# Afrikaans HL Grade 12 P2 North West Mock 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the North West Mock Exam 2019, 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-september-2019/ea860de6-acca-40e8-b1ba-da9a739ef857
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 North West Mock 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-september-2019/ea860de6-acca-40e8-b1ba-da9a739ef857)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                         AFRIKAANS HUISTAAL V2

                              SEPTEMBER 2019

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                      NW/September 2019
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2.     Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
       inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
       wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
       kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3.     Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
       AFDELING A: Gedigte        (30)
       AFDELING B: Roman          (25)
       AFDELING C: Drama          (25)
4.     Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
       EEN in AFDELING C.
       AFDELING A: GEDIGTE
       Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
       Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
       AFDELING B: ROMAN
       Beantwoord EEN vraag.
       AFDELING C: DRAMA
       Beantwoord EEN vraag.

5.     KEUSE VAN VRAE VIR AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

       ·   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
       ·   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
           die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
           in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
           beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
           kontrolelys om jou te help.

6.     LENGTE VAN ANTWOORDE

       ·   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
       ·   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
       ·   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
           puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
           relevant.

7.     Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

9.     Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    3    NW/September 2019
                                        NSS

10.    Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A: ongeveer 40 minute
       AFDELING B: ongeveer 55 minute
       AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                  4                    NW/September 2019
                                      NSS

INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                             VRAAG              PUNTE      BLADSY
 1. “eerste worp”                      Opstelvraag            10          6

 2. “Versagtende omstandighede”        Kontekstuele vraag     10           7

 3. “’n brief van hulle vakansie”      Kontekstuele vraag     10           8

 4. “besoekersboek”                    Kontekstuele vraag     10           10
                                      EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. “Ek het ’n huisie aan die Rand”    Kontekstuele vraag     10           11

 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag. *
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie               Opstelvraag       25           12

 7. Die kwart-voor-sewe-lelie          Kontekstuele vraag     25           12

 8. Manaka Plek van die Horings             Opstelvraag       25           14

 9. Manaka Plek van die Horings        Kontekstuele vraag     25           15

 10. Vatmaar                                Opstelvraag       25           17

 11. Vatmaar                           Kontekstuele vraag     25           17

 12. Onderwêreld                            Opstelvraag       25           19

 13. Onderwêreld                       Kontekstuele vraag     25           19

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.*
 14. Krismis van Map Jacobs                 Opstelvraag       25           22

 15. Krismis van Map Jacobs            Kontekstuele vraag     25           22

 16. Mis                                    Opstelvraag       25           24

 17. Mis                               Kontekstuele vraag     25           25

* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
           AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        5                         NW/September 2019
                                            NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                   VRAAG-          GETAL VRAE              MERK
                                            NOMMER         BEANTWOORD                (ü)
 A: Gedigte                                    1–4                 2
 (Gesiene gedigte)
 A:Gedigte                                        5                1
 (Ongesiene gedig)
 B: Roman                                     6–13                 1
 (Opstel of kontekstueel)
 C: Drama                                     14–17                1
 (Opstel of kontekstueel)

 LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         6                       NW/September 2019
                                             NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

eerste worp – TT Cloete

1       ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2       geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3       die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4       ons het nie groot metropole nie.
5       ons is sonder groot donkergroen woude.
6       dun is ons geskiedenis met min groot name

7       soos beethoven of dante
8       of rembrandt of bramante

9       ons het min onwerklike sagte drome

10      maar ons het uitgestrekte woestyne
11      en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12      in die droë sand en koets teen die son

13      ons het baie droë lope
14      en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15      soos gourits en storievertelname soos skrij
16      of kameelsleep en lijersdraai

17      en baie reste naby die eerste worp

18      by wêreldseinde in die suisende stil nag
19      hoor jy die jakkalse se fossielskreeu
20      iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
                                                            [Bron: Uit die hoek van my oog, 1998]

In hierdie gedig tref ons deurlopende kontras aan tussen dít wat ons in Suider-Afrika
het en dít wat ons nie het nie.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250 tot 300 woorde.
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7               NW/September 2019
                                               NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Versagtende omstandighede – Peter Snyders

1       Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik
2            innie hiemel,
3       maa Here, vergiewe,
4       die hiemel issie my soort liewe,
5       ek hou van sing en harpmusiek
6       maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.

7       En Here, dit sal hel vi my wies
8       om met niks-doen myself elke dag te vervies;
9       en sover dit die goudstrate
10           en pearly-gates betref,
11      wat baat dit?
12      Klip en teer is veels meer werd.

13      Maa Here, hou my baas asseblief tog daa
14      want waa hy nie kan exploit nie
15      is hy tog te naar;
16      en hou hom dop want sonner om te aarsel
17      sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.

18      Ja, Here, ekket my foutjies oek
19      en waar amil perfek is
20      sal ek heeldag vloek,
21      want volle perfection en contentment
22      sal my torture tot binne-in my fonnement.

23      En dan boenop hoor ek
24      seks is yt –
25      soe stuur my aire hel toe
26      of waar ek my talent kan gebryk.
27      En as ek te goed is
28      om gebraai te word
29      laat my lieweste trug kom, Lord

30              as kunstenaar na ’n land
31      in ’n historiese tyd –
32      soes Suid-Afrika,
33      waar ek kan teer
34      op ’n tesamebeleid.

35      En tussen die revolutions
36      (hou my aanie underdog se kant)
37      sorg dat ek by Florrie
38      (vroeër mevrou Soetwater)
39      voorit te laat is, beland.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        8                       NW/September 2019
                                            NSS

40      Laat my dan liewer hier
41      oppie aarde ly
42      as om vir iewag in u
43      grafstienhiemel te bly.
                                                             [Bron: ’n Waarskynlike mens, 1992]

2.1    Herlees die titel van die gedig.

       Wat beteken die titel van die gedig en waarom is hierdie woorde ironies
       as die inhoud van die gedig in ag geneem word?                                       (2)

2.2    Wie is die spreker in hierdie gedig? Waarom is dié spreker geloofwaardig?            (2)

2.3    Herlees versreël 19–20.

       Watter stylfiguur kom in hierdie versreëls voor? Bespreek die dubbelsinnige
       betekenis van die woord “vloek” in versreël 20.                                      (3)

2.4    Na watter tydperk verwys “historiese tyd” in versreël 31?                            (1)

2.5.   Herlees versreël 42–43.

       Benoem die beeldspraak. Dink jy die gebruik van dié beeld is geslaagd?
       Motiveer jou antwoord.                                                                (2)
                                                                                            [10]

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

‘n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach

vir oubaas:
1       Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur
2       oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
3       die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
4       op die knieë van hul Gij Here God lê;

5       noudat ek agter ’n baard kou kan ek huil
6       as hulle snags my naam fluister met die ruite
7       donker knippende oë in die wind, oor die visolie
8       vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

9       In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see
10      en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene
11      in ’n kortbroek en speel krieket op die duine
12      en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           9                       NW/September 2019
                                               NSS

13      want hys ’n bokser dokter boer
14      ’n kaptein en ’n held ’n indoena tussen grysaards –
15      En as die reën soos ’n gesluierde bruid oor die see kom
16      word die lieflinghond (Trixie) lam;

17      drie dae veg die veearts en buig dan die knie
18      en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier
19      die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
20      ’n soenoffer in die diep grond se skoot

21      want nou is hulle minnaars
22      stil bome in die najaar met die wind
23      strelende drome in die takke
24      onder komete leeftye lang wêrelde

25      My ooms sterf soos kapok in die son
26      hartaanval beroerte kanker en tering
27      en my pa word stiller en meer verskriklik
28      van dop tot dop

29      Hier waar die harde winters en nat somers
30      my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
31      die soet hart van my moeder
32      my pa se stil en bitter krag
                                                            [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964]

3.1    By watter woord in strofe 2 sluit die woord “treur” (versreël 1) aan? Bespreek
       die progressie wat tussen “treur” (versreël 1) en jou antwoord waargeneem
       kan word.                                                                                (2)

3.2    Herlees versreël 9.

       Benoem die halfrym wat in hierdie versreël voorkom. Gee die denotatiewe en
       konnotatiewe betekenis waarna die woord “Stilbaai” kan verwys.                           (3)

3.3    Herlees versreël 15–16.

       Benoem die beeldspraak in versreël 15 en verduidelik waarom hierdie
       beeld ironies is as versreël 16 betrek word.                                             (2)

3.4.   Benoem die stylfiguur wat in versreël 31 voorkom.                                        (1)

3.5.   Watter stemming kom in hierdie gedig voor? Dink jy dat hierdie stemming
       gepas is as jy die inhoud van die gedig in ag neem?                                      (2)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        10                       NW/September 2019
                                            NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

besoekersboek – Fanie Olivier

1       op die sel se mure het iemand uitgekrap
2       (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3       van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap
4       deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

5       wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
6       hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7       sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8       het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

9       ek loer na hiërogliewe. ‘n boer het my gewys
10      waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11      vóór in die gideons se bybel is ‘n lang lys
12      lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

13      ‘n kind hoes seer; ‘n lam huil stomgeslaan. ek skraap
14      moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap
                                                                        [Bron: Skimmellig, 1978]

4.1    Herlees versreël 1–4.

       4.1.1 Hoe verander die spreker die betekenis van versreëls 1 en 2 wanneer
             hy/sy die woord “uitgekrap” met “íngekrap” vervang? Op watter wyses
             word die woord “íngekrap” uitgehef?                                              (3)

       4.1.2 Met die titel in gedagte, wat het die “sel”, “duikweë”, “stasies” en “brûe”
             in hierdie gedig in gemeen? Wat is dan die “besoekersboek” wat elke
             keer op hierdie plekke geteken word?                                             (2)

4.2    Wat is die funksie van die retoriese vrae in versreël 5–8?                             (1)

4.3    Reis is ’n deurlopende idee in die gedig. Haal ’n voorbeeld van ’n werklike
       reis in versreëls 9–10 aan. Na watter figuurlike reis word in versreëls 13–14
       verwys?                                                                                (2)

4.4    In versreël 13 is daar sprake van ’n kind. ’n Kind is gewoonlik simbolies van
       die toekoms.

       Waarom is dié simboliek ironies? Dink jy die ironie wat in hierdie versreël
       voorkom, is geslaagd as ons dit met die tema van die gedig vergelyk?
       Motiveer jou antwoord.                                                                 (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         11                   NW/September 2019
                                             NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Ek het ’n huisie aan die Rand – Pirow Bekker

1       Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag.
2       Ek het my huisie tweemanhoog ommuur;
3       ’n draad gespan; ’n kopbeen sê: Bly weg!
4       Dit is ’n fort waar ek my saans verskans.

5       Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal,
6       deure klap, rubberbande snerp op teer.
7       Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val
8       (of is dit binne waar diefwering makeer?).

9       Ek het ’n huisie aan die Rand. Dis nag.
10      My huis, my paradys, bly lekker onversteur.
11      Kyk hoe blink die koppe aan my draad:
12      tot hier dring niemand, maar niemand deur.

13      Ek het ’n huisie aan die Rand. Dis nag.
14      Die alarm by die Trellidor hou knipoog wag.
                                                                     [Bron: Stiller lewe, 2002]

5.1    Hierdie gedig is ‘n Engelse sonnet.

       Gee TWEE bewyse vir hierdie stelling deur na die uiterlike bou te verwys.           (2)

5.2    Herlees versreël 1.

       Wat is die denotatiewe betekenis en die konnotatiewe betekenis van “nag”.
       Hoekom, volgens jou, is die woord “nag”, in konteks van die gedig, so ’n
       effektiewe woordkeuse?                                                              (3)

5.3    Benoem die beeldspraak wat in versreël 3 aangetref word.                            (1)

5.4    Herlees versreël 12.

       Benoem die stylfiguur wat hier voorkom. Verduidelik die funksie daarvan.            (2)

5.5    Skryf die boodskap van hierdie gedig neer. Dink jy dis gepas dat daar gedigte
       geskryf word wat hierdie boodskap oordra? Motiveer jou antwoord.                    (2)
                                                                                          [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        12                       NW/September 2019
                                            NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die newekarakters – die Engel, Peter en Billy – speel ’n belangrike rol in Iris se
lewe en ondersteun haar met die besef dat die lewe uit meer as een blomtyd
bestaan.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400 tot 450 woorde.                               [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

   “Tja,” het die tannie gesug. “’n Mens kan deesdae maar net bid dat daar nog
beskermengele oor is om na ons kinders te kyk.”
   “Ek het een,” het ek gesê. As ons mekaar moes leer ken, wat die idee van die
naweek was, moes ons seker al die karakters aan mekaar voorstel.
   “’n Wat?” het die oom gevra.                                                               5
   “’n Beskermengel. Ek het hom van my ouma geërf.”
   “Hom?” het die tannie gevra. “Ek dag engele is vroue.”
   “Nee, myne is ’n man.”
   Die oom het my nadenkend aangekyk om te sien of ek die gek skeer. My
ernstige gesig moes hom oortuig het. “Weet Piet daarvan?” het hy gevra.                      10
   “Ja, oom. Hy gee nie om nie.” Peter het nie sterk gevoelens oor die Engel
gehad nie. Omdat hy hom nooit in aksie gesien het nie, het hy nie regtig geglo dat
hy bestaan nie, maar hy was bereid om toegewings te maak.
   “Kan jy hom sien?” het die tannie verwonderd gevra.
   “O ja.”                                                                                   15
   Sy het stadig deur die kombuis gekyk, verby die wit geverfde kombuiskaste, die
stel blou en wit gekraakte porseleinflesse met aanwysings daarop soos “Thee” en
“Rijs”, die outydse beskuittrommel waarvoor EIsa haar agtertande sou gee, die
plafon met sy vlieëgompapier en terug na my. “Is hy nou hier?”
   Ek het ook om my gekyk, maar meer spesifiek na die venster. “Nee.”                        20
   Die oom het vinnig opgestaan. “Kwit,” het hy gesê. “Die kind sien gesigte ...”

7.1    Iris sê dat sy die Engel van haar ouma geërf het.

       Hoe het die Engel, volgens hom, in Iris se lewe gekom?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         13                      NW/September 2019
                                             NSS

7.2    Iris maak die bestaan van die Engel aan Peter se ouers en Bettie bekend.

       Waarom maak Iris dit aan hierdie karakters bekend en wat was Bettie se
       reaksie op hierdie bekendmaking?                                                      (3)

7.3    Hoe het die Engel die tannie se seining van engele in reëls 1–2 verkeerd
       bewys?                                                                                (1)

7.4    Watter gevaar het Iris se spesiale gawes, volgens die oom, vir sy duiwe
       ingehou? Gee ’n voorbeeld uit die roman waar hy haar hulp inroep om
       haar spesiale gawes in te span.                                                       (2)

7.5    Herlees reëls 16–19.

       Watter eienskappe van Elsa maak dat sy “haar agtertande sou gee” om so
       ’n beskuitblik te hê?                                                                 (1)

7.6    Het die oom se toegewings ten opsigte van die Engel sy duiweboerdery
       beïnvloed? Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

                                             EN
TEKS B

   “Ek is nie verantwoordelik vir jou en jou mense nie,” het hy kalm gesê. “Ek gaan
dit ook nie weer vir jou sê nie. Jy sien jouself as ’n kind wat leer loop en my as die
ma wat met haar arms beskermend weerskante van die kleuter saamloop om te
keer dat hy nie val nie. Ek is nie ’n loopring nie. Ek maak nie reg waar jy verbrou
het nie. Ek skakel nie stowe of sweisapparate af nie. As jy môre op die dak loop             5
en gly en afval, sal ek jou nie vang nie. Om op die dak te loop, is jou keuse. Peter
se werk is sy keuse.”
   Ek het my op ons bed neergewerp en gehuil, nie net van skok nie, maar ook
omdat ek beskaamd was oor my uitbarsting.
   “Gaan terug hospitaal toe en gaan sit by Peter. Hou sy hand vas in plaas van              10
om so liederlik jammer vir jouself te voel.”
   “Ek is jammer vir hom,” het ek myself verdedig, maar opgestaan en my hare
gekam.
   “En ry versigtig,” het hy gemaan voor ek loop. Hy het geglimlag.
   “Vergewe my,” het ek gesê. “Ek was ontsteld. As ek net kon seker wees sy oë               15
sal weer aangroei. Of wat ook al nodig is.”
   “Die lewende sel is ’n besondere organisme. Dit het die vermoë om homself te
regenereer.”
   “Dink jy so?” het ek gevra, meteens weer vol moed.
   “Ek weet dit.”                                                                            20
   “Jy’s ’n engel,” het ek gesê en vir hom gewaai.

7.7    In TEKS B tree die Engel as raadgewer op.

       Noem nog voorbeelde in die roman waar hy vir Iris raad gee.                           (2)

7.8    Gee voorbeelde waar Johanna, Peter en Billy as engele in Iris se lewe
       optree.                                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          14                   NW/September 2019
                                              NSS

7.9    Die Engel se optrede stem ooreen met sy woorde in reëls 5–7, maar dit gebeur
       ook dikwels in die roman dat sy optrede sy woorde weerspreek.

       Motiveer hierdie stelling met voorbeelde uit die roman.                               (2)

7.10   Herlees reëls 17–18.

       Watter troos het Johanna aan Iris gebied oor Peter se oë? Hoe realiseer die
       Engel se woorde hier in Peter se lewe?                                                (2)

7.11   Herlees reëls 1–2 (TEKS A) en reëls 1–7 (TEKS B).

       Hoe verskil die tannie se siening oor die rol van ’n beskermengel in mense
       se lewens van dié van Iris s’n oor haar Engel? Waar het die Engel vir Iris
       self as beskermengel gefaal en wat gee die Engel as rede vir sy
       onbetrokkenheid?                                                                      (4)

7.12   “Jy’s ’n Engel”, sê Iris in reël 21.

       Sou Iris se karakter ontwikkel het indien die Engel nie in die roman
       voorgekom het nie? Motiveer jou antwoord.                                             (3)
                                                                                            [25]

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Die karakters – Ouma Essie, Grace en Nanna – speel ’n belangrike rol in Baas se
lewe en ondersteun hom in die besef dat hy ander mense en sy geloof nodig het
indien hy op Manaka wil bly.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400 tot 450 woorde.                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         15                      NW/September 2019
                                             NSS

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

   “Hoe opwindend,” sê Nanna du Pisani vir haar man toe die sendelinge van
Fumi, indoena Daaimon se gehuggie, af wegry.
   Oom Scholtzie ry met die Dyna, die tweetonpaklorrie met sy dubbele agterwiele,
voor hulle uit.
   “Dink jy nie ook so nie, muluti Krieseltjie?” Haar glimlag wys ’n tergerige kuiltjie       5
in haar wang. “Dit was net jammer van die stank. Hoe kan enige mens met die
reuk van daardie bokke saamleef? Veral die ou grote met die baard en die
verskriklike sak?”
   “Moenie banaal wees nie!” Griesel se hande gaan oop en toe oor die Datsun
1200-bakkie se stuurwiel. Deur elke knik stamp sy kop teen die dak. Agter op die              10
bakkie val hulle tasse en ander besittings onder die kappie rond.
   “En nou vir die opwinding om in ons nuwe huis in te trek. Ek kan nie wag nie! En
jy, muluti?” Sy haal die skets van die geboue by Manaka Evangelical Mission wat
oom Scholtzie in Grootfontein vir hulle geteken het uit die paneelkissie. “Hierdie
drie vertrekke wat die kantoor, die woonkamer en die slaapkamer was, is mos                   15
groot genoeg om in te woon tot ons aangebou het. Dis net jammer van die
sinkdak. Ons moet ’n grasdak gehad het! Dis mos Afrika. Ek sal dit vir ons baie
gesellig maak. Jy sal sien.”
   Griesel swenk wild uit vir iemand wat armswaaiend uit die bosse gestorm kom.
Die bakkie tref ’n slaggat en skuur met ’n geknars teen ’n wal tot stilstand.                 20
   Nanna val skuins oor die rathefboom.

9.1    Herlees reëls 1–2.

       9.1.1 Wat beteken “Fumi”?                                                              (1)

       9.1.2 Wat was oom Scholtzie se rol tydens die vergadering by Fumi?                     (1)

9.2    Verduidelik hoe Griesel se kleredrag en sy optrede tydens hierdie
       vergadering bewys dat hy nie in Barotseland tuis voel nie.                             (2)

9.3    In reël 5 noem Nanna haar man “muluti Krieseltjie”. Hoekom is hierdie
       naam ironies as ons die einde van die roman in aanmerking neem?                        (2)

9.4    Herlees reël 9.

       By watter ander geleenthede het Griesel ook vir Nanna berispe?                         (2)

9.5    Herlees reëls 12–14.

       Watter karaktereienskap van Nanna kom in hierdie reëls na vore? Noem ’n
       handeling van Nanna uit die roman wat vir die leser aandui dat sy tuis voel
       by die plaaslike bevolking en haal haar woorde uit Teks C aan wat hierby
       aansluit.                                                                              (3)

9.6    Wie is die persoon wat uit die bos gestorm kom en wat het Nanna van sý vrou
       ontvang?                                                                               (2)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       16                      NW/September 2019
                                           NSS

                                            EN

TEKS D

   Toe Baas by sy slaaphut ingaan, stuit sy oupagrootjie se oë hom. Iemand het
die toutjie ingeryg en die portret weer teen die muur gehang. Hy gaan
behoedsaam nader en soek tussen die hoekige lyne van die gesig en in die
helder oë na iets wat hy dalk deur al die jare misgekyk het. Daar is niks nuuts
nie.                                                                                       5
   Hy wig die vyfrandmunt wat Riekert vir ouma Essie gestuur het voor sy
oupagrootjie se bors tussen die glas en die raam in. ''Jy wen, Baas Dennis,''
sê hy.
   Onder die Land Rover word Baas weer naar. Sy balans is nog aangetas.
In die hoofpad ratel 'n groot voertuig tussen die klipkoppe tot stilstand. Iemand          10
kom van die kerk se kant af in die Manaka-pad langs gestap. Hy struikel oor 'n
klip. Dit is die lang man met die blou oorpak. Hy hurk by die Land Rover, sy hand
op die agterwiel.
   ''Howzit?'' Whitey loer onder die bakkie in.
   ''Aan die gang,'' sê Baas. Hy lê op sy sy.                                              15
   ''Ek het gedink ek sal maar daar bo stilhou, hier is dalk nie draaiplek by jou
kamp nie. Die mense in Ngweze het 'n boodskap gestuur. Hulle sê hulle kry nie
die onderdele vir jou boot nie.''
   ''Ek het dit nie meer nodig nie. Maar dankie.''
   Baas rol onder die voertuig uit en gaan sit met opgetrekte bene langs die               20
voorwiel.
   Grace bring koffie. Oor haar skouer hang die geel oliebaadjie waarin die
patrone en die hondekos toegedraai was ...

9.7    Wie is die ''iemand'' wat die portret weer teen die muur gehang het (reëls 1–2)?
       Hoekom was die portret vir ‘n tyd lank nie meer teen die muur nie?               (2)

9.8    Herlees reëls 6–8.

       Hoekom het Riekert vir ouma Essie die vyfrandmunt gestuur en waarom is
       dit ironies dat hy net vyf rand gestuur het?                                         (3)

9.9    Herlees reëls 10–13.

       Wie is die “iemand” wat aangestap kom? Watter verwantskap is daar tussen
       Baas en hierdie persoon en hoe het die “iemand” gehelp om Baas se toekoms
       op Manaka te verseker?                                                    (3)

9.10   Volgens die onderstreepte woorde in TEKS D gaan Baas weg.

       Noem TWEE optredes van Baas wat bewys dat hy, net soos sy oupagrootjie,
       tog op Manaka gaan bly? Wie het, na jou mening, die grootste invloed op
       Baas se besluit om te bly? Motiveer jou keuse.                                       (4)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       17                     NW/September 2019
                                           NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

In die roman Vatmaar speel Ta Vuurmaak en oom Chai ’n belangrike rol in die
lewens van die inwoners van die nedersetting, Vatmaar.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                            [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

  Ja, my Baas.
  En jy, dief, wat is jou naam?
  Yvonne Müller, sê Tant Wonnie. Sy het haar hande gewys en gesê: Ek het nog
nooit ’n ring aan my vingers gehad nie, Mineer, nie vandat ek myself ken nie.
  En jy is van Vatmaar? vra hy sonder om enige notisie te vat van wat Tant                5
Wonnie sê.
  Ja, Mineer.
  Tant Wonnie draai na die ander mense wat nader gestaan het om seker te
maak dat hulle niks mis nie.
  Ek het ’n man gehad vir wie ek ag kinders in die wêreld gebring het. Hy het my          10
nooit ’n ring gegee om aan my vinger te sit nie, sê sy en laat haar hande sien.
Daar wás ’n ring, maar dit was om onse harte, ons kon dit nooit verloor nie, nie
eers in die dood nie. My vingers is gemaak vir werk.
  Toe, is agterna vertel, het daar ’n traan uit haar linkeroog gekom, die een
waarmee sy nie kon sien nie omdat die perdeby haar jare terug daar gesteek het.           15
  Hulle het doodstil na haar staan en kyk, dié mense vir wie sy gehelp en gewerk
het vir wat hulle haar ook al wou gee en vir wie sy nooit gesê het dis nie genoeg
nie. Party het aspris misbruik gemaak van haar goeie geaardheid en net gesê:
Kom môre. Tant Wonnie het nooit die volgende dag teruggegaan vir die betaling
nie en net vir haar dogters gesê: Ons is nie betelaars nie. Sy was van ’n hoër            20
statuur as hulle en het aardse armoede geken.

11.1   Herlees reël 2.

       Waarom kan Oom Flip en Bennie O’Grady ook as diewe gesien word?                     (2)

11.2   Waar is die fiktiewe nedersettinkie, Vatmaar, geleë?                                (1)

11.3. Hoekom word Tant Wonnie as ‘n dief in reël 2 beskou? Hoekom praat
      hierdie persoon so met Tant Wonnie?                                                  (2)

11.4   Watter funksie verrig die verteller in TEKS E?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      18                      NW/September 2019
                                          NSS

11.5   Hoe word die wit man in reëls 5–6 en die Müller-vroue in die roman
       gestereotipeer?                                                                     (2)

11.6   Herlees reëls 10–13.

       Watter belangrike lewenswaardes word hier aangevoer? Dink jy hierdie
       waardes is vandag nog in ons samelewing aanwesig? Motiveer jou antwoord.           (3)

11.7   Wat is die stemming in reëls 16–18?                                                 (1)

11.8   Watter karaktereienskappe van Tant Wonnie kom in reëls 19–21 na vore?
       Waarom is die inwoners van Vatmaar se optrede teenoor Tant Wonnie
       onregverdig?                                                                        (3)

                                             EN

TEKS F

  Wat het die sersant gesê toe jy hom die diamant gee?
  Baas, hy het gesê hy het al gehoor dat ’n mens hulle in die strate kan optel,
maar hy het dit nooit geglo nie en dat ek die grootste aap is wat hy nog ooit
teëgekom het. Hy het gevra wat my naam is en ek het gesê Hendruk Jannewarie.
Toe sê hy die aanklag is handel in ongeslypte diamante sonder lisensie en besit           5
van ’n ongeslypte diamant. Die sersant het toe geroep: Konstabel! en ’n swart
poeliesman het gekom en die sersant het vir hom gesê om my deur te soek en
toe te sluit.
  Toe maak die magistraat keel skoon en vra: What has the accused to say
before sentence is passed?                                                                10
  Terwyl hy die Bybel ’n laaste kyk uit die hoek van sy oog gee, het Oom
Hendruk gedink: Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my vrymaak.
  Hy het ’n rukkie nagedink en toe sê hy: Ek het nie die klip gesteel nie, ek het
hom opgetel. Dit het aan die aarde behoort. Net soos kos uit die aarde uitgehaal
en vir geld verkoop kan word, so behoort blink klippies ook verkoop te kan word.          15
Die verskil lê by die mense.
  Die hofsaal was volgepak met bruinmense, sy mense. ’n Hele paar het
gemompel: Dit is waar.
  Stilte! skree die poeliesman.
  Na ’n rukkie sê die magistraat: Ignorance of the law is no excuse, eight years          20
hard labour. Take him away.

11.9   Motiveer waarom dit korrek is om te sê dat die handeling van die
       geregsdienaars in TEKS E en TEKS F ooreenstem.                                      (1)

11.10 Watter algehele mening heers in Vatmaar oor mense wat Engels praat
      (reëls 9–10)? Is hierdie mening geregverdig binne die konteks van die roman?
      Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        19                       NW/September 2019
                                            NSS

11.11 Gee TWEE redes waarom die verwysing na die Bybel in reël 11 ten opsigte
      van die predikant ironies is? Waarin is die ironie van Hendruk se gedagtes
      (woorde) in reëls 11–12 geleë as jy die verdere gebeure van die roman in
      aanmerking neem?                                                                        (3)

11.12 Herlees reëls 13–21.

       Gee TWEE redes waarom hierdie gedeelte by die romantitel aansluit. Dink
       jy Hendruk se optrede sê iets oor die eietydse probleme in Suid-Afrika?
       Motiveer jou antwoord.                                                                 (4)
                                                                                             [25]

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Greg se pa, sy broer John en Eckardt het ’n groot invloed en speel ’n belangrike rol in
Greg se lewe en veral in sy insig dat die lewe nie so eenvoudig is as wat hy in
Januarie van sy matriekjaar gedink het nie.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                               [25]

VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS G

     Met die loper in my hand stap ek na Eckardt se kamer. Sluit dit oop, glip vinnig
in, druk die deur toe en wag in die donker … Luister of iemand my gevolg het. Dis
stil buite in die gang. Toe eers sit ek die kamerlig aan. Dit is die plek waar ek
Ekk-o se onderwêreld leer ken het.

   Die kamer lyk nog net soos ek dit laas gesien het. So die polisie het nog niks            5
kom vat nie. Daardie ou van die uniformtak het mos gesê hulle los dit vir die
speurders. En húlle was nog nie hier nie.

  Dit voel of iets my vasdruk. Dwing om te … wat? ’n Beeld van John se bleek
hand, opgekrulde vingers flits deur my geheue.

  Ek voel skielik naar. Dis die onbekende wat dit doen, weet ek. Die                         10
onbeantwoorde vrae. Soos die goed wat weggesteek word tussen HTML tags
wat die websurfer nie veronderstel is om te sien op die web page nie.

   Ek gaan sit op die stoel voor die lessenaar. My kop draai.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           20                 NW/September 2019
                                               NSS

   Môre kom die Sondagkoerante uit. Dan sal ek sien wat daardie joernalis wat
ek laat kom het, geskryf het. Wat sy alles uit die skool kon kry.                          15

   Ek voel beter, my oë kan weer fokus. Teen die muur hang die notabord wat ek
daardie aand per ongeluk afgestamp het. Maar iets is anders aan die bord
… die flentertjies papier, skoolrooster, studieprogram … Iets is weg. Iets is uit
plek. Soek.

13.1   Wat is die verband tussen die verhaaltitel, Onderwêreld, en Eckardt se kamer? (1)

13.2   Waarom is Eckardt se kamer gesluit en moet Greg ‘n loper gebruik om in te
       kom?                                                                                 (2)

13.3   Wat is die rede vir die verwysing na John in reëls 8–9?                              (1)

13.4   Herlees reël 10.

       Noem enige TWEE onbeantwoorde vrae wat Greg skielik naar laat voel het.              (2)

13.5   Greg se optrede om die joernalis te laat kom, is ‘n bewys dat hy teen
       Dok Pienaar rebelleer.

       Op watter manier kontak Greg die joernalis? Waarom stel die verskyning
       van die Sondagkoerant vir Greg teleur? Wie ry Greg se planne met die
       joernalis in die wiele en hoe het die persoon dit reggekry?                          (4)

13.6   Om die joernalis te laat kom, wys dat Greg opstandig is.

       Gee nog EEN voorbeeld uit die verhaal om Greg se opstandigheid te bevestig.
       Dink jy Greg se opstandige optrede pas by sy hoofseunskap? Motiveer jou
       antwoord deur na die roman te verwys. Gee ook enige positiewe
       karaktereienskap van Greg.                                                  (3)

13.7   “Iets is weg. Iets is uit plek.” (reëls 18–19).

       Wat is daardie “iets”?                                                               (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        21                     NW/September 2019
                                            NSS

TEKS H

   “Maar hoekom ek?” bars dit uit my uit. “Hoekom nie iemand soos Kwanele, TJ of
Plank of …”
   “Want, Greg, hulle het niks met die virus of die vaksine of die tonne geld wat
daarmee gemaak kan word, uit te waai nie. En jy het!”

   “Ek het nie! Wat bedoel jy?”                                                              5

    Eckardt bly ’n ruk stil. Die uitdrukking op sy gesig is dié van ’n skaakspeler wat
sy opponent enige oomblik in skaakmat gaan sit. “Jy weet nou dat Dok Pienaar die
Butcher is, Greg. Hy was die ou wat die plan gemaak het vir die virus-scam. Die
Baker sal jy nie ken nie. Hy is ’n doktor in Virologie. Dis hy wat die Butcher se plan
uitgevoer het en die virus en die vaksine ontwikkel het. Maar die Candlestick-maker,         10
Greg, vir hom ken jy goed …” Weer stilte. “Jy sien, Greg, om ’n virus te maak en vir
jouself te hou is soos om ’n winkel in ’n donker straat oop te maak. Niemand sal
daarvan weet as daar nie ’n lig in die straat opgesit word nie. Nie totdat jy die
boodskap uitkry by die mense nie … totdat jy die media begin gebruik nie…”
   Vir ’n oomblik lank hou ek op met asemhaal.                                               15

  Dis hoe vrees voel: Vuur blits deur jou lyf, elke senuwee ruk wakker, adrenalien
gooi jou gedagtes in snelrat, jou oë sper oop, jou asemhaling hou op en jou
borsholte pers saam. En jy hoor dit – jou eie hart. Klop. Klop. Klop.

  “Sien jy nou hoekom dit juis jý moes wees, Greg?”

13.8   Wie is die Candlestick-maker en watter aandeel het hy in die Butcher se
       plan gehad? Gee ook die rede waarom hy betrokke geraak het in
       hierdie plan.                                                                         (3)

13.9   Die beskrywing van Eckardt as skaakspeler in reëls 6–7 is betekenisvol.
       Bespreek die funksionaliteit van hierdie vergelyking.                                 (2)

13.10 Eckardt word in reëls 6–12 twee keer stil. Is hierdie stiltes doelbewus? Gee
      TWEE moontlike redes vir jou antwoord.                                                 (2)

13.11 Watter ooreenkoms is daar tussen Greg se gemoedstoestand in reëls 8–9
      (TEKS G) en in reël 16 (TEKS H)? Het jy begrip vir Greg se gevoelens?
      Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                                  (3)

13.12 Die slot van dié jeugroman hou die moontlikheid in dat Greg en sy pa se
      verhouding kan verbeter. Motiveer hierdie stelling.                                    (1)
                                                                                            [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 25

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            22                      NW/September 2019
                                                NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Een van die redes waarom ’n dramaturg ’n drama skryf, is om sekere problematiese
kwessies in die samelewing onder die leser/gehoor se aandag te bring.
Vasgevangendheid is só ’n kwessie in die drama Krismis van Map Jacobs.

Bespreek hierdie stelling in 400 tot 450 woorde deur te verwys na die
vasgevangendheid wat Map Jacobs en Cavernelis in hierdie drama ervaar.                          [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS I

Geluide
MAP:                 ‘Is in die kombuis, die skottelgoed. Dis net om die hoek, in die
                     gang af ...
Stilte.
MAP:                 Ek sweer alles sal nou regkom, Ma ... Hulle moet my net ŉ kans              5
                     gee, daar buitekant ... Die social worker, miss Africa, sy’t moet my
                     gepraat, sy meen hulle sál vir my ŉ kans gee. Ek moet ŉ werk kry,
                     sy sê sy’s besig om vir my yt te vind, ek het gesê vir haar enige
                     soorte werk, ‘it maak nie saak wat nie ... Dit maak nie saak nie ...
                     Ek wil net daai kans hê, om te wys ... lat ek ’n annerste man is ...       10
                     Ma ... Sê tog vir Blanchie wat ek sê ...
Sy knik. Stilte.
MAP:                 Ma lyk goed. Hoe gaan ‘it moet Oompie Paulsen-hulle? Die band
                     practise seker al vir Krismis. Ek onthou ... Dis regte mense daai,
                     Oompie Paulsen-hulle. Oompie Paulsen en Kaffi’tjie Arries, en              15
                     Boytjie Louw, ek onthou al hulle name even! Sê vir hulle sewe
                     jaar is ŉ lang tyd, maar ’is oek ŉ kort tyd, ek onthou al hulle name
                     even ... en Danny Delcarme, en Bêrend Oliphant, en Freddy, wat
                     is sy van nou weer ... en Tommy Sobotker, Tommy moet sy
                     goetertjies! ... Kan Ma gló, ek kom ýt, op die sewende ... O ja,           20
                     Freddy la Vita ...
Sy knik.
MAP:                 Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, maar sê vir
                     hom ek het ge-veranner, Ma ... Hy hoef nie meer te worry oor my
                     moet Blanchie nie ... Sewe jare.                                           25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        23                      NW/September 2019
                                            NSS

15.1   Herlees reëls 1–3.

       Hoe help die toneelaanwysing die leser om reëls 2–3 te verstaan?                      (1)

15.2   Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en sy ma plaas?               (1)

15.3   Het Map die kans gekry waarna hy in reël 5 verwys? Motiveer jou antwoord
       met TWEE bewyse uit die drama.                                                        (2)

15.4   Herlees reëls 10–12.

       Verklaar die gebruik van die ellips. Waarom is dit korrek om te sê Ma se
       knik en stilswye verkry ŉ dieper simboliese waarde? Hoe word die stilte
       eindelik opgehef?                                                                     (3)

15.5   Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reël 14.                           (1)

15.6   Die getal sewe (reëls 16 en 24) is funksioneel en simbolies in hierdie
       drama.

       Wat is die implikasie vir die res van die gemeenskap dat Map juis na sewe
       jaar vrygelaat word? Wie het Map die meeste in sy bekering bygestaan?
       Verduidelik hoekom Map in reëls 10–11 seker wil maak Blanchie weet hy
       het verander.                                                                         (3)

15.7   Hoekom het Cavernelis (reël 22) nie van Map gehou nie? Sê wat Cavernelis se
       lewensdoel was en motiveer of Cavernelis die vryheid gekry het waarna hy so
       gesmag het.                                                                 (3)

                                            EN

TEKS J

Bo by die woonstelvenster verskyn Blanchie se gesig weer, om te sien wat haar
pa ophou. Sy roep dan.
BLANCHIE:           Daddy! Daddy!
LA GUMA:            En ek hoor Map Jacobs is oek kamma gebekeer!
CAVERNELIS          Ek kom, Blanchie ...! Okay, goodnight, mister La Guma ...               5
LA GUMA:            (is nog nie klaar gepraat nie. Cavernelis huiwer weer): Weet
                    jy hoekom hulle vir hom Map ge-call het? You know why?
CAVERNELIS:         (ŉ bietjie meer ferm): Maar ... ek stel nie belang nie, mister
                    La Guma ...
LA GUMA:            Omlat hy ge-tattoo is oor sy hele lyf. (Hy wys.) That                   10
                    beautiful body, hoekô moet hy dit nou so gaan opmess!
                    Allerhande merke, like, to identify himself! Daai’s wat ŉ
                    mens doen as jy desperate is, in ŉ plek soes dié. (Hy wys
                    weer na die geboue.) In dié ... wasteland ... ‘is dieselfde
                    ding, man, soes wat die mense hierso hulle grys hyse paint,             15
                    die een bright red ennie anner een bright blue, en die een
                    paint ŉ eagle op sy deur, en die anner een vir Superman,
                    an’ so on. Verstaan jy, mister Cavernelis! ‘Is soes tattoos,
                    man, dieselfde ... You search for something, man.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          24                      NW/September 2019
                                              NSS

                        As jy ŉ regte mens is, dan wil jy wiet waar jy aan is en waar         20
                        jy af is, waar jy stáán. Understand? Jy moet tog iewers
                        belong, belong! Somewhere moet jy darem iets kan identify
                        moet jouselwers ... en jouselwers same moet iets!
CAVERNELIS:             Wel ...
BLANCHIE:               Daddy ... y ... y!!                                                   25
CAVERNELIS:             (neem sy fiets): Good night, mister La Guma ...
LA GUMA:                Maar wat gebeur? Group areas! The District Sixes, the
                        Claremonts, the Simonstowns!

15.8   Verduidelik die funksie van die toneelaanwysings in reëls 1–2.                          (1)

15.9   Is La Guma se ongeloof en sinisme oor Map in reël 4 geregverdig? Watter rol
       vervul La Guma met opmerkings soos dié in die drama?                                    (2)

15.10 Watter karaktertrek van Cavernelis kom in reëls 8–9 na vore? Hoe is die
      Cavernelis wat ons hier sien, anders as die Cavernelis wat ons vroeër in die
      drama sien?                                                                              (2)

15.11 Herlees reëls 10–23.

       Watter TWEE temas kom in hierdie reëls duidelik na vore? Hoe sluit die
       tatoeëermerke by Map se naam aan? Dink jy Map sal eendag weer werklik
       soos Johnnie Jacobs voel? Motiveer jou antwoord.                                        (4)

15.12 Waarna verwys “Group areas” in reël 27 en sê hoe die stemming wat deur
      La Guma geskep word, verskil van die stemming wat in TEKS I heers.                       (2)
                                                                                              [25]

MIS – Reza de Wet

Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).

VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

Een van die redes waarom ’n dramaturg ’n drama skryf, is om sekere problematiese
kwessies in die samelewing onder die leser/gehoor se aandag te bring.
Vasgevangendheid is só ’n kwessie in die drama Mis.

Bespreek hierdie stelling in 400 tot 450 woorde deur te verwys na die
vasgevangendheid wat Miem en Meisie in hierdie drama ervaar.                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          25                     NW/September 2019
                                              NSS

VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAE

Lees die uittreksel hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS K

KONSTABEL:           Waar is u nou, Juffrou?
MEISIE:              (besig om te loer. Opgewonde) Hier, by die venster, Ek kyk na die
                     groot tent en al die liggies!
KONSTABEL:           Die sirkus.
MEISIE:              Ja. (Draai na die KONSTABEL. Skielik vreesbevange)                       5
                     Moet tog nie vir my ma sê nie, asseblief.
KONSTABEL:           Ek sal nie.
MEISIE:              Belowe. Belowe eers.
KONSTABEL:           Ek belowe.
MEISIE:              (duidelik verlig) En ek sal nie weer kyk nie. Regtig nie.                10
KONSTABEL:           Ek gee nie om nie. Ek hou ook van die sirkus.
MEISIE:              (opgewonde) Het u dit al gesien? (Skielik skaam) Ek ... is
                     jammer.
KONSTABEL:           (lag) Nee. Maar ek sou wat wou gee. En jy ... Margareta? Het jy?
MEISIE:              Ja. (Bang) Maar ek mag nie daarvan praat nie.                            15
KONSTABEL:           (sag) Maar jy het dit gesien?
MEISIE:              (sag en vinnig) Ja.
KONSTABEL:           Vertel vir my.
MEISIE:              Nee! Ek mag nie daaroor praat nie. Ek mag nie daaraan dink nie.
                     Om te dink, is om te doen.                                               20
KONSTABEL:           (byna verleidelik) Maar jy kan tog vir my sê. Net een keer.
                     Ek is ‘n vreemdeling. En blind.
MEISIE:              (onseker) Ek weet nie ...
KONSTABEL:           (fluister) Niemand sal ooit weet nie.
MEISIE:              Nou goed, ek sal vir u vertel en dan sal ek daarvan vergeet.             25

17.1   Wat het daartoe aanleiding gegee dat Meisie en die konstabel alleen is? Stem
       hierdie gebeure ooreen met Miem se karakter? Motiveer jou antwoord.          (2)

17.2   Herlees reël 12.

       Identifiseer die “dit” waarna Meisie in dié vraag verwys.                              (1)

17.3   Herlees reëls 2–23.

       Die neweteks in dié reëls karakteriseer Meisie. Motiveer die stelling deur na
       TWEE karaktereienskappe van Meisie wat uit dié reëls blyk, te verwys. Watter
       karaktereienskap van Meisie uit dié reëls sal Konstabel moontlik kon uitbuit
       om haar te manipuleer? Motiveer jou antwoord.                                 (3)

17.4   Die sirkusverhaal wat Meisie in reël 25 wil vertel, betrek die hooftema in die
       drama. Wat is dié hooftema? Hoe sluit die sirkusverhaal by die tema aan?
       Watter TWEE aanduiding in die sirkusverhaal is ’n vooruitskouing van Meisie
       se lot in die slot van die drama?                                                      (4)

17.5   Watter innerlike konflik ervaar Meisie in die uittreksel?                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [ANALISE PER VRAAG AFRIKAANS HUISTAAL V 1 2019](https://www.hlayiso.com/library/analise-per-vraag-afrikaans-huistaal-v-1-2019/833377e2-1640-49da-b7d3-0ea76bc7c710) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
