# Accounting Grade 10 P2 North West November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p2-afr-vraestel-nov-2019/d07c6a26-703e-409d-af32-25063cf4f9e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 North West November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p2-afr-vraestel-nov-2019/d07c6a26-703e-409d-af32-25063cf4f9e1)

## About this document

Accounting · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 10

                           REKENINGKUNDE V2

                              NOVEMBER 2019

                              NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 ure

      Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, 1 inligtingsblad en ‘n 9 bladsy
                                antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                           2                       NW/November 2019
                                     NSS – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1.   Beantwoord AL die vrae.
2.   ‘n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.
3.   'n FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel voorsien. Jy
     kan dit gebruik soos benodig.
4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5.   Jy mag ‘n nie-progammeerbare sakrekenaar gebruik.
6.   Jy mag ‘n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord.
7.   ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.
8.   Skryf netjies en leesbaar.
9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ‘n riglyn wanneer jy die
     vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                           VRAAG 1: 10 punte; 10 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
BTW en Etiek                       BTW konsepte
                                   Etiek

                           VRAAG 2: 45 punte; 35 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                   Debiteureversoening
Debiteureversoening
                                   Interne beheer

                           VRAAG 3: 20 punte; 15 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                   Vastebateregister
Vaste bates
                                   Interne beheer

                           VRAAG 4: 30 punte; 25 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
Voorraad                           Voorraad en Interne beheer

                           VRAAG 5: 45 punte; 35 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
Vervaardiging en Begroting          Konsepte en berekeninge

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                          3                         NW/November 2019
                                    NSS – Graad 10

VRAAG 1:       BTW EN ETIEK                            (10 punte; 10 minute)

1.1   BTW

      Kies die woord/frase uit die gegewe lys om die stellings te voltooi. Skryf
      slegs die woord/frase langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.6) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      R500 000;    direkte;  uitset;  0%;    indirekte;         14%;         SAID;
      nulkoers; inset; vrygestel; R1 000 000; 15%

       1.1.1    BTW is ‘n … stelsel van belasting.

       1.1.2    In Suid Afrika is die standaardkoers vir BTW huidiglik … .

       1.1.3    BTW betaalbaar op verkope word genoem BTW … .

       1.1.4    Bruin brood is ‘n voorbeeld van ‘n item wat … is.

       1.1.5    Items waarop BTW huidiglik nie belas word nie, staan bekend
                as … items.

       1.1.6    ‘n Besigheid met ‘n omset van … of meer per jaar moet
                registreer as ‘n BTW verkoper.

                                                                                      (6)

1.2   Etiek

      Mgluwa Handelaars het goedere met ‘n markwaarde van R18 000 van
      Ceta Verskaffers bestel. Die verkoopsdirekteur van Ceta Suppliers,
      Peter Slow, het aangebied om hierdie goedere aan Mgluwa Handelaars
      te verkoop vir R8 000 met die voorwaarde dat hulle nie ‘n faktuur uitreik
      nie. Lewer kommentaar op hierdie voorstel. Verskaf TWEE punte.            (4)

                                                                                       10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                          4                      NW/November 2019
                                    NSS – Graad 10

VRAAG 2:      VERSOENING                                       (45 punte; 35 minute)

Die inligting hieronder het betrekking op Sunshine Handelaars vir September 2019.

GEVRA:

2.1 Stel ‘n korrekte Debiteurekontrolerekening vir September 2019 op deur
    van die foute en weglatings in ag te neem. Balanseer die rekening.    (20)

2.2 Stel ‘n korrekte lys van Debiteure op vir 30 September 2019.                  (21)

2.3 Bespreek TWEE strategieë wat geïmplementeer kan word om debiteure
    aan te moedig om hul rekeninge op tyd te vereffen.                (4)

     Nota: Toon alle berekeninge in hakies.

INLIGTING:

             ALGEMENE GROOTBOEK VAN SUNSHINE HANDELAARS

Dt                              DEBITEUREKONTROLE                                   Kt
2019    01    Saldo        a/b    21 370 2019   30   Bank en korting     KOJ    24 380
Sep                                      Sep         toegestaan
        30    Verkope      DJ     31 920             Joernaal krediete    AJ        580
              Debiteure-   DAJ       980             Bank (V/T)          KBJ        600
              afslag
              Joernaal     AJ       820              Saldo               o/d    29 530
              debiete
                                  55 090                                        55 090
2019    01    Saldo        a/b    29 530
 Okt

Nota: Die boekhouer het sekere oorboekingsfoute gemaak na die Debiteurekontrole
      rekening.

Lys van debiteure op 30 September 2019

DEBITEURE                                                    Debiet        Krediet
S. Taylor                                                        6 500
P. Africa                                                        7 480
G. Kruger                                                        5 340
M. Ahmed                                                         1 890
R. Dioka                                                         6 760
P. Hlapa                                                                           800
T. Makobo                                                        1 800
                                                                29 770             800

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                         5                      NW/November 2019
                                   NSS – Graad 10

Foute en weglatings

A.   Die saldo van die Debiteurekontrolerekening op 1 September 2019 is
     foutief. Die lys van Debiteure toon ‘n kredietsaldo van R530, wat nie in
     berekening gebring is toe die opening saldo bereken is nie.

B.   ‘n Kwitansie uitgereik aan M. Ahmed vir R980 vir kontant ontvang was
     korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal, maar is na haar rekening as
     R890 oorgeboek.

C. Die totaal van die Debiteure-afslagkolom in die Debiteure-afslagjoernaal
   was onderbereken met R160.

D. ‘n Inskrywing in verband met goedere teruggestuur deur T. Makobo met
   ‘n waarde van R300 was korrek geboekstaaf in die debiteure-
   afslagjoernaal, maar oorgeboek na die verkeerde kant van T. Makobo se
   rekening.

E.   Die Debiteuregrootboek toon ‘n kredietsaldo in die rekening van
     P. Hlapa, die bedrag moet oorgedra word na die Krediteuregrootboek.

F.   Op 28 September 2019 is R120 posgeld betaal uit die kleinkas namens
     ‘n debiteur G. Kruger. Geen inskrywing is in die boeke gedoen nie.

G. P. Africa het R3 800 betaal op haar rekening nadat sy 5% korting
   ontvang het. Die betaling en korting is korrek geboekstaaf in die
   hulpboek maar die korting is nie oorgeboek na haar rekening nie. (Rond
   antwoord af tot naaste rand).

                                                                                  45

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                          6                      NW/November 2019
                                    NSS – Graad 10

VRAAG 3:      VASTE BATES                                       (20 punte; 15 minute)

Die inligting het betrekking op Manuel Handelaars vir die finansiële jaar wat op
28 Februarie 2019 geëindig het.

GEVRA:

3.1 Bereken die waardevermindering op toerusting vir die jaar geëindig
    28 Februarie 2019.                                                             (5)

3.2 Bereken die drawaarde (boekwaarde) van toerusting op 28 Februarie
    2019.                                                             (4)

3.3 Jy word voorsien van 'n bladsy uit die Vastebateregister vir 'n voertuig-
    item (‘n Pick-up-Loader) in jou ANTWOORDEBOEK. Voltooi die
    bateregister.                                                             (5)

3.4 Gee EEN rede waarom ‘n vastebateregister 'n nuttige beheerinstrument
    vir vaste bates is.                                                  (2)

3.5 Nadat die finansiële state opgestel is, is daar gevind dat brandstof
    uitgawes met 80% verhoog het vanaf die vorige jaar. Die bestuurder wat
    aflewerings doen, neem die voertuig huistoe na werk. Noem TWEE
    interne kontrole maatreëls wat die eienaar in plek kan stel om die
    misbruik van die voertuig deur die drywer te verminder.                (4)

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2019:
      Balansstaatrekeninge-afdeling                    Debiet Krediet
      Grond en Geboue                                  150 700
      Voertuie (kosprys)                               150 000
      Toerusting (kosprys)                              33 000
      Opgehoopte waardevermindering op voertuie                  26 400
      (1/3/2018)
      Opgehoopte waardevermindering op toerusting                12 500
      (1/3/2018)

B.   Aansuiwerings en additionele inligting:

     Waardevermindering vir die jaar is soos volg:

           Voertuie teen 20% per jaar op die verminderde saldo metode.

           Toerusting teen 10% per jaar op kosprys.

           Die eienaar het op 1 September 2018 toerusting ter waarde van
            R14 000 as kapitaal bygedra en korrek op hierdie datum in die
            boeke ingeskryf.
                                                                                    20
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                         7                     NW/November 2019
                                   NSS – Graad 10

VRAAG 4:      VOORRAAD                                       (30 punte; 25 minute)

Die inligting hieronder het betrekking op Booma Handelaars vir Maart 2019. Hulle
gebruik die deurlopende voorraadstelsel om handelsvoorraad op te teken en te
bestuur. Booma Handelaars handhaaf ‘n winsopslag van 40%.

GEVRA:

4.1 Gebruik die volgende inligting en stel die Handelsvoorraadrekening op.
    Balanseer die rekening. (Rond bedrae af tot die naaste rand.)          (24)

4.2 Beantwoord die volgende vrae:

      4.2.1 Na ‘n fisiese voorraadopname op 31 Maart 2019, is die
            werklike waarde van die handelsvoorraad voorhande R1 400
            minder as die saldo wat jy bereken het van die
            Handelsvoorraadrekening. Stel TWEE moontlike redes voor
            waarom hierdie bedrae van mekaar verskil.                            (4)
      4.2.2 Die besigheid koop meer op kontant as op krediet aan. Bewys
            hierdie stelling deur bedrae (syfers) aan te haal om jou
            antwoord te staaf.                                                   (2)

INLIGTING:

A.   Die totale voorraad in die stoorkamer het ‘n waarde van R4 500 op
     1 Maart 2019.

B.   Totale kontantverkope vir Maart beloop R1 260.

C. Totale kredietverkope vir Maart beloop R840.

D. Totale kontantaankope van handelsvoorraad is R5 000.

E.   Totale kredietaankope van handelsvoorraad is R1 400.

F.   Totale debietnotas uitgereik vir handelsvoorraad teruggestuur gedurende
     Maart beloop R1 000.

G. Die eienaar neem handelsvoorraad ter waarde van R2 000 vir eie
   gebruik.
                                                                                   30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              8                    NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

VRAAG 5:      VERVAARDIGING EN BEGROTING                         (45 punte; 35 minute)

5.1    VERVAARDIGING

        5.1.1 Kies die regte term in die hakie. Skryf slegs die term langs die
              vraagnommer (5.1.1–5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               (a) Direkte arbeid en direkte materiaal wat in ‘n fabriek gebruik
                   word is die totale (bo-/primêre) koste.

               (b) Die salaris van die fabriekskoonmaker is (direkte/indirekte)
                   arbeidskoste.

               (c) Huur van ‘n gebou word as ‘n (vaste/veranderlike) koste
                   beskou.                                                         (3)

        5.1.2 Dan Malgas vervaardig en verkoop vlieërs aan kinders. Die
              verkoopprys per vlieër is R155. Hieronder is ‘n opsomming van
              al sy kostes vir Oktober 2019. Hy vervaardig 2 500 vlieërs
              gedurende Oktober.

               GEVRA:

               Bereken die volgende:

               (i) Direkte materiaalkoste per vlieër.
                                                                                   (4)
               (ii) Totale fabrieksbokoste vir Oktober 2019.
                                                                                   (5)
               (iii) Totale produksiekoste vir Oktober 2019 indien 2 500
                     vlieërs vervaardig word.
                                                                                   (7)
               iv) Eenheidskoste per vlieër.
                                                                                   (3)
               (v) Wat is die persentasie wins wat Dan ontvang per vlieër
                   gedurende Oktober 2019 as die vlieërs teen R155 elk
                   verkoop word?

               (vi) Verduidelik die verskil tussen vaste- en veranderlikekoste.    (4)

               INLIGTING                                                           (4)

                   Koste per vlieër
                   Materiaal per vlieër                                    R25
                   Hout per vlieër                                          R5
                   Tou per vlieër                                           R5
                   Lone om een vlieër te voltooi                           R50
                   Koste vir die maand
                   Salaris van fabriekvoorman                          R5 000
                   Huur van fabriek                                    R8 000
                   Water en elektrisiteit van die fabriek              R2 500
                   Indirekte materiaalkoste                             R500
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                          9                     NW/November 2019
                                    NSS – Graad 10

5.2    BEGROTINGS

       Verwys na die inligting met betrekking tot Mbolweni Handelaars se
       begroting en beantwoord die vrae wat volg.

           Kontantbegroting van Mbolweni Handelaars vir Januarie tot
                                 March 2020
        KONTANT ONTVANGSTE         JANUARIE FEBRUARIE MAART
        Kontantverkope                 42 000         56 000    63 000
        Kontant van debiteure          25 200         21 600    45 800
        Kapitalebydrae                                          20 000
        TOTALE ONTVANGSTES             67 200         77 600 128 800
        KONTANT BETALINGS
        Kontantaankope van              3 000          4 000     4 500
        voorraad
        Betalings aan krediteure       34 155         32 040    37 733
        Onttrekkings                    4 500          4 500     4 500
        Paaiement op lening                                     10 000
        Rente op lening                 1 600          1 600     1 600
        Advertensie                       600            800       900
        Salarisse en lone               2 000          2 000     2 160
        TOTALE BETALINGS               45 855         44 940    61 393
        Kontant oorskot/(tekort)       21 345         32 660         ?
        Bank beginsaldo                 8 400         29 745    62 405
        Bank eindsaldo                 29 745         62 405         ?

       GEVRA:

        5.2.1 Wat is die doel met die opstel van ‘n kontantbegroting?            (2)

        5.2.2 Noem TWEE items wat nie in ‘n kontantbegroting sal veskyn
              nie.                                                      (2)

        5.2.3 Indien kontantverkope 60% van die totale verkope is, bereken
              die totale verkope vir Januarie.                             (5)

        5.2.4 Bereken die kontant oorskot/(tekort) vir Maart.                    (3)

        5.2.5 Bereken die banksaldo aan die einde van Maart.                     (3)

                                                                                   45

                                                                        TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                          10                     NW/November 2019
                                    NSS – Graad 10

FORMULEBLAD GRAAD 10

     Bruto wins 100               Bruto wins       100         Netto wins 100
               ×                                 ×                       ×
      Verkope    1             Koste van Verkope    1           Verkope    1

       Bedryfsuitgawes 100                           Bedryfswins 100
                      ×                                         ×
          Verkope       1                              Verkope    1

    Bedryfbates : Bedryfslaste            (Bedryf bates – Voorraad) : Bedryfslaste

          Netto wins     100
                       ×
        Eienaarsbelang    1                      Totale Bates : Totale Laste

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 ACC P2 AFR ANTW NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p2-afr-antw-nov-2019/f0870d04-c888-4c41-9fc2-cb970d5185a5) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [NW GR 10 ACC P2 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-acc-p2-eng-memo-nov-2019/46918b6c-d54f-46fc-ab22-6836417f701d) — Accounting · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 ACC P2 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-acc-p2-afr-memo-nov-2019/aedaf31d-8c3c-4c9e-a780-b9d0829858a5) — Accounting · Memo · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 ACC P1 ENG Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p1-eng-nov-2019/86646f19-be15-4f4f-8ae6-7106637f148b) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 ACC P1 AFR Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-acc-p1-afr-nov-2019/574600ef-4b75-4bcd-b056-680b624df038) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR10 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-qp-nov-2019-eng-d/f4c7c6fa-cb64-4e38-8fdf-32f265f04c80) — Accounting · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Accounting P1 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-1/3312807c-6e7e-4245-94b1-2ab99c2d85b9) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-2/5e4e6d3c-6636-4866-91a5-260e70a7da2d) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2/3383a451-2987-495f-a231-c33f8e26ed72) — Memo · 2026 · Eng
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
