# Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 9 Natural Sciences question paper from the GEC Test 2023 (Afrikaans), 31 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/ns-afrikaans-test/768aa9ee-58e9-4e10-8543-ae5889bee1dd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: GEC Test
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/ns-afrikaans-test/768aa9ee-58e9-4e10-8543-ae5889bee1dd)

## About this document

Natural Sciences · Grade 9 · GEC Test · 2023 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE ASSESSERING
   ALGEMENE ONDERWYSSERTIFIKAAT (AOS)

                   2023 GRAAD 9 PROEFSTUDIE

Vak:            Natuurwetenskappe

Punte:          70

Tydsduur        120 Minute
                15 minute leestyd uitgesluit

         Hierdie toets bestaan uit 29 bladsye, uitgesluit die voorblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Graad 9 Natuurwetenskappe   1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan die leerder
1. Jy sal 15 minute leestyd ontvang voor jy hierdie toets begin beantwoord.
2. Lees al die instruksies en vrae deeglik.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Gebruik die boek wat voorsien is om die antwoorde in te skryf.
5. Jy mag gebruik maak van ŉ nie-programeerbare sakrekenaar.

                            Die toets begin op die volgende bladsy.

                Moenie omblaai voor jy aangesê word om dit te doen nie

Graad 9 Natuurwetenskappe                     2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING A

 1.    Wat is ŉ kontakkrag?

       A     Dit is ŉ krag wat oor ŉ afstand op twee liggame uitgeoefen word.
       B     Dit is ŉ krag wat uitgeoefen word wanneer twee liggame aan mekaar
             raak.
       C     Dit is ŉ krag wat uitgeoefen word wanneer twee liggame mekaar
             afstoot.
       D     Dit is ŉ krag wat uitgeoefen word deur twee liggame wat dieselfde   (1)
             massa het.

 2.    Wat is die ooreenkomste tussen magnetiese- en elektrostatiese krag?

       A     Voorwerpe stoot mekaar af en trek mekaar nooit aan nie.
       B     Voorwerpe trek mekaar aan en stoot mekaar af.
       C     Voorwerpe trek mekaar aan en stoot mekaar nooit af nie.
       D     Voorwerpe is onafhanklik van die afstand van mekaar.                (1)

 3.    Watter EEN van die volgende is die eenheid van krag?

       A     watt
       B     joule
       C     gram
       D     newton                                                              (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                  3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

 4.    Die onderstaande diagram wys ŉ voorwerp wat op ŉ tafel rus.

       Wat is die krag wat loodreg werk op die oppervlak waarop die voorwerp rus?

       A     Gewig
       B     Wrywing
       C     Normaal
       D     Spanning                                                               (1)

 5.    Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

       Waar is die magnetiese veld die sterkste? Waar …

       A     die magnetiese veldlyne verder van mekaar is.
       B     die pyle op elke magnetiese veldlyn is.
       C     die magnetiese veldlyne nader aan mekaar is.
       D     daar geen pyle op elke magnetiese veldlyn is nie.                      (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                   4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

 6.    Krag A word op die trollie uitgeoefen. Krag B, wat kleiner is as krag A, word nou
       ook op die trollie uitgeoefen in dieselfde rigting soos gewys in die diagram.

       Wat is die effek van die twee kragte op die trollie?

       A     Die trollie sal ŉ krag ervaar wat minder is as die krag van krag A in
             dieselfde rigting.
       B     Die trollie sal ŉ krag ervaar wat meer is as die krag van krag A in
             dieselfde rigting.
       C     Die trollie sal ŉ krag ervaar wat minder is as die krag van krag A in
             die teenoorgestelde rigting.
       D     Die trollie sal ŉ krag ervaar wat meer is as die krag van krag A in die   (1)
             teenoorgestelde rigting.

 7.    ŉ Rots het ŉ massa van 100 kg op Aarde. Dit word nou op Mercurius geplaas, wat
       die kleinste planeet in ons Sonnestelsel is.

       Wat sal die massa van die rots op Mercurius wees?

       A     Die massa van die rots sal minder wees as wat dit op Aarde was.
       B     Die massa van die rots sal meer wees as wat dit op Aarde was.
       C     Die massa van die rots sal nul wees op Mercurius.
       D     Die massa van die rots sal dieselfde wees as op Aarde.                    (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                   5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

 8.    Watter stelling verduidelik wat gebeur wanneer verskillende voorwerpe teen
       mekaar gevryf word?

       A     Een word positief gelaai en die ander negatief.
       B     Beide voorwerpe sal neutraal bly.
       C     Beide voorwerpe word negatief gelaai.
       D     Beide voorwerpe word positief gelaai.                                  (1)

 9.    ŉ Plastiekliniaal word teen ŉ stukkie lap gevryf. Die stukkie lap word positief
       gelaai.

       Hoe verkry die stukkie lap ŉ positiewe lading?

       A     Dit het protone by gekry.
       B     Dit het elektrones by gekry.
       C     Dit het protone verloor.
       D     Dit het elektrone verloor.                                             (1)

 10.   Wat is die hoofkomponente wat nodig is om ‘n elektriese sel te laat werk?

       A     anode en katode
       B     elektrode en elektroliet
       C     katode en elektroliet
       D     anode en elektroliet                                                   (1)

 11.   Watter een van die volgende stellings beskryf ŉ battery? ŉ Battery is ŉ …

       A     sink-koper-sel wat aan ŉ soutbrug in ŉ stroombaan gekoppel is.
       B     vrugtesel wat aan die drade gekoppel is om die stroombaan te
             voltooi.
       C     groep van twee of meer selle wat saam gekoppel is.
       D     elektroliet met ŉ anode en ŉ katode.                                   (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                   6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

 12.   Vir die droë sel om energie te produseer, moet daar energie-omskakelings wees
       wat binne die sel plaasvind. Bestudeer die droë sel en beantwoord die vrae wat
       volg:

       Kies die energie-omskakeling wat in die droë sel plaasvind.

       A       Chemiese potensiële energie word omgeskakel na stralingsenergie.
       B       Chemiese potensiële energie word omgeskakel na elektriese
               energie.
       C       Elektriese energie word omgeskakel na chemiese potensiële
               energie.
       D       Stralingsenergie word omgeskakel na chemiese potensiële energie.    (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                   7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

 13.   Die tabel wys die resultate wat verkry is toe ŉ suurlemoensel met verskillende
       elektrodes gebou is.

                            Potensiële verskil deur elke metaalpaar gelewer
                            Magnesium      Sink            Yster              Koper
        Koper               1,7            0,9             0,8                0
        Yster               1,3            0,1             0                  ---
        Sink                0,8            0               ---                ---
        Magnesium           0              ---             ---                ---

       Kies ŉ stelling wat verduidelik waarom dieselfde metale nie gebruik kan word om
       ŉ suurlemoensel te bou nie.

       A     Metale van dieselfde soort sal dieselfde werk as enige ander
             verskillende metaal.
       B     Metale van dieselfde soort sal die reaksie stadiger maak en die
             laagste lesing lewer.
       C     Metale van dieselfde soort sal die reaksie versnel en die hoogste
             lesing lewer.
       D     Metale van dieselfde soort sal geen potensiaal verskil tussen hulle (1)
             lewer nie.

 14.   Wat is die SI-eenheid van potensiaalverskil?

       A     ampere
       B     volt
       C     ohm
       D     joule                                                                    (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                        8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

 15.   Een van die faktore wat weerstand affekteer is die dikte van die geleier.

       Hoe affekteer die dikte van die geleier sy weerstand?

       A     hoe dikker die geleier, hoe minder die weerstand en hoe groter die
             stroomvloei daarin
       B     hoe dikker die geleier, hoe groter die weerstand en hoe groter die
             stroomvloei daarin
       C     hoe dikker die geleier hoe minder die weerstand en hoe minder die
             stroomvloei daarin
       D     hoe dikker die geleier, hoe groter die weerstand en die stroomvloei        (1)
             bly konstant

 16.   Die prent wys verskillende huishoudelike toestelle. Hulle almal het resistors.

       Watter funksie verrig resistors in hierdie toestelle?

       A     omseil die vloei van elektriese stroom
       B     stop die vloei van elektriese stroom
       C     voorsien nuttige energie-oordragte
       D     voorsien verkwiste energie-oordragte                                       (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                    9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

 17.   Elektriese ketel-resistors verhit die water twee keer vinniger as ketels wat op
       stowe gekook word, en skakel outomaties af as kookpunt bereik word. Bestudeer
       die prent van die binnekant van die ketel.

               http://www.mstworkbooks.co.za/natural-sciences/gr9/images/gr9ec03-gd-0007.jpg

        Hoe verhit die resistor binne die ketel die water?

       A     Energie vrygestel deur bewegende elektrone om weerstand te
             oorkom, word aan die water oorgedra.
       B     Die resistor in die ketel verhoog stroomvloei wanneer die stroom
             daardeur vloei.
       C     Energie wat deur bewegende elektrone geabsorbeer word om
             weerstand te oorkom, word aan die water oorgedra.
       D     Die weerstand in die ketel verhoog stroomvloei en verlaag
             spanningsvlakke binne stroombane.

Graad 9 Natuurwetenskappe                      10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

 18.   Die battery van 7.5 V is gekoppel aan ammeter, drie identiese resistors en drie
       voltmeters soos hieronder in die skets getoon. Die potensiaalverskil oor R3 is 2.5 V.

       Wat sal die lesing by V2 wees?

       A     2.5 V
       B     5V
       C     7. 5 V
       D     3.75 V                                                                    (1)

 19.   Watter elektriese verbinding is geskik vir huishoudelike bedrading? Al die ligte…

       A     en muurproppe is in serie gekoppel.
       B     is gekoppel in parallel en muurproppe in serie.
       C     en muurproppe is in parallel gekoppel.
       D     is gekoppel in serie en die muurproppe in parallel.                       (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                   11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

 20.   Die stroombaandiagram toon twee resistors, R1 en R2, gekoppel aan ŉ battery en
       drie ammeters, A1, A2 en A3. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat
       volg.

       Hoe vergelyk die lesing van A2 met die lesing van A1 en A3?

       A       A2 se lesing is minder as die lesing van A1 en A3.
       B       A2 se lesing is groter as die lesing van A1 en A3.
       C       A1 se lesing is groter as die lesing van A2 en A3.
       D       A1, A2 en A3 se lesings is dieselfde.                               (1)

 21.   Wat gebeur met die stroom in ŉ stroombaan as identiese resistors parallel aan
       mekaar gekoppel is?

       A       Sommige resistors in die stroombaan sal nie enige stroom ontvang
               nie.
       B       Die stroomvloei in elke resistor sal nie dieselfde wees nie.
       C       Die stroom verdeel gelykop tussen die resistors.
       D       Meer stroom sal in die battery vloei as in die resistors.           (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                      12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

 22.   Die stroombaandiagram toon twee resistors wat in serie aan ŉ battery gekoppel
       is, met die voltmeterlesing oor hulle; V3 = 7 V and V2 = 4 V

       Wat is die lesing op V1?

       A     11 V
       B     3V
       C     4V
       D     7V                                                                      (1)

 23.   In John se verjaarsdagpartytjielokaal is 25 lampe in serie gekoppel. Die vertrek
       vertoon dof.

       Watter idee kan gebruik word om die helderheid in die partytjielokaal te
       verbeter?

       A     Vermeerder die aantal lampe om die lokaal te verhelder.
       B     Verminder die aantal lampe om die lokaal te verhelder.
       C     Verminder die afstande tussen die lampe om die lokaal te verhelder.
       D     Vermeerder die afstande tussen die lampe om die lokaal te               (1)
             verhelder.

Graad 9 Natuurwetenskappe                   13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

 24.   Die Natuurwetenskappeklas ondersoek die verhouding tussen stroom en die getal
       identiese selle wat in serie gekoppel is. Die grafiek toon die resultate wat van die
       ondersoek verkry is.

                                        Verhouding tussen die stroom en die aantal selle in
                                                              serie
                                    5
                                    4

                    Stroom in (A)
                                    3
                                    2
                                    1
                                    0
                                            2             4                   6        8
                                                               Aantal selle

       Wat gebeur met die stroom as die aantal selle vermeerder?

       A     Die stroom verhoog as die aantal selle vermeerder.
       B     Die stroom verminder as die aantal selle vermeerder.
       C     Die vermeerdering van die aantal selle het geen effek op die stroom
             nie.
       D     Die vermeerdering van die aantal selle verhoog die weerstand.                    (1)

 25.   Waarom moet stroombrekers in ons huise gebruik word?

       A     Hulle sny nie uit of breek nie wanneer sterk strome vloei nie.
       B     Hulle sny uit en breek die stroom wanneer daar ŉ stroomoorlading
             is.
       C     Hulle absorbeer oortollige elektrone en kanaliseer dit na die grond
             toe.
       D     Hulle is skakelaars wat met die hand beheer kan word om teen                     (1)
             elektriese skade te beskerm.

Graad 9 Natuurwetenskappe                                 14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

 26.   Wat is die energievoorsieningsraamwerk? Dit is ŉ …

       A     onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf
             transmissie na verbruikers.
       B     onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf
             verspreiding na verbruikers.
       C     onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf
             vervaardigers na verbruikers.
       D     onderling gekoppelde netwerk vir elektrisiteitslewering vanaf               (1)
             vervaardiger na verspreiding.

 27.   Wat is die nadeel van Suid-Afrika se afhanklikheid van energie in kragstasies as
       steenkool die hoofbron van energie in kragstasies is?

       A     Klein stofdeeltjies en giftige gasse wat in die atmosfeer vrygestel word,
             besoedel die omgewing.
       B     ŉ Baie groot aantal koeltorings is nodig om ŉ redelike hoeveelheid
             elektrisiteit op te wek.
       C     Die vervaardiging en gebruik van groot batterye is nie baie
             omgewingsvriendelik nie.
       D     Sowat 1 000 turbines is nodig om dieselfde hoeveelheid energie as                 (1)
             ander bronne op te wek.

 28.   Watter komponent word gebruik om die spanning by verskillende punte in die
       nasionale elektrisiteitsnetwerk te verander?

       A     turbines
       B     transmissielyne
       C     transformators
       D     hoofskakelaars                                                                    (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                    15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

 29.   Die voordeel van die gebruik van volhoubare energiebronne is dat hulle gratis,
       hernubaar en skoon is, en min of geen afvalprodukte het.

       Watter groep energiehulpbronne is volhoubaar?

       A     sonkrag, hidro-elektriese krag, kernkrag
       B     sonkrag, kernkrag, windkrag
       C     sonkrag, kernkrag, biomassa
       D     sonkrag, windkrag, hidro-elektriese krag                                                         (1)

 30.   Die grafiek toon die gebruik van elektriese toestelle in ŉ huishouding vir ŉ tydperk van
       ŉ maand.

                                                   Elektriese drywing vs Elektriese huishoudelike toestelle
                                            2500

                Elektriese drywing in (W)
                                            2000

                                            1500

                                            1000

                                            500

                                              0

                                                                Elektriese huishoudelike toestelle

       Watter elektriese toestel gebruik die meeste energie?

       A     LED TV
       B     elektriese stoof
       C     tuimeldroër
       D     elektriese kombers                                                                               (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                                                  16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

 31.   Hoe kan elektriese drywing beskryf word? Dit is…
       A     die hoeveelheid stroom wat in ŉ geleier vloei.
       B     die hoeveelheid tyd wat gebruik word om werk per minuut te doen.
       C     ŉ stroom wat in ŉ stelsel vloei as gevolg van toegepaste weerstand.
       D     die tempo waarteen elektriese energie in ŉ stroombaan oorgedra word.   (1)

 32.   Die prent toon sommige van die verskillende tipes gloeilampe.

                                 gewoon            halogeen

                                   CFL                LED

       Watter gloeilamp in die prent spaar meer elektriese energie as die ander?

       A     gewone gloeilampe
       B     CFL
       C     LED
       D     halogene gloeilampe                                                    (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                  17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

 33.   Vier toestelle word vir ŉ tydperk van 5 ure gebruik. Dis ŉ gewone gloeilamp (100 W),
       ŉ televisie (100 W), ŉ elektriese waaier (120 W) en ŉ geiser (170 W).

       Wat is die totale elektriese energieverbruik?

       A     24.5 kWh
       B     0.495 kWh
       C     2.45 kWh
       D     0.485 kWh                                                                  (1)

 34.   Watter sfeer bevat alle lewende mikro-organismes, plante en diere?

       A     atmosfeer
       B     biosfeer
       C     litosfeer
       D     hidrosfeer                                                                 (1)

 35.                Die diagram toon die interaksies tussen sfere van die Aarde.

       Watter stelling verteenwoordig die korrekte interaksie tussen alle sfere?

       A     Plante trek water vanuit die grond en stel suurstof in die lug vry.
       B     Reën val vanuit die wolke om strome en riviere te vorm wat dan weer
             verdamp.
       C     Mense bou huise om hul natuurlike habitat aan te pas vir oorlewing.
       D     Winderosie kan klein gedeeltes van rotse afskeur om rotslae te vorm.       (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                   18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

 36.   Watter stelling verteenwoordig die korrekte aktiwiteit wat in een van die lae van die
       atmosfeer plaasvind?

       A     Ruimtetuie wentel in die mesosfeer.
       B     Vliegtuie vlieg in die eksosfeer.
       C     Meteoriete brand in die troposfeer.
       D     Weerbalonne vlieg in die stratosfeer.                                        (1)

 37.   Die Litosfeer is die sfeer van die Aarde wat van die kors die binnekern. buitekern en
       die mantel saamgestel is

       Watter laag van die litosfeer is ongeveer 2 900 km dik?

       A     kors
       B     buitekern
       C     binnekern
       D     mantel                                                                       (1)

 38.   Die litosfeer bestaan uit soliede elemente en anorganiese- en organiese komponente
       genaamd minerale.

       Noem EEN mineraal wat ŉ element is wat in die Aarde se kors gevind word.

       A     Magnesium
       B     Stikstof
       C     Suurstof
       D     Kalksteen                                                                    (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                    19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

 39.   Stollingsgesteentes is rotse wat vorm wanneer magma afkoel. Drie faktore speel ŉ
       rol wanneer stollingsgesteentes vorm. Een van die faktore is hoe vining dit afkoel.

       Watter stelling beskryf die eienskappe van ŉ stollingsgesteente wat vorm as
       magma vinnig afkoel, die beste?

        A    Klein kristalle vorm en die rots het ŉ fynkorrelrige tekstuur.
        B    Groot kristalle vorm en die rots het ŉ growwe tekstuur.
        C    Klein kristalle vorm en die rots het ŉ growwe tekstuur.
        D    Groot kristalle vorm en die rots het ŉ fynkorrelrige tekstuur.                   (1)

 40.   Verskeie prosesse kan een tipe rots gedurende die rotssiklus in ŉ ander tipe verander.

       Wat is die korrekte volgorde van die rotssiklus?

       A     kristallisasie, verwering en erosie, metamorfose, sedimentasie
       B     kristallisasie, metamorfose, sedimentasie, verwering en erosie
       C     kristallisasie, sedimentasie, verwering en erosie, metamorfose
       D     kristallisasie, verwering en erosie, sedimentasie, metamorfose                  (1)

 41.   Watter definisie verduidelik die meganiese verwering van rotse? ŉ Proses waarby…

       A     rotse in kleiner stukke breek sonder enige verandering in hul chemiese
             samestelling.
       B     rotse in kleiner stukke breek as gevolg van chemiese reaksies.
       C     rotse in kleiner stukke breek as gevolg van die reaksie van minerale
             met ander komponente.
       D     rotse verkrummel as gevolg van oksidasie en suurreën wat die rotse              (1)
             laat oplos om grond te vorm.

Graad 9 Natuurwetenskappe                    20

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

 42.   Watter gas word in oorvloed in die atmosfeer aangetref?

       A     Stikstof
       B     Suurstof
       C     Koolstofdioksied
       D     Waterdamp                                                               (1)

 43.   Watter van die volgende is die lae van die atmosfeer?

       A     stratosfeer, troposfeer, mesosfeer en hidrosfeer
       B     troposfeer, stratosfeer, mesosfeer en termosfeer
       C     litosfeer, biosfeer, hidrosfeer en eksosfeer
       D     troposfeer, hidrosfeer, biosfeer en stratosfeer                         (1)

 44.   Watter laag van die atmosfeer het die vermoë om radioseine terug na die Aarde te
       weerkaats?

       A     eksosfeer
       B     termosfeer
       C     stratosfeer
       D     troposfeer                                                              (1)

 45.   Hoe ondersteun die stratosfeer lewe op Aarde?

       A     Die temperatuur van die stratosfeer daal met toenemende hoogte en hou
             die bodem koel.
       B     Wolkvorming en weerpatrone kom in hierdie sfeer voor.
       C     Die Internasionale Ruimtestasie, waar ruimtevaarders werk, wentel in
             hierdie sfeer.
       D     Dit bevat die osoonlaag wat skadelike ultravioletstrale van die son     (1)
             absorbeer.

Graad 9 Natuurwetenskappe                   21

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

 46.   Hoe bevoordeel die termosfeer die Aarde?

       A     Dit vernietig die meeste meteoriete en asteroïedes voor dit die Aarde se
             oppervlak bereik.
       B     Dit bevat die osoonlaag wat die ultravioletstrale absorbeer om lewe op
             aarde te beskerm.
       C     Dit bevat genoeg gasmolekules om ŉ aansienlike hoeveelheid
             gevaarlike radiasie vanaf die son te absorbeer.
       D     Alle weerverskynsels, wat die bron van lewe op Aarde is, gebeur hier.         (1)

 47.   Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.

                     Bron van: https://www.cosee.net/cosee-west/Lesson Plans/Climate.com

       Watter verskynsel word deur die bostaande illustrasie verteenwoordig?

       A     kweekhuiseffek
       B     aardverwarming
       C     klimaatverandering
       D     kweekhuis                                                                     (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                     22

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

 48.   Watter tipe verwerking behels vergruising, verhitting of filtrering van die erts om
       minerale te ontgin?

       A     Smelting
       B     Fisiese
       C     Dekantering
       D     Chemiese proses                                                                 (1)

 49.   Looderts word verfyn deur loodoksied op ŉ koolstofblok te verhit.

       Wat is die produkte van hierdie proses?

       A     Lood en Koolstofdioksied
       B     Lood en Loodoksied
       C     Koolstof en Loodoksied
       D     Lood en Koolstofmonoksied                                                       (1)

 50.   Identifiseer ŉ verbinding wat in Suid-Afrika ontgin word.

       A     Kalksteen
       B     Titaan
       C     Mangaan
       D     Diamante                                                                        (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                    23

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com

 51.   ŉ Hoogoond is ŉ staalsilinder wat met vuurvaste materiaal uitgevoer is. Die volgende
       drie stappe word gebruik in die vervaardiging van gesmelte yster in die hoogoond:

           (i)         Erts word voortdurend in die bokant van die oond gestort.
           (ii)        Kalksteen reageer met onsuiwerhede binne die hoogoond.
           (iii)       ŉ Stroom warm lug word in die bodem van die oond geblaas.

       Rangskik die proses van produksie van gesmelte yster in die korrekte
       volgorde.

       A         (ii), (iii) en (i)
       B         (iii), (i) en (ii)
       C         (iii), (ii) en (i)
       D         (i), (iii) en (ii)                                                         (1)

 52.   Mynbou produseer groot hoeveelhede afval wat dikwels op die grond gestort word.
       Hierdie mynhope bevat giftige chemikalieë van mineraalontginningsprosesse, wat
       bydra tot lugbesoedeling en waterbesoedeling. Die mynbou-industrie het in die verlede
       metodes geïmplementeer soos om mynhope met water te spuit en gras te plant.

       Wat is die nadeel om hierdie metode te gebruik om lugbesoedeling te
       beheer?

       A         Die gras wat op hierdie mynhope geplant word is nie in staat om stof vas
                 te vang om besoedeling te voorkom nie.
       B         Die gras groei nie in areas waar daar mynhope is nie en is daarom nie ŉ
                 oplossing nie.
       C         Die gras vang die stof vir ŉ lang periode vas en lugbesoedeling word
                 voorkom.
       D         Die gras verwelk gedurende droë seisoene en water word vinnig              (1)
                 geabsorbeer of verdamp vinnig.

Graad 9 Natuurwetenskappe                       24

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

 53.   Yster kombineer met koolstof om ŉ allooi te vorm.

       Wat is die naam van die allooi wat gevorm word?

       A     Geelkoper
       B     Staal
       C     Brons
       D     Nichroom                                                                     (1)

 54.   Sterre spandeer die grootste deel van hul lewens as hoofreekssterre, wat die mees
       stabiele tydperk in hul leeftyd is. Kernfusie vind ook in hierdie stadium plaas.

       Watter stelling definieer die kernfusie?

       A     sterre skakel helium om na waterstof
       B     sterre se waterstofgas word uitgeput
       C     sterre skakel waterstof om na helium
       D     sterre se helium word uitgeput                                               (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                     25

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

 55.   Die volgende gebeurtenisse is fases in die lewe van ŉ ster (geboorte, lewe en dood).
           i.        As die temperatuur toeneem, verander die kleur na oranje, geel, wit en
                     ligblou.
           ii.       Planetêre nebulae word verlig deur hul sentrale wit dwerg en is pragtige
                     voorwerpe.
         iii.        Die stof- en gasdeeltjies word deur hul eie swaartekrag byeen getrek en trek
                     stadig saam.

       Watter volgorde verteenwoordig die korrekte fases van die geboorte tot die dood van
       ŉ ster?

                 Geboorte                   Lewe                     Dood
       A         Ii                         i                        iii
       B         Iii                        ii                       i
       C         Iii                        i                        ii
       D         I                          iii                      ii                          (1)
                                                                                                [55]

Graad 9 Natuurwetenskappe                          26

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING B

 1.    Twee Graad 9-leerders ondersoek of ŉ staafmagneet skuifspelde deur stukke
       hout met verskillende dikte soos in die diagram aangedui kan optel. Nadat die
       eksperiment uitgevoer is, het hulle opgemerk dat net die dik houtblad die magneet
       verhinder om die skuifspelde op te tel.
        Dun houtblad                          Medium houtblad             Dik houtblad

       Skryf die gevolgtrekking van hul eksperiment neer gebaseer op hul                 (2)
       observasie.

 2.    Die grafiek toon verskillende geleidingsmateriale wat weerstand bied teen
       elektriese stroom. Die weerstand verskil, afhangende van die tipe materiaal.

                                      Tipe stroomvloei teenoor geleiers
                                 16
                                 14
                                 12

                 Stroom in (A)
                                 10
                                 8
                                 6
                                 4
                                 2
                                 0
                                      Koper                Nichroom              Sink
                                                          Tipe geleiers

 2.1   Watter een van die drie geleiers het die hoogste stroomvloei?                     (1)

 2.2   Watter een van die drie geleiers het die hoogste weerstand?                       (1)

Graad 9 Natuurwetenskappe                            27

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com

 3.    Die onderstaande tabel toon die lesings wat gedurende ŉ ondersoek geneem is
       waar die verhouding tussen stroom en potensiaalverskil gemeet is namate die
       aantal selle vermeerder word.
          Getal selle gekoppel                 Ammeterlesing (A)       Voltmeterlesing (V)

              1. Een sel                       0.15                    1.5

              2. Twee selle                    0.15                    1.5

              3. Drie selle                    0.15                    1.5

              4. Vier selle                    0.15                    1.5

 3.1   Identifiseer die tipe verbinding in hierdie selle.                                    (1)
 3.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                          (1)

 4.    Bereken die koste vir die gebruik van ŉ 1 000 W stoof vir 2 ure teen R2 per           (3)
       kWh.

 5.

        https://cdn1.byjus.com/wp-content/uploads/2023/02/Investigating-Four-Spheres-of-
        Earth-2.png

       Verwys na die prent hiebo en verduidelik die interaksie tussen die                    (2)
       hidrosfeer en die atmosfeer.

Graad 9 Natuurwetenskappe                      28

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com

 6. Die tabel demonstreer die formasiemodel van sekere rotse.
   Materiale gebruik: twee lae wit spons
                            twee lae swart spons
                            ‘n stapel boeke (Volume 1 - 4)

  Stapel alternatiewe       Plaas ŉ hoop boeke   Plaas meer boeke   Verwyder al die
  lae van wit en swart      bo-op die sponslae   op die sponslae    boeke van die
  spons                                                             sponslae

 6.1      Watter tipe rots word deur die bogenoemde model vir rotsvorming                (1)
          verteenwoordig?

 6.2      Wat word deur elke laag spons verteenwoordig?                                  (1)

 7.       Die dreinering van sure bly die grootste probleem wat deur steenkoolmynbou
          regoor die wêreld veroorsaak word, veral waar dit te lank geïgnoreer is. Dit het ŉ
          negatiewe impak op waterkwaliteit waar daar groot steenkoolmyne is.

          Verduidelik die negatiewe impak van die dreinering van mynbousure op          (2)
          waterkwaliteit.

                                            Einde van toets

Graad 9 Natuurwetenskappe                        29

### Page 31

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [NS Memo Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/ns-memo-afrikaans/584e0ed0-0676-41d7-977b-2f47d73b3456) — Natural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [NS Afrikaans Marking guideline](https://www.hlayiso.com/library/ns-afrikaans-marking-guideline/ad19a31e-ae37-44b8-af25-eb02f25de83e) — Natural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans NS Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-ns-test/a36f5835-c4cc-498c-94fd-08df58a57ff5) — Natural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2023-possible-answers/f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a) — Natural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 Natural Sciences (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-natural-sciences-afrikaans-2023-possible-answers/d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f) — Natural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Provincial Exam Natural Sciences P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2019-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/53ee5d90-b7ba-4a28-8c9d-33eaca5c069d) — Natural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 9 Natural Sciences

- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2024-possible-answers/2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41) — Memo · 2024 · Afr
- [10 JUNE S2 NW 9 NS MG JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper/bb46aadd-6c45-4f2b-83a0-0045170e2105) — Memo · 2024
- [FS Natural Sciences Grade 9 June 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-june-exam-question-paper-and-memorandum/38de93c6-eacb-4b5a-af4d-5e7031a2a92b) — QP + Memo · 2023
- [FS Natural Sciences Grade 9 November 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-november-exam-question-paper-and-memorandum/5eafc8e8-9033-4343-a887-c1a6a26da975) — QP + Memo · 2023
- [Gr9 NS (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-eng-june-2022-possible-answers/b80749bd-4989-4d9b-bb09-e1cd1de31b1d) — Memo · 2022 · Eng
- [Gr9 NS (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-afr-june-2022-possible-answers/6c8b0130-1ecf-4630-afeb-d846dc83858e) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
