# Mathematical Literacy Grade 10 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p1-afr-nov-2019/c4cb7041-81fa-4048-a3a6-259eeb75e65d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: North West November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p1-afr-nov-2019/c4cb7041-81fa-4048-a3a6-259eeb75e65d)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 10

                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

                              NOVEMBER 2019

PUNTE: 75

TYD: 1½ uur

         Hierdie vraestel bestaan 8 bladsye, 1 bylaag en 1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                    2                          NW/November 2019
                                           NSS – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.      Gebruik die BYLAAG om VRAAG 5 te beantwoord.

3.      Beantwoord VRAAG 3.3 op die aangehegde ANTWOORDBLAD. Skryf jou naam in die
        spasie voorsien. Handig die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
        is.

5.      Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

6.      Jy mag ‘n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy
        anders aangedui.

7.      Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

8.      Rond AL die finale antwoorde toepaslik tot die gegewe konteks af, tensy anders vermeld.

9.      Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

10.     Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                     3                           NW/November 2019
                                            NSS – Graad 10

VRAAG 1

1.1     Michael Smith koop en verkoop lovebird voëltjies. Hy het tans 80 geel voëltjies en
        120 groen voëltjies. Die voëltjies is gelykop verdeel in vyf hokke.

       1.1.1     Hoeveel lovebirds het Michael in totaal?                                        (2)

       1.1.2     Hoeveel voëltjies is in elke hok?                                               (2)

       1.1.3     Skryf die verhouding geel voëltjies tot groen voëltjies wat Michael het.
                 Gee jou antwoord in die vereenvoudigde vorm.                                    (3)

       1.1.4     EEN van Michael se voëltjies het uit die hok gekom en weggevlieg.
                 Wat is die waarskynlikheid dat ‘n geel voëltjie weggevlieg het?
                 Gee jou finale antwoord as ‘n desimale getal.                                   (3)

1.2    Die prentjie hieronder wys die voëltjiekos wat Michael vir sy lovebirds gee. Hy gee ELKE
       oggend van die week vir elke hok die volgende:

        1 pak Sunseed voëltjiesaad en 800 mℓ water.

         1.2.1   Watter maak voëltjiesaad gee Michael vir sy lovebirds?                          (2)

         1.2.2   EEN pak voëltjiesaad weeg 1,3 kg. Bereken hoeveel kilogram saad
                 Michael vir sy VYF hokke in EEN week gee.                                       (4)

         1.2.3   Herlei 800 mℓ water na liter.                                                    (2)
                                                                                                 [18]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                    4                           NW/November 2019
                                           NSS – Graad 10

VRAAG 2

Michael het ‘n paar spesiale kassies in elke hok waarin sy lovebirds broei en eiers lê. Die prent
hieronder toon die afmetings van EEN kassie. ELKE reghoekige kassie word uit hout gemaak en
het ‘n sirkelvormige opening waardeur die voëltjies in die kassie kan klim.

                                                                        Hoogte = 25 cm

              Breedte = 13 cm

                                                     Lengte = 17 cm

2.1    Die deursnee van die sirkelvormige opening voor aan die kassie is 6 cm. Bereken die
       radius van die opening.                                                                 (2)

2.2    Bereken hoe groot die sirkelvormige opening van die kassie is.
       Gebruik die formule:
       Oppervlak van ‘n sirkel = 𝝅 × (radius)2, waar 𝜋 = 3,142                                 (3)

2.3    Bereken die volume (spasie binne-in) van EEN kassie.
       Gebruik die formule:
       Volume = lengte × breedte × hoogte                                                      (2)

2.4    Die oppervlakte van die vloer van die kassie is 221 cm2. Die dakkie van die kassie is
       8% groter as die opppervlakte van die vloer. Hoe groot (in cm2) is die dakkie van die
       kassie?                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                      5                          NW/November 2019
                                             NSS – Graad 10

2.5     Michael wil nog kassies bou vir sy voëlhokke. Hy maak ‘n lys van goed wat hy gaan
        benodig. Hy stel ‘n begroting op (tabel hieronder) om te bepaal hoeveel AL die items gaan
        kos om EEN kassie mee te bou:

         ITEMS                HOEVEELHEID                     KOSTE PER             TOTAAL
                              BENODIG                         ITEM                  PER ITEM
                              VIR EEN KASSIE
         Hout                 2 000 cm2 = 0,2 m2              R650,00 per m2        2.5.3
         Spykers              9 per kassie                    R0,50 per spyker      9 × R0,50
                                                                                    = R4,50
         Stokkie              1 stokkie                       R2,50 per stokkie     1 × R2,50
         (voor aan kassie)                                                          = R2,50
         Houtgom              1 bottel                        R50,00 per bottel     1 × R50,00
                                                                                    = R50,00
                              TOTALE KOSTE OM EEN KASSIE TE BOU: 2.5.4

       Gebruik Michael se begroting om die volgende vrae te beantwoord.

       2.5.1   Hoeveel kos een bottel houtgom?                                                     (2)

       2.5.2   Hoeveel spykers het Michael nodig om ‘n kassie mee te bou?                          (2)

       2.5.3   Bereken hoeveel die hout hom gaan kos per kassie?                                   (2)

       2.5.4   Bereken die totale uitgawes om een kassie te bou.                                   (2)

       2.5.5   Michael begroot om R2 000 te spandeer om nuwe kassies te bou vir sy
               voëlhokke. Hoveeel kassies kan hy met sy begrote bedrag bou?                        (2)
                                                                                                  [20]

VRAAG 3

Michael het van sy lovebirds verkoop om ander voëls te koop. Hy het die voëltjies verkoop teen
R25 elk. Die tabel hieronder toon die bedrag geld wat hy uit sy verkope gemaak het.

 Aantal voëltjies                    0          1            2         5           10        20
 Geld ontvang uit verkope           R0         R25          R50       3.2         R250      R500

3.1    Benoem die onafhanklike veranderlike van die data gegee.                                    (2)

3.2    Bereken hoeveel geld sal Michael kry as hy slegs 5 voëltjies verkoop.                       (2)

3.3    Gebruik die tabel hierbo om ‘n lyngrafiek te trek op die ANTWOORDBLAD om
       aan te toon hoeveel geld Michael gekry het uit sy voëltjie verkope. Benoem die asse
       duidelik en gee die grafiek ‘n gepaste opskrif.                                             (4)

3.4    Is die aantal voëltjies diskrete of kontinue data?                                          (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                    6                           NW/November 2019
                                           NSS – Graad 10

VRAAG 4

4.1     Michael en sy broer, Peter was tydens hul jaarlikse vakansie Durban toe om by familie te
        gaan kuier. Hulle het tydens hul vakansie Durban verken en ‘n paar plekke besoek. Die
        tabel hieronder toon DRIE aktiwiteite wat hul gedoen het, met elkeen se kostes en tye:

         Moses Mabhida Stadium                    R50 per persoon
                                                  R70 per persoon vir die SkyCar kabelkar-rit
         uShaka Marine World                      R210 vir ‘n pakket per persoon om Seaworld en
         Tye: 09:00 – 17:00                       Wet ‘n Wild waterpark te besoek
         ‘n Rit op die Umgeni Stoomtrein          R260 per persoon
         Tye: Oggend 08:30 – 11:45 of
                 Middag 12:30 – 16:00

        Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

       4.1.1   Bereken die totale koste per persoon om Moses Mabhida Stadium te besoek
               en om die SkyCar kabelkar-rit te neem.                                          (2)

       4.1.2   Watter EEN van die DRIE aktiwiteite kos die goedkoopste per persoon?            (2)

       4.1.3   Michael en Peter het die middag treinrit geneem op die Umgeni Stoomtrein.
               Hoe lank het die rit geneem?                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                     7                           NW/November 2019
                                            NSS – Graad 10

4.2     Tydens die broers se besoek aan uShaka Marine World het hulle by ‘n restaurant gaan eet
        en die onderstaande rekening ontvang:

                                       Moyo uShaka
                                      uShaka Marine World
                                       Telnr: 031 632 6209
                                      BTW NR: 123654789

                                       28/09/2019 15:38
                                     Kelner: Peter Mofokeng

                         uShaka Lamb Bunny Chow                  R79,00
                         Moyo Burger                             R65,00
                         Melkskommel – Sjokolade                 R35,50
                         Vars Vrugtesap – Mango                  R27,00

                         TOTAAL (BTW ingesluit)                  R258,50

                                    ----- BTW FAKTUUR -----
                                            15% BTW

       Gebruik die restaurantstrokie hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

       4.2.1   Wat is Moyo uShaka restaurant se telefoonnommer?                                  (2)

       4.2.2   Watter maand het Michael en Peter vakansie gehou?                                 (2)

       4.2.3   Watter geur melkskommel het een van die broers gedrink?                           (2)

       4.2.4   Bereken slegs die die BTW bedrag van hul ete.                                     (2)

       4.2.5   Dit is algemeen dat jy 10% van jou totale rekening as ‘n fooitjie vir kelners
               moet gee. Bereken die fooitjie (afgerond tot die naaste rand) wat hulle aan
               hul kelner gegee het.                                                              (3)
                                                                                                 [17]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                        8                       NW/November 2019
                                               NSS – Graad 10

VRAAG 5

Tydens Michael en Peter se vakansie het hulle gaan fliek. Die sitplekplan van die teater word op
die BYLAAG gegee. Bestudeer die uitleg van die sitplekplan en beantwoord die vrae wat volg.

5.1    Hoeveel rye het hierdie fliek teater?                                                    (2)

5.2    Hoeveel sitplekke is in ry G?                                                            (2)

5.3    Hoeveel sitplekke word in totaal gereserveer vir mense met rolstoele?                    (2)

5.4    As jy van sitplek D8 na sitplek D15 skuif, hoeveel sitplekke het jy na regs geskuif?     (2)

5.5    Noem EEN sitpleknommer wat die vêrste van die skerm is?                                   (2)
                                                                                                [10]

                                                                                 TOTAAL:         75

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1       9            NW/November 2019
                              NSS – Graad 10

BYLAAG

VRAAG 5

                     SKERM

Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V1                                             10                     NW/November 2019
                                                                    NSS – Graad 10

NAAM EN VAN: _________________________________________________GRAAD 10_____

ANTWOORDBLAD

VRAAG 3.3

                                                  _______________________________________
                                        R600.00

                                        R500.00

  ___________________________________
                                        R400.00

                                        R300.00

                                        R200.00

                                        R100.00

                                          R0.00
                                                  0   2     4   6        8     10    12   14    16     18     20

                                                          ______________________________

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [NW NSC GR 10 MATHS LIT P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p1-eng-nov-2019/8ec75a15-b70a-4610-8c32-bfeff0433bad) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [NW GR 10 MATHS LIT P1 ENG MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-maths-lit-p1-eng-memo-nov-2019/03ef4039-073e-4680-aea1-41a63eecd361) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Eng
- [NW GR 10 MATHS LIT P1 AFR MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-gr-10-maths-lit-p1-afr-memo-nov-2019/5943a775-fef0-4788-ad99-2dd039c60587) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 MATHS LIT P2 AFR NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p2-afr-nov-2019/48cd920f-24d5-4012-b979-909c871cd1e9) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 MATHS LIT P2 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-maths-lit-p2-eng-nov-2019/a64ff72d-27d0-42fc-aaf9-d8b16c529834) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR10 QP FINAL NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-final-nov2019-eng-d/0da5564e-0536-4ac5-9520-1df96bd3aa3a) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P1 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p1-eng-mg/ea97cc66-bb9a-4fcf-b36e-3aa17a2c1c09) — Memo · 2024 · Eng
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P2 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p2-eng-mg/4c80c1a0-8f26-477b-8856-d61d0074c47f) — Memo · 2024 · Eng
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
