# Life Sciences Grade 12 North West Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-lewens-wet-v1-afr-sept-2019/288823ec-e490-470d-86d5-c6362616326e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 North West Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-lewens-wet-v1-afr-sept-2019/288823ec-e490-470d-86d5-c6362616326e)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                       LEWENSWETENSKAPPE V1

                             SEPTEMBER 2019

  PUNTE: 150

 TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                     2                               NW/September 2019
                                        NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
      waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           3                            NW/September 2019
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       By altrisiële ontwikkeling is jong kleintjies …

                     A    in staat om hulself te voed kort nadat hulle uitgebroei het nie.
                     B    nie in staat om vrylik rond te beweeg kort nadat hulle uitgebroei
                          het.
                     C    ten volle onafhanklik van hulle ouers nadat hulle uitgebroei het.
                     D    goed ontwikkeld wanneer hulle uitbroei.

         1.1.2       Watter van die volgende sal geaffekteer word deur ‘n siekte wat die
                     outonome senuweestelsel beskadig?

                     A    Die vermoë om die arms en bene te beweeg
                     B    Die hartkloptempo en die asemhalingstempo
                     C    Gehoor en sig
                     D    Hoër denk prosesse

         1.1.3       ‘n Persoon kan na ‘n ongeluk nie meer sensasies soos reuk en
                     smaak ervaar en interpreteer nie. Watter deel van sy brein is heel
                     waarskynlik in die ongeluk beskadig?

                     A    Serebellum
                     B    Corpus callosum
                     C    Medulla oblongata
                     D    Serebrum

         1.1.4       Watter EEN van die volgende word deur ‘n negatiewe terugvoer-
                     meganisme in die menslike liggaam beheer?

                     A    Verandering in die spoed en rigting van die liggaam
                     B    Kleurvisie
                     C    Waterkonsentrasie
                     D    Die aktiwiteite van die regterkant van die liggaam wat deur die
                          linker-hemisfeer beheer word

         1.1.5       Watter planthormoon is verantwoordelik vir die vorming van blomme
                     in plante?

                     A      Ouksiene
                     B      Etileen
                     C      Gibbereliene
                     D      Absissiensuur

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                 4                        NW/September 2019
                                                    NSS

         1.1.6       Watter EEN van die volgende is ‘n voortplantingstrategie waar die
                     kleintjies uit eiers ontwikkel in die wyfie se voortplantingstelsel?

                     A        Oviparie
                     B        Ovoviviparie
                     C        Viviparie
                     D        Uitbroei

         1.1.7       Uit hoeveel chromatiede bestaan‘n homoloë chromosoompaar?

                     A        Een
                     B        Twee
                     C        Vier
                     D        Agt

       VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 IS VAN TOEPASSING OP ‘N ONDERSOEK WAT
       UITGEVOER IS OM DIE EFFEK VAN ‘N DWELMMIDDEL OP DIE REAKSIETYD
       BY MENSE, TE BEPAAL

         1.1.8       Wat is die onafhanklike veranderlike in die ondersoek?

                     A       Die dwelmmiddel in die liggaam
                     B       Die tyd vandat die dwelm ingeneem is
                     C       Reaksietyd
                     D       Getal vrywilligers

         1.1.9       Die volgende faktore is in ag geneem gedurende die ondersoek:

                     (i)     Getal vrywilligers
                     (ii)    Tyd van die dag
                     (iii)   Ouderdom van die vrywilligers
                     (iv)    Apparate om die reaksietyd te bepaal

                     Watter EEN van die volgende kombinasies van faktore sal die
                     geldigheid van die ondersoek beïnvloed?

                     A       Slegs (i) en (ii)
                     B       Slegs (i), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii), (iii) en (iv)
                     D       Slegs (ii), (iii) en (iv)

         1.1.10 Watter deel van die sentrale senuweestelsel beskerm die menslike
                liggaam teen ernstige beserings wanneer ‘n persoon kaalvoet op ‘n
                doring trap?

                     A       Medulla oblongata
                     B       Serebrum
                     C       Rugmurg
                     D       Serebellum                                            (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          5                              NW/September 2019
                                             NSS

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

         1.2.1       Die hormoon verantwoordelik vir die regulering van die soutvlak in die
                     bloed

         1.2.2       Die strukturele eenheid van die senuweestelsel

         1.2.3       ‘n Hormoon wat die rypwording van sperms stimuleer

         1.2.4       Die buitenste ekstra-embrioniese membraan wat die embrio omring

         1.2.5       Die hormoon wat deur die pankreas gesekreteer word, wat die
                     bloedglukose-vlak by mense verhoog

         1.2.6       ‘n Siekte wat gekenmerk word deur die degenerasie van die
                     miëlienskedes van neurone, wat hul vermoë om impulse na die
                     sentrale senuweestelsel te vervoer, beïnvloed

         1.2.7       Die struktuur wat vir gaswisseling en die stoor van afvalprodukte in
                     die amniotiese eier verantwoordelik is

         1.2.8       Die deurskynende membraan wat die kornea beskerm

         1.2.9       Die klier wat prolaktien sekreteer

         1.2.10 Die stelsel in die menslike liggaam wat hormone sekreteer en
                verantwoordelik is vir chemiese koördinasie                                      (10)

1.3     Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
        A,SLEGS B, BEIDE A EN B, of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
        Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
        (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                                   KOLOM II
         1.3.1       ‘n Deel van die oor waar             A:   Half-sirkelvormige kanale
                     klankprikkels omgesit word in        B:   Ovaalvenster
                     senuwee-impulse
         1.3.2       Om jaarliks dieselfde soort gewas    A: Wisselbou
                     op dieselfde stuk grond te plant     B: Monokultuur
         1.3.3       Gehoor-reseptore                     A: Stafies
                                                          B: Keëltjies
                                                                                      (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                            NW/September 2019
                                              NSS

1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig fases van meiose in ‘n sel.

                             DIAGRAM 1                              DIAGRAM 2

         1.4.1       Benoem die dele wat onderskeidelik deur B, C en D aangedui word.           (3)

         1.4.2       Identifiseer die fase voorgestel in:

                     (a)    DIAGRAM 1                                                           (1)

                     (b)    DIAGRAM 2                                                           (1)

         1.4.3       Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.2 (b).             (1)

         1.4.4       Watter bewys is daar dat oorkruising in hierdie sel plaasgevind het?       (1)

         1.4.5       Hoeveel chromosome sal die gamete wat uit die sel in DIAGRAM 2
                     gevorm word, hê?                                                           (1)

         1.4.6       Skryf slegs die LETTER van die struktuur in die sel wat verdeel neer,
                     wat elke chromosoom na die teenoorgestelde pole trek.                      (1)
                                                                                                (9)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           7                          NW/September 2019
                                              NSS

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n reaksie wat in die menslike liggaam
         plaasvind wanneer ‘n duimspyker geraak word.

         1.5.1       Watter proses word deur die diagram voorgestel?                          (1)

         1.5.2       Identifiseer neuron B.                                                   (1)

         1.5.3       Benoem die:

                     (a)   Mikroskopiese gaping wat omkring en A gemerk is                    (1)

                     (b)   TWEE tipes neurone teenwoordig by A                                (2)
                                                                                              (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         8                            NW/September 2019
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1     Die diagram hieronder toon ‘n spermsel.

                                                            A              B

         2.1.1       Gee die byskrif van deel A.                                              (1)

         2.1.2       Verduidelik TWEE wyses hoe die spermsel aangepas is om effektief
                     in die rigting van die Fallopiusbuise te kan beweeg.                     (4)

         2.1.3       Benoem deel B en verduidelik die gevolge op voortplanting indien ‘n
                     spermsel nie dit gehad het nie.                                          (4)
                                                                                              (9)

2.2      Tiroïed-versteurings word deur die abnormale sekresie van tiroksien
         veroorsaak.

         2.2.1       Watter hormoon in die menslike liggaam beheer die sekresie-vlakke
                     van tiroksien?                                                           (1)

         2.2.2       Beskryf die verband tussen tiroksien en die hormoon genoem in
                     VRAAG 2.2.1 indien die tiroksienkonsentrasie bo die normale vlak
                     styg.                                                                    (4)

         2.2.3       Verduidelik EEN effek van ‘n oorafskeiding van tiroksien op die
                     liggaamsmassa van ‘n persoon sonder ‘n verandering in sy/haar            (2)
                     dieet.                                                                   (7)

2.3      Verduidelik:

         2.3.1       TWEE maniere waarop die sekresie van adrenalien ‘n persoon in ‘n
                     gevaarlike situasie, sal bevoordeel                                      (4)

         2.3.2       Hoekom ‘n persoon op ‘n warm dag meer sweet                              (4)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          9                               NW/September 2019
                                             NSS

2.4      Lees die onderstaande uittreksel.

                            DIABETES – BEHANDELING EN BESTUUR

          Daar kom twee vorme van diabetes by mense voor, naamlik Tipe I en
          Tipe II.

          By Tipe 1 diabetes sien die liggaam se immuunstelsel die insulien-
          produserende selle in die pankreas verkeerdelik as vreemd en vernietig
          hulle.

          Mense met Tipe II diabetes is in staat om ‘n gedeelte van hul eie insulien
          te vervaardig. Dit is heel dikwels nie genoeg nie. Ooreet, veral van kosse
          wat baie suiker bevat, veroorsaak herhaaldelike stimulasie van die
          pankreas, wat reageer deur groot hoeveelhede insulien te sekreteer. Die
          oormaat insulien verminder die teikenselle se vermoë om op insulien te
          reageer. Behandeling fokus op dieet en oefening.
                                                            [Bron: www.diabetesresearch.org]

         2.4.1       Noem EEN liggaamsvloeistof wat gebruik kan word om vir die
                     teenwoordigheid van ‘n oormaat glukose in die liggaam te toets.              (1)

         2.4.2       Noem TWEE teikenselle in die menslike liggaam wat deur ‘n oormaat
                     insulien geaffekteer sal word.                                               (2)

         2.4.3       Verduidelik die gevolge vir Tipe I diabete indien die
                     immuunstelsel die selle wat insulien produseer, vernietig.                   (2)
                                                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         10                          NW/September 2019
                                            NSS

2.5      Die diagram hieronder toon ‘n gedeelte van die menslike oor.

         2.5.1 Benoem die dele aangedui deur C en D onderskeidelik.                       (2)

         2.5.2 Noem die reseptore wat in deel A voorkom.                                  (1)

         2.5.3 Verduidelik die gevolge op die menslike liggaam as:

                 (a)   Deel B beskadig is                                                 (2)

                 (b)   Deel D verhard                                                     (2)
                                                                                          (7)

2.6      Verduidelik die funksie van ELK van die volgende dele van die menslike oog
         wat bydra tot die beheer van die lig wat inkom.

         2.6.1 Lens                                                                          (2)

         2.6.2 Kornea                                                                        (2)
                                                                                             (4)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          11                              NW/September 2019
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Die graad 12-leerders het die effek van lig op die verspreiding van die
         hoeveelheid ouksiene in stingels ondersoek.

         Die diagram hieronder toon hoe die ondersoek uitgevoer was.

         Die volgende metode is gevolg:

        ·     10 Stingels is van jong plante verwyder en elkeen is op ‘n agarblok
              geplaas.
        ·     ‘n Tweede agarblok is op die kant van elke stingel, waar ‘n gedeelte van
              die weefsel weggesny is, geplaas.
        ·     Die helfte van die stingels is in die donker gesit en die ander helfte
              is aan ‘n ligbron van een kant af blootgestel.
        ·     Die monsters van die stingels wat op hierdie manier behandel is, is vir
               ‘n paar uur gelos.
        ·     Die ouksienkonsentrasie wat in die twee agarblokke van elke stingel
              versamel is, is gemeet en die gemiddelde is bereken.

                         Gesnyde
                         stingel                                     Ligbron vir die
                                                                     stingels wat
                         Agarblok                                    aan lig
                         op die kant                                 blootgestel is
                         van die
                         stingel

                       Agarblok aan
                       die basis van
                       die stingel

         3.1.1       Gee die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                   (1)

         3.1.2       Gee ‘n rede hoekom sommige stingels in die donker gehou en ander         (2)
                     aan ‘n ligbron blootgestel was.

         3.1.3       Noem:

                     (a) TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die resultate
                         verseker kan word.                                                   (2)

                     (b) DRIE maniere waarop die geldigheid van die resultate verseker
                         kan word.                                                            (3)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                12                          NW/September 2019
                                                   NSS

3.2      Die grafiek hieronder toon die resultate van die mate van konveksiteit van ‘n
         deelnemer se lens, gemeet oor ‘n sekere periode.

         Die deelnemer is gevra om gedurende die tyd aangedui, na ‘n voorwerp te
         kyk wat nader of verder van die deelnemer kon beweeg.

                 Mees                                                   E
                 konveks

                           Vorm van lens
                                                                  D

                                                       B      C
                                               A
                 Minste
                 konveks

                                           0       2       4      6     8
                                                       Tyd (sekondes)

         3.2.1       Noem die naam van die proses wat die vorm van die lens laat                 (1)
                     verander.

         3.2.2       Gee die LETTER op die grafiek van die periode in die ondersoek toe
                     die voorwerp:

                     (a) Die naaste aan die deelnemer was                                        (1)

                     (b) Na die deelnemer beweeg het                                             (1)

         3.2.3       Beskryf hoe ‘n duidelike beeld van die voorwerp gedurende periode C
                     op die grafiek, gehandhaaf word.                                            (4)
                                                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          13                               NW/September 2019
                                             NSS

3.3      Die tabel hieronder toon die gasse wat tot die Kweekhuis-effek bydra.

                 Kweekhuisgas                    Bydrae tot die Kweekhuis-effek
          Koolstofdioksied                                     53%
          Metaan (CH4)                                          B
          Stikstofoksied (N2O)                                 5%
          Osoon (O3)                                           13%
          CFK’s                                                12%
                                                      [Aangepas uit www.globalwarming.org]

         3.3.1       Bereken die waarde van B. Toon alle berekeninge.                           (2)

         3.3.2       Trek ‘n sirkelgrafiek van die gasse se bydrae tot die Kweekhuis-effek.     (6)
                                                                                                (8)

3.4      Verduidelik die betekenis van die volgende:

         3.4.1       Voedselsekerheid                                                           (2)

         3.4.2       Koolstofvoetspoor                                                          (2)
                                                                                                (4)

3.5      Ontbossing is die permanente verwydering van ‘n groot hoeveelheid bome.

         3.5.1       Gee TWEE redes vir ontbossing.                                             (2)

         3.5.2       Verduidelik TWEE gevolge van ontbossing vir ‘n ekostelsel.                 (4)
                                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       14                               NW/September 2019
                                          NSS

3.6      Lees die uittreksel hieronder oor die water-situasie in Suid-Afrika.

            Die hoeveelheid water op die aarde is konstant, maar dit is oneweredig oor
            die aarde versprei. Suid-Afrika ontvang ‘n jaarlikse reënval van 492 mm
            terwyl die jaarlikse reënval van die wêreld 1477 mm is.

            Wetenskaplikes voorspel dat Suid-Afrika baie natter en baie droër seisoene
            met aardverwarming sal ervaar, wat weer meer vloede en droogtes tot
            gevolg sal hê.

            Volgens die Departement van Water en Omgewingsake, sal die vraag na
            water in Suid-Afrika, die beskikbaarheid daarvan teen 2025 oorskry. ‘n
            Probleem wat ook tot hierdie aanvraag bydra, is die afname in
            waterkwaliteit. Een van die hoofoorsake hiervan is industrieë wat afval
            produseer wat die hoeveelheid voedingstowwe soos minerale wat in die
            water beland, beïnvloed.                              www.dwarf.gov.za

         3.6.1       Definieer aardverwarming.                                               (2)

         3.6.2       Beskryf die effek van ‘n toename in voedingstowwe op water as
                     gevolg van die afloop van kunsmis en plaagdoders. Noem ook die
                     naam van hierdie effek.                                                 (5)
                                                                                             (7)
                                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                     15                           NW/September 2019
                                        NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf oögenese en die rol van hormone gedurende die menstruele siklus indien
bevrugting plaasvind het.

                                                                       Inhoud:     (17)
                                                                        Sintese:    (3)
                                                                                   (20)

LET WEL:      GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme,
              diagramme of tabelle toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NW NSC PREP LEWENS V2 MEMO SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-prep-lewens-v2-memo-sept-2019/eeb7d818-6f8b-4a90-a10b-b4b329cb6c16) — Life Sciences · Memo · 2019
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-sept2019-english-final/65c17b10-5e45-4c78-a168-f144efce77db) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
