# Afrikaans HL Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL question paper from the North West Mock Exam 2019, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-hl-v1-2019/d6a582b4-16a6-4af8-a47e-07295eb43fe3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/nw-afrikaans-hl-v1-2019/d6a582b4-16a6-4af8-a47e-07295eb43fe3)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE

                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          AFRIKAANS HUISTAAL V1

                               SEPTEMBER 2019

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       2                     NW/September 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
       AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
       AFDELING B: Opsomming                          (10)
       AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)
2.     Beantwoord AL die vrae.
3.     Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4.     Trek 'n streep ná elke afdeling.
5.     Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.
6.     Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8.     Voorgestelde tydsindeling:
       AFDELING A: 50 minute
       AFDELING B: 30 minute
       AFDELING C: 40 minute
9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                    3                         NW/September 2019
                                        NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL

     Klinkklaar Afrikaans
      'n Jonger geslag skeppende moedertaalsprekers maak klanke en woorde
                             vir 'n brawe nuwe wêreld.
                              Teks deur LIEN BOTHA

1    Op pad na hul huis in die Strand, ry jy verby woonstelblokke met name
     soos Blinkwater, Oranje en Welgelegen. Kronkel-kronkel in die rigting
     van klank, agter die musiektowenaars aan tot in die huis waar soveel
     musikante al kom saamsnoer het.

2    Riku Lätti is deur berge en dale sedert sy dae as filosofiestudent aan Wits. 5
     "Ek het nooit bedoel om musiek te maak nie en wou in die akademie gaan."
     Maar ŉ mens vermoed dat genetika sy behoefte bepaal het om heeltyds 'n
     orkes aan die gang te hou. Sy Estoniese voorsate was musikante, en
     hoewel musiek vir sy ma verpligtend was, het sy haar kinders laat begaan.

3    "My fokus was nog altyd om iets nuuts te probeer skep. Ek het nog nooit 10
     in ŉ cover band gespeel nie en dit is ook wat ek probeer doen met Die
     Wasgoedlyn." Hy gaan soek mense wat hul eie musiek maak, outentieke
     klank, nie iemand wat Maria Callas, die Spaanse operasangeres, foutloos
     nadoen nie. "Ek is in ŉ konstante staat van halfpad gereed om musikante
     te ontmoet. Jou lamp moet net vol olie wees."                           15

4    Die Wasgoedlyn het sewe jaar gelede ontstaan met opnames vir ŉ TV-
     program in die Bosveld en die klankies van die veld vloei toe sommer mee
     as ingenooide musikant. "Wasgoedlyn is soos 'n instamatic klankfoto,
     druk die opnemer en dan is dit ŉ foto van 'n stukkie tyd wat werklik was,
     met sy skete en afbeentjies, die resultaat eintlik meer perfek as die stukkie 20
     waaraan jy hard getimmer het."

5    'n Lang lys produksies en toekennings getuig van Riku se vaardigheid en
     toewyding, onder meer ŉ SAFTA vir klankontwerp en die klankbaan van
     die fliek Abraham. Sy diskografie beslaan tien uitreikings, insluitende
     Wasgoedlyn se twee volumes, waarvan die nuwe reeks binnekort op         25
     televisie sal wees.

6    Jackie, Riku se ander helfte, het van kleins af chronies gesing, pragstukke
     met kryte geteken, gedigte en stories geskryf en haar sibbe tot trane gedryf
     met haar vervolgverhale elke aand voor slaaptyd. Dié fassinerende vrou,
     se maan-ouma, het Jackie deur haar stories bewus gemaak van die              30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                     4                            NW/September 2019
                                         NSS

     magiese elemente van die maan. Dit is heel waarskynlik waar sy haar
     kreatiewe gene geërf het. "Ons huis is vol chaos, maar ŉ lekker chaos."

7    Riku se drif slaan deur wanneer hy praat oor die negatiewe effek van die
     formaat van Afrikaans se gestandaardiseerde popmusiek, waarvan 60%
     van die liedjies uit Europa ingevoer en vertaal word. Dit is ongelukkig die 35
     soort musiek wat die botoon op die meeste radiostasies voer.

8    Die eerste rock ŉ roll-groep in Kleinmond was Tribal Echo. Lede van die
     groep was jare lank betrokke by gemeenskapsontwikkeling en deel van
     'n proaktiewe groep wat bendes en dwelms uit hul woonbuurt gehou het.
     Vandag word Tribal Echo se musiek in die tronke gespeel as deel van 40
     rehabilitasie! Die groep het baie ysters in die vuur en tree gereeld by
     verskeie kunstefeeste op. In 2016 het hulle die Woordfeestrofee ontvang
     vir deelname in Kô, lat ons sing, waarvoor Frazer Adam Small se gedigte
     getoonset is. "Oom Adam het my verryk, die ritme van sy poetry – dis
     rock ŉ roll, kerkliedere, ghoema – dan kom jy agter hoe wyd sy inspirasie 45
     loop."

9    Dan is daar ook Jolyn Phillips, woordbreker van Blompark, gebore en
     getoë in Gansbaai en deesdae 'n gesoute pendelaar tussen Kaapstad en
     UWK, waar sy tans ingeskryf is vir haar doktorale studies – die eerste in
     haar familie.                                                             50

10 Maar haar pad tot hier is oopgekap uit gedigte waarin sy moes beitel aan
   gebreekte ballades. "Eintlik is my tong 'n klomp tonge deurmekaar. Ek
   moes vrede maak met die Afrikaans wat ek het en dit was 'n wonderlike
   vryheid. 'n Mens praat dit, maar wanneer jy meer daaroor begin lees, besef
   jy wat hierdie jong taal al deurgemaak het; die Sestigers wat hulself      55
   vry moes skryf om 'n landskap oop te skryf vir jonger skrywers soos ek."

11 Klank bring haar by Die Wasgoedlyn. "Ek het gehou van toe Afrikaanse
   musiek digkuns was, en toe ek Riku se musiek hoor, het ek gedink dis
   hóé musiek moet klink."

12 Jolyn voel Wasgoedlyn is 'n argief van die land. "As jy wil hoor hoe die              60
   land op die oomblik klink, gaan luister na Wasgoedlyn."

13 "Tong-trilogie is die vers wat ek vir myself gelos het om myself te vind.
   As ek teruggaan, gaan ek altyd na daai vers toe."

                                                 [Verwerk uit Rooi Rose, Oktober 2018]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                    5                          NW/September 2019
                                        NSS

TEKS B: SPOTPRENT

   Rock 'n Roll onner
   die Afrika son -
   Boereorkes!
   Mooiplaas!

                                                           [Bron: Volksblad, 16 Mei 2016]

VRAE: TEKS A
1.1    Herlees paragraaf 1 tot 3. Haal 'n frase aan om te bewys dat Riku Lätti
       nie ŉ maklike lewensreis gehad het nie.                                      (1)

1.2    In paragraaf 2 word daar verwys na Riku Lätti se studies. Watter
       vakrigting het hy bestudeer en waarom het hy nie daardie akademiese
       pad gevolg nie?                                                              (3)

1.3    Watter afleiding kan die leser maak oor die feit dat sy ma verplig was om
       aan musiek deel te hê, maar het haar kinders laat begaan?                 (1)

1.4    Wat is die betekenis van die onderstreepte woord in paragraaf 3?             (1)

1.5    Wat is Riku Lätti se ingesteldheid teenoor nuwe musikante? Motiveer
       jou antwoord deur na die teks te verwys.                                     (2)
1.6    Jou lamp moet net vol olie wees. (Paragraaf 3)
       Word hierdie sin denotatief of konnotatief gebruik? Motiveer jou antwoord
       deur na die betekenis van die sin in konteks te verwys.                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                     6                         NW/September 2019
                                         NSS

1.7    Herlees paragraaf 4. Verduidelik die rede vir die geslaagdheid van die
       woordkeuse ingenooide musikant. Haal TWEE opeenvolgende woorde aan
       om te bewys dat die musiek baie visueel is.                            (2)

1.8    Riku Lätti is ŉ toegewyde en vaardige musikant. Motiveer waarom hierdie
       stelling as ŉ geloofwaardige stelling gesien kan word.                  (2)

1.9    Herlees paragraaf 6. Wat word bedoel met die woorde dat Jackie
       Riku se ander helfte is en watter verskil is daar tussen hulle wat die
       uitoefening van hul kuns betref? Waaraan word haar kreatiewe vermoë
       toegeskryf?                                                                   (4)

1.10   Wat word gesuggereer deur die volgende stelling in paragraaf 6:
       Sy het haar sibbe tot trane gedryf met haar vervolgverhale elke aand
       voor slapenstyd.?                                                             (1)

1.11   Wat impliseer die woord drif in paragraaf 7 oor Riku Lätti se
       gemoedstoestand? Hoe verskil sy eie manier om Afrikaanse musiek te
       skep van die huidige tendens van Afrikaanse gestandaardiseerde
       Afrikaanse popmusiek?                                                          (3)

1.12   Is die slotsom waartoe die skrywer kom oor die rock 'n roll-groep Tribal
       Echo oor gemeenskapsontwikkeling objektief? Motiveer jou antwoord.             (2)

1.13   Herlees paragraaf 10-12. Oorweeg die gepastheid van Jolyn Phillips se
       woorde in paragraaf 12 dat ”Die Wasgoedlyn ŉ argief van die land is” met
       ŉ gepaste motivering.                                                    (2)

1.14   Haal ŉ woord uit paragraaf 13 aan wat die onderstreepte sin in
       parargraaf 10 ondersteun.                                                      (1)

VRAE: TEKS B
1.15   Watter boodskap wil die spotprentkunstenaar oordra as jy die liedjies se
       name en visuele beelde in ag neem?                                             (2)

VRAE: TEKS A EN B
1.16   Verduidelik hoe TEKS B by Die Wasgoedlyn TEKS A (paragraaf 12)
       aansluit.                                                                     (1)

1.17   Die Volksblad verwys na 90% plaaslike musiek wat deur die SAUK
       gespeel word. Dink jy die aanname is korrek? Verwys in jou antwoord
       na beide tekste.                                                 (1)

                                                       TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       7                            NW/September 2019
                                           NSS

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke vir ouers van dít
wat jy nie vir 'n tiener moet sê nie.
LET WEL:       1.       Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
                        paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                        beslaan nie.
               2.       Dit is nie nodig om die opsomming ŉ titel te gee nie.
               3.       Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

Tel nou woorde

  As jy ŉ goeie verhouding met ŉ tiener wil hê, is daar ŉ paar dinge wat jy liefs nie
                                   moet sê nie…
                                     Deur Anys Rossouw

Geduld en wysheid en baie daarvan. Probeer om nie die volgende goed vir jou kind
te sê in hul storm-en-drangjare nie. Die Amerikaanse lewensafrigter Simon Bailie sê
kinders het op 17 reeds 150 000 keer "nee" gehoor teenoor net 5000 "ja"-antwoorde.
Kinders wil nie net ŉ "nee" hoor nie. ŉ "Nee" laat mense voel hulle word nie gehoor
nie of hul behoeftes geld nie.

Dikwels hoor kinders dat ouers nie tyd het nie en dan voel hulle onbelangrik. Tog
moet hulle besef ouers het ook ŉ skedule en lewe. Hulle moet die boodskap kry dat
hulle belangrik is en dat dit lekker is om by hulle te wees.

Kinders se vriende is vir hulle uiters belangrik. As jy hul vriende kritiseer en nie
aanvaar nie, voel dit vir hulle of jy hulle en hul keuses nie aanvaar nie.

Tieners verpes dit om met ander vergelyk te word, of te hoor dat hulle nie so goed
soos ander is nie. Elke kind het ruimte nodig om homself te wees, sonder om te voel
dat hy in iemand se skaduwee leef. Kinders wil ook nie die negatiewe
toekomsvoorspellinge hoor wat as ŉ beheermeganisme gebruik word sodat hulle
akademies beter sal presteer nie.

Sekere klere, fone of besittings is vir kinders statussimbole wat hulle laat voel hulle is
deel van hulle portuurgroep. Ouers moet dus versigtig wees om kinders se
behoeftes te ontken deur te sê dat hulle nie geld daarvoor het nie.

Ouers moet versigtig wees om aannames te maak. As ŉ tiener oneerlik is, moet ŉ
mens se optrede dit juis vir hulle makliker maak om wel die waarheid te vertel. As jy
jou tiener gereeld daarvan beskuldig dat hul nie die waarheid praat nie, gaan dit
volgende keer nog moeiliker wees om die waarheid te vertel.
                                                         [Verwerk uit Rooi Rose, Oktober 2018]

                                                              TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                     8                           NW/September 2019
                                         NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

1                       Internasionale bekroonde reeks
2      Kalahari-velsorg is ŉ hoogs doeltreffende, 3.2 (resultaat + dryf) reeks produkte
3      wat bestaan uit ŉ kombinasie van natuurlike plantolies en plantekstrakte,
4      gekombineer met moderne bestandele.
5      Resultate is duidelik sigbaar.
6      Dít is geskik vir alle veltipes en -toestande.
7      Jou perfekte planteffektiewe reeks.
8      ŉ Doeltreffende gesigroom sonder tierlantyntjies wat jou vel bevogtig, teen
9      skadelike UV-strale beskerm, die plooie op ŉ afstand hou en dalk self ŉ bietjie
10     kleur gee.
11     Kenners meen: "Met so ŉ produk kan enige man mos 'oorlog' toe gaan."
                                                        [Bron: Netwerk24, 10 Oktober 2017]

3.1    Gee 'n voorbeeld van oorrendende taal uit reël 1–3 en toon aan wat die
       kopieskrywer daarmee wil bereik.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      9                           NW/September 2019
                                          NSS

3.2    Vorm die korrekte deelwoord van die woorde tussen hakies in reël 2.            (1)

3.3    Skryf die woord in reël 4 wat verkeerd gespel is, korrek oor.                  (1)

3.4    Hoe dink jy dra die foto tot die geslaagdheid van die advertensie by?          (1)

3.5    Benoem die onderstreepte woord in reël 6 volledig ten opsigte van die
       woordsoort waartoe dit behoort.                                                (1)

3.6    Vervang die koppelteken in reël 6 met 'n gepaste woord?                        (1)

3.7    Verdeel die onderstreepte woord in reël 7 in klankgrepe.                       (1)

3.8    Watter klankverskynsel kan moontlik voorkom by die uitspreek van
       tierlantyntjies in reël 8?                                                     (1)

3.9    Waarom word oorlog in reël 11 in aanhalingstekens geskryf?                     (1)

3.10   Herskryf reël 11 in die indirekte rede.                                        (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             10                               NW/September 2019
                                                 NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENTE

Bestudeer die strokiesprente (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

STROKIE 1

  1 Gryp julle wapens, Manne! Ons gaan Noorweë inval!                                    5 Noorweë
                                                                 4 Te gevaarlik!            is vol
                     2 Nee dankie!           3 Vergeet dit!
                                                                                          Vikings!!!

 6 Ons het
                                                   8 Was die bloed met koue water
 verdwaal. Ons het
                                                           uit julle klere!
 aanwysings nodig.
                            7 Weg met julle
                          Vikings. Julle bloed
                               gaan vloei.        9 Sy vrou is
                                                     darem
                                                  hulpvaardig.

                                                        [Verwerk uit Netwerk24, 20 September 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                              11                           NW/September 2019
                                                  NSS

STROKIE 2
                                                                                     11 Ook maar
                                                                                     goed ek het
                                                  10 Wat is dit dié?                 nooit leer lees
                                                  ŉ Klagtebrief van                  nie!
                                                  die manne.
              Die verskriklike

          12 Julle noem julleself Vikings?                             13 Regte VIKINGS…

    14 Regte Vikings sal
 BLINDELINGS in ŉ geveg in-                  15 Waar is my REGTE Vikings?           16 Hulle word
          gaan!
                                                                                    sterker.

                                                          [Verwerk uit Netwerk24, 20 September 2018]

4.1    Waarom is daar ŉ komma voor manne in SPRAAKBORREL 1?                                     (1)
4.2    Watter gevoel dra die soldate se woorde in SPRAAKBORRELS 3 en 4?                         (1)

4.3    Brei die sin in SPRAAKBORREL 5 met ŉ bywoordelike bepaling uit en
       onderstreep die bepaling.                                                                (1)

4.4    Herskryf Hägar se eerste sin in SPRAAKBORREL 6 in ŉ spesifieke
       vraagsin.                                                                                (1)

4.5    Verbind die sinne van die koning in SPRAAKBORREL 7 met ŉ
       neweskikkende voegwoord.                                                                 (1)

4.6    Watter afleiding behoort Hägar uit die koning se woorde in
       SPRAAKBORREL 7 te maak?                                                                  (1)

4.7    Gee 'n persoonsnaam vir iemand wat in Noorweë bly.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      12                          NW/September 2019
                                          NSS

4.8    Watter taalverskynsel kom in die woord blindelings in SPRAAKBORREL 14
       voor? Kies een van die volgende deur slegs die letter neer te skryf.
       A     Kontaminasie
       B     Toutologie
       C     Analogie
       D     Onomatopee                                                     (1)

4.9    Die woord regte word in SPRAAKBORREL 15 beklemtoon. Skryf die woord
       oor deur van die nodige skryftekens gebruik te maak.

4.10   Is die soldate se optrede teenoor Hägar geloofwaardig? Motiveer jou
       antwoord.                                                                      (1)
                                                                                     [10]
VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
       ONTSPANNING – OM JOU BATTERYE TE HERLAAI
1      Probeer om ’n naweekmentaliteit in die week te volg en die resultaat: ’n
       gelukkiger, gesonder en meer huppel-in-jou-stap jy!

2      Ontspanning is nie effektief as jy jou werk of frustrasies op jou reis saamneem
       nie en nog die hele tyd lewendig hou nie – dis juis om ’n oomblik daarvan te
       vergeet.

3      Naweke is belangrik. Dit is ongelooflik hóé baie goed jy in hierdie twee dae
       kan inpas! Dit is geen wonder dat 72% van vroue sê hulle sal met ’n kleiner
       salaris tevrede wees as hulle net ’n drie-dag-naweek kan hê nie! As hierdie
       strategie werk, het die naweek mos sy doel gedien.

4      Gelukkig is daar ’n meer koste-effektiewe manier hoe jy meer naweek in jou
       week kan inwerk. Doen minder. Raak ontslae van die dinge wat jou dag
       (5.8 vol).

5      Maak Maandagoggende rustiger. Die Griekse geskiedkundige Herodotus het
       geskryf dat oorhaastigheid die oorsaak van mislukking is. En ’n chaotiese
       week begin gewoonlik met ’n mal-Maandag. Raak ontslae van die
       struikelblokke deur op Vrydae vooruit te beplan. Bly ’n bietjie langer by die
       werk en skryf ’n doen-dit-lysie, sorteer jou lessenaar uit en dateer jou kalender
       op. So kan jy die volgende Maandag heerlik (5.10 ___) ’n koppie koffie en die
       koerant klets.
                                                  [Verwerk uit Voelgoed, 27 September 2018]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                     13                         NW/September 2019
                                         NSS

5.1    Op watter manier van woordvorming is die onderstreepte woord in
       paragraaf 1 saamgestel?                                                    (1)

5.2    Gee die intensiewe vorm van gelukkiger in paragraaf 1.                     (1)

5.3    Skryf die infinitiewe vorm van die werkwoord wat in paragraaf 2 voorkom,
       neer.                                                                    (1)
5.4    Maak 'n verduidelikende sin met die homofoon van reis in paragraaf 2.      (1)

5.5    Brei die onderstreepte sin in paragraaf 3 met ŉ byvoeglike bysin uit.
       Skryf die hele sin oor en onderstreep jou bysin.                           (1)

5.6    Skryf 72% in woorde uit.                                                   (1)

5.7    Skryf die sin "Doen minder" (paragraaf 4) oor in die lydende vorm.         (1)

5.8    Gee die verkleining van dinge in paragraaf 4.                              (1)

5.9    Vorm met behulp van 'n metamorfeem die korrekte vorm van die woord
       tussen hakies in paragraaf 4.                                              (1)

5.10   Vul die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 5 in.                          (1)

                                                                                [10]

                                                           TOTAAL AFDELING C: 30
                                                           GROOTTOTAAL: 70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ANALISE PER VRAAG AFRIKAANS HUISTAAL V 1 2019](https://www.hlayiso.com/library/analise-per-vraag-afrikaans-huistaal-v-1-2019/833377e2-1640-49da-b7d3-0ea76bc7c710) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [NW AFR HL P2 SEPTEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-afr-hl-p2-september-2019/ea860de6-acca-40e8-b1ba-da9a739ef857) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
