# Economics Grade 12 P1 North West Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-ecn-paper-1-afr-sept-2019/b6010c94-014f-4a28-af48-32fee5a27e90
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 North West Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-ecn-paper-1-afr-sept-2019/b6010c94-014f-4a28-af48-32fee5a27e90)

## About this document

Economics · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                    EKONOMIE V1

                                 SEPTEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  2                        NW/September 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

         ·       AFDELING A: VERPLIGTEND
         ·       AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         ·       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.       Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.       Lees die vrae aandagtig deur.

6.       Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

7.       Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.       Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
         konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.       Gebruik slegs blou of swart ink.

10.      Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    3                         NW/September 2019
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae voorsien.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOOREDBOEK neer, bv.1.1.9 D.

         1.1.1       Die buitelandse sektor is deel van ‘n … ekonomie.

                     A    informele
                     B    gemengde
                     C    geslote
                     D    oop

         1.1.2       Die siklus wat tussen 7 en 11 jaar aanhou en veroorsaak word
                     deur veranderings in netto beleggings deur die regering en
                     besighede, word ‘n … -siklus genoem.

                     A    Kondratieff
                     B    Kitchin
                     C    Jugler
                     D    Kuznet

         1.1.3       Die finansiële jaar van die staat strek van ...

                     A    1 Maart tot 28 Februarie.
                     B    1 April tot 31 Maart.
                     C    1 November tot 31 Oktober.
                     D    30 Julie tot 1 Junie.

         1.1.4       ‘n Sistematiese rekord van alle transaksies tussen een land en
                     ander lande gedurende ‘n spesifieke periode.

                     A    betalingsbalans.
                     B    ruilvoet.
                     C    lopende rekening.
                     D    buitelandse valutamark.

         1.1.5       Wanneer ‘n land of lande ‘n bepaalde ander land ‘n boete oplê…

                     A    Embargo
                     B    Sanksie
                     C    Disinvestering
                     D    Beskerming

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                     4                            NW/September 2019
                                               NSS

         1.1.6         Ontwikkelingstrategieë soos infrastruktuur en
                       vaardigheidsontwikkeling, is bevorder deur die ...

                       A    Heropbou- en Ontwikkelingsprogram.
                       B    Groei, Indiensneming en Herverdeling van inkomste.
                       C    Versnelde en Gedeelde Groei Inisiatief vir Suid-Afrika.
                       D    grondherverdeling.

         1.1.7         ‘n Sosiale aanwyser wat met gesondheid geassosieer word, is …

                       A    die persentasie inskrywing in sekondêre skole.
                       B    wanvoeding.
                       C    beskikbaarheid van elektrisiteit.
                       D    kindermortaliteit.

         1.1.8         ‘n Aansporing om beleggings in vaardigheidsontwikkeling aan te
                       moedig, is …

                       A    Vaardigheidsontwikkelingsprogram.
                       B    Korridors.
                       C    Geïntegreerde Strategiese Projekte.
                       D    SOOO,s Tegnologieprogram.                                 (8 x 2)       (16)

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n item in KOLOM A te pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK.

                      KOLOM A                              KOLOM B
         1.2.1       Kapitaalmark          A geneigdheid van amptenare om reëls en
                                             regulasies sonder oordeel te volg.
         1.2.2       Reële syfers
                                           B sal nie van rigting verander tot nadat die
         1.2.3       Sloerende               sakesiklus van rigting verander nie.
                     aanwysers
                                           C word toegelaat om binne sekere perke op
         1.2.4       Burokrasie              markkragte te reageer.

         1.2.5       Beheerde              D vir die verhandeling van produksiefaktore.
                     wisselkoerse
                                           E die nasionale produk teen konstante pryse.
         1.2.6       Monetêre beleid
                                           F ‘n internasionale instelling wat ekonomiese
         1.2.7       Wêreldbank              herstel en ontwikkeling aanmoedig.

         1.2.8       Produksieprysindeks G waar langtermynfondse deur verbruikers en
                                           ondernemings gespaar en geleen word.

                                           H word deur die SARB gedryf om stabiele
                                             pryse na te streef.

                                           I   word gebruik om die pryse van insette te
                                               bepaal.                            ( 8 x 1)          (8)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  5                           NW/September 2019
                                            NSS

1.3      Gee een term vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK. Afkortings,
         akronieme of voorbeelde sal nie aanvaar word nie.

         1.3.1       Die vloei van goedere en dienste tussen die deelnemers in die
                     ekonomiese kringloop.

         1.3.2       Opeenvolgende periodes van groei en afname in ekonomiese
                     aktiwiteite.

         1.3.3       Opheffing van onnodige wetlike beperkinge.

         1.3.4       Die koop en verkoop van goedere of dienste oor landsgrense.

         1.3.5       Die onttrekking van kapitale beleggings uit ‘n onderneming of ‘n
                     land.

         1.3.6       Die geskatte aantal jare wat ‘n pasgebore baba behoort te leef.
                                                                                 (6 x 1)        (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  6                              NW/September 2019
                                            NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2       MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae:

         2.1.1       Noem TWEE inspuitings in die ekonomiese kringloop.              (2 x 1)       (2)

         2.1.2       Waarom moet klimaatstoestande by internasionale handel in
                     aggeneem word?                                            (1 x 2)             (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                       SUID-AFRIKA IN ‘N TEGNIESE RESESSIE

         Suid-Afrika is apmtelik in ‘n tegniese resessie. Die land se reële bruto
         binnelandse produk het in die tweede helfte van die jaar met 0.7%
         afgeneem. ‘n Tegniese resessie is twee opeenvolgende kwartale met ‘n
         negatiewe groei.

                          [Aangepas uit www.engineeringnews.co.za/economy, 4 September 2018]

         2.2.1       In watter fase van die sakesiklus word ‘n resessie periode ervaar?            (1)

         2.2.2       Gee enige industrie wat tans ‘n lae groeikoers ervaar.                        (1)

         2.2.3       Omskryf die term Bruto Binnelandse Produk.                                    (2)

         2.2.4       Omskryf kortliks die uitwerking wat ‘n resessie op die ekonomie
                     kan hê.                                                                       (2)

         2.2.5       Hoe kan fiskale beleid gebruik word om ‘n verswakte ekonomie te
                     stimuleer?                                                (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  7                              NW/September 2019
                                            NSS

2.3      Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                        KAN PARASTATALE HERSTEL WORD?

         Direk nadat die nuwe minister vir openbare ondernemings ingehuldig is, het
         korrupsie en hervorming groot sake op die agenda geword. SBO’s was nog
         altyd uiters belangrik vir die ekonomie en die fiskale stelsel en moet goed
         presteer. Hulle volhoubaarheid is ‘n sleutel vir die ekonomie se toekoms.

         Die regering se blootstelling aan SBO’s bly ‘n risiko vir die land se fiskale
         posisie. Tans het Eskom en Sanral “junk” kredietgraderings met hul hoë
         skuld blootstelling. Hierdie strukturele en sisteem probleme vra vir
         privatisering. ‘n Ander opsie kan hernubare energie teen die helfte van die
         prys wees. Medupi en Kusile steenkool aangedrewe kragstasies funksioneer
         oor hul begrotings.

                                                           [Aangepas uit News24, Maart 2018]

         2.3.1       Gee ‘n voorbeeld van hernubare energie.                                       (1)

         2.3.2       Lys enige ander Staatsbeheerde Onderneming wat nie in die
                     uittreksel genome word nie.                                                   (1)

         2.3.3       Omskryf die begrip nasionalisering.                                           (2)

         2.3.4       Hoekom sal die privatisering van ‘n SBO die ekonomie
                     bevoordeel?                                                                   (2)

         2.3.5       Hoe kan Eskom meer effektief funksioneer om verbruikers te
                     bevoordeel?                                                (2 x 2)            (4)

2.4      Bespreek rentekoerse en invoervervanging as metodes wat gebruik word om
         die betalingsbalansonewewigtighede te herstel.                   (2 x 4)                  (8)

2.5      Evalueer die funksionering van markte in die ekonomiese kringloopmodel.                   (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                   8                             NW/September 2019
                                             NSS

VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1      Beantwoord die volgende vrae:

         3.1.1       Noem TWEE elemente in die telkaart van Swart Ekonomiese
                     Bemagtiging.                                            (2 x 1)                (2)

         3.1.2       Hoekom word ekonomiese aanwysers gebruik om die ekonomie
                     mee te meet?                                         (1 x 2)                   (2)

3.2      Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

              MENSLIKE ONTWIKKELINGSINDEKS VAN SUID-AFRIKA

         Volgens die MOI is Suid-Afrika nie die beste in sub-Sahara-Afrika nie. Ons
         buurland, Botswana, is die land met die beste lewensgehaltevlakke op die
         Sub-Sahara-vasteland. Ten opsigte van ekonomiese vryheid is Suid-Afrika in
         posisie 80 van 186 lande – agter Rwanda, Botswana en Mauritius.
                                                     (Aangepas uit Rapport, 14 Januarie 2018)

         3.2.1       Gee EEN faktor wat gebruik word om menslike ontwikkeling mee te
                     meet.                                                                          (1)

         3.2.2       Hoekom is ekonomiese vryheid in Suid-Afrika so belangrik?                      (1)

         3.2.3       Omskryf die term demografie.                                                   (2)

         3.2.4       Hoe kan verbeterde fisiese infrastruktuur bydrae tot ‘n styging in
                     die lewensgehalte?                                                             (2)

         3.2.5       Lewer kommentaar oor die sukses van die Suid-Afrika se sosiale
                     beleid aangaande die bevordering van die ekonomiese
                     ontwikkeling.                                            (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  9                             NW/September 2019
                                            NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              DIE AANBODKANTBENADERING TOT SUID-AFRIKA SE
                         GROEI EN ONTWIKKLEING

          Aanbodkantbeleide sluit enige beleid in wat die ekonomie se produktiewe
          kapasiteit en die vermoë om te produseer verbeter. Die regering se aksies
          sluit verbetering van die produksiefaktore en die prestasies van besighede
          in. Dit sluit die land se kapasiteit om goedere en dienste te produseer in.

                                                            [Aangepas uit: Economics Online]

         3.3.1       Gee enige faktor wat die produksiekapasiteit van ‘n besigheid kan
                     verbeter.                                                                     (1)

         3.3.2       Hoekom moet ‘n land meer goedere en dienste kan produseer?                    (1)

         3.3.3       Beskryf die term kapitaalverdieping.                                          (2)

         3.3.4       Watter positiewe rol kan die regering speel in die verbetering van
                     die kwaliteit van natuurlike hulpbronne?                                      (2)

         3.3.5       Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse regering om die kwaliteit
                     van arbeid te verbeter?                                   (2 x 2)             (4)

3.4      Onderskei tussen behuising en verstedeliking as sosiale aanwysers.          (2 x 4)       (8)

3.5      Hoe suksesvol is Suid-Afrika se Nuwe Groeipad om ekonomiese groei en
         ontwikkeling te beïnvloed?                                                                (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                       10                                  NW/September 2019
                                                 NSS

VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE & EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1      Beantwoord die volgende vrae:

         4.1.1           Gee enige TWEE lidlande wat deel van BRICS is.                           (2 x 1)       (2)

         4.1.2           Wat is die uitwerking van die depresiasie van die Rand op die
                         vraag na buitelandse goedere?                               (1 x 2)                    (2)

4.2      Bestudeer die gegewens hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         BEGROTINGSINKOME 2019/20
                                 Ander
                                  6%
              Brandstofheffing
                    6%

         Doeane en Aks yns
               8%
                                                                 Pers oonlike
                                                              Inkomstebelas ting
                                                                     39%

                                                                        Persoonlike Inkomstebelasting
         Maatskappybelasting                                            BTW
                16%
                                                                        Maatskappybelasting

                                                                        Doeane en Aksyns

                                                                        Brandstofheffing

                                                                        Ander
                                     BTW
                                     25%

                                                 [Aangepas uit SA Begroting- en Belastinggids 2019/20 ]

         4.2.1           Wat is die grootste bron van staatsinkomste?                                           (1)

         4.2.2           Hoekom word sekere voedselsoorte van BTW vrygestel?                                    (1)

         4.2.3           Omskryf die term kapitaalwinsbelasting.                                                (2)

         4.2.4           Verduidelik kortliks waarom onderwys die grootste gedeelte van
                         die begroting ontvang.                                                                 (2)

         4.2.5           Hoe sal die toename in BTW die ekonomiese gemarginaliseerde
                         mense beïnvloed?                                      (2 x 2)                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  11                               NW/September 2019
                                            NSS

4.3      Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                NOORD

                                   SUID

                                                                     [Aangepas uit Google Images]

         4.3.1       Gee enige land wat deel van die Noorde uitmaak.                                 (1)

         4.3.2       Noem EEN kategorie wat gebruik word om ontwikkelde en
                     ontwikkelende lande mee te vergelyk.                                            (1)

         4.3.3       Omskryf die term globalisering.                                                 (2)

         4.3.4       Watter negatiewe uitwerking kan HIV/Vigs op lande in die Suide
                     hê?                                                                             (2)

         4.3.5       Hoe kan die speelveld tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande
                     gelyk gemaak word?                                        (2 x 2)               (4)

4.4      Verduidelik kortliks, m.b.v.     die     Phillips-kurwe,    die    verband    tussen
         werkloosheid en inflasie.                                                                   (8)

4.5      Hoe word die Suid-Afrikaanse           ekonomie     deur     die    uitwerking   van
         internasionale handel beïnvloed?                                                            (8)
                                                                                                     [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    12                           NW/September 2019
                                              NSS

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

                                                                                            PUNTE
                            STRUKTUUR VAN OPSTEL                                          TOEKENNING
Inleiding
    · ‘n Goeie begin is om die sleutel konsep wat in die vraag voorkom te definieer
        of om te omskryf.
    · Gee addisionele inligting om die onderwerp te ondersteun.
    · Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie.
    · Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam bespreek nie.
    · Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.                  Maks. 2
Liggaam:

    Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
    krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
    Debateer                                                                               Maks. 26

   Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
   krities/Trek ‘n grafiek en verduidelik/Gebruik ‘n grafiek en verduidelik/Voltooi die
   gegewe
   grafiek/Bereken/Bepaal/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Vertolk/Debateer kortliks         Maks. 10
Gevolgtrekking
   · Die gevolgtrekking is ‘n samevatting van die onderwerp wat bespreek is in
        die liggaam en moet as ‘n HOË-ORDE respons gesien word.
   · Die gevolgtrekking kan die vorm van ‘n eie opinie, voorbeelde, argumente om
        die bespreking van die onderwerp in die liggaam te ondersteun of teen te
        staan.
   · Geen aspek van beide die inleiding en liggaam moet in die gevolgtrekking
        herhaal word nie.                                                                   Maks. 2
                                                                              TOTAAL          40

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   · Bespreek uitvoerbevordering onder die volgende sub-opskrifte:
     · Oorsake (4)
     · Metodes (6)
     · Voordele (8)
     · Nadele (8)                                                  (26 punte)
   · Evalueer die sukses van Suid-Afrika se handelsbeleid om die plaaslike
     tekstielbedryf teen buitelandse kompetisie te beskerm?        (10 punte)                   [40]

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

   · Verduidelik streeksontwikkeling in Suid-Afrika volledig t.o.v. “benchmark
     criteria”.                                                       (26 punte)
   · Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide.
                                                                   (10 punte)                   [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/618dbdee-e64c-45f5-9118-413e4c86db2a) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC ECN P2 ENG MEMO SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-ecn-p2-eng-memo-sept-2019/4caf87fc-b290-4aab-9ff1-c7fe7f5f0b91) — Economics · Memo · 2019 · Eng
- [Economics P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-nov-2019-memo-afr/5356311e-5173-4723-8d25-e9cf4c6c6da0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-english/508a14ba-a1bb-463c-9739-8b79c8031f85) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
