# Physical Sciences Grade 12 North West Mock 2019 QP

> Grade 12 Physical Sciences question paper from the North West Mock Exam 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-fisiese-wet-v1-september-2019/f9430e04-427f-4197-93d1-225c0242841c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 North West Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/nw-fisiese-wet-v1-september-2019/f9430e04-427f-4197-93d1-225c0242841c)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                SEPTEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai asseblief om

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     2                            NW/September 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

2.       Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

5.       Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

7.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

8.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     3                            NW/September 2019
                                          NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1   ŉ Motorkar, met massa m, en trok, met massa 3 m bots kop aan kop. Net
      voor die impak, beweeg die kar en die trok teen dieselfde spoed v. Die kar
      oefen ŉ krag FC op die trok uit en die trok oefen ŉ krag FT op die kar uit.
      Kies die een stelling wat die grootte van die kragte wat op mekaar inwerk
      by impak tussen die motor en die trok die beste beskryf.

      A    FC = FT

      B    FC < FT

      C    FC = 0 N

      D    FC > FT
                                                                                      (2)

1.2   Die diagram toon ŉ blok wat teen ŉ wrywinglose vlak afgly.

      In watter rigting versnel die blok wanneer dit by punt P verby beweeg.

      A

      B

      C

      D
                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                      4                   NW/September 2019
                                                           NSS

1.3   ŉ Vuurpyl word vertikaal opwaards afgevuur deur ŉ vuurpyllanseerder.
      Die onderstaande snelheid tyd grafiek stel die beweging van die vuurpyl
      voor.

      Watter punt (1, 2, 3 of 4) op die grafiek toon waar die vuurpyl ŉ maksimun
      potensiële energie het.

                Snelheid in (m·s -1)
                                                  2
                                       200
                                                               3
                                         0                             Tyd in (s)
                                              1

                                       -200
                                                                   4
                                                                                                (2)
      A     1

      B     2

      C     3

      D     4                                                                                   (2)

1.4   Danie trek ŉ blok oor ŉ growwe oppervlak teen ŉ konstante spoed. Die
      kragte wat op die blok inwerk word op die onderstaande diagram
      aangetoon. Die kragte is nie geteken volgens skaal nie.

                                                       N
                                                           F

                                                  fk

                                   w
      Watter een van die volgende verwantskappe van die kragte F, fk, N en w
      is korrek?

      A    F = fk en N = w

      B    F > fk en N < w

      C    F < fk and N > w

      D    F = fk en N < w                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       5                            NW/September 2019
                                            NSS

1.5   Deur gebruik te maak van ŉ onrekbare tou met weglaatbare massa, trek
      Ben ŉ boks oor ŉ horisontale oppervlakte deur ŉ konstante krag FA op dit
      uit te oefen. Die boks beweeg teen ŉ kostante snelheid van posisie A na
      posisie B. ŉ Konstante weerstandskrag fk werk op die boks in.

                         FA                                         FA

               A                                           B
      Watter een van die volgende stellings rakende die beweging van die boks
      van A tot B is waar?

      A    Die werk wat die gravitasie krag op die boks uitoefen is nie nul nie.

      B    Die totale werk wat deur die netto krag op die boks uitgeoefen word is
           nie nul nie.

      C    Die werk wat deur krag fk op die boks gedoen word is positief.

      D    Die grootte van die werk wat op die boks deur FA gedoen word, is
           gelyk aan die grootte van die werk wat deur fk gedoen word.                  (2)

1.6   Simon gee moontlike verduidelikings van die waargenome verskuiwing in
      die ligspektrum vanaf ŉ verafgelëe planeet.

      Kies die KORREKTE stelling: Simon sê dat die …

      A    blou verskuiwing van die spektrum ŉ aanduiding is dat die planeet na
           die aarde beweeg.

      B    rigting waarin die planeet beweeg het geen invloed op die spektrum
           nie.

      C    rooi verskuiwing van die spektrum is ŉ aanduiding dat die planeet na
           die aarde toe beweeg.

      D    wind het ŉ invloed op die verskuiwing van die spektrum.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      6                            NW/September 2019
                                           NSS

1.7   Twee klein voorwerpe P en R het onderskeidelik ŉ lading +Q en +Q. Hulle
      oefen ŉ krag van F op mekaar uit.

                         P                          R
                             +Q                           +Q

      R word nou +6 Q gelaai soos in die skets aangetoon.

                         P                          R
                             +Q                           +6Q

      As die afstand tussen P en R dieselfde bly, wat is die krag nou op P?

      A    3F

      B    2F

      C    F

      D        F
                                                                                       (2)

1.8   Twee ladings, +2 C en -2 C, word in vasgestelde posisies A en B
      onderskeidelik geplaas. ŉ Positiewe toetslading word in posisie C
      geplaas.
                           C              B
                                        -2 C

                              A +2 C
      Watter een van die volgende pyle dui die rigting van die netto-elektriese
      veld by punt C aan?

      A

      B

      C

      D

                                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     7                           NW/September 2019
                                          NSS

1.9    Vier identiese weerstande, elk met ŉ weerstand van R, word tussen punte
       X en Y gekoppel soos aangetoon in die diagram.

                         X                                 Y

       Wat is die effektiewe weerstand tussen punte X en Y?

       A   R

       B   2R

       C   4R

       D     R                                                                       (2)

1.10   ŉ Elektron word vrygestel met ŉ maksimum spoed van x m∙s-1 van ŉ
       metaal oppervlakte wanneer ŉ ligfoton op die oppervlakte inval. As die
       elektron ŉ massa van 2y kg het, wat sal die werkfunksie van die metaal
       wees as die ligfoton 4yx 2 J energie besit?

       A    mx2
       B    2yx 2
       C       yx2

       D    3yx 2
                                                                                    (2)
                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          8                          NW/September 2019
                                               NSS

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Pieter doen weerstandsoefening. Pieter hardloop teen ŉ konstante snelheid van
8 m∙s-1 op ŉ horisontale baan. Pieter oefen ŉ krag F op die tou uit wat om sy
heupe vasgemaak is. Die tou maak ŉ hoek van 14o met die horisontaal. Hy trek
twee groot motorbuitebande wat aan mekaar vas gemaak is met ŉ ligte
onrekbare tou soos angetoon in die onderstaande diagram. Band A het ŉ massa
van 10 kg en band B het ŉ massa van 15 kg.

                                                                    F
                             15 kg          10 kg
                               B       T      A        14o

2.1    Stel Newton se Eerste Bewegings Wet in woorde.                                    (2)

2.2    Verduidelik waarom die twee buitebande dieselfde weerstands koëfisiënt
       het.                                                                              (2)

2.3    Die kinetiese weerstands koëefisient tussen die buitebande en die gras is
       0,6.

       2.3.1         Teken ŉ benoemde vryliggaamdiagram van al die kragte wat op
                     band B inwerk.                                                      (4)

       2.3.2         Bereken die grootte van die weerstandskrag op band B.               (3)

       2.3.3         Bereken die grootte van die krag F wat deur Pieter uitgeoefen
                     word.                                                               (6)

2.4    Die tou tussen die bande breek onverwags.

       2.4.1         Bereken die versnelling van band B direk nadat die tou breek.       (2)

       2.4.2         Stel die arbeids-energie beginsel in woorde.                        (2)

       2.4.3         Gebruik die arbeids-energie beginsel om te bereken hoe ver
                     band B sal beweeg voordat dit tot stilstand kom.                   (4)
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      9                            NW/September 2019
                                           NSS

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

John, massa, 80 kg, val oor die rand van ŉ 75 m hoë toring met ŉ baie sterk
elastiese koord wat aan sy enkels vasgemaak is. Nadat hy ŉ afstand van x m
geval het beweeg hy verby punt A met ŉ spoed van 31 m∙s-1 net voor die
elastiese koord sy val vertraag.

Ignoreer die massa van die tou en die lugweerstand.

                                          xm

                                      A
                                          10 m

                                      B

                                            Ground

3.1    Verduidelik die term vryval.                                                    (2)

3.2    Gebruik bewegingsvergelykings en bereken die afstand x wat John val
       om sy maksimum spoed van 31 m∙s -1 te bereik.                                   (3)

Die tou rek 10 m uit voordat John tot stilstand kom by B, die laagste punt van sy
beweging. Die oomblik wat hy tot stilsand kom val sy kamera (met weglaatbare
massa) uit sy hande uit. Die elastiese band trek John terug in die lug op. Met
die terug beweeg bereik John ŉ snelheid van 25 m∙s-1 opwaads by punt A.

3.3    Bereken deur slegs van energie beginsels gebruik te maak, John se
       gemiddelde versnelling soos wat die elastiese koord hom opwaards trek
       van B na A.                                                                     (4)

3.4    Hoe lank sal dit John se kamera neem om vanaf punt B die grond te
       bereik?                                                                         (5)

3.5    Hoe hoog bo die grond sal John wees die oomblik as sy kamera die grond
       tref.                                                                           (6)

3.6    Uiteindelik kom John tot rus 50 m van die bopunt van die toring af. John
       word opgetrek teen ŉ konstante snelheid van 2 m∙s -1 deur ŉ elektriese
       motor.

       Bereken die motor se gemiddelde drywing.                                       (3)
                                                                                     [23]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       10                          NW/September 2019
                                            NSS

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Tom, met ŉ massa 65 kg gly op ŉ bergpad en val 5 m vertikaal afwaards.
Gelukkig land hy op ŉ 100 kg boot wat saam met die rivier beweeg.

4.1    Definieer impuls.                                                                  (2)

4.2    Die boot beweeg teen ŉ konstante snelheid van 5 m∙s -1 die oomblik wat
       Tom die boot tref. Bereken die snelheid van die boot en Tom net nadat
       Tom in die boot land.                                                              (5)

Die boot bots teen ŉ rots in die rívier net nadat Tom in die boot val. Dit neem die
boot 0,2 s om tot stilsand te kom.

4.3    Bereken die gemiddelde krag wat die rots op die boot uitoefen.                    (4)
                                                                                        [11]

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Klankbron produseer ŉ konstante frekwensie van 384 Hz. Die spoed van klank
in lug is 340 m∙s-1 en die spoed van klank in water is 1500 m∙s-1.

5.1.   Bereken die golflengte van klank in lug.                                           (3)

5.2.   Hoe sal die golflengte van dieselfde klank in water vergelyk met die
       golflente in lug? Kies tussen LANGER, KORTER of DIESELFDE.                         (1)

5.3.   Wat sal met die frekwensie van ŉ klankgolf gebeur wanneer dit van lug na
       water beweeg? Skryf slegs TOENEEM, VERMINDER OF BLY
       DIESELFDE.                                                                         (1)

Dieselfde stilstaande klankbron met ŉ detektor word gebruik om die spoed van ŉ
dolfyn wat met ŉ konstante snelheid onder die water swem te bepaal. Daar word
gevind dat die frekwensie wat van die dolfyn terug ontvang word 391 Hz is.

5.4    Swem die dolfyn na of weg van die klankbron af?                                    (1)

5.5    Bereken die spoed van die dolfyn.                                                 (6)
                                                                                        [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         11                         NW/September 2019
                                              NSS

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Drie puntladings, X, Y en Z, word op vasgestelde posisies geplaas soos
aangetoon in die diagram. Die ladings van X en Y is +3 µC en +2 µC
respektiewelik.
                                                       N
                         X
                                               W                  E

                          r
                                                       S

                                      1
                                        r
                         Y            2        Z

6.1    Defieer Coulomb se wet in woorde.                                                (2)

6.2    Y ondervind ŉ netto krag van 5 x 10-3 N in rigting 32o suidoos van die lyn
       wat ladings Y en Z verbind.

       Bereken die :

       6.2.1 Die grootte van die krag van X op Y.                                       (2)

       6.2.2 Die grootte en die polariteit van die lading op Z.                        (7)
                                                                                      [11]

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die volgende diagram is die netto elektriese veldsterkte by punt p as gevolg van V
en W 2 x 10-2 NC-1 na regs. Die afstand tussen V en p is 2 cm en tussen p en W is
3 cm. Die groottes van die ladings op V en W is gelyk.

                     V            p                          W

                         2cm                   3 cm

7.1.   Bepaal die aard van die lading op W (skryf slegs POSITIEF of
       NEGATIEF).                                                                       (1)

7.2    Teken die elektriese veldlyne rondom lading W.                                   (3)

7.3.   Definieer elektriese veld in woorde.                                             (2)

7.4.   Bereken die lading op V.                                                        (5)
                                                                                      [11]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        12                            NW/September 2019
                                             NSS

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Battery met ŉ 12 V emk en 1 Ω interne weerstand is gekoppel in ŉ stroombaan
soos hier onder getoon.

                          3Ω            2Ω           6Ω

                                                4Ω

                               1Ω

8.1.     Definieer emk in woorde.                                                         (2)

8.2.     Bereken die:

         8.2.1   Totale weerstand van die stroombaan                                      (4)

         8.2.2   Voltmeterlesing oor die 4 Ω weerstand                                    (4)

         8.2.3   Energie vrygestel in die 4 Ω weerstand in 2 minute                      (3)
                                                                                        [13]

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die volgende grafiek is die resultaat van die potentiaalverskil wat verkry is van ŉ
diesel generator. Die frekwensie van die generator is 30 Hz.

 311 V

                                                                       tx

9.1      Bereken die tyd tx.                                                              (3)

9.2      Definieer wgk stroom (Iwgk).                                                     (2)

Die wgk stroom is 12 A.

9.3      Bereken die gemidelde drywing wat deur die generator opgewek word.               (4)

9.4      Bereken die piek stroom vir hierdie generator.                                   (2)

9.5      Teken die ooreenstemmende grafiek van stroomsterkte teen tyd vir hierdie
         generator. Toon duidelik die piekstroom en die tyd t x aan.                     (3)
                                                                                        [14]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     13                          NW/September 2019
                                          NSS

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die onderstaande spektrum is waargeneem wanneer astroloë op die aarde die lig
van planeet X analiseer.

                                                Afwisselende swart en kleurlyne

                Swart

10.1 Wat is ŉ atomiese absorbsiespektrum?                                              (2)

10.2 Identifiseer die tipe atomiese spektraallyne hierbo.
     (Kies tussen ABSORBSIE of EMMISIE spektrum)                                       (1)

10.3 Uitgestraalde radiasie van die planeet met ŉ golflengte van 5,96 x 10-7 m
     word ŉ golflengte van 6,0 x 10-7 m wanneer dit die aarde bereik.

      10.4.1 Bereken die energie van die foton wanneer dit die aarde bereik.           (3)

      10.4.4 Die lig word nou op ŉ metaaloppervlakte geskyn. Wat sal die
             snelheid van ŉ elektron wees wat vrygestel word, van die
             metaaloppervlakte met ŉ werksfunksie van 2,3 x 10-19 J?                   (4)
                                                                                      [10]
                                                                         TOTAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                    14                     NW/September 2019
                                         NSS

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                           g                9,8 m·s -2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                          G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Mass of the Earth
                                          M              5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Radius of the Earth
                                          RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                           c             3,0 x 108 m·s -1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                           h             6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                           k           9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                           e              1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                          me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                     15                                      NW/September 2019
                                                          NSS

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = v i + a Dt                                         Δx = v i Δt + 21 aDt 2 or/of Δy = v i Δt + 12 aDt 2
                                                              æ v + vf ö               æ v +vf ö
v f = v i + 2aDx or/of v f = v i + 2aDy
     2       2                  2        2
                                                         Δx = ç i      ÷ Δt or/of Δy = ç i     ÷ Δt
                                                              è 2 ø                    è 2 ø

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                                p= mv
           = m sN
     max
fs                                                       fk = m k N
Fnet Dt = Dp
                                                         w = mg
Dp = mv f – mvi
           m1m 2                             m1m 2                 M                             M
F=G                    or/of         F=G                 g =G                   or/of        g =G 2
            d2                                r2                   d2                            r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = FDx cos q                                            U = mgh                 or/of       EP = mgh
                                                         Wnet = DK               or/of       Wnet = DEk
   1                                 1
K = mv 2             or/of      E k = mv 2
   2                                 2
                                                         DK = K f - K i          or/of       DEk = Ekf - Eki
                                                              W
Wnc = DK + DU or/of Wnc = DEk + DEp                      P=
                                                              Dt
Pave = Fv ave / Pgemid = Fv gemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                              1
v =fl                                                    T=
                                                              f
         v ± vL                     v ± vL                                               c
fL =            fs           fL =          fb            E = hf         or/of     E= h
         v ± vs                     v ± vb                                               l

E = Wo + E k(max) or/of E = Wo + K max where/waar
                                                     1                           1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en E k (max) = mv max                    or/of K max = mv max
                                             2                                       2

                                                     2                           2

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai asseblief om

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                   16                                     NW/September 2017
                                                        NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

     kQ 1Q 2                                                kQ
F=                                                     E=
       r2                                                   r2
     W                                                      F
V=                                                     E=
     q                                                      q

      Q                              Q
n=                  or/of       n=
      e                              qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                       emf ( ε ) = I(R + r)
     V
R=
     I                                                 emk ( ε ) = I(R + r)

Rs = R1 + R2 + ...
 1   1   1                                             q=I Dt
   =   +   + ...
R p R1 R 2

W = Vq                                                 P=
                                                            W
                                                            Δt
W = VI D t
                                                       P = VI
W = I2R D t
                                                       P = I 2R
          V Δt
            2
W =                                                         V2
           R                                           P=
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                       Pave = VrmsIrms       /   Pgemiddeld = Vwgk I wgk
          I max                              I
I rms =                     /         I wgk = maks
            2                                  2
                                                       Pave = I 2rmsR    /       Pgemiddeld = I 2wgkR
           Vmax                                Vmaks
Vrms =                      /        V wgk =                 V2                                  2
                                                                                                Vwgk
                2                                2     Pave = rms        /       Pgemiddeld =
                                                              R                                  R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NW PHYSICAL SCIENCES P2 MEMO SEPTEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-physical-sciences-p2-memo-september-2019/2ef51e2a-bf81-4075-899b-4b134a4f863b) — Physical Sciences · Memo · 2019
- [Physical Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2019-afr/ba254883-c952-4abb-8257-a0f262488497) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Physical Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2019-afr/7f8af595-3bde-455b-b6be-61fe5eadf0c2) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Physics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-north-west/503a9f15-e9a4-475d-bd27-9134cf104397) — Physical Sciences · QP · 2025
- [Phsc P1 Memo June Ea Latest](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-memo-june-ea-latest/8382194b-5329-4102-9a1b-784a1e3ac280) — Physical Sciences · Memo · 2019
- [2019 AFR ENG Gauteng Paper 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2019-afr-eng-gauteng-paper-1-memo/7e7c9cfc-f2f5-4700-a132-61eae8192020) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
