# Natural Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

> Grade 9 Natural Sciences question paper from the November EC 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/natural-sc-gr9-qp-nov2016-afrikaans/da02c009-2416-4e33-bf54-107b5c46e7ce
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/natural-sc-gr9-qp-nov2016-afrikaans/da02c009-2416-4e33-bf54-107b5c46e7ce)

## About this document

Natural Sciences · Grade 9 · November EC · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     SENIOR FASE

                          GRAAD 9

                    NOVEMBER 2016

               NATUURLIKE WETENSKAPPE

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                             *9NAWET*

                   Hierdie vraestel beslaan 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               NATUURLIKE WETENSKAPPE                      (EC/NOVEMBER 2016)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Beantwoord al die vrae in hierdie vraestel.

    2.    Hierdie vraestel bevat DRIE afdelings:

          AFDELING A: (20 punte)
          AFDELING B: (50 punte)
          AFDELING C: (30 punte)

    3.    Hierdie vraestel bevat ELF vrae met sub-vrae.

    4.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

    5.    Beantwoord elke vraag volgens hulle puntetoekenning.

    6.    Lees noukeurig en verstaan alle vrae voordat jy dit beantwoord.

    7.    Benommer alle vrae korrek, in ooreenstemming met die vrae in hierdie
          vraestel.

    8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, waar nodig, gebruik.

    9.    Gebruik ŉ potlood vir alle tekeninge, sketse en grafieke.

    10.   Dis belangrik om netjies en leesbaar te skryf vir nasiendoeleindes.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)            NATUURLIKE WETENSKAPPE                                       3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Elke vraag het vier moontlike vrae. Kies die regte antwoord en skryf die
 ooreenstemmende letter (A–D) langsaan die vraagnommer op jou
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 1.11 E.

 1.1     Watter van die onderstaande faktore beïnvloed nie die weerstand van ŉ
         geleidingsdraad nie?

         A     Potensiële verskil
         B     Dikte
         C     Lengte
         D     Soort materiaal wat gebruik word                                         (1)

 1.2     Die potensiële verskil word in … gemeet.

         A     ampère
         B     volt
         C     joule
         D     ohm                                                                      (1)

 1.3     Veldkragte word ook … genoem.

         A     swaartekrag
         B     spanningskrag
         C     nie-kontakkragte
         D     kontakkragte                                                             (1)

 1.4     Die wet van aantrekking en afstoting tussen gelaaide deeltjies dui aan
         dat …

         A     soortgelyke ladings trek mekaar aan.
         B     ongelyksoortige ladings trek mekaar aan.
         C     soortgelyke ladings veroorsaak wrywing.
         D     ongelyksoortige ladings stoot mekaar af.                                 (1)

 1.5     Onwettige verbindings na die ESKOM hoof-elektriese lyn …

         A     is gevaarlik en word as energie-diefstal beskou.
         B     help alle Suid Afrikaners.
         C     kan arm mense help.
         D     is voordelig vir ESKOM.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 NATUURLIKE WETENSKAPPE                   (EC/NOVEMBER 2016)

    1.6   Die litosfeer het drie lae:

          A    Die mantel, aardkors en die grond
          B    Water, stikstof en suurstof
          C    Termosfeer, mesosfeer en water
          D    Koolstofdioksied, litosfeer en waterstof                                  (1)

    1.7   Daar is drie rotstipes, wat … is.

          A    koolstof, waterstof en graniet
          B    magma, stollings en aardkors
          C    sedimentêre, stollings en metamorfiese
          D    litosfeer, hidrosfeer en sedimentêr                                       (1)

    1.8   ŉ Swartgat is die fase van ŉ ster wanneer dit …

          A    baie dig en hoë gravitasie het.
          B    minder dig en lae gravitasie het.
          C    baie donker is.
          D    baie warm en donker is.                                                   (1)

    1.9   ŉ Ster wat lig nie toelaat om te ontsnap nie, word ŉ … genoem.

          A    rooireus
          B    swartgat
          C    neutron ster
          D    son                                                                       (1)

    1.10 Watter reaksie vind in sterre plaas?

          A    Kernkrag ontbinding
          B    Kombinasie
          C    Ontbinding
          D    Kernkrag kombinasie                                                      (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)            NATUURLIKE WETENSKAPPE                                       5

  VRAAG 2: ONTBREKENDE WOORDE

  Gee die korrekte terme vir die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
  langsaan die vraagnommer (2.1–2.5) in jou ANTWOORDEBOEK NEER.

  2.1    Negatiewe deeltjies in ŉ atoom                                              (1)

  2.2    ŉ Rots wat kosbare minerale bevat, wat gemyn kan word                       (1)

  2.3    Die laag van die aarde onder die aardkors                                   (1)

  2.4    ŉ Natuurlike verbinding wat deur geologiese prosesse gevorm is              (1)

  2.5    Elektrisiteit wat deur vallende water opgewek word                          (1)
                                                                                     [5]

  VRAAG 3: PASSENDE ITEMS

  Elke van die volgende terme of begrippe in KOLOM A pas by ŉ beskrywing in
  KOLOM B. Kies die regte en bypassende items vir KOLOM A van KOLOM B.
  Skryf slegs die korrekte letter (A–E) langsaan die nommer (3.1–3.5) van
  KOLOM A, byvoorbeeld, 3.6 E.

                 KOLOM A                              KOLOM B
  3.1    Is ŉ geleidingsmateriaal wat     A    Atmosfeer
         gebruik word om die
         elektriese stroom te beheer of
         om bruikbare energie oor te
         dra

  3.2    ŉ Materiaal wat nie die vloei    B    Aardverwarming
         van elektriese stroom
         gemaklik deurlaat nie

  3.3    Die lae gasse wat die Aarde      C    Vierde posisie weg van die son
         omring

  3.4    ŉ Posisie van die Aarde vanaf    D    ŉ Resistor
         die son

  3.5    ŉ Algehele verhoging van         E    Tweede posisie weg van die son
         temperatuur in die atmosfeer

                                          F    ŉ Insulator

                                          G    Derde posisie weg van die son
                                                                         (5 x 1)    [5]

                                                        TOTAAL AFDELING A:           20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               NATUURLIKE WETENSKAPPE                  (EC/NOVEMBER 2016)

    AFDELING B: ENERGIE EN VERANDERING

    VRAG 4: KRAGTE

    4.1   Wat is die eenheid van krag?                                                 (1)

    4.2   Alle magnete het twee kante of pole wat die … en … genoem word.              (2)

    4.3   Verduidelik die begrip, krag.                                                (1)

    4.4   ŉ Wetenskaplike wat tot die begrip van krag en beweging bygedra het.         (1)

    4.5   Noem TWEE soorte kragte.                                                     (2)

    4.6   ŉ Krag wat ŉ voorwerp bevat as gevolg van hul liggaamsmassa, staan
          as ... bekend.                                                               (1)

    4.7   Wat noem ons ŉ krag, wat die gevolg is, van twee voorwerpe wat teen
          mekaar geskuur word?                                                        (2)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               NATUURLIKE WETENSKAPPE                                     7

  VRAAG 5: ELEKTRIESE STROOMBANE

  5.1    Teken ŉ diagram van ŉ elektriese stroombaan met die volgende
         elektriese komponente – een gloeilamp wat in series met een sel
         gekonnekteer is, twee gloeilampies in parallel gekonnekteer en ŉ
         geslote skakelaar.                                                           (5)

  5.2    Identifiseer die simbole vir die stroombaankomponente, deur hulle oor te
         teken, langsaan die naam, soos hieronder aangedui, in jou
         ANTWOORDEBOEK.

                       KOMPONENT                           SIMBOOL
         5.2.1       Oop skakelaar

         5.2.2       Voltmeter

         5.2.3       Resistor

         5.2.4       Geleier

         5.2.5       Ammeter                                                          (5)

  5.3    Noem VIER faktore wat die weerstand van ŉ metaalgeleier kan
         beïnvloed en sê hoe elk van hierdie faktore die weerstand beïnvloed.         (8)
                                                                                     [18]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                NATUURLIKE WETENSKAPPE                        (EC/NOVEMBER 2016)

    VRAAG 6: PRAKTIESE ONDERSOEK

                                 Energie kragverbruik

    Gedurende winter gebruik die meeste mense baie elektrisiteit. Een huishouding
    word as voorbeeld hierbo voorgehou. Die bogenoemde grafiek wys hoe ŉ
    sekere huishouding elektriese toebehore gedurende die winter gebruik het.
    Beantwoord die onderstaande vrae deur die inligting van die bogenoemde
    grafiek te gebruik.

    6.1   Watter van die bogenoemde elektriese toebehore het die meeste
          elektrisiteit verbruik en waarom?                                                 (1)

    6.2   Noem TWEE voorbeelde van elektriese toebehore wat in die kombuis
          aangetref word.                                                                   (1)

    6.3   Noem TWEE kostebesparingmaatreëls wat jy as raad aan die familie kan
          gee.                                                                              (2)

    6.4   Wat is die totale elektrisiteitsverbruik vir die lugreëling en kombuis-
          toebehore in die huis?                                                            (1)

    6.5   As hierdie huishouding 7% van sy elektrisiteit vir die wassery-toebehore
          gebruik, bepaal hoeveel elektrisiteit dan verbruik word as hulle R200 se
          elektrisiteit per maand koop.                                                     (2)
                                                                                            [7]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)           NATUURLIKE WETENSKAPPE                                         9

  VRAAG 7: SERIES EN PARALLELE STROOMBAAN BEREKENINGE

  7.1    Bereken die totale weerstand en stroomsterkte van die volgende
         stroombane:
         Drie 20 Ω resistors word in series oor ŉ 120 V kragopwekker
         gekonnekteer.

         7.1.1   Wat is die totale weerstand van die stroombaan?                      (3)

         7.1.2   Wat is die stroomsterkte in hierdie stroombaan?                      (3)

  7.2    Skryf die formule vir die berekening van stroomsterkte na aanleiding van
         ohms-wette neer.                                                             (3)

  7.3    In ŉ parallelle stroombaan, met twee gloeilampies gekoppel aan ’n 3 V
         battery, wat sal die voltmeterlesing vir elk van die gloeilampies wees?      (2)

  7.4    Wat is die verskille tussen die volt en weerstand van ŉ serie stroombaan
         en ŉ parallel stroombaan?                                                    (4)
                                                                                     [15]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              NATUURLIKE WETENSKAPPE                        (EC/NOVEMBER 2016)

  AFDELING C: PLANEET AARDE EN DIE BUITENSTE RUIM

  VRAAG 8: DIE AARDE AS ’N STELSEL

  Die aarde kan as ŉ komplekse stelsel, waar alle dele met mekaar saamwerk,
  verstaan word. Vier sfere werk saam op of naby die oppervlak van die aarde.

  Beantwoord die onderstaande vrae, na aanleiding van die bogenoemde
  stelling.

  8.1    Verduidelik die interaksie tussen die biosfeer, die litosfeer, die
         hidrosfeer en die atmosfeer.                                                     (4)

  8.2    Die atmosfeer is die mengsel van gasse wat die Aarde omring en deur
         swaartekrag in stand gehou word. Hierdie mengsel staan bekend as lug
         en bestaan uit verskillende gasse soos stikstof, suurstof en
         koolstofdioksied.

         Wat is die persentasie van elk van die bogenoemde gasse?                         (3)

  8.3    Die rotssiklus is ŉ natuurlike aaneenlopende proses, waar rotse gevorm
         word, afgebreek word en hervorm word oor ŉ lang tyd. As gevolg van
         hierdie proses, word verskillende soorte rots gevorm. Noem DRIE
         soorte rots wat jy ken.                                                          (3)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)           NATUURLIKE WETENSKAPPE                                     11

  VRAAG 9: DIE ONTGINNING VAN MINERALE BRONNE

  Daar is grootskaalse myn-aktiwiteite in Suid Afrika en hierdie aktiwiteit het ŉ
  belangrike uitwerking op ons omgewing. Dit is baie belangrik dat ons na ons
  omgewing moet kyk.

  9.1    Noem VIER voorbeelde van omgewings-impakte wat deur mynbou
         ontginning in ons land veroorsaak word.                                     (4)

  9.2    Sommige minerale kan in hul natuurlike vorm gebruik word. Verskaf
         EEN voorbeeld van so ŉ mineraal.                                            (1)

  9.3    Gee die volle name van die volgende minerale:

         9.3.1       Al

         9.3.2       Au

         9.3.3       Cu                                                              (3)

  9.4    Minerale is regdeur ons geskiedenis belangrik vir die mensdom. Noem
         TWEE gebruike van minerale wat jy ken.                                      (2)
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            NATUURLIKE WETENSKAPPE                         (EC/NOVEMBER 2016)

  VRAAG 10: GEBOORTE, LEWE EN DOOD VAN STERRE

  Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die kolom hieronder te
  gebruik.

        Blou; Waterstof; Rooireus; Rooi; Nebulae; Kernkrag; Witdwerg;
                           Ster; Planetêre nebulae

  10.1 … bestaan vir ŉ vaste periode.                                                    (1)

  10.2 Sterre wat (10.2.1) … lyk is warmer en gewoonlik jonger as sterre wat
       (10.2.2) … voorkom.                                                               (2)

  10.3 Sterre vorm binne, groot gaswolke en stof wat … genoem word.                      (1)

  10.4 By ŉ sekere punt word die … reaksie se brandstof uitgedun.                        (2)

  10.5 … word deur hul sentrale dwergster verlig en is mooi voorwerpe om te
       besigtig.                                                                         (2)

  10.6 … is baie digte kosmiese oorblyfsels wat meestal is uit afgebreekte
       elektron materiaal saamgestel.                                                    (2)
                                                                                        [10]

                                                         TOTAAL AFDELING C:              30
                                                             GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [NATURAL SCIENCE GR9 MEMO NOV2016 AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-gr9-memo-nov2016-afrik/a384de90-66e7-4a16-93a7-22416531ec29) — Natural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [GR9 NATURAL SC (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-november-2016-question-paper/a3a1855b-9de4-4bd4-9504-48990b4d997a) — Natural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [NATURAL SC GR9 QP NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/natural-sc-gr9-qp-nov2016-eng/941b0d9a-212a-4bce-b07e-bdc4cd49b7ae) — Natural Sciences · QP · 2016 · Eng
- [GR9 NATURAL SC Afrikaans November 2016 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-november-2016-possible-answer/8677396b-3cad-4692-86ec-17c42b1d7d4e) — Natural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [NATURAL SC GR9 MEMO NOV 2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/natural-sc-gr9-memo-nov-2016-eng/f1b49dbe-8f9b-4ddb-8fa4-435ebc7cf7c6) — Natural Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [Grade 9 Afrikaans NS Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-ns-test/a36f5835-c4cc-498c-94fd-08df58a57ff5) — Natural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 9 Natural Sciences

- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2024-possible-answers/2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41) — Memo · 2024 · Afr
- [10 JUNE S2 NW 9 NS MG JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper/bb46aadd-6c45-4f2b-83a0-0045170e2105) — Memo · 2024
- [FS Natural Sciences Grade 9 June 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-june-exam-question-paper-and-memorandum/38de93c6-eacb-4b5a-af4d-5e7031a2a92b) — QP + Memo · 2023
- [FS Natural Sciences Grade 9 November 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-november-exam-question-paper-and-memorandum/5eafc8e8-9033-4343-a887-c1a6a26da975) — QP + Memo · 2023
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2023-possible-answers/f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 Natural Sciences (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-natural-sciences-afrikaans-2023-possible-answers/d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
