# Afrikaans HL Grade 12 North West Mock 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL memorandum from the North West Mock Exam 2019, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-hl-v1-2019-memo/0a99b2c8-f134-48c8-9ed6-ffdb8f7641cf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 North West Mock 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-hl-v1-2019-memo/0a99b2c8-f134-48c8-9ed6-ffdb8f7641cf)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                 SEPTEMBER 2019

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 70

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                     2                        NW/September 2019
                                  NSS - Memorandum

AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
   •   Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie
       nagesien nie tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en
       spelfoute moet wel aangetoon word.)
   •   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK
       STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
   •   Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
       aanhalingstekens ontbreek nie.
   •   Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit
       korrek mits die korrekte woord onderstreep of op die een of ander wyse
       uitgelig word.
   •   Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele
       reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
   •   Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die
       vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
       sonder die vreemde woord(e) sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer
       nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
   •   Die nasien van 'n aanhaling vereis dat die aanhaling 100% korrek aangehaal
       moet word.
   •   Aanvaar dialektiese variasies.
   •   Vir hierdie eksamen geld die volgende nasienriglyne:
           o Indien die kandidaat van 'n kolpunt gebruik maak, benader soos volg:
               Sien die eerste antwoorde (vertikaal of horisontaal) na, ongeag die
               kolpunte.
           o Indien die vraag byvoorbeeld, VIER punte tel, en al vier antwoorde
               word by die eerste kolpunt gegee, word al vier antwoorde aanvaar.
           o Indien daar in so 'n geval vier kolpunte is, en die eerste kolpunt bevat
               'n verkeerde antwoord, kan die antwoorde by die tweede/derde/vierde
               kolpunt aanvaar word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          3                                NW/September 2019
                                       NSS - Memorandum

                                  AFDELING A
Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.
Vraag 1     Antwoord                                                   Punt                 Vlak
1.1         "…(is) deur berge en dale" ✓                               1                    1
1.2         Filosofie ✓                                                3                    1
            Genetika het sy behoefte bepaal om heeltyds ŉ orkes
            aan die gang te hou. ✓
            Sy Estoniese voorsate was musikante. ✓
1.3         Dat sy nie ŉ keuse gehad het nie/                          1                    3
            Dat musiek nie iets was waarvaan sy gehou het nie/
            Dat sy gedwing was en dit nie uit vrye wil gedoen het
            nie, maar sy was nie voorskriftelik t.o.v. musiek vir haar
            kinders nie. ✓
               (✓ of x – moet na ma en kinders verwys. Kandidaat bied 'n
               soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.)
1.4            Oorspronklik/vars/nuut/eie/uniek/eg/onvervals ✓                      1       3
1.5            Positief. ✓                                                          2       1
               Hy is in 'n konstante staat van halfpad gereed om
               musikante te ontmoet/
               Hy gaan soek mense wat hulle eie musiek maak. ✓
1.6            Konnotatief                                                          1       3
               Jy moet altyd gereed/bereid/kreatief wees (om nuwe
               musikante te ontmoet). ✓
1.7            Dit is geslaagd omdat die veld deel geword het van die               2       2
               musiekopname. ✓
               instamatic klankfoto ✓
1.8            Hy het 'n lang lys produksies en toekennings ontvang./               2       1
               SAFTA-toekenning vir klankontwerp en klankbaan
               ontvang. /
               Sy diskografie beslaan 10 uitreikings. ✓✓
               (Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir TWEE punte.)
1.9            Hulle is getroud/ lewensmaats. ✓                                     4       3
               Sy het geteken en hy het gesing. ✓
               Sy het geskryf (gedigte en stories) en hy het gesing. ✓
               Haar kreatiewe vermoë kan aan haar maan-ouma/
               magiese elemente van die maan toegeskryf word. ✓
1.10           Sy het vir haar boeties en sussies mooi stories vertel/              1       3
               Sy kon baie mooi stories skryf/
               Sy is talentvol en haar stories het mense laat huil/
               Sy is baie kreatief en kan goed skryf ✓
               (Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          4                                NW/September 2019
                                       NSS - Memorandum

1.11           Woede ✓                                                                 1       2
               Hy is negatief oor die formaat van Afrikaanse                           2       3
               popmusiek, want 60% is liedjies wat uit Europa vertaal
               word.
               Dit is dus dan nie oorspronklik en uniek waarvan hy 'n
               voorstaander is nie. ✓✓
               Sy musiek is oorspronklik/uniek teenoor die
               (ingevoerde) vertaalde liedjies. ✓✓
               ( ✓ of x – Die kandidaat moet die verskille aandui vir TWEE punte.)
1.12           Ja, hy is objektief.                                       2                    5
               Hulle is betrokke by ŉ proaktiewe groep wat bendes en
               dwelms uit hul woonbuurt gehou het. ✓
               Hulle musiek word vandag in tronke gespeel as deel
               van rehabilitasie. ✓
1.13           Dit is gepas want dit vertel die geskiedenis van die land/ 2                    5
               vertel wat tans in die land gebeur/dat mense in die
               toekoms van hulle kan leer/iets wat in die argief is word
               bewaar soos wat hulle musiek tydloos is/dit kan ook
               verwys hoe die taalgebruik tans is/oor tyd verander het.
               Verwys na die geskiedenis van die taal/wat die taal
               reeds moes deurmaak/daar word na hulle verwys as die
               kunstenaars van die Sestigers wat 'n taal moes oopskryf
               sodat nuwe kunstenaars daarop moes bou. ✓✓
               (Enige twee motiverings. Die motivering bepaal die punte.)
1.14           Tong-trilogie ✓                                                         1       2
1.15           Die taal (Afrikaans, Kaapse Afrikaans, Tswana)                          2       5
               verteenwoordig die verskeidenheid kulture/mense in
               Suid-Afrika. ✓ /
               Die verskillende musiek pas by die uniekheid van die
               mense in Suid-Afrika. ✓
1.16           Visuele beelde wys dat alle kulture/mense hier die                      1       3
               musiek geniet. Die Wasgoedlyn verteenwoordig die
               land/argief van die land en sluit baie mense van
               verskillende kulture in soos deur TEKS B (se dansers
               van verskillende kulture) voorgestel word. ✓
               (Die kandidaat moet na beide tekste verwys vir 1 punt)
1.17           Die aanname is verkeerd, want teks B verwys na 90%                      1       3
               plaaslike musiek en in teks A verwys hy na 60%
               ingevoerde/vertaalde musiek. ✓
               (Die kandidaat moet na beide verwys vir 1 punt)

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      5                          NW/September 2019
                                   NSS - Memorandum

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2

Nasien van die opsomming
• Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante
   feite in die teks wat met die vraag ooreenstem.
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n
   opskrif/titel te voorsien nie.
• Kandidate moet die opsomming in hulle eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
   word die eerste opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Indien die kandidaat meer as een paragrtaaf skryf, sien slegs die eerste
   paragraaf na.
• Punte woord soos volg toegeken:
  o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
  o 3 punte vir taal
  o Puntetotaal: 10
• Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
  o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
  o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
  o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
• Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
  o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
  o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe.

LET WEL
• Tel van woorde:
  o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
  o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het
     nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
  o Indien die maksimum getal woorde oorskry word, lees tot aan die einde van
     die sin waarin die 90 woorde voorkom en ignoreer die res van die opsomming.
  o Korter opsommings wat die vereiste "dinge" bevat, mag nie gepenaliseer word
     nie.

'n Opsomming wat in paragraafvorm aangebied word, kan die volgende
moontlike bewoording gebruik.

Probeer om nie net "nee" te sê vir jou kind nie. Kinders wil nie hoor dat jy nie tyd het
om nou aan hulle aandag te gee nie. Hulle wil nie hoor dat jy nie van hulle vriende
hou nie. Kinders wil nie vergelyk word met iemand anders nie. Ouers moenie
kinders met negatiewe toekomsverwagtinge probeer beheer nie. Hulle wil nie hoor
dat daar nie geld is nie. Kinders wil geglo word en wil nie hoor dat hulle leuens
vertel nie.
                                                                    Getal woorde: 81

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      6                           NW/September 2019
                                   NSS - Memorandum

         AANHALING UIT TEKS                        MOONTLIKE BEWOORDING
1   Kinders wil nie net ŉ “nee” hoor        A   Probeer om nie net "nee" vir jou
    nie.                                        kind te sê nie.
2   Dikwels hoor kinders dat ouers nie      B   Kinders wil nie hoor dat jy nie tyd het
    tyd het nie en dan voel hulle               om nou aan hulle aandag te gee nie.
    onbelangrik.
3   As jy hul vriende kritiseer en nie      C   Hulle wil nie hoor dat jy nie van hulle
    aanvaar nie, voel dit vir hulle of jy       vriende hou nie.
    hulle en hul keuses nie aanvaar
    nie.
4   Tieners verpes dit om met ander         D   Kinders wil nie met iemand anders
    vergelyk te word, of te hoor dat            vergelyk word nie.
    hulle nie so goed soos ander is nie.
5   Kinders wil ook nie die negatiewe       E   Ouers moenie kinders met negatiewe
    toekomsvoorspellinge hoor wat as            toekomsverwagtinge probeer beheer
    ŉ beheermeganisme gebruik word              nie.
    sodat hulle akademiese beter sal
    presteer nie.
6   Ouers moet dus versigtig wees om        F   Ouers moenie kinders se behoeftes
    kinders se behoeftes te ontken              ontken en sê daar is nie geld nie.
    deur te sê dat hulle nie geld
    daarvoor het nie.
7   As jy jou tiener gereeld daarvan        G   Kinders wil geglo word en wil nie hoor
    beskuldig dat hul nie die waarheid          dat hulle leuens vertel nie.
    praat nie, gaan dit volgende keer
    nog moeiliker wees om die
    waarheid te vertel.
                                                                      Getal woorde: 84

                                                             TOTAAL AFDELING B: 10
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
  o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek
     nie, tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die
     aspek is wat geassesseer word.
  o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in
     die taalstruktuur getoets word.
  o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
   soos in die instruksies aangedui.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
   aanhalingstekens ontbreek nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          7                                NW/September 2019
                                       NSS - Memorandum

VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag          Antwoord                                                               Punt Vlak
3.1            Bekroonde reeks/hoogs doeltreffende.                                   1    4
               Om die leser te manipuleer om die produk te koop. ✓
               (Die kandidaat kan nie oorreed in verduideliking/antwoord gebruik
               nie)
3.2            resultaatgedrewe✓                                                      1       3
               (Die woord moet korrek gespel wees.)
3.3            bestanddele ✓                                                          1       1
               (Die kandidaat moet die woord korrek spel.)
3.4            Die foto van die bekende sanger/                                       1       4
               mooi man met perfekte vel ondersteun die inhoud dat
               die produk goeie resultate lewer/
               gewilde/bekende mans gebruik die
               skoonheidsprodukte. ✓
               (Die kandidaat moet foto met geslaagdheid verbind vir 1 punt)
3.5            Aanwysende voornaamwoord. ✓                                            1       3
3.6            veltoestande. ✓                                                        1       1
3.7            Plant-e-fek-tie-we ✓                                                   1       1
3.8            Palatalisasie ✓                                                        1       3
3.9            Die woord is buite konteks gebruik jy gaan nie werklik                 1       2
               oorlog toe nie./
               Jy gaan nie werklik oorlog toe nie. ✓
               (Die kandidaat moet na die konnotatiewe gebruik verwys.)
3.10           Kenners sê/ is van mening dat enige man met so ŉ                       1       3
               produk oorlog toe kan gaan.
               Kenners meen/sê met so 'n produk kan enige man
               oorlog toe gaan. ✓

                                                                                              [10]

VRAAG 4: STROKIESPRENT
Vraag          Antwoord                                                               Punt    Vlak
4.1            Daar is ŉ komma voor die aanspreekvorm. ✓                              1       1
4.2            angs/bang. ✓                                                           1       5
4.3            Noorweë, is nou/altyd/gereeld vol Vikings. ✓                           1       3
               (Die kandidaat bied ŉ eie gepaste bywoordelike bepaling vir EEN
               punt aan.)
4.4            Wie het verdwaal?/                                                     1       2
               Waar het ons verdwaal?/
               Waarheen het ons verdwaal? ✓
               (Indien die vraagteken ontbreek, kry die kandidaat geen punt nie.)
4.5            Weg met julle Vikings, want julle bloed gaan vloei. ✓                  1       3
               (Die kandidaat moet die woordorde sowel as die leesteken korrek
               aanbied.)
4.6            Dat hulle nie welkom is nie./                                          1       3
               Die koning hou nie van hulle nie./
               Dat daar gevegte gaan plaasvind./
               Mense gaan seerkry. ✓

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           8                         NW/September 2019
                                        NSS - Memorandum

4.7            Noorweër/Noor. ✓                                               1       1
4.8            C (Analogie) ✓                                                 1       3
4.9            régte. ✓                                                       1       2
4.10           Nee, Hägar is hulle leier en hulle moet respek toon.           1       5
                                           OF
               Ja, Hägar kan nie van die soldate verwag om aan
               gevegte deel te neem as hulle nie wil nie. ✓
                                                                                      [10]

VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag          Antwoord                                                       Punt    Vlak
5.1            ŉ Samestelling ✓                                               1       3
5.2            dolgelukkiger. ✓                                               1       1
5.3            om te vergeet. ✓                                               1       3
5.4            Ek eet graag koue rys./                                        1       2
               Die spook rys regop. ✓
               (Die kandidaat bied 'n eie sin met rys vir EEN punt aan.
               Die betekenis van rys kan die volgende wees:
               Graansoort in tropiese streke gekweek/orent staan,
               regop staan.)
5.5            Dit is ongelooflik hoe baie goed, wat jy kan doen, jy in       1       5
               hierdie twee dae kan inpas./
               Dit is ongelooflik hoe baie goed, wat jou lewe kan
               vervul, jy in hierdie twee dae kan inpas. ✓
5.6            twee-en-sewentig persent/                                      1       1
               twee en sewentig persent ✓
5.7            Minder moet (deur jou/haar/hom) gedoen word. ✓                 1       4
5.8            dingetjies ✓                                                   1       1
5.9            vul. ✓                                                         1       3
5.10           oor. ✓                                                         1       3
                                                                                      [10]
                                                      TOTAAL AFDELING C:              30
                                                          GROOTTOTAAL:                70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                 9                  NW/September 2019
                              NSS - Memorandum

                        OPSOMMING VAN VLAKKE
VLAK 1-2                 VLAK 3               VLAK 4-5
                        AFDELING A BEGRIPLEES
12                       12                   6
                        AFDELING B OPSOMMING
10
                AFDELING C TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES
                                VRAAG 3
4                          4                   2
                                VRAAG 4
4                          4                   2
                                VRAAG 5
4                          4                   2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ANALISE PER VRAAG AFRIKAANS HUISTAAL V 1 2019](https://www.hlayiso.com/library/analise-per-vraag-afrikaans-huistaal-v-1-2019/833377e2-1640-49da-b7d3-0ea76bc7c710) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [NW AFR HL P2 SEPTEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-september-2019/ea860de6-acca-40e8-b1ba-da9a739ef857) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
