# Geography Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-geography-p1-afr-nov-2019/1547462c-1ac8-4f35-aa1f-02dd8dfaa01a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/geography) › [Geography Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-geography-p1-afr-nov-2019/1547462c-1ac8-4f35-aa1f-02dd8dfaa01a)

## About this document

Geography · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            PROVINSIALE ASSESSERING

                                         GRAAD 10

                                       GEOGRAFIE V1

                                      NOVEMBER 2019

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

              Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en ‘n 13 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                              2                               NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

 2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

 3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit .

 4.      Laat 'n lyn oop tussen die onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.

 5.      Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.

 6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik word.

 7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

 8.      MOENIE binne die kantlyn van hierdie ANTWOORDEBOEK skryf nie.

 9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

 10.     Antwoord in VOLSINNE tensy jy moet noem, identifiseer of ‘n lys maak.

 11.     Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1020 hPa,
         14 C˚ of 45 m.

 12.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                3                              NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

 AFDELING A: ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

 Beantwoord minstens EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
 AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

 VRAAG 1
 1.1       Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies
           die regte antwoord en skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8)
           in die ANTWOORDEBOEK, bv 1.1.9 D
          1.1.1      Die grens wat gevorm word wanneer twee korsplate na mekaar
                     toe beweeg, is bekend as die … grens.
                     A   divergent
                     B   konstruktief
                     C   konvergent
                     D   normaal

          1.1.2      … verwys na die hitte van die son.
                     A   Respirasie
                     B   Refleksie
                     C   Radiasie
                     D   Insolasie
          1.1.3      Hierdie deel van die atmosfeer beskerm die aarde teen die skerp
                     UV-strale.

                     A   Ionosfeer
                     B   Troposfeer
                     C   Osonosfeer
                     D   Atmosfeer

          1.1.4      ‘n … het 'n kegel wat gevorm is deur alternatiewe lae van
                     vulkaniese as en lawa.

                     A   Skildvulkaan
                     B   Silindriese kegel
                     C   Saamgestelde kegel vulkaan
                     D   Kaldeira

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  4                          NW/November 2019
                                          NSS – Graad 10

          1.1.5      Die onderstaande diagram toon …

                                     suurstof

                      suurstof
                                                 suurstof

                     A   osoon.
                     B   suurstof.
                     C   water.
                     D   helium.

          1.1.6      ‘n Konstante gas in die atmosfeer.
                     A   Helium
                     B   Koolstofdioksied
                     C   Metaan
                     D   Stikstof
          1.1.7      ‘n … is ‘n baie groot stollingsintrusie.
                     A   Batholiet
                     B   Lopoliet
                     C   Lakoliet
                     D   Plaat

          1.1.8      Verlies van son-radiasie wanneer inkomende sonlig van wolke af
                     weerkaats.
                     A   Fotosintese
                     B   Absorpsie
                     C   Refleksie
                     D   Insolasie                                                 (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               5                               NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 1.2      Gee die korrekte TERM vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
          term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK.

          1.2.1      Wanneer hitte oorgedra word van een molekule na die ander
                     deur kontak.

          1.2.2      Die temperatuur waarby kondensasie plaasvind.

          1.2.3      Die kant van 'n bergreeks waar 'n reënskadu gevorm word.

          1.2.4      Die gesmelte materiaal wat onder die aarde se oppervlak
                     gevind word.

          1.2.5      Die buitenste laag van die atmosfeer, die verste vanaf die
                     aarde se oppervlak.

          1.2.6      Gesteentes wat in lae opgebou is.

          1.2.7      'n Afwaartse vou in rotslae.                                    (7 x 1) (7)

 1.3      Verwys na FIGUUR 1.3(a) wat die kondensasievlakke van die
          wolke aandui.

          1.3.1      Noem die kondensasievlak van Wolk 1 in kilometers.               (1 x 1) (1)

          1.3.2      Lewer kommentaar op die verhouding van voggehalte en die
                     kondensasievlak.                                                 (1 x 1) (1)

          1.3.3      Bereken die temperatuur speling onder Wolk 2.                    (1 x 1) (1)

          1.3.4      Benoem die hoë wolke wat wasig voorkom en op slegte
                     weerstoestande kan dui.                                          (1 x 1) (1)

          1.3.5      Benoem die tipe reën wat by Wolk 1 sal ontwikkel.                (1 x 2) (2)

          1.3.6      Bespreek kortliks die klimaatstoestand asook die area waar
                     die tipe reën genoem in VRAAG 1.3.5 in Suid-Afrika sal
                     voorkom.                                                         (2 x 2) (4)

          1.3.7      Benoem die wolktipes A–E in FIGUUR 1.3(b)                        (5 x 1) (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               6                                 NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4 gebaseer op aardbewings.

          1.4.1      Verduidelik wat die term episentrum beteken.                      (1 x 1) (1)

          1.4.2      Gee die intensiteit van die aardbewing wat oos-noordoos
                     van San Juan Raboso voorgekom het.                                (1 x 1) (1)

          1.4.3      Noem die instrument wat gebruik word om die sterkte van
                     verskillende aardbewings te vergelyk.                             (1 x 1) (1)

          1.4.4      Noem TWEE strategieë wat die mense van Meksiko Stad
                     kon gebruik het om die impak van aardbewing te verminder.         (2 x 2) (4)

          1.4.5      In 'n paragraaf van min of meer AGT reëls, verduidelik die
                     effek van aardbewings op die mense van Meksiko.                   (4 x 2) (8)

 1.5      Bestudeer FIGUUR 1.5 gebaseer op die verhitting van die atmosfeer.

          1.5.1      Definieer die term insolasie.                                     (1 x 1) (1)

          1.5.2      Gee die term wat gebruik word om die proses by A te
                     beskryf.                                                          (1 x 1) (1)

          1.5.3      Voorsien die natuurlike rigting waarin warm lug sal beweeg.       (1 x 2) (2)

          1.5.4      Sommige van die hitte-energie verskaf deur die son gaan
                     verlore voordat dit die aarde se oppervlak bereik. Identifiseer
                     DRIE prosesse geassosieer met hitte verlies.                      (3 x 1) (3)
          1.5.5      Noem TWEE kweekhuisgasse wat die osoon kan beskadig.              (2 x 2) (4)

          1.5.6      Noem TWEE maniere waarop die verlies aan osoon die
                     mense affekteer.                                                  (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                7                                 NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

 1.6      Bestudeer FIGUUR 1.6 gebaseer op die sinoptiese weerkaart.

          1.6.1      Benoem die lugdruk-sel by A.                                      (1 x 1) (1)

          1.6.2      Verskaf die isobariese druklesing van die sel by A.               (1 x 1) (1)

          1.6.3      Dui aan watter tipe front C is.                                   (1 x 1) (1)

          1.6.4      Maak gebruik van die data op hierdie sinoptiese kaart om
                     vas te stel watter seisoen voorgestel word.                       (1 x 2) (2)

          1.6.5      Beskryf die weerstoestande by Port Elizabeth deur te verwys
                     na:
                            (a)     Lugtemperatuur
                            (b)     Windrigting
                            (c)     Wolkbedekking
                            (d)     Windspoed
                            (e)     Neerslag                                           (5 x 2) (10)
                                                                                               [75]

 VRAAG 2

 2.1      Kies die korrekte term van die terme in hakies om die onderstaande
          stellings WAAR te maak. Skryf SLEGS die korrekte term in jou
          ANTWOORDEBOEK.

          2.1.1      Die (termosfeer/troposfeer) is die belangrikste laag van die
                     atmosfeer uit 'n klimatologiese oogpunt.

          2.1.2      Die (stratosfeer/termosfeer) word aangetref tussen die
                     troposfeer en die mesosfeer.

          2.1.3      'n Lae temperatuur van -90° word bereik in die
                     (mesosfeer/stratosfeer).

          2.1.4      Koolstofdioksied en (waterdamp/waterstof) in die atmosfeer
                     is verantwoordelik vir die absorpsie van energie.

          2.1.5      Die osoonlaag absorbeer die (X-strale/ultravioletstrale) van
                     die son.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 8                               NW/November 2019
                                         NSS – Graad 10

          2.1.6      Osoon vernietiging kom voor in die (termosfeer/stratosfeer).

          2.1.7      (Temperatuur inversie/positiewe verval tempo) beteken dat
                     temperatuur verhoog met die toename in hoogte bo die
                     oppervlakte van die aarde.

          2.1.8      Die refleksie by die sneeubedekte Pole. (Albedo/Aleno)           (8 x 1)   (8)

 2.2      Verwys na FIGUUR 2.2 gebaseer op 'n deursnee van die aarde.

         2.2.1       Benoem laag B, wat 2 900 km dik is en bestaan uit gesmelte
                     rots.

         2.2.2       Die kern, E, is solied en bestaan uit nikkel en ...

         2.2.3       Gee EEN rede hoekom laag C belangrik is vir die mens.

         2.2.4       Benoem die grens tussen lae C en D.

         2.2.5       Laag C is opgebreek in kleiner segmente bekend as …

         2.2.6       Dui aan wat die geskatte temperatuur van laag B is.

         2.2.7       Noem die laag wat opgebou is uit peridotiet.                     (7 x 1)   (7)

 2.3     Lees die artikel oor aardverwarming in FIGUUR 2.3.

         2.3.1       Definieer die term aardverwarming.                               (1 x 1)   (1)

         2.3.2       Volgens die berig van die Voedsel en Landbou-organisasie,
                     is die hoofbydraer tot kweekhuisgasse…(voltooi)                  (1 x 2)   (2)

         2.3.3       Maak gebruik van ‘n aanhaling uit die artikel om te
                     verduidelik waarom metaangas 'n groter bedreiging vir die        (1 x 2)   (2)
                     omgewing is as koolstofdioksied.

         2.3.4       Noem EEN negatiewe impak wat die groeiende aantal                (1 x 2)   (2)
                     troppe beeste op die omgewing het.

         2.3.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, noem volhoubare
                     maniere waarop aardverwarming vertraag kan word.                 (4 x 2)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               9                                   NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 2.4       Verwys na FIGUUR 2.4 gebaseer op grenslyne en tektoniese plate.

          2.4.1      Verskaf die naam van die meteoroloog/fisikus wat beweer
                     het dat die kontinente nie vasgestel is op een plek nie.          (1 x 1)   (1)

          2.4.2      Noem wat die verskil is tussen plaatgrense A en B.                (1 x 2)   (2)

          2.4.3      Benoem die plaatgrense A en B.                                    (2 x 2)   (4)

          2.4.4      Verwys na die teorie van plaat tektonika en verduidelik
                     waarom die plate van die kors van die aarde beweeg.               (2 x 2)   (4)

          2.4.5      Verskaf TWEE bewysstukke dat Afrika en Suid-Amerika
                     voorheen aaneengeskakel was.                                      (2 x 2)   (4)

 2.5      Bestudeer FIGUUR 2.5 gebaseer op klimaatsverandering.

          2.5.1      Definieer die term klimaatsverandering.                           (1 x 1)   (1)

          2.5.2      Gee die rede waarom die Ward Hunt Ys-plaat begin                  (1 x 2)   (2)
                     fragmenteer het.

          2.5.3      Verduidelik die effek van so 'n fragmentering op die mariene      (1 x 2)   (2)
                     ekosisteem.

          2.5.4      Verskaf die geskatte ouderdom van die Ward Hunt Ys-plaat.         (1 x 2)   (2)

          2.5.5      In ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die
                     gevolge van aardverwarming.                                       (4 x 2)   (8)

 2.6       Lees die Gevallestudie in FIGUUR 2.6(a) asook FIGUUR 2.6(b)
           gebaseer op vulkaniese uitbarstings.

           2.6.1     Hoeveel mense is ontruim na die Puyehue Vulkaan in 2011
                     uitgebars het?                                                    (1 x 1)   (1)

           2.6.2     Verduidelik waarom daar 'n landbou krisis was in die
                     Patagoniese streek.                                               (1 x 2)   (2)

           2.6.3     Klassifiseer die Puyehue Vulkaan as ‘n saamgestelde of ‘n
                     skild vulaan.                                                     (1 x 2)   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                10                                 NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

           2.6.4      Verduidelik wat die verskil is tussen 'n aktiewe vulkaan en 'n
                      dormante vulkaan.                                                (1 x 2)   (2)

           2.6.5      Noem die TWEE kontinente wat geaffekteer is deur hierdie
                      uitbarsting.                                                     (2 x 2)   (4)

           2.6.6      FIGUUR 2.6(b) illustreer intrusiewe landvorme. Identifiseer
                      A, C, D en E.                                                    (4 x 1)   (4)
                                                                                                 [75]

 AFDELING B: BEVOLKING (POPULASIE) EN WATERBRONNE

 Beantwoord minstens EEN vraag in hierdie afdeling. As jy een vraag in
 AFDELING B beantwoord moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

 VRAAG 3

 3.1       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur te kies
           uit die lys hieronder. Skryf net die woord/term langs die vraagnommer
           in die ANTWOORDEBOEK.

       Depopulasie;                    Lewensverwagting;                     Trekfaktore;

       Emigrasie;                      Bevolkingsdigtheid;                   Geletterdheidsvlak;

       Bevolkingsverspreiding;         Marti kultuur;                        Stootfaktore;

           3.1.1      Die aantal jare wat ‘n persoon kan verwag om te lewe.

           3.1.2      Die beweging van mense vanuit hul tuisland na 'n ander
                      land.

           3.1.3      Die boerdery van vis en skulpvis in beskermde water.

           3.1.4      Dinge in stede wat mense wat op die platteland woon,
                      aantrek na die stad.

           3.1.5      Die aantal mense per oppervlakeenheid.

           3.1.6      Die persentasie van die totale bevolking wat kan lees en
                      skryf.

           3.1.7      Die afname in die bevolking van plattelandse gebiede.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                              11                                NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

          3.1.8      Die manier hoe mense oor die oppervlak van die aarde
                     versprei is.                                                   (8 x 1) (8)
 3.2       Kies ‘n woord/term uit KOLOM B om te pas by die beskrywing in KOLOM A.
           Skryf SLEGS die letter van jou keuse langs die vraagnommer in die
           ANTWOORDEBOEK, bv. 3.2.8 K

                                    KOLOM A                                 KOLOM B

           3.2.1 Die uitputting van die oseaan se visvoorraad.     A Warm seestroom
                                                                   B Zero groei
           3.2.2 Die oorstroming van 'n rivier direk na swaar      C Ekumene
                 reën.                                             D Koue seestroom
                                                                   E Drooglegging
           3.2.3 Die terugstoot van die see met behulp van         F Negatiewe groei
                 keerwalle.                                        G Abioties
                                                                   H Stormgolf
           3.2.4 Benguelaseestroom.                                I Oorbenutting van vis
                                                                   J Kitsvloed
           3.2.5 Mense leef waar toestande gunstig is.

           3.2.6 Mensgemaakte faktore wat bepaal waar mense
                 hul gaan vestig.

           3.2.7 Meer mense sterf as wat in ‘n land gebore word.                     (7 x 1) (7)

 3.3       Bestudeer FIGUUR 3.3 gebaseer op bevolkingspiramides.

          3.3.1      Definieer die term bevolkingspiramide.                         (1 x 1)   (1)

          3.3.2      Bepaal die ouderdomsgroep-interval vir die piramide.           (1 x 1)   (1)

          3.3.3      Dui aan wat die vorm van die piramide is.                      (1 x 1)   (1)

          3.3.4      Die basis van die piramide kan beskryf word as (breed/smal)    (1 x 2)   (2)

          3.3.5      Die piramide verteenwoordig ‘n LEOL (land). Verskaf TWEE
                     redes vir hierdie stelling.                                    (2 x 2)   (4)

          3.3.6      Klassifiseer die ouderdomsgroepe verteenwoordig deur
                     byskrifte A–C.                                                 (3 x 2) (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               12                                  NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 3.4       Bestudeer FIGUUR 3.4 gebaseer op die waterkrisis in Suid-Afrika.

           3.4.1     Identifiseer EEN rede wat in die artikel genoem word
                     waarom daar ‘n waterkrisis teen 2020 verwag word.                  (1 x 1) (1)

           3.4.2     Noem TWEE water-oordrag skemas wat ontwikkel is om die
                     watervoorraad in Gauteng aan te vul.                               (2 x 1) (2)

           3.4.3     Bepaal TWEE nadele wat geassosieer word met die
                     konstruksie van damme in Suid-Afrika.                              (2 x 2) (4)

           3.4.4     In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maatreëls voor
                     wat deur die regering geïmplementeer kan word om water in
                     Suid-Afrika te bestuur en te bespaar.                              (4 x 2) (8)

 3.5       Bestudeer FIGUUR 3.5 gebaseer op bevolkingsgroei.

           3.5.1     Identifiseer die bevolkingsprobleem wat Noorweë op die             (1 x 1) (1)
                     oomblik in die gesig staar.

           3.5.2     Gee EEN rede waarom jou antwoord in VRAAG 3.5.1 ’n
                     probleem is.                                                       (1 x 2) (2)

           3.5.3     Volgens die artikel vertoon die huidige bevolkingsgetalle nie
                     sleg nie. Gee 'n rede waarom dit nie sleg lyk nie.                 (1 x 2) (2)

           3.5.4     Verskaf EEN bewysstuk uit die Demografiese Oorgangs=
                     model in FIGUUR 3.5 dat Noorweë ’n MEOL (land) is.                 (1 x 2) (2)

           3.5.5     Bespreek die moontlike ekonomiese gevolge van 'n lae
                     groeikoers in 'n land soos Noorweë.                                (2 x 2) (4)

           3.5.6     Verskaf EEN negatiewe impak en EEN positiewe impak wat
                     die invloei van buitelanders na Noorweë sal veroorsaak.            (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               13                                    NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 3.6       Bestudeer FIGUUR 3.6 gebaseer op toegang tot skoon water.
          3.6.1      Gebaseer op grafiek B, verskaf die persentasie van
                     onverbeterde waterbronne vir die tweede armste
                     gemeenskap.                                                        (1 x 1)   (1)

          3.6.2      Gebaseer op grafiek A, dui aan wat die verskil is tussen die
                     persentasie van die armste bevolkingsdeel en die
                     persentasie van die rykste bevolkingsdeel wat in 2008
                     toegang gehad het tot skoon water op die perseel.                  (1 x 2)   (2)

          3.6.3      Bespreek die belangrikheid van skoon kraanwater teenoor
                     nie-gesuiwerde water van damme, riviere en mere vir Suid-
                     Afrikaanse gemeenskappe.                                           (2 x 2)   (4)

          3.6.4      Beskryf kortliks die nagevolge van onveilige vlakke van
                     bakterieë vir mense wat ongesuiwerde rivierwater drink.            (2 x 2)   (4)

          3.6.5      Stel TWEE volhoubare strategieë voor wat die regering in
                     plek moet stel om die vlakke van besoedeling in damme hok
                     te slaan.                                                          (2 x 2)   (4)
                                                                                                  [75]

 VRAAG 4
 4.1       Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde op die volgende
           vrae. Kies die antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D) langs die
           vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 4.1.9 D.

          4.1.1      Die grafiese voorstelling van die persentasie mans en
                     vrouens in verskillende ouderdomsgroepe.

                     A   bevolkingspiramide
                     B   bevolkingsstaafgrafiek
                     C   bevolkingslyngrafiek
                     D   bevolkingssirkelgrafiek

          4.1.2      Kies die korrekte stelling om te pas by die volgende sin.
                     Lewenskeuses wat kan help om lewensverwagting te
                     verbeter.

                     A   Gesonde maaltye en alkohol misbruik.
                     B   Kitskos en goeie mediese sorg.
                     C   Goeie mediese sorg en oefening.
                     D   Rook en gereelde oefening.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                14                                 NW/November 2019
                                        NSS – Graad 10

          4.1.3      Die menslike immuniteitsgebrekvirus is beter bekend as …
                     A   TB
                     B   MIV
                     C   VIGS
                     D   SOS

          4.1.4      ‘n Vrees vir vreemdelinge wat ongevraagde aanvalle tot
                     gevolg het om hulle te dwing om te vlug.

                     A   Xenofobie
                     B   Xerodermie
                     C   Xilografie
                     D   Xerotermie

          4.1.5      Hoë geboortesyfer en hoë sterftesyfer resulteer in …
                     bevolkingsgroei.
                     A   hoë
                     B   nul
                     C   stygende
                     D   lae

          4.1.6      Die … van 'n land verwys na die totale getal babas wat
                     gebore word per 1000 van die bevolking per jaar.
                     A   bevolkingsgroei
                     B   sterftekoers
                     C   vrugbaarheidskoers
                     D   demografie

          4.1.7      Wanneer geskoolde en goed geletterde mense 'n land
                     verlaat om in 'n ander land te werk word dit … genoem.

                     A   talent hersirkulering
                     B   intelligensieverlies (brain drain).
                     C   vaardigheidsmigrasie.
                     D   kennis verlies.

          4.1.8      Ongeregistreerde en informele ingang in 'n land.

                     A   Vlugteling-immigrasie
                     B   Asielsoeking
                     C   Onwettige immigrasie
                     D   Vreemdelinge migrasie                                          (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               15                                  NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 4.2      Verwys na FIGUUR 4.2 wat die hidrologiese siklus voorstel. Verskaf die
          KORREKTE GEOGRAFIESE TERME vir ELK van die volgende
          stellings wat ooreenkom met die byskrifte op die diagram.

           4.2.1     Die proses waar vog vanuit plante vrygestel word in die
                     atmosfeer.

           4.2.2     Die proses waar waterdamp in water verander.

           4.2.3     Enige vorm van vog wat vrygestel word vanuit die atmosfeer
                     na die aarde se oppervlak.

           4.2.4     Die proses waartydens water deurdringbare rots bereik.

           4.2.5     Water wat oor die oppervlak van die aarde vloei na ‘n reënbui.

           4.2.6     Die water diep onder die oppervlakte van die aarde.

           4.2.7     Die proses waar water in waterdamp verander.                      (7 x 1) (7)

 4.3       Bestudeer FIGUUR 4.3 gebaseer op ekonomiese migrante.

          4.3.1      Definieer die term migrant.                                       (1 x 1) (1)

          4.3.2      Dui aan wat bedoel word met die term intelligensieverlies of
                     ‘brain drain’?                                                    (1 x 1) (1)

          4.3.3      Beskryf EEN effek wat emigrasie op Suid-Afrika het.               (1 x 1) (1)

          4.3.4      Verduidelik waarom ongeskoolde mense hulle werk verloor
                     as gevolg van geskooldes wat emigreer.                            (1 x 2) (2)

          4.3.5      Gee TWEE redes vir professionele mense wat Suid- Afrika           (2 x 2) (4)
                     verlaat.

          4.3.6      Transhumering is ‘n vorm van beweging.

                         (a)    Verduidelik wat die term transhumering
                                beteken.                                               (2 x 2) (4)

                         (b)    Gee EEN voorbeeld van ‘n land waar
                                transhumering steeds plaasvind.                        (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               16                                 NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4(a) gebaseer op ontsouting in Suid-Afrika en
          FIGUUR 4.4(b) gebaseer op water beskikbaarheid in Suid-Afrika.
          4.4.1      Dui aan wat die term ontsouting beteken.                          (1 x 1) (1)

          4.4.2      Noem EEN ander land, wat in hierdie artikel voorkom, wat
                     baie suksesvol is met ontsouting.                                 (1 x 1) (1)

          4.4.3      Gee EEN negatiewe feit wat ontsouting in Suid-Afrika
                     bemoeilik.                                                        (1 x 1) (1)

          4.4.4      Volgens die artikel, wat het daartoe gelei dat ontsouting as 'n
                     oplossing vir Suid-Afrika se waterprobleme gesien word?           (1 x 2) (2)

          4.4.5      Deur jou eie kennis te gebruik, beskryf die suiweringsproses
                     wat tans gebruik word in dorpe soos Mosselbaai en
                     Saldanha.                                                         (1 x 2) (2)

          4.4.6      Verwys na FIGUUR 4.4(b) en dui aan watter rivier die
                     hoogste beskikbaarheidvlak sal hê teen 2025.                      (1 x 2) (2)
          4.4.7      Verwys na FIGUUR 4.4(b) en gee EEN rede waarom so ‘n
                     groot hoeveelheid water oorgebring moet word na die Bo-
                     Vaalrivier.                                                       (1 x 2) (2)

          4.4.8      Gebruik jou eie algemene kennis en verduidelik waarom
                     Suid-Afrika water tekorte ondervind.                              (2 x 2) (4)

 4.5       Bestudeer FIGUUR 4.5 gebaseer op MIV and VIGS.

           4.5.1      Verklaar die volgende akronieme:

                              (a)   MIV
                              (b)   VIGS                                               (2 x 1)   (2)

           4.5.2     Volgens die grafiek, hoe het VIGS die bevolkingsgroei in
                     Suid-Afrika affekteer?                                            (1 x 1) (1)

           4.5.3     Dui die jaarlikse bevolkingsgroei vir Suid-Afrika aan indien
                     VIGS nie bestaan het nie.                                         (1 x 2) (2)

           4.5.4     Noem EEN ander land wat presies dieselfde statistiek as
                     Suid-Afrika het.                                                  (1 x 2) (2)

           4.5.5     In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die sosiale
                     en ekonomiese effek van MIV en VIGS op ‘n land.                   (4 x 2) (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               17                                 NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

 4.6       Bestudeer FIGUUR 4.6 gebaseer op oorbenutting van visbronne.

          4.6.1       Verduidelik die term viskwota.                                   (1 x 1) (1)

          4.6.2      Verskaf die gekombineerde persentasie van oorbenutting en
                     uitputting van visbronne.                                         (1 x 1) (1)

          4.6.3      Gee 'n rede waarom oorbenutting van visbronne lei tot             (1 x 2) (2)
                     werksverliese.

          4.6.4      SAVS is ‘n organisasie wat poog om vispopulasie te
                     reguleer.

                        (a)    Gebruik jou eie kennis en verduidelik die akroniem
                               SAVS / SASSI.                                           (1 x 2) (2)

                        (b)    Bespreek TWEE bestuurstrategieë van SAVS /
                               SASSI waarmee hulle probeer om die vispopulasie
                               in Suid-Afrika te vermeerder.                           (2 x 2) (4)

          4.6.5      FIGUUR 4.6(b) toon die vloed hidrografiek vir Boscastle.
                     Voorsien die volgende lesings vanaf die grafiek:

                        (a)    Die hooste reënval (in mm) gemeet.

                        (b)    Die tyd wat die hoogste reënval lesing geneem is.

                        (c)    Die hoogste afloop (in kumeks) gemeet.

                        (d)    Die tyd wat die lesing in (c) geneem is.

                        (e)    Bereken die tyd wat verloop het tussen (a) en (c).      (5 x 1) (5)
                                                                                               [75]
                                                                          GROOTTOTAAL:          225

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 GEOGRAPHY P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-geography-p1-eng-nov-2019/b92a8bba-9ad0-48e3-b31b-227579c33047) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 GEOGRAPHY P1 AFR BYLAAG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-geography-p1-afr-bylaag-nov-2019/9e44bcd1-12be-427f-962b-141b18480d63) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 GEOGRAPHY P1 ENG ANNEX NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-geography-p1-eng-annex-nov-2019/16e01c5a-63ec-4162-92e9-670e2573f153) — Geography · Addendum · 2019 · Eng
- [NW GR 10 GEO P1 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-geo-p1-afr-memo-nov-2019/6462ac71-fa29-4983-b913-d0a2c79415ae) — Geography · Memo · 2019 · Afr
- [NW GR 10 GEO P1 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-geo-p1-eng-memo-nov-2019/ed226972-c849-4b86-8106-e1c10ad7d923) — Geography · Memo · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2019-eng-d/62fb5800-d6af-447c-9d7f-54be0a9ac630) — Geography · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Geography

- [Gr10-Geografie-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-geografie-og-studyguide-lr/2ab1d1d1-d663-402d-95b1-0d6300b5f44b) — Guide
- [Gr 10 Geo ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-geo-atp-2023-24/3c6b7f67-534b-4a7c-9268-0464a4b829f8) — ATP
- [FS Geography Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1140962c-f861-493f-a8fc-7fc29994a5e2) — QP + Memo · 2025
- [LP Geography Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-geography-grade-10-june-2025-p1-and-memo/a1991f99-db75-463a-8559-ab3f8f66bd67) — QP + Memo · 2025
- [EC Geography Grade 10 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-geography-grade-10-june-2024-qp-and-memo/75f06c3e-9c6b-48f3-bcc2-4be18c48492e) — QP + Memo · 2024
- [GEO P1 Gr10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-annex-nov2020-afrikaans/a0a28adf-d617-40ab-b33c-7ec1bfbeee78) — Addendum · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
