# History Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 History Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-history-p1-afr-nov-2019/04751482-b50f-4b7d-9a3d-05f35e696073
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-history-p1-afr-nov-2019/04751482-b50f-4b7d-9a3d-05f35e696073)

## About this document

History · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     PROVINSIALE ASSESSERING

                                GRAAD 10

                              GESKIEDENIS

                            NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

     Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ‘n addendum van 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                            2                           NW/November 2019
                                    NSS – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
   voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

    AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

    VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750

    VRAAG 2: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE VANAF 1899 – 1910

    AFDELING B: OPSTELVRAE

    VRAAG 3: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

    VRAAG 4: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE VANAF 1899 – 1910

2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. bron materiaal wat is
   nodig om die vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word.

3. AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.

4. ‘n Totaal van DRIE (3) vrae moet soos volg beantwoord word:

    4.1 Ten minste EEN vraag moet 'n brongebaseerde vraag wees en EEN
        'n opstelvraag.

    4.2 Die DERDE vraag kan óf ‘n brongebaseerde vraag óf ‘n opstelvraag wees.

5   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6. Wanneer vrae beantwoord word, behoort jy jou kennis, vaardighede en insig
   toe te pas.

7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
   vraestel gebruik word.

9. Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                              3                            NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat gebruik word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:      WAT SE TRANSFORMASIES HET NA 1750 IN SUIDER-AFRIKA
              PLAASGEVIND WAT TOT DIE UITBREIDING VAN SUIDER
              TSWANA-HOOFMANSKAPPE GELEI HET?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Verwys na Bron 1A.

     1.1.1    Wie, volgens die bron, was die voorouers van die Setswana-
              sprekende mense wat in die Bosveldstreek gewoon het?       (1 x 1) (1)

     1.1.2    Noem DRIE produkte waarmee die Tswana-sprekende
              mense, vanaf die 18de eeu, suksesvol geboer het.                 (3 x 1) (3)

     1.1.3    Definieer die konsep nedersetting in jou eie woorde.             (1 x 2) (2)

     1.1.4    Wat, volgens die bron, het die Tswana-sprekende mense
              hout voor gebruik?                                               (3 x 1) (3)

1.2 Verwys na Bron 1B.

     1.2.1    Hoe, volgens die bron, weet ons dat Tswana-sprekende
              mense met ander streke handel gedryf het?                        (2 x 1) (2)

     1.2.2    Noem DRIE stamme waarmee die Tswana-sprekende
              mense, gedurende die 18de eeu, handelskakels gehad het. (3 x 1) (3)

     1.2.3    Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in
              hierdie bron vir ‘n historikus wat die uitbreiding van die
              Setswana-mense in die 18de eeu navors.                      (2 x 2) (4)

     1.2.4    Deur die inligting in die bron en jou eie kennis te gebruik,
              verduidelik hoe die Tswana-Hoofmanskappe gedurende
              die 18de eeu, groter en magtiger geword het.                     (2 x 2) (4)

1.3 Verwys na Bron 1C.

     1.3.1    Wat dink jy was die alledaagse aktiwiteite van die volgende
              mense in Dithakong (Tswana-nedersetting):

              a) Die Tswana-vroue                                              (1 x 2) (2)

              b) Die Tswana mans                                               (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                              4                           NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

     1.3.2    Lewer kommentaar op, wat jy dink, die volgende stelling in
              die konteks van die uitbreiding van Tswana-nedersettings
              impliseer. ‘ ‘n Menigte huise wat strek sover die oë
              kon sien . . .’                                                (2 x 2) (4)

     1.3.3    Volgens die visuele bron, watter materiale is gebruik om die
              huise in Dithakong te bou?                                   (2 x 1) (2)

1.4 Verwys na Bron 1D.

     1.4.1    Noem die DRIE naburige state van die Tswana-
              nedersettings waarna in die bron verwys word.                  (3 x 1) (3)

     1.4.2    Wat, volgens die bron, het daartoe gelei dat verskeie
              Tswana-Hoofmanskappe alliansies met mekaar verbind
              het vir beskerming?                                            (2 x 1) (2)

     1.4.3    Watter nedersetting, volgens die bron, het as gevolg van
              mededinging vir hulpbronne gedurende hierdie tydperk
              uitgebrei?                                                     (1 x 1) (1)

1.5 Vergelyk Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1D
    die visuele inligting in Bron 1C ondersteun aangaande die uitbreiding
    van die Tswana-nedersettings gedurende die 1800’s.                    (2 x 2) (4)

1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ‘n
    paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
    faktore, wat tot die uitbreiding van Tswana-nedersettings in die tydperk
    1750 tot 1820 gelei het, verduidelik.                                            (8)
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                             5                          NW/November 2019
                                     NSS – Graad 10

VRAAG 2:      HOE HET DIE WET OP GROND VAN 1913 DIE GRONDONTEIENING
              TUSSEN SWART SUID-AFRIKANERS VERSKERP

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1     Verwys na Bron 2A

       2.1.1 Verduidelik die term Wet op Naturelle Grondbesit in die
             konteks van die implementering van arpartheidswetgewing
             in Suid-Afrika.                                               (1 x 2) (2)

       2.1.2 Wat, volgens die bron, het beïnvloed dat die Wet op Naturelle
             Grondbesit van 1913 bekragtig word.                          (1 x 2) (2)

       2.1.3 Noem TWEE maniere waarop dié Wet beklemtoon dat
             Swartboere verhoed is om met blanke boere te kompeteer. (1 x 2) (2)

       2.1.4 Waarom, volgens die bron, dink jy is die onteiening van
             grond, van Swart Suid-Afrikaners, goed beplan?                (2 x 2) (4)

       2.1.5 Wat, volgens die bron, het daartoe gelei dat die 1913 Wet op
             Grondbesit beide die Swart-deelboere en elke huurder op ‘n
             negatiewe manier beïnvloed het?                              (1 x 2) (2)

       2.1.6 Verduidelik waarom jy dink dat die 1913 Wet op Grondbesit
             die blanke-Arikaners se doelwitte bereik het.             (2 x 2) (4)

2.2    Verwys na Bron 2B.

       2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat dui dat Feinberg nie ten
             gunste van die 1913 Wet op Naturelle Grondbesit was nie.      (1 x 1) (1)

       2.2.2 Verduidelik tot watter mate die 1913 Wet op Naturelle
             Grondbesit die ekonomiese aktiwiteite van beide die Swart
             en blanke boere ontwrig het.                                  (1 x 2) (2)

       2.2.3 Noem DRIE maniere waarop die 1913 Wet op Naturelle
             Grondbesit armoede onder die swart gemeenskap veroorsaak
             het.                                                   (3 x 1) (3)

       2.2.4 Vergelyk Bronne 2A en 2B. Verduidelik hoe die bewyse in
             Bron 2B die inligting in Bron 2A ondersteun ten opsigte van
             hoe armoede die swart Suid-Afrikaners geraak het.           (2 x 2) (4)

2.3    Verwys na Bron 2C.

       2.3.1 Watter bewyse, volgens die bron, dui daarop dat Mev. Kgobali
             van haar plaas uitgesit is?                               (1 x 2) (2)

       2.3.2 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die eienaar van die
             Oranje-Vrystaatse plaas wreed was?                           (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                             6                           NW/November 2019
                                     NSS – Graad 10

       2.3.3 Volgens die bron, watter kritiek was daar teen die 1913 Wet
             op Naturelle Grondbesit?                                    (2 x 2) (4)

       2.3.4 Watse boodskappe word in hierdie bron weergegee, ten
             opsigte van die negatiewe impak van die Wet op Naturelle
             Grondbesit op swart Suid-Afrikaanse boere?                       (2 x 2) (4)

2.4    Verwys na Bron 2D.

       2.4.1 Volgens die inligting in die bron, wat het die vroue gedwing
             om die kos buite in die oop veld voor te berei?                  (1 x 1) (1)

       2.4.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die spotprent
             aan 'n historikus wat die 1913 Wet op Grondbesit ondersoek.
                                                                  (Enige 2 x 2) (4)

2.5    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en
       skryf ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
       waarin jy verduidelik hoe die 1913 Wet op Naturelle Grondbesit die
       grondonteiening onder Swart Suid-Afrikaners verskerp het.                       (8)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                             7                           NW/November 2019
                                     NSS – Graad 10

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 3: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

‘Nadat die Engelse in 1803 beheer oor die Kaap, van die Nederlanders,
oorgeneem het, is die beleid van Anglikisering onmiddellik by die
Kaap ingestel. Hierdie beleid het beteken dat Engels 'n onderrigtaal by
skole, howe, kerke en in enige regerings-instansie gebruik sou word.'

Stem jy met die bostaande stelling saam? Verduidelik die veranderinge
wat die Britse- regering aan die Kaap gemaak het volledig, en dui aan
hoe die Boere op hierdie veranderinge gereageer het.
                                                                                     [50]

VRAAG 4: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG VAN 1899-1902

'Die ontdekking van goud in Transvaal gedurende die 1880's het baie
Mense gelok, veral die buitelanders wat as geskoolde arbeiders by
hierdie nuutgestigte goudmyne gewerk het. Die meerderheid van
hierdie buitelanders was die Engelse onderdane wat later die
franchise-regte van die Transvaalse regering geëis het.'

Bespreek hierdie stelling deur aan te dui hoe Britanje in die oorlog met
die Transvaalse regering betrokke geraak het tot-en-met die twee state
uiteindelik die Verdrag van Vereeniging, in 1903, onderteken het.
                                                                                     [50]

                                                                       TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 HISTORY P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-history-p1-eng-nov-2019/94d4b147-9a6c-4d6b-8957-6dfbc8d13def) — History · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 HISTORY P1 ENG ADD NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-history-p1-eng-add-nov-2019/fb5044f1-aa77-46b2-a635-195103440c6a) — History · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 HISTORY P1 AFR ADD NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-history-p1-afr-add-nov-2019/b2fa8b8b-e2e7-4a78-a808-4ce4b6c5b596) — History · QP · 2019 · Afr
- [NW GR 10 HIST P1 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-hist-p1-eng-memo-nov-2019/8f19370c-07ff-4fba-9a3e-93ece9f5cb99) — History · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 HIST P1 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-hist-p1-afr-memo-nov-2019/add93eb8-e351-4281-8021-8bd1ec999628) — History · Memo · 2019 · Afr
- [HISTORY GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-qp-nov2019-afr-d/9803d8a2-0354-4003-bd8b-81b111eb7285) — History · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Grade 10 History November 2026 Mock Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-addendum/d566e6d9-8258-4765-b80b-6c83e66b06d6) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-memorandum/041c0977-7ec5-4d80-b3e5-638e7d237765) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-addendum/69ecae02-9d7e-459d-92de-178ab11c8a56) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-memorandum/30206d18-b156-4b6f-81f2-58764be858ea) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
