

2.1         Watter EEN van die volgende tydmaattekens beskryf die maatslag van die
            inleiding? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                      3                      6                      4
                      4                      8                      4                          (1)

 Speel Snit 5 TWEE keer.

2.2         Watter nie-akkoordnoot is op die partituur by 2.2 weggelaat? Maak 'n
            kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                               Hulpnoot/     Vooruitneming/ Terughouding/
             Deurgangsnoot
                               Wisselnoot     Antisipasie    Suspensie                         (1)

 Speel Snit 6 TWEE keer.

2.3         Noem die ritmiese komposisietegniek wat by 2.3 gebruik word.

                                                                                               (1)

 Speel Snit 7 VYF keer.

2.4         Die notasie van maat 16 en 17 is op die partituur by 2.4 weggelaat. Vul die
            ontbrekende toonhoogtes wat ooreenstem met die musiek wat jy hoor, in.
            (Die nootwaardes is op die partituur gegee.)                                       (2)

 Speel Snit 8 TWEE keer.

2.5         Benoem die interval wat deur die twee ontbrekende note by 2.5 gevorm word.

                                                                                               (1)

 Speel Snit 9 EEN keer.                                                                        [6]

                                                               TOTAAL AFDELING A:              10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     8                    DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIKALE KONSEPTE

VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND)

Bestudeer die items in KOLOM A in VRAAG 3.1–3.4 vir twee minute.

 Speel Snit 10 TWEE keer.

3.1         Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 10 verband hou. Maak 'n
            kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.

                KOLOM A            Snit 10
            Majeur
            Marimba
            Vraag en antwoord
            Pentatonies
            Mineur
            Sopraan                                                                    (2)

 Speel Snit 11 TWEE keer.

3.2         Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 11 verband hou. Maak 'n
            kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.

                  KOLOM A            Snit 11
            Barok
            Homofoniese tekstuur
            Klavesimbel
            Polifoniese tekstuur
            Harp
            Klassiek                                                                   (2)

 Speel Snit 12 TWEE keer.

3.3         Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 12 verband hou. Maak 'n
            kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.

                   KOLOM A           Snit 12
            Sinkopasie
            Xilofoon
            Saksofoon
            Suid-Afrikaanse jazz
            Improvisasie
            Klarinet                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                 9                    DBE/November 2014
                                         NSS

 Speel Snit 13 TWEE keer.

3.4         Merk TWEE items in KOLOM A wat met Snit 13 verband hou. Maak 'n
            kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.

                   KOLOM A         Snit 13
            A cappella
            Polifonies
            Chromatiese harmonie
            Presto
            Inleiding
            Vraag en antwoord                                                      (2)
                                                                      (8 ÷ 2)      [4]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      10                             DBE/November 2014
                                              NSS

Beantwoord VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM).

VRAAG 4: WKM

4.1         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 14 EEN keer.

            4.1.1     Hierdie uittreksel kom uit 'n opera. Watter karakter sing dit?

                                                                                                     (1)

            4.1.2     Noem die stemtipe van hierdie karakter.

                                                                                                     (1)

            4.1.3     Kies 'n geskikte tempo-aanduiding vir hierdie aria. Maak 'n
                      kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                              Quasi Allegro         Larghetto             Giocoso                    (1)

             Speel Snit 15 TWEE keer.

            4.1.4     Watter komposisietegniek word tussen die houtblaasseksie en die
                      solis gebruik?

                                                                                                     (1)

             Speel Snit 16 TWEE keer.

            4.1.5     Noem die kadens aan die einde van hierdie uittreksel.

                                                                                                     (1)

4.2         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 17 EEN keer.

            4.2.1     Identifiseer die komponis en naam van hierdie werk.

                      Komponis:

                      Naam van die werk:                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       11                            DBE/November 2014
                                               NSS

             Speel Snit 18 TWEE keer.

            4.2.2     Behalwe die strykerseksie, watter ander seksie van die orkes staan
                      duidelik uit in die openingsakkoorde van hierdie uittreksel?

                                                                                                   (1)

             Speel Snit 19 TWEE keer.

            4.2.3     Identifiseer die tekstuur in die uittreksel. Kies die korrekte antwoord
                      uit die lys hieronder en omkring die toepaslike letter (A–D).

                       A     Akkoordaal en melodieus
                       B     Homofonies, wat polifonies word
                       C     Uitbundig en improvisatories
                       D     Polifonies, wat homofonies word                                       (1)

             Speel Snit 20 TWEE keer.

            4.2.4     Watter instrument speel die soloparty?

                                                                                                   (1)

4.3         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 21 EEN keer.

            4.3.1     Identifiseer die stylperiode.

                                                                                                   (1)

            4.3.2     Wat is die tonaliteit van hierdie uittreksel?

                                                                                                   (1)

             Speel Snit 22 EEN keer.

            4.3.3     Beskryf die stemming wat in hierdie uittreksel uitgebeeld word.

                                                                                                   (1)

             Speel Snit 23 EEN keer.

            4.3.4     Watter tipe orkes speel in hierdie uittreksel?

                                                                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     12                           DBE/November 2014
                                             NSS

             Speel Snit 24 DRIE keer.

            4.3.5     Die strykerseksie se akkoorde word deur 'n houtblasermelodie
                      gevolg. Wat is die funksie van hierdie houtblasermelodie?

                                                                                                (1)

            4.3.6     Noem die houtblaasinstrument wat in hierdie uittreksel speel.

                                                                                                (1)
                                                                                 (16 ÷ 2)       [8]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             12

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      13                            DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 5: JAZZ

5.1         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 25 EEN keer.

            5.1.1     Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl. Maak 'n kruisie (X) in die
                      toepaslike blokkie.

                         Marabi         Cape jazz          Kwêla       Malombo-jazz                (1)

            5.1.2     Identifiseer die naam van die werk in hierdie uittreksel.

                                                                                                   (1)

            5.1.3     Noem EEN kunstenaar wat met die musiekstyl in VRAAG 5.1.1
                      geassosieer word.

                                                                                                   (1)

             Speel Snit 26 EEN keer.

            5.1.4     Noem die instrument wat die solo speel.

                                                                                                   (1)

             Speel Snit 27 EEN keer.

            5.1.5     Watter EEN van die volgende is die korrekte kombinasie
                      instrumente wat jy in die uittreksel hoor? Maak 'n kruisie (X) in die
                      toepaslike blokkie.

                             Klavier                 Klavier             Klavier
                            Vibrafoon                Kitaar            Klawerbord
                            Baskitaar               Baskitaar           Baskitaar
                         Tenoorsaksofoon            Trompet            Saksofoon
                            Tromstel                Tromstel            Tromstel                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       14                          DBE/November 2014
                                               NSS

5.2         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 28 TWEE keer.

            5.2.1     Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl.

                                                                                                 (1)

            5.2.2     Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 5.2.1.

                                                                                                 (1)

            5.2.3     Noem 'n internasionale jazz-styl wat hierdie lied beïnvloed het.

                                                                                                 (1)

            5.2.4     Identifiseer die solis se stemtipe.

                                                                                                 (1)

             Speel Snit 29 EEN keer.

            5.2.5     Noem die solo-instrument in hierdie uittreksel.

                                                                                                 (1)

5.3         Luister na die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 30 TWEE keer.

            5.3.1     Identifiseer die Suid-Afrikaanse musiekstyl.

                                                                                                 (1)

            5.3.2     Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 5.3.1 te motiveer.

                                                                                                 (2)

            5.3.3     Noem EEN instrument wat die reëlmatige polsslag aan die
                      lied gee.

                                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                    15                            DBE/November 2014
                                            NSS

            5.3.4    Wat is die rol van die vrouestemme in hierdie lied?

                                                                                               (1)

            5.3.5    Noem 'n groep wat net uit vroue bestaan, wat jy met hierdie
                     musiekstyl assosieer.

                                                                                               (1)
                                                                                 (16 ÷ 2)      [8]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             12

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       16                             DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 6: IAM

6.1         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 31 EEN keer.

            6.1.1     Identifiseer die musiekstyl wat jy in hierdie uittreksel hoor.

                                                                                                    (1)

            6.1.2     Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 6.1.1.

                                                                                                    (2)

             Speel Snit 32 EEN keer.

            6.1.3     Noem die term wat die gesproke teks in hierdie uittreksel beskryf.

                                                                                                    (1)

             Speel Snit 33 TWEE keer.

            6.1.4     Gee die naam van die vokale komposisietegniek wat jy in hierdie
                      uittreksel hoor.

                                                                                                    (1)

6.2         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 34 EEN keer.

            6.2.1     Identifiseer die musiekstyl in hierdie uittreksel.

                                                                                                    (1)

            6.2.2     Noem 'n kunstenaar wat met hierdie musiekstyl geassosieer word.

                                                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       17                          DBE/November 2014
                                               NSS

             Speel Snit 35 EEN keer.

            6.2.3     Met watter ander musiekstyl kan jy ook die kitaarklank assosieer?
                      Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                         Maskandi          Marabi          Kwêla         Malombo                 (1)

             Speel Snit 36 EEN keer.

            6.2.4     Identifiseer EEN idiofoon en EEN membranofoon wat jy hoor.

                      Idiofoon:

                      Membranofoon:                                                              (2)

6.3         Luister na die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

             Speel Snit 37 TWEE keer.

            6.3.1     Identifiseer die Suid-Afrikaanse musiekstyl.

                                                                                                 (1)

            6.3.2     Gee TWEE redes om jou antwoord op VRAAG 6.3.1 te motiveer.

                                                                                                 (2)

            6.3.3     Noem EEN instrument wat die reëlmatige polsslag aan die lied
                      verskaf.

                                                                                                 (1)

            6.3.4     Wat is die rol van die vrouestemme in hierdie lied?

                                                                                                 (1)

            6.3.5     Noem die groep wat jy met hierdie musiekstyl assosieer.

                                                                                                 (1)
                                                                                   (16 ÷ 2)      [8]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:            12

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     18                            DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING C: VORM

VRAAG 7

Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.

 Speel Snit 38 EEN keer vir 'n algemene oorsig.
Luister na die uittreksel uit Blue Moon terwyl jy die vokale partituur bestudeer.

                                    Blue Moon
            Inleiding

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      19                          DBE/November 2014
                                              NSS

Speel Snit 38 weer.

7.1         Analiseer die vorm van hierdie stuk. Dui die hoofseksies op die partituur aan
            deur hoofletters (byvoorbeeld C, D, ensovoorts) bo-aan die partituur te skryf.
            Begin jou analise na die inleiding wat op die partituur aangedui is.               (4)

7.2         Noem die oorkoepelende vorm van hierdie lied.

                                                                                               (1)

Speel Snit 39 TWEE keer.

7.3         Watter EEN van die volgende komposisietegnieke word in maat 6–9 by (a)
            gebruik? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

             Melodiese herhaling       Omkering          Sekwens           Vergroting          (1)

Speel Snit 40 TWEE keer.

7.4         Noem die tipe nie-akkoordnoot wat jy in maat 10 by (b) hoor. (MOENIE die
            letternaam of nootwaarde neerskryf NIE.)

                                                                                               (1)

 Speel Snit 41 TWEE keer.

7.5         Vergelyk maat 203–222 met maat 223–242 by (d).

            Watter ritmiese komposisietegniek word hier gebruik?

                                                                                               (1)

 Speel Snit 42 EEN keer.                                                                       [8]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:          8
                                                                       GROOTTOTAAL:            30

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     DBE/November 2014
                                NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2014-eng/a8d1eb4c-47d6-434c-a2bf-3114be2d5b86) — Music · QP · 2014 · Eng
- [Music P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2014-afr/8190a642-302b-4390-a143-a02e28cb41e6) — Music · QP · 2014 · Afr
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — Music · QP · 2023 · Eng
- [Music P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2021-eng/5d4d9b8a-5dab-47b2-999e-39c59e41ebda) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2021-afr/b0a98483-cd4f-447d-975e-960f7ca6aa09) — Music · QP · 2021 · Afr
- [Music P2 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2020-eng/2898a027-428b-4511-a182-5a9e7db7cb57) — Music · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
