# Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-agric-sc-p2-afr-nov-2019/3e78f03c-4ebf-4c63-bf83-9a40ba4f4ce1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-agric-sc-p2-afr-nov-2019/3e78f03c-4ebf-4c63-bf83-9a40ba4f4ce1)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        PROVINSIALE ASSESSRING

                                    GRAAD 10

                        LANDBOUWETENSKAPPE V2
                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        2                         NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

       INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon alle berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

AFDELING A
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            3                         NW/November 2019
                                          NSS – Graad 10

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        Gravitasie water is ‘n ander naam vir … water.

                      A   retensie
                      B   kapillêre
                      C   vry
                      D   higroskopiese

         1.1.2        ‘n Orgaan verwys na:

                      A   ‘n Groep van dele wat dieselfde funksies verrig
                      B   Dele van die liggaam wat ‘n spesifieke funksie verrig
                      C   Die wyse waarop dele van die liggaam hul funksie verrig
                      D   Die vervoerstelsel in ‘n organisme se liggaam

         1.1.3        Oesgewasse word ook kontantgewasse genoem omdat …

                      A   boere geld aan hul produksie spandeer.
                      B   boere moet meer aan plaaswerkers betaal.
                      C   hulle is maklik om te verkoop.
                      D   hulle genereer ‘n jaarlikse inkomste aan die boer.

         1.1.4        EEN van die volgende is NIE ‘n primêre landbou hulpbron nie:

                      A   Arbeid
                      B   Grond
                      C   Land
                      D   Water

         1.1.5        … vorm deel van die grond komponente.

                      A   Klip deeltjies en lug
                      B   Water en organiese materiaal
                      C   Minerale deeltjies en lewende organismes
                      D   Al die bogenoemde

         1.1.6        Die stellings hieronder is van toepassing op die belangrikheid van
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                     4               NW/November 2019
                                                   NSS – Graad 10

                      verwering in die natuur:

                     (i)      Verwering skep nuwe komponente deur chemiese verandering
                     (ii)     Verwering lei tot die vorming van grond
                     (iii)    Help met die absorpsie van water
                     (iv)     ‘n Versameling gesteentes dra by tot grond vrugbaarheid

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A      (i), (ii) en (iii)
                      B      (ii), (iii) en (iv)
                      C      (i), (ii) en (iv)
                      D      (i), (iii) en (iv)

         1.1.7        … produseer proteïn vir selle.

                      A      Ribosome
                      B      Mitochondria
                      C      Lisosome
                      D      Vakuole

         1.1.8        Volhoubare landbou verseker dat:

                      A      Plaaswerkers goed betaal word
                      B      Nie-hernubare hulpbronne doeltreffend gebruik word
                      C      Boere produseer gewasse wat die meeste benodig word
                      D      Koöperasies vra boere nie buitensporige pryse nie

         1.1.9        ‘n Bosbougewas verwys na ‘n boom wat geproduseer, word vir:

                      A      Dierevoer
                      B      Die estetiese waarde
                      C      Die produksie van olie
                      D      Die produksie van hout

         1.1.10       Die hoofbron van water vir plante wat nie besproei word nie:

                      A      Mere
                      B      Riviere
                      C      Reënval
                      D      Ondergrondse spruite                                (10 x 2)        (20)

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         5                          NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

         slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                      KOLOM A                                      KOLOM B
1.2.1   Waar die boonste lagie grond teen ‘n helling       A Waterversadiging
        verwyder word
                                                           B Selmembraan
1.2.2   Plek waar belangrike chemiese bestanddele in
        plantselle vervaardiging en geberg word            C Tropiese vrugte

1.2.3   Oorleef in ‘n matige klimaat met warm somers       D Opperevlak-erosie
        en koue winters
                                                           E Aflooperosie
1.2.4   Die grond is versadig met water wat die lug
        uitdryf                                            F Plastiede

1.2.5   Hou selle bymekaar en gee dit vorm                 G Selwand

                                                           H Sagtevrugte

                                                           I     Grondkompaksie

                                                           J Sitoplasma

                                                                                   (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die eerste stadium van selverdeling tydens mitose en meiose waar
                      die nukleolus verdwyn

         1.3.2        Die mineraal wat in sedimentêre gesteentes voorkom en uit
                      kalsium en magnesium karbonate bestaan

         1.3.3        Die basiese onafhanklik funksionerende eenheid van alle plant en
                      diereweefsel

         1.3.4        Grasse wat vir hul sade verbou en aangewend word as voedsel vir
                      mens en dier

         1.3.5        ‘n Maatstaf van die soutinhoud van water

                                                                                   (5 x 2)       (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          6                           NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Splyting verwys na die glans van ‘n mireraal as dit aan lig
                      bloodgestel word.

         1.4.2        Die faktor wat bepaal watter gewas in ‘n spesifieke gebied sal
                      groei, verwys na die wins.

         1.4.3        Munisipaliteite bou strome om die water uit riviere op te vang en te
                      stoor.

         1.4.4        Leukoplaste is plekke van fotosintese in plante vir die absorbsie
                      van energie vanaf die son.

         1.4.5        Die vrystelling van skadelike bestanddele en materiale in die
                      atmosfeer, staan bekend as podsolisasie.               (5 x 1)               (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                45

AFDELING B

VRAAG 2: OPTIMALE HULPBRON BENUTTING

Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.

2.1       Baie huiseienaars installeer songedrewe stelsels om hul afhanklikheid van
          Eskom te verminder, elektrisiteitsrekeninge te verlaag en hul huise meer
          omgewings vriendelik te maak.
          ‘n Battery stelsel voorsien noodkrag in die geval van beurtkrag of
          kragonderbrekings.

         2.1.1        Definieer die konsep sonkrag.                                                (2)

         2.1.2        Toon aan met ‘n rede of sonkrag ‘n hernubare of nie-hernubare
                      hulbron is nie.                                                              (2)

         2.1.3        Identifiseer, vanuit die gedeelte hierbo, TWEE redes waarom
                      huiseienaars sonkrag stelsels in hul huise installeer.                       (2)

         2.1.4        Gee die voordeel van ‘n battery stelsel vir huiseienaars.                    (1)

2.2         Stedelik afval; Lewendehawe afval; Stortingsterreine; Kunsmis afloop;
            Besoedeling deur myne; Industriële afval; Toediening van plaagdoders;
                                      Septiesetenk;

         2.2.1        Identifiseer, vanuit die blokkie hierbo, DRIE landboukundige
                      praktyke wat aanleiding gee tot waterbesoedeling.                            (3)

         2.2.2        Gee TWEE maatstawwe wat toegepas kan word om die
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           7                           NW/November 2019
                                         NSS – Graad 10

                      besoedeling van water deur sediment te beheer.                               (2)

          2.2.3       Definieer die konsep waterkwaliteit.                                         (2)

          2.2.4       Verduidelik die rol van reën in die besoedeling van riviere.                 (2)

2.3       Die tabel hieronder toon die verbruik van bees- en hoendervleis in Suid Afrika
          per persoon vir 2014 tot 2018 aan.

                                             VERBRUIK (kg/jaar)
TIPE VLEIS
                     2014            2015            2016            2017            2018
Bees                  20              15              15              25              20
Hoender               40              45              40              50              45

          2.3.1       Bereken die gemiddelde beesvleis verbruik per persoon tussen
                      2014 en 2018.
                      Toon ALLE berekeninge.                                                       (3)

          2.3.2       Stel, volgens die tabel hierbo, ‘n rede voor waarom daar meer
                      hoendevleis in Suid Afrika verbruik word.                                    (1)

          2.3.3       Teken ‘n gekombineerde staafgrafiek van die verbruik van bees-
                      en hoendervleis per persoon in Suid Afrika vir 2014 tot 2018.                (6)

2.4       Die diagramme hieronder illustreer gronddigtheid.

                      Los grond                           Gekompakteerde grond

          2.4.1       Verduidelik die konsep gekompakteerde grond.                                 (2)

          2.4.2       Lewer kommentaar in terme van TWEE voordele van los
                      gronddeeltjies  vir plantegroei teenoor gekompakteerde
                      gronddeeltjies.                                                              (2)

          2.4.3       Lys TWEE oorsake van grondkompaktering.                                      (2)

          2.4.4       Stel DRIE maatstawwe voor om grondkompaksie te verminder.                    (3)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         8                         NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

VRAAG 3: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.

3.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die komponente van grond.

                                            5% Organiese materiaal

                                    25%
                                    Water

                                                          45%
                                  Water
                                                        Minerale
                                                        deeltjies

                                     25%                Water
                                     Lug

                                   Water

         3.1.1        Gee ‘n rede waarom die minerale deeltjies die grootste gedeelte
                      van grond vorm.                                                             (1)

         3.1.2        Noem die TWEE hoof tipes minerale waarvan minerale deeltjies
                      gevorm word.                                                                (2)

         3.1.3        Onderskei tussen higroskopiese vog en kappilêre vog.                        (4)

         3.1.4        Verskaf EEN voorbeeld vir elk van die volgende:

                      (a)   Makro-organismes                                                      (1)

                      (b)   Mikro-organismes                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          9                           NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

 3.2     Die diagram hieronder stel die gesteente siklus voor.

                                                                           Magma

                                        Vulkaniese uitbarsting          Water

                                        Water

                     Sediment

                     Water

                                          Sedimentêre gesteentes

         3.2.1        Identifiseer, vanuit die diagram hierbo, gesteente tipe A en B.              (2)

         3.2.2        Beskryf hoe sedimentêre gesteentes gevorm word.                              (2)

         3.2.3        Lys DRIE voorbeelde van sedimentêre gesteentes.                              (3)

         3.2.4        Verduidelik die konsep magma.                                                (2)

 3.3     Die volgende is eienskappe of agente van verwering.

            Afwisselende verwarming en verkoeling wat gesteentes laat kraak
            Silikate reageer met water en vorm ‘n nuwe mineraal
            Klei kolloïdes absorbeer water, maak dit sagter en makliker om te verweer
            Wind en water erodeer klein gedeeltes gesteentes oor ‘n lang periode
            Water reageer met koolstofdioksied wat koolsuur vorm en gesteentes
             verweer
            Die beweging van glesters breek gesteentes op
            Gesteentes word afgebreek deur aanhoudende blootstelling aan suurstof
             in die lug

         3.3.1        Identifiseer, vanuit die lys hierbo, DRIE eienskappe van toepassing
                      op die chemiese verwering van gesteentes.                                    (3)

         3.3.2        Gee, vanuit die lys hierbo, TWEE agente van toepassing op die
                      fisiese of meganiese verwering van gesteentes.                               (2)

         3.3.3        Onderskei tussen verwering en erosie.                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                         NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

3.4      Die diagram hieronder verwys na faktore betrokke by die vorming van grond.

                                                                        Organismes
                                           Klimaat

                                                                        Water
                                         Water

                                                                           Water
              Topografie

              Water

                           Tyd                                       Moeder
                                                                     materiaal

                           Wat
                                                                      Water
                           er
         3.4.1        Verduidelik die rol van die volgende klimaatsfaktore in die vorming
                      van grond: Water

                      (a) Reënval                                                                (2)

                      (b) Temperatuur                                                            (2)

         3.4.2        Gee die belangrikste tipe verwering wat deur topografie beïnvloed
                      word.                                                                      (1)

         3.4.3        Identifiseer, vanuit die diagram hierbo, die faktor wat die kleur,
                      chemiese eienskappe en minerale inhoud van grond bepaal.                   (1)

         3.4.4        Lys TWEE belangrike eienskappe van grond in ekosisteme.                    (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             11                    NW/November 2019
                                           NSS – Graad 10

VRAAG 4: PLANTSTUDIES EN BIOLOGIESE KONSEPTE

Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.

4.1    ‘n Kaart van Suid Afrika wat die hoof produksiestreke van spesifieke landbou
       kommoditeite aantoon.

              NAMIBIë

                                             NOORDWES

                                                 VRYSTAAT
                           NOORD-KAAP

          ATLANTIESE
          OSEAAN                                 OOS-KAAP
                                                              INDIESE
                        WES-KAAP                              OSEAAN

       Pas die produkte hieronder by die streek vanuit die kaart hierbo. Skryf slegs die
       letter van die produk langs die vraagnommer. Byvoorbeeld 4.1.6 G.                       (5)

      4.1.1                        4.1.2                    4.1.3        4.1.4

                                             4.1.5

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            12                        NW/November 2019
                                          NSS – Graad 10

4.2      Eksotiese spesies word in baie dele as alternatief vir die plaaslike inheemse
         spesies gebruik omdat hul nie die tipe, kwaliteit en hoeveelheid produkte kan
         lewer nie.
         Oor die algemeen het die eksotiese spesies ‘n baie vinniger groeitempo as
         die inheemse spesies en produseer ook meer hout per eenheid oppervlakte
         en tyd.

         4.2.1       Definieer die konsep eksotiese spesies.                                      (2)

         4.2.2       Identifiseer, vanuit die gedeelte hierbo, TWEE redes waarom
                     eksotiese boomspesies bo inheemse-spesies verkies word.                      (2)

         4.2.3       Verskaf die TWEE hoofgroepe waarin eksotiese woude geklassifiseer
                     word en gee EEN voorbeeld van elk.                                           (4)

4.3      In Suid Afrika word lusern oor die algemeen vanaf Maart tot Mei aangeplant
         om die kompitisie met onkruid te minimaliseer.

         4.3.1       Lewer kommentaar oor die landboukundige waarde van lusern.                   (1)

         4.3.2       Bespreek die produksie van lusern in terme van:

                     (a) Die grondtipe                                                            (2)

                     (b) Klimaat                                                                  (2)

4.4    Die blokkie hieronder stel die fases van eerste meiotiese deling voor.

                     Metafase 1; Anafase 1; Profase 1; Telofase 1

         4.4.1       Pas die fases van eerste meiotiese deling, in die blokkie hierbo, by
                     elk van die volgende stellings:

                     A Chromatien netwerk word korter en dikker en vorm om
                       homoloë chromosoom pare te vorm                                            (1)

                     B Kariokinese is voltooi                                                     (1)

                     C Die sitoplasma verdeel en vorm twee nuwe selle                             (1)

                     D Die homoloë chromosoom pare rangskil hulself aan beide kante
                       van die ewenaar van die sel                                                (1)

         4.4.2       Definieer die term meiose                                                    (2)

         4.4.3       Voorsien TWEE belangrike aspekte van meiose in lewende
                     organismes.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            13                            NW/November 2019
                                          NSS – Graad 10

4.5    Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n spesifieke sel.

  Pinositiese instulping
                                                                         Plasma membraan

                 Sitosol
                                                                         Mitochondrion

  Gladde endoplastiese                                                   Lisosome
  retikulum
                                                                         Nukleusmembraan

             Nukleolus
                                                                         Nukleus

          Golgiliggaam                                                   Growwe
                                                                         endoplasmiese
                                                                         retikulum

                                                                         Sentriole

                                                                         Ribosome

         4.5.1       Gee die naam van die sel hierbo.                                                (1)

         4.5.2       Verwys na die diagram hierbo en skryf slegs die naam van die deel
                     wat ooreenstem met elk van die volgende funksies:

                     A Spesiaal gerangskik om in die mitose en meiose proses te help                 (1)

                     B Help met intersellulêre vertering en proteïen sintese                         (1)

                     C Laat bestanddele toe om deur die nukleus te beweeg                            (1)

                     D Bevat ensieme verantwoordelik vir die afbreek van afvalstowwe                 (1)

         4.5.3       Lys VIER ooreenkomste tussen dier- en plantselle.                               (4)
                                                                                                     [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                105
                                                                       GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

## Related documents

- [NW GR 10 AGRIC SC P2 ENG MARKING GUIDELINES NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-agric-sc-p2-eng-marking-guidelines-nov-2019/26d76b8e-8941-4ae3-8c26-165343ebae63) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 AGRIC SC P2 AFR MARKING GUIDELINES NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-agric-sc-p2-afr-marking-guidelines-nov-2019/b53c3ba8-bd70-4c96-8a87-cf5205d6a289) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 AGRIC SC P1 Afr NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-agric-sc-p1-afr-nov-2019/1f9d88a3-51e1-4094-b36a-9caed8093229) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 AGRIC SC P1 Eng Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-agric-sc-p1-eng-nov-2019/0ac3984e-f92c-4c27-a3fe-e66e1be81b73) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-afr-d/9b8ce850-3c9b-4acf-98eb-cd43a5a6e0a5) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2019-eng-d/c6a09fe6-3bc6-4a18-99c2-6da4249d7989) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Memo · 2020 · Afr
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-english/14b52847-d4a5-4720-92cc-414ddcccccb4) — Memo · 2020 · Eng
- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-english/0cde408f-4576-4900-99d7-203253091309) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
