# Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-afr-nov-2019/7116547d-b8e4-4df7-ba4f-b2806693b26f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-afr-nov-2019/7116547d-b8e4-4df7-ba4f-b2806693b26f)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     PROVINSIALE ASSESSERING

                                GRAAD 10

                      LEWENSWETENSKAPPE V1

                            NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ ure

                      Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                              2
 Lewenswetenskappe/V1                NSS – Graad 10                 NW/November 2019

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ‘n NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

 6.     Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              3
Lewenswetenskappe/V1                 NSS – Graad 10                 NW/November 2019

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
       vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

       1.1.1 Begeleidende selle is deel van ...

              A      xileem.
              B      parenchiem.
              C      kollenchiem.
              D      floeëm.

       1.1.2 Watter een van die volgende bene pas nie by die ander nie?

              A      Karpale
              B      Metakarpale
              C      Ulna
              D      Fibula

       1.1.3 ‘n Organel wat die genetiese inligting van ‘n organisme bevat.

              A      Chloroplast
              B      Mitochondrion
              C      Nukleus
              D      Sentrosoom

       1.1.4 Watter EEN van die volgende kan as dierweefsel geklassifiseer word?

              A      Lewer
              B      Bloed
              C      Hart
              D      Maag

       1.1.5 Die ... bestaan uit neurone.

              A      hartspier
              B      gladde spier
              C      skeletspier
              D      senuwees

       1.1.6 Trageïede vorm deel van ...

              A      xileem.
              B      sklerenchiem.
              C      sifvate.
              D      parenchiem.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               4
Lewenswetenskappe/V1                  NSS – Graad 10                  NW/November 2019

       1.1.7 Selle in ‘n blaar wat nie chloroplaste bevat nie.

              A      Sluitselle
              B      Sklerenchiem
              C      Palissade selle
              D      Parenchiemselle

       1.1.8 Kwasjiorkor is ‘n gebreksiekte van ...

              A      proteïene.
              B      vitamien A.
              C      vitamien B.
              D      vette/lipiede.

       1.1.9 Die bene van die pols staan bekend as ...

              A      tarsale.
              B      metatarsale.
              C      karpale.
              D      falankse.
                                                                               (9 x 2) (18)

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1 Die temperatuur waarby ‘n ensiem die beste funksioneer

       1.2.2 Die heel buitenste laag selle by plante

       1.2.3 Die deel van die mikroskoop wat natuurlike lig verskaf

       1.2.4 Die groei in dikte in die stingel van dikotiele plante

       1.2.5 Openinge in die blaar waardeur gasse beweeg

       1.2.6 Die vloeistof wat wrywing in ‘n gewrig voorkom

       1.2.7 Plantweefsel wat reeds gedifferensieer is om sekere funksies
             te verrig

       1.2.8 Die langste been in die mens se liggaam

       1.2.9 Die liggaam se vermoë om teenliggaampies te produseer om siektes
             te beveg

       1.2.10 Ongedifferensieerde, aktiefdelende plantweefsel
                                                                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                              5
Lewenswetenskappe/V1                 NSS – Graad 10                  NW/November 2019

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
       SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
       nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
       (1.3.1 tot 1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                                  KOLOM II
        1.3.1 Heg ‘n spier aan ‘n been                        A: Tendon
                                                              B: Ligament
        1.3.2 Vervoer impulse van die sentrale                A: Sensoriese neuron
              senuweestelsel na spiere en kliere              B: Motoriese neuron

        1.3.3 Maak deel uit van die stele/vaatbondels         A: Epidermis
                                                              B: Endodermis
        1.3.4 Veroorsaak turgessensie in ‘n sel               A: Selwand
                                                              B: Vakuool
        1.3.5 Tipe skelet by reptiele, voëls en soogdiere     A: Endoskelet
                                                              B: Eksoskelet
        1.3.6 Selle waarin fotosintese plaasvind              A: Sluitselle
                                                              B: Spons-parenchiem
        1.3.7 Die weefsel wat net onder die boonste           A: Palissade mesofil
              epidermis van blare voorkom                     B: Sponsmesofil
                                                                            (7 x 2)           (14)

1.4    Bestudeer die tabel met inligting oor bloedselle in DRIE verskillende persone se
       bloedmonsters en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  AANTAL PER mm3 BLOED
        TIPE BLOEDLIGGAAMPIE
                                           PETER            JOHAN           SUZAN
        Eritrosiete/rooibloedselle         5 000 500         2 100 000      8 200 000
        Leukosiete/witbloedselle               6 100             5 100            510
        Trombosiete/bloedplaatjies               100           255 000        249 000

       1.4.1 (a)     Watter persoon is waarskynlik anemies?                                   (1)

              (b)    Gee ‘n rede vir jou antwoord.                                            (1)

       1.4.2 (a)     Watter persoon se bloed sal moontlik nie maklik stol nie?                (1)

              (b)    Gee ‘n rede vir jou antwoord.                                            (1)

       1.4.3 (a)     Watter persoon het onlangs hoog bo seevlak gebly?                        (1)

              (b)    Gee ‘n rede vir jou antwoord.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                6
Lewenswetenskappe/V1                   NSS – Graad 10               NW/November 2019

       1.4.4 (a)     Watter persoon sal maklik siek word as hy/sy aan ‘n virus
                     blootgestel word?                                                     (1)

              (b)    Gee ‘n rede vir jou antwoord.                                         (1)
                                                                                           (8)

                                                              TOTAAL AFDELING A: 50

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Bestudeer die volgende diagramme van selle en beantwoord die vrae wat volg.

                                         1

       2.1.1 Watter diagram, A of B, verteenwoordig ‘n plantsel?                           (1)

       2.1.2 Gee DRIE sigbare redes vir jou keuse in VRAAG 2.1.1.                          (3)

       2.1.3 Skryf die NOMMER neer van die deel wat geassosieer word met:

              (a)    proteïensintese                                                       (1)

              (b)    fotosintese                                                           (1)

       2.1.4 Identifiseer die dele wat onderskeidelik 3, 5 en 8 genommer is.               (3)

       2.1.5 Verduidelik waarom daar na die organel wat 7 genommer is,
             verwys word as die “kragstasie” van die sel?                                  (2)

       2.1.6 Maak ‘n netjiese, benoemde skets van die deel wat alle metaboliese
             prosesse in die sel beheer.                                                   (4)
                                                                                           (15)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              7
Lewenswetenskappe/V1                NSS – Graad 10                    NW/November 2019

2.2    Bestudeer die onderstaande tabel wat die samestelling van sekere voedsel-
       soorte in die mens se dieet per 100 g aantoon en beantwoord die vrae wat volg.

VOEDSEL ENERGIE PROTEIEN VETTE                KOOLHI-    KAL-   YSTER VIT. A VIT. C
 SOORT    (kJ)     (g)    (g)                  DRATE     SIUM    (mg)  (µg)   (µg)
                                                (g)      (mg)
Spek          1983        18,0      52,0            0    15        0           0        0
Boontjies      376        7,0        0,4          22,0   65       2,4         298       0
Brood         1072        8,8        1,4          58,1   102      1,8          0        0
Botter        3230        0,2       87,3            0    1,7       0         2015      1,5
Melk           281        3,9        4,6           5,4   129     0,15          87      0,1

       2.2.1 (a)     Watter voedselsoort voorsien die beste voeding
                     vir die liggaam?                                                         (1)

              (b)    Gee ‘n rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.1 (a).                         (1)

       2.2.2 Watter voedselsoort voorsien die meeste energie per porsie?                      (1)

       2.2.3 Watter voedselsoort voorsien die minste energie per porsie?                      (1)

       2.2.4 Watter voedselsoort beskou jy as die doeltreffendste vir:

              (a)    die voorkoming van bloeiende tandvleis?                                  (1)

              (b)    groei en ontwikkeling?                                                   (1)

       2.2.5 Die aanbevole daaglikse inname van yster is 18 mg per dag.
             Bereken die persentasie yster wat deur ‘n 100 g porsie
             brood per dag voorsien word. (Toon ALLE berekeninge)                             (3)
                                                                                              (9)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              8
Lewenswetenskappe/V1                NSS – Graad 10                   NW/November 2019

2.3    Die diagram hieronder toon apparaat wat in ‘n laboratorium opgestel is.
       Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                         liniaal

                                                   kapillêre buis

       2.3.1 Noem die apparaat in die diagram hierbo.                                       (1)

       2.3.2 Waarvoor word hierdie apparaat gebruik?                                        (2)

       2.3.3 Verskaf byskrifte vir die dele wat onderskeidelik 1, 2 en 3 genommer is. (3)

       2.3.4 Verduidelik hoe die deel wat 2 genommer is, in die apparaat geplaas is. (2)

       2.3.5 Noem EEN voorsorgmaatreël wat jy sal tref om die apparaat korrek op te
             stel.                                                                  (1)

       2.3.6 Noem EEN ander eksterne faktor wat dieselfde effek as wind op
             die praktiese ondersoek sal hê.                                                (2)
                                                                                            (11)

2.4    Lees die volgende voorbeeld van ‘n proses wat na die beweging van molekules
       verwys en beantwoord die vrae wat volg.

       Thandi spuit parfuum in die hoek van ‘n klein, geslote kamer. Jacob staan
       in die middel van die kamer en Lerato staan in die teenoorgestelde hoek.

       2.4.1 Wie gaan die parfuum eerste ruik? Jacob of Lerato?                             (1)

       2.4.2 (a)     Sal die ander leerder ook uiteindelik die parfuum ruik?                (1)

              (b)    Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.4.2 (a).                           (2)

       2.4.3 Is die proses wat in VRAAG 2.4.2 genoem is, ‘n aktiewe of passiewe
             proses?                                                                        (1)
                                                                                            (5)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              9
Lewenswetenskappe/V1                 NSS – Graad 10                  NW/November 2019

VRAAG 3

3.1    Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                            weefsel A

                                          weefsel B
              blaar                                     stingel

                                          wortel

       3.1.1 Verduidelik EEN waarneembare strukturele aanpassing wat die plant
             in staat stel om waterverlies te voorkom.                                        (3)

       3.1.2 (a)      Noem die weefsel wat water van die wortel na die
                      blaar vervoer.                                                          (1)

              (b)     Verduidelik TWEE maniere waarop die weefsel wat in
                      VRAAG 3.1.2 (a) genoem is, struktureel aangepas is om sy
                      funksie effektief te kan verrig.                                        (4)

       3.1.3 Noem die proses waarvoor weefsel A verantwoordelik is.                           (1)

       3.1.4 Noem die proses wat veroorsaak dat water van een parenchiem-sel
             se sitoplasma na ‘n ander sel s’n beweeg, wanneer dit deur die korteks
             van die wortel beweeg.                                                           (1)
                                                                                              (10)

3.2    Tabelleer TWEE strukturele verskille tussen ‘n dikotiele wortel en ‘n
       dikotiele stingel.                                                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                             10
Lewenswetenskappe/V1                NSS – Graad 10                   NW/November 2019

3.3    Bestudeer die diagramme hieronder wat verskillende gewrigte aantoon en
       beantwoord die vrae wat volg.

              A

       3.3.1 Identifiseer die tipe gewrigte volgens die beweging wat dit toelaat.

              (a) A
              (b) B
              (c) C
              (d) D                                                                         (4)

       3.3.2 Definieer die term; gewrig.                                                    (2)
                                                                                            (6)

3.4    Die diagramme in Kolom B stel ‘n tipe sinoviale gewrig voor. Kies die
       LETTERS (A tot D) om by die plek in die mens se liggaam (Kolom A) te pas
       waar dit voorkom. Bv. 3.4.5 E

                      KOLOM A                             KOLOM B

      3.4.1 Falankse                           A

      3.4.2 Karpale                            B

      3.4.3 Humerus in gewrigsholte van        C
            pektorale gordel

      3.4.4 Radius en ulna                     D

                                                                           (4 x 1)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                11
Lewenswetenskappe/V1                 NSS – Graad 10                  NW/November 2019

3.5    Bene en tande bestaan hoofsaaklik uit proteïene en kalsiumsoute. Die hardheid
       van die materiaal hang af van die hoeveelheid kalsiumsoute wat teenwoordig is.
       Dentien en emalje is die twee materiale waaruit tande bestaan.

       In ‘n ondersoek het wetenskaplikes probeer vasstel watter deel van ‘n tand die
       hardste is. Die tabel hieronder toon die hoeveelheid kalsiumsoute en proteïene in
       been, dentien en emalje. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                                SAMESTELLING
           TIPE MATERIAAL                      (% DROË MASSA)
                                      KALSIUMSOUTE        PROTEÏENE
           Been                             60                40
           Dentien                          80                20
           Emalje                           90                10

       3.5.1 Verduidelik die gevolgtrekking van die ondersoek.                                 (2)

       3.5.2 Vanuit die tabel, identifiseer die:

              (a)    onafhanklike veranderlike.                                                (1)

              (b)    afhanklike veranderlike.                                                  (1)

       3.5.3 Gebruik die data in die tabel om ‘n staafgrafiek te teken.                        (6)
                                                                                               (10)

3.6    Sommige huishoudelike waspoeiers word beskryf dat hul ‘n ‘biologiese’ aksie
       het omdat hulle ensieme bevat. Hierdie waspoeiers is veral geskik om vlekke
       soos bloed, eier, sjokolade en vleissous te verwyder. Die vervaardigers beweer
       dat hierdie waspoeiers meer effektief in louwater as in koue of baie warm
       water werk.

       3.6.1 Gee ‘n rede waarom die biologiese waspoeiers meer effektief is as
             gewone waspoeiers om vlekke soos hierbo genoem, te verwyder.                      (1)

       3.6.2 By watter temperatuur (in oC) sou jy sê moet die lou water wees vir
             die beste resultate?                                                              (1)

       3.6.3 Verduidelik waarom die vervaardigers beweer dat biologiese
             waspoeiers minder effektief is by hoë temperature.                                (2)

       3.6.4 Noem EEN rede waarom biologiese waspoeiers meer ekonomies is
             as gewone waspoeiers.                                                             (1)
                                                                                               (5)
                                                                                               [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         12
Lewenswetenskappe/V1             NSS – Graad 10                NW/November 2019

AFDELING C

VRAAG 4

Verduidelik wat kanker is en onderskei tussen TWEE soorte gewasse. Bespreek die
oorsake en behandeling van kanker.

                                                                     Inhoud:          (17)
                                                                     Sintese:         (3)
                                                                                      (20)

LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van ‘n tabel, vloeidiagramme
         of diagramme toegeken word NIE.

                                                         TOTAAL AFDELING C: 20
                                                             GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-eng-nov-2019/d0028f12-ce82-4394-bf39-72482841f25d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [NW GR 10 LFSC P1 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-lfsc-p1-eng-memo-nov-2019/8a9107a0-3908-4af3-a994-aa568275e9fa) — Life Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 LFSC P1 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-lfsc-p1-afr-memo-nov-2019/831ef94d-f46b-4864-9a22-bed3e0015f65) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P2 AFR NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p2-afr-nov-2019/c001dbdf-0c9a-4ba5-a990-6ec94f1b2c6e) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P2 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p2-eng-nov-2019/1acc383a-bfec-4a1a-bd68-2dc3bce29cac) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/d0ed5bb9-cdbf-43ec-83de-2566d1a34187) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/7cd01b5e-09b4-433c-9125-b004c26811cd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/deda828d-ebf9-499d-a570-e4ba51257bbb) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/2cca23be-2318-4e79-adc5-bc33177854a5) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
