# Afrikaans FAL Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL question paper from the North West Mock Exam 2019, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-fal-v1-2019/a6ecddff-e323-4b31-9ddc-3aabbc17bca1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-fal-v1-2019/a6ecddff-e323-4b31-9ddc-3aabbc17bca1)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                            SEPTEMBER 2019

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           2                  NW/September 2019
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: Leesbegrip              (30)
       AFDELING B: Opsomming               (10)
       AFDELING C: Taal                    (40)

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy.

4.     Trek ‘n streep na elke afdeling.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

6.     Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.

7.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.     Beplan jou tyd só:

       AFDELING A:             50 minute
       AFDELING B:             30 minute
       AFDELING C:             40 minute

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         3                     NW/September 2019
                                            NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die tydskrifartikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A

                             WATER! SPAAR ONS GENOEG?

  Te midde van waterbeperkings, boetes en vooruitskattings oor of Kapenaars
      die winter gaan haal voor die krane opdroog, word die vraag gevra:
                         “Hoeveel water is genoeg?”

 1       “Suid-Afrika het al baie droogtes beleef en oorleef. Terwyl die
         huidige droogte nie noodwendig die ergste droogte ooit is nie, moet
         mense besef dat dit die eerste droogte is waar ons water aan
         54 miljoen mense moet voorsien.” So sê dr. Willem de Clercq, ‘n
         waternavorser aan die Universiteit Stellenbosch se waterinstituut.         5
         Hy verduidelik waarom mense se houdings en praktyke ten opsigte
         van water móét verander.

 2       Die Kaapse stadsraad moet deesdae water voorsien aan meer as agt
         miljoen mense. “Die hoeveelheid water wat Kaapstad in sy begroting
         per jaar het, is reeds rofweg meer as dubbel dié van tien jaar            10
         gelede,” verduidelik De Clercq.

 3       Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en
         omgewingsake, het verlede week gewaarsku dat munisipaliteite en
         die Wes-Kaapse regering móét beplan om binne die volgende 18 jaar
         water aan ‘n verdere twee miljoen mense te voorsien.                      15

 4       Daar is ook ander faktore wat tot groot bekommernis lei. Dit is nie
         net die bevolkingsgroei nie, maar ook dinge soos klimaatsverandering
         en aardverwarming.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                        NW/September 2019
                                             NSS

  5       “Ons leef in ‘n tyd van groot veranderings ten opsigte van klimaat en
          seisoene. Dit veroorsaak weer groot probleme vir die landbou,                20
          werkverskaffing en die vermoë van boere om inkomste te genereer.
          Al hoe meer mense stroom van die platteland na die stede en al hoe
          meer water word benodig,” sê De Clercq.
  6       Hoeveel water is dan genoeg? Prof. Neil Armitage van die
          Universiteit van Kaapstad draai nie doekies om met sy                        25
          antwoord nie. “Mense moet minder, báie minder water gebruik.”

  7       Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel aan dat 50 liter
          water per persoon per dag voldoende is vir ‘n middelklasleefstyl. Die
          gemiddelde waterverbruik in Kaapstad is soos in ander stedelike
          dele van die land, sowat 200 liter per persoon per dag.                       30

  8       Die skokkende werklikheid hiervan is dat die meeste van die water
          gebruik word om grasperke nat te maak en toilette te spoel. Die
          strenger wetgewing en watertariewe in die Kaap behoort te help.
          Wanneer dit jou sak raak, sal jy twee keer dink voordat jy die kraan
          oopdraai.                                                                    35

  9       Kapenaars is nie alleen as dit kom by die gewoonte om krane groot
          oop te draai nie. Volgens Randwater gebruik ‘n gesin van vier enige
          iets tussen 300 en 800 liter water per dag.

  10      Departemente, stadsrade en private besighede maak te veel staat op
          oppervlakwater. Almal sal moet saamwerk om alternatiewe               40
          waterbronne te ontgin. Wanneer damvlakke aangekondig word,
          reflekteer dit nie noodwendig die werklikheid nie. Wanneer ‘n dam
          minder as 25% vol is begin daar slik saam met die water deur die pype
          beweeg. Dit veroorsaak allerhande probleme met pypstelsels en die
          suiwering van water. Dit bemoeilik die taak van stadsrade om suiwer    45
          water aan verbruikers te verskaf. Sulke water smaak ook glad nie
          goed nie en dit beteken dat mense drinkwater moet koop.

  11      Kenners praat dikwels oor ander alternatiewe soos die ontsouting
          van water uit die oseaan. Dit is egter ‘n baie duur proses en mense
          sal dus baie meer vir water moet betaal.                                      50

  12      Selfs al reën dit genoeg en word al die damme weer vol, sal almal
          anders na waterverbruik móét kyk. Daar is eenvoudig net te veel
          mense wat van water voorsien moet word. Indien ons nie leer om
          water te spaar en net vir noodsaaklikhede te gebruik nie, sal daar later
          net eenvoudig nie genoeg vir ons almal wees nie.                              55

                                           [Verwerk uit: www.Netwerk24, 14 Februarie 2017]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          5                    NW/September 2019
                                             NSS

LET WEL:
· Beantwoord AL die vrae.
· Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1    Kyk na die hoofopskrif van die artikel.

       Noem TWEE maniere waarop die hoofopskrif beklemtoon word.                          (2)

1.2    Hierdie droogte is nie noodwendig die ergste droogte ooit nie. (Paragraaf 1)

       Verduidelik waarom hierdie droogte anders as die vorige droogtes is?               (1)

1.3    Dr. Willem de Clercq is iemand wat baie van water en waterverbruik weet.

       Hierdie stelling is WAAR. Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer as
       bewys daarvoor.                                                                    (1)

1.4    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (1.4) neer, bv. 1.4 E.

       Die Kaapse stadsraad verskaf nou water aan agt miljoen mense. Aan
       hoeveel mense sal hulle oor 18 jaar water moet verskaf? (Paragraaf 3)

       A       11 miljoen
       B       18 mijoen
       C       10 miljoen
       D       56 miljoen                                                                 (1)

1.5    Bevolkingsgroei plaas groot druk op die voorsiening van water, maar dis nie
       die enigste probleem nie, volgens paragraaf 4.

       Noem nog TWEE ander faktore wat watervoorsiening kan beïnvloed.                    (2)

1.6    Al hoe meer mense stroom van die platteland na die stede.

       Verduidelik hoe hierdie instroming druk op die waterverbruik kan plaas.            (1)

1.7    Skryf die frase in paragraaf 6 neer wat aandui dat prof. Neil Armitage
       reguit praat wanneer hy sy mening oor mense en die gebruik van water
       lug.                                                                               (1)

1.8    Noem TWEE maniere waarop mense water mors? (Paragraaf 8)                           (2)

1.9    Volgens Randwater gebruik ‘n gesin van vier enige iets tussen 300 en 800
       liter water per dag. (Paragraaf 9)

       Waarom dink jy kan hierdie sin as ‘n voorbeeld van stereotipering beskou
       word?                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           6                        NW/September 2019
                                              NSS

1.10   Dit is nodig om deur samewerking ander bronne van water te ontgin.

       Haal ‘n sin uit paragraaf 10 aan wat dieselfde beteken as die sin hierbo.              (1)

1.11 Stadsrade ondervind probleme om water te suiwer wanneer damvlakke laag is.
     (Paragraaf 10)

       Skryf TWEE probleme neer wat ervaar word.                                              (2)

1.12   Kies die KORREKTE antwoord uit dié hakies. Skryf slegs die vraagnommer
       (1.12) en die antwoord neer.

       Dit is moeilik om water te suiwer as daar baie slik in die water is, omdat
       (water nie deur die waterpype kan beweeg nie/daar nie genoeg waterpype is
        nie.)                                                                                 (1)

1.13   Wanneer water nie behoorlik gesuiwer is nie, smaak dit sleg en mense moet
       dan hulle eie drinkwater aankoop. (Paragraaf 10)

       1.13.1 Verduidelik waarom die aankoop van drinkwater ‘n probleem
              kan wees.                                                                       (1)

       1.13.2 Watter mense dink jy sal die meeste probleme ondervind wanneer
              daar nie skoon drinkwater in die krane beskikbaar is nie?                       (1)

1.14   Gee ‘n rede waarom die ontsouting van water uit die oseaan nie ‘n oplossing
       vir die waterkrisis kan wees nie.                                                      (1)

1.15   Voltooi die volgende sin deur die woord wat uitgelaat is, in te vul.

       Ontsouting is die proses waardeur … uit water onttrek word.                            (1)

1.16   Al ons waterprobleme sal opgelos word as dit genoeg gereën het en al die
       damme weer vol is.

       Stem jy saam met hierdie stelling? Haal ‘n sin uit paragraaf 12 aan as
       motivering vir jou antwoord.                                                          (1)

1.17   Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer.

       Die doel van hierdie artikel is om …

       A       water aan mense bekend te stel.
       B       inligting oor die beskikbaarheid van water te verskaf.
       C       vas te stel hoeveel dit nog gaan reën.
       D       te verduidelik hoeveel water in damme is.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                 7                      NW/September 2019
                                                    NSS

1.18     Die opskrif van die artikel is: WATER! SPAAR ONS GENOEG?

         Sou jy sê die inhoud van die artikel verskaf ‘n antwoord op die vraag?
         Motiveer jou antwoord.                                                                     (1)

INLIGTING EN GRAFIEK

Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B

                      VYF GROOTSTE DAMME IN DIE WES-KAAP
                        Kapasiteit van damme gemeet in miljard liter
                                               .

            127,1              158,6                  169,5                   286,1

         Bergrivier            Voëlvlei             Kwaggaskloof             Brandvlei

                                            479,3

                                       Theewaterskloof

    %               Stand van die Theewaterskloofdam op 20 Februarie

   100

    80

    60

    40                78,1              66,1
                                                          57,2
    20                                                                       36,3

    0
                    2014                2015              2016               2017
                                                                   [Verwerk uit: grafika24]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           8                      NW/September 2019
                                              NSS

1.19   Voltooi die sin hieronder deur die woord wat uitgelaat is, in te vul.
        Volgens die grafiek neem die …dam in die Wes-Kaap die minste water in.                (1)

1.20   Waarvoor staan die %-teken? Skryf slegs EEN woord neer.                               (1)

1.21   Voltooi die sin hieronder deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf
       slegs die vraagnommers en die antwoorde neer.

       Volgens die grafiek was die Theewaterskloofdam die volste tydens die jaar
       1.21.1 …, toe dit 1.21.2 …% vol was.                                                   (2)

1.22 Kies die antwoord wat NIE KORREK is NIE. Skryf net die letter (A–D)
     langs die vraagnommer (1.22) neer, bv. 1.22 E.

       Die aanbieding van inligting in grafieke en diagramme is baie effektief,
       omdat …

       A       dit baie makliker is om te verstaan.
       B       dit mense se aandag trek.
       C       sommige mense nie kan lees nie.
       D       die inligting reeds verwerk is.                                                (1)

1.23   Indien die grafiek ook 2018 ingesluit het en dit steeds nie gereën het nie,
       sou die grafiek ‘n persentasie van (minder/meer) as 36% aangedui het.                  (1)

1.24   Dink jy dat die diagram inligting oor al die damme in die Wes-Kaap aandui?
       Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          9                        NW/September 2019
                                             NSS

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1.     Som die SEWE wenke om water te bespaar in jou EIE VOLSINNE op.
2.     Skryf die wenke puntsgewys neer.
3.     Nommer die wenke van 1 tot 7.
4.     Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.     Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
                 MAKLIKE WENKE VIR DIE BESPARING VAN WATER

  Suid-Afrika beleef die ergste droogte sedert 1982. Hier is wenke om water te
  bespaar terwyl waterbeperkings geld.
  Daar is baie nuwe toestelle vir storte beskikbaar. Installeer ‘n lae-vloei stortkop
  wat minder water deurlaat. Toestelle waarmee jy die hoeveelheid water wat deur
  jou toilet spoel kan reguleer, is beskikbaar. Jy kan die vloei van water beheer deur
  ‘n multi-spoelstelsel vir jou toilet te kry. Daar is ‘n knoppie vir ‘n kort spoel vir
  vloeistowwe en ‘n knoppie vir ‘n langer spoel, vir die wegspoel van vaste stowwe.
  Jy kan daagliks baie water bespaar deur ‘n halwe baksteen in die spoelbak van jou
  toilet te plaas.
  Sommige tuinplante benodig baie water. Plant eerder inheemse plante wat
  aangepas is by die omgewing en minder water benodig. Dit is nie nodig om suiwer
  water te gebruik om motors te was nie. Gebruik opgegaarde reënwater om jou
  motor te was.
  Swembaddens gebruik geweldig baie water. Bedek jou swembad met ‘n seil om
  verdamping te voorkom. Deur lekkende krane te herstel, kan baie water bespaar
  word. Ons moet almal probeer om soveel water as moontlik te bespaar.
                                                   [Verwerk uit: www.goeiehuishouding.co.za]

                                                         TOTAAL AFDELING B:               10
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             10                        NW/September 2019
                                                NSS

AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE

·   Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.
·   ‘n Opsetlike spelfout kom voor.
·   Die nommering in die advertensie verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet
    word.
TEKS D

                            DIMALACHITE RIVIERKAMP
                 PARYS, VAALRIVIER, WITWATERVAARTE

        (3.1) Is jy ‘n woelwater?
             Kom speel saam in ons
               woelige waters!
         (3.2) (Jy moet dit beleef!

       (3.4) KOM GENEIT ‘N DAG IN DIE (3.5) …                SAAM MET ONS!!

                                (3.6) Jy sal … gate uit geniet!

                                  PAKKETTE VIR GROEPE
       1.      40    mense AFSLAG 40% R210,00 p.p.
       2.      10–24 mense AFSLAG 25% R270,00 p.p.
       3.      2–9   mense AFSLAG 15% R300,00 p.p.

                                      Voldag-pakket
                     4–5 ure, 14 km met middagete op Paradyseiland.
                                      Halfdag-pakket
                                2 ure, vanaf Paradyseiland.

       ·    Bespreek op ons webblad by www.dimalachite@gmail.com
       ·    Dui die aantal roeiers en die datum aan.
       ·    Jou bespreking sal 24 uur nadat betaling ontvang is, bevestig word.

                                                  [Verwerk uit: www.dimachiteriverlodge.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          11                    NW/September 2019
                                             NSS

3.1    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (3.1) neer, bv. 3.1 E.

       Is jy ‘n woelwater? Kom speel saam in ons woelige waters.

       Die onderstreepte woorde in die sinne hierbo is ‘n voorbeeld van:

       A       Samestellings
       B       Woordspeling
       C       Meervoude
       D       Spelreëls                                                                  (1)

3.2    Dink jy die volgende stelling is KORREK? Verduidelik jou antwoord.

       Die taalgebruik in die advertensie is informeel.                                   (1)

3.3    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter
       (A–D) langs die vraagnommer (3.3) neer, bv. 3.3 E.

       Jy moet dit beleef!

       Hierdie woorde is ‘n voorbeeld van …

       A       sarkasme.
       B       manipulering.
       C       oordrywing.
       D       veralgemening.                                                             (1)

3.4    Skryf die woord in die advertensie wat verkeerd gespel is, oor met die
       korrekte spelling.                                                                 (1)

3.5    Met watter EEN woord in die advertensie hou die logo (      ) verband?             (1)

3.6    Vul die ontbrekende PERSOONLIKE VOORNAAMWOORD in.

       Jy sal (…) gate uit geniet!                                                        (1)

3.7    Gee EEN woord uit die advertensie wat aandui dat sekere pakkette
       goedkoper as gewoonlik aangebied word.                                             (1)

3.8    Voltooi die sin hieronder deur slegs die EEN woord wat uitgelaat is, neer te
       skryf. Lei jou antwoord af uit die advertensie. Skryf slegs die vraagnommer
       (3.8) en die antwoord neer.

       Hoe … mense daar in ‘n groep is, hoe goedkoper sal die pakket wees.                (1)

3.9    Gee die VERKLEINWOORD van die onderstreepte woord in die sin
       hieronder.

       Dui die aantal roeiers en die datum aan.                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               12                        NW/September 2019
                                                  NSS

3.10     Die stelling hieronder is ONWAAR. Verduidelik hoekom.

         Sodra jy die betaling gedoen het, sal jy onmiddellik bevestiging van jou
         bespreking kry.                                                                            (1)
                                                                                                   [10]

VRAAG 4: STROKIESPRENT

·     Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
·     Voer die instruksies by elke vraag uit.

TEKS E
        RAAMPIE 1               RAAMPIE 2               RAAMPIE 3              RAAMPIE 4
        (4.1) Waarom       Ys is koud. (4.3) Ys          Gaan doen          Ek moes      (4.10)
      dryf ys op water?      WIL warm word,         navorsing en vind        van die     Ja, jy
                            daarom beweeg dit                               begin af      kan
                                                           uit…
                           na die oppervlak van                               self      baie by
                             vloeistowwe om                                 inligting   my leer.
                           (4.5) ná aan die son                              gesoek
                                 te wees.                                     het!

                                             (4.7)
                                             WAT?

                                                                  [Verwerk uit: www.cartoonimages]

4.1      Skryf die vraag hieronder in die INDIREKTE REDE.

         Die seun vra vir sy pa: “Waarom dryf ys op water?”                                          (1)

4.2      Kyk na die lyftaal van die pa in RAAMPIE1.

         Hoe weet jy dat die pa na die seun luister?                                                 (1)

4.3      Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord in die sin
         hieronder.

         Ys wil warm word.                                                                           (1)

4.4      Die pa gee opsetlik vir die seun die verkeerde inligting. Waarom dink jy doen
         hy dit?                                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         13                  NW/September 2019
                                            NSS

4.5    Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

       Ys beweeg na die oppervlak om die (na) aan die son te wees.                    (1)

4.6    Skryf die sin hieronder in die INFINITIEF.

       Jy moet navorsing doen.

       Begin só:
       Jy behoort …                                                                   (1)

4.7    Op watter manier word die woord “WAT?” in die strokiesprent beklemtoon?       (1)

4.8    Kyk na die seun se lyftaal in RAAMPIE 3.

       Kies die KORREKTE woord tussen die hakies wat die beste beskryf
       hoe die seun oor sy pa se antwoord voel.

       Die seun is (verbaas/ongelukkig) oor sy pa se antwoord.                        (1)

4.9    Skryf die sin hieronder in die LYDENDE VORM.

       Die seun het gereeld navorsing gedoen.                                         (1)

4.10   Gee die ANTONIEM vir die onderstreepte woord in die sin hieronder.

       Jy kan baie by my leer.                                                        (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            14                      NW/September 2019
                                               NSS

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

·     Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
      gebaseer.
·     Voer die instruksies by elke vraag uit.

5.1      Lees die artikel en beantwoord die vrae.
         TEKS F

                               WATER EN DIE MENSLIKE LIGGAAM

          Daar is geen voedingstof wat so belangrik vir die menslike liggaam is soos
          water nie. Die gemiddelde mens kan sowat (5.1.1) 40 dae – of dalk so ‘n bietjie
          meer – sonder kos leef as hy móét, maar indien hy vir langer as drie tot vyf
          dae geen water inkry nie, sterf hy.

           As jy (5.1.2) 60 kg weeg, is dit ontnugterend om daaraan te dink dat die “droë”
          bestanddele in jou samestelling maar ’n skamele 20 kg weeg. Die ander
          40 kg van jou massa is water. Dit beteken dat jy darem meer solied is as ’n
          (5.1.3) jellievis met sy 95% water, maar steeds dat twee derdes van jou
          liggaam per gewig in ’n (5.1.4) vloeibare toestand is!

          Meer as vier vyfdes van ons bloed bestaan (5.1.5) ... water en sowat ‘n
          driekwart van ons brein en spiere ook. Water is die hoofbestanddeel van al die
          vloeistowwe in die liggaam. Die liggaam benodig water vir feitlik elke (5.1.6)
          (liggaam+funksie). Dit (5.1.7) (help/hulp) om noodsaaklike voedingstowwe na
          al ons selle te vervoer, bevorder sirkulasie en vertering en help om
          metaboliese afvalstowwe weg te voer.

          (5.1.8) Ons longe het water nodig. Die slymvliese kan klein deeltjies in die lug
          vasvang. Andersins sou dit die longe irriteer. Water is ook vir ons noodsaaklik
          om te kan sweet, sodat ons kan afkoel wanneer ons oorverhit raak.

          Dit spreek vanself dat ’n mens moet sorg dat jy genoeg water inkry om jou
          (5.1.9) liggaam optimaal te laat (5.1.10) (funksie). Hoeveel nou eintlik “genoeg”
          is, hang nie net van die persoon se eie massa af nie. Dit hang ook af van hoe
          aktief die persoon is. (5.1.11) Hitte veroorsaak dat vog vinniger verlore (5.1.12)
          raak. Só kan die behoefte wissel van een tot sewe liter water per dag, wat nie
          net uit die kraan getap word om te drink nie, maar ook uit kosse en sappe
          ingekry word. (5.1.13) Volgens kenners is ses tot sewe glase water (vir ’n
          gesonde liggaam/nodig/daagliks).

         5.1.1 Skryf die getal 40 in die sin hieronder as ‘n woord.

                Die gemiddelde mens kan ongeveer 40 dae sonder kos leef.                    (1)

         5.1.2 Skryf die AFKORTING “kg” volledig uit.

                As jy 60 kg weeg, is daar maar 20 kg “droë” bestanddele in jou liggaam. (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            15                    NW/September 2019
                                               NSS

       5.1.3 Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord in die sin hieronder.

               Jy is darem meer solied as ‘n jellievis.                                       (1)

       5.1.4 Verdeel die onderstreepte woord in die sin hieronder in LETTERGREPE.

               Twee derdes van jou liggaam is in ‘n vloeibare toestand.                       (1)

       5.1.5 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.

               Meer as vier vyfdes van ons bloed bestaan … water.                             (1)

       5.1.6 Vorm ‘n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

               Die liggaam benodig water vir feitlik elke (liggaam+funksie).                  (1)

       5.1.7 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

               Dit (help/hulp) om noodsaaklike voedingstowwe na al ons selle te
               vervoer.                                                                       (1)

       5.1.8 Verbind die sinne hieronder deur gebruik te maak van die
             VOEGWOORD tussen hakies.

               Ons longe het water nodig. Die slymvliese kan klein deeltjies in die lug
               vasvang. (sodat)                                                               (1)

       5.1.9 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
             letter (A–D) langs die vraagnommer (5.1.9) neer, bv. 5.1.9 E.

               “… om jou wonderlike liggaam …”

               Die vetgedrukte woord in die sinsnede hierbo is ‘n voorbeeld van ‘n …

               A       bywoord.
               B       selfstandige naamwoord.
               C       voorsetsel.
               D       byvoeglike naamwoord.                                                  (1)

       5.1.10 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

               Water is nodig om jou liggaam optimaal te laat (funksie).                      (1)

       5.1.11 Herskryf die sin hieronder.

               Hitte veroorsaak dat vog vinniger verlore raak.

               Begin so: Hoe meer hitte daar is …                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             16                       NW/September 2019
                                                NSS

           5.1.12 Gebruik die vetgedrukte woord in die sin hieronder as ‘n HOMONIEM
                  in ‘n sin wat die betekenis van die woord duidelik maak.

                 Hitte veroorsaak dat vog vinnig verlore raak.                                  (1)

           5.1.13 Skryf die sin hieronder oor en RANGSKIK die woorde in die hakies in
                  die korrekte VOLGORDE.

                 Volgens kenners is ses tot sewe glase water (vir ‘n gesonde liggaam/
                 nodig/daagliks).                                                              (1)

5.2        Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

           TEKS G

      ..

                                                      [Verwerk uit: www.cartoonimages]

           5.2.1 Kies die KORREKTE woord uit die lys hieronder om die sinne mee te
                 voltooi. Skryf net die vraagnommer (5.2.1(a)–5.2.1(c)) en die
                 antwoord neer.

                         sink; agter; badkamer; toilet; waskamer; voor;
                                         skottel; wasbak

                 (a)    Die vertrek waarin die man staan, is die …                              (1)

                 (b)    Hy tap water in die …                                                   (1)

                 (c)    Daar staan ‘n plant … die spieël.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
  Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         17                   NW/September 2019
                                               NSS

       5.2.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die antwoord neer.

              Deur die venster kan ons die (boom/boome/bome) in die tuin sien.         (1)

       5.2.3 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.

              Die man gebruik die water spaarsaam.                                     (1)

       5.2.4 Water word DENOTIEF gebruik in die sin hieronder. Verduidelik wat dit
             beteken.

              Water is noodsaaklik vir lewe.                                           (1)

       5.2.5 Wat dink jy kon die man doen om minder water te gebruik, terwyl
             hy sy tande geborsel het?                                                 (1)
                                                                                      [20]

                                                            TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NW AFRIKAANS FAL V1 2019 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-fal-v1-2019-memo/f511a62e-a4b7-4b62-9849-7b9b89bfa232) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-2019-preparatory-examination-possible-answers/c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2019-memo/0fd2b5c9-a482-4923-a61e-cd4697f21cd1) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
