# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 North West Mock 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the North West Mock Exam 2019, 38 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-nasienriglyne-september-2019/957fa986-a88a-4cbc-99cc-4b0db711adfc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 38

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 North West Mock 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-nasienriglyne-september-2019/957fa986-a88a-4cbc-99cc-4b0db711adfc)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Memorandum, 38 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                  SEPTEMBER 2019

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 80

                     Hierdie memorandum bestaan uit 38 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                      NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

RIGLYNE VIR NASIENERS

1.     As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
       eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidaat mag nie die opstelvraag
       en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.     As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte
       beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.     As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
       opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer. As ’n kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
       beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
       kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.     As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
       die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer.

5.     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
       memorandum nagesien.

6.     Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ’n spelfout die
       betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout
       nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7.     Opstelvrae:
       As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
       gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
       opstel te lank is, assesseer op meriete en bespreek met vakhoof. Die
       memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
       beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.

8.     Kontekstuele vrae:
       As die kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie,
       word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
       NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
       rede/motivering/bewys verdien die punt.

11.    Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

12.    Vir hierdie eksamen geld die volgende eksamenriglyne vir die opstelvraag:
       · Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente
           met die ooreenstemmende kode aan.
       · ’n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
           o relevante verduidelikings gemotiveer word./
           o korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
           o geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        3                     NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

       ·   ’n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking
           én illustrasie nie.
       ·   Lees die opstelvraag ’n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer.
           Taalfoute word met onderstreping aangedui.
       ·   Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om ’n bepaalde punt by die
           inhoud toe te ken nie.

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

“eerste worp” – TT Cloete

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
OPSTELVRAE – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
  · Dis ’n breë raamwerk van feite.
  · Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

Beide kante van die deurlopende kontras moet in die bespreking genoem word.
· Ons/Suider-Afrika het nie bevaarbare riviere nie. In kontras daarmee het ons net
   droë lope. Bv. Versreëls 2 en 13:geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie
   teenoor ons het baie droë lope./ Bv. Versreël 2 en 14:ons het baie droë lope teenoor
   en oerrivierbeddings met ou inheemse name.
· Ons het nie riviere wat breed is nie; ons het baie droë lope. Bv. geen breë riviere
   bevaarbaar vir groot skepe nie teenoor ons het baie droë lope.
· Verder het Suider-Afrika ’n droë streek/uitgestrekte woestyn en nie baie dele wat
   baie reën ontvang nie./ Bv. Versreël 3 en 10:die min wolke wat ons het, is yl versprei
   en maar ons het uitgestrekte woestyne
· Die kontras kom nie net in die natuur voor nie. In Suider-Afrika het ons nie groot
   metropole met ’n hoë bevolkingsdigtheid nie, maar uitgestrekte woestyne/ Bv.
   Versreël 4 en 10: ons het nie groot metropole nie teenoor maar ons het uitgestrekte
   woestyne
· Ons het nie donkergroen woude nie, maar in Suider-Afrika het ons krom grys
   bome./ Bv. Versreël 5 en 11: Ons is sonder groot donkergroen woude teenoor en
   krom grys bome wat houtbeen vasskop
· In Suider-Afrika het ons nie baie groot name soos Beethoven, Dante, Rembrandt
   en Brabante nie. Ons het slegs ou inheemse name/ Bv. Versreël 6 en 14:dun is
   ons geskiedenis met min groot name teenoor en oerrivierbeddings met ou inheemse
   name
· In Suider-Afrika het ons nie die uitgebreide geskiedenis van die ander
   wêrelddele nie, net die baie reste na aan die eerste worp – die ryk geskiedenis
   wat die natuur vertel. (Die jakkals se fossielskreeu, angstjank en primitiewe
   spotlag)/ Bv. Versreël 6 en 7:dun is ons geskiedenis met min groot name teenoor
   soos beethoven of dante of rembrandt of bramante

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          4                      NW/September 2019
                                          NSS – Memorandum

·     Dante se letterkunde word gestel teenoor die stories wat Suider-Afrika se
      plekname vertel./ Bv. Versreël 7 en 15: soos beethoven of dante of rembrandt of
      bramante teenoor soos gourits en storievertelname soos skrij of kameelsleep en
      lijersdraai.
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.
                                                                                              [10]

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

“Versagtende omstandighede” – Peter Snyders

Vraag      Antwoord                                                                  Punt
2.1        Die titel is ‘n regsterm wat in die hof gebruik word wanneer iemand pleit
           dat sy vonnis versag/verminder moet word. ü                               1

           Normaalweg sou ‘n mens pleit dat jou sondes vergewe word sodat jy
           hemel toe kan gaan, maar in hierdie gedig vra die spreker versagtende
           omstandigede omdat die omstandighede in die hemel vir hom soos ‘n
           lewenslange vonnis klink en hy verkies om op die aarde te bly en nie
           hemel toe te gaan nie.ü                                                     1
           Beide kante van die ironie moet aangedui word vir EEN punt.
2.2        Ek-spreker/ Iemand uit die bruin gemeenskap van die Kaap/'n Persoon
           wat nie hemel toe wil gaan nie. ü                                           1

           Die ek-spreker maak die versagtende omstandighede wat die spreker
           in die gedig vra, persoonliker./eerliker./oortuigender./
           Die behoeftes van die persoon word die beste deur homself oorgedra./
           Die spreker praat in die Kaapse variëteit.ü                                 1
2.3        Paradoks/Teenstelling/Kontrasü                                              1

           Die spreker gebruik dikwels vloekwoorde/kru taal,ümaar die spreker
           sal dit ook as ’n vloek (straf) beskou as hy in die perfekte hemel moet
           beland.ü                                                                    2
2.4        Suid-Afrika is (tans) in 'n “historiese tyd” waarin 'n nuwe begin van
           samewerking (tesamebeleid) ingegaan word./ Einde van die
           apartheidsjare en nuwe geskiedkundige tydperk.ü                             1
2.5        Metafoor.ü                                                                  1

           Ja.
           Die beeld is geslaagd omdat die spreker die hemel vergelyk met ‘n
           begraafplaas waar dit altyd stil en neerdrukkend is (wat aansluit by die
           redes wat hy reeds aangevoer het waarom hy nie wil hemel toe gaan
           nie).ü
                                               OF
           Nee.
           Die beeld is nie geslaagd nie omrede ‘n mens die ewige lewe in die
           hemel het en die ewige lewe nie met die dood vergelyk kan word
           nie.ü                                                                       1
           Die kandidaat bied ‘n soortgelyke antwoorde vir EEN punt aan.
                                                                                              [10]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         5                      NW/September 2019
                                         NSS – Memorandum

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

“’n brief van hulle vakansie” – Breyten Breytenbach

Vraag     Antwoord                                                                   Punt
3.1       “huil”ü                                                                    1

          Die innerlike handeling (“treur”) word nou waargeneem in ’n uiterlike
          handeling (“huil”).                                                        1
3.2       Alliterasie/s-alliterasieü                                                 1

          Dit verwys na die kusdorp “Stilbaai” (‘n plek).ü                           1

          Die woord/naam kan ook ‘n figuurlike vooruitwysing na die naderende
          dood wees.ü                                                                1
3.3       Vergelykingü                                                               1

          ‘n Bruid dui gewoonlik op blydskap/nuwe begin, maar Trixie vrek
          (hartseer).ü                                                               1

          Beide kante van die ironie moet aangedui word vir EEN punt.
3.4       Sinestesie.ü                                                               1
3.5       Hartseer/nostalgies/weemoedig.ü                                            1

          Ja
          In hierdie brief word daar op ‘n hartseer/nostalgiese/weemoedige wyse
          berig oor die spreker se herinneringe aan sy ouers wat hy nie meer
          dikwels sien nie/ word daar berig oor die spreker se hartseer/ nostalgie/
          weemoed oor sy ouers se fisiese agteruitgaan waaraan hy niks kan
          doen nie. ü                                                               1

          NEE kan nie as antwoord aangebied word nie.
                                                                                            [10]

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

“besoekersboek” – Fanie Olivier
Vraag     Antwoord                                                                   Punt
4.1.1     Die spreker maak met die woord “ingekrap” die graffiti in die sel meer
          permanent. / “Uitkrap” kan beteken om uit te wis, wat nie is wat die
          persoon wou doen nie – hy wou dit vir altyd “inkrap”. ü                    1

          Dit staan tussen hakies/is ‘n parentese
          Voorplasing
          Enjambementsposisie.
          Die akuutaksentteken op die “i” üü                         (Enige 2)       2
4.1.2     Dit is plekke waar mense tydelik vertoef.ü                                 1

          Die mure waarop die graffiti aangebring word om te wys dat die
          persoon tydelik daar vertoef het/besoek afgelê het. ü                      1
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         6                       NW/September 2019
                                         NSS – Memorandum

4.2       Die spreker vra vrae waarop hy/sy nie antwoorde verwag nie/die
          retoriese vrae beklemtoon die universele verskynsel dat mense iewers
          ’n merk wil laat/van geweet wil wees. ü                                      1

          Kandidaat kan nie ‘n generiese antwoord oor die retoriese vraag
          aanbied nie.
4.3       Werklike reis: besoek aan Egipte/besoek aan plek met hiërogliewe/            1
          besoek aan ’n jagplaas/besoek aan plek met rotstekeninge teen ’n
          krans. ü

          Die mens se lewensreis/se aardse bestaan/lewenservarings. ü                  1
4.4       Dit is ironies dat die kind wat die simbool van die toekoms is, siek
          is/seer hoes. ü                                                              1
          Beide kante van die ironie moet genoem word.

          Ja
          Die ironie is geslaagd, want dit sluit aan by die tema dat die mens
          sterflik/verganklik/tydelik is. ü                                            1
          NEE kan nie as antwoord aangebied word nie.
                                                                                              [10]

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

“Ek het ’n huisie aan die Rand” – Pirow Bekker
Vraag     Antwoord                                                                     Punt
5.1       Die gedig het 14 versreëls /
          Die gedig bestaan uit 3 kwatryne en ‘n rymende koeplet. /
          Die versreëls is almal ewe lank.ü ü                       (Enige 2)          2
5.2       Denotatief: in die donker / laat in die aand.ü
          Konnotatief: dit gaan sleg/ daar is baie/groot probleme.ü                    2

          Gevare soos geweld en misdaad vind dikwels in die nag plaas/’n
          mens voel die minste veilig wanneer dit nag is.ü                             1
5.3       Personifikasieü                                                              1
5.4       Herhaling ü                                                                  1

          Die spreker beklemtoon daarmee presies hoe veilig hy teen indringers
          in sy huis voel.ü                                                            1

          Kandidaat kan nie ’n generiese funksie as antwoord aanbied nie.
5.5       Die gedig handel oor die vrees wat die modern mens het vir allerlei
          gevare, soos misdaad en hoe hy hom daarteen wil beveilig.ü                   1

          Ja, dis gepas.
          In Suid-Afrika is daar baie misdaad en mense is altyd bewus daarvan,
          daarom skryf mense daaroor.ü
                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        7                      NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

          Nee, dis onvanpas.
          Gedigte is veronderstel om mooi te wees, mense wil nie nog wanneer
          hulle met die kunste te doen het, aan misdaad herinner word nie.ü         1

          Enige soortgelyke motivering kan as antwoord aangebied word.
                                                                                           [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
  · Dis ’n breë raamwerk van feite.
  · Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

·   Iris voel aanvanklik dat sy nie wil trou nie, omdat sy nie vasgevang wil wees in
    die soort huwelike wat sy om haar sien en ervaar nie./ Bv. bl. 82: “Ek wil nie trou
    nie.” ... My redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself. Die onwilligheid was nie
    net vanweë my eie ouers se huwelik nie; ...
·   Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een
    blomoomblik is, want Joe kan dalk nuwe deure vir haar oopmaak./Bv. bl. 101:
    “Sies,” het die Engel in my oor gesis.
·   Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een
    blomoomblik is, want die Engel probeer Iris oortuig om saam met Peter Vermont
    toe te gaan./Bv. bl. 133: “Sien jy?” het die Engel gesê. “Jou dom aap.”
·   Die Engel laat Iris besef dat haar blomoomblik nie noodwendig iets groots hoef
    te wees nie, want sommige blom ongesiens./stil-stil./Bv. bl. 195: Party mense
    blom ongesiens, ... So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.
·   Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar
    toekoms te doen het nie, want ’n naam is net ’n naam./Bv. bl.187: “Net sowel,” het
    hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag bespreek
    het nie.”
·   Die Engel lei haar tot die insig dat hy nie haar toekoms bepaal nie, omdat sy
    haar eie toekoms moet opdroom en kyk of sy daarvan hou./Bv. bl. 179: “Droom dit
    op en kyk of jy daarvan hou.”
·   Die Engel laat Iris besef dat die lewe nie ’n storie is nie, want sy is
    verantwoordelik vir haar keuses en eie lewe./Bv. bl. 217: “Ek is nie ’n loopring nie.”

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                       NW/September 2019
                                           NSS – Memorandum

·     Die Engel lei haar tot die besef dat sy ook elke dag kan blom./Alhoewel Iris
      besluit om met Peter te trou, vra sy tog die Engel of dit die regte besluit was./Bv.
      bl. 209: “Nou ja. Waarom vra jy dan? Ek was self nie seker nie. Goedkeuring,
      miskien.”
·     Peter laat Iris twyfel oor die betekenis van haar naam, omdat hy hewig van haar
      verskil oor die belangrikheid wat sy aan haar naam en die een blomoomblik
      heg./Bv. bl. 132: “Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing.”
·     Peter stel haar voor ’n ultimatum om óf die modelkontrak te aanvaar óf saam
      met hom na Vermont toe te gaan. Hy is moeg gewag vir haar soeke na haar
      blomtyd en weiering om haar tot ’n vaste verhouding te verbind./Bv. bl. 133: “Ek
      gaan nie in jou pad staan nie, Iris. As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou
      deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.”
·     Aan die einde van die roman verstaan Iris dat die lewe nie ’n soeke na een
      hoogtepunt is nie, omdat elke dag saam met Peter sy eie spesiale oomblikke
      inhou./sy nie sonder Peter kan klaarkom nie./Bv.bl. 209: “Sonder Peter kan ek tog
      regtig nie klaarkom nie.” /Bl. 220: “Wees geduldig”, sê ek. “Dis amper tyd.”
·     Die werklikheid saam met Peter kan net so magies wees as die beste fantasie,
      daarom is Iris bereid om vrede te maak met die realiteit van ’n geroetineerde
      voorstedelike bestaan./Bv. bl. 187: “Gebeur dinge nie maar sommerso nie? My lewe
      bestaan uit onsamehangende flardes.”
·     Iris se gesprekke met Billy lei haar tot gedeeltelike insig, omdat sy teenoor hom
      moet erken dat sy nog eers moet uitvind wie die hoër Gode is voordat sy kan
      blom./Bv. bl. 104: “Ek glo nie eintlik die laaste een nie, maar die eerste een is wel van
      toepassing.”
·     Billy waarsku Iris oor haar blomtyd, omdat nie alle bolle tot bloei kom nie./Bv. bl.
      105: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit?”
·     Die Engel laat haar haar toekoms opdroom, omdat hy wil hê sy moet gaandeweg
      besef sy is self verantwoordelik vir haar eie keuses./Bv. bl. 179: “Droom dit op en
      kyk of jy daarvan hou.”
·     Die Engel lei haar totdat sy besef ’n naam is net ’n naam./Bv. bl. 187: “Net sowel,”
      het hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag
      bespreek het nie.”

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.
                                                                                               [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                     Punt
7.1        Iris het hom opgedroom./deel van haar fantasieë gemaak. ü                    1
7.2        Die Engel is deel van haar lewe en daarom moes hulle daarvan
           weet./As hulle mekaar leer ken, moet sy hulle van die Engel
           vertel./Engele was deel van die gesprek. ü                                   1
           Iris was desperaat om Bettie te troos./haar bui te verander./Dit was ’n
           laaste desperate poging om met Bettie te gesels. ü                           1

           Sy het gelag en gelag totdat sy hik./Dit was vir haar baie snaaks. ü         1
7.3        Hy het nie vir Peter tydens die sweisongeluk beskerm nie. ü                  1

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          9                       NW/September 2019
                                          NSS – Memorandum

7.4       Sy kan die wyfies se broeiery beïnvloed./Sy kan veroorsaak dat hul die
          eiers uit die neste skop. ü                                            1

          Hy vra haar om uit te vind waarom ’n wyfieduif eiers uit die nes skop. ü      1
7.5       Sy is ’n versamelaar./Sy maak antieke ware bymekaar./Sy is ’n
          tuisteskepper wat daarvan hou om goedjies bymekaar te maak./
          Sy is ’n voorbeeld van ’n tradisionele huisvrou van daardie tyd.ü             1
7.6       Nee.

          Die duiwe is nog steeds veilig, al is Iris by die duiwe./Die broeipaar sal
          nog altyd kleintjies kan kry./ ü                                              1
          JA kan nie as antwoord aangebied word nie.
7.7       Hy gee haar die raad om nie oor haar naam met Peter te praat nie./
          Hy gee haar die raad om Peter te laat slaap wanneer Peter moeg is./
          Hy gee haar die raad om nie oor Brian se eerste vrou met hom te praat
          nie./ Hy gee haar die raad om haar eie lewe te leef. üü                       2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyk voorbeelde vir EEN punt elk aan.
7.8       Johanna neem die rol van die verstrooide ma oor./ondersteun haar
          deur haar hele lewe. ü                                                        1

          Peter gee vir haar die geleentheid om in haar bekende omgewing te
          kan aanbly. ü                                                                 1
          Billy besorg Iris in New York veilig in haar hotel/dien as haar biegvader/
          gee vir haar perspektief op haar naam/blomtyd. ü                           1
7.9       Soms stem die Engel se woorde ooreen met sy optrede:
          Die Engel het haar toegelaat om haar eie besluite te neem, bv. hy laat
          haar toe om self te besluit oor die modelkontrak./
          Die Engel beskerm nie vir Iris of ander karakters soos sy gevra het nie,
          bv. sy breek haar enkel in Vermont./hy pas nie die gifbottel op nie. ü     1

          Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Soms stem die Engel se woorde nie ooreen met sy optrede nie:
          Die Engel het Iris soms beskerm, bv. hy stamp haar uit die pad van die
          skaatsplankryer./hy beskerm haar in Frankryk toe ’n gas haar oor Suid-
          Afrika konfronteer. ü                                                         1
          Die kandidaat bied ’n soortgelyk antwoord vir EEN punt aan.
7.10      Hy kan ’n glasoog kry en niemand sal die verskil opmerk nie. ü                1

          Peter se oë herstel volkome. ü                                                1
7.11      Die tannie het ’n tradisionele siening van ’n verhewe wese wat in
          sekere gevalle na mense omsien. ü                                             1
          Iris se Engel leef in haar werklikheid en moet haar van raad en
          beskerming voorsien. ü                                                        1

          Toe sy haar been in Vermont gebreek het. ü                                    1
          Hy beskou homself nie as ’n beskermengel nie. ü                               1
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         10                     NW/September 2019
                                         NSS – Memorandum

7.12      Die kandidaat kan Ja of Nee as antwoord aanbied. Die kandidaat gee
          sy/haar eie mening, bv.

          Nee.
          Iris sou permanent in haar verbeeldingswêreld gebly het en nie die
          realiteit aanvaar het nie. ü
          Iris sou heel moontlik die modelkontrak aanvaar het en nie liefde in
          haar lewe ervaar het nie. ü
          Iris sou haar hele lewe deur na ’n volmaakte oomblik gesoek het. ü

                                               OF
          Ja.
          Iris sou uiteindelik haar pad gevind het, want niemand kan vir altyd die
          werklikheid van die lewe vermy nie.ü
          Iris sou wel die liefde ervaar het, want selfs as ‘n model, kon sy die
          liefde van haar lewe ontmoet het.ü
          Iris sou op ’n stadium in haar lewe ophou soek het na haar blomtyd en
          die realiteit van wie/wat sy is, aanvaar het.ü                              3

          Die leerder bied enige DRIE soortgelyke antwoorde in konteks van die
          roman aan vir EEN punt ELK.
                                                                                             [25]

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
  · Dis ’n breë raamwerk van feite.
  · Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

·   Ouma Essie is die matriarg onder die Mulambwa-familie wat haar ’n leiersfiguur
    in die gemeenskap van Barotseland en in Baas se lewe maak, want sy help hom
    om sy konsessie op Manaka te behou deur by die khuta in te tree./Bv. bl. 100: Die
    naam Mulambwa loop vir baie geslagte al saam met die naam Lewanika, wat die
    naam van die koningshuis is. Die betekenis van die naam Mulambwa is 'vriend'.
·   Ouma Essie word as die geestelike leier op Manaka geag, want sy word die
    Profeet van die Bybel genoem en daarom het sy ’n groot aandeel daarin gehad
    om Baas se geloofsekerheid op te los./Bv. bl. 43: My ouma Essie is die een wat die
    mense die Profeet van die Bybel noem.
·   Ouma Essie speel ’n leidende rol in Baas se lewe, want sy is die vrou van
    Joseph Sitali en het dus die kennis om Baas te help om as geestelike leier op
    Manaka in te tree./Bv. bl. 70: Ek is die vrou van muluti Joseph, die man wat dood is.
·   Ouma Essie tree as herder en versorger vir Baas op Manaka op wanneer sy as
    tussenganger tussen Baas en die sendelinge optree./Bv. bl. 70: En die skape wat
    die Here my gegee het om op te pas.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        11                      NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

·   Ouma Essie voel dat Christelike beginsels nie meer geld nie, sy eien haar die
    reg toe om die khuta daaroor aan te spreek wanneer hulle Baas se konsessie
    oor hulle eie gierigheid wil verhoog; sy weet hy kan dit nie bekostig nie./Bv. bl.
    167: … dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering
    van hierdie khuta nie meer met ’n gebed oopgemaak word nie …
·   Ouma Essie staan haar man by om die Christelike boodskap te versprei en gee
    aan Baas die teksverse in die Bybel om te lees in ’n poging om sy geloof te
    versterk./Bv. bl. 166: Waar is daardie huis en daardie kerk wat ek en my muluti
    Joseph vir ons en vir die Here gebou het nou?
·   Ouma Essie is nie bang om haarself teen onreg uit te spreek nie, daarom tree sy
    vir Baas by die khuta in../Bv. bl. 47: Jy ken mos niks anders as om mense te
    verneuk nie.
·   Ouma Essie tree ondersteunend teenoor Baas en die sendelinge op, want sy
    probeer vrede bewerkstellig tussen Baas en die sendelinge op Manaka./Bv. bl.
    118: Daar is nie nog ’n seekoeipad om met takke toe te slaan teen die krokodille nie.
    Die ander plekke is ook te skuins,” praat ouma Essie, kop agteroor, asof sy nou onder
    die bril deur beter kan sien.
·   Ouma Essie lei vir Baas tot die aanvaarding van sy geloof, want hy vra aan haar
    wat jou ’n Christen maak./Bv bl. 202: "Jou reg om 'n Christen te wees maak van jou
    'n Christen. Weet jy dit dan nie?"

·   Grace, versorg Baas as hy malaria opdoen en help met sy herstel sodat dit vir
    hom moontlike is om op Manaka te bly./Bv. bl. 41: Ek het gehoor dat jy malaria het,
    meneer Baas.
·   Grace tree onbaatsugtig/nes ’n verpleegsuster op, want sy gaan ook saam met
    Baas na die hospitaal toe, toe hy malaria kry om hom met sy versorging by te
    staan./Bv. bl. 48: Toe hy wakker word, is sy nog by hom.
·   Grace probeer die siekes help, want sy is ’n opgeleide verpleegsuster/gee vir die
    mense om./Bv. bl. 86: Dit is die tablette wat ek in die nag saamgevat het Mubyu toe.
·   Grace tree as tussenganger of tolk tussen Baas en die khuta op, want sy kan
    ook Engels praat en Afrikaans verstaan./Bv. bl. 57: Daar is ’n vrou wat ’n baie goeie
    tolk vir muluti Krieseltjie sal kan wees. Sy kan Engels praat. Sy verstaan ook Afrikaans
    …”
·   Grace speel ’n rol in die oplossing van die konflik tussen Baas en die
    sendelinge, want sy besef dat die probleme kan vergroot as hulle stilbly./Bv. bl.
    97: Vandag is nie ’n dag om oor die toekoms te praat en besluite daaroor te neem nie.
    Maar daar kan nie meer stilgebly word oor die probleme nie. Dit laat dit net meer word.
·   Grace is die een wat deur haar voorbeeld vir Baas wys hoe omgee in
    Barotseland lyk: jy deel wat jy het met die mense wat niks het nie – soos hy wel
    maak./Bv. bl 125: “Sy is baie oud. En in die groen trommel agter die bed is daar nog
    van die blikkiesvis …”
·   Grace se een rol is om die sendelinge en vir Baas van die gewoontes van die
    Lozi’s/Barotseland te leer, want anders doen hulle die naam Makoa gestand./Bv.
    bl. 98: ’n Man loop voor in die pad, sy vrou agter, want ’n man is die meerdere van ’n
    vrou ...
·   Grace speel ’n belangrike rol in Baas se lewe, want dit is by Grace wat Baas ook
    ’n antwoord op sy vraag oor godsdiens kry./Bv. bl. 228: Is dit wat van jou ’n
    Christen maak?” “Ja. En die weet,” antwoord sy. “Die weet waar ek heengaan, hier, en
    in die lewe hierna.”
·   Grace glo, soos ouma Essie, dat Baas met ’n spesifieke doel na Manaka toe
    gestuur is./Bv. bl 94: “As jy weggaan, sal die sendelinge ook weggaan.”
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          12                      NW/September 2019
                                          NSS – Memorandum

·     Grace trek (onwetend) ’n parallel tussen Baas en sy oupagrootjie wanneer sy
      hom daarop wys dat hy op Manaka is om die pad vir die sendelinge oop te maak
      sodat sy op die koop toe ’n werk kan kry./ Bv. bl. 95: Om my te help om ’n werk te
      kry, en om die pad vir die sendelinge oop te maak, is miskien party van die werke
      waarvoor die Here jou na Manaka toe gestuur het.”
·     Grace is die een person, naas ouma Essie, wat Baas se vertroue wen, soveel so
      dat hy haar met sy diepste geheime vertrou: hy vertrel haar van sy denkbeeldige
      weddenskap met oupagrootjie./ Bv. bl. 127: Toe ek ’n kind was, het ek hom in my
      gedagtes gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal vang wat hy nooit gekry het nie.”
·     Grace se aanvoeling vir besigheid is vir Baas op die lang duur baie werd./Bv. bl.
      196: “Hierdie keer sal ek die vleis verkoop.” Sy vryf haar hande teen mekaar en buig
      haar knieë ’n klein bietjie. “Om besigheid te doen, is nie iets waarmee jy goed is nie.”
·     Grace is vir Baas ’n hulp. Wanneer hy die bankies herstel, of na sy boot gaan
      soek, dan beïnvloed haar hulp hom. Dit laat Baas besef dat ’n mens nie alleen
      kan regkom nie en dat hy in die toekoms op Manaka vir ander ook beskikbaar
      moet wees./ Bv. bl. 244: Sy gee koperskroewe aan. Baas skroef die eerste bankie se
      plank op die stutpaaltjie onder die worsboom vas.

·     Nanna stel belang in die mense en voel veral besorg oor Baas, want sy tree
      medemenslik op toe sy haar eie slaapsak oor Baas teen die koue gooi./Bv. bl. 83:
      Oom Scholtzie dop die nat klere van Baas se lyf af en gooi hom toe onder komberse.
      Die vrou bring haar slaapsak en gooi dit ook oor.
·     Nanna bereik die mense en vir Baas met die wyse waarop sy die Christelike
      boodskap oordra, want haar sangdiens is suksesvol in vergelyking met Griesel
      se bestraffende preek./ Bv.bl. 205: Aan die einde van sy diens sê Griesel die wat
      hulle harte vir die Here wil gee en by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens
      staan tydsaam op en begin wegstap./ Bl. 205: Die twee vrouens kom sit weer. Hulle
      klap vrolik op maat van die wysie hande en sing sonder die woorde. Die volgende
      Sondag kom hulle weer en bring twee nuwe kerkgangers saam.
·     Nanna is die eerste persoon met wie Baas sy twyfel oor geloof verwoord./Bv. bl.
      138: "Wat maak van 'n mens 'n Christen?"

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                              [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                    Punt
9.1.1      Plek van die Ryk Mense.ü                                                    1
9.1.2      Hy was die tussenganger tussen die Du Pisani’s (sendelinge) en die          1
           khuta. ü
9.2        Hy dra ’n donker pak met dofwit strepies teenoor die khuta se verslete
           klere ü en hy was sy hande nadat hy meneer Kebbey gegroet het. ü            2
9.3        “Krieseltjie” beteken “min”. Griesel het baie belofte getoon as nuwe
           sendelinge, maar aan die einde van die roman besef ons hy is nie ‘n
           man van formaat nie – inderdaad “min”.üü                                    2

           Beide kante van die ironie moet gegee word vir TWEE punte.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                       NW/September 2019
                                          NSS – Memorandum

9.4       Met hulle aankoms op Manaka het Nanna saam met oom Scholtzie en
          ouma Essie wyn gedrink en Griesel berispe haar hieroor./
          Nanna het privaataangeleenthede in die openbaar bespreek./                    2
          Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee
          nie. ü ü

          Die kandidaat gee enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk.
9.5       Positiwiteit. ü                                                               1

          Sy laat toe dat ’n dogtertjie aan haar hare vat./trek vir die kinders
          gesigte tydens die khuta-vergadering./het by ouma Essie gaan
          slaap./sy gee geld vir die plaaslike bevolking. ü                             1

          Die kandidaat moet ’n handeling as antwoord aanbied wat daarop dui
          dat Nanna Afrika-gebruike aanvaar.

          Dis mos Afrika. ü                                                             1
9.6       Meneer Johnnie. ü                                                             1

          (Nanna ontvang) ’n pampoen. ü                                                 1
9.7       Grace ü                                                                       1

          Baas het die toutjie waarmee die portret teen die muur gehang het as
          ‘n gordel gebruik om sy broek bo te hou (nadat hy so baie gewig as
          gevolg van malaria verloor het.)ü                                             1
9.8        As betaling vir die verblyf wat sy hom eens op ‘n tyd gegee het toe sy       1
          bakkie gebreek het.ü

          Riekert het ‘n week by ouma Essie gebly. ’n Mens sou verwag dat ’n
          mens meer sou betaal as jy ’n week van iemand se gasvryheid gebruik
          gemaak het,ü maar Riekert voel omdat sy swart is, is dit genoeg.ü             2

          Beide kante van die ironie moet genoem word vir TWEE punte.
9.9       Whitey ü                                                                      1

          Hy en Baas het dieselfde oupagrootjie./Hulle is agterkleinneefs. ü            1

          Hy het Baas se boot gekry nadat dit in die rivier afgespoel het.ü             1
9.10      Hy skryf sy naam in die boomstam onder sy oupagrootjie se naam./
          Hy kap Morena se kop/horings teen die naambord vas./
          Baas maak die bankies onder die worsboom reg./
          Baas (en Grace) wat (agter mekaar) in die olifantpad teen die rivier
          afloop om die boot te gaan soek en Baas wat sy geweer oor sy skouer
          dra./
          Die lyfband van muluti Joseph wat Baas afhaal en vir Ouma Essie
          teruggee. üü                                                                  2

          Kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
          aan.

          Grace ü                                                                       1

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        14                     NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

          Nadat Baas besluit het om weg te gaan/hy (vir sy oupagrootjie) gesê
          het: ''Jy wen, Baas Dennis,'' sê Grace vir hom die ou man sê R5 is te
          min vir sy drome./Grace beïnvloed hom om te bly.)/herinner hom aan
          sy drome om in sy oupagrootjie se voetspore te volg./Dit is by Grace
          wat Baas uiteindelik die antwoord op sy kwelvraag oor godsdiens
          kry. ü                                                                    1
                                                                                           [25]

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
  · Dis ’n breë raamwerk van feite.
  · Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

·   Daar is beweringe dat die naam Vatmaar van Ta Vuurmaak afkomstig is, want hy
    is een van die eerste mense wat gewoon het in wat later Vatmaar sou wees./Bv.
    bl. 5: Party mense het gesê Vatmaar het sy naam by Ta Vuurmaak gekry.
·   Ta Vuurmaak steek die buit van die plase weg in die watertenk op die sylyn.
    Hierdie buit is later in Vatmaar gebruik./Bv. bl. 9: Chai het gesê dis vatmaar-goed.
·   Ta Vuurmaak skep vir die mense werk en gee so menswaardigheid aan Vatmaar
    se mense./Bv. bl. 22: Ek het party van die manne wat nie werk gehad het nie, of wat
    afgedank is, aan die stene maak gesit. Vir elke drie wat gemaak is, was twee die
    maker s'n en een myne.
·   Ta Vuurmaak sorg dat die Griekwa-kinders kontak hou met hul kultuur, want hy
    vertel vir hulle stories uit die verlede/van Heitsi Eibib./Bv. bl. 83: Daar was
    Griekwa-kinders wat Sus Bet wou hê die stories van hulle se afkoms moes hoor en
    onthou.
·   Ta Vuurmaak is die een met die meeste kennis van die rol wat die oorlog in die
    nedersetting gespeel het wat hy aan die kinders van Vatmaar oordra./Bv. bl. 7:
    Vertel ons nog, Ta, het ons hom aangespoor.
·   Ta Vuurmaak ken die geskiedenis van die ontstaan van Vatmaar die beste; hy
    word as die bewaarder van Vatmaar se geskiedenis beskou./Bv. bl. 20: Ta
    Vuurmaak vertel hoe alles begin het.
·   Die Griekwa-beginsel om met jou broer te deel word deur Ta Vuurmaak
    voorgeleef en hy leer dit ook aan die jong seuns wat hom besoek./Bv. bl. 85: In
    die lewe, in die lewe is een van die grootste deugde om te deel. Deel met jou broer
    wat 'n behoefte het. Dit sal vermenigvuldig terugkom.
·   Ta Vuurmaak leer die seuns omtrent die kompleksiteit van die natuur, want hy
    glo dat jy respek teenoor die natuur moet betoon./Bv. bl. 88: Ta Vuurmaak het
    ontsag gehad vir die Son en Maan en hy het sy stem laat sak as hy oor hulle praat.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          15                 NW/September 2019
                                          NSS – Memorandum

·   Oom Chai proklameer die nedersetting met George Lewis se hulp, want hy wil 'n
    soortgelyke nedersetting as die Engelse settlement vestig./Bv. bl. 21: Chai het glo
    een nag terwyl hy wakker gelê het, die plan gekry vir wat die Engelse 'n settlement
    noem. In sy gedagtes het hy die plek naby die vlei gesien. Ek het met George daaroor
    gepraat, het Chai gesê …
·   Oom Chai verskaf 'n heenkome vir talle uitgewekenes, wat by die vatmaar-
    gedagte aansluit, die nedersetting begin met vatmaar-goed./Bv. bl. 22: In die
    winter was Chai en sy George se eenkamer-huise so laat hulle kon intrek.
·   Oom Chai onderhandel namens die mense van Vatmaar met die dorpsraad van
    Du Toitspan sodat 'n plek waar die nedersetting gevestig kan word, toegeken
    word./Bv. bl. 21: Ek het met George daaroor gepraat, het Chai gesê, …
·   Oom Chai onderhandel met die predikant van Du Toitspan. Hy sorg dus dat die
    nedersetting hul eie kerkgebou kon kry, die Sendingkerk./Bv. bl. 27: … almal het
    saamgestem dat julle mense van Vatmaar ons ou saal kan kry.
·   Oom Chai is een van die ouderlinge in die kerk wat ook daarvoor
    verantwoordelik is om dienste in die kerk te hou./Bv. bl. 41: … het altyd die eerste
    drie Sondae van die maand gepreek, en oom Chai die laaste een.
·   Oom Chai bring Vatmaar se mense met ouderling Hans du Plooy in aanraking,
    wat die Woord aan hulle bedien. Dit het hulle saamgebring en hulle het die seën
    daarvan ervaar./Bv. bl. 35: Charlie, sê die domanie, jy en oom Hans sal saamwerk en
    by die volgende kerkraadsvergadering sal ons jou naam aanteken as ouderling van
    die Sendingkerk Vatmaar.
·   Oom Chai sorg dat alles in die skool vlot verloop, want hy probeer 'n skryfbord
    in die hande kry toe hy sien dat die skool een benodig./Bv. bl. 100: Oom Chai het
    die beste swartbord en staander gevat en 'n klompie afvalstukkies bordkryt gevra vir
    ons kinders om op die swartbord mee te kan skryf.
·   Vir Oom Chai is die oprigting van ʼn kerk baie belangrik, want hy wil die kinders
    laat doop. Dus sorg hy dat die gemeenskap die Woord van God bekom/vir die
    stigting van die skool dat almal kan leer lees./Bv. bl. 25: Domanie, sê Oom Chai,
    ons in Vatmaar het rêrigwaar 'n sendingkerk nodig want daar is bybies en jong kinders
    wat nie gedoop is nie.
·   Oom Chai is 'n natuurlike leier. Daar is gesê: ''Om oor iemand te wees was iets
    wat altyd na hom toe aangekom het sonder dat hy daarvoor gesoek het.''/Bv. bl.
    28: Vyf, jy wat Chai is, sal die ouderling van die kerk wees.
·   As nie-amptelike burgemeester neem hy belangrike besoekers in Vatmaar
    rond./Bv. bl. 97: Oom Chai is vooraf vertel van hulle koms. … Oom Chai het die kerk
    vir hulle oopgesluit, …
·   Oom Chai het 'n groot invloed in die nedersetting. Hy kon die onderwyseres,
    Teacher Elsa, aanbeveel en sy is aangestel omdat sy van Vatmaar kom./Bv. bl.
    98: En: Miss. E. Lewis will be on the payroll of the Du Toitspan Town Council.
·   Oom Chai is die sedebewaker van Vatmaar wat vir Teacher Elsa aangesê het om
    haar gesig te was en dat sy bly kan wees hy was daar toe die Rooinek verspot
    begin raak het omdat bruin vroumense nooit nee vir 'n wit man kan sê nie./Bv. bl.
    100: Was daai gemors af. Dan kan jy weer aangaan. Lóóp! Was daai gemors af en
    gee skool.

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         16                      NW/September 2019
                                         NSS – Memorandum

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                    Punt
11.1      Oom Flip het diamante gesteel. ü
          Bennie was ’n vleisdief. ü                                                  2
11.2      Vatmaar is ’n fiktiewe woonplek ongeveer 8 km (vyf myl) van Du
          Toitspan af. ü                                                              1
11.3      Settie September het gesê sy het haar ring gesteel. ü                       1

          Tant Wonnie was ’n Rehoboth-baster/nie blank nie/wat op grond van
          rasseklassifikasie so sleg deur die blanke polisieman behandel is./
          Tant Wonnie was baie arm;/daarom behandel die polisieman haar as
          deel van die laagste vlak van die bevolking.
          Die polisieman het nie respek vir Tant Wonnie nie. ü                        1
11.4      Die verteller dra kennis oor van al die gebeure in teks E./ Die verteller
          dra kennis oor van die karakters (Tant Wonnie/konstabel/inwoners) se
          handelinge./ Die verteller dra kennis oor van die karakters (Tant
          Wonnie/ konstabel/die inwoners) se ingesteldheid. Die verteller dra
          kennis oor van die karakters (Tant Wonnie/die konstabel/die inwoners)       1
          se emosies. ü
11.5      Die wit man is blatant rassisties./word as blatant rassisties
          gestereotipeer./
          Die wit man word gestereotipeer dat hy geen respek vir ’n ander ras/
          vrou het nie.ü                                                              1

          Die Müller-vroue word in hierdie roman gestereotipeer as sterk./
          vreesloos. ü                                                                1
11.6      Familiewaardes / Ewige liefde / Ware liefde / Getrouheid
          Hardwerkendheid üü                                                          2

          Die kandidaat bied enige TWEE waardes vir EEN punt elk aan.

          Ja
          Gesinne leef in vrede en liefde saam./
          Daar is nog vandag baie voorbeelde waar ware liefde seëvier.
                                             OF
          Nee
          Die hegte familiestruktuur is nie meer in vandag se samelewing so
          belangrik nie./
          Liefde het goedkoop geraak.ü                                                1

          Die kandidaat bied EEN soortgelyke motivering vir EEN punt elk aan.
11.7      Spanning/Afwagting ü                                                        1
11.8      Diensbaarheid / Onselfsugtigheid / Trots / Medemenslikheid
          Deursettingsvermoë üü                                                       2

          Die kandidaat kan die karaktereienskappe omskryf.
          Die kandidaat bied TWEE karaktereienskappe vir EEN punt elk aan.

          Hulle misbruik haar/haar goeie geaardheid./
          Hulle het haar nie betaal nie/volgens die waarde van die werk wat sy
          gedoen het, betaal nie.ü                                                    1
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          17                       NW/September 2019
                                          NSS – Memorandum

11.9      Beide die geregsdienaars verneder die oortreders. ü                           1
11.10     As jy Engels kan praat, is jy beter as ander mense. √                         1

          Ja
          Oom Chai sê hulle dink hulle is beter as ander./
          Suid-Afrika het toe nog sterk bande met Brittanje gehad./
          Engels is hoër geag as Afrikaans. ü                                           1
11.11     Die predikant behoort nie betrokke te wees by diefstal nie, maar hy
          gebruik nou die Bybel as regverdiging vir die steel van die diamant. ü
          Die predikant behoort ’n waarheidsverkondiger van die Bybel te wees,
          maar hy verdraai nou die Bybel om sy gewete te sus. ü                         2

          Alhoewel hy die waarheid praat, het die waarheid hom nooit vry
          gemaak nie./
          Die waarheid het nooit tot sy vryheid gelei nie, want hy is ’n jaar later
          tydens die eerste winter in die tronk oorlede.ü                               1

          Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied.
11.12     Vatmaar het sy ontstaan te danke aan goed wat maar net gevat is./
          Sommige goed in Vatmaar is op oneerlike wyse bekom./
          Hulle het nie die agste gebod eerbiedig nie. üü                               2

          Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
                                            EN
          Ja
          Diefstal is ’n algemene verskynsel in ons samelewing vandag.
          Die mens wil nie verantwoordelikheid vir verkeerde dade aanvaar
          nie.üü                                                                        2

          Die kandidaat gee TWEE soortgelyke gemotiveerde menings vir EEN
          punt elk.
          Aangesien diefstal strydig met die landswette is, kan NEE nie as
          antwoord aanvaar word nie.
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        18                      NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien

LET WEL:
  · Dis ’n breë raamwerk van feite.
  · Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

·   Die druk wat Greg se pa op hom plaas lei daartoe dat hy ingetrek word deur
    kuberkrakery./kuberkrakers./Eckardt, want hy rebelleer teen eise wat sy pa aan
    hom stel./ Bv. bl. 99: Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou besluit nie, sê Eckardt. Jy is
    byna agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.
·   Greg se pa plaas druk op Greg om te presteer, want hy soek ‘n skouperd om sy
    ouer seun, John, se plek in te neem nadat John selfmoord gepleeg het./ Bv. bl.
    106: Ek is teleurgesteld in jou, Greg. Dan is ek ten minste nie die eerste kind wat jou
    teleurstel nie, Pa.
·   Greg se pa plaas druk op Greg om onderdanig te wees aan Dok Pienaar, want hy
    is kop in een mus met hom en weet dat Dok Pienaar gesorg het dat Greg
    hoofseun word./ Bv. bl. 106: Jy kan bly wees Dok het jou nie daar en dan sommer uit
    die skool geskop nie. Jy’s ‘n ondankbare klein snotkop.
·   Greg se pa is die oorsaak daarvan dat Greg in sy eie vermoëns begin
    twyfel/minderwaardig voel, want hy besef dat hy nooit aan sy pa se hoë
    verwagtinge gaan voldoen nie./ Bv. bl. 107: Dalk is my pa reg. Dalk is ek so sleg
    soos hy sê. Wat moet ek doen om hom gelukkig te maak?
·   Greg se pa het baie druk op hom geplaas om ’n leierskapsposisie te beklee,
    maar hy is nie ’n suksesvolle hoofseun nie, want hy word deur Dok Pienaar
    aangespreek oor die VRL se dissipline./moet met die groep daaroor praat./hy reël ook
    nie die VRL-vergaderings nie, maar is vies as Kwanele dit doen. Bv. bl. 102: Sal jy vir
    my kerkdiensbeurt instaan?
·   Greg voel soos ‘n kloon van sy pa en dat sy pa verwag hy moet in sy pa se
    beroepsvoetspore volg, want hy voel hy het nie eintlik ‘n ander keuse as om aan
    sy pa se verwagtinge te voldoen nie./ Bv. bl. 99: Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou
    besluit nie, sê Eckardt. Jy is byna agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.
·   Die familiedruk/ druk van sy pa maak Greg opstandig, want hy rebelleer teen
    Lawson Kollege en die feit dat hul as rykmanseuns slegs klone van hul pa’s is
    en nie regtig hul eie mense kan wees nie./ Bv. bl. 91: Jip, soos die res van die
    ouens hier, Die clones.
·   Greg voel hy word nie regtig deur sy pa aanvaar nie, want hy en sy pa
    kommunikeer swak omdat hy altyd met werksake besig is en baie min tyd
    afstaan om werklik na Greg te luister./ Bv. bl. 106: Pa, laat ek verduidelik – Dit help
    nie, hy luister nie, gaan net aan.
·   Greg het ’n skuldgevoel teenoor sy pa, want selfs as sy pa se bedrogspul aan
    die kaak gestel word, is Greg spyt hy het sy pa in die steek gelaat./ Bv. bl. 220:
    En terwyl ek so na my pa kyk, sien ek vir die eerste keer hoe hy pynlike oomblik vir
    oomblik afgetakel word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        19                      NW/September 2019
                                        NSS – Memorandum

·   Greg is ook baie bang vir sy pa en daarom verdraai hy dikwels die waarheid
    sodat hy nie sy pa teleurstel nie, daarom vervals hy sy eerstekwartaalrapport./
    Bv. bl. 157: Hy hoef nie die einde van die jaar vir my pa te verduidelik waar die
    verwagte onderskeidings heen is nie.
·   Die bedrogspul waarin Greg se pa betrokke geraak het, het veroorsaak dat Greg
    deur Eckardt gebruik is, want Eckardt wou wraak neem deur Greg se familie te
    vernietig./ Bv. bl. 215: Toe jy vir Dok ontmasker het as die Butcher, het jy, sonder dat
    jy dit weet, ook jou pa vir die honde gegooi.
·   John – Greg se broer – het sy eie lewe geneem en daarom verhoog die druk op
    Greg. Greg moet nou soos John aan sy pa se verwagting voldoen: Hy moet
    hoofseun van Lawson Kollege en die eerste rugbyspankaptein wees./ Bv. bl. 106:
    Jy kan bly wees Dok het jou nie daar en dan sommer uit die skool geskop nie. Jy’s ‘n
    ondankbare klein snotkop.
·   John se selfmoord laat Greg met skuldgevoelens, want hy verwyt homself dat
    hy nooit gesien het dat John so ongelukkig was nie./ Bv. bl. 66: Ek het gedink dit
    was omdat hy alles gehad het wat hy nodig het. Maar ek was verkeerd. Iets was
    steeds missing. En toe gaan doen hy so ‘n stupid, stupid ding.
·   John se selfmoord het Greg ‘n vrees vir die dood gegee, want hy is bang om
    nog geliefdes op hierdie manier te verloor, soos toe Eckardt verdwyn het./
    Nicole dreig om iets aan haarself te doen./ Bv. bl. 159: Dis nie niks nie. Wat bedoel
    jy, Nicole? As jy gaan try om iets aan jouself te doen … Ek voel skielik so magteloos.
·   John was lief vir ekstreme sportsoorte en het Greg daarby betrek; daarom kon
    Eckardt Greg so maklik oorhaal om betrokke te raak by kuberkrakery, want Greg
    het kuberkrakery ook as ‘n ekstreme sport gesien./ Bv. bl. 145: Ek vee die sweet
    van my gesig af. Probeer hard om nie die opgewondenheid in my stem te laat
    deurslaan nie.
·   Omdat Greg hoofseun word om sy familie/pa tevrede te stel, is hy nie ‘n ware
    hoofseun nie, want hy laat hom maklik deur Eckardt beïnvloed/drink ’n bier
    saam met Eckardt/en laat Eckardt hom in die kuberkrakerwêreld intrek./ Bv. bl.
    71: Twee yskoue Castles. Ek weet ek is veronderstel om so iets te rapporteer, maar
    ek besluit: what the hell …
·   Greg se vriendskap met Eckardt veroorsaak dat hy baie van sy pligte
    versuim./aanhoudend diensbeurte uitruil./onttrek van sy skoolvriende./Greg se
    skoolwerk begin verswak, want hy is die hele tyd besig met kuberkrakery –
    aanvanklik om dit aan te leer en later in ‘n poging om Eckardt op te spoor./ Bv.
    165: Al my pelle, wat nou al minder met my gesels, maar net weet.
·   Eckardt verlei Greg doelbewus deur hom ’n bier in sy kamer aan te bied en Greg
    aanvaar dit, wetend dat dit verbode is op die skoolterrein./ Bv. bl. 71: “Lus vir iets
    om te drink?” vra hy. Kyk sommer in die yskas. Ek dink daar is nog twee biere agter
    die blikkies koeldrank.
·   Eckardt prikkel Greg se belangstelling wanneer hy hom meer inligting omtrent
    kuberkrakers en hulle metodes te gee sodat Greg hom dan vra om hom te leer
    kuberkaak./ Bv. bl. 81: “Sal jy my leer?” vra ek toe Eckardt weer agteroorleun in sy
    stoel.
·   Eckardt wen Greg se vertroue as hy hom voordoen as ’n vriend en vertroueling
    wanneer hy hom leer kuberkraak./ Bv. bl. 89: So begin dit vir my. Ek registreer op
    die site as G-4ce.
·   Eckardt kry dit reg om Greg te verlei dat hulle onwettig toegang tot die skool se
    netwerkkamer kry en op die rekenaars gaan krap wat Greg andersins nooit sou
    doen nie./Bv. bl. 111: “As iemand ons hier kry, is dit verby met ons,” sê ek sag.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [NW AFR HL P2 SEPTEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-september-2019/ea860de6-acca-40e8-b1ba-da9a739ef857) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [ANALISE PER VRAAG AFRIKAANS HUISTAAL V 1 2019](https://www.hlayiso.com/library/analise-per-vraag-afrikaans-huistaal-v-1-2019/833377e2-1640-49da-b7d3-0ea76bc7c710) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
