# Business Studies Grade 12 North West Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-business-studies-afr-september-2019/2ed037ab-f410-41a6-b9ad-ea159cfc0841
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 North West Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-business-studies-afr-september-2019/2ed037ab-f410-41a6-b9ad-ea159cfc0841)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                              BEDRYFSEKONOMIE

                                SEPTEMBER 2019

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                               2                               NW/September 2019
                                             NSS

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                         Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.

 2.     Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

 4.     Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.     Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van ŉ antwoord te bepaal.

 6.     Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                                                                              TYD
                     AFDELING                VRAAG          PUNTE
                                                                            (Minute)
         A:    Objektiewe tipe vrae –
               VERPLIGTEND                         1            40            30

         B:    VYF direkte / indirekte            2            60            30
               tipe vrae                          3            60            30
               KEUSE:                             4            60            30
               Beantwoord enige DRIE.             5            60            30
                                                  6            60            30
         C:    VIER opsteltipe vrae               7            40            30
               KEUSE:                             8            40            30
               Beantwoord enige                   9            40            30
               TWEE.                             10            40            30
                                                              300            180

 7.     Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, byvoorbeeld Vraag 1 –
        nuwe bladsy, Vraag 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                   3                               NW/September 2019
                                                 NSS

 AFDELING A: (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.

         1.1.1    Hierdie Wet voorkom roekelose toestaan van lenings aan verbruikers:

                  A        Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                  B        Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
                  C        Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
                  D        Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)

         1.1.2    JKT Tuindienste spesialiseer in landskapontwerp en die afkap van
                  bome. Hulle is in die ... sektor werksaam.

                  A        primêre
                  B        sekondêre
                  C        tersiêre
                  D        informele

         1.1.3    Besighede verkoop sommige produklyne wat stadige groeipotensiaal
                  het. Hierdie strategie staan bekend as ...

                  A        Ontbondeling.
                  B        Afleggings.
                  C        Likwidasie.
                  D        Horisontale.

         1.1.4       Tom delegeer take volgens die volwassenheidvlak van die
                     werknemers. Dit is ŉ voorbeeld van die … leierskap teorie.

                  A          burokratiese
                  B          situasionele
                  C           leiers en volgelinge
                  D           oorgangs
         1.1.5        ... is ŉ voorbeeld van ŉ nie-winsgewende maatskappy.

                      A    Poskantoor
                      B    Eskom
                      C    Telkom
                      D    Johan ouetehuis

         1.1.6        Watter een van die volgende stellings verteenwoordig ŉ funksie van
                      die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE)

                      A    Help aandeelhouers om te kies tussen verskillende aandele
                      B    Help om primêre kapitaal te skep
                      C    Dien as ŉ instrument om pryse te bepaal
                      D    Bied nie beskerming aan beleggers nie

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                   4                              NW/September 2019
                                                 NSS

         1.1.7       ... verwys na projekte wat nie deel is van normale
                     besigheidsaktiwiteite nie, maar gemik is op die verbetering van die
                     gemeenskap.

                     A    Korporatiewe Sosiale Investering
                     B    Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid
                     C    Hedendaagse Sosiale Verantwoordelikheid
                     D    Volhoubaarheid

         1.1.8       ŉ Menslike hulpbronaktiwiteit wat die werknemer se vaardigheid
                     meet teenoor sy / haar posisie in die werkplek, is ...

                     A    keuring.
                     B    plasing.
                     C    induksie.
                     D    opleiding.

         1.1.9       Besighede kan ... gebruik as ŉ bron van interne werwing.

                     A    koerante
                     B    werwingsagentskappe
                     C    “Walk-ins”
                     D    kennisgewingborde

         1.1.10      ŉ Klein groep vrywilligers wat gereeld ontmoet om kwaliteitverwante
                     sake in die werkplek te bespreek:

                     A    Kwaliteitspanne
                     B    Kwaliteitbeheer
                     C    Kwaliteitsirkels
                     D    Kwaliteitraad
                                                                                  (10 x 2)       (20)

 1.2     Voltooi die volgende stellings deur die onderstaande woorde te gebruik. Skryf
         slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou
         ANTWOORDBOEK neer.

              aanstelling; versekering: nie-verbale; plek; indiensnemings; mark;
                               assuransie; verbale; wins; mikro

         1.2.1       Die ... omgewing is die interne omgewing waarin die onderneming
                     funksioneer.

         1.2.2       Thabo het die ... kontrak ontvang waarin sy werksvoordele
                     uiteengesit is.

         1.2.3       Brand en diefstal is voorbeelde van kort termyn ...

         1.2.4       Besighede mag PowerPoint aanbiedings gebruik as deel van ...
                     aanbiedings.

         1.2.5       Een van die elemente van die drievoudige basislyn is ...
                                                                                   (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                              5                              NW/September 2019
                                            NSS

 1.3     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A – J) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in die
         ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

            KOLOM A                                      KOLOM B
 1.3.1   Kollektiewe bedinging    A     Vergoeding buiten die gewone vergoeding wat
                                        vrygestel is van belasting
 1.3.2   Aanspreeklikheid
                                  B     Verskil tussen die werkgewer organisasies en
 1.3.3   Byvoordele                     vakbonde

 1.3.4   Inklusiwiteit            C     Direkteure moet verslag kan gee oor sake-inligting.
 1.3.5   Delphi tegniek           D     Die direkteure moet verantwoordelikheid neem vir
                                        die aksies van die besigheid.

                                  E      Onderhandelinge tussen werkgewers assosiasies
                                         en vakbonde

                                  F      ŉ Groep deskundiges voltooi ŉ vraelys om ŉ
                                         oplossing vir ŉ komplekse sakeprobleem te vind.

                                  G      Die werkerskorps bestaan uit mense van
                                         verskillende ouderdomme.

                                  H      Sommige werknemers uit verskillende kulturele
                                         agtergronde word uitgesluit in die werksplek.

                                  I     Individue skep nuwe idees vir ŉ spesifieke aspek.

                                  J     Geld wat betaal word aan werknemers wat ekstra
                                        ure gewerk het

                                                                              (5 x 2)     (10)

                                                            TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                  6                               NW/September 2019
                                                NSS

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:         Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                  antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
                  Vraag 2 op ŉ NUWE bladsy, Vraag 3 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 2

 SAKEOMGEWINGS

 2.1     Noem VYF komponente van die PESTWO analise.                                           (5)

 2.2     Lig die rol van SETA's uit ter ondersteuning van die implementering van die
         Vaardigheidsontwikkelingswet.                                                         (8)

 2.3     Identifiseer die verbruikersreg wat in ELK van die volgende beleidstellings van
         MTZ Handelaars genoem word.

         2.3.1       Verbruikers sal vergoed word vir enige foutiewe produkte wat
                     teruggegee word.

         2.3.2       Verbruikers het die opsie om ongevraagde direkte bemarking te stop.

         2.3.3       MTZ Handelaars sal nie valse stellings publiseer oor hulle produkte of
                     dienste nie.

         2.3.4       MTZ Handelaars sal kredietnotas en voorafbetaalde dienste
                     honoreer.                                                                 (8)

 2.4     Bespreek maniere hoe besighede kan voldoen aan die volgende pilare van
         BBSEB.

         2.4.1       Eienaarskap                                                               (4)

         2.4.2       Bestuur                                                                   (4)

         2.4.3       Ondernemings- en Verskaffersontwikkeling (OVO)                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                  7                                NW/September 2019
                                                NSS

 2.5     Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                TSHEPO VERVOERDIENSTE (TVD)

         Tshepo Vervoerdienste bied vervoer aan buitelandse toeriste wat die land
         besoek. Die bestuur van TVD maak seker dat alle werknemers gelyk behandel
         word ongeag hulle geslag of ras.

         2.5.1       Noem die Wet wat van toepassing is in die scenario hierbo. Haal aan
                     uit die scenario om jou antwoord te ondersteun.                           (3)

         2.5.2       Bespreek die positiewe impak van die Wet geïdentifiseer in
                     Vraag 2.5.1 op TVD as ŉ besigheid.                                        (8)

 2.6     Evalueer die impak van die Vaardigheidsontwikkelingswet op besighede.                 (8)

 2.7     Stel praktiese wyses voor waarmee die besigheid aan die Nasionale Kredietwet
         (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005), kan voldoen.                                           (8)
                                                                                               [60]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                   8                                NW/September 2019
                                                 NSS

 VRAAG 3

 SAKEGELEENTHEDE

 3.1     Noem SES voorbeelde van nie-verbale aanbiedings.                                       (6)

 3.2     Lig faktore uit wat in ag geneem moet word tydens aanbiedings.                         (8)

 3.3     Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.
         Benjamin het ŉ maatskappy gestig wat aan die aandeelhouers beperkte
         aanspreeklikheid gee, maar hy is steeds persoonlik aanspreeklik vir die skulde
         van die maatskappy.
         3.3.1       Identifiseer die ondernemingsvorm wat van toepassing is op die
                     scenario. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.         (3)

         3.3.2       Verduidelik wat is die verskille tussen die ondernemingsvorm soos
                     geïdentifiseer in Vraag 3.3.1 en ŉ publieke maatskappy.                    (8)

 3.4     Bespreek die regte van voorkeuraandeelhouers.                                          (8)

 3.5     Bespreek hoe die volgende kriteria kan bydrae tot die sukses en/of mislukking
         van ŉ vennootskap.

         3.5.1       Bestuur                                                                    (4)

         3.5.2       Belasting                                                                  (4)

 3.6     Tabuleer die verskille tussen bestuur en leierskap.                                    (8)

 3.7     Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.
                                 LUCY ELEKTRONIESE DIENSTE (LE)

         Die projekbestuurder van Lucy Elektroniese Dienste motiveer werkers deur aan hulle
         insentiewe te gee as hulle hou by sperdatums.
         3.7.1       Identifiseer die leierskapstyl wat van toepassing is op die bostaande
                     scenario. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.         (3)

         3.7.2       Bespreek die impak van die leierskapstyl soos geïdentifiseer in
                     Vraag 3.7.1                                                                (6)

         3.7.3       Stel situasies voor waar die leierskapstyl soos geïdentifiseer in
                     Vraag 3.7.1 gebruik kan word.                                              (2)
                                                                                                [60]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                  9                                 NW/September 2019
                                                NSS

 VRAAG 4

 SAKEROLLE

 4.1     Identifiseer die tipe onetiese besigheidspraktyke in ELK van die volgende
         stellings.

         4.1.1       Mary het aan Peter ŉ bevorderingspos belowe, as hy sou instem om
                     ŉ verhouding met haar aan te gaan.

         4.1.2       Die werknemers van Mpho Vervaardigers spandeer te veel tyd op
                     Facebook gedurende werksure en haal daarom nie hulle spertye nie.

         4.1.3       Daniel skep ekstra inkomste vir homself deur die maatskappy se
                     motor te gebruik sonder die nodige toestemming.                            (6)

 4.2     Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.                                   (4)

 4.3     Verduidelik hoe die King Kode beginsel van deursigtigheid toegepas kan word
         in die besigheid.                                                                      (4)

 4.4     Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                CHOCOLATE DELUXE BPK. (CDB)

         Chocolate Deluxe Bpk. wil die struktuur van die besigheid verander om meer
         mededingend te wees. Die bestuur van CDB het die voor- en nadele van hulle
         besluit geïdentifiseer. Werknemers word ook aangemoedig om nuwe voorstelle
         te maak.

         4.4.1       Identifiseer die probleemoplossingstegniek in die scenario.
                     Ondersteun jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.                 (3)

         4.4.2       Bespreek die impak van die probleemoplossings tegniek soos
                     geïdentifiseer in Vraag 4.4.1.                                             (8)

         4.4.3       Stel voor op watter wyse CDB ŉ omgewing kan skep wat bevorderlik
                     sal wees vir kreatiewe denke.                                              (8)

 4.5     Verduidelik die negatiewe impak van KMI op besighede.                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                   10                             NW/September 2019
                                                 NSS

 4.6     Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

         Paul is die projekbestuurder van ŉ span wat huise opgradeer. Sy span is
         ontevrede oor hul onregverdige werklading en sy swak administratiewe
         vaardighede. Hulle voel ook dat hulle nie met respek behandel word nie. Dit
         het gelei tot konflik tussen Paul en sy span.

         4.6.1       Identifiseer DRIE moontlike oorsake van konflik in die scenario.            (3)

         4.6.2       Verduidelik aan Paul hoe hy die konflikoplossing stappe in die
                     werkplek kan toepas.                                                        (8)

 4.7     Beveel wyses aan hoe besighede kulturele regte in die werkplek kan bevorder.            (8)
                                                                                                 [60]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                  11                              NW/September 2019
                                                NSS

 VRAAG 5

 SAKEBEDRYWIGHEDE

 5.1     Lys SES aspekte wat ingesluit moet word in ŉ indiensnemingskontrak.                    (6)

 5.2     Lig die seleksieprosedure as aktiwiteit van die menslike hulpbronfunksie uit.          (8)

 5.3     Identifiseer die metode van salarisbepaling in ELK van die volgende stellings:

         5.3.1       TGL (Edms) Bpk. se werknemers word vergoed volgens die aantal
                     ure wat hulle aan die werk spandeer het.                                   (2)

         5.3.2       Thabo, die finansiële bestuurder van Troyer Tekstiele, betaal
                     werknemers volgens die aantal rokke wat hulle vervaardig.                  (2)

 5.4     Bespreek die TWEE komponente van werkanalise.                                          (6)

 5.5     Regverdig die effektiwiteit van byvoordele as goeie beloningsmetode, op die
         besigheid.                                                                             (6)

 5.6     Brei uit oor die betekenis van Totale Kwaliteit Bestuur.                               (5)

 5.7     Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                  MARY BANKETBAKKERY (MBB)

         Mary Banketbakkery spesialiseer in die bak van verjaardag- en troukoeke vir
         plaaslike besighede. Mary maak seker dat kontroles uitgeoefen word tydens en
         aan die einde van die produksieproses. Sy stel ook doelwitte en meet prestasie.
         Mary verseker dat alle besigheidsfunksies die korrekte toerusting gebruik om
         kwaliteit te verseker.

         5.7.1       Haal DRIE stellings aan uit die scenario en pas ELKEEN aan ŉ
                     spesifieke kwaliteitbegrip.

                     Gebruik die onderstaande tabel as ŉ riglyn om Vraag 5.7.1 te
                     beantwoord.

         STELLING UIT DIE SCENARIO                            KWALITEITBEGRIP

                                                                                                (9)
         5.7.2       Verduidelik aan MBB die voordele van ŉ goeie kwaliteitbestuur
                     stelsel.                                                                   (8)

 5.8     Stel wyses voor hoe die besigheid die kwaliteit van die aankoopfunksie kan
         verbeter.                                                                              (8)
                                                                                                [60]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                   12                            NW/September 2019
                                                 NSS

 VRAAG 6

 DIVERSE / ALLERLEI ONDERWERPE

 SAKEOMGEWINGS

 6.1     Noem DRIE tipes besigheidsomgewings en sê watter mate van beheer daar in
         ELKE omgewing is.

         Gebruik die onderstaande tabel om die vraag te beantwoord.

                     BESIGHEIDSOMGEWING                         MATE VAN BEHEER
         6.1.1
         6.1.2
         6.1.3
                                                                                             (6)

 6.2     Verduidelik wat behels die volgende genoemde voorsiening van die Wet op
         Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997):

         6.2.1       Etenstye en rusperiodes

         6.2.2       Jaarlikse verlof

         6.2.3       Familie verantwoordelikheid                                             (6)

 SAKEGELEENTHEDE

 6.3     Verduidelik die voordele van staatsbeheerde maatskappye.                            (6)

 6.4     Bespreek likiditeit as ŉ faktor om te oorweeg wanneer ŉ beleggingsbesluit
         geneem word.                                                                        (4)

 6.5     Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg

         Mpho wil R 50 000 in ŉ vaste depositorekening belê. Die bank bied hom 8%
         saamgestelde rente per jaar aan, vir drie jaar.

         6.5.1       Bereken die rente wat Mpho na drie jaar sal ontvang.                    (4)

         6.5.2       Verduidelik die ander vorm van rente wat die bank ook kan aanbied.      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                  13                              NW/September 2019
                                                NSS

 SAKEROLLE

 6.6     Identifiseer die diversiteitskwessie wat BCC Handelaars in ELK van die
         volgende stellings aangespreek het.

         6.6.1       Die bestuur van BCC Handelaars maak seker dat Vusi en Jane gelyk
                     behandel word in die werkplek.

         6.6.2       Daar word gevra dat senior ervare werknemers optree as mentors vir
                     die jonger werknemers.

         6.6.3       BCC Handelaars maak voorsiening vir opritte sodat gestremde
                     persone rolstoele kan gebruik.                                             (6)

 6.7     Bespreek die wyses waarop besighede die omgewing en menslike gesondheid
         kan beskerm.                                                                           (8)

 SAKEBEDRYWIGHEDE

 6.8     Identifiseer hoe Zena Konstruksie Bpk. die Totale Kwaliteit Bestuurselement
         (TKB) in ELKEEN van die volgende stellings toepas.

         6.8.1       Produkte en dienste verbeter konstant wat lei tot ŉ konstante
                     verbetering in die kwaliteit van produkte.

         6.8.2       Werknemers word gedurig opgelei om hulle vlak van prestasie te
                     verbeter.

         6.8.3       Marknavorsing word op ŉ gereelde basis gedoen om die behoeftes
                     van klante te bepaal.

         6.8.4       Daar is genoeg kapitaal om grondstowwe en toerusting te koop sodat
                     kwaliteit dienste gelewer kan word.                                        (8)

 6.9     Gee advies aan die besigheid oor die redes vir die beeïndiging van ŉ
         indiensnemingskontrak.                                                                 (8)
                                                                                                [60]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                               14                             NW/September 2019
                                             NSS

 AFDELING C

 Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Dui die VRAAGNOMMER van elke
 vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord van elke NUWE vraag moet op ŉ NUWE
 bladsy begin, byvoorbeeld Vraag 7 op ŉ NUWE bladsy, Vraag 8 op ŉ NUWE bladsy,
 ens.

 VRAAG 7

 SAKEOMGEWINGS (STRATEGIEË)

                          SIMPHIWE VERVAARDIGERS (SV)

 Simphiwe Vervaardigers spesialiseer daarin om ontwerpersakke te lewer. Hulle
 verkope het afgeneem as gevolg van uitdagings in die mark en makro-omgewings. Die
 bestuur van SV het besluit om Porter se Vyf magte model te gebruik om strategieë te
 implementer om die besigheid se uitdagings aan te spreek.

 Skryf ŉ gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte.

 ·     Verduidelik hoe SV, Porter se Vyf Magte model, kan toepas om die uitdagings in
       die markomgewing te analiseer.
 ·     Bespreek DRIE tipes diversifikasie strategieë wat SV kan gebruik om die
       uitdagings van die makro-omgewing aan te spreek.
 ·     Brei uit oor die effektiwiteit van intensiewe strategie as beste strategie om
       uitdagings aan te spreek.
 ·     Gee advies aan die bestuur van SV oor die stappe om strategieë te evalueer.         [40]

 VRAAG 8

 SAKEGELEENTHEDE (VERSEKERING)

 Besighede is bewus van die belangrikheid van verpligte en nie-verpligte versekering.
 Hulle weet ook om die beginsels van versekering in ag te neem. Besighede moet
 seker maak dat hulle bates nie onder- of oorverseker is nie.

 Met inagneming van die bostaande stellings, skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte.

 ·     Onderskei tussen verpligte en nie-verpligte versekering en gee voorbeelde van
       elk.
 ·     Verduidelik wat is die belangrikheid van versekering vir die besigheid.
 ·     Bespreek VIER beginsels van versekering.
 ·     Adviseer die besigheid oor die verskil tussen onder- en oorversekering.             [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Bedryfsekonomie                                 15                             NW/September 2019
                                               NSS

 VRAAG 9

 SAKEROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIK)

 Besighede bereik hulle doelwitte deur effektiewe spanwerk. Dit is belangrik vir
 spanleiers om verskillende stadiums van spanontwikkeling te ken. Hulle moet ook
 weet hoe om griewe en konflik in die besigheid te hanteer.

 Skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

     ·        Onderskei tussen griewe en konflik.
     ·        Bespreek VIER stadiums van spanontwikkeling.
     ·        Verduidelik DRIE kriteria om suksesvolle spanne te assesseer.
     ·        Stel strategieë voor om die volgende moeilike persoonlikhede te hanteer:

          -   Besluitelose mense
          -   Stil mense                                                                  [40]

 VRAAG 10

 SAKEBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

                        CLAUDIA VERFVERVAARDIGERS (CVV)

 Claudia Verfvervaardigers is op soek na ŉ ervare toesighouer. Daar word van Fatima
 die menslike hulpbon bestuurder verwag om onderhoude te voer en induksie te doen
 vir die nuutaangestelde toesighouer. CVV sal ook seker maak dat die regte van die
 nuwe werknemer beskerm word en in lyn is met die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995
 (Wet 66 van 1995).

 Skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

 ·       Lig die werwingsprosedure uit wat CVV moet gebruik om die vakature te vul.
 ·       Verduidelik wat is die rol van die onderhoudvoerder voor en gedurende die
         onderhoud.
 ·       Bespreek die voordele van induksie.
 ·       Gee advies aan Fatima oor die implikasies van die Arbeidsverhoudingswet op die
         menslike hulpbronfunksie.                                                        [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C: 80

                                                                               TOTAAL: 300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NW Business Studies Memo Eng SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-business-studies-memo-eng-sept-2019/f760a2e9-e2c3-4d98-85e2-bf0db10e9bd2) — Business Studies · Memo · 2019 · Eng
- [NW Business Studies Memo Afr SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-business-studies-memo-afr-sept-2019/fe6e8209-d696-4f9b-b49d-2886a557338b) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-english-final/f1b22b1d-4898-4983-9fb3-966c9e21d65e) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Business Studies (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/f1d89609-1512-40e6-af1e-b2ab02f94182) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [2019 KZN Prelim QP](https://www.hlayiso.com/library/2019-kzn-prelim-qp/e2378b69-eb2d-40c8-bfc1-a14132e2eab9) — Business Studies · QP · 2019

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
