# Music Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2018-afr/a151ead5-a716-40ae-ab57-059aa87aa19f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2018-afr/a151ead5-a716-40ae-ab57-059aa87aa19f)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                        MUSIEK V2

                                    NOVEMBER 2018

PUNTE: 30

TYD: 1½ uur
SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

                                    SLEGS VIR AMPTELIKE GEBRUIK
                     VRAAG            PUNTE BEHAAL                     GEMODEREER
                                         PUNTE              GEMODEREERDE
                              MAKS.                TEKEN                       TEKEN
                                        BEHAAL                 PUNTE

                                         10    1                  10       1

                       1       4

                       2       6

                       3       4

                      4/5/6    8

                       7       8

                     TOTAAL    30

          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                   2                         DBE/November 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gehoor           (10)
      AFDELING B: Herkenning       (12)
      AFDELING C: Vorm             (8)

2.    VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is VERPLIGTEND.

3.    Beantwoord VRAAG 4 (Westerse Kunsmusiek (WKM)) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF
      VRAAG 6 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)).

4.    Skryf AL jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir musieknotasie
      en blou of swart ink vir die ander antwoorde.

5.    Hierdie eksamen sal afgeneem word terwyl die kandidate na 'n CD luister.

6.    Die musiekonderwyser van die sentrum            moet    die   eksamen    in   die
      teenwoordigheid van die toesighouer afneem.

7.    Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
      is. Die kandidaat MAG NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

8.    Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
      musiekinstrument hê NIE.

9.    Kandidate moet op die puntetoekenning by elke vraag let om genoeg inligting in
      hulle antwoorde te verskaf.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                   3                           DBE/November 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKAPPARAAT WERK

1.    Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies.

2.    Elke musiekuittreksel (snit) moet die getal kere wat in die vraestel gespesifiseer
      is, gespeel word.

3.    Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hul
      antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.

4.    Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit
      gespeel word.

5.    Indien 'n skool meer as een stroom (Westerse Kunsmusiek (WKM), Jazz,
      Inheemse Afrika-musiek (IAM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word:
      • Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal afneem.
      • Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
      • Elke lokaal moet sy eie CD met musiekuittreksels hê.
      • 'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.

6.    Die snitte moet soos volg gespeel word:
      • WAM-kandidate: Snitte 1 tot 20 en Snit 33
      • JAZZ-kandidate: Snitte 1 tot 11, Snitte 21 tot 27 en Snit 33
      • IAM-kandidate: Snitte 1 tot 11 en Snitte 28 tot 33

7.    'n CD-speler wat met batterye werk, moet in geval van 'n kragonderbreking
      beskikbaar wees.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                   4                          DBE/November 2018
                                           NSS

AFDELING A: GEHOOR

VRAAG 1

 Speel Snit 1 TWEE keer direk na mekaar.

1.1   Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die ontbrekende
      note in mate 2–3 hieronder.

                                                                                               (3)

 Speel Snit 1 weer TWEE keer.

 Speel Snit 2 DRIE keer na mekaar.

1.2   Watter EEN van die notasies hieronder stel die solo-stemparty-gedeelte die beste
      voor? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

       (a)

       (b)

       (c)

                                                                                               (1)

 Speel Snit 2 weer EEN keer.
                                                                                               [4]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      5                          DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 2

 Speel Snit 3 EEN keer vir 'n algemene oorsig.

Luister na die uittreksel hieronder. Beantwoord die vrae wat volg.

 Speel Snit 4 TWEE keer.

2.1      Noem die interval wat tussen die Db-noot en die ontbrekende noot in maat 24
         gevorm word.

         ___________________________________________________________                              (1)

 Speel Snit 5 TWEE keer.

2.2         Watter tipe nie-akkoordnoot hoor jy in maat 54?

            __________________________________________________________                            (1)

2.3         Noem die kadens by maat 11 en 12.

            __________________________________________________________                            (1)

 Speel Snit 6 DRIE keer.

2.4         Luister na die musiek vanaf mate 1 tot 6. Van die notasie in maat 4 is uit die
            partituur weggelaat. Vul die ontbrekende toonhoogtes en nootwaardes in wat
            ooreenstem met die musiek wat jy hoor.                                                (2)

2.5         Noem die soloinstrument wat die melodiese lyn speel.

            __________________________________________________________                            (1)
                                                                                                  [6]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                      6                           DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE

VRAAG 3: ALGEMENE LUISTER (VERPLIGTEND)

Luister na die volgende snitte en beantwoord die vrae wat volg.

 Speel Snit 7 DRIE keer.

3.1         Met watter items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy in Snit 7 hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                          KOLOM A                      Snit 7
             Chromatiese passasie
             Adagio
             Duo
             Allegretto
             Stryk-en-houtblaaskwartet
             Majeurtoonsoort
             Strykkwartet                                                                         (3)

 Speel Snit 8 TWEE keer.

3.2      Watter EEN van die volgende stellings is KORREK? Maak 'n kruisie (X) in die
         toepaslike blokkie.

                                           STELLING
            Die uittreksel bestaan uit 'n motief, 'n nabootsing en 'n onvolmaakte
            kadens
            Die uittreksel bestaan uit 'n motief, omkering en 'n onvolmaakte
            kadens
            Die uittreksel bestaan uit 'n motief, herhaling en 'n onvolmaakte
            kadens                                                                                (1)

 Speel Snit 9 DRIE keer.

3.3         Met watter items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy in Snit 9 hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                            KOLOM A                    Snit 9
             Vokale melodie begin met 'n opmaat
             Drieslagmaat
             Vierslagmaat
             'Swing'/'shuffle'-ritme
             Kitaarinleiding
             12 maat-blues
             Sillabiese toonsetting                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     7                         DBE/November 2018
                                             NSS

 Speel Snit 10 DRIE keer.

3.4         Met watter items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy in Snit 10 hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                            KOLOM A                 Snit 10
             Akkoordbegeleiding
             Allegro
             Eenvoudige vierslagmaat
             Saamgestelde drieslagmaat
             Kitaarinleiding
             Egalige ritme
             Altstem                                                                           (3)

 Speel Snit 11 TWEE keer.

3.5         Kies enige TWEE items uit KOLOM A en identifiseer wat jy in KOLOM B hoor.

                        KOLOM A                               KOLOM B
                                                           (IDENTIFISEER)
            Solo-instrument
            Prominente komposisietegniek
            Musiekgenre
            Tekstuur                                                                           (2)
                                                                                (12 ÷ 3)       [4]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       8                           DBE/November 2018
                                               NSS

Beantwoord ÓF VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM).

VRAAG 4: WKM

 Speel Snitte 12, 13 en 14 TWEE keer.

4.1         Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae.

            Met watter EEN van die karakters in KOLOM A assosieer jy ELKE snit?
            Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie vir elke snit.

                KOLOM A            Snit 12       Snit 13         Snit 14
             Papageno
             Tamino
             Sarastro
             Monastatos
             Pamina                                                                                  (3)

 Speel Snit 15 TWEE keer.

4.2         Gee 'n gepaste Italiaanse term om die tempo van die musiek in hierdie
            uittreksel te beskryf.

            __________________________________________________________                               (1)

4.3         Noem die houtblaasinstrument wat aan die einde van hierdie uittreksel gehoor
            word.

            __________________________________________________________                               (1)

 Speel Snit 16 TWEE keer.

4.4      Watter item beskryf die komposisietegniek wat in hierdie uittreksel gebruik
         word? Kies uit die lys hieronder. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                Melodiese            Afgaande              Ritmiese        Opgaande
                omkering             sekwens               variasie         sekwens                  (1)

 Speel Snit 17 TWEE keer.

4.5         Wat is die titel van die beweging waaruit hierdie uittreksel kom?

            __________________________________________________________                               (1)

 Speel Snit 18 DRIE keer.

4.6         Watter solo-blaasinstrument speel die melodie?

            __________________________________________________________                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                        9                           DBE/November 2018
                                                NSS

4.7         Watter blaasinstrument speel aan die begin van hierdie uittreksel 'n
            begeleiding vir die melodie?

            __________________________________________________________                               (1)

4.8         Beskryf hoe Beethoven die strykers in hierdie uittreksel aanwend.

            __________________________________________________________

            __________________________________________________________                               (2)

 Speel Snit 19 DRIE keer.

4.9      Kies DRIE stellings hieronder wat die musiek wat jy hoor, die beste beskryf.
         Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

            Alle instrumente speel unisoon
            Opgaande legato-passasies
            Opgaande chromatiese toonleerpassasies
            Opgaande chromatiese sekwense in klarinette
            Lang gedrae noot
            Klarinetsolo                                                                             (3)

4.10        Skryf die titel van die werk waaruit hierdie uittreksel geneem is, neer.

            ____________________________________________________                                     (1)

 Speel Snit 20 TWEE keer.

4.11        Identifiseer die gedeelte van die werk waaruit hierdie uittreksel geneem is.
            Kies uit die lys hieronder en maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

                  Gedeelte van werk             Antwoord
             Eerste onderwerp/tema
             Tweede onderwerp/tema
             Einde van die ontwikkeling
             Begin van die koda                                                                      (1)
                                                                                       (16 ÷ 2)      [8]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               12

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                    10                        DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 5: JAZZ

 Speel Snit 21 TWEE keer.

5.1         Met watter VIER items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in VIER toepaslike blokkies.

                      KOLOM A                     Antwoorde
             Mbaqanga
             Pentatonies
             Majeur
             Eenvoudige vierslagmaat
             12 maat-blues
             Cape jazz

                = 110
             Kwêla
             Harmoniese akkoordsiklus                                                         (4)

 Speel Snit 22 TWEE keer.

5.2         Watter item beskryf die melodiese beweging van die horingseksie?
            Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

             Chromatiese passasie
             Groepimprovisasie
             Opgaande sekwense
             Afgaande sekwense                                                                (1)

 Speel Snit 23 TWEE keer.

5.3         Behalwe vir die tromstel, noem EEN ander instrument wat deel van die
            ritmeseksie van hierdie uittreksel vorm.

            __________________________________________________________                        (1)

 Speel Snit 24 DRIE keer.

5.4         Met watter EEN van die Suid-Afrikaanse solokunstenaars hieronder assosieer
            jy hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

              Robbie Jansen      Philip Tabane    Zim Ngqawana       Hugh Masekela            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                         11                        DBE/November 2018
                                                 NSS

5.5         Met watter DRIE items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                             KOLOM A                            Antwoorde
             Vermeng Xhosa-liedere met blues
             Abdullah Ibrahim-invloed
             Idiofoon
             Modale akkoordprogressie
             Improvisasie
             Seremoniële atmosfeer                                                                 (3)

5.6         Beskryf die rol van die klavier in hierdie uittreksel.

            ______________________________________________________________

            ______________________________________________________________

            ______________________________________________________________                         (2)

 Speel Snit 25 DRIE keer.

5.7         Noem die instrument wat die begeleiding in die inleiding van hierdie uittreksel
            speel.

            __________________________________________________________                             (1)

5.8         Beskryf die rol van die agtergrondsangers.

            ______________________________________________________________

            ______________________________________________________________

            ______________________________________________________________                         (2)

5.9         Noem EEN groep wat jy met hierdie jazz-styl assosieer.

            ______________________________________________________________                         (1)
                                                                    (16 ÷ 2)                       [8]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:            12

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       12                  DBE/November 2018
                                               NSS

VRAAG 6: IAM

 Speel Snit 26 TWEE keer.

6.1         Met watter VIER items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in VIER toepaslike blokkies.

                    KOLOM A               Antwoorde
             Mbaqanga
             Modaal
             Malombo
             Umrhube
             Ululasie
             Majeur
             Aërofoon
             Konsertina
             Herhaling                                                                      (4)

 Speel Snit 27 TWEE keer.

6.2         Beskryf die gefluit wat jy hoor.

            ______________________________________________________________

            ______________________________________________________________

            ______________________________________________________________                  (1)

6.3         Skryf 'n geskikte term neer wat die ritmiese kenmerk in die begeleiding
            beskryf.

            ______________________________________________________________                  (1)

 Speel Snit 28 TWEE keer.

6.4         Met watter DRIE items in KOLOM A assosieer jy die musiek wat jy hoor?
            Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.

                      KOLOM A                  Antwoorde
             Blues
             Batswana
             Idiofoon
             Malombo-trom
             Akkoordsiklus
             Tshikona                                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     13                        DBE/November 2018
                                             NSS

 Speel Snitte 29 en 30 TWEE keer na mekaar.

6.5      Identifiseer die verskille tussen Snit 29 en Snit 30. Kies slegs TWEE items in
         KOLOM A om te vergelyk.

                KOLOM A                   Snit 29                    Snit 30

            Inleiding

            Stemtipe

            Tempo/Maatslag

                                                                                               (4)

6.6         Noem die styl waarmee jy beide uittreksels assosieer.

            __________________________________________                                         (1)

6.7         Met watter kunstenaars/orkeste ('bands') word ELKE snit geassosieer?

            Antwoord:

            Snit 29: ___________________________________________________

            Snit 30: ___________________________________________________                       (2)
                                                                      (16 ÷ 2)                 [8]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             12

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     14                   DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING C: VORM

VRAAG 7

Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.

 Speel Snit 31 EEN keer vir 'n algemene oorsig.

Luister na die stuk hieronder terwyl jy die partituur bestudeer.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                       15                        DBE/November 2018
                                               NSS

 Speel Snit 31 weer.

7.1         Noem die vormtipe van hierdie stuk.

            ______________________________________________________________                    (1)

7.2         Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1 deur 'n skematiese uitleg van die vorm
            van hierdie stuk te gee. Gebruik die tabel hieronder.

                Seksie           Maatnommers

                                                                                              (4)

7.3         Noem die tekstuurtipe van hierdie uittreksel.

            ______________________________________________________________                    (1)

7.4         Wat is die funksie van die F-herstel in maat 8?

            ______________________________________________________________                    (1)

7.5         Watter EEN van die volgende eienskappe word in hierdie stuk gebruik?
            Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie.

             Pentatoniese toonleer     Drieslagmaat         Sinkopasie    Kinderkoor          (1)
                                                                                              [8]
 Speel Snit 31 vir 'n finale oorsig.

                                                                    TOTAAL AFDELING C:        8
                                                                        GROOTTOTAAL:          30

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V2                                     DBE/November 2018
                                 NSS

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2018-eng/97092bca-32dc-48cf-8ac5-1da5303b2d5d) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2018-final-memo-eng/ecd996fd-7e2d-48a5-b6d1-42a03bea543e) — Music · Memo · 2018 · Eng
- [Music P2 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2018-final-memo-afr/766a7455-cdb5-4346-881e-51c43e1dea3e) — Music · Memo · 2018 · Afr
- [Music P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-eng/c2dd58b5-46d3-453e-9cba-001c07f400d4) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-afr/fee83adc-0be8-4a60-b20a-59c78b3a5707) — Music · QP · 2018 · Afr
- [MUSIC P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/eb3dc6ce-4a41-4a4a-a609-73fa918e62e0) — Music · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
