# Life Sciences Grade 10 P2 North West November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p2-afr-nov-2019/c001dbdf-0c9a-4ba5-a990-6ec94f1b2c6e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P2 North West November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p2-afr-nov-2019/c001dbdf-0c9a-4ba5-a990-6ec94f1b2c6e)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     PROVINSIALE ASSESSERING

                                GRAAD 10

                      LEWENSWETENSKAPPE V2

                            NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Lewenswetenskappe/V2                     2                         NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ‘n NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

 6.     Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      3                        NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraag-
       nommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

1.1.1 ‘n Bevolking bestaan uit ...

       A      individue van dieselfde spesie.
       B      gemeenskappe.
       C      ekosisteme.
       D      verskillende spesies.

1.1.2 Die korrekte volgorde van die groep ekologiese terme van die eenvoudigste tot
      die mees ingewikkelde, is:

       A      Organisme, bevolking, ekostelsel, gemeenskap
       B      Bevolking, organisme, ekostelsel, gemeenskap
       C      Organisme, bevolking, gemeenskap, ekostelsel
       D      Bevolking, gemeenskap, organisme, ekostelsel

1.1.3 Die korrekte volgorde van stratums in ‘n woud van bo na onder, is:

       A      Blaardaklaag, kruidagtige laag, onderblaardaklaag, struiklaag
       B      Onderblaardaklaag, blaardaklaag, struiklaag, kruidagtige laag
       C      Blaardaklaag, onderblaardaklaag, struiklaag, kruidagtige laag
       D      Kruidagtige laag, struiklaag, onderblaardaklaag, blaardaklaag

1.1.4 Ontbinders ...

       A      is sekondêre verbruikers.
       B      produseer hul eie organiese voedsel.
       C      vorm nie deel van voedselkettings nie.
       D      voed op dooie organiese materiaal.

1.1.5 Watter een van die volgende voedselkettings is korrek?

       A      Produseerders  karnivore  herbivore
       B      Plante  sekondêre verbruikers  tersiêre verbruikers
       C      Produseerders  herbivore  sekondêre verbruikers
       D      Plante  herbivore  primêre verbruikers

1.1.6 ‘n Reeks veranderinge, vanaf pionier tot klimaks, word ... genoem.

       A      hersirkulering
       B      ontbinding
       C      ‘n voedselketting
       D      suksessie

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      4                           NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

VRAE 1.1.7 en 1.1.8 is op die volgende eksperiment gebaseer.

Watteproppe word in tregters geplaas waarna gelyke hoeveelhede van verskillende
grondmonsters daarop gegooi is. Gelyke hoeveelhede water word daarna by die grond
gevoeg.

                                                                 tregter
                                                                 grond

                                                                 watteprop

1.1.7 Die korrekte doel van hierdie eksperiment is om aan te toon dat ...

       A      lug in al die grondmonsters aanwesig is.
       B      lug deur water verplaas word.
       C      ‘n sekere grondsoort in staat is om meer water as ander soorte te absorbeer.
       D      water deur alle grondsoorte dreineer.

1.1.8 Watter tregter bevat sandgrond?

       A      1
       B      2
       C      3
       D      4

VRAE 1.1.9 en 1.1.10 verwys na die volgende eksperiment.

Mary verhit 50 g klam grond om die water wat dit bevat, af te dryf. Nadat die grond
afgekoel het, weeg sy dit en sien dat die massa 45 g is.

1.1.9 Watter persentasie water was in die grond?

       A      5%
       B      10%
       C      15%
       D      45%

1.1.10 Die grond wat Mary gebruik het, is heel waarskynlik ...

       A      kleigrond.
       B      leemgrond.
       C      modder.
       D      sandgrond.
                                                                                  (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       5                          NW/November 2019
                                       NSS – Graad 10

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1 Die gas wat in baie klein hoeveelhede of heeltemal afwesig was toe lewe
             op Aarde begin het

       1.2.2 Die studie van die verspreiding van individuele spesies in die verlede en
             hede

       1.2.3 Die chemiese element wat in reëndruppels voorkom nadat weerlig geslaan het

       1.2.4 Eksotiese plant- of dierspesies wat nie natuurlik in ‘n sekere habitat leef nie
             en wat skade aan die ekosisteem kan aanrig

       1.2.5 Die proses waardeur die ouderdom van rotse en fossiele bepaal word deur
             radioaktiewe elemente te gebruik

       1.2.6 Die proses waardeur die ouderdom van rotse en fossiele bepaal word deur
             dit met ‘n ander fossiel te vergelyk

       1.2.7 Organismes wat oor miljoene jare min verander het en nog baie soos die
             fossiele van hul voorvaders lyk

       1.2.8 Die suidelike landmassa wat gevorm het toe Pangaea opgebreek het

       1.2.9 ‘n Vreemde vis, wat vermoedelik 70 miljoen jaar gelede uitgesterf het, wat
             weer in 1938 langs die kus van Oos-Londen gevang is
                                                                           (9 x 1)    (9)

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
       SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
       nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
       (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                                   KOLOM II
        1.3.1 ‘n Koningryk sonder ‘n definitiewe nukleus      A: Monera
                                                              B: Protista
        1.3.2 Organismes wat outotrofies leef                 A: Animalia
                                                              B: Plantae
        1.3.3 Organismes wat op dooie organiese               A: Saprofities
              materiaal groei                                 B: Saprotrofies
        1.3.4 Lewende organismes wat nie van nature           A: Eksotiese spesies
              in Suid-Afrika voorkom nie                      B: Uitheemse spesies
        1.3.5 Binominale klassifikasiestelsel                 A: Darwin
                                                              B: Linnaeus
                                                                              (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                     6                        NW/November 2019
                                     NSS – Graad 10

1.4    Die diagram hieronder illustreer ‘n voedingsverwantskap tussen verskillende
       diere in ‘n ekosisteem. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                            valk
                                                       slang

                            haas
                                                                 muis

                         veldblomme                      gras

1.4.1 Wat word hierdie tipe diagram genoem?                                               (1)

1.4.2 Wat is ‘n ekosisteem?                                                               (2)

1.4.3 Identifiseer ‘n organisme in die diagram wat bekend staan as ‘n:

       (a)    Herbivoor                                                                   (1)
       (b)    Tersiêre verbruiker                                                         (1)

1.4.4 Teken ‘n voedselpiramide om drie verskillende trofiese vlakke van organismes
      in die bostaande diagram te toon.                                            (4)

1.4.5 Verduidelik watter veranderinge in die ekosisteem kan plaasvind as die
      veldblomme en gras uit die gebied verwyder word.                                    (2)
                                                                                          (11)

                                                            TOTAAL AFDELING A : 50

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      7                        NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Bestudeer die volgende diagram wat die watersiklus en ‘n gedeelte van ’n
       ekosisteem toon, beantwoord die volgende vrae.

                                      LAND     E

2.1.1 Wat is ‘n watersiklus?                                                              (2)

2.1.2 Watter TWEE chemiese elemente is in die siklus betrokke?                            (2)

2.1.3 Identifiseer DRIE waarneembare fisiografiese faktore in die diagram.                (3)

2.1.4 Watter kant van die berg (X of Y) is die koudste?                                   (1)

2.1.5 Gee ‘n rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.4.                                        (2)

2.1.6 Beskryf die rol van die son in die watersiklus.                                     (4)

2.1.7 Noem en verduidelik die prosesse in die watersiklus wat deur die letters
      B, C en E voorgestel word.                                                          (6)
                                                                                          (20)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      8                        NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

2.2    Die diagram hieronder stel ‘n vereenvoudigde geologiese tydskaal voor wat
       toon hoe die aantal families (groepe verwante spesies) oor ‘n sekere periode
       verander het.

2.2.1 Wat is ‘n massa-uitsterwing?                                                        (1)

2.2.2 Wanneer het die Senosoïese era begin?                                               (2)

2.2.3 Watter massa-uitsterwing het aan die einde van die Paleosoïese era plaas-
      gevind?                                                                             (1)

2.2.4 Hoeveel families het aan die einde van die Paleosoïese era uitgesterf? Toon
      ALLE berekeninge.                                                                   (3)

2.2.5 Verduidelik waarom die aantal families na ‘n massa-uitsterwing vinnig
      vermeerder het.                                                                     (5)
                                                                                          (12)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             9                       NW/November 2019
                                             NSS – Graad 10

2.3       Volgens klassifikasie diagramme van vertebrate, het sekere voorouer-reptiele deur
          evolusie na soogdiere ontwikkel en ander reptiele het na voëls ontwikkel. Bestudeer
          die onderstaande klassifikasie-diagram van reptielverwante families en beantwoord
          die vrae wat volg.

                                             nie-voëlagtige
                                 soogdiere
  visse                                       dinosourusse    voëls   slange
                                                                                    akkedisse
                    Soogdieragtige
                      reptiele

                                      krokodille
             amfibieë

          2.3.1 Watter groep vertebrate was volgens die bostaande diagram die
                voorouer van soogdiere en soogdieragtige reptiele?                                  (1)

          Thrinaxodon was ‘n soogdieragtige reptiel wat miljoene jare gelede in die
          Karoo in die Ooskaap voorgekom het. Hulle kenmerke was as volg:

          Thrinaxodon (soogdieragtige reptiel)
          Sterk ledemate om mee te grawe
          Tande
          Uitwendige oordrom
          Hare
          Warmbloedige metabolisme
          Lê eiers
          Liggaam is van die grond opgelig

                                                                           Uitwendige
                                                                           oordrom

                   Thrinaxodon

          2.3.2 Noem EEN tipiese reptielagtige kenmerk van Thrinaxodon.                             (1)

          2.3.3 Noem TWEE tipiese soogdier kenmerke van Thrinaxodon.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           10                               NW/November 2019
                                           NSS – Graad 10

       Archaeopteryx was ‘n voëlagtige reptiel wat omtrent 150 miljoen jare gelede
       uitgesterf het. Hulle kenmerke was as volg:

       Archaeopteryx fossiel
       Klein tande
       Vere
       Werwels in die stert
       Kloue aan die voorste ledemate
       Hol bene
       Vlerke
       Lê eiers
       Snawel

       2.3.4 Archaeopteryx het kenmerke van beide reptiele en voëls gehad. Noem
             TWEE tipiese voëlagtige kenmerke van hierdie fossiel.                                     (2)

       2.3.5 Noem EEN tipiese reptielagtige kenmerk van Archaeopteryx.                                 (1)

       2.3.6 Wat is die biologiesse term wat gebruik word om ‘n fossiel te beskryf
             wat kenmerke van twee verskillende families bevat en as ”tussenin”
             beskou word bv. Archaeopteryx?                                                            (1)
                                                                                                       (8)
                                                                                                       [40]

VRAAG 3

3.1    Lees die volgende paragraaf en beantwoord die vrae wat volg.

        Professor Anton Mbewu, president van die Mediese Navorsingsraad sê:
        “Hartaanvalle en beroertes is besonder tragies aangesien dit die slagoffers
        dikwels in hul produktiewe jare tref en so die broodwinner uit gesinne
        verwyder. Wanneer dit nie noodlottig is nie, lei dit tot erge ongeskiktheid
        en gevolglike verarming van hele families”.

        Die totale direkte en indirekte koste van dood en ongeskiktheid weens
        hartsiekte en beroerte is meer as R8 biljoen per jaar.

        Volgens die verslag het 195 mense per dag tussen 1997 en 2004 aan die
        een of ander vorm van kardiovaskulêre siekte gesterf.

             [Bron: Shock statistics on heart disease and stroke in South Africa, Hartstigting SA]

3.1.1 Beskryf EEN rede waarom hartaanvalle en beroertes besonder tragies vir
      gesinne is.                                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      11                         NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

3.1.2 Wat is die direkte en indirekte koste vir Suid-Afrikaanse gesinne indien die
      broodwinner aan ‘n hartsiekte ly?                                                     (1)

3.1.3 Volgens die verslag, is die verwagting dat die voortydige dood weens hart-
      en bloedvatsiektes met 41% sal styg. Tot 80% van die hartvatsiektes en
      beroertes kon deur ‘n gesonde leefstyl voorkom gewees het.

       Noem VIER maniere hoe Suid-Afrikaners hul lewensstyl kan aanpas om
       hartvatsiektes te voorkom.                                                           (4)

3.1.4 Verduidelik die verskil tussen ‘n hartaanval en ‘n beroerte.                          (4)
                                                                                            (11)

3.2    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

            Persentasie voorkoms van hoë cholesterol onder verskillende
                          bevolkingsgroepe in Suid-Afrika
             Bevolkingsgroep           % met hoë cholesterol
             Swart                               28
             Wit                                 85
             Bruin                               81
             Indiër                              82

3.2.1 Teken ‘n sirkelgrafiek wat wys watter persentasie van elke bevolkingsgroep
      hoë cholesterol het.                                                                  (9)

3.2.2 By watter groep het die meeste gevalle van hoë cholesterol voorgekom?                 (1)
                                                                                            (10)

3.3    Bestudeer die diagram van ‘n menslike hart en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              6

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                       NW/November 2019
                                          NSS – Graad 10

3.3.1 Verskaf byskrifte vir dele 2, 3 en 6.                                                   (3)

3.3.2 Waarom is die wand wat 8 genommer is, dikker as die wand wat 1
      genommer is?                                                                            (2)

3.3.3 Beskryf kortliks wat gedurende die atriale sistool gebeur.                              (5)
                                                                                              (10)

3.4    Bestudeer die kaart wat die verskillende biome van Suid-Afrika aantoon en
       beantwoord die vrae wat volg.

                                                               G

                                                           F

                                      A
                     B

                                                                   E

                                  C             D

3.4.1 Tabelleer TWEE verskille tussen die plantegroei van die Woud bioom en die
      Sukkulente Karoo bioom.                                                                 (5)

3.4.2 Gee die LETTER en NAAM van die bioom wat:

       (a)    Bekend is vir sy Protea, Erica en Restio-spesies.                               (2)
       (b)    Hoofsaaklik uit grasse, groot struike en bome bestaan.                          (2)
                                                                                              (9)
                                                                                              [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      13                      NW/November 2019
                                      NSS – Graad 10

AFDELING C

VRAAG 4

Die wereld se biodiversiteit word geweldig bedreig.

Skryf ‘n opstel en bespreek VIER moontlike maniere waarop biodiversiteit deur die
mens bedreig word en verduidelik hoe hierdie bedreigings bestuur kan word.

                                                                        Inhoud:          (17)
                                                                        Sintese:         (3)
                                                                                         (20)

LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van ‘n tabel, vloeidiagramme
         of diagramme toegeken word NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P2 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p2-eng-nov-2019/1acc383a-bfec-4a1a-bd68-2dc3bce29cac) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [NW GR 10 LS P2 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-ls-p2-eng-memo-nov-2019/ffa5c50a-1e47-4e0b-a99b-6fc1223d2888) — Life Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 LS P2 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-ls-p2-afr-memo-nov-2019/607951f9-fff4-43a2-a52b-120b83fa59f3) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P1 AFR NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-afr-nov-2019/7116547d-b8e4-4df7-ba4f-b2806693b26f) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-eng-nov-2019/d0028f12-ce82-4394-bf39-72482841f25d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 NOV .2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-nov-2019-engd/f55efed9-bce4-4582-b2e4-a2da60b806f6) — Life Sciences · QP · 2019

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/7cd01b5e-09b4-433c-9125-b004c26811cd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/deda828d-ebf9-499d-a570-e4ba51257bbb) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/2cca23be-2318-4e79-adc5-bc33177854a5) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
