# Mathematical Literacy Grade 12 P2 North West Mock 2019 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-maths-literacy-p2-afr-sept-2019/9b3c83fc-a1f6-4a56-aca2-151fb7c0274e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 North West Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/nw-maths-literacy-p2-afr-sept-2019/9b3c83fc-a1f6-4a56-aca2-151fb7c0274e)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

                                   SEPTEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

      Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, 2 antwoordblaaie en ŉ addendum van 4 bladsye

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                          2                               NW/September 2019
                                                    NSS

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.      Gebruik die ADDENDUM as volg:

         Gebruik BYLAAG A vir Vraag 1.3
         Gebruik BYLAAG B vir Vraag 3.1
         Gebruik BYLAAG C vir Vraag 4.2

         Handig ANTWOORDBLAAIE vir Vrae 1.2 EN 3.3 saam met jou ANTWOORDBOEK in.

 3.      Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

 4.      Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.      Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders
         vermeld.

 6.      Toon ALLE bewerkings duidelik aan.

 7.      Rond ALLE finale antwoorde af binne die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

 8.      Dui eenhede van meting aan, waar van toepassing.

 9.      Kaarte en diagramme is NIE noodwendig op skaal geteken NIE, tensy anders vermeld.

 10.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                             3                                NW/September 2019
                                                       NSS

VRAAG 1

1.1     Pat en Muzi het besluit om ŉ parfuumgallery te begin. Hulle het ŉ winkel by Mokopane
        winkelsentrum gehuur en ŉ vaste bedrag van R12 000 vir elektrisiteit is jaarliks
        betaalbaar. Hulle koop parfuum in silinders aan en verpak die parfuum in 50 mℓ bottels
        wat tot en met 95% kapasiteit gevul word.

        ·   Maandelikse huurkoste is R3 800,00
        ·   Die leë bottels word verkoop in pakke van 100 teen R370,50 (doppies ingesluit).
        ·   Die jaarlikse huurkoste vir die etiketdrukker is R6 905,00 maar word maandeliks
            betaal.
        ·   Die koste van ŉ rol selfklevende papier etikette is R65,00 en bedek 50 bottels.

            LW: Alle pryse sluit BTW van 15% in.

        1.1.1    Bereken die werklike volume parfuum in ŉ 50 mℓ bottel.                              (2)

        1.1.2    Bereken hoeveel bottels met parfuum gevul kan word met een silinder van 50
                 liters?                                                                             (3)

        1.1.3    Bepaal die totale maandelikse vaste koste.                                          (2)

        1.1.4    Hoeveel rolle selfklevende papier etikette word benodig om 1 000 bottels te
                 bedek?                                                                              (2)

        1.1.5    Bereken die hoeveelheid BTW wat op die etiketdrukker gehef is.                      (4)

        1.1.6    Parfuum word verkoop in ŉ 50 ℓ silinder teen R58 000,00 en in ŉ 30 ℓ silinder
                 teen R35 250,00.

                 (a)     Watter een van die bogenoemde parfuum sal goedkoper wees om te
                         hervul?                                                                     (5)

                 (b)     Muzi het beweer dat dit hulle in die eerste maand minder as R70 000
                         sal kos om die eerste 1 000 bottels te verpak mits hulle die parfuum in
                         ŉ 50ℓ silinder aankoop. Verifieer sy bewering.                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                             4                               NW/September 2019
                                                       NSS

1.2     Pat en Muzi het na Polokwane verhuis waar hulle dit reggekry het om hul eie winkel
        te bou. Hulle het ŉ nuwe fabriek gevind wat parfuum in kleiner 10ℓ silinders teen
        R3 000,00 verkoop. Hulle het besluit om die kleiner silinders te koop en dit te
        herverpak in bottels. Hulle verkoop die parfuum in verpakkings van 100 bottels teen
        R4 700,00.

        1.2.1    Toon dat die verkoopsprys per eenheid parfuum R47,00 is.                           (2)

        1.2.2    Skryf ŉ vergelyking neer wat gebruik kan word om die inkomste uit die
                 verkope van parfuum te bereken, in die vorm:

                 Totale inkomste (in Rand) = …                                                      (2)

        1.2.3    Die grafiek wat die totale koste vir die aankoop van 900 bottels aantoon is op
                 ANTWOORDBLAD 1 geteken. Teken op dieselfde assestelsel die grafiek
                 wat die totale inkomste vir 900 bottels parfuum sal toon.                          (4)

        1.2.4    Gebruik die grafiek om die gelykbreekpunt in hierdie konteks te verduidelik
                 en skryf die hoeveelheid bottels en die totale inkomste van hierdie punt neer.     (4)

1.3     BYLAAG A toon twee tipes grafieke aan. Die sirkelgrafiek toon die persentasies van
        verskillende parfuum verkope vir Maart tot Mei aan. Die onvoltooide staafgrafiek
        toon SLEGS die hoeveelheid Fantasy parfume aan wat verkoop is in Maart en April.
        ŉ Totaal van 12 000 bottels parfuum was gedurende hierdie termyn verkoop.

        1.3.1    Bereken hoeveel bottels Fantasy parfume gedurende hierdie tydperk verkoop          (5)
                 was.

        1.3.2    Pat het beweer dat meer Fantasy parfuum in Mei as in Maart verkoop was.
                 Verifieer sy bewering.                                                             (3)
                                                                                                    [44]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                           5                                 NW/September 2019
                                                     NSS

VRAAG 2

2.1   Gladys stel daarin belang om ŉ Ford motor te koop. Sy het die volgende inligting gevind
      wat handel oor die hoeveelheid Ford motors wat in Amerika in 2017 en 2018 verkoop
      was. TABEL 1 hieronder toon die maandelikse verkope (in duisende) van Ford motors
      in 2017 en 2018.

                                      TOTALE AANTAL MOTORS VERKOOP
           MAAND VAN DIE
                                                (IN DUISENDE)
               JAAR
                                          2017                2018
                 Januarie                 163,8               154,7
                Februarie                 199,7                 P
                  Maart                   226,7               235,0
                  April                   205,0               196,1
                   Mei                    230,8               233,1
                  Junie                   218,7               221,1
                   Julie                  191,3               186,1
                Augustus                  201,2               209,5
                September                 213,4               189,2
                 Oktober                  191,5               185,0
                November                  201,9                 P
                Desember                    S                 209,2
                                                        [Aangepas vanuit fordauthority.com]

      2.1.1      Bereken die waarde van P indien die gemiddelde hoeveelheid motors verkoop
                 in 2018 gelyk aan 199,5 duisend is.                                       (5)

      2.1.2      (a)   Bereken die waarde van S, die maksimum waarde van die hoeveelheid
                       motors verkoop in 2017, indien die omvang 67,6 duisend is.                   (4)

                 (b)   Bereken die mediaan vir die hoeveelheid motors wat in 2017 verkoop
                       was.                                                                         (4)

                 (c)   Bepaal vervolgens, deur berekeninge, of die interkwartiel-omvang van
                       die motors wat in 2017 verkoop was, minder as of meer as 27 000 was.         (6)

      2.1.3      Die bemarkingsbestuurder het beweer dat gemiddeld die hoeveelheid motors
                 verkoop per maand in 2018 meer was as die hoeveelheid motors wat per
                 maand in 2017 verkoop was. Verifieer sy bewering.                                  (6)

      2.1.4      Watter maatstaf van sentrale neiging tussen die modus en die gemiddelde sal
                 dié data die beste verteenwoordig?                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                            6                               NW/September 2019
                                                      NSS

 2.2   Die grafiek hieronder toon die inflasie in geselekteerde voedsel en drankies vanaf
       Februarie 2018 tot Februarie 2019.
       Bestudeer hierdie grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                      VOEDSELINFLASIE VANAF FEBRUARIE 2018 TOT
                                  FEBRUARIE 2019
                     SLEGS VOEDSEL

                  BROOD EN GRAAN
                     PRODUKTE

                          VLEIS

                              VIS

               MELK, KAAS EN EIERS

                     OLIE EN VETTE

                         VRUGTE

                        GROENTE

       2.2.1     Die prys van brood in Februarie 2019 was R13,99. Bepaal wat die prys
                 van brood in Februarie 2018 was.
                                                                                             (5)

       2.2.2     Verduidelik wat -0,5% op die grafiek in hierdie konteks beteken.            (2)

                                                                                             [34]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                             7                                NW/September 2019
                                                       NSS

VRAAG 3

3.1      Studente van die Universiteit van Limpopo gaan op ŉ reis vanaf Polokwane na
         Middelburg vir indiensopleiding. Hulle het ŉ bus van Mayi se Luukse
         Busmaatskappy gehuur. Professor Du Toit en Dr Nkomo is die akademiese
         organiseerders van hierdie indiensopleiding.

         Bestudeer die kaart op BYLAAG B en beantwoord die volgende vrae.

         3.1.1   Wat is die algemene rigting van Middelburg vanaf Polokwane?                         (2)

         3.1.2   Verskaf gedetaileerde aanwysings wat hulle sal gebruik om vanaf Polokwane
                 na Middelburg te reis indien hulle die Nasionale paaie gebruik.                     (5)

         3.1.3   Gee EEN voordeel daarvan om nasionale paaie te gebruik.                             (2)

         3.1.4   Gebruik die staafskaal op die kaart om die werklike afstand (soos die kraai
                 vlieg) wat hulle vanaf Polokwane na Middelburg gereis het, te bereken.

                 Skryf jou antwoord in myl. Gebruik 1 myl = 1,61 km.                                 (7)

         3.1.5   Die bus het teen ŉ gemiddelde spoed van 120 km/h gereis en hulle het twee
                 keer, vir 20 minute per keer, gestop. Zinzi het beweer dat dit hulle 3 ure en 47
                 minute sal neem om Middelburg te bereik. Verifieer haar bewering.

                 Jy mag die volgende formule gebruik: Afstand = Gemiddelde spoed × Tyd               (6)

3.2      Mr Mayi is gereeld in Liberië. Hy deponeer 65% van sy inkomste in sy vrou se
         bankrekening. Die maatskappy het hom R13 500,00 betaal.

         3.2.1   Hoekom dink jy hou Mr Mayi 35% van sy inkomste, behalwe om in sy
                 basiese behoeftes te voorsien?                                                      (2)

         3.2.2   Hoeveel Liberiese dollars (LRD) het hy in sy vrou se rekening gedeponeer,
                 indien 1LRD = 0,091 Rand is?                                                        (4)

3.3      Die bus het in Groblersdal vir middagete gestop en die volgende spyskaart was
         bedien. Die studente moes een item vanuit elke kategorie kies.

         Kategorie 1      Stysel     Dumpling (D)         Rys (R)
         Kategorie 2      Slaai      Tunaslaai (T)        Aartappelslaai (A)
         Kategorie 3      Vleis      Beesbredie (B)       Skaapbredie (S)

         3.3.1   Voltooi die boomdiagram op ANTWOORDBLAD 2 wat al die moontlike
                 uitkomste vir hierdie gebeurtenis sal toon.                                         (3)

         3.3.2   Bepaal vervolgens, die waarskynlikheid daarvan om ŉ maaltyd met beesvleis
                 te kies.                                                                            (2)
                                                                                                     [33]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                             8                                NW/September 2019
                                                       NSS

VRAAG 4

4.1      Pieter, die verkoopsbestuurder van HGM, en sy span het strategieë bespreek om hul
         parfuumverkope te verbeter. Hulle beplan om vier verskillende strategieë te gebruik.

         4.1.1   Die eerste strategie is om hul parfuum in ŉ reghoekige bottel en ŉ silindriese
                 bottel te verpak. Hulle het besluit om die bottels verskillend te prys. Die
                 bottels sal tot en met 95% kapasiteit gevul word.

                 Die prentjies hieronder toon die bottels en die dimensies van die bottels aan.

                              Silindriese-vorm                 Reghoekige-vorm

                              Deursnee = 6 cm                  Lengte = 5 cm
                                                               Breedte = 2 cm
                              Hoogte = 1,6 cm
                                                               Hoogte = 45 mm

                     (a)      Hoekom is die parfuum bottel nie tot en met 100% kapasitiet
                              gevul nie?                                                             (2)

                     (b)      Toon, sonder enige berekeninge, watter bottel hoër geprys moet (2)
                              word. Gee ŉ rede vir jou antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                                9                                NW/September 2019
                                                          NSS

                      (c)      Gebruik berekeninge om te bewys dat indien die volume van die
                               bottels tot die naaste heelgetal afgerond word, die kapasiteit van
                               die bottels dieselfde sal wees. Skryf jou antwoord in kubieke
                               sentimeters.

                               Die volgende formules mag gebruik word:

                               Volume van ŉ reghoekige bottel = ℓ×             ×

                               Volume van ŉ silindriese bottel =     ×               ×

                               Die waarde van     =   ,                                                 (8)

         4.1.2   Die tweede strategie wat hulle bespreek het was om gratis badsout aan kliënte
                 wie R500,00 of meer spandeer, te gee. Elke bottel met badsout sal gevul word
                 deur gebruik te maak van drie maatsilinders van gelyke dimensies, soos
                 hieronder aangetoon.

                              3 MAATSILINDERS                    BOTTEL MET BADSOUT

                      Radius = 2,5 cm
                      Hoogte = 10 cm

                     LW.: 1 g = 1 cm3 = 1 ml

                     Die bottel met badsout het ŉ kapasiteit van 600 g.
                     Toon, deur berekeninge, dat die korrels badsout van die drie maatsilinders
                     in die bottels sal pas.

                     Jy mag die volgende formule gebruik:

                     Volume van ŉ silindriese bottel =      ×(           ) ×        e

                     Die waarde van     =   ,
                                                                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                               10                    NW/September 2019
                                                          NSS

4.1.3       Die derde strategie was om verskillende tipe parfuum met verskillende verhoudings
            te verkoop. Sien verhouding hieronder.

            Parfuum: olie: alkohol

                                                 Verhouding
                    Tipe Parfuum            parfuum: olie: alkohol
             EDT                                   5 : 90 : 5
             EDP                                   12 : 85 : 3

            Die bestuurder beweer dat die verskil in die hoeveelheid olie (afgerond tot die naaste
            eenheid) tussen die twee tipes parfuum in ŉ 45 mℓ bottel, 3 mℓ is. Verifieer sy
            bewering deur berekeninge te toon.                                                        (6)

4.1.4        Die laaste strategie is om maandelikse kompetisies te hou waar klieënte pryse kan
             wen. Die pryse is agter die letters van die woord “CONCENTRATION” versteek.
             Die verkose letter word nie weer teruggeplaas nadat dit gekies was nie.

             Die eerste klieënt het willekeurig die letter “R” gekies.
                                                                                                      (3)
             Bepaal die waarskynlikheid daarvan dat die tweede letter wat gekies sal word
             ŉ “C” sal wees. Skryf jou finale antwoord as ŉ desimale breuk.

4.2     Paul is 52 jaar oud en werk vir ŉ maatskappy wat navorsing doen. Hy verdien ŉ
        jaarlikse inkomste van R338 000 vir die 2018/2019 belastingjaar.

        ·       Hy dra 7,5% van sy basiese salaris tot ŉ pensioen fonds by.
        ·       Hy skenk ook R46 800 per jaar aan ŉ geregistreerde welsynorganisasie. Hierdie
                donasie is belastingaftrekbaar.
        ·       Hy dra maandeliks R4 550 tot sy mediese fonds by vir himself en sy 2 kinders.

        ·    BYLAAG C is ŉ belastingtabel vir individue vir die belastingjaar: Maart 2018 –
             Februarie 2019

        Gebruik BYLAAG C om die volgende vrae te beantwoord.

        4.2.1       Toon, deur berekeninge, dat sy belasbare inkomste R267 800,00 is.                 (5)

        4.2.2       Bepaal sy jaarlikse mediese fonds krediete.                                       (3)

        4.2.3       Bereken vervolgens, sy jaarlikse belasting betaalbaar.                            (5)
                                                                                                      [39]

                                                                                        TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2                       11               NW/September 2019
                                                  NSS

ANTWOORDBLAD 1: VRAAG 1.2

NAAM: ___________________________________________         GRAAD 12: ______

                              INKOMSTE EN UITGAWE GRAFIEKE
                 40000

                 35000

                 30000

                 25000

 KOSTE IN RAND
                 20000

                 15000

                 10000

                 5000

                    0
                         0       200       400      600      800               1000

                                       HOEVEELHEID PARFUUM

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2               12              NW/September 2019
                                          NSS

ANTWOORDBLAD 2: VRAAG 3.3

NAAM: ___________________________________________   GRAAD 12: ______

                              D

                 Maaltyd

                                  R

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW Maths Literacy P1 Afr SEPTEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-maths-literacy-p1-afr-september-2019/d2c13eec-f359-4b2b-9809-c7ad3d265c51) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Maths Lit P2 Add June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-june-2019-eng/5404fecd-2d30-4e57-a654-c4ffd95e7c39) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [Maths Lit P2 QP June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-june-2019-eng/87c7b3fa-15ca-4b03-8746-1535931645d9) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [NW Maths Literacy P1 Memo Eng SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-maths-literacy-p1-memo-eng-sept-2019/4f7be8fe-0cbf-46ce-b229-bc2928395b3f) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
