# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2012-memo/2e465f59-92cb-4184-b97a-93e2e8571cbd) — Memo · 2012 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           2                     DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        LEESBEGRIP (VRAAG 1)           (30)
          AFDELING B:        OPSOMMING (VRAAG 2)            (10)
          AFDELING C:        TAAL (VRAAG 3, 4 en 5)         (40)

2.        Lees ALLE instruksies baie goed.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           3                           DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

1     Hiphop is ŉ musiekvorm wat in Afrika ontstaan het toe ou storievertellers alles wat
      hulle elke dag gedoen het, vir mekaar begin vertel het. Later het dié stories ŉ
      musiekvorm geword, want dit is met ritme vertel en met die verloop van tyd het rym
      bygekom. Hiphop het gou populêr geraak en mense in ander lande het dit ook
      begin namaak, selfs tot in Amerika. Die Amerikaners het later op hiphop verbeter,
      waarna dit weer in Suid-Afrika gewild begin raak het.

2     Hiphop is meer as net ŉ musiekvorm. Dit is stories wat in rymvorm van mense se
      blydskap, seerkry en swaarkry vertel. Hierdie stories vertel van dinge wat werklik
      met mense gebeur het. Chuck D, leier van die rapgroep Public Enemy, noem
      hiphopmusiek die nuus van die straat.

3     Die liedjies van ons land se rymkletsers vertel van die nuwe Suid-Afrika, bende-
      geweld, meisies wat hulle los en die stryd om elke dag te oorleef. Dit vertel van
      politiek en swak sosiale omstandighede. Dit kla of oordeel nie. Dit gee net die feite.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                             DBE/November 2012
                                             NSS

4     Afrikaanse rymkletsers soos Jack Parow en die groep, Die Antwoord, is baie
      suksesvol en verdien baie geld met hulle musiek. Húlle is oral in die wêreld bekend,
      maar die meeste ander rymkletsers in Suid-Afrika verdien nie baie geld met hulle
      musiek nie.

5     Die sukkelende rymkletsers het nie geld om video’s van hulle musiek te maak nie.
      Hulle neem elke dag hulle liedjies met selfone in “ateljeetjies” op – sommer in huise
      of slaapkamers. Hierdie video’s word dan op YouTube gelaai. Rymkletsers sou
      graag eerder dié video’s op musiekkanale wou laat speel. Die televisiekanaal,
      Musiekkanaal (MK), is bereid om hulle video’s te speel, maar dan moet die video’s
      goed wees. Al die mense wat hiphopmusiek maak, het dieselfde droom: om daardie
      één liedjie te skryf wat ŉ treffer sal wees.

6     Die redes waarom rymkletsers sukkel, is omdat hulle nie die kontakte, opleiding of
      kennis het om hulle musiekvorm in geld te verander nie. Rymkletsers woon regoor
      die land. Hulle kom nie juis by mekaar uit nie en deel dus nie mekaar se kennis nie.
      Van hierdie sukkelende rymkletsers sluit jongmense en misdadigers in. Sommige
      vrygelate misdadigers probeer nou buite die tronk ŉ skoon lewe lei deur
      hiphopmusiek te maak.

7     ŉ Suid-Afrikaanse maatskappy, Nasionale Pers (Naspers), het agtergekom dat
      rymkletsers baie sukkel. Hulle het ŉ webwerf begin (www.hiphopkop.co.za) waar
      rymkletsers op ŉ baie eenvoudige manier hulle Afrikaanse liedjies kan aflaai.
      Hierdie webwerf sorg dat daar ŉ toekoms vir Afrikaanse rymkletsers is, want hulle
      kan hierdie webwerf gebruik om hulle musiek aan die wêreld bekend te stel.

8     Dié webwerf bied rymkletsers ŉ kans om aan kompetisies deel te neem en help só
      om rymkletsers selfvertroue te gee om meer musiek te maak. Dit is die rede
      waarom die populêre talentkompetisie, HipHopKop, begin is. Hierdie kompetisie
      gee rymkletsers die hoop dat iemand hulle musiek sal hoor en besef dat hulle wel
      talent het.

9     Die eerste HipHopKop kompetisie wat gehou is, het bewys hoe populêr hierdie
      musiekvorm regtig is. Inskrywings het van regoor die land ingestroom.

10    Die wenner van hierdie kompetisie kry ŉ geleentheid om vir ŉ jaar lank saam met
      professionele, bekende vervaardigers opnames te maak. Die wenner woon ook
      werkswinkels by om al die reëls van hiphopmusiek te leer.

11    Teen die einde van hierdie jaar sal die volgende groot naam in Afrikaanse hiphop
      gereed wees om sy musiek met trots aan die wêreld te toon. Hou maar dop:
      Afrikaanse hiphop het die voet in die deur van kommersiële sukses ...

12    Hiphop in Afrikaans het skop!
                                                         [Verwerk uit: Taalgenoot, Lente 2011]

1.1       Waar het hiphopmusiek begin?                                                              (1)

1.2       Noem TWEE eienskappe van die hiphopmusiekvorm. (Paragraaf 1)                              (2)

1.3       Watter rol speel Chuck D in die rapgroep Public Enemy?                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              5                         DBE/November 2012
                                                 NSS

1.4       Waarom noem Chuck D hiphopmusiek die “nuus van die straat”?
          (Paragraaf 2)                                                                            (1)

1.5       Noem TWEE onderwerpe waaroor Suid-Afrikaanse rymkletsers sing.
          (Paragraaf 3)                                                                            (2)

1.6       Verduidelik waarom “ateljeetjies” (paragraaf 5) tussen aanhalingstekens
          geskryf is.                                                                              (1)

1.7       Aan watter vereiste moet rymkletsers se video’s voldoen voordat dit op
          Musiekkanaal (MK) gespeel sal word?                                                      (1)

1.8       Hoe, dink jy, kan ŉ radiostasie rymkletsers help om hulle drome te
          bewaarheid? (Paragraaf 5)                                                                (1)

1.9       Noem TWEE redes, volgens paragraaf 6, waarom die meeste Suid-
          Afrikaanse rymkletsers sukkel om geld met hulle musiek te maak.                          (2)

1.10      Verduidelik wat die volgende uitdrukking beteken:

          “ ... ŉ skoon lewe lei ... ” (Paragraaf 6)                                               (1)

1.11      Naspers het ŉ webwerf vir rymkletsers begin.

          1.11.1      Noem TWEE maniere hoe hierdie webwerf sukkelende rymkletsers
                      kan help.                                                                    (2)

          1.11.2      Wat sê hierdie webwerf oor Naspers se houding teenoor
                      rymkletsers in paragraaf 7?                                                  (1)

1.12      Wat suggereer die onderstreepte woord in die onderstaande sin?

          “Inskrywings het van regoor die land ingestroom.” (Paragraaf 9)                          (1)

1.13      Op watter TWEE maniere help die pryse van die HipHopKop kompetisie ŉ
          wenner met sy/haar musiekloopbaan?                                                       (2)

1.14      Verduidelik wat bedoel word met: “Hiphop in Afrikaans het skop!”
          (Paragraaf 12)                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                6                              DBE/November 2012
                                                   NSS

TEKS B: ADVERTENSIE

Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae.

                                                                          Koop BiC en
                                                                          skenk 1 pen
                                                                          aan ŉ arm
                                                               [Uit: Huisgenoot,    kind.
                                                                                 15 Desember 2011]
    Vir elke spesiaal gemerkte BiC-skryfbehoeftepak wat jy
    koop, sal ons ŉ pen skenk aan ŉ minderbevoorregte
    kind om hom/haar te help op die pad na geletterdheid.

            NEEM DEEL AAN DIE KOMPETISIE
   Sms die kode op die skryfbehoeftepak + “Kies BiC” na
   31501 en jy kan kontantpryse wen!
   Kompetisie sluit 31 Desember 2012.
   BiC-skryfbehoeftes is by alle kettingwinkels
   beskikbaar.
                                                          [Verwerk uit Huisgenoot, 15 Desember 2011]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              7                        DBE/November 2012
                                                 NSS

1.15      Watter maatskappy wil help om die toekoms van kinders te verbeter?                      (1)

1.16      Waarom word die woord “TOEKOMS” in hoofletters geskryf?                                 (1)

1.17      Waarom word oulike kinders in advertensies (ook in hierdie advertensie)
          gebruik?                                                                                (2)

1.18      Wat beteken die onderstreepte woord in die onderstaande sin?

          “BiC sit die mag in die kinders se hande!”                                              (1)

1.19      Waar sal mense wat vir die kompetisie wil inskryf, meer inligting kry?                  (1)

1.20      Wanneer is die sluitingsdatum van die kompetisie?                                       (1)

1.21      Hoeveel wenners kan elkeen ŉ kontantprys wen?                                           (1)

1.22      Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.22) en die antwoord (A–D) neer.

          READ, ŉ maatskappy wat leesprogramme ontwikkel, se logo verskyn ook in
          die advertensie, omdat hulle ...

          A          skryfbehoeftes verkoop.
          B          deel van die wins wil hê.
          C          BiC se projek ondersteun.
          D          die penne vir die kinders gee.                                               (1)

1.23      Waaruit lei ŉ mens af dat die seuntjie wat in hierdie advertensie verskyn,
          groot drome het?                                                                        (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           8                                 DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES
1.    Som die proses om kougom te maak in SEWE stappe op.
2.    Skryf die stappe puntsgewys neer.
3.    Nommer die sinne van 1 tot 7.
4.    Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.    Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
                                       SÓ WORD KOUGOM GEMAAK

                                                    ------         ----- -Chappies

                                                    ==
                                                    [                    [Uit: Google.com]

1      Of jy nou van ŉ vars vrugtesmaak of ŉ pippermentgeur hou, daar is min mense wat
       nie af en toe ŉ stuk kougom kou nie. Het jy al gewonder waarvan en hoe kougom
       gemaak word?

2      Kougom word van petroleumprodukte gemaak en bevat bestanddele soos suiker,
       suikerstroop, kleur- en geurmiddels. Al hierdie bestanddele word in ŉ groot menger
       gesmelt en vir sowat 25 minute lank gemeng. Dié mengsel word dan kougom
       genoem.

3      Dié kougom word dan deur ŉ rooster met gate gedruk sodat die stroke kougom almal
       dieselfde vorm het, nes tandepasta wat deur ŉ buis gedruk word.

4      Warm kougom sny moeilik. Die volgende stap is dus om die warm kougom na ŉ koel
       vertrek te neem om koud te word. Dit neem tot 24 uur voordat die kougom heeltemal
       koud is.

5      Sodra die kougom koud is, kan ŉ mens dit in verskillende groottes en vorme verdeel.
       Die kougom kan byvoorbeeld in vierkante of reghoeke verdeel word. ŉ Groot rooster
       word hiervoor gebruik. Daarna word die kougom met ŉ lem in repies gesny.

6      Hierdie repies kougom word in ŉ stroopmengsel gedoop. Die stroop help om die
       kougom minder taai te maak en gee dit ŉ soet, harde kors.

7      Die verpakking van die kougom word so vinnig deur masjiene gedoen dat ons dit nie
       eens met die blote oog kan sien gebeur nie! Teen hierdie vinnige tempo word sowat
       1 000 pakkies kougom per minuut verpak. Ongelooflik!
                                                             [Verwerk uit: Huisgenoot, 19 Januarie 2012]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:                  10
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                9                              DBE/November 2012
                                                   NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3

TEKS D: ADVERTENSIE

Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer. Die nommering in die
advertensie verwys na woorde wat uitgelaat is en die vraagnommer wat beantwoord
moet word.

                       POSTMATRIEK
                            (3.3) SKEP JOU EIE TOEKOMS!
                              JY SKEP JOU EIE TOEKOMS.

                                         Betaal die ATKV-
                                       inskrywingsgeld van
                                           R75 000,00
                                              VOOR
                                         30 Nov. 2012 en
                                         SPAAR R3 500!

Ná matriek lê die wêreld aan jou (3.4) ... Sluit aan by ons Postmatriek-wegbreekjaar.
Postmatriek word by die ATKV se spogoord, Drakensville, aangebied. Met die
wegbreekjaar kan jy vriendskappe opbou wat (lewe + lank) sal hou. Aan die einde van
die program behoort jy jouself beter te ken. Gun jouself dus die kans om ŉ goeie
besluit oor jou toekoms en loopbaanrigting te (3.9 ... ).

DIE PROGRAM SLUIT DIE VOLGENDE IN:

•     Ontwikkeling van jou persoonlikheid
•     Toekomsbeplanning (stel jou eie curriculum vitae op)
•     Word straatwys (finansies, selfverdediging, ens.)
•     Avontuur (skubaduik, abseil, ens.)
•     En die belangrikste van alles: pret

KONTAK:
Lizette Odendaal by 011 919 9038
of www.atkv.org.za en kliek op
ATKV-Postmatriek
                                                         [Verwerk uit: Huisgenoot, 27 Oktober 2011]

3.1       VOLTOOI die sin.
          Die sin in die sirkel oor die inskrywingsgeld is ŉ voorbeeld van manipulerende
          taal. Dit manipuleer die leser om ...                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               10                   DBE/November 2012
                                                  NSS

3.2       Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

          Die VOORVOEGSEL “post-” in POSTMATRIEK beteken (na/voor/gedurende)
          matriek.                                                                             (1)

3.3       Lees die sinne wat sin 1 en sin 2 hieronder genommer is.

          3.3.1        Kies die SINSOORT (sin 1 of sin 2) wat die beste by die
                       advertensie pas.

                       Sin 1: Skep jou eie toekoms! (Bevelsin)
                       Sin 2: Jy skep jou eie toekoms. (Stelsin)                               (1)

          3.3.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                                   (1)

3.4       Voltooi die volgende IDIOOM. Kies uit die woorde in die lys hieronder. Skryf
          slegs die vraagnommer (3.4) en die antwoord neer.

                                  sy;   voete;   bene;   hart

          Ná matriek lê die wêreld aan jou ...                                                 (1)

3.5       Skryf die volgende sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

          Postmatriek word by Drakensville aangebied.                                          (1)

3.6       Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Met die wegbreekjaar kan jy vriendskappe opbou wat (lewe + lank) sal hou.            (1)

3.7       Gee die AFKORTING van die onderstreepte woorde. Skryf slegs die afkorting
          as antwoord neer.

          Stel jou eie curriculum vitae op.                                                    (1)

3.8       Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die vraagnommer
          (3.8) en die antwoord neer.

          Iemand wat straatwys is, is ... oor die lewe.

          A          realisties
          B          ingelig
          C          krities
          D          negatief                                                                  (1)

3.9       Vul die ontbrekende WERKWOORD in. Skryf slegs die vraagnommer (3.9) en
          die antwoord neer.

          Gun jouself dus die kans om ŉ goeie besluit oor jou toekoms en
          loopbaanrigting te ...                                                               (1)
                                                                                               [10]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                  11                      DBE/November 2012
                                                      NSS

 VRAAG 4

 TEKS E: STROKIESPRENT

 Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

                              1                              2                                    3
Ek het net R10.                     Zoë, jy kan die                 Ek het gewonder ...
Is daar ŉ manier                    kar was. Jy                      Ek het
                                                                    Kan  ek dalk iets
waarop ek baie                      kan die onkruid                  gewonder ...
                                                                    erf?
geld kan maak?                      uittrek. Jy kan                 Kan ek nou al
                                    die oprit vee,                  iets erf?
                                    of ...                                  Miskien sal jy
                                                                            iets erf, maar
                Ja, maar                                                    jy moet liewer
                hoe wil jy                                                  werk vir jou
                jou geld                                                    geld, Zoë.
                verdien?

                                                                            [Uit: Jip, 31 Oktober 2011]

 4.1        Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die vraagnommer
            (4.1) en die antwoord neer.

            Die titel, “Groeipyne”, verwys na die dinge wat kinders leer wanneer hulle ...

            A          speel.
            B          grootword.
            C          skoolgaan.
            D          werk.                                                                           (1)

 4.2        Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs die
            woord as antwoord neer.

            Is daar ŉ manier waarop ek (baie) geld kan maak?                                           (1)

 4.3        Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die woord as
            antwoord neer.

            Ma dra die (kleure/klere) in ŉ wasgoedmandjie.                                             (1)

 4.4        Voltooi die sin deur die korrekte VOORSETSEL in te vul. Skryf slegs die
            vraagnommer (4.4) en die antwoord neer.

            Zoë loop … haar ma aan. (Raampie 1)                                                        (1)

 4.5        Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

            Hoe wil jy jou geld verdien?                                                               (1)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              12                       DBE/November 2012
                                                 NSS

4.6       VERBIND die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

          Zoë, jy kan die kar was. Jy het die onkruid uitgetrek. (nadat)
          Begin só: Zoë, jy …                                                                     (1)

4.7       Lees weer die woorde in raampie 2.

          Wat suggereer die stippels in die sin?                                                  (1)

4.8       Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM neer.

          Miskien sal jy iets erf.                                                                (1)

4.9       Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

          Jy moet werk vir jou geld.
          Begin só: Jy behoort ...                                                                (1)

4.10      Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

          Ma sê: “Zoë, jy moet werk vir jou geld.”
          Begin só: Ma sê vir Zoë dat ...                                                         (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                13                             DBE/November 2012
                                                   NSS

VRAAG 5

TEKS F: PROSA – BOEKRESENSIES

Die taalvrae wat volg, is op die boekresensies hieronder gebaseer. Daar is opsetlike
taalfoute in die teks.

                               Meer as ’N goeie storie ...
        Resensie 1                        Resensie 2                         Resensie 3
 Spogresepte van die              En ek kan nie ophou kyk                Kos vir die kenner –
   Suid-Afrikaanse                   nie – Sean Brand                     C Louis Leipoldt
 Vrouelandbou-unie                (One Minute Trolley Dash, R285)        (Human & Rousseau, R230)
      (LAPA Uitgewers, R225)

(5.1) ŉ Mooi kookboek laat ŉ      (5.5) wie is Sean Brand Sean       Baie kosskrywers sal (5.8)
mens se mond water! Die           Brand is ŉ beroemde rock-ŉ-        (ken/weet) dat C Louis Leipoldt
Suid-Afrikaanse                   roll-fotograaf. (5.6) Met sy       ook resepteboeke geskryf het.
Vrouelandbou-unie (SAVLU)         kamera wys hy hoe Suid-Afrika      Elke (5.9) skrywer van die
het vir hulle 80ste verjaarsdag   se musiekgroepe regtig lyk.        Vrouelandbou-unie wil soos
ŉ nuwe resepteboek                (5.7) Jy sal ... oë nie glo nie!   C Louis Leipoldt wees. (5.10) Hy
saamgestel. (5.2) Die kook-                                          is met groot respek deur die
idees in dié boek is nuut.                                           ander sjefs behandel. (5.11) Hy
(5.3) Hierdie boek is by ŉ                                           het ŉ boek geskryf (in + wat)
vergadering vinnig vanjaar                                           meer as ŉ 1 000 van sy resepte
saamgestel. Dit het die (5.4)                                        verskyn. Dit sluit alles van die
pragtigste foto’s en die                                             kookkuns in. (5.12) Baie
lekkerste resepte in. Daar is                                        kosskrywers was opgewonde toe
altesaam 205 resepte, alles                                          Leipoldt hierdie boek ytgegee het.
van gewone etes tot spesiale                                         Dit maak nie saak dat daar geen
geleenthede. Jy móét die                                             prente is nie – sy beskrywings en
boek koop!                                                           kort resepte is maklik om te volg.
                                                                      [Verwerk uit Taalgenoot, Lente 2011]

5.1         Gebruik die onderstreepte woord in ŉ sin sodat dit ŉ SELFSTANDIGE
            NAAMWOORD is.
            ŉ Mooi kookboek laat ŉ mens se mond water.                                                     (1)

5.2         Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
            woord as antwoord neer.
            Die kook-idees in dié resepteboek is nuut.                                                     (1)

5.3         Skryf die volgende sin in die KORREKTE WOORDORDE neer.
            Hierdie boek is (by ŉ vergadering) (vinnig) (vanjaar) saamgestel.
            Begin só: Hierdie boek is ...                                                                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           14                            DBE/November 2012
                                              NSS

5.4       Gee ŉ SINONIEM vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Dit het die pragtigste foto’s in.                                                         (1)

5.5       Skryf die sin oor en vul die korrekte SKRYFTEKEN en LEESTEKEN in.

          wie is Sean Brand                                                                         (2)

5.6       Gee die AFKORTING van die onderstreepte woord. Skryf slegs die antwoord
          neer.

          Met sy kamera wys hy hoe Suid-Afrika se musiekgroepe regtig lyk.                          (1)

5.7       Voltooi die sin deur die KORREKTE VOORNAAMWOORD in te vul. Skryf
          slegs die woord as antwoord neer.

          Jy sal ... oë nie glo nie!                                                                (1)

5.8       Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.

          Baie kosskrywers sal (ken/weet) dat C Louis Leipoldt ook resepteboeke
          geskryf het.                                                                              (1)

5.9       Gee die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord. Skryf
          slegs die woord as antwoord neer.

          Elke skrywer van die Vrouelandbou-unie wil soos C Louis Leipoldt wees.                    (1)

5.10      Skryf die volgende sin in die BEDRYWENDE VORM oor.

          Hy is met groot respek deur die ander sjefs behandel.
          Begin só: Die ander sjefs ...                                                             (1)

5.11      Skryf die KORREKTE BETREKLIKE VOORNAAMWOORD tussen hakies
          neer.

          Hy het ŉ boek geskryf (in + wat) meer as ŉ 1 000 van sy resepte verskyn.                  (1)

5.12      Verbeter die onderstreepte SPELFOUT in die volgende sin.

          Baie kosskrywers was opgewonde toe Leipoldt hierdie boek ytgegee het.                     (1)

5.13      Kyk na die verkorte woordeboekinskrywing. Skryf die lettergreep wat die klem
          dra, neer.

           re·sep´·te s.nw. 1 Voorskrif, aanwysing vir die bereiding van iets.
                                                                  [Uit: HAT 5de uitgawe]            (1)
                                                                                                    [14]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             15                            DBE/November 2012
                                                NSS

TEKS G: PRENT
Die taalvrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.

                                            [Uit: Huisgenoot, 22 September 2011]

5.14      Voltooi die volgende IDIOOM.
          Waar daar ŉ ... is, brand daar ŉ vuurtjie.                                               (1)
5.15      Vorm ŉ DEELWOORD van die woord tussen hakies.
          Die (huil) kind wys na die vleis op die rooster.                                         (1)
5.16      Kies die UITROEP wat die volgende sin die beste voltooi. Skryf net die
          vraagnommer (5.16) en die letter (A–D) neer.
          “...! Kyk hoe lekker lyk dié wors.”
          A          Hoera
          B          Siestog
          C          Vervlaks
          D          Allawêreld                                                                    (1)
5.17      Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.
          Die dogter hou die pop vas.
          Begin só: Die pop ...                                                                    (1)

5.18      Kyk weer na die prent en VOLTOOI die volgende sin. Skryf net die
          vraagnommer (5.18) en die sin neer.
          Die boodskap wat die prent uitdra dat ... eenkant staan terwyl ... vleis braai, is
          stereotiperend.                                                                          (2)
                                                                                                   [6]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                       GROOTTOTAAL:                80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2012/190ede23-fea1-42f9-8a0c-bd0d60c85998) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
