# Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the North West November Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac)

## About this document

Economics · Grade 11 · North West November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 11

                                EKONOMIE V2
                              NOVEMBER 2024

PUNTE:     150

TYD:    2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                    2                       NW/November 2024
                                           Graad 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

        AFDELING A:        VERPLIGTEND
        AFDELING B:        Beantwoord TWEE van die drie vrae.
        AFDELING C:        Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.      Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
        nagesien word NIE.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

4.      Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.      Lees die vrae aandagtig deur.

6.      Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.      Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.      Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
        konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
        voldoen.

9.      Gebruik slegs swart of blou ink.

10.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                   3                          NW/November 2024
                                          Graad 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

     1.1.1    Die … prys van 'n produk dui aan of die produk goedkoper of duurder is
              in vergelyking met 'n ander produk.

              A      absolute
              B      rak
              C      relatiewe
              D      direkte

     1.1.2    Die individuele besigheid binne die perfekte mark sal ... wins maak
              in die langtermyn.

              A      normale
              B      nul
              C      ekonomiese
              D      bonormale

     1.1.3    Wanneer die vraag na 'n produk afneem met 'n toename in inkomste,
              is dit 'n … produk.

              A      abnormale
              B      meerderwaardige
              C      normale
              D      minderwaardige

     1.1.4    Wanneer 'n produk … is, moet produsente pryse verlaag om inkomste te
              verhoog.

              A      relatief elasties
              B      volmaak elasties
              C      unitêr elasties
              D      volmaak onelasties

     1.1.5    … is die praktyk om beheer oor 'n ander land te neem.

              A      Kapitalisme
              B      Kolonialisme
              C      Ideologie
              D      Uitbuiting

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                    4                               NW/November 2024
                                           Graad 11

     1.1.6    Die … monitor internasionale handelsooreenkomste.

              A      Internasionale Monetêre Fonds
              B      Wêreldhandelsorganisasie
              C      Wêreldbank
              D      Algemene Ooreenkoms oor Tariewe en Handel

     1.1.7    … is 'n beleid wat daarna streef om 'n basiese lewensgehalte vir alle
              mense te bied.

              A      Koolstofkrediete
              B      Internasionale protokolle
              C      Volhoubare ontwikkeling
              D      SMOG

     1.1.8    Die omgewingsheffing op koolstofdioksied-vrystellings van nuwe motor
              voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig word.

              A      Bemarkbare permitte
              B      Kwaliteit standaarde
              C      Vrywillige ooreenkomste
              D      Groenbelasting                                             (8 x 2)     (16)

1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
    slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.9 J.

                KOLOM A                                  KOLOM B
        1.2.1 Inflasie                 A    'n reusemaatskappy met takke in ander
                                            lande
        1.2.2 Korttermyn
                                       B    lone, elektrisiteit en brandstof
        1.2.3 Nutseenheid
                                       C    'n volgehoue verhoging in die algemene
        1.2.4 Komplimentêre                 prysvlak
              produkte
                                       D    unieke produkte
        1.2.5 Ontbossing
                                       E    nie alle kostes kan aangepas word nie
        1.2.6 Heterogeen
                                       F    bevrediging verkry uit die verbruik van
        1.2.7 Veranderlike koste            goedere en dienste

        1.2.8 Multinasionale           G    vernietiging van woude om plek te maak
              korporasie                    vir behuising

                                       H    goedere wat in samewerking met mekaar
                                            gebruik word

                                       I    totale bevrediging van die verbruik van
                                            plaasvervangers
                                                                                   (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                 5                            NW/November 2024
                                        Graad 11

1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
    langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
    Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

     1.3.1    Vraag word net gevra ter wille van wat dit kan lewer en nie om sy
              eie onthalwe nie

     1.3.2    Groot besighede wat gewoonlik prysveranderings in die mark inisieer

     1.3.3    Lande wat nuwe beleggingsgeleenthede bied

     1.3.4    Die verwydering van handelsversperrings tussen lande

     1.3.5    Beweging van mense uit landelike gebiede na stedelike gebiede

     1.3.6    Gasse wat hitte in die atmosfeer vasvang                     (6 x 1) (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:         30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                 6                                  NW/November 2024
                                        Graad 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2:       MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1   Noem TWEE produksiefaktore.                                              (2 x 1) (2)

       2.1.1 Hoekom sal 'n besigheid kostes hê, wanneer produksie nul is?               (1 x 2) (2)
2.2    Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       [Bron:      https://siddharthnair98.medium.com/cola-war]
      2.2.1 Noem EEN produk handelsmerk wat in die spotprent hierbo uitgebeeld
            word.                                                                                 (1)

      2.2.2 Identifiseer die verwantskap tussen die produkte in die spotprent hierbo.             (1)

      2.2.3 Beskryf kortliks die term monopolistiese mededinging.                                 (2)

      2.2.4 Hoekom sal verskaffers van hierdie tipe produkte aanbevole
            verkoopspryse hê?                                                           (1 x 2) (2)

      2.2.5 Hoe kommunikeer verskaffers in hierdie marksegment hul
            uniekheid aan verbruikers?                                                  (2 x 2) (4)

2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                  7                            NW/November 2024
                                         Graad 11

                                  TOTALE KOSTE SKEDULE
                       Vaste       Veranderlike       Totale     Gemiddelde     Marginale
    Hoeveelheid
                     koste (VK)     koste (VK)      koste (TK)   koste (GK)     koste (MK)
          0          R100            R0             R100            R0              R0
          5          R100            R90            R190            R38             R18
         10          R100           R190            R290            R29             R20
         15          R100           R320            R420            R28             R26
         20          R100           R460            R560            R28             R28
         25          R100           R650            R750            R30             R38
         30          R100           R860            R960            R32             R42
         35          R100          R1 160          R1 260           R36             R60
         40          R100          R1 500          R1 600           R40             R68
     2.3.1 Identifiseer die skedule in die tabel hierbo.                                  (1)

     2.3.2    Wat is die totale koste (TK) om 35 eenhede te vervaardig?                   (1)

     2.3.3    Beskryf kortliks die term skaalbesparing.                                   (2)

     2.3.4    Verduidelik die konsep langtermyn in terme van koste in ŉ besigheid.        (2)

     2.3.5    Verduidelik die vorm van die marginale kostekromme (MK).           (2 x 2) (4)

2.4 Verduidelik met behulp van 'n grafiek hoe 'n onderneming sy wins
    maksimaliseringsvlak kan bepaal.                                             (2 x 4) (8)

2.4 Ondersoek die implikasie van nie-prysmededinging op oligopolie.              (4 x 2) (8)
                                                                                         [40]

VRAAG 3:      KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                   8                               NW/November 2024
                                          Graad 11

     3.1.1    Noem enige TWEE multinasionale ondernemings wat in Suid -
              Afrika handeldryf.                                      (2 x 1)                (2)

     3.1.2    Verduidelik die verband tussen armoede en omgewingsverval.
                                                                      (1 x 2)                (2)

3.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Tegnologie

        Vrye beweging                                                 Multinasionale
         van kapitaal                                                  korporasies

                                       Globalisering

         Arbeidsmobiliteit
                                                                  Verlaagde tariewe

                                      Verbeterde
                                        vervoer

                                                     [Bron: https://www.economicshelp.org/blog]

     3.2.1    Identifiseer EEN oorsaak van globalisering in die diagram hierbo.              (1)

     3.2.2    Noem EEN organisasie wat betrokke is by die bevordering van
              globalisering.                                                                 (1)

     3.2.3    Beskryf kortliks die term globalisering.                                       (2)

     3.2.4    Hoekom dryf lande handel?                                             (1 x 2) (2)

     3.2.5    Verduidelik die belangrikheid van die verbetering van infrastruktuur
              op die groei in globalisering.                                    (2 x 2) (4)

3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                  9                                NW/November 2024
                                         Graad 11

                      OMGEWING (BUITELUG) LUGBESOEDING
     Sleutelfeite:

     Lugbesoedeling is een van die grootste omgewingsrisiko's vir gesondheid. Deur
     die vlakke van lugbesoedeling te verminder, kan lande die las van siektes soos
     beroertes, hartsiektes, longkanker en beide chroniese en akute respiratoriese
     siektes, insluitend asma, verminder.

     In 2019 het 99% van die wêreld se bevolking op plekke gewoon waar die WGO
     se luggehalte-riglyne nie nagekom is nie.

     Die gekombineerde uitwerking van omgewingslugbesoedeling en huishoudelike
     lugbesoedeling word jaarliks met 6,7 miljoen voortydige sterftes geassosieer.

     Omringende (buitelug) lugbesoedeling het na raming 4,2 miljoen voortydige
     sterftes wêreldwyd in 2019 veroorsaak.

     Sowat 89% van daardie voortydige sterftes het in lae- en middelinkomstelande
     voorgekom, en die grootste getal in die WGO se Suidoos-Asië en Westelike-
     Stille Oseaan streke.

     Beleide en beleggings wat skoner vervoer, energiedoeltreffende huise,
     kragopwekking, nywerheid en beter munisipale afvalbestuur ondersteun, sal
     sleutelbronne van buitelugbesoedeling verminder. Toegang tot skoon
     huishoudelike energie sal ook omgewingslugbesoedeling in sommige streke
     aansienlik verminder.

                                           [Bron: https://www.who.int/news-room/fact-sheets]

     3.3.1    Noem die gesondheidsorganisasie wat die navorsing saamgestel het
              in die uittreksel hierbo.                                                        (1)

     3.3.2    Identifiseer die bruin omgewingskwessie wat in die uittreksel hierbo
              bespreek is.                                                                     (1)

     3.3.3    Beskryf kortliks die term geneties gemodifiseerde organismes.                    (2)

     3.3.4    Verduidelik die impak van CO2 (koolstofdioksied) vrystellings
              op die Suid-Afrikaanse ekonomie.                                     (1 x 2) (2)

     3.3.5    Hoe kan Suid-Afrika hul 350 – 420 MtCO2e (metrieke
              ton koolstofdioksied-ekwivalent) teiken bereik teen 2030?            (2 x 2) (4)

3.4 Bespreek die doelwitte van die Wêreldhandelsorganisasie.                       (4 x 2) (8)

3.5 Analiseer landbou-ontwikkeling, ontbossing en gronddegradasie as probleme
    wat die omgewing bedreig.                                            (2 x 4) (8)
                                                                                 [40]

VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                 40 PUNTE – 30 MINUTE
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                                     10                          NW/November 2024
                                                            Graad 11

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1                        Noem enige TWEE produkte waar vraag nie deur prysstygings
                                     of prysdalings beïnvloed word nie.                    (2 x 1) (2)

        4.1.2                        Hoe verbeter handelsliberalisering ekonomiese ontwikkeling?
                                                                                              (1 x 2) (2)

4.2     Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              PRYSELASTISITEIT VAN AANBOD

                                                                       A

          Prys/Inkomste/Koste
                                R5

                                R3

                                              A
                                 0                   100   150
                                                           Hoeveelheid

        4.2.1 Noem die tipe pryselastisiteit van aanbod wat in die grafiek hierbo
              geïllustreer word.                                                                          (1)

        4.2.2 Identifiseer die hoeveelheid verskaf, teen R5,00 per eenheid.                               (1)

        4.2.3 Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van aanbod.                                      (2)

        4.2.4 Hoekom kan 'n boer nie die aanbod van sy produk verhoog
              as die prys van sy produk verhoog nie?                                             (1 x 2) (2)

        4.2.5 Bereken pryselastisiteit van aanbod (PEA). Toon ALLE
              berekeninge.                                                                       (2 x 2) (4)

4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                    11                               NW/November 2024
                                           Graad 11

             AARDEDAG                              ENIGE ANDER DAG

                                                          Sug!

         Plaas-
          mark

                                                                          Aarde

                          [Bron: https://www.nbcnews.com/news/world/five-great-earth-day-cartoons]

     4.3.1    Identifiseer die omgewingsdag wat in die spotprent hierbo gevier word. (1)

     4.3.2    Noem die belangrikheid daarvan om mense bewus te maak van die
              toestand van die omgewing.                                                       (1)

     4.3.3    Beskryf kortliks die term volhoubare ontwikkeling.                               (2)

     4.3.4    Verduidelik hoe Suid-Afrika wetgewing gebruik om die omgewing te
              beskerm.                                                    (1 x 2) (2)

     4.3.5    Hoe sal prysgedrewe metodes geïmplementeer word om die
              impak van besoedeling te verminder?                                     (2 x 2) (4)

4.4 Bespreek kortliks die faktore wat die elastisiteit van vraag bepaal.              (4 x 2) (8)

4.5 Evalueer direkte buitelandse investering as 'n rede vir globalisering.            (4 x 2) (8)
                                                                                              [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                   12                              NW/November 2024
                                          Graad 11

AFDELING C                                                         40 PUNTE – 40 PUNTE

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                    PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                                  TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is die laerorde-antwoord.                                             Maks. 2
  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
    definieer of te omskryf.
  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/                      Maks. 26
 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
 Verduidelik/Assesseer/Debatteer/Teken 'n grafiek en verduidelik
 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
                                                                                    Maks. 10
 Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/
 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe/Stel voor/Analiseer
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende insluit:                                   Maks. 2
  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van
    feite wat reeds genoem is
  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise te versterk
  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
  Aanbevelings
 TOTAAL:                                                                               40

VRAAG 5:      MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek in detail die kenmerke van volmaakte markte en monopolieë.                    (26)

 Analiseer die verskillende tipes doelwitte wat 'n sakeonderneming moet bereik.         (10)
                                                                                         [40]

VRAAG 6:      MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

 Debatteer die positiewe en negatiewe gevolge van globalisering.                        (26)

 Analiseer die impak van die Noord/Suid-verdeling op globalisering.                     (10)
                                                                                         [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                 GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
